• No results found

HOOFSTUK 3 Navorsingsontwerp en metodologie

3.8 DATA-ANALISE

In hierdie studie is inhoudsanalise gebruik om die data van onderhoude, Photovoice en joernaalinskrywings te kodeer en te analiseer. Dit is belangrik om te let dat die verskillende data aan die einde tematies saamgevoeg is. Vergelyk Tabel 3.2 vir ‘n breedvoerige uiteensetting van die data-analise:

Tabel 3.2: Analisering van data

Kodering Identifiseer kernelemente Belangrike inligting

Formuleer kategorieë Groepeer items met ooreenkomste

Formuleer temas Groepeer kategorieë met ooreenkomste. Verbind temas wat uitstaan met doelstellings, doelwitte en agendas.

Onderhandeling Geldigheidsverklaring deur deelnemers

Deelnemers se stories is deur hulleself vertel en die vertelling is opgeneem en

getranskribeer.

Die uitdagings is bespreek deur die aksieleerstel.

relevante strategieë.

Inherente sterkpunte, vaardighede en swakhede is ondersoek, bevestig of heroorweeg.

Temas is hersien. Evaluering en

die skryf van die verslag

Storievertelaktiwiteite Die aktiwiteit(e) is geëvalueer na aanleiding van wat gedoen is, waar dit gedoen is, hoe dit gedoen is en waarom dit gedoen is.

Situasie/ konteks Die deelnemers het die konteks of situasie van hul identiteit beskryf deur middel van hul stories.

Aksieplan ‘n Verdere aksieplan het gevolg nadat deelnemers insig verkry het deur middel van hul eie vertellings. Een van die deelnemers het haar eie storievertellings begin met die nodige aanpassings. Kommunikasie van bevindinge Tussentydse verslae Kuratoriale verslag Gesamentlike storie

Kort verslae, in die vorm van ‘n PowerPoint- aanbieding, is na elke aktiwiteit beplan. Deelnemers sou ‘n kans gegun word om dit te besigtig en hul insette te lewer. Deelnemers het egter blootgestel gevoel en hierdie verslae en insette is individueel hanteer.

Die navorser het beplan om aan die einde ‘n kuratoriale verslag saam te stel waarin die gemeenskap terugvoer ontvang van

deelnemende navorsing en bevindinge in die vorm van ‘n gala-aand. Soos reeds verduidelik, het hierdie verslag nie gerealiseer nie, maar terugvoer word beplan in die vorm van ‘n gesamentlike storie soos bepaal deur die deelnemers. Die navorser lewer maandeliks ‘n finansiële bydrae tot die storievertel-aktiwiteite wat voortgaan in die gemeenskap en kry gereeld terugvoer van die segspersoon deur middel van Whatsapp-stemboodskappe, omdat die segspersoon self ongeletterd is. Die

navorser probeer ook om ten minste een keer per jaar by die segspersoon en haar

storievertelklasse uit te kom. Die deelnemers aan hierdie storievertelklasse is gewoonlik gretig om hul stories aan die navorser oor te vertel. Die besoek aan die segspersoon en haar storievertelklasse gee ook aan die navorser die geleentheid om die aanpassings aan die storievertelaktiwiteite en die waarde van die storievertelklasse waar te neem. 3.8.1 Individuele onderhoude

Die navorser het inhoudsanalise gebruik met behulp van ATLAS.tiTM om die data te kodeer, te sorteer en te analiseer. Inhoudsanalise is ‘n sistematiese benadering van kwalitatiewe analise

wat die inhoud van die boodskap identifiseer en opsom (Nieuwenhuis, 2016c:116). Inhoudsanalise word gebruik om objektiewe afleidings te ontwikkel van die onderwerp van belang op alle maniere van kommunikasie. Die proses van inhoudsanalise bestaan uit die kodering van rou materiaal (dit wil sê geskrewe materiaal, visuele beeldmateriaal en illustrasies) volgens ‘n klassifikasiesisteem. Die navorser het die inhoudsanalise as ‘n proses gebruik om alle vorme van kommunikasie sistematies te analiseer (Kondracki et al., 2002).

