• No results found

Die taalsillabusse vir st. 5 - 10 stel die onderrig van Afrikaans op 'n gedifferen- sieerde wyse, volgens vermoe en aanleg van die leerling ten doel. Die leerling moet leiding gegee word om sy luister-, praat-, lees- en skryfvaardigheid so te bevorder dat opdragte korrek uitgevoer en die taal vlot gebruik sal word.

Die leerling moet gelei word om skerpsinnig te luister, opdragte en mededelings goed te begryp en intelligent te reageer. In die onderrig van Afrikaans Eerste Taal staan vaardigheid voorop. Uiteraard gaan dit nie soseer om verwerwing nie, dog om die verfyn-

ing van die moontlikheid om taal as doel- treffende ekspressie- en kommunikasiemiddel te gebruik (Swart, Kruger & Honck, 1986:76). Die mondelinge stelvaardigheid of kommuni- kasievermoe moet sodanig bevorder word dat die leerling logiese mededelings kan maak en oor verskeie onderwerpe vlot kan praat. Deur die leesvaardigheid te verbeter, sal die leerling nie net in staat wees om gemak- lik te lees nie, maar ook veel makliker te leer en word die ander vaardighede daardeur verskerp.

Al die vaardighede waaroor die mens beskik word in die skryfvermoe weerspieel. Pro- bleme en uitvalle wat in die ander vaardig- hede bestaan, word in die skryfvermoe weer- spieel. Swak sig, ruimtelike disorientasie of onderontwikkelde persepsie kan aan die leerling se skrif en skryfvermoe gesien word. Sodanige probleme kan deur oefening, inoefening en remedierende oefeninge ver- beter of selfs uitgeskakel word. Op hierdie wyse kan seker gemaak word dat die leerling aan die einde van sy skoolloopbaan sodanig toegerus is dat hy nie alleen kennis dra van en insig in basiese taalwetenskaplike en literatuurwetenskaplike feite het nie, maar dat hy oor ' n toereikende taalgebruiksmoont- likheid beskik, in so 'n mate dat hy taalge- bruiksituasies denkend en redenerend kan beheers.

Die doelstellings van die onderrig van Afrikaans Eerste Taal het 'n pragmatiese inslag in die sin dat alles op die funk-

sionele en mildelike gebruik van die taal gerig is. Taalonderrig is dus nie net 'n oordrag van strukturele elemente nie, maar die inoefening van bedrewenhede wat betrek- king het op die doeltreffende gebruik van Afrikaans as uitdrukkings-, kommunikasie- en skeppingsmedium (Swart, Kruger & Honck, 1986:76). Webb (1991:10-11) brei hierop uit deur daarop te wys dat 'n pragmatiewe inge-

steldheid in die skoolsillabus 'n gekon- tekstualiseerde taalonderrig sal meebring^ sinsontleding binne gebruikskontekste sal plaas, die spreker se doel met taalvorme aangespreek sal word en die taalleerprogram as taal-in-gebruik onderrig sal word.

3.2.3 DIE ONDERWYSER EN DIE SILLABUS

Een van die kriteria vir kurrikulering is dat die onderwyser deur voorgraadse- en indiensopleiding daar- toe in staat moet wees om die inhoud soos in die silla- bus verskyn toereikend te kan beheers. Deur opleiding en ervaring kom die onderwyser inderwaarheid in besit van kennis wat dit moontlik maak om die bepaalde in- houde wat in die sillabus opgeneem is vir die kind sin- vol te kan interpreteer (Van der Stoep & Louw, 1976:319-320; Van der Walt, 1988:52). Dit is duidelik dat die onderwyser die inhoud didakties en vakdidakties met gesag moet kan hanteer, met ander woorde dat die onderwyser die verskillende didaktiese metodes, onder- wyshulpmiddels, evalueringsmetodes en leerstoforde- ningsprinsipes met insig en kreatiwiteit in die lessituasie kan interpreteer. Van die onderwyser word dus verwag om beide die items in die sillabus sowel as metode van onderrig en die behoeftes van die leerling in gedagte te hou by die beplanning van inhoudoordrag.

Die st. 10-sillabus vir Afrikaans Eerste Taal (1987:3) stel dit duidelik dat die onderwyser nie buite die sil- labus vir 'n spesifieke standerd moet werk nie en "streng (moet) hou by die detail en afbakening van die leerstof vir elke standerd soos verder in die sillabus- se uiteengesit". Vakkomitees het al verskeie kere ge- waarsku teen die oorskryding van sillabusinhoude van 'n betrokke standerd omdat dit die taak van die taalonder- wyser in die volgende standerd bemoeilik om leerling- betrokkenheid by die vakinhoud te verseker. In hierdie opsig behoort beter skakeling tussen st. 5 Afrikaans en die aanbieding van Afrikaans in die junior sekondere fase te bestaan, omdat 'n voortreflike st. 5 Afrikaanse onderwyser/es wat buite die st. 5-sillabus werk 'n ver- veelde st. 6-leerling en gefrustreerde st. 6-Afrikaanse onderwyser/es tot gevolg het. Die inhoud van die sil- labus moet as 'n eenheid van st. 5 - st. 10 behandel word omdat die sillabus so gestruktureer is dat die onderrig vanaf st. 5 tot skoolverlating 'n progressief- opbouende proses is (Bosman, 1987:28).

Dit is van kardinale belang dat 'n spesifieke standerd se leerinhoud nooit in isolasie gesien moet word nie. Dit is die taak van die Afrikaanse onderwyser om nie net kennis te dra van die sillabusinhoud vir die be- trokke standerd waarvoor hy verantwoordelik is nie, maar hom ook te vergewis van die items van sillabusse van die vorige en daaropvolgende standerds. Werkskema- beplanning vir die bepaalde standerd moet rekening hou met die afgehandelde werk uit die vorige standerd waar- op voortgebou kan word. Dit sal die probleem uitskakel dat die st. 5-taalonderwyser inhoud behandel wat eint- lik in st. 6 of selfs st. 7 hoort, of dat-vakinhoud wat reeds in st. 7 deel van die onderrig moet uitmaak eers in st. 8 of 9 behandel word.

st. 5 tot en met st. 10 te skep, sal die skoolverlater na st. 10, wat sy moedertaal betref, oor 'n taal- en kommunikasievaardigheid en oor 'n emosionele, kulturele en intellektuele ontwikkeling beskik wat horn in staat stel om as volwassene sy plek in die samelewing vol te staan.

GEiNTEGREERDE TAALONDERRIG

Die sillabus vir taalonderrig le klem op 'n gein- tegreerde lesaanbieding en beveel aan dat die les- doelwitte 'n spesifieke les kan tipeer, maar dat aktiwiteite uit verskeie taalkomponente gebruik moet word om die lesdoelwitte effektief te verwesenlik. Widdowson (1978:144) ondersteun geintegreerde onderrig veral as die doel van taalonderrig die bevordering van die interpretasievermoe is. Hy vat sy standpunt soos volg saam: " what the learner needs to know how to do is to compose in the act of writing, comprehend in the act of reading, and to learn techniques of reading by writing and techniques of writing by reading". Hieruit blyk dit dat die onderwyser eerder die leerling se praat-, luister-, lees-, en skryfvaardighede as die vakkomponente in onderrig en toepassingsoefeninge moet integreer (Beukes, 1991:26). Op hierdie wyse sal die leerling meer volledig toegerus wees vir eksamenvrae- stelle wat op 'n geintegreerde wyse saamgestel is. Hier word gedink aan die st. 1O-eindeksamenvraestelle wat sedert November 1990 veral die taalvaardighede van die kandidaat toets.