HOOFSTUK 1
ORIENTERING, J>ROBLEEMSTELLING, DOEL EN 1\JETODE
I. t OR! ENTERING
Aile terreine van die regswctcnskap is vir die ondcrwyscr van bclang (l'rinsloo &
Beckmann, 1987:22). Onderwys in die moderne samelewing is 'n komplekse gebeure waarby baie rolspelers betrokke is (Van Wyk, 1987: 13). Die onderwyser word daagliks deur die juridiese sfeer van die werklikheid aangespreek, en daarom behoort die on- derwyser kennis te dra van die feit dat die reg besondere verpligtinge op hom plaas, vera! met betrekking tot sy professionaliteit. Uit 'n regsoogpunt is die ondcrwyser voortdurend vir sy berocpsoptrede en -gedrag aanspreeklik (Bray 1!1 al., 1989:3 I)
Die mens kan deur middel van onderwys en opleiding behoorlik toegcrus word om effektief a an aile prose sse van 'n demokratiese gemeenskap, soos byvoorbeeld ekonomiesc aktiwiteite, kulturele uitdrukking en gemeenskapslewe, dee! te neem (Department of Education, 1995:8). Onderwys word in terme van die Grondwet van Suid-Afrika (200: 1993) as 'n basiese mensereg beskou, en daarom het die staat 'n verpligting om hierdie basiese mensereg te beskerm en te bevorder (Department of Education, l 995: 16 ).
Enige land se ekonomie word gestimuleer deur die beskikbaarheid van 'n goed opgcvoede burgerkorps wat verandering en innovasie kan genereer en implementeer (Beckmann &
Van der Bank, 1995: 1). Om hierdie rede is dit noodsaaklik dat die onderwyskorps oor die vermoe en toegewydheid moet beskik om kwaliteit onderwys en opleiding te waarborg (Department of Education, 1995: 16). In hicrdie opsig is dit belangrik dat clkc lid van die gcmeenskap se voile potensiaal ontwikkel word en dat daar aan die onderwysver- wagtinge van die gemeenskap voldoen word. Onderwysers vervul 'n sleutelrol in die daarstelling van gchalte-onderwys, en daarom moe! hulle oor gcspesialiseerde kennis, besondere vaardigheid en toewyding beskik (Beckmann & Van der Bank, 1995: I).
Onderwyserbevoegdheid is nie net 'n universele onderwysvereiste nie, maar is van die uiterste belang in 'n veranderende Suid-Afrika (Grobler & Van dcr Merwe, 1995: 1).
In die gehecl gesien, is die huidige Suid-Afrikaanse onderwysstclscl in baie opsigte uiters ondocltreffend. Die produktiwiteit en die effcktiwitcit van die Suid-Afrikaansc onderwysstelsel sal drasties moe! verbeter om die koste daaraan verbondc te regverdig (Department of Education, 1995: 18).
Beckmann en Van der Bank (1995:2) beskou die onderwysers in Suid-Afrika as ccn van die belangrikste oorsake vir die swak gehalte van Suid-Afrikaanse onderwys en voer die volgcnde redes daarvoor a an:
• Ongeveer die helfte van die opvoeders in Suid-Afrika is Of ongckwalifiseerd 6f ondergekwalifiseerd.
• Die afwcsighcde van ondcrwysers
ISbaie hoog, hoofsaaklik as gcvolg van protesa ksi cs.
• Die skool word as die sentrum van die "struggle" beskou.
• Onderwysers stel hulle eie belange bokant die van die leerlinge
• Die onderwysers se gebrek aan gespesialiseerde kennis.
• Die lac status wat onderwysers in die gemeenskap geniet
Op grond van die professionele aard van die onderwysberoep is dit noodsaaklik dat die onderwyser kennis van die onderwysreg moet he. Onderwysers moel op hoogle wees van die regsbeginsels, insluitende die verandcrende rcgsbcginsels, wat op hullc professie betrekking heL Kennis van die onderwysreg kan tot die ondcrwyser se be- kwaamheid, sy werksgeluk en die handhawing van die professionele status van die ondcrwysberoep bydra (Van Wyk, 1987: 128-129).
