• No results found

5.2 MIKROVLAK-KONSTRUKTE

5.2.3 Blameer-die-slagoffer-perspektief

‘n Ander teorie onder die psigiatriese/psigo-patologiese model is die sogenaamde “slagoffer”-teorie, waarin die slagoffer hom/haarself blameer of blameer word vir die geweld. Gerrit het ambivalente gevoelens gehad oor wie die skuldige party in die geweldsinsidente was:

ER: Okay, hierdie is ‘n baie moeilike vraag om te vra, daar is eintlik twee van hulle.

Wie sal jy sê is die skuldige in hierdie geweldinsidente?

Gerrit: Ek wil nie sê skuldige nie, want dit lyk weer eens asof ‘n mens dalk in ‘n

oorlog betrokke is, of wat ookal. Dit is nie dat ek nie skuld het, of miskien het ek partykeer onsimpatiek of gevoelloos voorgekom teenoor haar. Maar hoe meer sy my gehammer het, hoe meer het ek net bly onttrek. Dit is die enigste manier wat ek geweet het hoe om te reageer. Want ek kan nie fisies reageer nie, so ek het net onttrek en myself begin besig hou en so aan. Maar ek is definitief nie die een wat konfrontasies begin het, of veroorsaak het nie. Ek het miskien ‘n bietjie

oorgereageer partykeer vir iets wat sy gesê het of gedoen, en so aan, maar dan het ek darem agterna probeer om te sê ek is jammer of ek was verkeerd, of iets van daardie aard.

Louis het soms die fout by homself gesoek en ander kere het dit tog gelyk of hy sy vrou wou blameer:

Ek het haar geglo en dit is hoekom ek laasjaar, nadat ek hierdie egskeiding-ding uitgeskryf het en ‘n prokureur wou gaan sien het en so aan, toe het ek mos gesê ek het nou hierdie oefening geloop, wat ek nou alles uitgehaal het om te kyk of dit nou werklik ek is wat die een is wat die skuld moet dra van hoe dit in daardie huis gaan, en my vrou se abuse, het sy rede om my te abuse en al sulke tipe van goeters

Ek het baie meer rede om van jou te skei as wat jy ‘n rede het om van my te skei. Toe sê sy vir my, nee, nee, ons praat nie nou daaroor nie. Ons sê net daarso die rede vir die skei is dat ons nie kan saamlewe nie. So, ek het ook al die indruk gekry dat daar iets in my vrou se lewe is wat sy vir my wegsteek. Iets wat sy nie wil hê ek

moet uitvind nie, so ‘n tipe van ding. Maar ek is so ‘n tipe van ou, ek werk op feite. As ek nie ‘n rede het om iets te glo nie, of as ek nie dit het wat – ek sal nie iemand sommer beskuldig en sê, jy weet, dit is verkeerd of dit is gedoen. Ek gaan op harde feite...

Philip is eweneens onseker oor die skuldige party, maar neig tog daarna om die aggressor te blameer:

ER: Hierdie is ‘n moeilike vraag. Wie sal jy sê is die skuldige wat hierdie insidente

veroorsaak? As sy nou op jou vloek, het jy haar getreiter?

Philip: Nee, glad nie. Kom ek sê vir jou dat die rede vir ons egskeiding, glo ek, is

sy, as gevolg van haar, soos ek vir jou gesê het, kom laat nagte by die huis, as ek haar bel laat nagte op haar selfoon, dan antwoord ander mans. Ek sou sê dit is die rede vir die situasie, want ek het daarop gereageer, ek het met haar gepraat daaroor en sy het blykbaar nie daarvan gehou nie. Wat daardie goed veroorsaak ek weet nie, eerlik. Daar het ewe skielik net so gesnap en haar gedryf tot so iets, ek weet nie. Dit is seker maar as gevolg van haar epilepsie of van haar toestand, ek weet nie wat dit is nie.

Anneke stel dit onomwonde dat die slagoffer onskuldig is:

ER: Wie sal jy sê is die skuldige wat hierdie geweldinsidente veroorsaak het?

Anneke: My ma.

‹ Wie is die skuldige party?

In antwoord op hierdie vraag het Gerrit ambivalente gevoelens gehad. Dit het voorgekom asof hy wou toegee dat ‘n saak twee kante het, maar het homself nie alleen geblameer vir die geweld nie. Louis en Philip het soortgelyke ambivalensie geopenbaar, maar het tog later geblyk die geweldenaar te blameer. Anneke het die skuld vir al die geweld onomwonde op haar ma (die geweldenaar) gepak.

‘n Ander element vir die slagoffer-teorie is dat slagoffers ‘n byna masochistiese genot put uit die mishandeling. Op ‘n vraag of hulle die geweld geniet, het die deelnemers as volg geantwoord:

ER: Hier is nog een van daardie moeilike vrae. Hou jy van hierdie mishandeling?

Gerrit: Onomwonde – nee.

ER: Jy weet daar is mense wat ‘n kick daaruit kry, want hy kry aandag, simpatie en

iets in daardie lyn.

Gerrit: Nee, ek soek dit glad nie.

daaruit put wat jy positief aanvaar? Hou jy van die aandag? Byvoorbeeld.

Louis: Hm, hm, nee!

Die eerste twee deelnemers het duidelik glad nie van die geweld gehou nie. Philip het ambivalent gevoel:

Philip: Nee, nee. Kom ek sê vir jou eerlik, ek het op ‘n stadium, eerlik, het ek gevoel

dat sy moet eerder net, as sy baklei met my, dit is beter as daai wat sy my heeltemal ignoreer, as wat sy maak asof ek nie bestaan nie. Dit is eintlik vir my beter as ons baklei, dan voel dit darem ‘n ou kry darem reaksie van haar kant af. Maar of ek

daarvan hou, dit is definitief nie so nie. Jy moet weet, elke keer breek dit ‘n ou net meer en meer af.

Anneke het gevoel haar pa het nie die mishandeling geniet nie, maar tog die meegaande simpatie geniet:

ER: Sou jy sê jou pa het van hierdie mishandeling gehou in die sin van dat hy

aandag kon kry, dat ‘n mens hom jammer gekry het?

Anneke: Ja, as ek eerlik moet wees, dan dink ek ja.

ER: Ja - kyk hoe slaan die vrou my en my kinders, kry my nou jammer?

Anneke: Ja, want kyk, my sussie het hom ingeneem, en sy het sy kant gevat. Ek

dink tog so, hoor.

‹ Geniet die slagoffer die mishandeling?

Gerrit en Louis het dit duidelik gestel dat hulle nie die mishandeling geniet nie. Philip het nie die mishandeling geniet nie, maar toegegee dat selfs ‘n gewelddadige reaksie van die

kant van sy vrou, beter was as wat sy hom ignoreer.

‹ Die waarde van die blameer-die-slagoffer-perspektief

Hierdie teorie skyn nie water te hou nie. Nie een van die slagoffers se geweldservarings word beskou as ‘n gevolg van hul persoonlike eienskappe nie en nie een van die slagoffers het masochistiese genot uit die geweldsinsidente geput nie.

‹ DIE WAARDE VAN MIKROVLAK- ANALISE: DIE