• No results found

HOOFSTUK 3: VRYHEID EN MENSWAARDIGHEID

3 Vryheid en menswaardigheid in ander regstelsels

3.1.5 Belang vir die Suid-Afrikaanse Reg en vir die studie

Daar moet in ag geneem word dat, anders as die Amerikaanse Grondwet, die Suid-

Afrikaanse Grondwet die verhouding tussen grondwetlike regte en die

besluitnemingsbevoegdheid van die staat pertinent reёl. Ingevolge die Suid-Afrikaanse

Grondwet is die Handves van Regte die hoeksteen van die demokrasie in Suid-Afrika.

Dit verskans die regte van alle mense in die land en bevestig die demokratiese

209 Bernstein 2003-2004: 56. 210 Bernstein 2003-2004: 57. 211 Bernstein 2003-2004: 50.

waardes van menswaardigheid, gelykheid en vryheid. Dit is op die totale reg van toepassing en bind die wetgewende, uitvoerende en regsprekende gesag en alle staatsorgane, asook uitdruklik, waar toepaslik, natuurlike- en regspersone. Die staat moet die regte in die Handves van Regte eerbiedig, beskerm, bevorder en verwesenlik en dié regte is onderhewig aan die beperkings in artikel 36 of elders in die Handves vervat. Sou die demokratiese regering wetgewing daarstel wat inbreuk op individuele grondwetlike regte, insluitende sosio-ekonomiese regte, maak, sal ingevolge artikel 36 beoordeel word of die wetgewing die toets van grondwetlikheid slaag al dan nie.212 Soos later in hierdie hoofstuk aangetoon sal word, onderskryf die Suid-Afrikaanse

Grondwet liberaal-demokratiese grondwetlike beginsels. Uit hierdie perspektief is die

Amerikaanse debat met betrekking tot balans tussen die outonomie van die vry individu en die demokratiese doelwit van die staat om die openbare belang te bevorder, relevant. Anders as die Amerikaanse Grondwet verskans die Suid-

Afrikaanse Grondwet egter ook positiewe sosio-ekonomiese regte. Die implikasie is

dat die grondwetlike idee van vryheid nie klassiek-liberalisties is nie en dat teorieё van vryheid wat positiewe regte akkommodeer, van toepassing is. Hierdie onderskeid is van ewe groot belang wanneer die vryheidsidee in die Suid-Afrikaanse Grondwet met verwysing na die Amerikaanse liberalisme geёvalueer word.

Daar is aangetoon dat volgens die Amerikaanse grondwetlike siening demokrasie die manifestasie van die vryheid van keuse is. Met hierdie uitgangspunt is die volgende waarneming van Tribe insiggewend deurdat dit ʼn genuanseerde fokus op die begrip openbare belang plaas. Volgens hom is ʼn spesifieke element van die Lochner- uitspraak deurlopend gehandhaaf, naamlik dat wetgewers in hulle regulerende hoedanigheid altyd openbare doelwitte moet bevorder, en dat hierdie vereiste die bevordering van ʼn wisselende somtotaal van privaatbelange deur middel van die politieke proses oorheers. Hierdie benadering is in teenstelling met die idee dat daar geen ander openbare belang as die vermelde somtotaal van privaatbelange bestaan nie. Volgens Tribe is selfs wanneer die howe wetgewing gehandhaaf het, die eersgenoemde beginsel beklemtoon deur aan te toon dat die wetgewing ʼn uitoefening

212 Currie & De Waal 2005: par 3.1-3.3(b), par 7.1(a); Cheadle et al 2002: par 3.1-3.4, hoofstuk 30;

van oordeel was en nie ʼn arbitrêre vertoon van mag nie. As voorbeeld noem hy die juridiese motivering vir wetgewing wat aan werknemers toestemming verleen het om vir die koste van hulle werkgewers hulle diens op stemdag te verlaat om te gaan stem, naamlik dat dit stemreg beveilig het.213

