• No results found

Hoofstuk Drie

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Hoofstuk Drie"

Copied!
21
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

HOOFSTUK DRIE

EAV(S.A.)- aktiwiteite en betrokkenheid tot bevordering

van beroepsproffesionaliteit binne die elektrotegniese

bedryf, 1951-1955

Met die eerste ses takke gestig en die bestuurstruktuur ingestel, het die EAV(S.A.) se NUK proffesionele dienslewering, soos in afdeling 2.3 uitgewys, begin. Tesame hiermee was die EAV(S.A.) in 'n beter posisie om 'n bydrae tot die professionalisering van die aannemersbedryf te lewer. In hierdie opsig het 'n suksesvolle betrokkenheid by die volgende ondernemings besondere waarde aan die EAV(S.A.)-statuur verleen.

3.1

Strukture ter bevordering van professionaliteit

3.1.1

'n Nasionale Leerlingvakmanskapkomitee gestig

Aangesien opleiding 'n belangrike faset van professionalisering is, was dit nodig dat die EAV(S.A.) struikelblokke ten opsigte van die opleiding van leerlingvakmanne uitskakel. Toe die EAV(S.A.) gestig is, het leerlingvakmanne in die elektrotegniese aannemersbedryf 'n keuse gehad tussen twee stelle eksamens wat hulle kon afiE~,

naamlik die kwalifiserende eksamen onder die Wet op Elektriese Draadmanne en Kontrakteurs (1939) en die eksamen onder die Wet op Vakleerlingskap {1944).

(2)

Hoofstuk Drie

As 'n leerlingvakman 1 die kwalifiserende eksamen onder die Wet op Elektriese Draadmanne en Kontrakteurs (1939) na 18 maande~ geslaag het, was hy 'n geregistreerde elektrotegniese aannemer met vakmanstatus. Hierdie wet het bepaal dat lede van die EAV(S.A.) slegs geregistreerde vakmanne in diens kon neem, maar dat leerlingvakmanne onder toesig ook elektriese werk kon doen. Tydens 'n gesamentlike vergadering met die Departement van Arbeid en die South African

Electrical Workers Association (SAEWA) het die EAV(S.A.) voorgestel dat die tydperk van opleiding van hierdie vakmanne tot 20 maande verleng moet word. Hierdie voorstel is aanvaar, en die opleidingspesifikasies van leerlingvakmanne is in lyn gebring met die van ander ambagte in die bedryf.2

Met die eksamen onder die Wet op Vakleerlingskap (1944) het leerlingvakmanne wat die kwalifiserende eksamen onder hierdie wet afle, nie outomaties registrasie as vakman verkry nie. Hulle moes eers die kwalifiserende eksamen onder die Wet op Elektriese Draadmanne en Kontrakteurs (1939) afle voordat hulle volledige registrasie as vakmanne kon verkry.3

Twee stelle vakleerlingskapopleiding het meegebring dat vakleerlinge wat hul opleiding onder die Wet op Leerlingvakmanskap (1994) ontvang het, nie geskik was vir die Departement van Mynwese se Elektriese lngenieursertifikaat van bevoegdheid nie. Hierteenoor was vakleerlinge wat hulle opleiding onder die Wet op Draadmanne en Kontrakteurs (1939) voltooi het, wei geskik, op voorwaarde dat hulle bewys kon lewer dat hulle genoegsame ondervinding van elektriese bedrading het. Om hierdie gekompliseerde regulasies te hanteer, het belangegroepe, waaronder die EAV(S.A.)(S.A), die Ministerie van Arbeid en die NFBTE in 1953 met die Departement van Mynwese onderhandel vir 'n buigsamer bepaling ten opsigte van die toelatingsvereistes vir die genoemde sertifikaat. As oplossing vir die

2

3

Hierdie terminologie het nie ten doe! om tussen geslagte te diskrimineer nie, maar was en is tans nog s6 in gebruik. Trouens, dit is 'n gegewe dat hoofsaaklik mans hierdie beroep gevolg het. Hierdie stand van sake het eers werklik sedert die sewentigerjare begin verander. Kyk Hoofstuk Vyf.

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, Minute, 27 March 1952,

p. 9.

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, Minute, 26 April 1954, p. 8; 23 August 1954, p. 11.

(3)

probleem het die EAV(S.A.) die stigting van 'n Nasionale Leerlingvakmanskapkom itee voorgestel. 4

lnisiatiewe in die verband is dan ook deur die EAV(S.A.) geneem deur gesprekke te organiseer aangaande die ontwikkeling van 'n aparte leerlingvakmanskapkomitee vir die elektrotegniese aannemers. Hierdie komitee het hom beywer vir die herontwerping van bestaande ambagte in die boubedryf, waaronder Elektriese Bedrading en Hysbakwerktuigkunde. Dit het beteken dat aparte opleidingsprogramme binne die raamwerk van die boubedryf vir byvoorbeeld die Elektrogegniese Aannemers opgestel is. Met die bovermelde komitee het die ECA (S.A.) groter beheer geneem oor die opleiding van leerlingvakmanne in die elektrotegniese aannemersbedryf. Die Nasionale Leerlingvakmanskapkomitee het egter nie jurisdiksie in Natal gehad nie, aangesien die elektrotegniese aannemers in die gebied onder die beheer van die ingenieursbedryf was.5 Dit was waarskynlik van die redes waarom EAV(S.A.)-gebiedsuitbreiding in Natal nodig was (Kyk Afdeling 4.1.1 ).

