• No results found

Belhar en die ekumeniese strewe binne Suid-Afrika

Die Strewe na Ekumene sonder Dwang

9.3 Belhar en die ekumeniese strewe binne Suid-Afrika

Met inagneming van die positiewe reaksie wat die Belydenis van Belhar tot dusver in die buiteland behaal het, tree Adonis nou na vore en toon ’n radikale ander prentjie as dit kom by die strewe na ekumene en die aanvaarding van Belhar binne Suid-Afrika. In sy artikel getiteld The History of Belhar meld Adonis dat slegs twee kerke nl. die NGSK en die NGKA tot dusvêr die Belydenis van Belhar aanvaar het. Geen ander kerk binne die NGK-familie het so ’n positiewe reaksie getoon nie (Adonis 2006:238). Die groot vraag wat reguit en pertinent gevra moet word, is, waarom? Waarom is daar soveel teenkanting rondom Belhar? Wat is die redes wat veroorsaak dat die strewe na ekumene tans binne die kerke van Suid-Afrika so bedruk en verduisterend voorkom en hoe dra die Belydenis van Belhar hiertoe by?

Dit is hier waar De Beer en Van Niekerk tot die dialoog toetree en ’n paar baie belangrike antwoorde kom bied op bogenoemde vrae. In hulle artikel getiteld: Die

123

eerstens twee aspekte uitgelig wat tans besig is om toe te neem binne die kerk, veral met verwysing na die NG Kerk (De Beer 2009:50):

 Met verwysings na die konsultasieproses in 2007 en talle debatte soos dit in die Kerkbode oor die jare verskyn het, word duidelik gemerk dat die gesprekke rondom die aanvaarding van die Belydenis van Belhar besig is om menings en gevoelens oor die belydenis te polariseer. Soos die tyd verloop, is die tekens al hoe meer sigbaar dat daar twee groepe begin ontstaan. Aan die een kant is hulle wat ten gunste is van die idee dat Belhar aanvaar word as vierde belydenisskrif. Aan die ander kant weer is daar lidmate wat nie ten gunste is van Belhar se aanvaarding nie. Beide hierdie groepe is teenwoordig in die NG Kerk-familie(De Beer 2009:50) .

 Tweedens, vandat gesprekke rondom eenwording binne die NG Kerk-familie begin is, is die Belydenis van Belhar tot en met die hede gedurigdeur beskou as dié struikelblok wat in die weg staan van eenheid (De Beer 2009:50).

Van der Linde beaam bogenoemde twee punte en voeg by dat die gevolg hiervan is dat die eenwordingsproses nie net tot ’n “slakkepas” vertraag is nie, maar daartoe gelei het dat herenigingsproses in ‘n “impasse” beland het (Van der Linde 2002:250-253). Dit alles omdat die VGKSA by die ander lede van die NG Kerk-familie aandring dat die Belydenis van Belhar aanvaar word as vierde Belydenisskrif alhoewel vele dit tot en met die hede nog nie wil aanvaar nie. Dit is hier waar De Beer en Van Niekerk vra maar waarom nie? Waarom het die herenigsproses weens hierdie aandrang van die VGKSA tot stilstand gekom? Hierby voeg hulle nog twee kardinale vrae by (De Beer 2009:51):

 Is dit werklik die Belydenis van Belhar wat besig is om lidmate van die NG Kerk- familie te polariseer? en

 Is dit werklik die Belydenis van Belhar wat ‘n struikelblok vorm in die strewe na eenheid?

Voordat daar voortgegaan word met die dialoog is dit belangrik om te noem dat hier nie ’n oordeel gevel word aangaande die Skrifgetrouheid van die Belydenis van Belhar

124

en/of die status van Belhar as belydenis nie. Dit is reeds in die vorige hoofstukke bestudeer. In hierdie hoofstuk word aanvaar dat die Belydenis van Belhar deur die NGSK opgestel is en ook so deur hulle in 1986 aanvaar is. Binne hierdie hoofstuk word daar spesifiek daarop gefokus om te bepaal of daar enige ander sentimente, menende aspekte wat geensins met die inhoud van Belhar te make het nie, die strewe na ekumene, veral met die VGKSA, beïnvloed. Die vraag is nou: Is daar sulke sentimente? De Beer en Van Niekerk meld dat die inhoud van Belhar, met veral klem op die artikels aangaande eenheid en versoening, daarna streef om gelowiges byeen te bring. Die probleem wat egter nou na vore tree is dat vele van mening is dat hierdie belydenis mense polariseer. Hoe kan dit wees? Hoe kan ’n belydenis wat handel oor eenheid en versoening mense polariseer? Dit vorm ’n teenstrydigheid met die terminologie! (De Beer 2009:51). Dus kan dit nie Belhar self wees wat mense polariseer nie. Dit moet iets anders wees. Die vraag is wat? De Beer en Van Niekerk noem drie aspekte wat na my mening nie net duidelik uitstaan nie, maar ook ’n groot mate van dapperheid benodig om te erken.