l.2
PROBLEEMSTELLING
Die aanhef van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika (200: 93) beklemtoon
die behoefte aan 'n nuwe konstitusionele bestel vir Suid-Afrika waarin daar algchdc
gelykheid tussen aile persone sal bestaan. Konstitusionele veranderinge staan egtcr nie
los van die ander sektore van die samelewing nie, en daarom is dit nodig dat die
onderwysbestel ook moet verander (Stone, 1994). In die Witskrif op Ondcrwysvoorsicning
(1994:4) word daarop gewys dat die onderwys as sentrale aktiwitcit van die gcmeenskap
in sy geheel moe! verander. Daar kan dus met reg na die begin van die Renaissance
van die onderwys in Suid-Afrika verwys word (Van Loggerenberg, 1993.1)
'n Model vir onderwyserproft'.ssionalitcit is nodig, omdat die onderwyser verplig word om 'n besondere kennis van die onderwys te he (Prinsloo
&Beckmann, I 'J87:7) Die onderwyswette en die gemene reg in Suid-Afrika vereis 'n professionalitcit van onder- wysers (Oosthuizen, 1993: 1). Die onderwyser behoort ook daarvan kennis te dra dat die reg met betrekking tot professionaliteit besondere verpligtinge op hom plaas, omdat die onderwyser uit regsoogpunt voortdurend aanspreeklik is vir sy beroepsoptrede en -gedrag (Bray
et a/., 1989:31).Sekere kenmerke is deur verskeie navorsers geldentifiseer om te bcpaal of 'n beroep aan die vercistes van 'n professie voldoen (Kriel, 1993: 16). Die insluiting van alle onderwysers uit aile departemente kan die meeste van hierdie kenmerke wysig. Ondcrwys as 'n eie saak en die gepaardgaande komplekse hierargie van aparte ondcrwysdepartemcnte word volgens die Witskrif op Onderwysvoorsiening (1994:9) uitgefaseer.
Voorheen is blanke onderwyserprofessionaliteit onder meer deur Wet 70 van I 988 asook deur die statuter erkende professionele beheerliggaam, die Federale Onderwysersraad (FOR), beheers, terwy! nie-b!anke onderwysers nie nodig gehad het om by 'n professionele liggaam te registreer nie (Oosthuizen, 1990:68). Die statutere
detern~inantewat gehelp het om onderwyserprofessionaliteit in tradisionele blanke onderwys in stand te hou, het egter nou verander, en die gevolg is dat hierdie tradisionele model sal moet verandcr.
Statutere determinante wat verander het, is onder andere die Grondwet, waarondcr die insluiting van 'n Handves van Menseregte wat volgens Bray (1992: 16) verreikcnde gevolge vir die onderwys kan inhou, die Wet op Arbeidsverhoudinge in die Onderwys ( 146: 1993) en die statutere erkenning van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SA DOU) (Anon., 1993:107). Laasgenoemde is in sy wese 'n vakbond (Beckmann, 1994:1). Die nuwe onderwysstelsel as sodanig, asook die gemene reg en regspraak, is ander deter- minante wat 'n invlocd sal uitoefen op die vergestalting van 'n model vir onderwyser- professionaliteit in 'n verandcrende Suid-Afrika.
Die besprekingsdokument van die ANC (1994a:S6) beskou die reeling van die gcorga-
niseerde onderwysprofessie deur die statutere en gemene reg as uiters swak, omdat
hierdie wette en regulasies nie 'n werkbare raamwerk verskaf vir gcsamcntlikc bedinging
en dispuutoplossing nie. Hierdie kritiek is egter aangespreek met die promulgasie van
die Wet op Arbeidsvcrhoudinge in die Onderwys (146: 1993). Hierdie wet Jaat werknemers
toe om by organisasies van hul keuse aan te sluit - selfs hul eie organisasics te stig -
en laat wcrknemers ook toe om te staak (146:1993). Kruger (1994 3) bctwyfel dit of
'n onderwyser wat aan stakings deelneem, eise stel, krytsmytery tocpas en vandalismc
pleeg, uitvoering kan gee aan sy professionele funksie van uniekc dienslcwcring. Die
ANC ( 1994b: 58) wys in sy Heropbou- en Ontwikke1ingsprogram ook daarop dat ondcnvys feitlik tot stilstand gekom het en dat die toestand in swart ondcrwys vergclyk kan word met anargie. Daar bestaan nie 'n leerkultuur by die kinders nie, en ook nie 'n onder- rigkultuur by onderwysers nie (ANC, 1994b:58).
