• No results found

ABBO SE GENESINGSMODEL VIR DIE MEDE-AFHANKLIKE PERSOON

TEOLOGIESE BASISTEORIE

5.4 ABBO SE GENESINGSMODEL VIR DIE MEDE-AFHANKLIKE PERSOON

Die Assosiasie vir Bybelse Berading en Opleiding (in samewerking met Radio Kansel) het met verloop van 'n aantal jare 'n Bybels gefundeerde beradingsmodel ontwerp met behulp waarvan individue binne die raamwerk van Bybelse beginsels begelei kan word tot oorwinning oor mede-afhanklike gedragspatrone. Die uiteindelike oogmerk hiermee is dat die oorvloedige lewe wat Jesus Christus vir die mens verwerf het, deur die werk van die Heilige Gees in die lewe van die mede- afhanklike persoon sal realiseer. Vir die mede-afhanklike wat sy lewe as chaoties beleef, kan ABBO se genesingsmodel 'n uitkoms bied.

Hierdie beradingsmodel hou opsommenderwys die volgende in: 5.4.1 Bou van 'n verhouding

Berading van die mede-afhanklike persoon hou in dat daar heel eerste met die persoon 'n verhouding opgebou sal word. Dit geskied deur die persoon lief te he, te aanvaar, empatie met hom en sy omstandighede te he, met sy swakhede te identifiseer, die eie stryd teen verslawing op 'n toepaslike wyse te deel, naby te staan en tog ook die nodige afstand te handhaaf sodat die persoon se identiteit en roeping gerespekteer sal word.

5.4.2 Verstaan van die persoon

Die verstaan van die persoon hou in dat die berader en beradene hand aan hand sal loop om te hoor wat God aan hulle wil bekend maak ten opsigte van die beradene se leefwereld, gedrag, denke, begeertes, vrese en dit wat hy toelaat om horn te beheer. Die berader en beradene moet bid vir onderskeidingsvermoe, kennis en wysheid sodat vasgestel kan word wat die Heilige Gees aan hulle wil openbaar. Wanneer die beradene begelei word om homself te verstaan is dit vir horn makliker om tot verandering oor te gaan.

5.4.3 Verstaan van die persoon se situasie

Wanneer van die mede-afhanklike se situasie melding gemaak word, word daar verwys na die mede-afhanklike se omstandighede in die verlede, hede en toekoms. Daar word onderskei tussen die eksteme en interne situasie van die persoon.

Die eksterne situasie van die mede-afhanklike word vasgestel met betrekking tot inligting ten opsigte van sy gesin van oorsprong. Het verslawende gedragspatrone in die familiegeskiedenis voorgekom? Op watter wyses is die mede-afhanklike getraumatiseer deur die afwesigheid van liefde en versorging en die aanwesigheid van misbruik en viktimisering? Was daar ander traumas waaraan die persoon blootgestel is?

Hoe lyk die mede-afhanklike se huidige situasie en hoe sal sy toekomstige situasie moontlik daar uitsien?

Sover dit die interne situasie van die persoon betref, word vrae gevra betreffende die mede-afhanklike se liggaamlike vermoe om die nodige energie op te wek ten einde menslike aktiwiteite soos eet, slaap, ens. na te kom.

5.4.4 Verstaan van die persoon se strategie

Met strategie word bedoel die persoon se reaksie op sy situasie (gedrag, gewoontes, patrone, prestasies en kwellinge).

Dit gaan dan ook om die reaksie of strategie van die mede-afhanklike ten opsigte van sy eksterne omgewing sowel as interne liggaamlike toestand. Die persoon het moontlik vasgestel dat sekere aktiwiteite soos draf, werk of middels ongemak in die liggaam ophef en plesier kan verskaf. Die persoon word nou verlei om die gedrag of gebruik van die middel te onderhou ten einde gemak vir homself te verseker. Uiteindelik gaan die onderhouding van die aktiwiteit oor in 'n verslawing en bevind die mede-afhanklike homself verslaaf aan 'n middel, aktiwiteit, persoon of situasie. In die terapeutiese proses van hulpverlening aan die mede-afhanklike is dit gevolglik die taak van die berader om die mede-afhanklike te help om sy verslawende gedragspatroon te identifiseer, die oorsprong daarvan te ontdek en te help om oorwinning daaroor te kry.

