• No results found

4. DIE LEGALITEITSBEGINSEL

4.3. Die Grondwet en legaliteitsbeginsel

Die strafregsisteem maak deur middel van arrestasie, verhoor en strafoplegging inbreuk op die basiese menseregte van lewe, vryheid en eiendom van die indivudu. 427 In moderne Westerse demokrasië, waaronder Suid-Afrika ook ressorteer, word hierdie toelaatbare inbreukmaking beheer deur die beginsel van die soewereiniteit van die reg (Rule of Law) en die Grondwet. Hieruit volg dat die aard en wyse waarop op basiese menseregte inbreuk gemaak kan word, gereguleer word deur wette wat opgestel word met die oogmerk dat die strafreg toegepas word met respek en erkenning van basiese menseregte, politieke regte en vryhede wat in die samelewing bestaan asook ooreenkomstig die algemeen aanvaarde norme van geregtigheid en billikheid. Die legaliteitsbeginsel omvat die essensie van die soewereiniteit van die reg in die konteks van die strafreg.428 Dit is gebruik in die moderne Suid- Afrikaanse strafreg dat die wetgewer die bepalings van die leerstuk van legaliteit sal nakom met die formulering van statutêre oortredings.429 Burchell430 meen dat die legaliteitsbeginsel “an integral part of the

Constitution” is, met welke mening hierin akkoord gegaan word.

Artikels 35(3)(l) en (n) van die Grondwet van die Republiek van Suid- Afrika bevat essensiële aspekte van die prosedurele legaliteit waaraan die

426 Director of Public Prosecutions, Western Cape v Prins:par37. 427 Burchell 2011:34

428 Burchell 2011:34. 429

Die Grondwet van Suid-Afrika verwys nie direk na die verpligte toepassing van die legaliteitsbeginsel in die formulering van statutêre oortredings nie, maar daar kan sonder vrees vir teëspraak aanvaar word dat die legaliteitsbeginsel in ooreenstemming met die gees en doelstellings van die Grondwet is.

430

toepassing van die strafreg in Suid-Afrika moet voldoen. Hiervolgens het elke persoon die reg op ʼn billike verhoor waarby inbegrepe is die reg om nie skuldig bevind te word weens ʼn handeling of versuim wat ten tyde van die handeling of versuim ingevolge óf die nasionale reg óf die volkereg nie ʼn oortreding was nie. Burchell431

en Snyman432 meen dat die ius acceptum-beginsel by implikasie deur artikels 35(3)(l) en (n) van die Grondwet bekragtig word. Daar word aan die hand gedoen dat dit duidelik is dat hierdie twee artikels in die Grondwet, binne hul onderskeie sfere, die legaliteitsbeginsel reflekteer. Ackermann R het die effek van artikels 35(3)(l) en (n) van die Grondwet, insoverre dit die oplegging van vonnis betref, in S v Dodo433 opgesom:

“The nature and range of any punishment, whether determinate or

indeterminate, has to be founded in the common or statute law; the principle of legality nulla poena sine lege requires this.”

Hierbenewens is ʼn beskuldigde geregtig op die voordeel van die ligste van die voorgeskrewe strawwe indien die straf verander is tussen die tydstip waarop die oortreding gepleeg is en die tydstip van vonnis. Beginsels van konstitusionele demokrasie, regverdigheid en die afgeleide waardes van sekerheid en billike kennis vorm in hierdie sin die onderbou van die legaliteitsbeginsel.

Hierdie temas en waardes het tot sekere praktiese toepassings gelei:

Die Staat is nie gemagtig om straf toe te pas op ʼn onderdaan tensy daardie straf vooraf deur bestaande wetgewing gemagtig is nie.

431 Burchell 2011:35.

432 Snyman 2012:40. 433

Die Staat is slegs gemagtig om straf toe te pas op ʼn onderdaan vir die oortreding van die strafreg.434

Straf kan slegs toegepas word ten aansien van misdrywe wat deur wetgewing geskep is en in werking getree het vóór die pleeg van die betrokke misdryf.

Misdryfskeppende wetgewing wat strawwe voorskryf moet ondubbelsinnig en duidelik uiteensit watter gedrag verbied word.435 Artikel 8(3)(a) van ons Grondwet bepaal dat die howe in die proses van die erkenning van basiese menseregte, die gemenereg moet ontwikkel waar nodig indien wetgewing tekort skiet om erkenning aan sodanige regte te verleen. Artikel 39(2) verplig die howe ook om “when

developing the common law or customary law … must promote the spirit, purport and objects of the Bill of Rights.” Indien werklike betekenis aan

hierdie artikels verleen word, moet daar aan die howe die mag verleen word om die gemene reg, wat die strafreg insluit, te ontwikkel ten einde versoenbaar met die Handves van Menseregte te wees. Burchell436 meen “although the fundamental principle of legality has, in general,

acted as a needed brake on the courts rather than the elected representatives of the people (the legislature) developing the scope of the criminal law, it is nevertheless clear that where the common law has been silent on the precise range of an otherwise reasonably-defined specific crime, courts have been prepared to include new circumstances within the old criminal definition.”

434 Die “strafreg” in hierdie konteks moet vertolk word as gemeenregtelike misdade soos moord,

strafbare manslag, ensovoorts asook statutêre oortredings geskep in wetgewing.

435 Burchell 2005:96. 436

Dit beteken egter nie dat ʼn carte blanche aan die howe verleen word om die gemenereg en/of strafreg na willekeur te ontwikkel nie. Ontwikkeling kan slegs plaasvind ten einde erkenning te verleen aan ʼn grondwetlike reg of om die gees, bedoeling en oogmerk van die Handves van Menseregte te bevorder.437 Wat verder ook duidelik begryp moet word, is dat die ontwikkeling van die gemenereg hier ter sprake is en dat wetgewing wat nie op voorheen bestaande gemeenregtelike misdrywe geskoei is nie, gevolglik nie op dieselfde wyse uitgebrei sal kan word nie.

Die meerderheid van die Konstitusionele Hof het byvoorbeeld in die saak van Masiya v Director of Public Prosecutions, Pretoria and Another,

(Centre for Applied Legal Studies and Another, Amici Curiae)438 beslis dat die gemeenregtelike misdryf verkragting uitgebrei behoort te word om ook anale penetrasie van die vrou in te sluit.439 Die beslissing is deur sekere skrywers440 op verskillende gronde gekritiseer, maar algemeen verwelkom en in ooreenstemming met die Grondwet beskou. Weereens moet beklemtoon word dat ʼn bestaande gemeenregtelike misdryf hier ter sprake was en dat die howe nie by magte is om wetgewing uit te brei en die wetgewer se rol oor te neem nie. Burchell441 meen dat die kritieke vraag egter steeds onbeantwoord na die Masiya-beslissing bly: hoe ver sal die Suid-Afrikaanse howe bereid wees om die gemenereg te ontwikkel ten einde dit in lyn met die Grondwet te bring, maar steeds in aanmerking te neem dat die legaliteitsbeginsel ook ʼn integrale deel van die Grondwet vorm.

437 Burchell 2011:42.

438

2007 5 SA 30 CC.

439 Die wetgewer het dan ook in die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante

Aangeleenthede) die definisie van verkragting uitgebrei.

440 Burchell 2011:39 met verwysing na die skrywers Snyman en Phelps. 441