• No results found

HOOFSTUK 2: TEORETIESE RAAMWERK

2.4 Die Personeeladministrasiemaatreëls (PAM)

2.4.3 Die departementshoof se bestuur en leierskaprol ten opsigte van

• Skoolvoorrade, handboeke asook toerusting van die department. (PAM, 2016:37).

Die bestuur van handboeke in skole het ‘n logistiese nagmerrie geword. Die departementshoof wat hierdie verantwoordelikheid waarneem, sal ‘n leidende rol moet speel in die ontwikkeling van ‘n handboekbeleid vir die hele skool. Handboeke is ‘n belangrike hulpmiddel wat uiters noodsaaklik is vir die effektiewe lewering van die kurrikulum. Daar behoort ook strukture in plek te wees om al die rolspelers (ouers, leerders) aktief deel te maak van hierdie proses. Die byhou van inventarisse van alle voorrade is ‘n uiters belangrike funksie wat vervul moet word. Die ontwikkeling van besparingsmaatreëls vir al die hulpbronne wat in die skool gebruik word, is van uiterste belang.

• Die begroting van die departement.

Die opstel van ‘n begroting vereis spesifieke vaardighede wat in ag geneem behoort te word. ‘n Behoeftebepaling behoort gedoen te word oor watter hulpbronne werklik nodig is. Die departementshoof moet in samewerking met sy/haar departement bepaal wie verantwoordelikheid moet aanvaar vir watter bronne en die besparingsmaatreëls wat in die departement toegepas gaan word, ook duidelik uiteensit. Dit is belangrik dat werksessies gehou word met die personeel om seker te maak hulle verstaan hoe ‘n begroting werk. Dit gebeur dikwels dat onderwysers onrealisties is en alles verwag waarvoor hulle begroot het. Die personeel moet die beginsel verstaan dat daar eers voldoende fondse gegenereer moet word voordat uitvoering gegee kan word aan hulle beplanningsbehoeftes.

• Sekretaris van personeelvergaderings en ander vergaderings.

Dit is belangrik dat die departementshoof ook ondervinding opdoen oor die skryf van ‘n notule van ‘n vergadering. Die byhou van vaknotules is vir die departementshoof net

so belangrik as om verslag te doen aan die skoolhoof en enige ander eksterne party (vakadviseurs).

• Brandbestrydingsoefening en Noodhulp.

Dit kan ook die verantwoordelikheid wees van een van die departementshoofde om op te tree as veiligheidsbeampte. Veiligheid by skole is ‘n kritiese funksie, aangesien dit belangrik is dat daar ‘n atmosfeer geskep word wat bevorderlik is vir onderrig en leer. Skole in agtergeblewe gemeenskappe word daagliks bedreig deur bendeaktiwiteite, misdaad en geweld. Die kultuur van onderrig en leer sal negatief beïnvloed word indien hierdie uitdagings nie effektief aangespreek word nie. Hierdie taak sal behels dat die departementshoof onderhandel en ooreenkomste bereik met eksterne gemeenskapsbronne, ouers, leerders en relevante groepe.

• Skoolrooster.

Die meeste skole maak gebruik van ‘n rekenaarprogram om die skoolrooster op te stel. Dit is egter nog steeds belangrik dat die insette van onderwysers verkry moet word, sodat die skoolrooster die produk is van al die insette van al die rolspelers. Dit is belangrik dat ‘n kommitee geskep word om seker te maak die opstel van die rooster is ‘n deursigtigtige proses.

• Invordering van fooie en ander gelde.

Die departmentshoof moet toesien dat ‘n boekhouding stelsel in sy/haar departement instand gehou word en ook die beleid daarmee saam laat geld. In die huidige opset by skole neem een van die administratiewe beamptes verantwoordelikheid vir die invordering van fooie om die taak van onderwysers en departementshoofde ligter te maak.

• Ongelukke.

Daar behoort noukeurig rekord gehou te word van alle ongelukke wat plaasvind by die skool. Een van die departementshoofde kan die verantwoordelikheid gegee word om noukeurig rekord te hou van alle ongelukke en verslag te doen by SBS vergaderings en personeelvergaderings.

• Om namens die skoolhoof op te tree in die afwesigheid van die skoolhoof en indien die skool nie kwalifiseer vir ‘n adjunkhoof nie.

Die departementshoof kan ook optree namens die skoolhoof in sy/haar afwesigheid. Dit is absoluut belangrik dat die departementshoof bewus is van hierdie rol wat hy/sy behoort te vertolk. Die belange van die leerders behoort altyd eerste gestel te word wanneer besluite geneem moet word.

• Die administratiewe verantwoordelikheid en organisering en die uitvoer van buite en ko-kurikulêre aktiwiteite.

Die departementshoof behoort die leiding te neem in die organisering en uitvoering van buite en ko-kurrikulêre aktiwiteite. Die departementshoof kan hier ‘n rol speel om individue, gemeenskaps-instansies, klubs of sportpersoonlikhede betrokke te kry om te help met afrigting of aanbieding van sessies waar die leerders op sport-of kulturele gebied ontwikkel kan word.

• Om te deel in die verantwoordelikheid en uitvoering van ekstra en ko-kurrikulêre aktiwiteite.

Die departementshoof kan hier ‘n belangrike rol speel om onervare onderwysers die nodige leiding te gee ten opsigte van buite en ko-kurrikulêre aktiwiteite. Onervare en nuwe onderwysers moet aangemoedig word om ‘n aktiewe rol te speel om buite en ko- kurrikulêre aktiwiteite by die skool te bevorder en uit te brei. Die infasering van ‘n nuwe sportkodes of kultuuraktiwiteite behoort aangemoedig te word.

• Om te handhaaf met sport, sosiale, kulturele en gemeenskapsorganisasies. Die departementshoof kan hier ook ‘n belangrike rol speel om kontak op te bou met sosiale, kulturele en gemeenskapsorganisasies. Die skool is ‘n integrale deel van die gemeenskap en behoort ‘n aktiewe rol te speel om ouerbetrokkendheid te bevorder.

Om namens die skoolhoof kontak met die publiek te maak en te handhaaf. Die departementshoof kan ook as verteenwoordiger van die SBS namens die skoolhoof kontak hê met die publiek. Dit is belangrik dat die departementshoof altyd lojaal optree teenoor die skoolhoof en die skool. Op hierdie manier bemark die departementshoof die skool. (PAM, 2016:37). Die departementshoof is deel van die skool se bestuurspan (SBS). Hulle vorm dus deel van die skool se uitvoerende bestuur en leierskap. Dit beteken dat die departementshoof kan in sommige gevalle die funksie vervul van ‘n adjunkhoof indien die skool nie kwalifiseer vir ‘n adjunkhoof nie. Indien die skoolhoof en adjunkhoof nie beskbaar is nie, kan die departementshoof waarneem as skoolhoof.

2.5 Pligte van die departementshoof ten opsigte van skole se Kurrikulum- en