• No results found

‘Ek probeer niemand anderswees nie’ ”“ ”“ ”“

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2022

Share "‘Ek probeer niemand anderswees nie’ ”“ ”“ ”“"

Copied!
1
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

NUUSBULLETIN GEWILDSTE

1. 1.

Covid-19: Die jongste syfers

2. 2.

Ongeluk by Lanseria eis 5 lewens

3. 3.

Eskom op hete kole oor beurtkrag

4. 4.

Landbank kan wéér nie skuld betaal

5. 5.

Meisie (8) en man wat haar probeer red, val in kanaal

MANS VROUE SOEK

Sonneblom_8

Ek is 'n baie spontane persoon wat hou van avontuur. Ek dans graag en hou baie van musiek. Ek is 'n baie rustige persoon en pas maklik aan in omstandighede. Ek is die...

Outdoorgirlmatix

Ek is mal oor die natuur en buitelewe.

Pilanesberg, stap roetes, kamp, piekniek in die veld laat my tick. Ek is romanties en glo in crazy wees en mekaar op die hande dra. Dans...

Besig...

KRY JOOX

JOOXJOOX

Stemme

Skrywer waarsku: ‘Facebook is Antichris van denke’

Covid-19: Kaapse speelplek van Madonna, DiCaprio moet sluit

Murray La Vita is 'nMurray La Vita is 'n bekroondebekroonde

rubriekskrywer enrubriekskrywer en profielskrywer virprofielskrywer vir Netwerk24.Netwerk24.

Murray La Vita

Rubriekskrywer Rubriekskrywer

Nog stories

Philip de Vos terug op KKNK: Saint-Saëns praat opnuut AfrikaansPhilip de Vos terug op KKNK: Saint-Saëns praat opnuut Afrikaans De Vos sing en wys fotokuns op Tulbaghse feesDe Vos sing en wys fotokuns op Tulbaghse fees

Om te sing soos jy gebek isOm te sing soos jy gebek is

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou

mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of

persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Die gevierde skrywer, vertaler, fotograaf, onderwyser en operasanger Philip de Vos word op Jeugdag 80 jaar oud. Hy het aan Christiaan BoonzaierChristiaan Boonzaier erken dit het al beter met hom gegaan.

Philip de Vos het nie meer ’n TV nie.

Sowat ’n maand gelede het ’n boef diep in die nag by die limeriekmeester se huis in Groenpunt, Kaapstad, ingeglip en sy TV gegaps.

Maar die skurk het baie meer as dit by ons eie Dr. Seuss gesteel: Die bekroonde

skrywer, vertaler, fotograaf, onderwyser en operasanger, wat op Jeugdag 80 jaar oud word, se gemoedsrus is daarmee heen. Die deksel wat die donkerte binne hom in bedwang hou, is hom ook ontneem. Sy binneste woel nou soos ’n wasmasjien.

“Ek het vanoggend verskriklik gevoel,” erken hy. “Ek het gedink ek is reg om hospitaal toe te gaan. Weer.”

Hy praat openlik oor die inbraak se invloed op sy gemoed en die “groot depressie”

waarteen hy al dekades baklei, veral op 40, 60 en nou weer op (byna) 80.

“Ek maak nie ’n geheim daarvan nie. Dis soos enige ander siekte. Ek was twee

maande gelede weer in die hospitaal. Depressie is ’n aaklige ding. Jy kan dit nie aan iemand verduidelik tensy jy self daardeur gaan nie.

“Dit was nie maklik met Peter (sy lewensmaat) wat ’n paar dae ná die inbraak ’n

maand lank oorsee was nie. Dit was die langste maand van my lewe. Ek was te bang om uit te gaan. In die aand het ek myself agter ’n Trellidor toegesluit.”

Hy skink tee op ’n tafel reg langs die skuifdeur waar die ongenooide besoeker in en uit gewals het. Hy gee die koppie tee net halfpad aan; in die pylvak, bewe hy te veel om dit soos ’n aflosstokkie aan te gee. Die “bewerasies” het kort ná die inbraak begin en is sedertdien sonder ophou, maar dit is eintlik ’n kombinasie van dinge, sê hy: die inbraak, Peter se reis, ook die ouderdom.

“Jy besef skielik hoeveel jaar jy oor het ná 80. En wat lê duskant dit? Ek moet seker nie die dood sê nie; dit klink te morbied.” Hy lag vir die eerste keer uit sy maag.

