• No results found

Uitspraakwoordeboek van Afrikaans / T.H. