• No results found

ʼn OORSIG VAN DIE HANTERING VAN DIE BEGRIP INTERVERBONDENHEID IN KROG SE OEUVRE

3.4 Begging to be black as voorloper van die interverbondenheid-tema in Mede-wete

3.4.3 Die behoefte aan ʼn Afrika-perspektief

Krog verduidelik bogenoemde twee raamwerke aan die hand van ʼn metafoor van wortelsisteme. Dié metafoor word reeds deur die afbeelding op die voorblad van Begging to

be black aangekondig. Daar bestaan twee tipes wortelsisteme, naamlik dié van ʼn penwortel

en dié van ʼn diffusiewortel. Eersgenoemde bestaan uit ʼn enkele hoofwortel wat ondertoe skiet, wat volgens Krog ʼn metafoor vir die individualistiese Westerse benadering tot die lewe is. ʼn Risoom se wortelstelsel vertak in verskillende rigtings om die plant te anker; vir haar kan dit dien as ʼn metafoor vir die kollektiewe aard van Afrika-gemeenskappe (vgl. Krog, 2009:216).

Krog bring bogenoemde metafoor in verband met die konsep interverbondenheid17, wat gebaseer is op die beginsel van samehorigheid wat deur alle lede van die gemeenskap gevoel word, “de uitdrukking van een intense en intieme verbondenheid”, soos wat Renders

15 Hierdie metafoor word voortgesit in Mede-wete en sal in hoofstuk vier bespreek word.

16 Vergelyk in dié verband ook die beskouings van Griffiths en Prozesky (aangehaal in Scott, 2012:193). 17 Verwys na hoofstuk twee vir ʼn volledige bespreking van die begrip interverbondenheid.

32 (2012:79) dit stel.18 Krog is van mening dat ʼn groter begrip van interverbondenheid en

interpretasie deur die lens van ʼn Afrika-wêreldbeskouing die moontlikheid bied vir ʼn “nuwe soort koherensie” in die Suid-Afrikaanse samelewing (Van Niekerk, 2015:161). Sy verwerp Westerse raamwerke omdat dit haar verhoed om werklik die ander te kan verstaan en omdat hulle in effek “useless and redundant” (Krog, 2009:93) is. Sy skryf verder in dié verband: “I do not want to have a Western perspective on Mugabe; I want an African perspective. I am trying to work out what that is” (Krog, 2009:93).

Krog beskou die bekende negentiende-eeuse Afrika-leier, Koning Moshoeshoe (ook bekend as die “the Binder-together”, vir sy vermoë om mense byeen te bring – vgl. Krog, 2009:81) as ʼn voorbeeld19 van iemand wat interverbondenheid-tot-heelheid op staatkundige vlak toegepas het in ’n maatskappy waarin die heelheid van die lewe sentraal staan (Renders, 2012:80). Deur haar navorsing oor hom kry sy “toegang tot de leefwereld van de Afrikaan en krijgt ze inzicht in diens wereldbeeld” (Renders, 2012:79). Krog wend die karakter van Moshoeshoe aan om die moontlikheid van ’n breë en inklusiewe gemeenskap te demonstreer. Deur dié historiese narratief kontrasteer Krog Afrika-kollektivisme (soos verteenwoordig deur Koning Moshoeshoe) met Westerse individualisme. Laasgenoemde word in die geval van Krog se bespreking verteenwoordig deur die Franse sendeling Eugène Casalis.

Net soos Casalis wil Krog deel voel van die breë swart gemeenskap in Kroonstad, maar haar pogings is relatief vrugteloos omdat sy nie daarin slaag om te ontsnap uit die geïsoleerde “heart of whiteness” (Krog, 2009:154) nie. Gevolglik voel sy soos ʼn kangaroe (ʼn uitheemse dier) in Afrika (vgl. Krog, 2003:274). Ook Casalis het in die negentiende eeu probeer om saam met die ander te leef, maar sy Westerse en Christelike perspektief verhoed hom om volkome deel van die Afrika-gemeenskap te raak. Omdat Moshoeshoe dinge vanuit ʼn ander raamwerk beoordeel het, kon Casalis hom in werklikheid nie verstaan nie: “Casalis […] intelligent, sensitive and deeply fond of Moshoeshoe as he was, seemed unable to grant Moshoeshoe a position of integrity if it was not founded in Christianity” (Krog, 2009:85).

Een van die verhaallyne in Begging to be black is ʼn herskrywing van die geskiedenis wat Krog ook in Relaas van ʼn moord (1995b) vertel het. Deur dié narratief demonstreer die skrywer watter beduidende verskil benaderings vanuit ʼn ander raamwerk as die tradisionele

18 Verwys na hoofstuk twee vir ʼn gedetailleerde uiteensetting van die konsep kommunitarisme.

19 Desmond Tutu en Nelson Mandela word ook as voorbeelde gebruik van figure wat hul gemeenskappe deur

33 Westerse raamwerk tot ʼn mens se interpretasie van bepaalde kwessies kan maak.

Bogenoemde narratief handel oor hoe Krog as jong aktivis teen haar sin by die moordsaak van ʼn bendelid in haar tuisdorp, Kroonstad betrek is. In die oorspronklike weergawe van die verhaal, soos dit in Relaas van ʼn moord verskyn, besluit sy om die moordsaak by die polisie aan te gee. In Begging to be black pas sy die einde van die verhaal aan deurdat sy besluit om nie polisie toe te gaan nie. Sy maak hierdie keuse deur die gebeure te interpreteer en te probeer verstaan vanuit ʼn Afrika-perspektief.

Krog se raamwerk van interverbondenheid-tot-heelheid het tot gevolg dat haar morele en etiese houding teenoor die moordsaak dramaties verander. Sy kom tot die gevolgtrekking dat as ʼn misdaad in die belang van die gemeenskap gepleeg word dit nie as ʼn immorele daad beskou kan word nie (vgl. Renders, 2012:81 se kritiek hierop)en dat waardeoordele dus berus op die vraag oor wat reg of verkeerd is vir die betrokke gemeenskap (vgl. Eze, 2014:244; Rein, 2011:14). Krog se herinterpretasie van die gebeure rondom die moord wys volgens Robbe (2016: 330) op ʼn ontwikkelende perspektief in Krog se skryfwerk. Die herskrywing en herinterpretasie van die oorspronklike gebeure vanuit ʼn Afrika-perspektief in Begging to

Be Black, is verder tekenend van hoe Krog haar eie identiteit as wit Suid-Afrikaner probeer

herverbeel, in ʼn poging om ʼn opregte begrip vir die Ander te kry en sodoende deel te word van die breë gemeenskap. Daar sal in die volgende afdeling in meer besonderhede ingegaan word op die rol van narratiewe en hoe herverbeelding kan lei tot interverbondenheid met mekaar.