• No results found

Die vergelyking tussen Suid-Afrika en die internasionale standaarde

HOOFSTUK 2 Die Internasionale Arbeidsorganisasie

3.4 Die vergelyking tussen Suid-Afrika en die internasionale standaarde

Dit is duidelik uit hoofstuk 2 se bespreking oor die IAO en die internasionale standaarde wat dit daargestel het dat die eerste (en moontlik enigste) belang van hierdie organisasie die welstand en belang van alle werknemers is, asook die erkenning en respektering van menseregte in alle vorme van arbeidsverhoudinge, lewenstandaarde en soortgelyke aangeleenthede wêreldwyd. Suid-Afrika streef ook hierdie ideale na in die grondwet en spesifiek die Handves van Regte.

Arbeidsverhoudinge in die land het sterk ontwikkel oor die afgelope 100 jaar na ‘n sisteem wat menseregte erken en respekteer, poog om ‘n volhoubare balans te skep tussen werkgewer en werknemer en poog om effektiewe en spoedige geskilbeslegtingsprosedures daar te stel.440

Suid-Afrika het lid geword van die IAO in 1919, te midde van arbeidsonrus en stakings in die land wat aanleiding gegee het tot die vroeë ontwikkelling van statutêre arbeidsverhoudinge.441 Suid-Afrika (die Suid-Afrikaanse regering) het moontlik ten doel gehad om internasionale hulp te verkry om die arbeidskwessies in die land op te los. Arbeidsverhoudinge in die land was voor die inwerkingtreding van die arbeidswetgewing gebaseer op die gemenereg.442

438

Sien par 3.3.10. 439

Sien ook Van Niekerk et al 2008: 26 – 30. 440

Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 108/1996 (die grondwet) speel die grootste rol in hierdie ontwikkelling, veral die reg tot byeenkoms en demonstrasie (art 17), die reg tot vryheid van assossiasie (art 18), die reg tot vryheid van handel, beroep en professie (art 22) en die reg tot arbeidsverhoudinge (art 23). Sien par 3.2.

441

Die Nywerheidsversoeningswet 11 van 1924 het gedurende hierdie periode in werking getree. 442

Die bepalings van die gemenereg waarop die Suid-Afrikaanse arbeidsreg gebaseer was, was grootliks in lyn met die internasionale standaarde, behalwe dat stakings gekriminaliseer was, swart werknemers geen werklike arbeidsregte gehad het nie en dat die werknemer en werkgewer nie op gelyke voet met mekaar was nie.443

Arbeisverhoudinge in die land het stadig begin ontwikkel nadat die land lid van die internasionale arbeidsgemeenskap geword het, met die internasionale standaarde daargestel deur die IAO en die lande wat lede van die organisasie was as riglyne, en menige wetgewing het in werking getree.

Uit die bespreking hierbo in paragraaf 3.2 blyk dit dat, voor die begin van die apartheidsbeleid, elke wet wat in werking getree het die ontwikkeling getoon het, omdat daar meer regte aan werknemers en hul verteenwoordigers (vakbonde) toegeken was en alhoewel die reg om te staak (nog) nie erken was nie, was daar ‘n groter mate van afdwinging van die verpligtinge van die werkgewers.

Suid-Afrika is weer as lid van die organisasie toegelaat na die inwerkingtreding van die grondwet en einde van die apartheids-era. Die land het meer as 20 van die IAO se konvensies geratifiseer en erken die reg om te staak onderhewig aan dieselfde beperkinge wat deur die IAO erken word.444 Hierdie beperkinge sluit in stakings deur noodsaaklike dienste.