 Die eerste sentiment strek terug in die geskiedenis tot die WBGK se aankondiging van ’n status confessionis in 1982 wat ook tot die skorsing van die NGK uit hierdie wêreldliggaam van Gereformeerde kerke tot gevolg gehad het. Die ontstaan van die konsepbelydenis word beskou as ’n direkte uitvloeisel van hierdie status confessionis, soos dit ook deur Gustav Bam voorgestel is. Gepaard met hierdie status confessionis het die besluit wat in 1978 geneem is, dat apartheid sonde is, meegebring dat die NGSK “...nie anders kan as om met die diepste leedwese die NG Kerk van teologiese kettery en afgodery te beskuldig nie” (NG Kerk 1982:1074).

Hierdie beskuldiging van kettery en afgodery teenoor die NGK het daartoe gelei dat dit die NGK diep gesny het en mense ongelooflik seergemaak en verneder gevoel het. De Beer en Van Niekerk verwys na ’n ware verhaal soos vertel deur Naudé aangaande ’n leraar se emosies nadat hy hierdie nuus ontvang het: “Ek het die Here Jesus lief. Vakansietye preek ek al jare lank in die Sendingkerk

125

naby ons vakansiehuis. Is ek nou ’n ketter?” (De Beer 2009:52). Hierdie dien maar as een voorbeeld van vele ander aangaande hoe mense binne die NGK diep geraak is deur hierdie aantygings.

De Beer en Van Niekerk gaan verder en meld dat baie persone hierdie beskuldiging ernstig en persoonlik opgeneem het en dit gevolglik ook die verhouding met die NGSK baie negatief beïnvloed het. Volgens De Beer en Van Niekerk vorm dit die eerste sentiment nl. “dat Belhar aan die emosies rondom die aanklag van kettery en afgodery gekoppel word” (De Beer 2009:52).

 ’n Twee sentiment wat De Beer en Van Niekerk uitlig, handel rondom Allan Boesak en die sogenaamde bevrydingsteologie wat deur lidmate van die NGK aan die Belydenis van Belhar gekoppel word. Dit was Boesak wat die saak teen die NGK by die WBGK tydens hul vergadering in Ottawa gaan voer het, met die gevolg dat hy ook as voorsitter van die Bond verkies is omdat hy sterk op die voorgrond getree het teen die apartheidsbeleid. Volgens De Beer en Van Niekerk maak beide Eloff en Conradie summier die afleiding dat Belhar “dus duidelik die vrug van die struggle-politiek en bevrydingsteologie is” (De Beer 2009:52). Omdat hierdie aspek rondom die sogenaamde bevrydingsteologie reeds in die vorige hoofstuk bespreek is, gaan hier nie verder ingegaan word op die onderwerp nie.

 Derdens meld De Beer en Van Niekerk dat die simboliese betekenisse wat aan die Belydenis van Belhar gekoppel word ook ’n groot rol speel en so ’n belangrike sentiment vorm wat nie misgekyk kan word nie. Dit toon ’n beeld van vernedering asook ’n seerkry-belewenis waardeur die VGKSA gedurende die apartheidsera moes gaan. Vir die VGKSA vorm hierdie belydenis in ’n mate ‘’n bevestiging van hul menswaardigheid. Dus, sou die NGK hierdie belydenis aanvaar, “beteken dit dat die NGK aan die VGK respek betoon as kinders van God” (De Beer 2009:52).

Volgens De Beer en Van Niekerk vorm hierdie drie sentimente die kernredes waarom polarisasie binne die NG Kerk-familie, veral binne die NG Kerk self nie net ontstaan het

126

nie, maar steeds geleidelik bly toeneem. Of dit in lyn is met die Skrif of met die ander belydenisskrifte vorm slegs randsake. Hierdie drie aspekte vorm die kernprobleem waarom die ekumeniese strewe platval.

Na my mening kon De Beer en Van Niekerk die spyker nie beter op die kop geslaan het nie deur na hierdie drie sentimente nl. die assosiasie van Belhar (met die aanklag van kettery en afgodery), die omstrede persoon van Allan Boesak en die simboliese koppeling tot die Belydenis van Belhar te verwys as redes vir polarisasie binne die NG Kerk nie.

