• No results found

Hoofstuk 3 Die vervullingsitate

3.7 Die vervullingsitate in die geboorte en kinderjare van Jesus

3.7.2 Die eerste vervullingsitaat Matteus 1:22-23

3.7.2.4 Deiksis

Soos reeds vermeld, (vgl par 1.3.3.4, p25), is deiksis die oorkoepelende term vir die verskillende wyses waarop die konteks in `n teks gekodeer word. Hierdie enkoderingsproses word egter op `n subjektiewe wyse gedoen. Gevolglik kan reeds hierin die intensie van die outeur gesien word.

3.7.2.4.1 Tyddeiksis

Matteus gebruik in Matt 1:18 die imperfektum in teenstelling met die aoristus wat in die geslagsregister gevind word. Daarmee bring hy die breuk tussen die geslagsregister en die geboorteverhaal van Jesus na vore. Met die imperfektum wil hy wys op die durende aspek van Jesus waardeur hy aandui dat God van die

begin van Jesus se verhaal by ons is. Die verhaal sluit daarom ook af met die belofte van God se teenwoordigheid (28:20b). Die deiktiese middelpunt, die sentrale tyd van die uitspraak word beklemtoon met die aankondiging:

Tou/ de.

VIhsou/ Cristou/ h` ge,nesij ou]twj h;n

(Die geboorte van Jesus Christus was dan só: OAV) (Matt 1:18). Hiermee word die fokus op die res van die verhaal geplaas en word die geslagsregister in geheel as presupposisie gesien.

Ons bemerk ook in die geslagsregister dat daar 39 keer van die aoristus aktief gebruik gemaak word met die herhalende

evge,nnhsen

en dan in Matt 1:20 word hierdie gebruik verander na die aoristus passief:

gennhqe.n

. Hierdeur word God as akteur, die passivum divinum in die verhaal ingebring (vergelyk in hierdie verband Menken 2001:156-157). Die res van die verhaal bring hierdie verrassende ingrype van God na vore.

3.7.2.4.2 Persoondeiksis

kai. kale,sousin to. o;noma auvtou/ VEmmavnouh,l

(en hulle sal Hom Emmánuel noem OAV) (Matt 1:23).

Die meervoudvorm van die werkwoord val op, veral as dit vergelyk word met die enkelvoud in vers 21. Hierdie meervoudvorm het egter geen duidelike inhoudomskrywing nie. Matteus laat ons doodgewoon in die duister vir wie hy as onderwerp veronderstel. Vir die doel van ironie is dit beduidend. Matteus se onvoldoende inligting skep aanvanklik die oortuiging dat Jesus slegs vir die Judeërs as Verlosser gekom het. “This type of misdirection in a text is common in narrative irony”, skryf McDaniel (2013:24). Die blote feit dat Matteus menigmaal uit die Judese geskrifte aanhaal bevestig die persepsie dat Jesus inderdaad die Messias vir die Judese volk is. Die tweede vervulllingsitaat (2:6) asook die

pertinente verklaring van Jesus in 15:24 is `n duidelike versekering dat hierdie vermoede korrek is – Jesus is die Verlosser vir die Judese volk.

Die agtergrond van die eerste vervullingsitaat dien ook as bewys dat Jesus die Messias is wat tot redding vir die volk van God (Israel) sou kom. Die teken wat die Here aan Agas bied gaan immers oor die redding van die volk, (vgl Jes 7:16). Die groep gelowiges aan wie Matteus skryf het uit `n groot groep heiden-gelowiges bestaan en hulle sal hul moeilik in die begin van die verhaal inlees. Matteus maak hier illokutiewe spreekaktes wat tradisioneel `n sekere perlokutiewe spreekhandeling tot gevolg het – die volk van God is die uitverkore volk en as sulks die afgesonderdes van die heidennasies. Om hulself enigsins in hierdie verhaal in te lees, sal beteken dat hulle óf die verhaal vanuit die einde herlees óf tot die gevolgtrekking kom dat Matteus hier op `n indirekte wyse praat. Hierdie indirekte spreekakte lei daartoe dat die lesers tot die gevolgtrekking kom dat Matteus met ironie besig is. Dit word bevestig deur die herlees van die verhaal. McDaniel (2013:32) praat van `n “recency reading”. Die verrassende einde van 28:19-20; die positiewe uitsprake wat Jesus oor die heidene maak (8:1-13); die genesingswonders waar heidene bevoordeel word (vgl veral die gedeeltes wat met die Seun van Dawid verbind word) en daarteenoor die veroordeling van die Fariseërs (23:1vv) moet beslis genoeg bewyse bied dat heiden-gelowiges hulself as deel van die onderwerp van

kale,sousin

mag sien.

