• No results found

Vervolgens 'n uiteen= setting van die studieprogram

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Vervolgens 'n uiteen= setting van die studieprogram"

Copied!
6
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

H 0 0 F S T U K

PROBLEEMSTELLING, DOEL EN METODE VAN ONDERSOEK

1.1 !NlEIDING

In hierdie hoofstuk word die probleem van ondersoek breedvoerig bespreek en die doel duidelik geformuleer. Die aandag word verder gevestig op die omvang van die studie, die behoorlike begrensing daarvan en die metode van ondersoek wat gevolg sal word in die soeke na 'n oplossing vir die probleem. Vervolgens 'n uiteen=

setting van die studieprogram.

1.2 PROBlEEMSTElllNG

Van die hedendaagse probleme in die onderwys, is daar onder andere die volgende twee wat indringende ondersoek verg, naamlik eerstens om voldoende, geskikte rekrute vir die onderwys te werf en tweedens om veral genoeg mansrekrute vir die onderwys te werf. In 1975 het 2 539 onderwysers die diens van die Transvaalse Onderwysdepartement verlaat en in 1976 het 1 132 toegetree tot die onderwys, 1 407 minder onderwysers as in 1975 (Claassen, 1976, p. 15). Van die onderwysers wat die diens verlaat het, was 433 mans wat bedank het teenoor die 81 mans wat as verbintenisstudente aan die universiteite afstudeer het en in 1976 tot die onderwys sou toetree.

Dr. A. L. Kotzee (1973, p. 9) 'n vorige direkteur van die Transvaalse Onderwys=

departement se in 'n toespraak op 28 April 1973 "Die sekondl!re skool, sel fs die Koed-skole het 'n tradisie van 'n meerderheid mansonderwysers. Hierdie ver=

houding is reeds erg versteur". Met sy verkiesing tot voorsitter van die Trans=

vaalse Onderwysersvereniging het Terblanche (1976, p. 5) verklaar " ... dat die weerbaarheidsprogram in die skole nie sal slaag nie, omdat daar 'n toenemende gebrek aan voldoende toepaslike opgeleide onderwysers bestaan". Kruger se bewe=

ring sluit hierby aan ashy sE\: "Dit is veral die wegvloei van mans uit die onder=

wys wat veroorsaak dat die manlike gesagsfiguur uit die skole verdwyn. Dit laat 'n groot leemte in veral die adolessent se opvoeding" (Kruger, 1975, p. 6).

(2)

Daar is geweldig baie op die spel met die opvoeding en onderwys van die jeug.

'n Volk se waardevolste besitting, die kind, moet i11111ers na waarde geskat en daar=

volgens opgevoed word. Verpligte onderwys tot op 'n sekere ouderdom is noodsaak=

lik, want die algemene vooruitgang verg dat die volwassewordende jeug deur bekwame, opgeleide volwassenes (onderwysers) tot volwassenheid opgevoed moet word, sodat hulle as Christene, vry, selfstanddig, maar oak verantwoordelik kan optree en oak hulle roeping kan ve rvul (kyk paragraaf 1.2. 2 verderaan).

1.2 .1 Die doel van hierdie ondersoek

Die besondere doel van hierdie ondersoek is om te besin oor die waarde van die man in die onderwys en om te probeer vasstel watter faktore by matriekseuns 'n posi=

tiewe of negatiewe invloed by die keuse van die onderwys as loopbaan uitoefen.

Om bekwame onderwysers te bekom,is dit onder andere noodsaaklik om werwing vir die onderwys doeltreffend te laat verloop. 'n Vereiste hiervoor is kennis van die faktore wat beroepskeuse beinvloed; tewens kennis van hierdie faktore is noodsaakl i k vir beroepsvoorl i gting.

In die soeke na 'n oplossing vir die probleem van doeltreffende wen•ling van toe=

komstige onderwysers is dit moontlik dat daar heel•vat ander probleme random hierdie sentrale probleem te voorskyn sal tree en wat later deur ander navorsers ondersoek kan word. Dit word oak voorsien dat die bevindings van 'n ondersoek soos hierdie, moontlike gegewens kan blootl~ wat 'n bydrae kan lewer om die rol van die man in die onderwys te beklemtoon en te bevorder.