Ek moet egter met groot respek byvoeg dat bogenoemde drie redes, na my mening, nog nie volkome die kern van die probleem vorm nie. Ja, die drie sentimente soos uitgelig deur De Beer en Van Niekerk laat ’n mens in die regte rigting kyk om antwoorde te vind aangaande die ekumeniese kwessie, maar dit toon nog nie ten volle die diepere wese van die probleem nie. Dit is hier waar ek graag nog twee ander elemente wil byvoeg wat volgens my daarmee saamgaan om so die hart van die probleem te vorm:

 Die eerste aspek handel aangaande die destydse staatsbeleid van apartheid. ’n Gebeurtenis wat deur vele beskou word as ’n siekte wat ons land asook sy menseverhoudinge getref het. Alhoewel vele reeds van hierdie ernstige siekte genees is, het dit by ander egter vererger tot op kroniese vlak. Apartheid is nog geensins iets van die verlede nie. Simptome hiervan is nog duidelik te vinde in ons land. Kyk maar na die hoeveelheid blanke kerke wat nog nie ten gunste daarvan is dat ander rasse hul eredienste mag bywoon of hul geboue mag gebruik nie of die woorde van die lied: “Kill the farmer, kill the boer” soos gesing deur Peter Mokaba. Dit is maar slegs twee van vele voorbeelde van hierdie kroniese siekte wat tans nog in Suid-Afrika teenwoordig is. Suid-Afrika het nog nie vrede gevind rondom hierdie aspek nie. Dit is ’n gebeurtenis wat oor die verloop van jare diep in die menswees van die blanke en nie-blanke ingegraveer is. Vele blankes beskou hulself nog steeds as die oppergesag terwyl die nie- blanke steeds met ongeneesde oop wonde van vernedering en onderdrukking rondloop. Daar heers nog baie woede en ’n mens kan hulle wat nog kwaad is nie verkwalik nie. Dit is ’n gebeurtenis wat 30 jaar terug eers beëindig is. Hoeveel

127

ouer blankes het ek nie al teëgekom wat nog steeds met woede en haat teenoor die Engelse rondloop as gevolg van die Anglo-Boereoorlog wat meer as honderd jaar terug plaasgevind het. Emosionele seer kan genees, maar dit neem tyd. Dieselfde kan gesê word van apartheid.

Gepaard hiermee wil ek egter byvoeg dat ek groot waardering het vir die feit dat die VGKSA besluit het om ’n belydenis vir hulself te formuleer. In 1981 het Boesak volgens Strauss, voor die Alliance of Black Reformed Christians in South

Africa gemeld dat: “I indeed believe that black Christians should formulate a

Reformed confession for our time and our situation in our own words” (Strauss PJ 2011:6). Ek beaam hierdie uitspraak van Boesak ten volle. Deur die opstel van Belhar het die onderdrukte weer belangrik begin voel, het hy nuwe motivering ontvang om as landsburger binne Suid-Afrika te leef, het hy sy menswaardigheid teruggeneem wat vele jare vantevore van hom weggeneem is. Maar, hierby gesê, omdat een vrug ryp is en gepluk moet word voordat dit vrot, beteken nie dat al die ander vrugte aan die boom al ryp is nie. Dieselfde kan gesê word van Suid-Afrika se landsburgers, asook sy kerke. Die tyd was ryp vir ’n belydenis binne die VGKSA, maar die tyd is nog nie ryp vir hierdie belydenis om oor te vloei na die ander lede van die NG Kerk-familie nie. Veral met inagneming van die aanklag van kettery en afgodery teenoor die NGK, is die groei- en genesingsproses onder NG Kerk-lidmate geweldig vertraag en het dit nog ‘n baie lang pad om te loop.

 Dit bring my by die tweede aspek wat ek graag wil uitlig en dit handel oor die gesindheid waarmee die VGKSA die NGK versoek om die Belydenis van Belhar te aanvaar. Vele NGK lidmate voel dat dit op hulle afgeforseer word om dit te moet aanvaar soos vervolgens ook verder binne die dialoog bespreek gaan word. Soos reeds genoem, neem emosionele genesing tyd. Dit is nie iets wat afgeforseer kan word nie. Dit help nie ’n mens probeer die groen vrugte ryp druk nie. Dit werk nie so nie. Dit is waarom daar steeds groot teenkanting binne die NGK teenwoordig is rondom die aanvaarding van Belhar. Dit is waarom daar

128

tans apartheid, menende polarisasie, binne die kerk heers. Nie almal is emosioneel gereed vir so ’n voorwaartse beweging nie. Die afdwinging van die aanvaarding van Belhar veroorsaak dat die historiese apartheid ’n hedendaagse apartheid binne die NGK veroorsaak het.

In Engels is daar ’n baie bekende gesegde wat soos volg lui: Time heals all

wounds. Dit is volgens my ook van toepassing as dit kom by die oproep vanaf die

VGKSA. Tyd vir volkome genesing is nou eers nodig voordat verder gepraat word oor Belhar en kerkhereniging.