HOOFSTUK 5: Gevolgtrekking
5.2 Die 1964 Cillié-kommissie: sinopsis en sintese
5.2.3 Bewyse van onreëlmatighede teen SAW-offisiere en DV-beamptes
Kommandant Barnie van der Merwe se hofsaak in September 1963 was een van die sake
wat Cillié gebruik het om sy kommissie mee te begin. Teen die begin van die kommissie was Van der Merwe reeds deur ’n hof skuldig bevind en nie meer ʼn offisier in die SAW nie.28 Van der Merwe se vonnis het net ʼn boete behels. Gedurende sy hofsaak in September 1963 het hy, vreemd genoeg, nie getuig nie.29 Hy het wel voor die kommissie
van ondersoek getuig en verduidelik hoe hy omkoopgeld van wapenagente en verskaffers
verkry het. Van der Merwe se vonnis was relevant vir Cillié om die aandag weg van die
staat te lei en op individue te vestig.
Cillié fouteer egter. Hy het nie al die vermelde SAW-offisiere en DV-beamptes ook
uitgesonder as beskuldiges nie. Hier kan die vreemde gedrag van brigadier P.M. Retief
as voorbeeld genoem word. Sy gedrag was vreemd omdat hy so aangedring het op die
28 UJSB, P.M. Cillié, “Verslag van die kommissie van ondersoek insake beweerde onreëlmatighede
in die SAW en die DV”, 1964, 24, p 12, paragraaf 24.
29 UJSB, P.M. Cillié, “Verslag van die kommissie van ondersoek insake beweerde onreëlmatighede
toekenning van ʼn tender vir seinapparatuur aan Van Nieuwenhuizen en sy prinsipaal, Galileo.30
Cillié het min ag geslaan op beweringe en getuienis waarin senior SAW-offisiere en DV-
lede genoem was. Hier kan die geval van generaal-majoor Sybrandt Engelbrecht as
voorbeeld dien. Volgens Schwartz het Engelbrecht die wapenagente Nikolaas van
Nieuwenhuizen, Henry Jaboulay en Hans Sieger goed geken. Veral van laasgenoemde het hy, volgens Van der Merwe, ʼn bedrag geld as geskenk ontvang.31 Van der Merwe het Engelbrecht ook nie vertrou nie omdat Van der Merwe beweer het dat die generaal straks
ná sy bevordering begin het om homself uit kontrakte te verryk. Dit het geblyk onwaar te
wees. Van der Merwe het so geglo omdat die maatskappy waarvoor Engelbrecht se vrou
gewerk het, die tender gekry het om die SAW se uniforms te vervaardig.32 Indien Van der
Merwe se bewering waar was, sou dit dui op botsende belange. Van der Merwe se
afleiding was dat Engelbrecht sy posisie as generaal gebruik het om die kontrak ten
gunste van sy vrou se werkgewer te beklink. Dus mog hy as kommandant dieselfde doen.
Cillié was nalatig om nie die beweringe teen Engelbrecht verder te ondersoek nie. Cillié
se argument was dat die Engelbrecht-saak oor uniforms gehandel het en nie oor wapens
en krygstuig nie.33 Dit is geregverdig as ‘n regsstandpunt, maar laat ‘n wrang smaak van etiese nalatigheid.
30 UJSB, P.M. Cillié, “Verslag van die kommissie van ondersoek insake beweerde onreëlmatighede
in die SAW en die DV”, 1964, 24, pp 150 - 156, paragrawe 326 - 341.
31 UJSB, P.M. Cillié, “Verslag van die kommissie van ondersoek insake beweerde onreëlmatighede
in die SAW en die DV”, 1964, 24, pp 215 - 216, paragrawe 455 - 458.
32 UJSB, P.M. Cillié, “Verslag van die kommissie van ondersoek insake beweerde onreëlmatighede
in die SAW en die DV”, 1964, 24, p 216, paragrawe 459 - 460.
33 UJSB, P.M. Cillié, “Verslag van die kommissie van ondersoek insake beweerde onreëlmatighede
119
Met sy kommissie van ondersoek wou Cillié die eer van die SAW en die DV herstel. Cillié
skryf in sy verslag:
...sodat die Kommissie kan besluit of hierdie bewerings gegrond is en of hulle van alle waarheid ontbloot is. Slegs so kan die agterdog verwyder word en kan die Weermag weereens die trots van die volk word, nie alleen weens sy durf nie maar ook weens sy onkreukbaarheid...34
Soos vermeld, kon Cillié hierdie oogmerk bereik deur die fokus op spesifieke individue te
plaas. Wat hy nie kon doen nie, was om die media en die Volksraad se menings oor die
beweringe te beïnvloed. Schwartz se beweringe was ondersteun deur spesifieke
koerantberigte en deur die hofsake van September 1963.35 Navrae en debatte uit die
Volksraad en Senaat het verdere aandag op die beweringe geplaas.36 Alhoewel die
Nasionale Party kon staatmaak op Cillié se samewerking, het die beweringe ongetwyfeld
die DV en SAW in ʼn verleentheid gestel. As bewys dat die Verwoerd-regering enige bewering oor omkopery en bedrog sou hanteer, was die verklaring van ʼn kommissie van ondersoek ʼn goeie strategie om te volg. Sodoende kon die amptelike parlementêre opposisie, die Verenigde Party, nie die regering van enige apatie ten opsigte van bedrog
in die DV en SAW beskuldig nie. Dit blyk wel dat die 1964 Cillié-kommissie nie daarin kon
slaag om bedrog met militêre aankope te stuit nie.
34 UJSB, Anoniem, “Kommissie van ondersoek na beweerde onreëlmatighede in die SAW en die
DV”, 1964, 1, p 2.
35 Sien byvoorbeeld Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag Argief (hierna SANWA), Fouché
Versameling, Houer 180, Groep 1, Lêer DC. 17850/467. Anon, “Offisier summier verhoor: Pers en Publiek nie toegelaat nie”, Die Transvaler, 18 September 1963.
36 Sien byvoorbeeld RSA Hansard, Debates of the House of Assembly, 17 January to 28 June
ʼn Jaar later was daar steeds beweringe oor onreëlmatige aankope deur die DV in die Volksraad. Die Verenigde Party se Volksraadslid vir Simonstad, mnr. Vause Raw, het
Fouché op 21 Mei 1965 gevra:
(1) Of sy Departement onlangs betrokke was in ʼn siviele geding waarin ʼn werknemer van ʼn Weermagsinstituut betrokke was
(2) Of ʼn leweransier van toerusting aan die Weermag ook in dié geding betrokke was
(3) Of sy departement stappe gedoen het om ʼn aansoek te laat doen met betrekking tot die wyse waarop die verhoor van die saak gehou moet word.37
Fouché het kortliks geantwoord dat sy departement wel onlangs betrokke was in ʼn saak waar die vervaardigers van pantservoertuie kommissie aan ʼn DV-werknemer betaal het. Die vervaardiger was Henschel (Diesel Truck), ook bekend as Austral Holdings.
Toestemming tot openbaarmaking van die saak sou nie gebeur nie omdat Fouché van mening was dat dit ʼn voorreg van die staat was om die inligting geheim te hou.38 ʼn Klousule was in die kontrak met Henschel (Diesel Truck) ingeskryf waarin voorsiening
gemaak was vir die geheimhouding van die kontrak se inhoud. Indien enige verhoor sou
plaasvind, moes die saak in camera behandel moes word.39