Teen Oktober 1953 is reeds ver gevorder ten opsigte van die stigting van 'n nasionale vakleerlingskapkomitee.6 Nege maande later, op 21 Junie 1954, is die Nasionale Leerlingvakmanskapkomitee vir die boubedryf gestig - 'n historiese oomblik waarin die EAV(S.A.) 'n groot aandeel gehad het.7

3.1.2 Die EAV(S.A.) en die Elektriese Draadman Registrasie (EDRR)

Leerlingvakmanne wat bogenoemde eksamens, soos in afdeling 2.4.1 genoem, geslaag het, het die toepaslike diplomas en sertifikate van die EDRR ontvang. Verteenwoordigers op die EDRR is deur die Ministerie van Arbeid benoem. Die

4

5

6

7

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, Minute, 18 May 1953, p. 14.

ECA(S.A.), Minutes of the Fifth Annual General meeting, minute, 8 March 1954, pp. 4, 8, 11. Vergelyk ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, Minute, 27-28 October 1953; 8 March 1954, p. 4.

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, Minute, 23 August 1954,

p. 12.

(4)

Hoofstuk Drie

EAV(S.A.)-president, J.M. Fraser, is ook op die EDRR benoem.8 Teen Augustus 1949 is ongeveer 80 aansoeke vir draadmanregistrasiesertifikate elke derde week verwerk. EAV(S.A.)-takke soos Kaapstad en Oos-Londen was ontevrede met die lang tydsduur wat verloop voordat 'n vakleerling sy opleidingstyd voltooi het.9 Die afle van die teoretiese eksamens twee maal per jaar onder die Electrical Wireman

and Contractors' Act (1939), is as 'n rede vir die lang tydsduur voorgehou.10

Alhoewel twee geleenthede per jaar 'n standaardinstelling by die meeste opleidingsinstansies was, is in die geval van die elektrotegniese vakmanne gemeen dat hierdie reeling finansiele implikasies meegebring het. Volgens vereistes kon 'n werkgewer 'n vakleerling slegs vergoed sodra die uitslae van die kwalifiserende toets bekend was. Vervolgens het die EAV(S.A.) suksesvol druk op die EDRR geplaas om toe te sien dat toetsuitslae vinniger bekend gemaak word deurdat gevalle van laat bekendmaking aan die verantwoordelike EAV(S.A.)- beamptes deurgegee is sodat ondersoek ingestel kon word. 11

Benewens die uitreiking van sertifikate aan leerlingvakmanne in die elektrotegniese bedryf was die EDRR ook die waghond vir die Wet op Elektriese Draadmanne en Kontrakteurs (1939). Probleme met die toepassing van hierdie Wet is onder die aandag van die EDRR gebring, en die Raad het hom beywer vir die oplossing daarvan. Probleme soos onder meer die wanopvattings wat bestaan het oor watter gekwalifiseerde persone volgens hierdie Wet aangestel kon word vir die hantering van elektriese bedradingswerk. Die EDRR was van oordeel dat die Wet wei voorsiening gemaak het dat 'n senior leerlingvakman toegelaat kan word om

8 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, Minute, 26 October 1954,

pp.6-7; minute, 24 January 1955, p.11.

9

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 26 October 1954, pp. 7-8; ECA(S.A.), Minutes of the Sixth Annual General meeting, minute, 16 May 1955, p.23.

10

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, Minute, 22 August 1949, pp. 7-8.

11

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, Minute, 26 October 1954, pp. 7-8; minute, 24 January 1955, p. 13.

(5)

bedradingswerk te doen, maar dan onder voordurende toesig van 'n geregistreerde

draadman.12

Die EAV(S.A.) en die NFBTE was nie so oortuig daarvan nie en het versoek dat die

Wet verslap word om sodoende die knellende tekort aan draadmanne te verlig. Die

Ministerie van Arbeid is in 1951 genader met die versoek dat die bovermelde Wet so

gewysig word dat 'n senior draadman onder beperkte toesig bedradingswerk kon doen. Die versoek is nie toegestaan nie en die Wet is nie verslap nie 13

'n Verdere versoek is in 1953 deur die EAV(S.A.) aan die EDRR gerig rakende die

aanpassing van die Wet op Elektriese Draadmanne en Kontrakteurs (1939).