Dit is duidelik dat van die wetgewer vereis kan word om te motiveer dat regulering inderdaad die openbare belang dien. ʼn Deurlopende tema in die kritiek op Lochner is dat die klassiek-liberalistiese klem wat op kontrakteervryheid as normatiewe waarde geplaas is, en die verdoeming van die legitimiteit van die betrokke regeringsdoelwit deurdat die Hof nie die heersende ekonomiese omstandighede en politieke werklikhede by ʼn substantiewe beoordeling van die rasionaliteit of redelikheid van die regeringsdoelwit in ag geneem het nie, die demokratiese beginsel bedreig het. Die effek van hierdie bedreiging was in die ekonomiese omstandighede van die tyd polities verreikend. Lochner kan teen hierdie agtergrond as ʼn waarskuwing beskou word dat ook binne ʼn liberalistiese grondwetlike bedeling respek vir die staat se demokratiese opdrag om rasionele regeringsdoelwitte in die openbare belang te bevorder, betoon moet word. 214

Uit ’n ander perspektief, met inagneming van die faktore wat gelei het tot die omvattende negatiewe reaksie teen Lochner wat hierbo bespreek is, asook met inagneming van die feit dat die Suid-Afrikaanse reg geen kunsmatige onderskeid met betrekking tot ekonomiese regte maak nie,215 is die volgende prinsipiёle stellings in

Lochner en in ander sake wat met kontrakteervryheid gehandel het, egter wel

spesifiek relevant en insiggewend.

Die uitsprake in Lochner sowel as in Adkins, Meyer, West Coast Hotel en Coppage gee erkenning aan kontrakteervryheid as inbegrepe by die grondwetlike reg op persoonlike vryheid. In daardie sake waar suksesvol geargumenteer is dat die wetgewing op die beskerming van partye wat as gevolg van ʼn minderwaardige onderhandelingsposisie aan uitbuiting blootgestel is, gerig is, is die inbreuk van die wetgewing op die kontrakteervryheid van individue wat daaraan onderwerp is, op

213 Tribe 1999:1365.

214 Woolman et al 2008: 40-17.

daardie basis bekragtig. In Lochner waar bevind is dat die betrokke werknemers binne die marksituasie waarin hulle gefunksioneer het, bevoeg was om ooreenkomstig hulle eie onafhanklike oordeel op te tree en hulle regte te handhaaf, is bevind dat die inbreuk op hulle vryheid om te kontrakteer onredelik, onnodig en arbitrêr was en derhalwe in konflik met die Grondwet. Dieselfde standpunt is in die minderheidsuitspraak in West Coast Hotel ingeneem. Anders as in die meerderheidsuitspraak, was Sutherland R se uitgangspunt dat vroue as potensiёle kontrakspartye nie meer beskerming as mans nodig het nie, en dat wetgewing wat minimumlone vir vroue daarstel derhalwe arbitrêr, diskriminerend en onkonstitusioneel is.

Die interpretasie in sake soos Roe v Wade en Washington v Glucksberg dat grondwetlike vryheid verhoogde beskerming teen inmenging met fundamentele regte bied, asook die ontwikkeling van ʼn streng hersieningsmaatstaf wat vereis dat ʼn beperking van fundamentele regte nougeset ontwerp moet wees om ʼn dwingende staatsbelang te dien, is ook relevant. Daar sal naamlik aangetoon word dat die beperking wat die ter sake maatreёls plaas op die vryheid van werknemers om langer ure te werk, onder andere hulle menswaardigheid en gelykheid aantas. Ingevolge die vermelde beginsels sou die streng maatstaf dus van toepassing wees, en sou die relevante vrae wees of die ter sake maatreёls dwingend noodsaaklik is, en noukeurig ontwerp is, om persone wat aan uitbuiting blootgestel is, in die openbare belang te beskerm.

In die konteks van die studie sal uit die voorafgaande bespreking stawing gevind kan word vir ʼn stelling dat inbreuk op die vryheid van werknemers en werkgewers om kontrakte te sluit, ongrondwetlik sal wees, indien die inbreuk nie vereis word ingevolge die staat se plig om, met inagneming van die relevante werklikhede, ʼn vry demokratiese bestel in stand te hou nie.

3.2 Die Duitse Reg