• No results found

Die ontwikkeling van vreugde en die invloed van die versorger

Die eerste teken van geluk word as die glimlag beskryf (Berk, 2009:404). Die glimlag speel ‘n rol in baie aspekte van die ontwikkeling by die kind. Hierdie glimlag bind die ouer en kind in ‘n warm, ondersteunende verhouding met mekaar wat die baba se

84

ontwikkelingsvermoë ondersteun (Berk, 2009:404). Vanaf ongeveer die middel van die eerste jaar glimlag die baba meer as die baba met bekende mense soos die versorger in interaksie tree, wat ook die ouer-kind-band versterk (Berk, 2009:405).

4.3.2.1 Die glimlag as ‘n uitdrukking van vreugde

Vreugde bring universeel die psigomatiese grootspier in beweging wat tot gevolg het dat die mondhoeke na bo draai om ‘n glimlag te vorm (Jordaan & Jordaan, 1998:555). Nie-verbale kommunikering van gevoel geskied deur gesigsuitdrukkings (Jordaan & Jordaan, 1998:554). Babas wys hulle is gelukkig deur te lag of te glimlag (Louw et al., 1998:271). Hierdie glimlag kom ongeveer tussen vier tot ses weke in die baba se ontwikkeling voor (Hetherington & Parke, 1993:209). ‘n Glimlag is die eksterne of buitenste uitdrukking van komponente van die interne emosionele ervaring (Jones & Raag, 1989). ‘n Glimlag word in alle lewenstadiums en binne ‘n wye verskeidenheid van kulture as ‘n uitdrukking van positiewe emosie beskou (Jones & Raag, 1989:811; Bukatko & Daehler, 2004:384).

 Die ontwikkeling van die glimlag en die rol van die moeder as versorger

‘n Studie deur Jones en Raag (1989) het die hipotese getoets dat ‘n baba se vorming van ‘n glimlag van die beskikbaarheid van ‘n sosiale ontvanger afhang (Jones & Raag, 1989:811). Hulle het bevind dat die glimlagfrekwensie laer was wanneer die potensiële ontvanger, die ma, nie oplettend was of aandag aan die baba verskaf het nie. Enige stimulus wat die opbou en vrystelling van spanning tot gevolg het, sal ‘n glimlag in die jong baba tot gevolg hê (Jones & Raag, 1989:811). Die mens se gesig dien as stimulus vir die vroeë baba se glimlag (Jones & Raag, 1989:812). Daarom is die nabyheid van ‘n versorger belangrik vir die jong baba.

‘n Studie het bevind dat een-en-‘n-halfjarige babas meer geglimlag het as hulle ‘n sosiale maat gehad het om mee te speel, as wanneer die babas alleen moes speel. Die oplettende sosiale maat het ‘n direkte invloed op die frekwensie van die baba se glimlag gehad (Jones & Raag, 1989:812). Dit is duidelik dat die mens as stimulus tot die ontwikkeling van die glimlag in babas bydra. Daarom is die moeder as versorger en haar nabyheid belangrik vir die vorming van die baba se glimlag.

85

4.3.2.2 Die invloed van die baba se glimlag op die moeder as versorger

Die voorkoms van ‘n glimlag by ‘n baba is ‘n aangename en ‘n lonende ervaring vir enige moeder as versorger van ‘n baba (Strathearn, Li, Fonagy & Montague, 2008:47-48). Die glimlag word moontlik die meeste deur navorsers van die vroeë emosionele ontwikkeling in kinders bestudeer (Wolf, 1987). ‘n Paar studies rakende die invloed van die glimlag by die baba op die moeder as versorger sal kortlike bespreek word.

 ‘n Glimlag in babas en die breinrespons van die moeder

‘n Studie het moeders se breinrespons as reaksie op hul babas se gesigsuitdrukkings getoets (Strathearn et al., 2008). Die breinrespons van moeders op onderskeidelik die gelukkige, neutrale en ongelukkige gesigte van hul babas is getoets en met mekaar vergelyk. Daar is bevind dat wanneer moeders hulle babas se gesig vir die eerste keer sien, alle dopamien-prosesse in die brein gestimuleer word. Die dopamien wat afgeskei word, word verbind met die aangename en lonende ervaring van moeders in die verhouding met hul babas (Strathearn et al., 2008:48). Die glimlag van die baba ontlok veral hierdie dopamien-verwante reaksies van plesier. Glimlagreaksies in babas lei tot die afskeiding van meer dopamien in die brein van hul moeders, veral meer as wat by die neutrale of die hartseer gesigsuitdrukking van die baba afgeskei word (Strathearn et al., 2008:48).

Hoe ‘n ma op haar baba se tekens van tevredenheid of ongelukkigheid reageer, kan ‘n belangrike rol in die vorming van haar kind se latere ontwikkeling speel (Strathearn et al., 2008:49). Wanneer die moeder op die baba se tekens reageer, ongeag of dit positief of negatief is, moet die moeder affektiewe sowel as kognitiewe informasie oor haar baba integreer voordat sy reageer (Strathearn et al., 2008:48). ‘n Baba wat ongelukkig is, ontlok gewoonlik ‘n empatiese respons by die ma. ‘n Baba wat glimlag, veroorsaak positiewe emosie in die ma wat met ‘n lonende ervaring geassosieer word. Laasgenoemde ervaring dra daartoe by dat die moeder die baba se tekens van geluk na-aap deur ook te glimlag, met die baba te begin speel en in interaksie met die baba te tree (Strathearn et al., 2008:48). Die breinrespons as gevolg van plesier in die moeder speel ‘n belangrike rol in die moeder se ervaring van haar

86

kind se emosionele toestand, asook die reaksie wat die moeder teenoor haar baba se gedrag sal toon.

 Die eerste vorm van ‘n glimlag wat ‘n moeder in haar baba kan waarneem

In ‘n studie waar spontane glimlagte getoets is, is daar bevind dat uni-laterale glimlagte meer algemeen by pasgebore babas is, terwyl bi-laterale glimlagte meer algemeen by babas van twee maande oud is (Kawakami, Takai-Kawakami, Tomonga, Suzuki, Kusaka & Okai, 2006). In ‘n soortgelyke studie wat twee jaar later afgelê is, is daar weereens bevind dat bi-laterale glimlagte meer by babas van twee maande voorkom as uni-laterale glimlagte, wat meer dikwels by pasgebore babas voorkom (Kawakami, Takai-Kawakami, Kawakami, Tomonga, Suzuki & Shimizu, 2008:518).

 Persepsies van ‘n moeder rakende ‘n baba se glimlag en die baba se interne

emosionele toestand

‘n Navorsingstudie het voorgraadse sielkundestudente en moeders van babas se persepsies rakende babas se glimlagte getoets (Messinger, Cassel, Acosta, Ambadar & Cohn, 2008). Hierdie studie wou vasstel of daar ‘n verwantskap bestaan tussen ‘n glimlag en die persepsie dat ‘n positiewe emosie deur die baba ervaar word. Voorgraadse sielkundestudente en moeders van babas is 48 foto‘s van verskillende stadiums van glimlag by babas gewys. Die voorgraadse sielkundestudente sowel as die moeders het glimlagte wat sterker deurkom met ‘n groter mondopening en wange wat lig, aan ‘n meer positiewe emosionele ervaring in die baba gekoppel (Messinger et al., 2008:142-149). Dit dui daarop dat mense oor die algemeen dink die baba is gelukkiger as die baba ‘n groter glimlag vertoon. Behalwe dat meer dopamien in die moeder as versorger se brein afgeskei word wanneer haar baba glimlag, is sy ook onder die indruk dat haar baba ‘n positiewe emosionele ervaring het.

87