Aanpassings ooreenkomstig die bedradingsregulasies van Nieu-Seeland is deur 'n subkomitee ondersoek. Uit die ondersoek het dit duidelik geword dat Nieu-Seelandse regulasies doeltreffend was en dat dit met sekere aanpassings in die

plaaslike bedryf gebruik kon word. Dit kan beskou word as 'n bewys dat riglyne en

strukture as basis vir EAV(S.A.)-vestiging en vernuwing, hoofsaaklik uit Westerse

Iande se bestaande elektrisiteitsvereniging gevorm is.14 Dit is 'n voorbeeld van hoe

die EAV(S.A.) reeds sy stempel afgedruk het in die vorming van wetgewing wat die bedryf raak.

3.1.3

'n Gedragskode vir die bedrading van persele

Om werklik as professionele beroepsorganisasie te funksioneer, was dit vir die

12

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, Minute, 21 August 1950, pp. 4-7.

13

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee meeting, minute, 22 January 1951, pp. 5-6; 24 January 1955, p. 4.

14 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 27 January 1953,

p. 22.

(6)

Hoofstuk Orie

EAV(S.A.) sedert stigting ook belangrik om aandag aan 'n gedragskode vir die bedrading van persele vir sy lede te gee. Die gedragskode van die voormalige WEKV (Kyk Afdeling 2.2) is gedurende 1951 aan die EAV(S.A.) - takke deurgegee vir aanbevelings en komentaar sodat dit inaanmerking geneem kon word met die opstel van 'n gedragskode.15 Die ontwikkelingsproses vir sodanige gedragskode is egter vertraag omdat dit gedurende die eerste jare moeilik was om behoorlik aan die eise, soos in die vooruitsig gestel, te voldoen vanwee 'n gebrek aan onder meer goedgekeurde elektriese produkte.16

Ten spyte van die struikelblokke het die EAV(S.A.}, vier jaar later gedurende Maart 1955, in samewerking met die lnstituut vir Elektriese lngenieurs 'n komitee saamgestel wat 'n gedragskode vir die elektriese bedrading van persele moes opstel. 17 Die komitee het met sy werksaamhede begin en 'n gedragskode vir elektriese bedrading van persele opgestel. Gedurende 1958 is die voorgestelde gedragskode deur die EAV(S.A.) aanvaar en toegepas.18

Die waarde van 'n gedragskode het indirekte voordele vir lede meegbring. Onder meer het dit die EAV(S.A.) die geleentheid gebied om deur middel van gemeenskaplike bedinging korting op goedgekeurde materiaal vir lede te verkry.19

3.1.4 Tender- en kontrakvoorwaardes

As deel van die professionele beroepsbeeld is noukeurige tender- en

kontrakvoorwaardes as van die uiterste belang geag. Tendervoorwaarderegulasies in gebruik soos teen 1953 is as totaal ontoereikend beskou. Die EAV(S.A.)-takke het

15

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 27 March 1951, p. 5; minute, 21 May 1951, pp. 6-7.

16

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 23 October 1951,

pp. 5-6.

17 ECA(S.A.), Minutes of the Sixth annual general meeting, minute, 16 May 1955, p. 20.

18

ECA(S.A.), Extract from the report submitted to the 1958 Annual Congress by the

sub-committees appointed to formulate recommendation regarding the revision of the standard form of sub-contract and various other matters, pp.1-3.

19

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee meeting, minute, 27

March 1951, p. 5; 21 May 1951, pp.6-7.

(7)

oorgegaan om subkomitees te stig om met voorstelle vorendag te kom. Die Witwatersrandse tak was die eerste om aandag hieraan te skenk. Die EAV(S.A.) se Britse eweknie is genader om Ieiding. Voorstelle wat ontvang is, is aangepas om van toepassing op plaaslike omstandighede te wees. 20

Die konsepvorm is op 2 April 1953 aan takke vir kommentaar en aanbevelings deurgegee.21 Teen Oktober 1953 is 'n verfynde weergawe hiervan vir gebruik aan aile lede beskikbaar gestel om lede te help om grater sigbaarheid te gee aan hulle professionele beroepstatus in die elektrotegniese bedryf.22 Hierdie weergawe is verder met die oog op die Suid-Afrikaanse ekonomiese situasie verfyn namate leemtes met die gebruik daarvan ge"identifiseer is.23 Regsadviseurs van die NFBTE is ook genader om hiermee te help.24

Na vele samesprekings het die NFBTE in 1954 ingewillig om 'n nuwe kontrakdokument saam te stel. 'n Subkomitee is hiermee getaak, en die EAV(S.A.) het ook verteenwoordiging hierop gehad.25 Teen Oktober 1956 is 'n konsep-standaardkontrakvorm voltooi en aan die NUK voorgele vir verdere aanbevelings. Na die verwerking daarvan volgens behoefte is die dokument in gebruik geneem26

Gedurende 1955 het die NFBTE 'n subkomitee aangestel om 'n konsepmaatsisteem vir die tender van elektriese werk op te stel.27 Die is gedurende Mei 1955 voltooi.28

20

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 24 March 1953, pp. 9-10.

