• No results found

5.2 Betroubaarheid gedefinieer

5.2.2 Betroubaarheidskoëffisiënte

5.2.2.3 Interne konsistensie / Inhoudsbetroubaarheid

5.2.2.3.1 Die halfverdelingsmetode

korrelasie tussen die prestasies op die twee helftes van die toets bereken word (Bachman, 1990:172). Die twee helftes word dus hanteer asof dit parallelle toetse is en daar moet met bepaalde aannames oor parallelle toetse gewerk word, naamlik dat die gemiddeldes en die variansie gelyk aan mekaar moet wees. Hierdie benadering is volgens Bachman (1990:173) veral gewens by toetse wat in meervoudige keuse formaat opgestel is, waar daar met die aanname gewerk kan word dat ‘n lukrake seleksie van items uiteindelik twee toetse sal voortbring wat ekwivalent, maar ook onafhanklik van mekaar is. Wat die onafhanklikheidsaspek betref, voer Bachman (1990:172-173) aan dat

... we must assume that the two halves are independent of each other. That is, that an individual‘s performance on one half does not determine how he performs on the other. This assumption does not mean that the two halves will not be correlated with each other, but rather that the correlation will be due to the fact that performance on one half depends upon performance on the other. … In order to interpret the relationship between the halves as an indication that they both measure the same ability, or that they both have the same true score variance, we must be able to rule out the second interpretation.

Smit (1991:33) en Bachman (1990:173) wys ook daarop dat daar omsigtig met hierdie metode omgegaan moet word en dat die toets nie bloot in twee helftes (‘n eerste en ‘n tweede helfte) opgedeel moet word nie, omdat toetse normaalweg met makliker items begin en dit opbou in moeilikheidsgraad na die einde van die toets – daar moet dus gepoog word om ekwivalente helftes, ook in terme van moeilikheidgraad, met mekaar te korreleer. Die standaardprosedure is gevolglik om alternatiewe items aan die twee helftes toe te wys deur elke alternatiewe toetsitem aan ‘n helfte toe te wys. Dit is egter ook nie noodwendig onproblematies nie, omdat so ‘n verdeling kan meebring dat die parallelle vorme nie noodwendig ekwivalent is in terme van die inhoud wat gemeet word nie en daarom moet die verdeling eerder op basis van die inhoud gedoen word. In die geval van TAG en TALL is veral hierdie aspek van toepassing, aangesien die verskillende afdelings telkens ander aspekte van die konstruk meet. In hierdie geval blyk dit sinvol te wees om eers die toets, gebaseer op die afdelings, in subtoetse te verdeel en daarna ‘n halfverdelingseksperiment uit te voer. So ‘n benadering is egter ook nie sonder probleme nie, aangesien die subtoetse beperk is in terme van die aantal items en dus reeds tot ‘n lae betroubaarheidsindeks sal lei. ‘n Selfs nog groter probleem, soos

tipies die geval by TAG en TALL, is dat die items nie noodwendig onafhanklik van mekaar of konteksvry is nie, soos die geval met skommelteks, die leesbegrip- en die teksredigeringsafdelings. In gevalle soos hierdie waar daar nie sekerheid is dat die onderskeie items dieselfde aspek van byvoorbeeld akademiese geletterdheidsvermoëns meet nie, en waar items nie onafhanklik van mekaar is nie, is dit verkieslik dat toets-hertoets-betroubaarheid- en ekwivalente-vorm- betroubaarheidsmetings eerder gedoen word.

Bachman (1990:174) wys egter ook daarop dat die metode nie bloot net geïgnoreer kan word nie, omdat dit soms gewoon net nie moontlik is om hertoetse te doen of om ekwivalente vorme van ‘n toets te administreer nie. Noodgedwonge moet daar dus soms die een of ander vorm van interne konsistensie bepaal word. Hy voer daarom aan dat ―... we must make every attempt to split the test into halves in such a way as to maximize their equivalence and their independence.‖

Indien bogenoemde op TAG en TALL van toepassing gemaak word en daar byvoorbeeld net met die afdelings wat oor onafhanklike items beskik, soos die grafiese en visuele afdeling, die woordeskatafdeling en die afdeling oor styl en register, vir die halfverdelingsmetode gewerk word, is ‘n verdere probleem dat daar uiteindelik met twee halwe of selfs kleiner toetse, en nie twee volle toetse nie, se prestasies gewerk word – die volle konstruk vir akademiese geletterdheid word dus nie getoets nie en die betroubaarheid gaan dus noodgedwonge daaronder ly.

‘n Algemeen aanvaarde beginsel van betroubaarheid is dat die aantal vrae en die grootte van die steekproef ‘n beduidende invloed op die betroubaarheid het. Om hierdie aspek teen te werk, moet daar dus ‘n korreksie op die betroubaarheidskoëffisiënt aangebring word om te korrigeer vir die halvering van die toets, of soos Smit (1991:33) dit stel ―om ‘n indeks te verkry soos wanneer twee volle lengtes gebruik word.‖ Alhoewel TAG en TALL dus uiteindelik in selfs kleiner dele as net twee helftes verdeel sal moet word om hierdie betroubaarheidsmeting te kan doen, geld dieselfde wiskundige beginsels as vir twee

aangebring word, sal die betroubaarheidskoëffisiënt aansienlik daal en dit is daarom nie sinvol om hierdie roete vir die bepaling van betroubaarheid by TAG en TALL te volg nie. Die twee metodes waarvolgens ‘n sogenaamd gekorrigeerde betroubaarheidsindeks bereken kan word, naamlik die Spearman-Brown-metode en die Guttman-metode, word gevolglik nie hier verder bespreek nie.