• No results found

Hoofstuk 3 Die vervullingsitate

3.6 Die hermeneutiese probleem van die vervullingsitate

Die belang van die vervullingsitate as tema in Matteus strek verder as die sitate deurdat Matteus se verhouding met die Ou Testament dwarsdeur die evangelie loop. Donald Senior (1997:115) stel die doel van die vervullingsitate as volg:

“The formula quotations take their place within the full repertoire of ways Matthew uses the Old Testament to underwrite the story of Jesus for his community and, at the same time, to provide his community with a new reading of their scriptures in light of the faith in Jesus‟ identity as the Messiah and Son of God.”

Die vervullingsitate is dus `n manier waarop ons kan sien hoe Matteus die verhouding tussen die Ou Testament en Jesus verstaan.17

Maar wanneer Louw en Nida (1988:595)

plhro,w

vanuit `n verskeidenheid domeine in hul leksikon van die Griekse Bybel omskryf, kom die “vervulling”- probleem van die sitate duidelik aan die lig. Onder die domein van “Quantity” plaas hulle

plhro,w

onder die subdomein van “Full, Empty”. In `n voetnoot (598) by hierdie subdomein merk hulle op: “In Subdomain D Full, Empty, quantity is related primarily to space.” Gevolglik definieer hulle

plhro,w

as: “to cause something to become full.” Wanneer hulle

plhro,w

in ander domeine plaas en dit daar definieer stel hulle dit as volg: “to make something total or complete”. Onder die domein: “Aspect” word

plhro,w

onder die subdomein “Complete, Finish, Succeed” geplaas

17 Robbins (1996:103-106) wys op die ses verskillende wyses waarop `n teks in `n ander

aangehaal kan word: Die eerste wyse noem hy “recitation” en beskryf dit as die weergee van `n uitspraak of vertelling wat van óf `n mondelinge óf geskrewe vorm kan wees. Die tweede wyse is ook `n aanhaling (“recitation”) maar in hierdie geval kan sekere woorde van die aangehaalde teks ontbreek. `n Derde wyse waarop `n teks aangehaal kan word, is met totaal ander woorde as die oorspronklike. Dit gebeur meestal waar die aanhaling in `n nuwe omgewing toegepas word. Die vierde wyse geskied deurdat net sekere woorde van die aangehaalde teks gebruik word en gekombineer word met `n uitspraak uit `n Bybelse teks. So `n verkorte aanhaling ontwikkel dan in `n algemene spreuk. Die vyfde aanhalingswyse is om die aangehaalde gedeelte in die outeur se eie woorde te omskryf. Die sesde wyse is om `n soort opsomming te maak van `n aantal ter sake episodes. Wanneer die vervullingsitate bestudeer word sal dit blyk dat Matteus sy aanhalings doen op veral die eerste, tweede, vierde en sesde wyses.

en word dit as volg gedefinieer: “to finish an activity after having done everything involved.” Waar

plhro,w

onder die domein “Communication” omskryf word, word dit in twee subdomeine, tw “Inform, Announce” en “Interpret, Mean, Explain” geplaas. In hierdie twee subdomeine word dit as volg gedefinieer: “to give the true or complete meaning of something” en “to relate fully the content of a message.” Onder nog `n domein (149), te wete “Be, Become, Exist, Happen” word

plhro,w

onder die subdomein, “Happen” geplaas en gedefinieer as “to cause to happen, with the implication of fulfilling some purpose – to cause to happen, to make happen, to fulfill.”

Dit is dus duidelik dat in die meerderheid gevalle met

plhro,w

bedoel word dat `n gebeure of aksie tot sy voltooiing gebring word. Die bedoeling is dus dat hierdie gebeure tot nou toe nog nie afgehandel is nie en dat hierdie laaste vermelde handeling die gebeure voltooi. Die probleem met die vervullingsitate is dat sommige van die sitate nie na onvoltooide gebeure óf na beloftes óf na (Messiaanse) profesieë verwys nie. Kirk (2008:80) wys daarop dat die volgende sitate nie enige Messiaanse profesieë bevat nie: Matt 1:22 (maagdelike ontvangenis); 2:15 (seun uit Egipte geroep); 2:17 (Ragel se rou); 13:35 (rede vir die praat in gelykenisse) en 27:9 (dertig silwermuntstukke). Kirk voeg ook die vervullingsitate by wat verwys na die lydende Kneg in Jesaja (Matt 8:17 en 12:17). Die dilemma met die “vervulling”-sitate is dus dat daar in sommige gevalle geen voltooiing voorspel word nie en in ander, veral dié wat verwys na die lydende Kneg, die profesie nie na Jesus verwys nie maar na iemand anders.

