• No results found

Die rol van die brein in emosionele ervarings

METATEORETIESE PERSPEKTIEWE TEN OPSIGTE VAN DIE BEGELEIDING VAN DIE EMOSIONEEL VERWONDE PERSOON

4.8 Die rol van die brein in emosionele ervarings

Daar bestaan baie teoriee oor die neurologiese werking van die brein. Daar is wel goeie gronde wat bewys dat neurologiese netwerke wat die emosies beheer, geneties vooraf bepaal is om te reageer op lewensbelangrike omstandighede. Die netwerke gebruik outomatiese en hormonale veranderings om die gevaar in omstandighede te herken en die persoon daarop attent te maak (Plutchik. 2003:291).

Waar persone eenmalige en kortstondige trauma en onaangename episodes ervaar, is daar oor die algemeen nie sprake van ernstig geheueverlies nie. Wanneerdie trauma beleef word, word die emosionele- en geheue-sentrums in die brein, naamlik die amigdala en hippokampus, nie veel beseer nie en kan die brein die gebeure dus herroep (Rhawn, 2003:152). Frost (2003:19) haal vir Goleman aan wat gevoelens van 'n hoe graad van hopeloosheid na 'n

traumatiese gebeure, beskryf as "neural hijacking". In sulke gevalle sneller die amigdala emosionele reaksies voordat die denkende brein enige kans het om die syne op te tel of te kan evalueer. Wanneer dit gebeur, volg daar soms

emosionele uitbarstings terwyl die amigdala aan die brein alarms stuur wat weer sekere hormoonafskeidings aktiveer wat weer lei tot 'n veg-of-vlug. Tydens hierdie proses word die kardiovaskulere sisteem geaktiveer en die hormoon norepinefrien word vrygestel, wat weer die sensoriese stroming verhoog. Onder andere veroorsaak dit 'n angstigheid en sy bloeddruk styg. Alles word dan gefokus op die veronderstelde of werklike gevaar waarin die persoon verkeer.

Goodman en sy kollegas (deur Rhawn aangehaal, 2003:154) het bevind dat ekstreme pynlike ervarings en hoe vlakke van opwekking geneig is om in te meng met geheue funksies en verder ook geheue aktief onderdruk. 'n Voorbeeld van geheueverlies as gevolg van emosionele verwonding, is die geval van Tara

Burke wat op ouderdom 3 ontvoer is, as gyselaar aangehou is en vir tien maande aaneen herhaaldelik seksueel deur twee mans aangerand is. Ten spyte van intensiewe mediaberigte en 'n hofgeding daarna, kan Tara, wat nou agtien jaar oud is, niks van die gebeure onthou nie. Vir haar is daardie deel van haar

geheue uitgesny (Rhawn, 2003:154). Vir Poyser (2004:127) is die 'ontkoppeling' tussen liggaam en gees een van die mees belangrike resultate van trauma. In mindere of meerdere mate vind daar dikwels 'n vorm van dissosiasie plaas wat 'n innerlike geslotenheid ten opsigte van sekere areas impliseer. Hierdie

geslotenheid is normaalweg die liggaam se verdedigingsmeganisme teen die oorweldigende toestand. Dissosiasie kan 'n outomatiese gevolg wees van trauma, maar kan ook by herhalende trauma oorgaan in 'n meer intensionele en gedeeltelik bewustelike strategie van ontkenning waarin die kind vir homself se : "Hierdie gebeur nie nou met my nie - ek is nie in my liggaam nie - dit gebeur met iemand anders" (Poyser, 2004:127).

Naatanen etal., (2001:76) het navorsing gedoen onder Midde-Oosterse vrygelate politieke gevangenes. Alhoewel die gevangenes vry was, het hulle steeds innerlike gebondenheid beleef betreffende hul emosies - dit het

voortgespruit uit sommige van die pynlike en skandelike situasies waaraan hulle blootgestel was tydens hul gevangenskap - agterna moes hulle telkens dan maar weer hierdie onaangename emosies en herinneringe onderdruk ten einde te kan oorleef. Hieruit is die afleiding gemaak dat traumaslagoffers die neiging het om hulle gevoelens in hulself op te sluit en dat hulle dan buitensporige

maatreels toepas ten einde hierdie emosies te onderdruk en te ontken. Hierdeur weer die slagoffer pynlike gevoelens en geheue af.

Soos reeds beredeneer, is emosies en gevoelens nie dieselfde nie. Gevoelens is die etiket wat persone in 'n gedeelte van die brein waar die werkende geheue bestaan om emosies hang. Emosies is 'n omvattende ervaring. Worthington (2003:33) verwys na Damasio wat aantoon dat wanneer 'n persoon 'n emosie ervaar, vertel elke deel van die liggaam vir die brein presies watter emosie ervaar

word - deur 'n proses van chemiese boodskappers wat deur die bloedstroom gestuur word, of deur chemiese en elektriese boodskappers wat deur die senustelsel gestuur word. Hierdie boodskappers aktiveer die geheue van emosies wat in die verlede ervaar is, in die gedeelte van die brein wat die assosiasiekorteks genoem word. Soos die boodskappers deur die senustelsel beweeg, vloei elektriese strome deur breinstrukture soos die amigdala en

hippokampus, wat se: "Hierdie pad beteken 'ek is bang'" of "hierdie pad beteken 'ek is bly"\ Neurochemikaliee word afgeskei in sekere dele van die brein

wanneer'n persoon hartseer is en in anderdele wanneer die persoon kwaad, bang of bly is. Die patrone waarin neurochemikaliee in die brein vrysgestel word, help gevolglik die werkende geheue om bepaalde emosies te kan herken. Soos chemiese stowwe deur die bloedstroom gaan, sneller dit die afskeiding van sekere hormone - een kombinasie dra die boodskap aan die brein oor dat die persoon nou kwaad is terwyl 'n ander een weer die boodskap kommunikeer dat die persoon nou bang is.

Omdat emosies 'n hele liggaamservaring is, vloei dit soms saam wanneer hulle relatief ooreenstem. So word die negatiewe emosies van verwerping, bitterheid, haat, vyandskap, woede, en vrees saamgevoeg tot die gevoel dat die werkende geheue dit as onversoenbaar merk (Worthington, 2003:35).

Gedagtes is vinnig en kan aan- en afgeskakel word. Emosie werk met

hormoonafskeiding en werk baie stadiger as gedagtes. Daarom kan 'n persoon in 'n treurige bui wees, maar terselfdertyd lag, en dan weer terugkeer na die hartseer bui (Worthington, 2003:35).