1. 2.2 Die omvang van die probleem

Die opvoeding in die huisgesin word deur die vader en die moeder waargeneem. Die gesagsfigure is dus 'n man en 'n vrou. Die vader as breadwinner is uit die aard van die saak minder tuis en is sy direkte aandeel in die opvoedingshandeling dik=

wels geringer as di~ van die moeder.

Met sy toetrede tot die skoal en tydens die duur van die junior pri~re fase word die kind gewoonlik aan die sorg van 'n dame toevertrou wat die grondslag van sy op-pad-wees-na-volwassenheid 1~. Eers gedurende die senior prim~re fase kom die kind in aanraking met opvoeding en onderwys deur die manlike figuur. In Trans=

2

(3)

vaal is hierdie bydrae tot die opvoeding van die kind deur die manlike figuur baie geringer as di~ van die vrou en verswak die bydrae onteenseglik kwantitatief.

Volgens statistiek was daar in 1976 slegs 20,7% mans teenoor die 79,3% dames aan primere skole in Transvaal verbonde, terwyl die ooreenstemmende persentasies in 1945 47,2% en 52,8% was (Du Toit, 1977, p. 3).

Die toestand in Transvaalse sekondere skole verbeeld dieselfde sombere prentjie.

In 1977 was die verhouding van die mans- teenoor damespersoneel 45,0% teenoor 55,0% dames. 'n Terugblik na die verhouding soos dit in 1945 was, nl. 66,8%

mans teenoor 33,2% dames, bring egter duidelike besef dat daar 'n vinnige afname van mans beide in die primi!re en sekond@re skole plaasgevind het (Du Toit, 1977, p. 3).

Die geleidelike afname van manspersoneel in Transvaalse primi!!re en sel<ondere skole die afgelope 33 jaar, stem mens tot nadenke. Niemand betwyfel die goeie werk wat die vrou in die onderwys lewer nie, maar die vraag bly steeds: hoe sal die afnemende kwantitatiewe invloed deur die man as gesagsfiguur in die onderwys die toekomstige volwassenes be'fnvloed.

Sedert die Tweede W@reldoorlog was daar 'n fenomenale ontwikkeling op bykans alle terreine in alle ontwikkelde lande en selfs die ontwikkelende lande het 'n sneller ontwikkeling beleef. Om die nodige manlike en vroulike werkers te voorsien, is besondere eise aan die onderwys gestel. Dat die onderwys daarin geslaag het, word in 'n hoe mate deur die ekonomiese opbloei van di@ Jande, onder andere, Suid-Afrika, weerspieel. Maar met hierdie paddastoelontwikkeling waar die onder=

wys as moederberoep vergelyk kan word met die steel van die paddastoel, terwyl die ekonomiese vooruitgang; die toename in geleerdheid; die bloei van ander beroepe en die styging in lewensstandaard; met die sambreel van die paddastoel vergelyk word, wil dit voorkom of die privaatsektor 'n groot kwota van die mans=

personeel uit die onderwys laat vloei het en ook die toevloei van mans laat kwyn het. As die steel van die paddastoel egter aan die opdroog is, sal die sambreel ook verwelk en kan die beskawing begin verval (Preller, 1976, 'n gesprek).

Met die koms van die rekenoutomaat en alles wat daarmee gepaard gaan, het die beroepseise radikaal verander en het 'n toenemende vraag na gespesialiseerde wer=

kers in byna alle rigtings ontstaan (Minor Gwynn & Chase, 1969, pp. 363-364):

natuurwetenskappe, ekonomiese en handelswetenskappe, kommunikasiewese, moderne tale, alle tegniese rigtings ens. Die vraag na geskoolde werkers in al hierdie, en vele ander rigtings, het daartoe bygedra dat die leerlingtal aan die sekondere

(4)

skole met rasse skrede toegeneem het. In Transvaal het die aantal sekondAre leerlinge in die afgelope dertig jaar met byna 700% toegeneem (Claassen, 1976, p. 7).

