• No results found

HOOFSTUK 4 VERGELYKING VAN DIE TWIN PEAKS-MODEL SOOS

4.5 Lesse uit die ervarings in ander jurisdiksies

4.5.4 Bly voortdurend op hoogte

Australië het die Twin Peaks-model geïmplementeer nog voordat enige krisis daartoe aanleiding gegee het, en bly voortdurend die effektiwiteit van hulle regulatoriese benadering ondersoek.558 ’n Les wat Suid-Afrika daaruit kan leer, is om nooit te stagneer

nie, maar voortdurend op hoogte van ontwikkelinge rakende finansiële regulering te bly en ook die effektiwiteit van finansiële regulering en handhawing van finansiële stabiliteit in die Suid-Afrikaanse finansiële sektor deurentyd te toets.559 Een van die belangrikste

lesse wat van Nederland geleer kan word, is dat die regulatoriese raamwerk nie van tekortkominge gevrywaar is nie; Suid-Afrika moet dus let op enige teken wat ’n gebrek in die Suid-Afrikaanse Twin Peaks-model aandui.560 Sodoende kan gebreke en

tekortkominge vroegtydig herstel word en finansiële stabiliteit voortdurend gehandhaaf word.561

553 Godwin, Howse en Ramsay 2017 Journal of Banking Regulation 125. 554 Godwin, Howse en Ramsay 2017 Journal of Banking Regulation 125. 555 Godwin, Howse en Ramsay 2017 Journal of Banking Regulation 125. 556 Artikels 76 en 77 van die FSRA.

557 Van Niekerk The role of the Central Bank in the Promotion and Maintenance of Financial Stability 347. 558 Godwin, Guo en Ramsay 2016 https://papers.ssrn.com/sol3/papers.cfm?abstract_id=2763300. Sien

ook Godwin, Kourabas en Ramsay 2016 The International Lawyer 2. Sien ook Van Niekerk The role of the Central Bank in the Promotion and Maintenance of Financial Stability 347.

559 Van Niekerk The role of the Central Bank in the Promotion and Maintenance of Financial Stability 347. 560 Van Niekerk The role of the Central Bank in the Promotion and Maintenance of Financial Stability 351. 561 Van Niekerk The role of the Central Bank in the Promotion and Maintenance of Financial Stability 351.

4.6 Gevolgtrekking

Een aspek wat al die lande in gemeen het, is dat die regulering van markgedrag en verbruikersbeskerming en die regulering van voorsorgtoesighouding en finansiële stabiliteit geskei en deur twee afsonderlike reguleerders onderneem word.562 Nog ’n

ooreenkoms is dat die sentrale bank van die jurisdiksies, saam met die reguleerder vir voorsorgtoesighouding, ’n rol ten opsigte van finansiële stabiliteit vertolk.563 Dit is egter

’n uitdaging om die posisie van die reguleerder vir voorsorgtoesighouding in verhouding met die sentrale bank te bepaal, en die benadering daarvan in die onderskeie jurisdiksies toon duidelike verskille.564

In Australië bestaan die reguleerder vir voorsorgtoesighouding en die sentrale bank as twee onafhanklike entiteite.565 Die benadering is voordelig omdat elke entiteit op sy

individuele mandaat fokus en sy regulering effektief kan handhaaf.566 In die Verenigde

Koninkryk was die reguleerder vir voorsorgtoesighouding aanvanklik ’n filiaal van die sentrale bank,567 maar later het die reguleerder vir voorsorgtoesighouding binne die

werking van die sentrale bank gevestig,568 soos ook die posisie in Nederland en Suid-

Afrika.569

Dit is voordelig om die reguleerder vir voorsorgtoesighouding binne die sentrale bank te vestig, want die sentrale bank het reeds gespesialiseerde vaardighede, ervaring en prosesse in plek, wat vir gekoördineerde en doeltreffende regulering sal sorg.570 ’n

562 Schmulow 2015 JBFLP 165.

563 Llewellyn "Institutional Structure of Financial Regulation and Supervision: The Basic Issues". 564 Godwin, Howse en Ramsay 2017 Journal of Banking Regulation 109.

565 Godwin, Guo en Ramsay 2016 https://papers.ssrn.com/sol3/papers.cfm?abstract_id=2763300. Sien

ook Godwin, Howse en Ramsay 2017 Journal of Banking Regulation 110; Godwin 2017 Law and Financial Markets Review 184.

566 Godwin, Howse en Ramsay 2017 Journal of Banking Regulation 110.

567 Erasmus The Proposed Twin-Peaks System for Regulating the Financial Sector of South Africa in

Comparative Perspective 15. Sien ook Godwin, Guo en Ramsay 2016 https://papers.ssrn.com/sol3/papers.cfm?abstract_id=2763300. Sien ook Godwin, Howse en Ramsay 2017 Journal of Banking Regulation 110; Godwin 2017 Law and Financial Markets Review 184.

