• No results found

3. PRAKTIESE TOEPASSING VAN MEDIESE ETIEK

3.4. Bestaan daar internasionale medies-etiese standaarde?

Globalisering en mediese toerisme noodsaak die oorweging van die vraag of daar internasionale medies-etiese standaarde bestaan. ART, wat reeds

356 Art 7(1)(a).

357

hierbo bespreek is, kan as goeie voorbeeld vir die belangrikheid van internasionaal aanvaarde standaarde voorgehou word.

Deur middel van ART word nuwe lewe geskep en die gevolge word deur die kinders wat hierdeur verwek is vir die res van hul lewens gedra. Wanneer ʼn voornemende ouerpaar oorsee vertrek vir behandeling, hoop hul om na hul land van herkoms terug te keer as ʼn swanger egpaar, maar die uitkoms van die “cross-border reproductive care” (hierna genoem CBRC) hou potensiële implikasies vir nie alleen hul eie gesondheid en veiligheid in nie, maar ook vir ander gebruikers van gesondheidsorgdienste en sosiale dienste in ʼn land en dit skep boonop ernstige morele-, etiese- en regsimplikasies.358

Soos reeds vermeld, word ʼn drastiese toename wêreldwyd in mediese toerisme ondervind, maar veral in oorgrensreproduktiewesorg oftewel CBRC. Groot uitdagings word as gevolg hiervan aan organisasies wat ART reguleer, gestel.359 Die gebrek aan internasionale standaarde laat ruimte vir die gebruik van praktyke wat verbode is in een land en in ʼn ander land dit nie verbied word nie. Op hierdie wyse word kwaliteit en veiligheid ook in gedrang gebring en volg onvoorsiene nadelige gevolge wat uiteindelik nie gedra word in die land waar die praktyk uitgevoer is nie, maar deur die land van afkoms waarheen die pasiënt terugkeer ná die behandeling.

Die National Advisory Board on Ethics in Reproduction (NABER) in die VSA het sy deure gesluit weens ʼn gebrek aan befondsing. Dit laat die sosiale, kollektiewe gewete met betrekking tot reproduksie tegnologieë in

358 Davies 2010:e20.

359

die VSA herderloos.360 Die konstitusionele reg van vryheid van keuse ten aansien van reproduksie in die VSA laat besluite aangaande ART, met die moontlike uitsluiting van surrogasie, in die hande van die medici, pasiënte en klinieke wat by die prosedure betrokke is. De Jonge361 spreek die hoop uit dat die veld na effektiewe self-regulering sal verbreed, wat positiewe gevolge sal meebring en sodoende die beeld van ART sal verbeter met gevolglike vermindering van suspisie onder lede van die publiek en mediese fondse.

Hierteenoor bestaan die Human Fertilisation and Embryology Authority (HFEA) in Engeland wat ART aldaar reguleer. Dié organisasie is in terme van artikel 5 van die Human Fertilisation and Embryology Act of 1990 in 1991 in die lewe geroep en was dit die eerste reguleerder van ART ter wêreld. Dit is gefokus op die verskaffing van volledige inligting aan diegene wat CBRC verlang, die vasstelling van standaarde van veiligheid en kwaliteit asook die hantering van kwessies soos geslagseleksie, anonimiteit, surrogasie, veelvuldige embrio-inplantings en -geboortes en pre-implantasie genetiese diagnosering.362 Dié organisasie het met verloop van tyd, in teenstelling met sy eweknie in die VSA, in statuur toegeneem. Dit het ʼn breë spektrum van funksies, waarvan die volgende die belangrikste is:

Die lisensiëring en regulering van die skep van embrio‟s in vitro, enige behandeling wat geskenkte gamete insluit, die berging van menslike gamete en embrio‟s en alle navorsing met menslike embrio‟s. 360 Brooks ea 2000:375. 361 Brooks ea 2000:375. 362 Davies 2010:e20.

Die verskaffing van inligting en advies aan pasiënte, regerings, lisensiehouers en die publiek aangaande die beskikbaarheid van dienste en aktiwiteite wat dit reguleer.

Die byhou van registers van pasiënte, skenkerbehandelings en kinders363 wat deur middel van hierdie behandelings gebore is. Die Verenigde Koninkryk is ʼn lidland van die Europese Gemeenskap wat in 2006-2007 die “European Union directives on Tissues and Cells” uitgevaardig het. Hiervolgens word standaarde vir die kwaliteit, veiligheid en opspoorbaarheid van weefsel en selle (wat gamete en embrio‟s insluit) gestel. Dit bepaal ook die vryheid van beweging van weefsel tussen klinieke binne Europa met die voorvereiste dat vasgestelde standaarde in die proses gevolg moet word. Lidlande mag ook in ooreenstemming met eie regsbeginsels addisionele kriteria vasstel.364 Alle lidlande moet hiervolgens eenvormige standaarde handhaaf om te verseker dat menslike weefsel en selle van soortgelyke gehalte is om sodoende die gesondheid van die algemene publiek te verseker. Daar bestaan wel ʼn verskeidenheid van regulerende stelsels van Italië tot Indië, maar dit sal ʼn enorme uitdaging wees om betekenisvolle internasionale standaarde vas te stel. Die Europese Unie het egter ʼn stap in die regte rigting geneem waarop voortgebou kan word.365

Hierbenewens het die Wêreld Gesondheidsorganisasie ʼn deklarasie oor die regte van die pasiënt uitgevaardig wat onder andere etiese beginsels bevat soos:

Die reg op gehalte gesondheidsorg.

363 Davies 2010:e20. 364 Davies 2010:e21. 365

Die reg van vryheid van keuse.

Die reg op selfbeskikking, veral met betrekking tot die bewustelose, die regtens onbevoegde pasiënt en prosedures in stryd met die pasiënt se wil.

Die reg op inligting. Die reg tot vertroulikheid.

Die reg op gesondheidsopvoeding. Die reg op waardigheid.

Die reg op bystand met betrekking tot geloofsoortuiging.366 Die mediese professie in Suid-Afrika steun op die relevante etiese reëls wat deur die GBRSA, internasionale kodes, deklarasies en algemene etiese riglyne as rigtingaanwysers van professionele en etiese gedrag daargestel is. Afwyking hiervan kan lei tot die skuldigbevinding aan onprofessionele en onetiese gedrag.367

366 Oosthuizen en Verschoor 2008:38. 367