• No results found

DIE TERM ADOLESSENT Om groot te word

METATEORETIESE PERSPEKTIEWE OP DIE DRUK WAT ADOLESSENTE ERVAAR OM TE PRESTEER

3.4 DIE TERM ADOLESSENT Om groot te word

is so tussenin.

Grootmensdinge is nog ver kinderdinge word min. Nou's ons tussenin, vals noot,

want: ons word groot.

Hierdie gedig omskryf die situasie waarin die moderne adolessent homself in 'n moderne samelewing bevind (gedig aangehaal deur Van Niekerk & Van der Spuy, 1998:53). In die gedig beteken tienerwees om in die pylvak tussen kindwees en volwassenheid te beweeg.

Wat beteken die term adolessent? Benner en Hill (1999:46) is van mening dat daar geen aanvaarde universele definisie vir die term adolessent is nie. Die verskillende definisies stem egter ooreen in die sin dat adolessensie met puberteit begin en strek tot waar die persoon sterk, volwasse karaktereienskappe begin toon soos finansiele onafhanklikheid. Hierdie definisie het die implikasie dat adolessensie nie voor die twintigste eeu bestaan het nie, omdat kinders van 'n jong ouderdom reeds volwasse verantwoordelikhede aanvaar het. Die definisie impliseer ook dat die adolessensietydperk met tyd langer word omdat jong volwassenes tot op latere ouderdomme van hul ouers afhanklik bly vir onderhouding. Adolessensie word gekenmerk as storm en stresjare, 'n tydperk van opstand, passie en rebellie teen outoriteit. Daar word geskat dat ongeveer 10-20% van alle adolessente hierdie storm en strestydperk ervaar. Daar blyk egter 'n toename in die persentasie adolessente te wees wat morbied raak, selfmoord pleeg, aan depressie ly, misdade pleeg, onbeplan swanger raak, alkohol en dwelms misbruik asook 'n toename in gedrags- en emosionele probleme te vertoon. Die oorsaak van hierdie probleme blyk nie by die adolessent te vind te wees nie, maar by onvoldoende ouerskap.

Tydens adolessensie begin die adolessent hipoteties, abstrak en wetenskaplik dink (Benner & Hill, 1999:47), maar die adolessent is egter nog nie so rasioneel soos 'n volwassene nie. Die adolessent het verby die egosentrisme gegroei en begin om ander se perspektiewe te oorweeg. In die praktyk lyk dit egter asof die adolessent steeds egosentries is, omdat hy deurgans bewus is van die verbeelde gehoorwaX net so baie oor die adolessent dink as wat hy oor homself dink. 'n Gevolg van hierdie verbeelde gehoor\s dat die adolessent begin dink dat hy baie spesiaal is. 'n Kombinasie van die verbeelde gehoor en die idee dat hy baie spesiaal is, kan daartoe lei dat die adolessent dink dat hy onaantasbaar is en dat slegte dinge nie met horn sal gebeur nie. Hunter (2005:8) bevestig dat 'n verskeidenheid fisiese, intellektuele en sosiale veranderinge

tydens adolessensie voorkom. Die hooftaak van die adolessent is om hierdie veranderinge suksesvol tot 'n eenheid te konsolideer. Hierdie proses waar die adolessent begin verstaan wie hy is, wat hy glo en wat hy wil bereik, word die vorming van identiteit genoem. In die vorming van hulle identiteit benodig adolessente iets om in te glo wat hulle hoop vir die toekoms kan gee, en het hulle 'n behoefte daaraan om iewers te behoort. Hunter (2005:9) bevestig Benner en Hill se navorsing oor abstrakte denke wanneer daarna verwys word dat adolessente teen die ouderdom van 12 jaar abstrak begin dink. Adolessente begin daarin gei'nteresseerd raak om God en hulle geloof te verstaan en die manier waarop dit met hulle lewe integreer. Hierdie denke laat adolessente dikwels meer krities dink oor die wereld rondom hulle. Adolessente aanvaar nie bloot meer die opdragte van outoriteitsfigure nie en gaan dikwels deur 'n periode van idealisme. In hierdie verband toon Huebner (2000) ook aan dat adolessente 'n meer logiese denkproses ontwikkel. Adolessente ontwikkel hierdie abstrakte denke (dinge wat nie gesien, gehoor of aangeraak kan word nie) en ook die vermoe om te dink in die proses genaamd metakognisie. Metakognisie laat 'n individu dink oor sy gevoelens en hoe hy deur ander ervaar word.

Van Niekerk en Van der Spuy (1998:53) wend ten spyte van Benner en Hill se standpunt dat 'n definisie van adolessensie nie moontlik is nie, steeds 'n poging aan om adolessensie te omskryf. Volgens hierdie navorsing is adolessensie afgelei van die Latynse woord wat groei en volwassenheid beteken. Adolessensie is 'n oorgangstydperk tussen die sorgelose kinderjare en die verantwoordelikheid wat volwassenheid meebring. Tydens adolessensie begin die adolessent homself van die gesin se veiligheid losmaak. Die harmonie van sorgelose kindwees begin geleidelik verbygaan en die adolessent beleef sy ontluiking met huiwering en verwagting.

In nog 'n poging om adolessensie te omskryf, toon Collins (1993:166) aan dat die term adolessent "a period of growth to maturity", beteken. Om aan te sluit by Benner en Hill en Hunter se navorsing van die onderskeie veranderinge wat tydens adolessensie plaasvind, wys Collins (1993:166) daarop dat die persoon tydens adolessensie fisiese, emosionele, intellektuele en sosiale veranderinge ondergaan. Dit blyk dus vanuit Van Niekerk en Van der Spuy en Collins se navorsing dat adolessensie 'n tydperk van groei aandui. Die adolessent beweeg weg van afhanklikheid na onafhanklikheid en sosiale produktiwiteit. Die wereld van 'n adolessent verander so vinnig dat 'n onvolwasse adolessent nie altyd goed aanpas nie.

Hieruit kan 'n mens aflei dat kinders spesifieke tree moet gee op hul pad na volwassenheid (Borgen & Amundson, 1998). Vir die meeste mense is daar vier of vyf sulke tree waarin hulle leer, naamlik: kleintyd (geboorte tot twee jaar), vroee kindertyd (drie tot agt jaar), latere kindertyd (nege tot 12 jaar) en adolessensie (dertien tot agtien jaar). Persone agtien jaar en ouer word as volwassenes beskou - kinders in Suid-Afrika moes tot onlangs 21 jaar oud wees

voordat hulle as mondig beskou is. Hierdie wetgewing is onlangs verander en kinders word nou reeds op 18-jarige ouderdom as mondig beskou. Dit blyk egter vanwee kulturele verskille moeilik te wees om bepaalde ouderdomsgrense aan die tydperk van adolessensie te koppel (Van Niekerk & Van der Spuy, 1998:53). Oor die algemeen word aanvaar dat geslagtelike rypwording tussen 11- en 13-jarige ouderdom begin en tot ongeveer 18-jarige ouderdom strek, alhoewel sommige meen adolessensie strek tot ongeveer 21 jaar.

Adolessensie is waarskynlik die tydperk waartydens die mens se liggaam die meeste verander, maar beslis die tydperk waar die liggaamsveranderings die meeste emosionele impak op die mens het. Huebner (2000) verwys na hierdie fisiese ontwikkeling as 'n toename in lengte en gewig (as gevolg van spierontwikkeling by seuns en liggaamsvet by dogters), ontwikkeling in sekondere seksuele eienskappe, byvoorbeeld die groei van liggaamshare, menstruasie, stemverandering, verhoogde produksie van olie en die begin van aknee en voortgaande breinontwikkeling. Adolessente se breins is nog nie ten voile ontwikkel tot laat in adolessensie nie1. "Specifically, studies suggest that the connections between neurons affecting emotional,

physical and mental abilities are incomplete." (Huebner, 2000)

Die effek van hierdie veranderings op adolessente word ook deur Huebner (2000) aangedui, naamlik dat hulle langer slaap omdat adolessente nege en 'n half uur slaap per nag nodig het, dat adolessente lomp voorkom omdat hulle so vinnig groei, dat hulle bekommerd raak omdat hulle nie teen dieselfde spoed as hulle vriende groei nie, en dat adolessente ongemaklik daaroor kan voel om toegeneentheid teenoor die teenoorgestelde geslagsouer te toon. Hulle begin nuut dink oor hulle interaksie met die teenoorgestelde geslag en Collins (2001) dui aan dat adolessente se belangstelling in seks verhoog.

Daar blyk nie net fisiese veranderinge by adolessente te wees nie, maar ook emosionele veranderinge. Die emosies van die middel- en laatadolessent is meer beheersd (Van Niekerk & Van der Spuy, 1998:62). Hy oorreageer dikwels op dinge soos onregverdigheid, woede van sy ouers, te hoe verwagtinge, onbillike onderwysers, eise van die portuurgroep en probleme met skoolwerk. Die adolessent beleef maklik dat hy misluk en skryf die foute wat hy maak daaraan toe dat hy sleg is.

Op sosiale vlak vind daar ook 'n verskuiwing van die kindertyd na die adolessensietydperk plaas. Vriende blyk 'n sentrale rol in die lewe van die adolessent te speel. Van Niekerk en Van der Spuy (1998:65) verwys in hulle navorsing daarna dat adolessente afhanklik is van 'n portuurgroep en die behoefte om te behoort, asook 'n behoefte aan warmte en sekurtitert en hegte vriendskappe met lede van dieselfde geslag. Collins (2001) toon aan dat adolessente sosiale verwerping en eensaamheid vrees (sien navorser se eie navorsing oor die invloed van

vriende in die adolessent se lewe by 3.3.2).

Adolessente moet verder sosiale uitdagings hanteer soos identiteitsontwikkeling, om gemaklik te raak met seksualiteit en met prestasie, (Huebner, 2000). Adolessente moet uitvind waarin hulle tans goed is en besluit in watter areas van hulle lewe hul na sukses wil streef. Die effek hiervan is dat adolessente meer tyd met hulle vriende as met hulle gesinne deurbring, dat hulle meer vrae begin vra oor seks en seksualiteit, dat hulle betrokke kan raak by verskeie stokperdjies, dat hulle hul kamerdeure sluit om privaatheid te vestig en dat hulle argumenterend raak en verkies om nie saam met hulle ouers in die publiek gesien te word nie.

Prins (2003:144) sluit by Huebner aan wanneer hy stel dat adolessensie die tydperk is waartydens adolessente hulle lewensfilosofie ontwikkel met die doel om hul eie identiteit en perspektiewe te vind wat dan weer as antwoord kan dien vir die adolessent se soeke na betekenis. Die adolessentetydperk is 'n tyd van verandering en onsekerheid.

Dit blyk vir ouers moeilik te wees om al hierdie veranderings van hulle kinders tydens die adolessentefase te verstaan en te aanvaar. In hierdie verband toon Borgen en Amundson (1998) aan dat ouers die adolessentefase kan verstaan wanneer hulle raaksien dat adolessensie die laaste stap voor volwassenheid is. Adolessensie is die fase waartydens die adolessent besluit oor sy toekoms en een van die eerste dinge wat die adolessent tydens hierdie fase moet doen, is om sy eie keuses te begin uitoefen.

3.5 EKSTERNE FAKTORE VAN PRESTASIEDRUK