Ten opsigte van Matt 23 sou die deiktiese middelpunt Jesus gewees het wanneer hierdie gebeure hom afspeel. Hy is die sentrale persoon in hierdie gesprekshandeling. Daar is egter geen sprake van ironie nie deurdat die illokutiewe spreekakte een van oordeel is wat ook die perlokutiewe handeling kenmerk. Wanneer Matteus deur middel van sy verteller hierdie verhaal aan die eerste gemeentelede vertel, verskuif die deiktiese middelpunt egter na die verteller en word ruimte geskep vir die

ei;rwn

om na vore te tree. Dit gebeur deurdat die

hoorders van die verhaal die perlokutiewe spreekakte, in die lig van die bewyse dat die verlossing vir net die Judeërs is, verstaan as nie korrek nie. Daarom word dit interpreteer as indirekte spreekakte. Hulle hoor dan in die veroordeling van die Fariseërs die indirekte betekenis as dat die deur vir die verlossing vir hulle oop staan. Die “kinders van Abraham” is die

a;lazw,n

wat in hul beterweterigheid aangaande die Messias, Jesus, minag. Die heiden-gelowiges wat die lesers van die verhaal is, word deur die indirekte spreekakte deel van die binnekring, die

ei;rwn

, diegene wat die meerdere kennis het.

Dieselfde gebeur dus met

kai. kale,sousin to. o;noma auvtou/ VEmmavnouh,l.

Wanneer die verhaal aanvanklik plaasvind is die engel van die Here die deiktiese middelpunt. Die illokutiewe spreekakte wat in die opdrag aan Josef gegee word het die perlokutiewe trefhandeling van `n bevel. Wanneer Matteus egter die verhaal vertel, word die verteller die deiktiese middelpunt deurdat hy die sentrale spreker is. Die hoorders, in die lig van die kennis wat hulle oor die houding van die Joodse volk teenoor Jesus het, hoor hierdie verklaring as `n indirekte spreekakte en vind daarin `n ander betekenis. Die derde persoon meervoud word vir hulle diegene met wie hulle assosieer – diegene wat Jesus as die Immanuel aanvaar. As sulks lees hulle

kalesomen

en is hulle, die

ei;rwn

, die ingeligtes. Daarom dat Matteus in die res van sy verhaal moeite doen om aan te dui dat Jesus as Immanuel die Seun van God is.

Samevattend kan dus gesê word dat Matteus Jesus kontrasterend skets deurdat die titels: Seun van Abraham, Seun van Dawid, Jesus en Immanuel, asook die meerduidige betekenis van die Judese geskrifte `n dubbele betekenis aan sy hoorders voorhou. Deur hierdie dubbele betekenis skep Matteus ironie. Vir wie hierdie Jesus as Verlosser en Redder kom, word op `n subtiele manier `n ope uitnodiging aan Judeërs en nie-Judeërs gerig. Die reaksie op hierdie bekendstelling en uitnodiging bring die ironiese gevolg na vore deurdat die

ooglopend kundiges van die profesie aangaande die verwagte Messias, onkundig en selfs vyandig reageer.

Deur die verskillende implikatiewe wat in sy gebruik van die vroue in die geslagsregister en die titel, Immanuel na vore kom, skep Matteus ruimte vir ironiese betekenisvulling. Deur ook gebruik te maak van `n meerduidige omskrywing van Jesus, nooi Matteus sy lesers om enersyds die ou verwagtinge betreffende die Messias in heroorweging te neem en andersyds nuwe bevoordeeldes van Jesus se reddingsdade in te nooi. In die proses maak hy veral gebruik van die

ei;rwn

-

a;lazw,n

teenstelling.