• No results found

Womens National Coalition

2.1 Politieke skoling van die swart vrou

2.1.8 Die Federation of South African Women (FSAW), ‘n “vrouebeweging”

Die ANC en die South African Indian Congress (SAIC) het in 1952 besluit om massaverset te gebruik om hul afkeur jeens apartheidswette te wys. ‘n Ultimatum is op 29 Februarie 1952 aan die Malan-regering gestuur, die eise is verwerp en die versetveldtog, die Defiance Campaign, is op 26 Junie 1952 van stapel gestuur. Duisende swartes het opsetlik apartheidswetgewing geskend. Ongeveer 8 000 mense, waarvan honderde swart vroue was, is gearresteer. Die versetveldtog het die bande tussen die ANC, die South African Coloured People's Organisation (SACPO), die

42 Ibid., pp. 87-89. 43 Ibid., pp. 90-92. 44 Ibid., pp. 90-92.

Transvaal Indian Congress (TIC), Natal Indian Congress (NAIC) en die Congress of Democrats (COD) versterk en het gelei tot die vorming van die Congress Alliance, ‘n verenigde front teen apartheid. 45

Aangevuur deur bogenoemde gebeure het die ANCWL besluit om vrouekrag in een organisasie saam te snoer en op 17 April 1954 is die Federation of South African Women (FSAW) gestig. Dit was ‘n sambreelorganisasie wat vroue van die ANCWL, die SACPO, die TIC en NAIC en individue van die COD, bymekaargebring het.46 Dit was die eerste aanduiding dat die ANCWL landswyd, en nie net binne hul eie organisasie nie, by die verbetering van die lot van vroue betrokke wou wees.47

Die doelwit van die FSAW was: “the removal of all laws, regulations, conventions and customs that discriminate against us as women.” Hulle het dit egter ook baie duidelik gestel: “We women do not form a society separate from men. There is only one society…” Die FSAW het dus die vrouebeweging volledig met die nasionale bevrydingsbeweging identifiseer. Die denke van hierdie vroue was progressief, ver voor die algemene denke van vroue van die tyd. Die program van die FSWA is as liberaal en demokraties beskryf, maar daar was tog tekens van kommunistiese party-ideologie in die terminologie en doelstellings. 48 Hierdie tekens sou in 1991 ook in die WNC gevind word.

Wat lidmaatskap betref het die FSAW ‘n stedelike identiteit gehad en was hul meeste

45

ANC Women’s League, 50 years of struggle, http://www.anc.org.za/wl/docs/50years.html. 46

The ANC Women’s League: contributing to a democratic, non-racist and non-sexist South Africa, (Johannesburg, ANCWL, 1993), p. 3.

47

ANC Women’s League, 50 years of struggle. 48

ondersteuning van vroue uit die onstuiminge swart woonbuurte afkomstig. Die FSAW het van die begin af op die ondersteuning van Congress Alliance lede staatgemaak. Alhoewel ‘n groep binne die FSAW individuele lidmaatskap bo geaffilieerde organisasies verkies het, moes hulle

uiteindelik swig onder die druk van die ANC. Die ANC wou nie beheer oor die ANCWL verloor nie en sonder die ondersteuning van die ANC sou die vrouebeweging van die Congress Alliance geïsoleer word.49 Swart vroue in die ‘struggle’ sou voortgaan om binne patriargale strukture te beweeg.

Op daardie stadium het die regering sy posisie gekonsolideer en ook met sy hantering van swartes tot die volle offensief oorgegaan. Binne twee maande na die stigting van die FSAW is Ray

Alexander, nasionale sekretaresse, en Hetty McLeod, nasionale tesouriere, ingeperk. Die gedurige polisie teenwoordigheid, die gebrek aan kommunikasie tussen streke en swak finansies, was van die meer belangrike redes waarom die FSAW gesukkel het om op die been te kom. Wat ook bygedra het, was dat die FSAW ‘n veelrassige vroueorganisasie was. Die lede van die Congress Alliance was etnies gebaseerd en het elk ‘n eie identiteit behou toe hulle met die FSAW geaffilieer het. Buite die Congress Alliance het die FSAW nie baie positiewe terugvoering van ander

vroueorganisasies ontvang nie. Selfs lede van die Black Sash het die Congress Alliance as ‘n subversiewe en radikale organisasie gesien.50

Die FSAW was ook uitgesluit uit die National Consultative Committee (NCC) van die Congress Alliance, wat dui op die bevooroordeeldheid teenoor vroueorganisasies en die vrees dat hulle te prominent sou raak. Helen Joseph, ‘n komiteelid van die FSAW, was egter ‘n lid van die NCC en kon as spreekbuis optree. Die Congress of the People wat op 25 en 26 Junie 1955 by Kliptown, buite Johannesburg, plaasgevind het, het vroue grootliks geïgnoreer. Van die ongeveer 3 000