21

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 18 May 1953, p.12.

22

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 27 October 1953, pp. 8-9.

23

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 24 August 1953; 25 January 1954, p. 9.

24

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 26 April 1959, p.

7. 25

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 24 January 1955, p.12.

26

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 20 October 1956, p.12.

27

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 24 January 1955, p. 13; minute, 22 August 1955, p. 22; minute, 10 September 1956, pp. 16-17.

28

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 16 May 1955, pp. 5-6.

(8)

Hoofstuk Drie

3.1.5 Boubestekke (Bills of Quantities)29

Vanwee die ontoereikende tender- en kontrakriglyne in die vroeg-vyftigerjare is tenders vir groot elektriese kontrakte gewoonlik op 'n lukraak manier opgestel, terwyl tenders van ander afdelings van die boubedryf gewoonlik noukeurig-berekende afmetings, oftewel boubestekke, in hulle tender voorleggings bevat het. Weer eens was dit die Witwatersrand-gebied wat, vanwee die grootskaalse ekonomiese aktiwiteit, die EAV(S.A.) genader het oor die moontlike uitoefening van 'n behoorlike professionele diens deur die ingebruikneming van die praktyk van boubestekke. Raadgewende ingenieurs is ingespan om te help om 'n plan van aksie op die tafel te kry.30 Nie almal in die EAV(S.A.) het hierdie sentiment van die NUK gedeel nie, aangesien boubestekke as beperkend en rigied beskou is.31 In 1955 is 'n subkomitee aangewys wat die wenslikheid van die toepassing van die konsepdokument vir boubestekke in die elektriese bedryf ondersoek het. Die Komitee het voorgestel dat planne, spesifikasies en boustekke vir aile elektriese werk opgestel behoort te word. Voorts het die subkomitee voorgestel dat die dokument vir boubestekke 'n aparte dokument van die EAV(S.A.) rakende bouwerkregulasies moes wees.32 Die finale aanbevelings van die subkomitee is aan

29

Boubestekke (Bills of Quantities) verwys na die volledige beskrywing van bouplanne waarin die hoeveelheid van die nodige materiale noukeurig bereken en vasgestel word. 'n Definiering hiervan is in Hoofstuk Sewe herhaal.

30 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 22 August 1949,

pp.6-7.

31

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 23 January 1950,

p.9; minute, 21 August 1950, p.5.

32 ECA(S.A.), Minutes of the Sixth annual general meeting, minute, 16 May 1955, pp.16-20.

(9)

die onderskeie takke deurgegee sodat kommentaar gelewer kon word. Teen Oktober 1956 het byvoorbeeld die Pretoriase munisipaliteit die toepassing van die boubestekke aanvaar.33 Die meerderheid van die elektrotegniese kontrakteurs het die boubestekbenadering egter vermy. Hierdie kontroversiele aangeleentheid is eers gedurende die sestigerjare weer behoorlik aangeroer (Kyk Hoofstuk Vier, Afdeling 4.2.4).

3.1.6

Uitreiking van 'n verpligte uitklaringsertifikaat

'n Ander aspek rakende opleiding waaraan die EAV(S.A.) ook in die vroeg-vyftigerjare aandag gegee het, is die toekenning van 'n verpligte klaringsertifikaat as 'n perseel van eienaar verwissel.34 Hiervolgens moes eienaars van persele eers die bedrading van 'n betrokke perseel deur 'n geregistreerde draadman laat toets voordat die perseel verkoop mag word. Die eienaar het dan 'n toepaslike sertifikaat uitgesoek wat bevestig dat die bedrading volgens standaard is.35 In Augustus 1954 is hierdie voorstel aan die United Municipal Executive of South Africa (UME)

gedoen. Die UME het op sy beurt die versoek na die Provinsiale Munisipale Vereniging vir kommentaar verwys. Dit is positief ontvang, en plaaslike owerhede soos dorps- en stadsrade het die uitreiking van klaringsertifikate vir elektriese werk in hulle bywette opgeneem.36

3.1.7

Publikasies en bemarkingmeganismes

Die EAV(S.A.) het opleiding en professionaliteit ook van meet af aan indirek bevorder met die uitgee van 'n inligtingsbulletin. In hierdie maandelikse nuusblad is eksamenvraestelle ook gepubliseer wat dit belangrik gemaak het vir

33 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 20 October 1956, p. 9.

34 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 26 April 1954, p.

9; 23 August 1954, p.12.

35

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 26 April 1954, p.

9.

36 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 23 August 1954, p. 12.

(10)

Hoofstuk Drie

leerlingvakmanne. 37 Verder is bydraes oor die daaglikse takgebeure en interessanthede opgeneem.38

Artikels wat handel oor EAV(S.A.)-aktiwiteite, is van tyd tot tyd deur die EAV(S.A.) in die tydskrif die S.A. Builder geplaas.39 As kommunikasiemedium tussen die lede, takke, die bestuur en hoofkantoor het dit noodwendig die beeld van die vereniging as 'n volwaardige, professionele beroepsvereniging bevorder.40

3.2

Die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde (SABS) betrek en

erken die EAV(S.A.)

• Die SABS- 'n historiese oorsig

Die ontdekking van goud in Suid-Afrika gedurende die 19e eeu het gelei tot die

grootskaalse invoer van myn gereedskap en masjinerie. Aangesien daar

masjienerie van 'n verskeidenheid grotes, tipes en kwaliteit was, het 'n behoefte aan standaardisering ontstaan. Gedurende 1905 het die Transvaalse Kamer van Mynewese 'n standardiseringskomitee aangewys. Hierdie komitee was gemoeid met die standardisering van masjiene en ander materiale. Agt subkomitees is ook deur die Standardiseringskomitee saamgeste. Sake soos bv. pype, myn materiale en ook bou en strukturele materiale is deur die subkomitees hanteer.41

Verskeie komitees soortgelyk aan die standardiseringskomitee het onstaan,

byvoorbeeld The Chemical, Metallurgical and Mining Society se

standardiseringskomitee wat in 1906 gestig is. Gedurende 1908 het die president

37

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 22 August 1949,

p. 20.

38

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 27 April 1949, p. 5; minute, 22 August, 1949, p.20.

39 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 27 February

1950, p. 21; 27 February 1950, p. 3; 24 April 1950, p. 21.

40 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 23 October 1951,

p. 6.

41 South African Bureau of Standards, SABS Catalogue 2000, p. 6;

P.J. Potgieter (ed.), Standard Encyclopedia of South Africa, p. 92.

(11)

van die Transvaalse lnstituut vir Meganiese lngenieurs die Committee for the Standardization of South African Materials gestig.

Die hoofdoel van hierdie komitee was om bestaande standaardspesifikasies van materiale by Suid-Afrikaanse omstandighede aan te pas. Die naam van die komitee is gedurende 1911 verander na die South African Engineering Standards Committee.42

Gedurende 1934 is die South African Standards Institution as 'n tak van die British Standards Institution gestig. Die Institute was vertantwoordelik vir die koordinering van pogings van sowel die gebruikers en vervaardigers om ingenieurs en industriele materiale te standardiseer. Dit is op vrywillige grondslag onderneem.

Gedurende die Tweede Wereldoorlog(1939 - 1945) het hierdie benadering verander. Suid-Afrika het toenemend ge"industrialiseer. Dit was derhalwe nie meer prakties of regverdig dat 'n vrywillige organisasie soos die Standards Institution die toenemende werkdruk t.en opsigte van standardisering moes onderneem nie. Gevolglik is die Wet op Standaarde in 1943 deur die parlement aangeneem.

Deur die Wet is 'n Raad vir Standaarde tot stand gebring. Finansies is ook beskikbaar gestel waardeur die Raad 'n uitvoerende instrument, naamlik die Buro vir Standaarde kan instel.43 Na verskeie aanpassings en hersienings oor dekades heen is Wet 29 van 1993 as Wet op Standaarde aanvaar. Dit dien tans nog as aanvaarde wetgewing. Volgens die Wet is 'n Raad deur die Minister van Handel aangewys. Hierdie Raad staan bekend as die Raad van die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde (SABS)

Een van die belangrikste doelstellings van SABS is die samestelling en opstelling van nasionale standaardspesifikasies, gedragskodes en standaardmetodes. Vanwee die EAV(S.A.) se status in die elektrotegniese bedryf, het die SABS die

42 South African Bureau of Standards, SABS Catalogue 2000, p. 6.

43

Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde, "Die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde- tot u diens", Lantern September 1951, pp.343-344.

(12)

Hoofstuk Drie

EAV(S.A.) gereeld genader om mee te doen aan die verbetering van regulasies en

spesifikasies wat die elektrotegniese bedryf raak.

Hersiening van veiligheidsregulasies

Die missie van die EAV(S.A.) ten opsigte van die vertegnologisering van die elektrotegniese bedryf tot voordeel van die beroepsaannemer en die bree Suid-Afrikaanse gemeenskap, het kort na EAV(S.A.)-stigting gelei tot samewerking tussen die Aannnemersvereniging en die SABS. Van die eerste geleenthede vir samewerking was die hersiening van veiligheidsregulasies in die proses van die dienslewering en of installering van elektrisiteit.

Hierdie meewerking van die EAV(S.A.) na aanleiding van die SABS se versoek is

reeds in die veertigerjare voorafgegaan deur die SABS se stigting van komitees met die ondersteuning van 'n belangegroep soos die NFBTE. Een so 'n komitee was die

Safety Precaution Committee oftewel die Veiligheidsvoorsorgkomitee.