ATLAS.ti™ is ‘n sagtewareprogram wat gebruikers in staat stel om hul getranskribeerde data te organiseer ter voorbereiding van die data wat geanaliseer gaan word (Fritz, 2008). ATLAS.ti™ is gebruik om getranskribeerde onderhoude te kodeer. Kodering beteken dat die data in ‘n verstaanbare vorm geklassifiseer en getransformeer word (Hay, 2005). Die koderingsproses organiseer die gekommunikeerde inhoud op so ‘n wyse dat dit maklik is om die inhoud te identifiseer, te indekseer of om die relevante inhoud te herwin ten opsigte van die navorsingsvraag (Holsti, 1996). Kodering is daarom ‘n analitiese proses waartydens data in kwalitatiewe onderhoudskedules en transkripsies gekategoriseer word om analises te fasiliteer (Hay, 2005).

Die gebruik van Atlas.ti™-sagtewareprogram het die navorser gehelp om die kanse dat foute tydens kodering begaan kan word, te beperk en het sodoende die betroubaarheid van die data verhoog. Die navorser het die onderhoude sowel as die gesprekke rakende Photovoice en die terugvoer van die deelnemers se joernaalinskrywings opgeneem en getranskribeer in ‘n woordverwerkingstoepassing om dit teksgerig te maak. Die data uit onderhoude, Photovoice en joernaarinskrywings is daarna gekodeer en in temas gegroepeer. Sagteware soos ATLAS.ti™ maak voorsiening vir maklike sistematiese data-analise; groot hoeveelhede data en verskillende media-tipes kan vinnig gestruktureer en geïntegreer word; hierdie metode van data-analise verhoog die geldigheid van navorsingsresultate; kodes en konsepte kan verander word namate die analise vorder (Friese, 2014:1).

3.8.2 Photovoice

Die Photovoice-aktiwiteit was ‘n geleentheid waardeur die deelnemer sy/haar idees en gedagtes kon deel rakende sy/haar identiteit deur iets af te neem wat elk van die volgende vrae die beste volgens die deelnemer se verwysingsraamwerk kon beantwoord:

1. Wie is jy werklik? 2. Wat glo jy? 3. Waarvan hou jy?

4. Waarvan hou jy nie? 5. Wat maak jou opgewonde? 6. Waar kom jy vandaan? 7. Waarheen is jy op pad?

Beeldmateriaal lewer ‘n bydrae tot hoe ons onsself sien, hoe ons die wêreld definieer en die verband tussen ons en die wêreld waarin ons leef, asook dit wat ons waarneem as beduidend of anders. Die waarde van beeldmateriaal lê nie hoofsaaklik in die fisiese struktuur daarvan nie, maar eerder in hoe ‘n mens die beeld deur middel van vrae kan interpreteer (Wang, 2006). Die navorser het egter die proses omgekeer en die vrae gestel en die deelnemers moes die gegewe vrae met ‘n foto beantwoord, daarom kan dit gesien word dat die deelnemers die eerste laag self geanaliseer het. Elke deelnemer het die vrae wat aan hulle gestel is, geanaliseer, geïnternaliseer en met ‘n simboliese antwoord (foto) vorendag gekom – die foto was ‘n antwoord en ‘n verwerking van die vrae op ‘n kreatiewe wyse. Hierdie wyse het verseker dat die navorser nie inligting in die foto‘s inlees wat dalk nie daarin bestaan nie.

Die tweede laag van die analise is deur die navorser gedoen deur middel van ATLAS.tiTM. Die foto‘s was reeds in spesifieke temas gerangskik omdat die foto‘s die antwoorde is op die vrae wat aan die deelnemers gestel is. ‘n Foto het die inligting van ‘n spesifieke vraag aan die deelnemers gestel, bymekaar gevoeg in een foto (clusters) van idees en die besonderhede wat voorsien is wat die temas ondersteun (Creswell, 2007:244), kon onder hierdie temas gekodeer word.