Voorts het die ekonomiese- en opvoedingspeil van die bevolking sodanig gestyg dat die sekondAre skool inderdaad 'n volkskool geword het. Die intensiewe weten=

ska~sbeoefening het daartoe gelei dat die massa kennis in omvang en diepte sneller toegeneem het as die mens se vennoli om te ken, te oorsien en die samehang daarvan te snap. Dit het spesialisasie vroelir op die kind afgedwing. "Die najaag van beroepsgerigte opleiding met die oog op welvaart, status en veiligheid tesame met toenemende eise van wetenskap en nywerheid ten opsigte van gespesialiseerde kenn.is en vaardigheid .•• " (Preller, 1969, p. 299), bringmee dat die sekondl!re skool oak opleiding in besondere rigtings moet verskaf. Hierdie komplekse fak=

tore bring voorts mee dat die aantal onderwysers wat benodi g word om onderri g te gee in verhouding tot die aantal leerlinge moet toeneem. Dit is juis hier waar die kinkel in die kabel ontstaan het. "Oat die onderwys daaroor in die moe11 ik=

heid is, stry niemand meer nie" sA "Die Vaderland" in 'n hoofartikel. In dieselfde artikel word verder aangevoer dat die belangrikste knelpunt te min onder=

wysers bly en daarby die feit dat die beroep in toenemende mate 'n swak gehalte kandi daat trek (Anon., 1975).

Die toename in die getal en gehalte onderwysers het nie tred gehou met die toename in .die aantal leerlinge nie. Wat meer is, daar was 'n relatief groter toename in damespersoneel as in manspersoneel (kyk paragraaf 1.2.2 hiervoor; kyk ook paragraaf 3.2 verderaan).

In die laaste instansie bevind die hedendaagse kind hom in 'n tyd van steeds toe=

nemende gejaagdheid waarin die strewe na die goeie besig is om te vervaag (Nieu=

wenhuis, 1968, p. 102). Die kind is vir baie jare steunbehoewend, hy is steeds wordend, steeds besig om sy eie moontlikhede te ontdek, tussen hulle te kies en van sommige werklikhede te maak. Die kind se volwassewording is van die aller=

grootste belang vir die voortbestaan van die samelewing (Pistorius, 1971, p. 24).

In sy wording tot volwassenheid het die kind nie net lei ding van die volwassene

nod~ nie, maar oak die beskerming van sy vryheid sodat hy verantwoordelike keuses kan uitoefen en homself daardeur vrywillig aan die waardevolle kan bind (Pistorius, 1971, p. 24). Die taak van die onderwyser as onderwysman en opvoeder kan op hierdie terrein nooit oorbeklemtoon word nie. Alles moet dus in die stryd gewerp word om voorsorg te tref sodat voldoende goedopgeleide en roepingsbewuste onder=

wysers beskikbaar is om hferdie belangrike taak van onderwys en opvoeding in liefde 4

(5)

te kan volvoer.

1.2.3 Afbakening van die probleem

Omdat dit onmoontlik is om in 'n studie soos hierdie die probleem soos hierbo be=

skryf, in sy voll e omvang en na al sy verskill en de aspekte en fasette te ondersoek, is dit nodig om op slegs 'n enkele aspek daarvan af te baken vir nadere ondersoek.

Daar sal slegs in Transvaal ondersoek ingestel word. Die ondersoek sal beperk word tot Transvaalse provinsiale sekondere skole vir blankes en daar sal slegs van matriekseuns as proefpersone gebruik gemaak word. Die volgende soorte sekondi!re skole sal ingesluit word in die ondersoek:

Afrikaanse koedukasie skole in stede en op die platteland.

Engelse koedukasie skole in die stad en op die platteland.

Parallelmedium koedukasie skole in die stad en op die platteland.

Seunsskole, Afrikaans- en Engelsmedium in die stad en op die platte=

1 and.

Omdat dit onmoontlik is om alle sekondere skole in Transvaal by hierdie ondersoek te betrek, sal daar van •n gestratifieerde ewekansige steekproef gebruik gemaak word om die skole te selekteer wat aan die ondersoek ondel'Werp sal word (kyk paragraaf 4.2.1 verderaan).

1.3 DIE METODE VAN ONDERSOEK

Daar bestaan 'n hele aantal beproefde metodes wat gebruik kan word om opvoedkundige navorsing te doen. Hieruit moet een of meer gekies word wat sal aanpas by die doel, aard en omvang van hierdie bepaalde ondersoek. In hierdie ondersoek moet informasie waaroor respondente beskik, verkry word. In weerwil van die uitspraak

the most important piece of advice about the questionnaire technique would be to avoid it entirely" (Crawford, 1928, p. 177) sal daarvan gebruik gemaak word, andat die nodige informasie nouliks op 'n ander manier bekom kan word.