5.4.5 Verstaan van die persoon se struktuur (denke)

Hier gaan dit oor die mede-afhanklike se denke oor God, self, ander, verslawings, begeertes en motiewe. 'n Mens se denke is die bron en oorsaak van 'n individu se woorde en dade. Die gedrag van 'n persoon word nie bepaal deur die situasie waarbinne hy homself bevind nie, maar deur sy behoeftes, begeertes en vrese. Die mede-afhanklike dink dat hy die verslaafde gesinslid tevrede sal stel deur harder te probeer. Hy glo dat geluk en die reg op 'n sinvolle bestaan verdien moet word. Hy dink dit is verkeerd om homself te handhaaf en aandag te gee aan sy eie behoeftes. Hy dink aan selfvernietiging en is geneig om homself te beseer.

5.4.6 Verstaan van die persoon se skat

Met skat word hier bedoel die mede-afhanklike se denke en begeertes wat vir horn so belangrik is dat dit bokant God gestel word. Dit is die persoon se skat wat horn dryf en beheer. God het 'n spesifieke doel met elke persoon in sy besondere situasie dit is die taak van die berader om die beradene sy doel te laat raak sien. Die mede- afhanklike persoon het nie perspektief op sy omstandighede nie en leer om op mense te vertrou om horn te "verlos" van sy moeilike omstandighede. Dit is die taak van die berader om die persoon te begelei om sy "verlossers" te identifiseer en daaroor oorwinning te kry.

5.4.7 Konfronterings- en aktiveringsfase

In die verstaansfase is die persoon begelei om insig te verkry in dit wat horn in gebondenheid hou. Daarna is vasgestel van watter strategies hy oor die algemeen gebruik maak om te kry dit wat hy wil he.

In die konfronteringsfase deel die berader met die mede-afhanklike wie God Drie- enig werklik is - ook die feit dat Hy onverdeelde trou aan Horn eis (Eks 20:1-6). Aan die mede-afhanklike moet ook die nuus bedien word dat Jesus Christus vir die

mens kom leef, sterf en opgestaan het. Die persoon met 'n verslawende gedragspatroon soos mede-afhanklikheid word in die lig hiervan nou aangemoedig om Jesus Christus se oorwinning, sekuriteit, waarde en krag toe te eien.

Om dit wat Jesus Christus vir die mens verdien het sy eie te maak, vereis ook dat die mede-afhanklike aanpassings in sy lewe sal moet maak. Hy word aangemoedig om sy sonde te erken en dit te bely. Berou moet betoon word, skuld bely en vergifnis gevra en aanvaar word. Insig moet ook verkry word met betrekking tot die moontlike oorsake van energie tekorte en op mediese gebied moet die nodige aanvullings geneem word om die liggaam te ontgif en te stabiliseer.

Die mede-afhanklike moet homself verder verbind tot 'n pad van daaglikse bekering, oorgawe aan God en vervulling met die Heilige Gees. Dit sluit in om nuut te dink oor God, die self en die situasie, om God te vertrou en bo alles te gehoorsaam.

Die wyse waarop God die mens verander, verskil van mens tot mens en dit is die taak van die berader om sensitief te wees vir God se werkswyse en tempo.

Soms is die mede-afhanklike so vasgevang in sy versiawingsgedrag dat hy nie meer nugter dink nie. Die persoon het nie perspektief op sy gedrag nie. In sulke gevalle moet die waarheid baie ferm aan die persoon gekommunikeer word en moet daar soms in liefde dan ook druk op horn toegepas word om te verander.

Die Bybelse roete van Matt 18 word gevolg om die mede-afhanklike tot ander insigte te bring.

Omdat mede-afhanklikheid 'n lang geskiedenis het en diep wortel geskiet het, sal die berader en naasbestaandes hulle moet verbind tot deeglik en volgehoue ondersteuning.

Om die verslawingsgedrag effektief aan te spreek, sal 'n plan van aksie opgestel moet word en stap vir stap geTmplementeer moet word. Hierdie aksieplan kan soos volg saamgevat word: