• No results found

Fase 4: Ontdekking en vrymaking van die emosionele gevangenis

5.8. Onderhoude met emosioneel verwonde persone

5.8.2.4 Berading met Heleen

Heleen was in die gemeenskap bekend as iemand wat sterk in haar geioof staan. Sy het menige persone in hulle nood bygestaan en hulle versterk deur haar gebede en intrede by God. Sy was nog altyd 'n baie betrokke lidmaat van die Apostoliese Geloofsending (AGS) se gemeente in die dorp. Toe sy by die navorser kom sit, het sy begin vertel wat sy alles vir ander persone beteken en hoe sy ander bygestaan het. Hulle het as gevolg van ongelukkigheid by die gemeente na 'n ander kerk verskuif en daar het sy alreeds haar stempel afgedruk as iemand wat naby die Here lewe.

Haar huidige krisis is egter die feit dat sy nie oor die dood van haar seun kan kom nie. In hierdie opsig voel sy so afhanklik en magteloos. Die navorser het Heleen goed geken - hy dra ook kennis van haar onafhanklikheid. Die navorser het vervolgens die opmerking gemaak: "Tannie, voeljy datjy swak is?" Sy het vir 'n oomblik stil gebly, en toe gese dat sy mos maar oor die ding moet kom, sy

kan mos. Sy verstaan egter nie hoekom sy dit nie kan regkry nie - sy voel asof dit te veel is vir haar. Sy was ook van mening dat sy die persone random haar sal teleurstel deur haar onvermoe om hierdie krisis te bowe te kom. Sy is veronderstel om sterk te staan maar sy kry dit net nie reg nie.

Die navorser het vir haar gese dat dit darem onredelike verwagtinge is om aan te voldoen. Hy het aan haar verduidelik dat sy self nie sterk is nie, maar in Christus sterk is. Sy verwag egter dat sy op haar eie die Here se werk moet kan doen. Die navorser het haar ook daarop gewys dat Paulus gese het dat wanneer hy swak is, Christus juis sterk is. Dit is immers God wat Sy swak diensmaagd in elke krisisgeleentheid gebruik. Sy is aangemoedig om daaroor te gaan dink en vir die Here 'n brief te skryf waarin sy haar swakheid bely. Nadat hulle saam gebid het en spesifiek haar swakheid vir die Here gegee het, het Heleen met haar opdrag vir die volgende geleentheid vertrek.

By die volgende geleentheid het sy haar brief saamgebring, maar die keer met verligting en 'n glimlag op haar gesig. Sy het haar brief aan die Here geneem, dit voorgelees en dit ook simbolies gebrand om daarmee te se dat sy swak is. Sy het vervolgens ook haar vertroue op eie krag erken en haar diepe afhanklikheid van God bely. Sy het met opregte afhanklikheid tot die Here gebid en erken dat sy Horn nodig het om staande te bly.

Telkemale daarna het sy en die navorser daaroor gepraat en het sy elke keer bevestig dat sy vrede het. Haar deelname aan die begrafnisritueel het ook gehelp om die rouproses in haar binneste te aktiveer. Hulle mis steeds hul seun, maar hulle het hulle lewe terug ontvang.

5.8.2.5 Gevolgtrekking

■ Pieter en Heleen het emosionele verwonding beleef omdat hulle nooit hulp ontvang het betreffende die vorige emosionele seer in hulle lewe nie. Die feit dat daar alreeds 'n jaar verloop het sonder enige noemenswaardige vordering in die rouproses het in hulle geval sterk gedui op die moontlikheid van

emosionele verwonding op 'n dieper vlak. Dit het hulle sonder meer afgetakel tot persone wat die lewe net dag vir dag hanteer het. Wanneer emosionele seer nie hanteer word nie lei dit gewoonlik tot emosionele verwonding.

■ Die verhouding met die navorser het hulle die vrymoedigheid gegee om openlik te kon gesels oor hulle emosionele verwondheid.

■ Die vooraf kennis wat die navorser van die persone gehad het, het gehelp om vinnig by die oorsaak van die verwonding uit te kom en dit te hanteer. 'n Pastorale program van versorging en persoonlike betrokkenheid binne 'n gemeente waarbinne die leraar sy lidmate dan ook goed leer ken, hou dus groot voordeel in.

■ Wanneer persone ervaar dat, wat met hulle gebeur normaal is, stel dit hulle in staat om ook die verwonding wat hulle beleef, vanuit 'n hanteerbare

perspektief te beskou.

■ Die verhouding wat Pieter en Heleen deur die jare met die Here gehandhaaf het, het hulle die vrymoedigheid gegee om tot Horn te nader. Hulle het oor die nodige basis beskik ten einde by genesing te kan uitkom. Omdat die natuurlike verloop van hulle lewens egter versteur is deur 'n aantal negatiewe gebeure en ervarings, het hulle net iemand nodig gehad om hulle in die regte rigting te help. Hulle eie gebede voor 'n getuie (navorser) het hulle bevry van hulle emosionele verwonding omdat hulle geweet het dat die Here hulle las van hulle af wegneem. 'n Deurleefde geloof vrywaar nie persone van emosionele verwonding nie, maar speel 'n kardinale rol in die genesing daarvan.

■ Die navorser se oop vrae, suggesties en vermoe om tussen die lyne te lees, het vir Pieter en Heleen die geleentheid gebied om by hulle oorspronklike seer uit te kom. Die rol van die navorser was dus net begeleidend - hy het hulle as't ware net aan die hand geneem en hulle by die seerplekkies tot rus gebring en hulle met die Here oor die seer laat gesels.

■ Seremonies en rituele gekoppel aan 'n begrafnis, om 'n brief te skryf, en die verbranding van 'n brief as teken van finaliteit, het 'n groot rol in die heling van Pieter en Heleen se emosionele verwonding gespeel. Dit het ook geblyk dat die herbelewenis van 'n gebeure wat geblokkeer was, noodsaaklik is met betrekking tot die heling van 'n emosioneel verwonde persoon, mits dit in die atmosfeer van die Groot Heler, Jesus Christus, afspeel.

■ In Heleen se geval het haar huiswerk alreeds die deurbraak gemaak. Die feit dat sy op haar eie gekonfronteer kon word met haar onafhanklikheid, het haar afhanklikheid in die Here weer herbevestig. Sy het dit by die huis al besef deur bloot alleen daardeur te werk.

5.8.3 Medewerker 4

5.8.3.1 Keuse van medewerker

Daar is soveel persone wat net nooit die kans gehad het om 'n nuwe lewe na 'n traumatiese ervaring te kon begin nie. Daar moet gewoonlik eers van die verlede met sy seer en pyn afskeid geneem word ten einde met die genesingsproses te kan begin en talle persone kon net nooit by hierdie punt arriveer nie. Die verhaal van die medewerker waaroor dit hier gaan, Giel, toon duidelik hoe sy emosionele verwonding sy lewenskwaliteit gerem en gemhibeer het. Ook sy ouma, wat die geleentheid misgun is om afskeid te neem van haar seun, het die geleentheid aangegryp om ook 'n nuwe begin te kon maak.