• No results found

HOOFSTUK 1: INLEIDING EN ORIËNTERING TOT DIE STUDIE EN DIE NAVORSINGSMETODOLOGIE

1.6 DEFINISIE VAN SLEUTELTERME

Die Vaktaalkomitee vir Maatskaplike Werk (1995:36) beskryf lewensvaardighede as dat dit “verwys na die vermoë van die individu om lewenseise en die mens-omgewing wisselwerking suksesvol te hanteer met die oog op behoeftebevrediging, uitlewing van waardes en die bereiking van ʼn toereikende vlak van maatskaplike funksionering in bepaalde lewensfases en omstandighede”. Rooth (1997:6) beskryf lewensvaardighede as daardie noodsaaklike vaardighede wat die lewe vergemaklik en wat die ontwikkeling van insig bewerkstellig ten einde die individu in staat te stel om sy eie potensiaal te ontwikkel. Hierdie definisies sluit aan by dié van Japhta (2011:9), wat meen dat lewensvaardighede dui op vaardighede wat die mens in staat stel om effektief te cope met lewensituasies. Vir die doeleindes van hierdie studie sal lewensvaardighede beskou word as vaardighede wat straatkinders kan help om die alledaagse eise van die lewe positief te hanteer.

10 1.6.2 Lewenskaarte

Herbst (2002:20) definieer lewenskaarte as “therapeutic tools for assessment and counseling where individuals or groups review their lives in terms of the past, present and future by focusing on their views of themselves, others, the world, their problems and coping skills”. Strydom en Herbst (2007:244) beskryf lewenskaarte as gereedskap vir selfontdekking wat die individu regdeur sy lewe neem vanaf geboorte tot dood, en wat die individu in staat stel om keuses, geloofsoortuigings en die toekoms effektief te hanteer. Vir die doeleindes van hierdie studie is lewenskaarte gebruik om straatkinders te help om ʼn eie identiteit, toekomsvisie en selfpersepsie te ontwikkel asook om hul psigososiale funksionering in geheel te bevorder.

1.6.3 Maatskaplike funksionering

Maatskaplike funksionering is die geheel van ʼn individu se rolvervulling op alle bestaansvlakke in wisselwerking met ander individue, gesinne, groepe, gemeenskappe of situasies (Vaktaalkomitee vir Maatskaplike Werk, 1995:37). Barker (2014:397) beskryf maatskaplike funksionering as “[l]iving up to the expectations that are made of an individual by that person's own self, by the immediate social environment, and by society at large. These expectations, or functions, include meeting one's own basic needs and the needs of one's dependents and making positive contributions to society”. Uit hierdie definisie is dit duidelik dat maatskaplike funksionering deur die individu en sy omgewing bepaal word, maar dat die individu verantwoordelik is vir die bevrediging van basiese behoeftes van homself en ander afhanklikes, en om sodoende positiewe bydraes te maak tot die groter samelewing.

1.6.4 Psigososiale funksionering

Faul (1995:159) beskryf psigososiale funksionering soos volg:

Psigososiale funksionering verwys na die gedragspatrone van die individu in die verskillende rolle en sisteme waarvan die individu deel vorm in sy lewe. Die individu reageer met kongruensie tussen die vier dimensies van sy innerlike wêreld na situasies in sy omgewing. Die individu ervaar homself en sy wêreld op twee verskillende vlakke wat verband hou met prestasie, tevredenheid en verwagting aan die een kant en frustrasie, spanning en hulpeloosheid aan die ander kant. Optimale psigososiale funksionering veronderstel dat die positiewe

11

kragte sterker sal wees as die regressiewe kragte. Die psigososiale funksionering van die individu geskied altyd in 'n spesifieke tydraam wat met die ontwikkelingsfase waarin die individu homself bevind verband hou.

Maatskaplike en psigososiale funksionering kan as sinonieme beskou word, maar vir die doel van hierdie studie gaan daar eerder na psigososiale funksionering verwys word.

1.6.5 Straatkinders

Daar is nie eenstemmigheid oor die definisie van straatkinders nie. Die term straatkind is ’n sambreelterm wat gebruik word vir verskeie groepe kinders in moeilike lewensomstandighede, maar die definisies verskil van land tot land en van outeur tot outeur (Serrokh, 2006:1). Die Gauteng Street Children Shelters Act, 16 van 1998, beskryf straatkinders as kinders wat in tydelike versorging is, kinders wat gereeld van een plek na ʼn ander trek of kinders wat in institusionele sorg is omdat hul nie ’n ander heenkome gehad het nie en die risiko bestaan dat hulle weer op straat kan beland. Hanbury (2002:3) beskryf straatkinders as kinders wat op straat leef en werk; kinders wat by die huis slaap, maar die meeste van hul tyd op straat deurbring, asook kinders wat in nag skuilings slaap. Die Children’s Act, 38 van 2005 sluit hierby aan deur straatkinders te beskryf as kinders wat op straat leef of werk as gevolg van mishandeling, verwaarlosing, armoede of enige ander rede. Cox en Pawar (2006:326) definieer straatkinders as “those who spend most of their time on the streets whether working or not; have tenuous ties, or no ties at all, with their families; and have developed specific survival strategies”. Verskeie outeurs beskryf ook straatkinders in verskillende kategorieë, soos byvoorbeeld kinders van die straat, kinders op straat en kinders in skuilings of institusionele versorging (Altanis & Goddard, 2004; Mitchell, Nyakake & Oling, 2007;Tolfree, 2003:7).

ʼn Paar elemente kom in die meeste van hierdie definisies voor, naamlik:

 Straatkinders leef of bestee ʼn groot deel van hul tyd op straat

 Straatkinders is kinders wat sorg en beskerming benodig weens onvoldoende

ouerlike sorg

 Straatkinders verkies die straat en sien dit as ʼn uitweg tot ʼn beter lewe

 Sommige straatkinders woon in skuilings, sentrums of alternatiewe akkommodasie

12

Wêreldwyd is daar ook ʼn tendens seuns as dogters op straat leef en werk (Mufune, 2000:233, Volpi 2003:1-30).

Die deelnemers (almal seuns) was ten tyde van hierdie studie inwonend by die TKJS, maar daar is geen waarborg dat hulle nie weer op straat gaan beland nie. Ter wille van eenvormigheid die term straatkind in hierdie studie word gebruik, maar die navorser erken wel dat daar nie uitsluitsel is rakende die definisie nie.