DIE PROBLEEM IS EEN DING;
DIE KREATIEWE OPLOSSING
DAARVAN ’N ANDER!
INLEIDING
Die oplossing van 'n probleem behels om vanaf die huidige situasie na die gewenste situasie te
beweeg. 'n Voorbeeld hiervan is: Hoe kry ek my ouers so ver om my sakgeld te verhoog?
Of: Hoe kry ek hom/haar sover om met my uit te gaan? Of as jy al daarvoor kans sien: Hoe
kan ek wêreldvrede bewerkstellig en sommer
ook die HIV/Vigs-probleem oplos?
DOELWIT
Die doelwit van Module 3 is om jou aan 'n weergawe van 'n Kreatiewe Denke
Probleemoplossingsmodel (KPO) bekend
te stel.
DEFINISIE
KPO is 'n beproefde metode om enige
probleem op verbeeldingryke en kreatiewe wyse op te los. Die verskil tussen gewone probleemoplossing en probleemoplossing
met behulp van kreatiewe denke, is dat kreatiewe denke probleemoplossing aan spesifieke vereistes van kreatiewe denke
moet voldoen:
Kreatiewe: Die produk moet nuut en innoverend
(oorspronklik) wees, sowel as toepaslik en bruikbaar Probleem:Dit dui op enige situasie wat 'n uitdaging of geleentheid bied, of wat 'n bekommernis is. Die
probleem word dus uiteengesit.
Oplossing:Dit beteken om baie verskillende maniere te vind om die probleem op te los. 'n Lys van baie
verskillende en nuwe, oorspronklike idees of moontlike
nuttige oplossings vir die probleem word saamgestel
(divergente denke). Die beste opsie(s) word uit die lys
gekies (konvergente denke) en toegepas.
Samevattend blyk kreatiewe denke probleemoplossing te wees om na 'n
probleem as 'n uitdaging of geleentheid te kyk, en daarna uit soveel as moontlik idees die risiko te neem om 'n oplossing te vind wat nuut en anders is, sodat die oplossing
prakties toegepas kan word en aan jou eie,
unieke behoeftes kan voldoen.
BELANGRIKSTE AANNAMES VAN KPO:
Almal kan op een of ander manier kreatief dink.
Vaardighede om kreatief te dink, kan aangeleer word.
'n Oop ingesteldheid en gewilligheid om risiko’s te neem is nodig. Dit
beteken dus om anders oor 'n saak te
dink en dat jy nie sal bang wees om te
waag nie.
KRITERIA VIR DIE KREATIEWE PRODUK
Goeie vraag! Natuurlik wil jy nou weet hoe 'n kreatiewe produk veronderstel is om te lyk. Dit moet aan die
volgende kriteria voldoen:
Vloeiendheid of vlotheid: Dit dui op die vermoë om 'n groot aantal idees, konsepte of antwoorde op vrae uit te dink (genereer).
Buigsaamheid: Dit dui op die vermoë om van een perspektief na 'n ander te verskuif en dieselfde probleem op verskillende maniere te bestudeer om 'n aantal uiteenlopende idees uit te dink of te genereer.
Oorspronklikheid: Dit dui op hoe uniek en nuut 'n idee is.
Fokus op die essensie (belangrikste): Dit dui op die vermoë om uit verskillende potensiële oplossings op die belangrikste oplossing te fokus.
Uitbouiing: Die idee word nou uitgebrei en verfyn (diepte gegee). Daarna word dit in die praktyk toegepas. Die vele implikasies en waarde wat die idee of produk tot gevolg mag hê word geëvalueer om die sukses daarvan te bepaal.
WERKSWYSE
Die wyse waarop dit sal plaasvind, is soos volg:
Hou jou kreatiewe denke werkboek en skryfgoed byderhand om aantekeninge te maak.
Die voorbeeld waarmee elke tegniek telkens geïllustreer word, is die volgende: Die tieners van Saaifontein is
verveeld, omdat geen vermaak vir hulle beskikbaar is nie. Jy moet hierdie probleem op kreatiewe wyse oplos!
(Ons sal dwarsdeur die program na hierdie voorbeeld
verwys en die werkswyse sal dus weer tydens Module 4
herhaal word.)
Hier volg die stappe van
kreatiewe probleemoplossing :
Bepaal die probleem.
Bepaal die doelwitte.
Dink oplossings vir die probleem uit.
Evalueer die moontlike oplossings.
Pas die oplossings toe.
A. BEPAAL DIE PROBLEEM…
Dit is die deel waar die linkerhemisfeer van die brein grotendeels benut word. Die probleem word beskou as 'n doelwit, wens of uitdaging wat bereik moet word.