Dit wil dus voorkom asof Matteus sy bronne, vir ons gevoel, op `n vreemde of selfs misleidende wyse buig sodat dit op Jesus van toepassing gemaak kan word. Kirk (2008:82) dui in sy artikel die verskillende wyses aan waarop daar deur die jare gepoog is om hierdie vreemde hermeneutiek van Matteus te verklaar. Hy wys daarop dat dit gedoen is by wyse van grammaties-historiese of histories-kritiese

eksegese of deurdat Matteus aan die hand van die pesher styl van eksegese te werk gegaan het. Nóg ander, waarvan R T France (Jesus and the Old Testament, 1992) moontlik die beste voorbeeld is, is oortuig dat Matteus gebruik maak van tipologie in sy omskrywing van Jesus se verhouding met die Ou-Testamentiese bronne. `n Verdere poging om Matteus se vervullingsitate te interpreteer is by wyse van sleutelwoorde as vertrekpunt.

Kirk (2008:91,2) dui oortuigend aan dat al hierdie hermeneutiese benaderings ernstige probleme het wanneer dit op die vervullingsitate toegepas word. Hy gee erkenning aan die waarde wat die tipologiese benadering het, maar dui ook op die tekortkoming daarvan:

”Building on this scholarship that has come before, we recognise the usefulness of conceiving of „fulfilment‟ in Matthew‟s formula citations as indications that Jesus is embodying the stories and scriptures of Israel, thereby showing himself to be the true Israel. This differs from a prophecy-fulfillment schema that unfolds in a linear fashion and gives rise to the salvation history schema of the Twentieth Century. But there is a diachronic, narrative dimension to Jesus‟ „fulfilling‟ the law and prophets that typological arguments have not yet captured.”

Piotrowski (2016:11) probeer die hermeneutiese dilemma vanuit `n ander hoek oplos. Hy reken dat die vervullingsitate vanuit die Matteaanse gemeenskap geïnterpreer word en nie soseer vanuit Matteus se hermeneutiek nie. Hy skryf (2016:11): “To broadly summarize the scholarship to date, the quotations function to validate and vindicate the Matthean community‟s existence and to legitimize their beliefs. To accomplish that, however, Matthew could have used any OT texts” (kursivering Piotrowski).

Kirk (2008:91) stel voor dat die rol waarin Jesus as Vervuller van die Ou Testament voorgestel word gesien moet word soos `n akteur wat `n teks

herinterpreteer en in die toneelspel die teks se betekenis `n nuwe betekenis en inhoud gee. In dié proses, sê hy: “The meanings of both words” (in hierdie geval die maagdelike ontvangenis en Immanuel), “are changed, literalised, Matthew would say fulfilled, as Jesus the substance fills up the scriptures of Israel in a substantially new and unexpected way, which yet retains the shape of the original plot.”

Met hierdie studie word van die oortuiging uitgegaan dat hierdie nuwe betekenisgewing wat Jesus by monde van Matteus aan die inhoud van die Ou Testamentiese aanhalings gee, as `n indirekte spreekakte gesien moet word. Dit sal veral blyk wanneer die eerste vyf vervullingsitate onder bespreking kom dat Matteus sy lesers nooi om Jesus se Messiasskap in `n ander lig te sien. Die sogenaamde “inference-trigger” (Levinson 1983:270) of aanduider wat die hoorder of leser onder die besef moet bring dat daar van die letterlike betekenis afgewyk word, is in die geval van die vervullingsitate die woord

plhro,w

wat met dié sitate gebruik word waarin die letterlike betekenis van hierdie woord nie van toepassing kan wees nie. Wanneer Kirk dus praat van `n nuwe betekenisgewing lê hierdie betekenis egter volgens hierdie studie op die vlak van indirekte spreekaktes wat die stylfiguur van ironie na vore bring.

3.7. Die vervullingsitate in die geboorte en kinderjare van Jesus