“En mense word oud, deesdae tot 100. Kyk my lewenslyn!” Hy strek sy palm oop.

“Dis verskriklike lang lewens.” Maar hy wil nie self dié mylpaal haal nie. “Nee nee. Jou vriende gaan om jou dood. Wie’s op die ou end oor?”

Van sy hartsmense, onder andere die forensiese patoloog prof. Deon Knobel en die aktrise Christine Basson, het onlangs reeds vertrek.

“Christine het ek jare gelede ontmoet toe sy nog by Sukovs (die Streeksraad vir die Uitvoerende Kunste van die Oranje-Vrystaat) toneel gespeel het. Sy het juis verlede week verjaar, ’n dag voor haar dood. Ek het haar die oggend gebel en ’n boodskap op haar masjien gelos, maar sy het dit seker nooit gehoor nie.”

Terwyl hy dit oproep, sak hy in ’n poel van herinneringe weg: ’n lewe langer as dié van sy pa, Philip (69), maar nog nie so lank soos dié van sy ma, Matty (93), nie; ’n loopbaan met draaie en swaaie wat hy nooit kon voorspel nie; talente (soos sy skryfwerk) wat hy eers later ontdek het; prestasies en pryse wat nie

“allergroots” is nie; die verganklikheid van verliefdheid; ’n geseënde lewe sonder professionele mislukking of homofobie.

“Wanneer ek terugkyk, sien ek meestal net die goeie dinge. Ek besef

byvoorbeeld anderdag hoe verskriklik baie dinge ek in my lewe gedoen het:

onderwyser, operasanger, foto’s

geneem, skryf, radioreekse, vertaler – soveel dinge . . .”

Dis moeilik om hom op te som, sy loopbaan en nalatenskap saam te vat.

“Ek dink nie aan my as iets spesifiek nie. Nooit nie. As ek foto’s neem, is ek ’n fotograaf. As mense vra, ‘Wat is jy?’ sê ek maar wat ek op daai oomblik doen.”

Wat is hy nou?

“Depressief.” Hy lag. “Nee, wat is ek? Ek weet self nie.”

Hy doen op die oomblik niks, sê hy.

“Ek het my kreatiwiteit verloor. Verlede jaar was ek hospitaal toe. Skokbehandeling.

En daarna het ek absoluut niks kreatiwiteit oorgehad nie. Dit was altyd soos ’n kraan wat ek oopgedraai het, maar ek bekommer my nie te veel daaroor nie. Ek dink ek het gesê wat ek wou sê.”

Soos die skilpad in een van sy geliefde versies wat net nie kan nie:

Skilpad kan nie sing nie Skilpad kan nie spring nie Stom

en stadig stap hy aan

waar sy skilpadpad mag gaan.

Maar hy is nie uitgeknikker nie. Nee, stilsit kan hy nie – nie as jy ’n aandagspan “soos

’n muskiet” het nie. Hy gim, hy gaan stap met sy staffie, Toffee, hy “loer en lees en kyk” op Facebook, hy leen en lees sy buurvrou se Huisgenoot. Sy suster, Rea, het vir hom ’n waterverfstel vir sy 80ste verjaardag gegee – dalk ontdek hy ’n verftalent ook – en hy sal graag weer wil reis en kreatief wees. Dan is daar nog twee partytjies wat wag.

“Ek sal voor ek doodgaan weer Florence (in Italië) wil sien – en ek wil definitief nog ’n paar foto’s van bekendes neem, voor ek te veel bewe.”

Ons blaai deur sy fotoboek, Milieu, waarin hy foto’s van meer as 120 bekendes geneem en gepubliseer het. Joanie Combrink, Susanne Beyers, ’n foto van Breyten Breytenbach wat glimlag.

“Ek weet nie eintlik iets van fotografie nie,” sê hy beskeie. “As ek iets mooi sien, druk ek net die knoppie. En ek het net altyd probeer om nie te beïndruk met die bekendes te lyk nie – hulle is ook maar net mense.

“Kyk nou daar,” sê hy oor ’n foto van die chirurg Chris Barnard. “Net ’n mens – en hy sit langs ’n plastiese boom.”

Hy hou nie daarvan om self voor die kamera te wees nie.

