• No results found

Die strukturele vervlegting tussen die sel en die sel se onderliggende fisiese basis

Hoofstuk 3. Kunsmatige intelligensie en die wese van die lewe

14.4 Die strukturele vervlegting tussen die sel en die sel se onderliggende fisiese basis

Die antwoord op die vraag na die strukturele vervlegting tussen die sel en sy onderliggende fisiese basis in die fisikalisme is eenvoudig: daar is geen strukturele vervlegting nie, want die sel is in wese fisies. Ons het egter gesien dat die lewe, volgens Jonas, gewortel is in die mees basiese vlak, nl. die verhouding tussen die sel as die mees basiese eenheid van die lewe en sy onderliggende fisiese substraat in die vorm van metabolisme. Hierdie verhouding kom na vore as vryheid van die sel teenoor sy onderliggende fisiese substraat aan die een kant en die deurlopende afhanklikheid van die sel van sy fisiese substraat aan die ander kant. Ons het gesien dat Jonas se konsep van vryheid in die biotiese en sensoriese wetskringe gewortel is. Die vraag is, wat is die strukturele vervlegting tussen die sel en sy onderliggende fisiese basis? Hierdie vraag is belangrik, want indien hierdie strukturele vervlegting dieselfde is as in die res van die fisiese syn, dan is die sel en die wese van die lewe slegs fisies en het die fisikalisme tog 'n punt.

Ons het hierbo gesien dat die definisie van boliggendheid behels dat daar vir enige geesteseienskap 'n ooreenstemmende fisiese eienskap moet wees en dat enige verandering in die geesteseienskap gepaardgaan met 'n verandering in 'n fisiese eienskap. Hierdie is in wese ook die definisie van Dooyeweerd se onomkeerbare enkaptiese funderingsverhouding. Soos Dooyeweerd (1936: 565) dit stel i.v.m. 'n standbeeld wat uit marmer gemaak is:

Het marmer wel vrij in zijn natuurlijke physisch-chemisch gequalificeerde structuur fungeeren. Maar de marmeren ‘Hermes’ is in zijn structuur als kunstwerk onlosmakelijk aan de structuur van het marmer gebonden. Zijn structuur is onomkeerbaar in de laatste gefundeerd. In dit enkaptisch ordeningstype bleek inderdaad een relatie van vorm en materiaal aanwijsbaar, ... .

Die struktuur van die kunswerk, in dié geval die standbeeld van Hermes, is onlosmaaklik verbind aan die struktuur van die onderliggende marmer. Dit beteken dat indien die struktuur van die marmer sou verander die vorm van Hermes as 'n standbeeld ook sal verander.

Ons vind volgens Dooyeweerd dieselfde strukturele vervlegting tussen die sel en sy onderliggende fisiese basis, nl. 'n onomkeerbare gefundeerde strukturele vervlegting.

Wat wezenlijk deelen der cel zijn, wordt bepaald door de organische levens- structuur dezer laatste, welke aan kern en plasma een verschillende functie binnen het levensgeheel heeft toebedeeld. In deze beide deelen der cel, welke zelve weer tal van organische onderdeelen bevatten, zijn de atomen in moleculaire verbinding enkaptisch gebonden met behoud harer eigen- wettelijkheid. En ook in deze structuurvervlechting ontmoeten wij de typische onomkeerbare fundeeringsverhouding, alsmede de typische ontsluiting (maar gelijk wij zullen zien alleen in de physisch-chemische makro-processen) van de enkaptisch gebonden structuur door die van de cel, waarin zij enkaptisch fungeert. Eerst in het ontbindingsproces worden de tot moleculen verbonden atomen weer vrij en verliezen zij haar typische ontslotenheid door de levensbestemming. Dit zou niet mogelijk zijn, als zij inderdaad subjectief levende deelen van het organisme waren.

De interne organisch-chemische processen van assimilatie en dissimilatie vertoonen een onmiskenbaar gericht, in dezen zin anticipeerend karakter. De daarbij tenslotte uit een slechts gering aantal elementen (in hoofdzaak C, H, O en N) gevormde chemische verbindingen zijn grootendeels van een zoo buitengewoon gecompliceerde structuur als ze in de anorganische chemie onbekend zijn en daarbij treft het, dat zij door de individualiteits-structuur van het organisme bepaald zijn. Het is immers bekend, dat ieder type van ‘organismen’ ook zijn eigen type van intern-chemische verbindingen, met name zijn eigen eiwitstype voortbrengt. (Dooyeweerd, 1936: 566 -567).

Uit bg. blyk dit dat Dooyeweerd dink dat die onderliggende fisiese substraat van die sel onlosmaaklik gekoppel is aan die vorm van die sel. Die onderliggende fisiese substraat word eers met die sel se afsterwe vrygestel. Dooyeweerd se onomkeerbare enkaptiese funderingsverhouding gee in die geval van die sel geen aanduiding van die werklike verhouding tussen die sel en die sel se onderliggende fisiese substraat, nl. Jonas se idee van vryheid, nie. Dooyeweerd se idee hier fokus slegs op die deurlopende afhanklikheid wat die sel het t.o.v. sy onderliggende metabolisme. 'n Lewende sel lewe, dit kan nooit dieselfde strukturele vervlegting met sy onderliggende fisiese substraat hê, as wat 'n marmerstandbeeld met sy onderliggende fisiese substraat, nl. die marmer, het nie.

Ons kan die verskil tussen die onderskeie strukturele verhoudings van 'n lewende sel en sy onderliggende fisiese substraat aan die een kant, en 'n standbeeld en die se onderliggende fisiese substraat aan die ander kant, illustreer deur die verskil tussen iets wat groei en ontwikkel en iets wat gekonstrueer word. 'n Standbeeld word gekonstrueer deur die marmer

stapsgewys te vorm deur stukke weg te kap en die oorblywende te poleer. Aan die begin is dit net 'n stuk marmer, maar dan kom daar 'n stadium waar die marmer meer na 'n standbeeld begin lyk. Die rede is dat die konfigurasie van die onderliggende fisiese komponente die uiteindelike vorm bepaal. Soos Jonas dit gestel het: die fisiese substraat en die standbeeld as sulks is toutologies identies aan homself. Dit is juis die idee dat lewe in die oeraarde gekonstrueer is wat tot die sentrale dilemma van die lewe aanleiding gee.

In teenstelling hiermee is daar nooit 'n stadium in die ontwikkeling van die sel of die organisme wanneer die sel of die organisme nie 'n sel of 'n organisme is nie. 'n Menslike sigoot is steeds 'n mens, daar is nooit 'n stadium in die ontwikkeling van die mens waar die mens nie 'n mens is nie. Die eerste rede is dat lewe groei en ontwikkel. Groei en ontwikkeling geskied deur 'n deurlopende ontsluiting van die plastiese horison, beide as interne en fenomenologiese horisonne. Intensionaliteit speel 'n kardinale rol in groei en ontwikkeling en manifesteer deur differensiasie en maturasie van die sel of die organisme. Verder is groei en ontwikkeling nou verbind aan die feit dat die organisme of die sel homself deurlopend en aaneenlopend handhaaf teenoor die res van die fisiese omgewing. Die sel of die organisme durf dus op geen oomblik die risiko loop om nie 'n organisme of 'n sel te wees nie. Anders as in die geval van 'n fisiese ding wat gekonstrueer word, bepaal die vorm van die organisme of die sel die onderliggende fisiese substraat, al is dit onlosmaaklik daaraan verbonde. Dooyeweerd het net hierdie onlosmaaklike verbondenheid raakgesien en die res gemis. Jonas se idee van vryheid staan sentraal in die verskil tussen 'n fisiese entiteit en 'n lewende sel of organisme.

Die tweede rede is Behe se nie-reduseerbaarheid van komplekse lewende sisteme. Die sel is in wese 'n komplekse lewende sisteem waarvan niks weggeneem word sonder om die sel skade te berokken nie. Die sel is in sy mees basiese vorm van sekere essensiële nie- reduseerbare sisteme afhanklik. Daar kan dus nooit 'n stadium in 'n sel se ontwikkeling wees waar 'n sel nie 'n sel is of nie-lewend is nie. Lewe kan nie gekonstrueer word nie.

'n Verdere belangrike verskil tussen onomkeerbare gefundeerde enkapsis, soos in 'n standbeeld, en die strukturele vervlegting tussen 'n sel en sy onderliggende fisiese basis is die feit dat 'n standbeeld juis 'n estetiese leidende funksie het omdat dit in 'n menslike fenomenologiese horison ontsluit word as 'n standbeeld. 'n Sel daarenteen ontsluit sy eie fisiese basis in sy eie interne horison.

Ons kan die strukturele vervlegting tussen die organisme en sy onderliggende fisiese basis as 'n lewende enkapsis beskryf. Dit is iets uniek in die syn. Die biotiese wetskring ontsluit die interne horison van die sel of die organisme en gee saam met die sensoriese wetskring aan die sel 'n totaliteit en 'n intensionaliteit, sodat dit in 'n sekere rigting differensieer en matureer. Die biotiese en sensoriese wetskringe stel die sel in staat om as subjek in die sensoriese en subsensoriese wetskringe te handel sodat Jonas se vryheid na vore kom.

Tot dusver het ons net die een kant van die lewende enkaptiese vervlegting beskryf. Daar is aan die ander kant 'n korrelatiewe verhouding tussen die stoflike substraat en die vorm en funksie van die sel. Hier is elemente van Dooyeweerd se korrelatiewe enkapsis teenwoordig. (Dooyeweerd, 1936: 573 - 574) So kan die veranderinge in die DNS (die genotipe van die sel), wat 'n fisiese kwalifiserende funksie het, veranderinge in die vorm van die sel (die fenotipe), wat onder beheer van die biotiese en sensoriese wetskringe staan, teweegbring. Andersom kan groei en differensiasie, wat onder die biotiese en sensoriese wetskringe staan, drastiese veranderinge in die onderliggende metabolisme teweegbring. Die fout wat die fisikalisme (en die moderne biologie) maak, is om slegs die een rigting, nl. die beïnvloeding van die stoflike deeltjies op die vorm van die organisme, raak te sien.

Dit is onder die biotiese wetskring dat die metabolisme van die sel in 'n baie nou kanaal beweeg. Die gevolg is dat die stoflike samestelling van die sel konstant binne sekere parameters bly. Dit is hierdie konstantheid wat Dooyeweerd onder die indruk gebring het dat die strukturele vervlegting 'n onomkeerbare gefundeerde enkapsis is.

'n Volgende vraag is, wat is die strukturele vervlegting tussen die sel en sy omgewing?