Hierdie vertrekpunt of aanvanklike aspek waarmee jy ontevrede is, word bepaal. Begin met die uitkoms in gedagte.
Die volgende vrae kan jou help om hieroor na te dink:
Wat wil jy graag verander?
Hoe kan jy dit anders doen?
Wat sal dit kos?
A. BEPAAL DIE PROBLEEM
Kies nou jou eie probleem wat jy met behulp van kreatiewe
denke wil oplos. Hierdie probleem moet nie 'n vaardigheid van een of ander aard behels nie, byvoorbeeld om tennis te kan speel, 'n fiets te kan herstel, of vis te vang nie. Dink eerder aan iets soos 'n verhouding wat jy wil verbeter, die
fondsinsameling vir die matriekafskeid wat jy moet reël, of iets soortgelyks. Skryf jou probleem neer of teken dit in jou
kreatiewe denke werkboek.
VOORBEELD:
Die tieners van Saaifontein is verveeld, omdat geen vermaak
vir hulle beskikbaar is nie. Jy wil graag iets aan die saak doen
en besluit om vir hulle vermaak te reël. Dit kan waarskynlik
baie geld kos! (Presiese bedrae kan later bepaal word).
B. BEPAAL DIE DOELWITTE
Die agtergrond wat met die probleem verband hou word ondersoek, al die detail, feite, vrae, inligting en emosies wat daarmee verband hou. Verskillende perspektiewe
(uitgangspunte) word bestudeer, voordat belangrike inligting uitgesorteer en gekies word.
Gebruik nou Wie, Wat, Wanneer, Waar, Hoekom en Hoe vrae:
Wat wil jy bereik?
Hoe wil jy dit bereik?
Wie moet betrokke wees?
Wanneer moet dit gebeur?
Waar moet dit gebeur?
Hoekom wil jy betrokke raak?
En so meer …
B. BEPAAL DIE DOELWITTE
VOORBEELD:
Ons gaan nou een voorbeeld gebruik om 'n probleem met
behulp van kreatiewe denke op te los. Dié voorbeeld is gekies, omdat dit baie algemeen is. Elke persoon het sy eie unieke
probleme en wil dit graag oplos. Om die algemene probleem op te los en die beginsels vir kreatiewe denke daarvoor te gebruik kan dit jou help om ook jou eie probleem met behulp van
kreatiewe denke op te los.
Jy kan dalk besluit om 'n vermaaklikheidsentrum vir die tieners
van Saaifontein in te rig. Jy moet besluit wie jy wil hê om jou te
help, hoe jy dit gaan reël (byvoorbeeld deur 'n vergadering te
hou), waar en wanneer die vergadering gaan plaasvind, wat
tydens die vergadering besluit moet word, en so meer.
C. DINK OPLOSSING(S) VIR DIE PROBLEEM UIT
Dit is die deel waar die regterhemisfeer grootliks benut word. Tydens die sogenaamde dinkskrumfase (brainstorming) en divergente fase vind 'n wye verskeidenheid van idee-generering plaas. Alle moontlike (en oënskynlik onmoontlike!), interessante, nuwe, kreatiewe oplossings vir die probleem word nou bepaal. Geen kritiek of besware word geopper nie. Idees en nuwe kombinasies van idees kan wild, vreemd, prettig en “buite die reëls” wees.
Hier kan jy regtig jou verbeelding vrye teuels gee en kan jy selfs risiko’s neem.
Om jou te help kan jy elke stelling begin met: Op watter maniere mag ek…
Byvoorbeeld:
Op watter maniere mag ek … die matriekafskeid reël?
Op watter maniere mag ek … my verhouding met my ma verbeter?
Op watter maniere mag ek … beter in Wiskunde doen? En so meer/Ensovoorts.
Hou jou kreatiewe werboek en skryfgoed byderhand om jou idees neer te skryf of te teken.
C. DINK OPLOSSING(S) VIR DIE PROBLEEM UIT
VOORBEELD:
Jy kan nou byvoorbeeld vra:
Op watter maniere mag ek … vermaak vir die tieners in Saaifontein reël?
Op watter maniere mag ek … die gemeenskap betrokke kry?
Op watter maniere mag ek … die tieners self betrokke kry?
Op watter maniere mag ek … geld insamel vir
die projek?
D. EVALUEER DIE
MOONTLIKE OPLOSSINGS
Die linkerhemisfeer kry nou weer die geleentheid om aktief te raak. Dit is die konvergente fase waartydens keuses uit al die moontlike oplossings gemaak moet word. Voorwaardes vir die sukses van jou oplossing(s) moet egter vooraf bepaal word, dit wil sê jy moet vooraf besluit aan watter vereistes jou oplossings moet voldoen.