Munisipaliteite het, as 'n belangegroep, ook besondere belangstelling in die

aktiwiteite van sodanige komitees getoon, aangesien spesifikasies en regulasies

met betrekking tot die bedrading van persele hoofsaaklik deur plaaslike owerhede

vereis en bepaal is. Juis vanwee hierdie individuele bepalings en toepassings, het

die SABS bevind dat talle veiligheidsregulasies van plaaslike owerhede te vaag en

onduidelik is. Daarby was nuwe elektrotegniese toerusting, bedrading en metodes

op die vooraand van die dekade vyftig reeds in gebruik maar nie in enige van die bestaande regulasies op plaaslike owerheidsvlak ingereken nie.

Die Institute of Electrical Engineers van (Engeland) se hersiene uitgawe

veiligheidsregulasies is gebruik om eenvormigheid in die veiligheidsregulasies van elektrotegniese dienste in Suid-Afrika te verkry. 'n Subkomitee van die SABS is versoek om bestaande veiligheidsregulasies in die fynste besonderheid na te gaan

en die nodige aanpassings met behulp van bovermelde hersiene uitgawe te maak.44

44 ECA(S.A.), Minutes of the meeting of the Federation of Building Trade Employers in South Africa and the National Executive Committee of Electrical Contractors Association, minute, April 1949,

p.1.

(13)

Sedert 1949 is die EAV(S.A.) ook by hierdie proses betrek. 'n Verteenwoordiger is op die Veiligheidsvoorsorgkomitee benoem. Mnr. F.B. Gibson was die eerste om die EAV(S.A.) op hierdie Komitee te verteenwoordig. Wanneer veiligheidsregulasies hersien is, is dit aan die EAV(S.A.)-takke deurgegee vir aanbevelings en kommentaar.45 'n Finale dokument is in 1951 bekendgestel.46 Daarmee het die EAV(S.A.) meegehelp om te verseker dat dienste en produkte wat gelewer word, aan die hoogste eis van professionaliteit vir die tyd voldoen.

EAV(S.A.)-deelname aan ander SABS subkomitees

EAV(S.A.)-Iede was gedurende die pion1eqare van die beroepsvereniging se bestaan ook op ander SABS-subkomitees verteenwoordig. Hieronder tel die komitee gerig op die bepaling van spesifkasies vir die gebruik van elektriese produkte, materiale en gereedskap 'n Ander subkomitee was gemoeid met regulasies vir die herstel/installering van huishoudelike toestele, muur- en toestelskakelaars ens.47

As staande komitees het die taak van sulke komitees gewissel na gelang van die behoefte van die tyd, waarna hul ontbind is na afloop van 'n opdrag wat as afgehandel beskou is.48 Benewens F.B. Gibson was S. Revow en I.M. Lipman ook van die eerste EAV(S.A.)-verteenwoordigers wat op die SABS-subkomitees van die vroeg-vyftigerjare gedien het. 49

Die feit dat die SABS die EAV(S.A.) versoek het om verteenwoordigers op die sub-komitees aan te wys, kan as 'n bewys dien dat die EAV(S.A.) se kundigheid,

45 ECA(S.A.), Minutes of the meeting of the National Executive Committee, minute, 27 April 1949,

pp. 5-6.

46 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 22 August 1949,

p. 9; Minute, 21 April 1951, p. 8.

47 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 21 January 1952,

p. 5; minute, 25 August 1952, p. 11; 24 October 1968, p.20.

48

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minutes, 27 March 1951, p. 4; 21 January 1952, p. 5; 25 August 1952, p.11; 22 August 1955, p.26; 7 July 1956, p.18, 24

October 1968 p.20; Report of General Secretary, report, 27 April 1959, p. 5; 27 February 1962,

p. 6.

49 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minutes, 23 October

1951, p. 7; 26 May 1952, p. 8; 26 January 1953, p. 8; 24 March 1953. p. 9; 26 April 1954, p. 7.

(14)

Hoofstuk Drie

vakmanskap en ervaring erken en aanvaar is. Hierdie mosie van vertroue het

meegebring dat die EAV(S.A.) 'n aktiewe rol gespeel het in die samestelling en opstelling van kwalifikasies van elektriese toerusting en materiale en dat die

verening op hoogte was van nuwe ontwikkelinge in die verband.

3.3

Die EAV(S.A.) en arbeidsverhoudinge

lndustriele Rade het 'n bedingingsplatform vir industriele ooreenkomste wat

byvoorbeeld loonverhogings en oortydbetalings ingesluit het. Deur middel van hierdie Rade het die regering dus 'n meganisme geskep waarmee goeie

arbeidsverhoudinge bewerkstellig is (Kyk voetnoot 40 Hoofstuk Twee).

Elektrotegniese aannemers het pogings aangewend om verteenwoordiging op

bestaande industriele rade te kry. Alhoewel die MBA nie beswaar gemaak het teen

die versoek vir verteenwoordiging nie, wou werkgewers-organisasies binne die

elektriese ingenieursbedryf nie die versoek toestaan nie (Kyk Afdeling 2.3). Na sy

stigting het die EAV(S.A.) hom beywer vir die stigting van lndustriele Rade in

Pretoria, die Witwatersrand, Oos-Londen sowel as Kaapstad en omstreke.50

Vanuit regeringskringe is heelwat aandag reeds in 1949 gegee om

arbeidsverhoudinge tot voordeel van die ekonomie te verbeter. Die Ministerie van

Arbeid het nog in dieselfde jaar 'n versoeningsraad in die Oos-Londen-gebied

50 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 26 October 1949,

p. 4.