Die Grondwet is die hoogste reg in die land en dit verleen, onder andere, arbeidsregte aan die Suid-Afrikaanse burgers wat werknemers in die land is, maar stel ook duidelik dat hierdie regte beperk mag word solank die beperking in lyn is met die waardes waarop die grondwet gebaseer is.445

Artikel 39 van die Grondwet bepaal dat waar die grondwet (spesifiek hoofstuk 2 van die grondwet) uitgelê word, moet internasionale reg in ag geneem word. Die internasionale standaarde wat deur die IAO daargestel word moet dus ingevolge die

443

Sien par 3.2.1. 444

Sien die bespreking van die beperkings op die reg om te staak by par 2.4. 445

grondwet in ag geneem word en, indien Suid-Afrika lid van die organisasie wil bly, nagekom word.

Die Suid-Afrikaanse definisies van ‘n staking en ‘n noodsaaklike diens is basies dieselfde en die IAO is ook van mening dat geskille in noodsaaklike dienste opgelos moet word deur verpligte arbitrasie en dat hierdie werknemers nie aan stakings mag deelneem nie.446

Artikel 23 van die Grondwet bepaal dat elke werknemer, onder andere, die reg het om te staak, om deel te wees van ‘n vakbond en om te organiseer. Subartikel ses bepaal egter dat nasionale wetgewing hierdie regte kan beperk solank die beperking in lyn is met artikel 36 van die grondwet.447 Die WAV plaas wel ‘n beperking op die reg om te staak. Artikel 65 bepaal dat werknemers wat in diens geneem is in ‘n noodsaaklike diens nie mag staak nie.

Dit is duidelik uit die menige internasionale instrumente (wat insluit die konvensies, aanbevelings, boeke en artikels) van die IAO dat kollektiewe bedinging belangrik is vir gesonde arbeidsverhoudinge in ‘n land en dat ‘n staking ‘n noodsaaklike “industriële wapen” is wat kollektiewe bedinging ondersteun.448 Die Suid-Afrikaanse arbeidsreg erken die belangrikheid van kollektiewe onderhandelinge en stakings, mits dit vreedsaam en in lyn met die grondwet geskied.

Artikel 1 van die WAV stel duidelik dat een van doelwitte van die wet is om effektiewe oplossing van arbeidsgeskille op te los en om te voldoen aan die bepalings van die grondwet, veral met betrekking tot billike arbeidspraktyke.

Hierdie doelwitte word veral bevorder deur die daarstelling van bedingingsrade (wat georganiseer is volgens die verskillende sektore) en die KVBA wat versoenings- en arbitrasie prosedures kan hanteer en ook arbitrasietoekennings uitreik.449

446

South African Bus Employers’ Association v Transport and General Workers’ Union and others [1997] 1 (LC). Sien par 2.6.

447

Sien in hierdie verband die bespreking by par. 3.3.8. 448

Sien par 2.2. 449

Die IAO is duidelik van mening dat menseregte, veral die regte wat spesifiek van toepassing is op arbeidsverhoudinge, uitgeoefen moet word met die grootste mate van verantwoordelikheid en respek vir ander regte. Beide die IAO en Suid-Afrika erken die reg om te staak, maar stel duidelik dat hierdie reg beperk behoort te word in die geval van werknemers wat ‘n noodsaaklike diens lewer, want indien hierdie werknemers toegelaat sou word om te staak sal die lewe, gesondheid en veiligheid van die bevolking in gevaar gestel word.

Voordat werknemers begin staak of aan soortgelyke industriële aksie deelneem moet hulle (ook hul vakbonde) saam met die werkgewer poog om deur mediasie of arbitrasie ‘n oplossing te vind vir die geskil. Die Komitee vir Vryheid van Assosiasie stel dat stakings wat lank voor enige onderhandelinge ingestel of op besluit is val nie binne die beginsels van vryheid van assosiasie nie.450

Die IAO stel dat slegs ‘n onafhanklike en onpartydige liggaam ‘n staking onwettig (onbeskermd) behoort te verklaar en dat hierdie diskresie nie by die staat moet rus nie, veral waar die staat ‘n party tot die geskil is.451

Suid-Afrika het vanaf die instelling van die Industriële hof spesifiek hieraan gehoor gegee en tans rus hierdie verpligting op die Arbeidshof. Die 2007 en 2009 stakings wat in hierdie hoofstuk bespreek is behoort as goeie voorbeelde te dien van gevalle waar die staat ‘n party tot die geskil was en dus nie die arbiter in die geskil kan wees nie.