Die professionele terrein van die onderwyser is vir onderwysersverenigings van groot belang. Daarom het die Federale Onderwysersraad en die Nasionale Professionele Onder- wysersorganisasie van Suid-Afrika (NAPOSA) 'n ondersoek onderneem na die profes- sionele terrein van die onderwyser (Napoosa & FOR, 1994: !) Daar word van 'n professionele persoon verwag om oor gespesia1iseerde kennis te beskik (Kricl. 1993: 16).
Volgens die 1991-1993-verslag van die Federale Onderwysersraad (FOR) beskik 70,4%
van geregistreerde lede oor vier jaar en Ianger tersiere opleiding. Kriel ( !993 :87) ht·t egtcr bevind dat die meeste onderwysers, ten spyte van die hoe vlak van opleiding.
oor twyfelagtige kennis. rakende onderwyserprofessionaliteit beskik. In die NEPI- (Na- tional Educational Policy Investigation)-verslag (ANC, 1993a:236) word daarop gewys dat die tradisionele swart onderwys in 'n baie ongunstige posisie is. want ongeveer 30 000 onderwysers is professioneel ongekwaliliseerd en 'n verdere 45 000 onderwysers het minder as Standerd 10 as 'n kwalilikasie. Indien at die huidige opvoeders volgens die Wet op Arbeidsverhoudinge in 'n register opgeneem moet word, is dit nodig dat die norme wat tans vir professionele onderwysregistrasie geld in heroorweging geneem moet word. In die Witskrif op Onderwysvoorsiening (1994: 16) word daarop gewys dat onderwysersopleiding die sentrale pilaar moel vorm waarop professionele groei en pro- fessionele kundigheid moet berus.
Wat die handhawing van gesag (professionele dissipline) betrcf, wys Beckmann (I 994:4) daarop dat daar verskillende onderwysersorganisasies bestaan en dat elke organisasie professioncle dissipline volgens sy eic voorskrifte gaan toepas. Alhoewel daar volgcns Artikel 12 (5) (xiv) van die Wet op Arbeidsverhoudinge 'n register bygehou moet word.
is Kruger (1994:4) bekommerd dat die orde en dissipline, soos dcur die ccrtydse FOR toegepas, nie in die toekoms gehandhaaf sal kan word nie. Vol gens Van Nickcrk (I 994:6) asook Anon. (1994b:9) het SADOU reeds ongeveer 40% van die moontlike onderwyscrs as ingeskrewe lede. SADOU hct 'n ongepubliseerde gedragskode vir onderwyscrs, maar daar word nerens melding gemaak van die prosedurehandeling wat toegepas sal word in die geval van die verbreking van 'n artikel van die gedragskodc nie.
Suid-Afrika het tans in die onderwys mense mel durf en visie nodig, mensc wat bereid
is om die leerlinge in hul sorg voor te bcrei vir 'n wercld vol uitdagings en hoop
(Davies, 1993:23). Louw (1994) wys daarop dat daar weerstand teen vcrandcring sal
wces, omdat mcnse tevrede is soos hulle tans is. Daar kan egter geen lewe sonder groei wces nie, gecn groci sonder verandering nie, en geen vcrandcring sonder wccrstand nie (Shaw, 1994).
Kruger (1994:6) wys daarop dat daar nie 'n toekoms vir ons in die verandcrcndc Suid-Afrika sal wees as die onderwys in 'n veranderende Suid-Afrika misluk nie. Volgens die Witskrif op Onderwysvoorsiening (1994:35) sal dit 'n moeilike proses wces om die onderwys oornag te verander, omdat verandering deur behoorlike beplanning vooraf- gegaan moet word. Thunyane (1994:3) voeg hierby dat behoorlike oorgang tydsgebonde is.
In die lig van die voorafgaande blyk die navorsingsprobleme die volgendc te wccs:
• Wat is die aard en omvang van onderwyserprofessionaliteit?
• Watter determinante sal 'n beduidende invloed uitoefen op die samcstelling van 'n model vir onderwyserprofessionaliteit?
• Wat is die stand in ander Iande betreffende onderwyserprofessionaliteit?
• Watter riglyne kan daar neergele word vir die samestelling van 'n model vir onderwyserprofessionaliteit in
'nveranderende Suid Afrika?