3.8.3 Joernaalinskrywings

Die deelnemers het deur middel van joernaalinskrywings besin oor hul verhale en op die vrae wat hulle beantwoord het in die Photovoice-aktiwiteit. Hul stories en foto‘s is nou bymekaar gevoeg en hulle het hul nuwe stories deur middel van die joernaalinskrywings vertel.

Die deelnemers is daarna gevra om hul stories deur middel van hul joernaalinskrywings te vertel. Elke foto, die papier waarop dit gedoen is, asook die versierings wat hulle gebruik het moes tot die storie bydra. Alles het met ander woorde as simbole gedien om hul stories in te kleur. Hulle moes goed besin voordat hulle sommer net versierings gebruik of kleur kies of papier gebruik – om hierdie rede kon ongeletterdes daarby baat. Hier is bevind dat die jonger deelnemers nie hul stories kon hervertel nie. Die jonger deelnemers se stories het glad nie verband gehou met die vrae wat in Photovoice gestel is nie en die antwoorde wat deur middel van die foto‘s verstrek is nie, terwyl die meer volwasse deelnemers se plakboekstories

(joernaalinskrywings) en hul Photovoice-aktiwiteit hul stories versterk het. Die navorser moes vir die jonger deelnemers weer die vrae wat tydens die Photovoice-aktiwiteit gestel was, gee én wat hulle geantwoord het – hulle kon nie meer die foto‘s (simboliek) vertolk as hul antwoorde op die vrae nie. Die navorser moes die jonger deelnemers afrig in hul eie stories deur hul eie foto- antwoorde vir hulle terug te lees soos hulle dit oorspronklik geïnterpreteer het. Die deelnemers het toe hul eie antwoorde gememoriseer deur assosiasies te vorm met hul eie antwoorde en die foto wat hulle geneem het en hul stories dienooreenkomstig vertel. Hierdie vertellings van die deelnemers rondom hul joernaalinskrywings is geanaliseer deur die vertellings te transkribeer, deur middel van ATLAS.tiTM te kodeer en te tematiseer.

Katie en Mitchell (2002) het die metode ontwikkel waar vier vrae aan die individu stel na aanleiding van sy/haar joernaalinskrywing. Hierdie vrae dwing die individu om sy eie gesindheid teenoor ander mense te ondersoek en deur die proses tree onderliggende oortuigings en selfoordele na vore. Vrae is aan deelnemers gestel wat gelei het tot insiggewende selfondersoek (Wood, 2013:225), naamlik:

Is dit die waarheid?

Is dit moontlik dat jy beslis weet dit is die waarheid?

Wat voel jy om te doen wanneer jy aan hierdie gedagte dink? Wie kan jy wees sonder hierdie gedagte?

Die eerste twee vrae toets die waarheid rakende die deelnemer se oorspronklike inskrywing. Die deelnemers het geen bewyse gevind om die waarheid van die inskrywing te toets nie. Die inskrywing het soos die waarheid vir die deelnemer gevoel, maar die inskrywing was in der waarheid ongetoetste teorieë (Wood, 2013:224). Die volgende twee vrae wat gestel is, ondersoek die impak van die individu se gedagtes op homself en hoe die lewe kon wees sonder hierdie gedagtes. Die deelnemers het almal sonder uitsondering ingesien dat hulle ander mense sou wees indien hul stories anders sou verloop het, maar dat die uiteinde van die gebeure nie noodwendig sleg was om te beleef nie.

Ek sou seker ‟n ander persoon gewees het. Sou nie nou die persoon gewees het wie ek was nie. (Ancel)

Die gebeure het vir hulle meer insig gegee en hul karakters is gevorm. Aanvanklik het die negatiewe gebeure soos destruktiewe gebeure gelyk en gevoel, maar wanneer hulle retrospektief na die gebeure kyk, sien hulle dat hulle beter mense was na die gebeure en hulle daarom vir die res van die gemeenskap, wat soortgelyke gebeure beleef, iets kan beteken deur raad , empatie, sowel as ondersteuning en moontlike oplossings te gee omdat hulle reeds

destruktiewe of negatiewe gebeure verwerk het en die oplossings daarvoor kan bied. Hierdie metode is ook aangewend om die joernaalinskrywings van die gekose deelnemers te ontleed. Aangesien die deelnemers geen narratief geskryf het nie, moes hierdie vrae op kreatiewe wyse beantwoord word, byvoorbeeld deur plakboekaktiwiteite.

3.9 ETIESE OORWEGINGS

Etiese oorwegings verwys na die etiese beginsels wat in ‘n navorsingsprojek toegepas word. Etiek is die kode of reëls wat die praktyk bestuur en etiek dikteer ook hoe inligting en informante bestuur moet word. Etiek is ‘n stel morele beginsels wat wettiglik en moreel aanvaarbaar is vir die groter gemeenskap (Jones, 1991).

Etiese goedkeuring is verkry van die Etiekkomitee van die Noordwes-Universiteit (NWU-00449- 15-A2, vergelyk aangehegte etiekklaringsertifikaat, Bylaag A). Onderhoudskedules is aan die Etiekkomitee van die Noordwes-Universiteit voorgelê voordat hierdie skedules aan die deelnemers uitgedeel is ingesamel is. Die navorser het haar bepaal by die etiese riglyne soos deur die Etiekkomitee van die Noordwes-Universiteit neergelê en wat ingeligte toestemming, deursigtigheid en privaatheid van die deelnemers onderskryf.

Dit is noodsaaklik dat skriftelike toestemming (vergelyk Bylaag B) verkry word voordat enige navorsing gedoen kan word (Maree, 2016:44). Daarom is veral 9skriftelike toestemming verkry van die ouers van die minderjariges (vergelyk Bylaag C) wat aan die navorsing deelgeneem het, sowel as instemming van die minderjarige deelnemers self (vergelyk Bylaag D en E). Die probleme wat rondom die toestemming en instemming van deelnemers ervaar is, is volledig deur middel van veldnotas beskryf (vergelyk Bylaag DD).

Die deelnemers is voor die aanvang van die navorsing deeglik oor die navorsingsproses ingelig deur middel van ‘n vertroueling (deur die deelnemers self gekies) asook deur middel van ‘n toestemmingsbrief (vergelyk Bylae B) waarin al die inligting verduidelik is. Die rol van hul deelname is ook aan hulle verduidelik, daarom kon die deelnemers ingeligte toestemming verleen. Die vertroueling het seker gemaak dat die toestemmingsbrief aan die voornemende

9 Ingeligte toestemming is die vrywillige ooreenkoms van 'n individu, of sy of haar gemagtigde verteenwoordiger, wat die reg het om toestemming te gee, en wat vryheid van keuse uitoefen, sonder onnodige indringing of enige ander vorm van dwang om deel te neem aan navorsing. Die individu moet oor voldoende kennis en begrip beskik van die aard van die voorgestelde navorsing, die verwagte risiko's en potensiële voordele en die vereistes van die navorsing om 'n ingeligte besluit te kan neem. Instemming is 'n term wat gebruik word om gewillig te wees om aan navorsing deel te neem deur persone wat per definisie te jonk is om ingeligte toestemming te gee, maar wat oud genoeg is om die voorgestelde navorsing in die algemeen te verstaan, die verwagte risiko's en moontlike voordele en die verwagte aktiwiteite van hulle as vakke. (Lambert & Glacken, 2011:783,787.)

deelnemers gelees is en dat genoemde deelnemers die inhoud daarvan verstaan het voordat hulle die toestemmingsbrief geteken of hul kruisie getrek het.

Die volgende etiese aspekte is deur middel van die ingeligte toestemmingsbrief (vergelyk Bylae B, C, D en E) aan deelnemers gekommunikeer:

 Deelnemers is aan die begin van die navorsing in kennis gestel dat hul deelname vrywillig is en dat hulle hulle te eniger tyd aan deelname kan onttrek en dat die staking van deelname geensins tot hul nadeel sou strek nie. Deelnemers is vooraf ingelig dat alle inligting vertroulik hanteer sou word (Leedy & Omrod, 2013:105).  Daar is genoeg tyd aan die deelnemers toegestaan om te besluit of hulle wel aan

die studie wil deelneem (Kumar, 1999).