Die Suid-Afrikaanse arbeidsreg volg dus ook die ideale van die IAO na en is in teorie byna perfek.452 Dit is egter die toepassing van die beginsels en prosedures wat deur die WAV daargestel word wat problematies blyk te wees.

Elk van die voorgestelde remedies wat hierbo bespreek en vergelyk is met die standaarde daargestel deur die IAO kan moontlik ‘n bydrae lewer tot die oplossing

450 Gernigon et al 2000: 33. 451 Gernigon et al 2000: 32. 452 http://www.iol.co.za/index.php?set_id=1&click_id=594&art_id=nw20070509141823 [19 September 2009].

van die probleem rakende stakings deur noodsaaklike dienste-werknemers, maar elkeen van die remedies blyk op sy eie nie werklik effektief te wees nie.453

3.5 Slot

Die Suid-Afrikaanse arbeidsreg het meer as ’n honderd jaar uit regspraak, onderhandelinge, ooreenkomste, politieke agendas en stakings ontwikkel tot wat dit vandag is. Dit is duidelik dat die IAO ’n groot impak gehad het op hierdie ontwikkelling en dat Suid-Afrika tans wel, in terme van wetgewing (en dus in teorie), aan die internasionale standaarde, soos die reg op organisering en assosiasie, die reg om te staak (onderhewig aan sekere beperkinge), die belangrikheid van kollektiewe onderhandeling, wat daargestel is deur die organisasie en respek vir ander se regte en belange, voldoen.454

Uit die bespreking van die kwessie in hierdie hoofstuk volg dit dat daar internasionaal aanvaar word dat stakings ’n belangrike deel is van kollektiewe onderhandelinge en dus ook gesonde arbeidsverhoudinge, mits dit vreedsaam en volgens die bepalings van die land se grondwet en wetgewing geskied. Daar word ook internasionaal aanvaar dat werknemers wat noodsaaklike dienste verrig se rol in die samelewing te belangrik is om onderbreek te word deur ’n staking.

Dit is duidelik uit die definisie van ’n noodsaaklike diens dat indien die werknemers wat in diens geneem is in hierdie diens sou staak, dit moontlik ’n negatiewe impak op die gesondheidstrukture, veiligheidstrukture, die voorsiening van basiese benodigdhede (soos onder andere voedsel, water, elektrisiteit) en internasionale verhoudinge sal hê en selfs ook hoër vlakke van misdaad en sterftes tot gevolg kan hê.

Dit is waarom die WAV die reg om te staak beperk in die geval van noodsaaklike dienste en waarom die beperking voldoen aan die beperkingsklousule van die grondwet, naamlik artikel 36.455 Hierdie beperking voldoen dus aan die

453

Sien par 3.3.11. 454

Sien die besprekings in par 3.2 en 3.4. 455

internasionale standaarde en ook aan die beginsels waarop die grondwet (menswaardigheid, gelykheid en vryheid) en die WAV gebaseer is.456

Werknemers wat noodsaaklike dienste verrig, onder leiding van hul vakbonde, staak egter wel onbeskermd. Hierdie stakings het erge gevolge op dienslewering, goeie arbeidsverhoudinge, internasionale verhoudinge en die lewens van byna elke burger in die land.457 Wanneer daar na die kwessie en die gevolge in geheel gekyk word kan daar moontlik gesê word dat hierdie stakings nie net onbeskermd is nie, maar ook ongrondwetlik, veral wanneer daar na die bepalings van artikels 23, 27 en 36 gekyk word.

Ekonomiese belange kan nooit belangriker geag word as die lewe, gesondheid en welstand van die lede van die bevolking nie. Dit is moontlik die geval dat werknemers wat noodsaaklike dienste verrig wel minder verdien as wat hulle veronderstel is om te verdien en dat die regering sloer met die beloftes wat gemaak is aan hierdie werknemers, maar die lewe, gesondheid en veiligheid van die publiek kan nie gebruik word as ’n middel om onderhandeling daar te stel of af te pers nie.