Elke oplossing of idee word nou een vir een geneem. Al die moontlike voor-en nadele word krities ondersoek, sowel as die praktiese toepassingsmoontlikhede daarvan om te
bepaal wat die beste moontlike oplossing, die tweede beste een, en so meer is.
Jy kan ook vir elke moontlike oplossings 'n punt uit tien
toeken om te bepaal watter oplossing die beste, tweede
beste, en so meer is. Hou in gedagte dat 'n kreatiewe idee
slegs nuttig is wanneer dit geïmplementeer (in die praktyk
D. EVALUEER DIE
MOONTLIKE OPLOSSINGS
VOORBEELD:
bou 'n fliekteater op Saaifontein;
kry 'n saal waar tieners sokkies kan hou, speletjies kan speel, en so meer.
begin allerhande klubs vir tieners, byvoorbeeld 'n hengelklub, 'n modelbouklub, en so meer.
Jy besluit byvoorbeeld vooraf dat jou oplossing(s) goedkoop moet wees, binne 'n sekere tydperk
toegepas moet word en deur tieners self bestuur
moet word. Moontlike oplossings waaraan jy kan
dink is die volgende drie:
D. EVALUEER DIE
MOONTLIKE OPLOSSINGS
Neem nou die idees een vir een en skryf moontlike voor- en nadele vir elke idee neer, byvoorbeeld:
Bou 'n fliekteater op Saaifontein:
Voordele Nadele
Tieners geniet om te fliek. Dit is duur!
Volwassenes kan saamfliek. Dit gaan tyd neem om te bou.
Naburige dorpe se inwoners kan saamfiek.
Saal
Voordele Nadele
'n Saal is beskikbaar. Toestemming moet by die Stadsraad verkry word.
Die saal is dadelik beskikbaar. Kostes van versiering/inrigting is dalk hoog.
Klubs
Voordele Nadele
Goedkoop. Klubgelde kan Moet mense kry om aan te bied of te betaal word. bestuur.
D. EVALUEER DIE MOONTLIKE OPLOSSINGS
Nou neem jy bogenoemde uiteensetting en besluit watter idee die beste en maklikste lyk om te implementeer. Onthou ook dat een wilde
“buite die reëls” idee dalk kan aanleiding gee tot ander goeie idees, byvoorbeeld: Jy besluit dalk dat die moontlike oplossing is om verskillende klubs vir tieners te stig; daarna besluit jy om 'n saal te kry wat as vermaaklikheidsentrum kan dien; en daarna besluit jy om 'n fliek te bou.
Hierdie idees kan daartoe aanleiding gee dat jy
besluit om in die vermaaklikheidsentrum klubs
aan te bied en films te vertoon !
E. PAS DIE OPLOSSING(S) TOE
Die linker- en regterhemisfere word nou beide
benut. 'n Plan van aksie word nou saamgestel om die oplossing in die praktyk in werking te stel. 'n Toewyding (“commitment”) tot die oplossing is nodig vir die implementering daarvan. Die
volgende moet onder meer bepaal word,
naamlik: wie is waarvoor verantwoordelik,
wie doen wat , wanneer moet dit gedoen word,
watter bronne is beskikbaar (byvoorbeeld mense,
geboue, aktiwiteite) en waar vind dit plaas? Die
uitkoms word dan krities evalueer om te bepaal of
sukses behaal is. Ja, “the proof is in the pudding”!
PAS DIE OPLOSSING(S) TOE …
VOORBEELD:
Jy kan nou jou stappe stapsgewys neerskryf, byvoorbeeld:
Stap 1: Probeer uitvind watter tieners wat jy ken sal graag betrokke wil wees om vermaak vir die tieners van Saaifontein aan te
bied.
Stap 2: Hou 'n vergadering met hulle om doelwitte en moontlike oplossings te bepaal.
Stap 3: Reël afsprake met die verskillende volwassenes wat julle wil betrek, byvoorbeeld die Stadsraad, bankbestuurders, en so meer.
Stap 4: Tref alle verdere praktiese reëlings met betrekking tot die vestiging van die sentrum met behulp van jou komitee, byvoorbeeld waar dit gevestig gaan wees, wie dit sal versier, watter aktiwiteite
aangebied gaan word, wie daarvoor gaan betaal, hoe die sentrum onderhou gaan word, en so meer.
Stap 5: Voeg enige ander stappe hierby wat moontlik nodig mag wees.
Stap 6: Geniet die sentrum saam met die res van Saaifontein se tieners!