49

Ibid., pp.162-163, 170-172. 50

afgevaardigdes was slegs ‘n kwart vroue en die enigste vroulike spreker was Helen Joseph. Die FSAW het ‘n pamflet, naamlik “What women demand”, saamgestel waarin die eise van moeders en kinders verwoord is. Sommige van hierdie eise is in die Freedom Charter opgeneem.51

In September 1955 het die regering aangekondig dat swart vroue vanaf Januarie 1956 passe sou moes dra. Op inisiatief van die FSAW het 2 000 vroue vir ‘n protesaksie op 27 Oktober 1956 by die Uniegebou bymekaargekom. Meeste van die vroue was swart, maar daar was ook wit, bruin en Indiër vroue. Dit was die eerste keer dat vroue van alle rasse in so ‘n protesaksie saamgewerk het. Die nasionale koerante het goeie dekking daaraan gegee en baie lesers landswyd het vir die eerste keer van die FSAW gehoor.52

Ongeveer ‘n jaar later was daar op 9 Augustus 1956 weer ‘n groot saamtrek van vroue by die Uniegebou, weer eens as protes teen passe. Die verslae van die getalle wissel van tussen 6 000 en 20 000. Daar was weer eens geen reaksie uit die Eerste Minister se kantoor nie, maar vir baie vroue wat aan die betoging deelgeneem het, was dit die emosionele hoogtepunt van hul politieke loopbane. ‘n Lied is deur die vroue komponeer, wat onder andere die volgende woorde bevat het: “Strijdom you have tampered with the women, You have struck a rock.” Die vroue-optogte het die manlike leierskap van die ANC die potensiaal van vroue in die nasionale bevrydingstryd laat raaksien, wat tot die integrasie van vroue in die ANC strukture gelei het. In 1956 het die ANCWL se president, Lilian Ngoyi, die eerste vrou geword wat tot die ANC se National Executive Council (NEC) verkies is.53

51 Ibid., pp. 173, 181-183. 52 Ibid., pp. 186-187. 53

Walker, Women and resistance, pp. 194-196;

In Desember 1956 is die Congress Alliance geskok toe 156 leiers vir hoogverraad gearresteer is. Die staat het beweer dat hulle landswyd kommunisties-geïnspireerde sameswerings geloods het om die regering om ver te werp. Baie vroue is gearresteer, onder andere Lilian Ngoyi, Helen Joseph, Frances Baard en Annie Silinga. Lilian Ngoyi en Helen Joseph was onder die dertig wat vir verhoor aangehou is. In Maart 1961 is al die beskuldigdes onskuldig bevind en vrygelaat.54

Protesaksies teen die dra van passe was die hoogtepunte in die vrouestryd teen apartheid. Vanaf 1957 was die FSAW nie slegs betrokke by verskeie betogings teen die gehate paswette in die stede nie, maar ook in plattelandse gebiede soos Zeerust. Die FSAW se taktiek was feitlik altyd geweldloos aangesien die meeste vroue kerkgangers was wat die kerk se leerstellinge van versoening en vrede uitgeleef het. Tydens haar verhoor het Helen Joseph getuig: “We are an organisation of women. As women we want to create life, want to preserve it, not destroy it.”55

Vroue het egter ook gewelddadig geraak. Die ANCWL en die FSAW het in 1959 in gewelddadige botsings met die polisie in Cato-Manor, wes van Durban, betrokke geraak. Die Durbanse polisie het besluit om die onwettige drankhandel, waarmee vroue hul inkomste aangevul het, te beëindig. Die vroue het weerwraak geneem deur die munisipale biersale wat deur die staat beskerm en deur die swart mans besoek is, aan te val. Cherryl Walker meen dat hierdie aggressiewe reaksie van vroue teen die owerheid ‘n politiserende en ‘n radikale ondervinding vir die vroue was wat deelgeneem het, veral vir die tradisioneel onderdanige Zulu-vroue.56

54

Walker, Women and resistance, pp. 199-200. 55

Ibid., pp. 223-224. 56

Walker, Women and resistance, pp. 231-234; Wells, “The rise and fall of motherism”, p. 24.

Die gebeure by Sharpeville op 21 Maart 1960, toe die polisie 69 ongewapende swartes

doodgeskiet het, het ook die verbanning van die ANC, die ANCWL en die PAC tot gevolg gehad. Daarmee het die ANC se 50 jaar van vreedsame protes tot ‘n einde gekom. Alhoewel die FSAW probeer oorleef het, het die verbanning van die ANCWL en ander leiersfigure, die beperkende wetgewing en die inperking van individuele leiers sy tol geëis. 1 Februarie 1963, die dag waarop dit verpligtend geraak het vir alle swart vroue om passe te dra, kan gesien word as die simboliese einde van FSAW.57

Walker argumenteer dat FSAW in drie aspekte van vroeëre vroueorganisasies verskil het: eerstens hul gemoeidheid met die bevryding van vroue; tweedens hul toegewydheid teenoor die nasionale bevrydingsorganisasie en derdens hul veelrassigheid.58 Vir vroue was dit ‘n tydperk waarin hulle ontsaglik in die besef van hul eie waarde gegroei het.