Alvorens enige nywerheidsaksie deur werknemers geneem mag word, moet die statutêre geskilbeslegtingsprosedure gevolg word. Dit sluit in interne (in-house) prosedures, konsiliasie en arbitrasie deur die KVBA of ’n bedingingsraad en verpligte arbitrasie in die geval van werknemers wat in diens geneem is in noodsaaklike dienste.458

Waar werknemers staak, nieteenstaande of hul ’n regverdige of billike rede daarvoor het of nie, sonder om eerstens van hierdie prosedures gebruik te maak, tree hul onbillik op en kan daar moontlik gevra word of hul werklik op soek is na ’n vreedsame oplossing tot die geskil en of hul slegs die leiding volg van die vakbond (staatsgeaffilieerde vakbond in die meeste gevalle) wat hul verteenwoordig. Die moontlikheid van politieke inmenging en druk kan nie weggelaat word nie.

456

Sien par 3.2.5 en 3.3. Sien ook die aanhaling van Goldstone J in Tshabalala and Others v Minister of Health and Others 1987 (1) SA 513 (W) by par 3.3.5.

457

Sien par 3.3.10. 458

Die moontlikheid bestaan dat die statutêre geskilbeslegtingsprosedure te lank neem om resultate te lewer. Dit kan ongeveer ’n jaar neem voordat ’n geskil opgelos word as gevolg van die tydperke verbonde aan die proses, die hoeveelheid geskille wat die KVBA en bedingingsrade daagliks moet hanteer en die ingesteldheid en bereidwilligheid van die partye om ’n spoedige en effektiewe oplossing vir die geskil te vind.

Dit blyk dat die huidige Suid-Afrikaanse arbeidsreg en wetgewing moontlik wel gepas en in teorie toepaslik is en dat die gehoorsaming, afdwinging en toepassing daarvan en die impak van eksterne politieke en sosiale elemente die wortel van die kwaad blyk te wees.

Hoofstuk 4

Die Sosiale Impak

4.1 Inleiding

“It (peace) is a frame of mind in which countries, communities, parties

and individuals seek to resolve their differences through agreements, through negotiation and compromise, instead of threats, compulsion and violence.”459

Hierdie hoofstuk handel kortliks oor die impak wat stakings in die publieke sektor (spesifiek deur werknemers wat noodsaaklike dienste verrig) het op die publiek (of Suid-Afrikaanse bevolking), die werknemers in die relevante sektor (dit sluit in stakende en nie-stakende werknemers asook werknemers in diens geneem in noodsaaklike dienste), die ekonomie van Suid-Afrika en die internasionale siening of persepsie van die land.

Alhoewel hierdie hoofstuk hoofsaaklik nie die kwessie uitsluitlik vanuit ‘n regsoogpunt benader nie, is dit wel belangrik om die sosiale impak van stakings deur werknemers wat noodsaaklike dienste verrig saam met die regsaspekte en –gevolge daarvan (soos in die voorafgaande en hieropvolgende hoofstukke uiteengesit word) in ag te neem, omdat noodsaaklike dienste juis geskep is om die gemeenskap te beskerm.

Die doel van hierdie bespreking is om die noodsaak aan stakings in die publieke diens, die werknemers in die publieke sektor se posisie rakende hierdie stakings en verdere moontlike redes vir die stakings deur werknemers in diens geneem in noodsaaklike dienste te ondersoek. Dit is ook belangrik dat die impak van hierdie probleem op die land en die bevolking aan die lig gebring en bespreek word.

Die posisie van die staat word ook ondersoek om vas te stel wat die rol en effek van die handelinge, beleide en bestuur van hierdie liggaam op die stakings en gevolge

459

daarvan het. Daar word hierdeur gepoog om ‘n moontlike oplossing vir die kwessie te vind.