(6)

Daar sal vraelyste aan die respondente voorgeH! word om te voltooi en waar nodig sal ook persoonlike onderhoude met sommige van die respondente gevoer word ter aanvulling en kontrole van responsies op die vraelyste (kyk hoofstuk 4 vir besonder=

he de).

1.4 DIE PROGRAM VAN HIEROIE ONOERSOEK

Daar word allerwee besef dat die pri~re en sekond~re skole 'n feitl ik onontbeer=

like rol in die hedendaagse lewe speel en daar rnoet dus gepoog word om die paten=

sialiteite van leerlinge wat hierdie skole bywoon, tot optimale ontplooiing te bring. Om hierin te slaag moet die skole die nodige vakke aanbied wat by die aard, aanleg, vermoe en behoefte van elke leerling pas. Uit hierdie vakke moet leerl'lnge aan die sekond~re skoal 'n geskikte keuse maak. Dit alleen is egter nie voldoende nie. Daar m~t oak in elke skoal goedopgeleide onderwysers/esse wees om die leerlinge opvoedend te onderwys. Dit is juis hier waar die probleem vandag H!; daar is nie genoeg goedopgeleide onderwyspersoneellede nie. "As die huidige krisis, veral in die natuurwetenskappe, sou voortbestaan en vererger, sal ons ons neus nie meer vir ongewone planne kan optrek nie" (Viljoen, 1976, p. 3).

Oaarom word die tweede en derde hoofstukke bestee aan 'n literatuuroorsig waarby veral oar die rol van die man in die onderwys toegespits sal word en die stand van. kennis oar die toetrede van onderwyspersoneel tot die onderwys.

In hoofstuk vier wat handel oor die questionnaire as metode en waar 'n volledige beskrywing van die metode van ondersoek gegee word, word daar gepoog om 'n ~nta=

tiewe inventaris te verstrek van die faktore wat Transvaalse matriekseuns betn=

vloed by hulle keuse, al dan nie, van die onderwys as loopbaan.

Met die empiriese ondersoek sal gepoog word om bogenoemde tentatiewe inventaris te verifieer, waar nodig uit te brei en om moontlike tendense aan die lig te bring.

In hoofstuk vyf sal die resultate van die ondersoek saamgevat en vertolk word, en sal aanbevelings gemaak word om die probleem te beredder.

In die sesde en laaste hoofstuk sal 'n samevatting verstrek word van die bevin=

dinge, gevolgtrekkings en aanbevelings en sal die implikasie van die aanbevelings aangedui word. As neweprodukte van die ondersoek is dit moontlik dat aanverwante probleme wat verdere navorsing verg, na vore mag tree. Sodanige probleme sal aangedui word.

6

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Maar dit is wat ALLE woningen te bieden hebben in dit deel van de wijk, dit specifieke huis echter heeft een aantal hele mooie extra's: een groot type uitbouw, daarnaast

Op de site van de gemeente Dordrecht is een funderingskaart te vinden, op deze kaart (bestaande uit een linker en rechter deel) staan de panden in groen aangegeven die hersteld

Indien het voorbehoud niet gemaakt wordt kan er door u wel een taxatie opgedragen worden, maar zal dit te allen tijde pas plaats kunnen vinden ná ondertekening van de akte en

Indien het voorbehoud niet gemaakt wordt kan er door u wel een taxatie opgedragen worden, maar zal dit te allen tijde pas plaats kunnen vinden ná ondertekening van de akte en

Indien het voorbehoud niet gemaakt wordt kan er door u wel een taxatie opgedragen worden, maar zal dit te allen tijde pas plaats kunnen vinden ná ondertekening van de akte en

Indien het voorbehoud niet gemaakt wordt kan er door u wel een taxatie opgedragen worden, maar zal dit te allen tijde pas plaats kunnen vinden ná ondertekening van de akte en

Kwaaitaal vloer aanwezig, niet onderzocht echter verkoper is er regelmatig voor werkzaamheden onder geweest, geen problemen waargenomen, keuring voor het kopen is altijd een

Op deze fraaie locatie met maar liefst 358m2 eigen grond is er de mogelijkheid de bestaande woning geheel naar eigen wensen op te knappen, echter in de straat zijn er ook