• No results found

HOOFSTUK 3: DIE PLEK, VERANTWOORDELIKHEID EN TAKE

3.3. DIE VERANTWOORDELIKHEID VAN ’N BESTUURDER

Dit maak nie saak wat ʼn organisasie se spesifieke doelwitte is nie, dit is die werk van die bestuurders om die organisasie te help om daardie doelwitte te bereik. Bestuurders word evalueer op grond van hoe goed die mense aan wie hulle rigting gee of vir wie hulle verantwoordelik is, hulle werk doen. ʼn Belangrike verantwoordelikheid van ʼn bestuurder is om te verseker dat die werknemers hulle doelwitte verstaan en hoe die bereiking van daardie doelwitte verband hou met die sukses van die organisasie. Aangesien bestuurders die doelwitte van die organisasie bereik deur mense te bemagtig om hulle werk doeltreffend te doen (sonder dat hulle as bestuurders al die take self uitvoer), moet hulle maniere vind om werknemers gemotiveerd te hou.

Om hulle verantwoordelikehede na te kom, moet bestuurders verskillende rolle vervul en die navorser bespreek vervolgens hierdie rolle.

3.3.1. Die verskillende rolle wat bestuurders vervul

Mintzberg (1987) het die gedrag van bestuurders bestudeer en het tot die gevolgtrekking gekom dat hulle ten minste 10 verskillende rolle binne die organisasie vervul – drie oorvleuelingsrolle en 10 sub-rolle.(Dyck en Neubert 2009:7-10; Cronje, Du Toit en Motlatla, 2000:107-109;).

Dyck en Neubert (2009:7) verwys na die feit dat in die Griekse teater ’n enkele akteur veelvuldige rolle kan vertolk deur net verskillende maskers op te sit. Hulle is van mening dat bestuurders op dieselfde wyse moet leer om veelvuldige rolle te speel deur die vier funksies van bestuur. Verder verwys hulle na die feit dat Mintzberg (1987) se studie voorstel dat bestuurders ʼn verskeidenheid van rolle speel binne die “drama” wat die “improv teater” van ʼn organisasie se lewe is. Die drie hoofrolle sluit interpersoonlike rolle, besluitnemingsrolle en inligtingsrolle in en sal afsonderlik bespreek word.

Interpersoonlike rol

-Verteenwoordigende figuur -Leier

-Verhoudings

Figuur 3.1 Die oorvleueling van bestuurders se rolle Bron: Cronje, Du Toit en Motlatla (2000:108)

’n Bespreking van die drie oorvleuelingsrolle van bestuurders volg.

3.3.1.1. Interpersoonlike rol

Die interpersoonlike rol van bestuurders bestaan uit ’n groep van drie aktiwiteite, aldus Cronje, Du Toit en Motlatla (2000:108):

a) Die bestuurder tree op as die verteenwoordigende figuur wat onder andere, besoekers vir ete uitneem, ’n kollega se troue bywoon en ’n nuwe fabriek open. b) Die bestuurder verskaf leiding in die aanstelling, opleiding, bevordering, ontslag en

die motivering van ondergeskiktes.

c) Die bestuurder handhaaf goeie verhoudinge binne die organisasie en die publiek (hierdie rol kan 50% van ʼn bestuurder se tyd opneem). Interne verhoudings sluit ander

Inligtings rol -Monitor -Analiseer -Spreker/Verteenwoordiger Besluitnemings rol -Entrepeneur -Troubleshooter -Allokeerder van bronne -Onderhandelaar

bestuurders en individue in terwyl eksterne verhoudings verskaffers, banke en verbruikers insluit.

Die bestuurder van ʼn geloofsgebaseerde organisasie moet dikwels die organisasie verteenwoordig by vergaderings wat deur die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling of ander departemente of ander instansies soos universiteite gereël word. Dit is die taak van die bestuurder om byvoorbeeld ʼn voorstelling te verskaf van die organisasie as geheel, die projekte, hoogte- en laagtepunte of behoeftes wanneer die organisasie besoek word deur moontlike donateurs of by verskillende vergaderings. Dit is ook die taak van die bestuurder binne geloofsgebaseerde organisasies om leiding te neem by die aanstelling van nuwe personeel, opleiding, ontslag en die motivering van ondergeskiktes. Verder moet ʼn bestuurder van ʼn geloofsgebaseerde organisasie goeie netwerke opbou en behou met die staat, moontlike donateurs, ander nie-winsgewende en geloofsgebaseerde organisasies, verskeie rolspelers in ʼn gemeenskap sowel as lede van die gemeenskap en diegene wat baat vind by die diens. Interne verhoudinge met die beheerraad en die personeel is ook van uiterse belang om te verseker dat die organisasie goed funksioneer en almal ten doel het om die doelwitte van die organisasie na te streef en te bereik.

3.3.1.2. Inligtingsrol

Die inligtingsrol stel bestuurders in staat om inligting te bekom van hul kollegas, ondergeskiktes, hoofde/seniors, en mense buite die organisasie om hulle te help om besluite te neem. Cronje, Du Toit en Motlatla (2000:108):

Hierdie rol fokus op die monitor of die versamel van inligting oor verandering, geleenthede en bedreigings wat hulle departement mag affekteer/beïnvloed. Bestuurders analiseer hierdie inligting en dra relevante inligting oor aan kollegas, seniors en ondergeskiktes. Hulle speel dus ʼn belangrike rol in die kommunikasieproses van die besigheid. Die inligtingsrol vereis ook dat bestuurders as spreker of verteenwoordiger in hul onderskeie departemente of die besigheid moet optree, intern sowel as in die eksterne omgewing of wêreld.

3.3.1.3. Besluitnemingsrol

Dit sluit die ontwikkeling van interpersoonlike verhoudings en die versameling en analisering van informasie in. In hierdie verband kan bestuurders gesien word as entrepreneurs wat die inligting tot hulle beskikking kan gebruik om positiewe verandering fasiliteer in die vorm van ʼn nuwe produk of idée, of die herstrukturering van die besigheid, aldus Cronje, Du Toit en Motlatla (2000:108, 109). Bestuurders moet ook probleme hanteer en oplos insluitende stakings, tekorte aan en instorting van toerusting. Bestuurders moet besluit hoe hulle die bronne van die organisasie gaan toewys en dit sluit fondse, menslike hulpbronne en toerusting in. In hulle rol as onderhandelaars skakel bestuurders op ʼn gereelde basis met individue, ander departemente of besighede om doelwitte, prestasiestandaarde, bronne en vakunie-ooreenkomste te onderhandel.

Bestuurders binne enige organisasie moet oor die vaardighede soos bespreek beskik, sowel as die bestuursrolle vervul ten einde effektief te wees. Dit is dus ook van toepassing en relevant vir die bestuurders van geloofsgebaseerde organisasies.

3.4. DIE TAKE VAN ’N BESTUURDER VAN ’N GELOOFSGEBASEERDE