(15)

aangestel. Die Versoeningsraad moes onder meer arbeidsdispute en probleme met die SAEWA opneem en oplos. Aangesien die Versoeningsraad se ooreenkoms met die SAEWA op 31 Januarie 1951 verstryk het, het die SAEWA voorgestel dat dit verleng word totdat 'n industriele raad gestig sou word.51 Daar is ook reeds op 25 Januarie 1951 nuwe eise deur die SAEWA aan die versoeningsraad deurgegee. Hierdie eise het onder andere loonverhoging, vervoertoelae en 'n korter werksweek van 40 uur per week ingesluit.52 As gevolg van die feit dat lede van die Oos-Londen-tak van mening was dat die Versoeningsraad doeltreffend gefunksioneer het en ook meer kostebesparend was, is daar nie dadelik stappe geneem om 'n industriele raad te stig nie.53

Die Pretoria en Witwatersrandse EAV(S.A.)-takke het in afwagting van die moontlike stigting van 'n Nasionale lndustriele Raad(NIR) nie dadelik met die stigting van 'n lndustriele Raad vir die gebied begin nie. Nadat die takke egter ingelig is dat die stigting van 'n Nasionale Raad nie wenslik is nie en dus nie gaan realiseer nie, is

daar vanaf vroeg 1951 begin met voorbereidings vir die stigting van 'n industriele raad.54 Die het op 26 April 1951 gerealiseer.55'n lndustriele Raad vir die Kaapstad-gebied is ook gedurende Oktober 1951 gestig.56

Arbeidsdispute in die Oos-Londen-gebied is vanaf 1949 deur 'n Versoeningsraad, wat deur die Ministerie van Arbeid ingestel is, besleg. Gedurende Augustus 1953 het die SAEWA egter voorgestel dat daar 'n industriele raad vir die

Oos-Londen-51

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 23 January 1950, pp. 5-6.

52

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 26 February 1951' p. 4.

53

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 23 January 1950, pp. 5-6; ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 21 May 1951, p. 4.

54

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 22 January 1951,

p. 4.

55

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 22 January 1951, p. 4; minute, 21 May 1951, p. 4.

56 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 23 October 1951, p. 5.

(16)

Hoofstuk Drie

gebied gestig word.57 Op 19 Maart 1954 is die stigting van lndustriele Raad dan ook in die Staatskoerant gepubliseer.58Deur middel van die nuutgestigde industriele rade is ooreenkomste met die SAEWA gesluit. Hierdie ooreenkomste het gelei tot die

verbetering van arbeidsverhoudinge en werksomstandighede. Sake soos

loonaanpassings, verlofbonusse,59 werksure, betaling op publieke vakansiedae en die instelling van 'n pensioenfonds is in die industriele ooreenkomste ingesluit. 60

3.4

Op pad na 'n onafhanklike EAV(S.A.)

Aangesien die EAV(S.A.) tot 1955 binne die MBA gefunksioneer het, was MBA-Iidmaatskap om praktiese redes 'n voorvereiste vir EAV(S.A.)-MBA-Iidmaatskap.61 Dit het

'n dubbele lidmaatskapsisteem, waarbinne lidmaatskapsgelde aan albei

organisasies betaal moes word, te weeg gebring. MBA-takke het EAV(S.A.)-Iede

egter tegemoet gekom en 'n verlaagde lidmaatskapbedrag vereis.

Ten spyte van verlaagde lidmaatskapsgeld het elektrotegniese aannemers, wat MBA-Iede was, nie almal by die EAV(S.A.) aangesluit nie. Dit wil dus voorkom asof dubbele lidmaatskap die EAV(S.A.) moontlik lede en lidmaatskapsgeld gekos het, aangesien dit 'n hoer finansiele druk op lede geplaas het. 62

Om te bepaal waar die EAV(S.A.) ten opsigte van dubbele lidmaatskap staan, is die EAV(S.A.)-takke vroeg in 1951 versoek om aan die NUK verslag te doen in verband met die hoeveelheid MBA-Iede wat wei lid van die EAV(S.A.) is. Die navorsing wat voortgespruit het uit die verslae, het dit duidelik gemaak dat meer elektrotegniese

57 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 24 August 1953,

p. 8.

58 Unie van Suid-Afrika, Staatskoerant, kennisgewing nr: 558, 19 Maart 1954- 26 April 1954, p. 5.

59

EAC (S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 21 January 1951,

p. 4; Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 24 March 1952, p. 7.

60 ECA(S.A.), Minutes of a meting of the National Executive Committee, minute, 26 May 1952, p. 5;

25 August 1952, p.5; 26 October 1954, pp. 4-5; 24 January 1955, pp. 5-9.

61 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 27 April 1949, pp.