568 HM Treasury Bank of England Bill: Technical Consultation 3.

569 Van Niekerk The role of the Central Bank in the Promotion and Maintenance of Financial Stability 258.

Sien ook Kremers en Schoenmaker 2010 http://www.lse.ac.uk/fmg/assets/documents/papers/special- papers/SP196.pdf.

570 Schmulow 2015 https://papers.ssrn.com/sol3/papers.cfm?abstract_id=2625331. Sien ook Godwin,

Sentrale bank is ’n onafhanklike entiteit, wat ook ’n mate van onafhanklikheid aan die reguleerder vir voorsorgtoesighouding sal voorsien en die vertroue in die regulering sal verhoog.571 ’n Noue verhouding word tussen die reguleerder vir voorsorgtoesighouding

en die sentrale bank gevestig; gevolglik sal dit die samewerking en kommunikering van relevante inligting tussen hulle verbeter.572 Alhoewel botsende belange tussen die

reguleerder vir voorsorgtoesighouding en die sentrale bank kan bestaan weens verskillende en afsonderlike funksies, sal dit waarskynlik intern opgelos kan word.573

Ook die benadering wat die jurisdiksies ten opsigte van die doel, funksies en plig van reguleerders volg rakend gekoördineerde samewerking, is ’n groot uitdaging en toon duidelike ooreenkomste en verskille.574 Die belangrikste lesse wat hieruit geleer word, is

dat die oogmerke en funksies van reguleerders duidelik in wetgewing bepaal moet word, sodat die jurisdiksiegebiede van reguleerders afgebaken word en potensiële oorvleueling of duplisering van regulering voorkom of ten minste beperk kan word.575 Wat finansiële

stabiliteit, betref kan die stabiliteitsmandaat van reguleerders in Suid-Afrika dalk versterk word, sodat hulle vir finansiële stabiliteit aanspreeklik gehou kan word.576

Verder is gekoördineerde samewerking tussen reguleerders noodsaaklik vir die suksesvolle toepassing van die Twin Peaks-model.577 Samewerking tussen reguleerders

moet as ’n plig ingevolge wetgewing opgelê word, want dan is dit makliker afdwingbaar en kan reguleerders daarvoor aanspreeklik gehou word.578 Alhoewel die afdwinging van

versterkte wetgewing en die funksionering van opgeleide personeel vir regulering

571 Schmulow 2015 JBFLP 164. Sien ook Schmulow 2015

https://papers.ssrn.com/sol3/papers.cfm?abstract_id=2625331. Sien ook Van Niekerk The role of the Central Bank in the Promotion and Maintenance of Financial Stability 59.

572 Di Noia en Di Giorgio 1999 International Finance 367. Sien ook Schmulow 2015

https://papers.ssrn.com/sol3/papers.cfm?abstract_id=2625331.

573 Carmichael, Fleming and Llewellyn Aligning Financial Supervisory Structures with Country Needs 59.

Sien ook Van Niekerk The role of the Central Bank in the Promotion and Maintenance of Financial Stability 59. Sien ook Llewellyn "Institutional Structure of Financial Regulation and Supervision: The Basic Issues".

574 Llewellyn "Institutional Structure of Financial Regulation and Supervision: The Basic Issues".

575 Godwin, Kourabas en Ramsay 2016 The International Lawyer 26; Godwin, Howse en Ramsay 2017

Journal of Banking Regulation 113. Sien ook Van Niekerk The role of the Central Bank in the Promotion and Maintenance of Financial Stability 346.

576 Van Niekerk The role of the Central Bank in the Promotion and Maintenance of Financial Stability 346. 577 Godwin, Howse en Ramsay 2017 Journal of Banking Regulation 114.

578 Godwin, Howse en Ramsay 2017 Journal of Banking Regulation 125. Sien ook Van Niekerk The role of

belangrik is, hang die sukses van die regulatoriese raamwerk in ʼn groot mate van die samewerking in die regulatoriese kultuur as geheel af.579

Geen regulatoriese raamwerk kan suksesvolle finansiële regulering waarborg nie en daar bestaan boonop ’n risiko van potensiële gebreke in die regulatoriese raamwerk.580 Juis

daarom moet jurisdiksies altyd op hoogte van enige ontwikkelinge bly en toets of finansiële stabiliteit binne ’n finansiële sektor gehandhaaf word.581

579 Carmichael, Fleming and Llewellyn Aligning Financial Supervisory Structures with Country Needs 3. 580 Schmulow 2015 JBFLP 172. Sien ook Van Niekerk The role of the Central Bank in the Promotion and

Maintenance of Financial Stability 351.