1.3 DOEL VAN DIE NA VORSING
In hierdie navorsing sal gepoog word om
• te bepaal wat die aard en omvang van onderwyserprofessionalitcit is,
• tc bepaal walter determinante 'n rol sal speel in die samcstelling van 'n model vir onderwyserprofessionaliteit,
• ondersoek te doen na wat die stand van onderwyserprofessionaliteit in andcr Iande is, en
• 'n werkbare model saam te stel vir onderwyserprofessionaliteit en aanbcvclings
te maak om so 'n model vir onderwyserprofessionaliteit te laat "lcef" tot op
die laagste vlak van die onderwys.
1.4 TERREIN VAN DIENAVORSING
Hierdie navorsing val grootliks binne die studieveld van die ondcrwysrcg, want daar word hoofsaaklik gekonsentreer op die onderwysregtelike dcterminante wat by die same- stelling van 'n model vir onderwyserprofessionaliteit in 'n verandercndc Suid-Afrika van toepassing is.
1.5 METODE VAN DIENAVORSING
1.5.1 Literatuurstudie
Prim~re
en sekondere bronne is gebruik om te bepaal wat onderwyserprofessionaliteit behels. Hierdie gegewens is geevalueer en geweeg, waarna daar tot enkele gevolgtrekkings gekom is. 'n DIALOG-soektog is onderneem aan die hand van die volgende trefwoorde:
teacher conduct, teacher behaviour, professional conduct, unprofessional conduct, code of conduct, codes of ethics, collective bargaining, educational malpractice, profession, ideal teacher, misconduct teacher, federal teachers' council, educational law, professional outonomy, professional recognition, teacher associations, teacher dismissal, teacher char- acteristics, teacher rights, teacher competency, incompetent teacher, labour law, human rights, fundamental rights, childrens' rights, common law and education, case law on education, systems of education, models of teaching, people's education and teachers' education.
1.5.2 Modelbou
'n Literatuurstudic is onderneem om 'n teoretiese model
tevind, aan die hand waarvan onderwyserprofessionaliteit soos dit in die praktyk bestaan, getoets kan word.
1.5.3 Vergelykende studie
Om 'n internasionale perspektief op die navorsingsonderwerp te verkry, is 'n vergclykende
studie gedoen wat bestaan uit 'n stcekproef van sekere Westerse, Oostcrse en enkelc
Afrika-lande in teenstelling met Suid-Afrika.
1.6 ORDENING VAN DIE IJOOFSTUKKE
• Hoofstuk 1 is 'n inleidende hoofstuk waarin 'n uiteensetting gegce word van o die noodsaaklikheid van onderwysregtelike kennis,
o die probleemstelling, doelstelling, terrein en metode van die namrsing, en o die hoofstukordening van die proefskrif.
• In hoofstuk 2 word 'n onderwysregtelike perspektief op ondcrwyscrprofcssio- naliteit geplaas. Die klem va1 op
o die aard en omvang van onderwyserprofessionaliteit, o professionalisering van die onderwys,
o die vakbondwese en onderwyserprofessionaliteit, en o die kodering van onderwyserprofessionaliteit.
• In hoofstuk 3 word die statutere determinante wat 'n invloed op onder·
wyserprofessionaliteit kan uitoefen, ondersoek. Die klem val op o die Grondwet (200: 1993) van Suid-Afrika,
o die Handves vir Fundamentele Regte,
o die Wet op Arbeidsverhoudinge in die Onderwys (146: 1993), en o die Wet op lndiensneming van Opvoeders (138:1994).
• In hoofstuk 4 word die aandag verskuif na die gemeenregtelike determinante wat 'n moontlike invloed kan uitoefen op die samestelling van 'n model vir onderwyserprofessionaliteit. Die klem val op
o die reels van natuurlike geregtigheid, o billike prosedure,
o in loco parentis,
o kwasijudisiele bevoegdheid, o sorgsame toesig, en o die ultra vires-lecrstuk.
• In hoofstuk S word 'n internasionale perspektief op onderwyserprofessionaliteit gegee. Die klem val op
o die bevoegdheid om as onderwyser te praktiseer, en
o aspekte van professionele wangedrag.
• In hoofstuk 6 word 'n model vir onderwyserprofessionaliteit in 'n verandcrcnde Suid-Afrika daargestel. Die klem val op
o kritcria ten opsigte van onderwyserbevoegdheid, o die daarstel van 'n etiese gedragskode, o toegang tot die professie, en
o die professionele beheer van die professie.
• In hoorstuk 7 word
o 'n samevatting van die navorsing gegee,
o 'n aantal aanbevelings gemaak wat uit die navorsing spmit, en a cnkelc voorstelle vir verdere navorsing gemaak.
l.