2,5; 21 August 1950, p. 2.

62

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 27 April 1949, p.3.

(17)

aannemers MBA-Iidmaatskap gehad het as wat daar lede van die EAV(S.A.) was. Die feit dat die invloedsfeer van die MBA ook die Lift Engineering Firmstad ingesluit

het, was saam met lidmaatskapkoste, redes vir die situasie.63

Om sy posisie te verbeter was die algemene gevoel onder die EAV(S.A.)-Iede dat direkte lidmaatskap toegelaat moes word. Dit sou beteken dat ook nie-MBA-Iede kon aansluit en dat die EAV(S.A.) onafhanklik van die MBA sou funksioneer.

Aangesien die MBA die EAV(S.A.)-administrasie onder die dubbele

lidmaatskapstelsel verrig het, moes 'n eie sekretariele diens ingestel word as direkte lidmaatskap aanvaar word. Die bestaande grondwet het ook dubbele lidmaatskap bevoordeel, en veranderings sou dus ook aan die grondwet aangebring word.

Gedurende 1953 is 'n subkomitee deur die NUK op die been gebring om die saak deeglik te ondersoek.64 Die subkomitee het die saak met die NFBTE bespreek. Aangesien die NFBTE sy steun aan die direkte lidmaatskapkwessie gegee het, het die subkomitee voortgegaan met sy ondersoek.65 Volgens die terugvoer van lede en takke het dit geblyk dat daar 'n oorweldigende steun vir direkte lidmaatskap was.

'n Moontlike datum vir inwerkingtreding is vir 1 Januarie 1955 vasgestel66 met die nodige wysigings aan die EAV(S.A.)-grondwet om die voorgenome veranderinge te akkommodeer. 67

Daarmee het 'n nuwe bedryfspad formeel vir die EAV(S.A.) aangebreek. In Hoofstuk Vier is 'n Ianger periode onder bespreking waarin die EAV(S.A.) as vername

rolspeler in die elektrisiteitsbedryf op nasionale vlak uitgelig word.

63 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 25 August 1952,

p.12.

64

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 18 May 1953, pp. 5-6.

65 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 8 March 1954, p.

2.

66 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 26 April 1954, p.

1 0; 23 August 1954, p.12.

67 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 26 October 1954,

pp. 2,9,12; minute, 24 January 1955, pp. 12-13.

(18)

Hoofstuk Drie

Strenger toesig met betrekking tot ledebelange en gehalte dienslewering is veral in die bespreking ter sprake. Bykomende aspekte waaraan meer aandag gewy is gedurende die sestiger-sewentigerjare is bemarking, arbeidsaangeleenthede en opleiding.

(19)

EAV(S.A.) presidents vir die periode, 1955-1977

Mnr. D. Collins Mnr. A.D. Smith

1956-1957 1957-1959

Mnr. S. Revow 1959-1961

Mnr. H.M. Gerber 1961-1963

(20)

Mnr. R.C. Mayne 1963-1966 Mnr. G. Jochelson 1968-1970 Mnr. H. Lerner 1966-1969 Mnr. B.G. Thompson 1970-1972

Die ekonomiese ontwikkeling en invloed van die EAV(S.A.), in die Suid-Afrikaanse ekonomie 1948-2000

Hoofstuk Drie

(21)

Mnr. E.V Burton 1972-1974 Mnr. T. Potgieter 1976-1977 Mnr. Weldrick 1974-1976

Bron: ECA(S.A.) Head Office, Edenglen, Germiston.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Een dubbele taak in deze veertigda- gentijd: blij zijn als iemand anders iets krijgt, en niet kwaad blijven op wie jou iets

De resultaten van deze workshop zullen worden gebruikt om een advies op te stellen waarin wordt aangegeven welke randvoorwaarden de gemeente zelf zou moeten formuleren voor

Terapeutiese uitkomste wat J bereik het word as deel van die volgende aspekte weergegee: verbeeldingspel, dramatiese spel, sosiale interaksie (met die terapeut, ouers,

In die Knnpprovinsie word dio provinsi'::',lo koshuise ge- adninistreer volgens dio proscduro wat oorspronklik dour dio Suid-Afrika-wet neergele is, wat dit

Die NSAIS leen hom uitstekend daartoe om die intellektuele vermoe van die leesvertraagde leerlinge te bepaal en die redes waarom 'n intelligensietoets ingesluit

Terwyl die liede- re gesing word, behoort die voorgestelde liggaamsbewe- gings (soos by elke lied aangebring) telkens deur alle leerlinge in die groep uitgevoer

Indien aktiwiteite akkuraat beplan word, kan die leerl'inge sukses ervaar wat hulle selfbeeld positief behoort te bein- vloed. Aangesien die leerlinge aangemoedig

n Vergelyking tussen verskillende musikale elemente wat algemene persepsie en konseptualisering by die kind betref, gesien teen die agtergrond van bevin=. dinge in