• No results found

HOOFSTUK 5 Die Regsposisie in die Verenigde Koninkryk

5.3 Die huidige regsposisie

5.3.2 Die vereistes en prosedure vir wettige stakings

Stakings in die Verenigde Koninkryk sal wettig wees, mits die optrede nie val binne die gemeenregtelike delikte wat daargestel en ontwikkel was deur Engelse regspraak nie.583 Volgens Hepple sal die wettigheid, al dan nie, van arbeidsoptrede afhang van drie vrae:584

a) Sal die optrede deliktuele aanspreekilheid tot gevolg hê?

b) Word hierdie aanspreeklikheid verwyder deur die bepalings van artikel 219 van die TULRCA?

c) Word die vrystelling ingevolge laasgenoemde artikel uitgesluit, omdat die staking nie voorafgegaan is deur ‘n stemming ingevolge artikel 226 van die TULRCA nie of omdat dit ‘n onbeskermde sekondêre staking daarstel?

Ten einde geregverdig te wees en moontlike deliktuele of kriminele aanspreeklikheid te vermy, moet diegene wat aan ‘n staking deelneem voldoen aan die bepalings van artikel 219 van die TULRCA wat sekere vrystellings aan stakers en vakbonde verskaf. Artikel 219 (1) tot (2) bepaal die volgende:585

“(1) An act done by a person in contemplation or furtherance of a trade

dispute is not actionable in tort on the ground only—

(a) that it induces another person to break a contract or interferes or induces another person to interfere with its performance, or

582

South Wales Miners Federation v Glamorgan Coal Co [1905] AC 239 HL. 583

Sien die bespreking van hierdie delikte en beperkings op die vryheid om te staak in par 5.3.4. 584

Hepple 1986c: 237. 585

Die Trade Disputes Act of 1906 en Conspiracy and Protection of Property Act of 1875 skryf soortgelyke vrystellings voor.

(b) that it consists in his threatening that a contract (whether one to which he is a party or not) will be broken or its performance interfered with, or that he will induce another person to break a contract or interfere with its performance.

(2) An agreement or combination by two or more persons to do or procure the doing of an act in contemplation or furtherance of a trade dispute is not actionable in tort if the act is one which if done without any such agreement or combination would not be actionable in tort.”

Wedderburn het hierdie artikel en die betrokke bepalings in ‘n formule omskep, genaamd die “Golden Formula”, ten einde die werking daarvan uiteen te sit.586 Die definisie van ‘n arbeidsgeskil, soos uiteengesit in artikel 244 van die wet, vorm ‘n belangrike deel van hierdie formule. Artikel 244(1) bepaal die volgende:

“... a ‘trade dispute’ means a dispute between workers and their

employer which relates wholly or mainly to one or more of the following—

(a) terms and conditions of employment, or the physical conditions in which any workers are required to work;

(b) engagement or non-engagement, or termination or suspension of employment or the duties of employment, of one or more workers;

(c) allocation of work or the duties of employment between workers or groups of workers;

(d) matters of discipline;

(e) a worker's membership or non-membership of a trade union; (f) facilities for officials of trade unions; and

(g) machinery for negotiation or consultation, and other procedures, relating to any of the above matters, including the recognition by employers or employers' associations of the right of a trade union to represent workers in such negotiation or consultation or in the carrying out of such procedures.”

586

Volgens Wedderburn moet daar aan die drie elemente van die formule voldoen word alvorens die vrystelling wat daargestel word deur artikel 219 sal geld, dit is die partye tot die geskil, die onderwerp van die geskil en “Contemplation or furtherance”.587 Slegs geskille tussen die werknemers en hul werkgewer word ingesluit by die werking van die formule en die bepalings van artikel 219.588 Sekondêre stakings

word egter nie uitdruklik hierdeur uitgesluit nie. In Mercury Communications Ltd v Scott Garner is beslis dat die bepaling in artikel

244(1) wat stel dat die arbeidsgeskil “wholly or mainly” moet handel oor een van die gelyste onderwerpe in die artikel uitgelê moet word om te beteken “predominantly

about”.589

Dit beteken dat die geskil hoofsaaklik oor een van die gelyste onderwerpe moet handel en dat alle ander geskille, byvoorbeeld geskille wat hoofsaaklik handel oor ‘n politieke kwessie, uitgeluit is uit die formule.

Artikel 219 bepaal dat ‘n handeling ter bevordering of oorweging van ‘n staking of arbeidsgeskil nie deliktuele aanspreeklikheid tot gevolg sal hê nie, mits dit aan die verdere bepalings van die artikel voldoen.

Die toets of ‘n handeling verrig was ter bevordering of oorweging van ‘n staking of arbeidsgeskil is ‘n subjektiewe toets wat fokus op die bedoeling van die persoon wat die handeling verrig.590

Die persoon sal dus beskerming geniet indien hy ten tyde van die handeling bona

fide geglo het dat hy ‘n party tot ‘n arbeidsgeskil sal help om sy doelstellings te

bereik en die handeling vir daardie rede verrig het.

Enige optrede wat dus binne die bewoording van artikel 219 en ingevolge die “Golden Formula” uitgevoer word vrygestel wees van siviele aksie. Daar is egter ‘n verdere vereiste waaraan ‘n arbeidsgeskil (staking) moet voldoen alvorens die werknemers (en dus die staking self) beskermd sal wees, naamlik ‘n stemming.

587

Hardy 2007: 292 – 295. 588

Wedderburn volg duidelik hier die bepalings van artikel 244(1) tot die letter. 589

Mercury Communications Ltd v Scott Garner (1984) ICR 74 CA. 590

Artikel 226 van die TULRCA bepaal dat ‘n staking slegs beskermd sal wees indien dit deur ‘n stemming voorafgegaan is en die meerderheid werknemers wat gestem het ten gunste van die staking gestem het. Slegs werknemers wat aan die staking gaan deelneem word toegelaat om te stem.591

Die vakbond moet binne vier weke na datum van die stemming, by wyse van ‘n gekose verteenwoordiger, die staking instel deur die werkgewer skriftelik in kennis te stel daarvan.592 Indien die staking na hierdie periode ingestel word, sal dit nie beskermd wees nie.

Sekondêre stakings sal nie beskermd wees nie en sal deliktuele aanspreeklikheid tot gevolg hê, hoofsaaklik op grond van aansporing om kontrakbreuk te pleeg.593 ‘n Werknemer mag egter deelneem aan “peaceful picketing” deur by sy werkplek (of die werkplek van die lede van die vakbond indien hy ‘n vakbond verteenwoordiger is van die vakbond betrokke by die arbeidsgeskil) op so ‘n wyse op te tree “... for the

purpose only of peacefully obtaining or communicating information, or peacefully persuading any person to work or abstain from working.”594