 Versekering is aan die deelnemers gegee dat hul deelname aan die navorsing geen nadelige gevolge vir hulle sal inhou nie.

 Die name van die deelnemers is vertroulik hanteer en hul identiteit is beskerm deur van skuilname, wat dieselfde betekenis as hul eie name weerspieël, gebruik te maak indien nodig. Wanneer foto‘s geneem is, is enige gesigte wat daarop mag voorkom, uitgedoof deur spesiale effekte.

 Deelnemers het vooraf geweet dat hulle te eniger tyd ten tye van die onderhoud gestop kan word om enige onduidelikhede uit te klaar.

 Nadat data ingesamel en verwerk is, is deelnemers die geleentheid gegun om hul reaksie (in alle vorme) te bestudeer.

 Die foto‘s wat geneem is, bly die eiendom van die universiteit en is elektronies op ‘n wagwoordbeskermde rekenaar gestoor.

 Deelnemers het skriftelike toestemming verleen vir die gebruik van beeldmateriaal om hul stem uit te druk (vergelyk Bylaag G).

 Tydens die data-insamelingsproses toe deelnemers sensitiewe ervarings gedeel het, was professionele hulp beskikbaar. Die hulp van opgeleide maatskaplikewerkers kon ingeroep word en die maatskaplikewerkers kon gespesialiseerde professionele hulp inroep indien hulle dit nodig geag het.

 In die geval van minderjarige deelnemers, is ingeligte toestemming van die ouers verkry. Die ouers kon teenwoordig wees tydens die deelname van die minderjariges

aan die navorsing. Die minderjariges het instemming gegee tot hul eie deelname aan die navorsingsproses.

3.10 GELOOFWAARDIGHEID

Die geloofwaardigheid van data verwys na die toepaslikheid, korrektheid, betekenisvolheid, asook bruikbaarheid van die spesifieke afleidings van die data wat tydens die navorsing ingesamel is (Fraenkael & Wallen, 2008). Die geloofwaardigheid van die data wat tydens hierdie studie ingesamel is, is verseker deur middel van die volgende:

 Deur die gebruik van verskeie data-insamelingsmetodes, naamlik onderhoude (deelnemers se verhale), foto‘s en joernaalinskrywings.

 Deelnemers is die geleentheid gegun om die navorsingsverslae te resenseer (portuurgroepkontrole).

 Die konteks waarin vrae gestel en die situasies waarin geobserveer is, is beskryf met behulp van veldnotas (ryk beskrywing, vergelyk Paragraaf. 3.6.4).

3.11 SAMEVATTING

Verandering kan as riglyn dien wanneer verandering gebaseer is op hoe ons onsself en die wêreld waarin ons woon, sien. Die navorser het daarom uit al die stories van die deelnemers gepoog om ‘n juiste prentjie te vorm van hoe die deelnemers hulleself en die wêreld waarin hulle woon, sien. Hierdie stories is ingesamel deur middel van aksienavorsing. Die deelnemers het hul stories deur middel van verskeie metodes tydens verskillende siklusse vertel, naamlik deur middel van onderhoude (siklus 1), Photovoice (siklus 2) en joernaalinskrywings (siklus 3). ‘n Vierde siklus het ook gerealiseer deur een van die deelnemers se inisiatief om haar eie storievertelaktiwiteite in die gemeenskap te implementeer na aanleiding van haar deelname aan die vorige drie siklusse. In die volgende hoofstuk is die resultate van hierdie storievertellings volgens temas uiteengesit om beter insig in die deelnemers se wêreld waarin hulle woon, te kry asook hoe hulle hulleself daarin sien. Die resultate word volledig in die volgende hoofstuk (Hoofstuk 4) uiteengesit en bespreek. ingesamel is