“Ek glimlag nie op foto’s nie, ek is glad nie fotogenies nie – en ek neem nie selfies nie.” Hy neem wel nou en dan ’n selfportret. “Ja, maar dis anders: Ek sit die kamera op ’n driepoot daar en hardloop vinnig na die anderkant van die vertrek. Dit is seker soos ’n selfie.”

Hy sal liefs net onthou wil word “as die man wat lief is vir diere – ook dat ek mense laat goed voel het. Mense sê altyd: ‘As ons jou werk lees, voel ons so goed daarna.’”

Sy raad aan jongmense, vat hy in een van sy versies saam:

Elke voëltjie het sy lied, hadeda en kokkewiet.

Of dit fraai of goor of gek is, jy moet sing soos jy gebek is.

“Dis die belangrikste les,” sê hy. “Doen wat jy kan. Ek probeer niemand anders wees nie. Ek kan nie skryf soos Karel Schoeman nie. Ek skryf soos ek skryf. Ek doen wat ek doen. En ek dink elkeen kan.”

Philip de Vos reads Elke outjie het sy lied

Watch later Share

Meer oor: Christine Basson

Powered by Disqus

Comments for this thread are now closed

×

2 Comments Netwerk24 🔒 Disqus' Privacy Policy Christiaan Boonz…

"

7

tTweet f Share Sort by Best

Hennie van Deventer • a year ago

Die versie oor die hadeda en kokkewiet hoort in die Groot Verseboek.

Heelwat van wat nou daar in in, kan maar uitgegooi word.

1△ ▽

Celeste Fritze • a year ago

Daar is net een jy.

△ ▽

Subscribe

dAdd Disqus to your siteDo Not Sell My Data Recommend

( 2

Share ›

Share ›

‘Ek probeer niemand anders wees nie’

Deur Christiaan Boonzaier 15 Junie 2019 10:00

BOEKE

Die geliefde limeriekmeester Philip de Vos word op 16 Junie 80 jaar oud.Die geliefde limeriekmeester Philip de Vos word op 16 Junie 80 jaar oud.

Foto: Peter TheronFoto: Peter Theron

Jy besef skielik hoeveel jaar jy oor het ná 80. En wat lê duskant dit? Ek moet seker

nie die dood sê nie; dit klink te morbied.

Sy (Christine

Basson) het juis verlede week

verjaar, ’n dag voor haar dood. Ek het haar die oggend gebel en ’n

boodskap op haar masjien gelos,

maar sy het dit

seker nooit gehoor nie.

Ek weet nie eintlik iets van fotografie nie.

As ek iets mooi sien, druk ek net die knoppie.

12°C / 15°C

TUIS NUUS SPORT SAKE STEMME VERMAAK DIE STUDENT LEEFSTYL NW24 TV E-PUBLIKASIES SOEK

Profiel

Streeknuus !

SKAKELS 12°C / 15°C

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

DIE CHRISTELIKE SKOOL.. U heldere insig, vriendelike optrede en positiewe leiding 9 word opreg waardeer. Aan Baba, vir haar volgehoue aanmoediging, geduld en

• Er wordt gewerkt op de schaal van minimaal de 10 politieregio’s • Er zijn in de 10 regio’s regionaal coördinatoren voor de forensisch. medische expertise bij

Bos and Pot (2012) consider two different kinds of cartels. These are the strong and weak cartels. Strong cartels are cartels that have side-payments to a company that earns

Daarnaast wordt genoemd dat grote bedrijven vaak te maken hebben met internationale moederbedrijven die een beleid uitstippelen, en dat er voor grote bedrijven allerlei regels zijn

In dit onderzoek zal gekeken worden naar het effect van het welbevinden van de thuisleerkracht en de teacher op de relatie tussen de leerkracht en de DWS leerling en de teacher en

First finding of the parasitic fungus Hesperomyces virescens (Laboulbeniales) on native and invasive ladybirds (Coleoptera, Coccinellidae) in South Africa.. Danny Haelewaters 1,*

In dit onderzoek bestuderen we niet zozeer wat de verantwoordelijkheden zijn van de overheid voor voedselveiligheid, maar hoe ze vorm gegeven worden.. Daarbij kent het on- derzoek

FIGDUR 6.25 DKHDROGR!H VAH BKTKKKNISVOLLE VERDKLERS TEH OPSIGTK YAH DIE BKLAMGRIKHEID YAK DIE BEHOEFTK AAH SK&URITKIT {bv. sekuriteit oor per1anente pos). 25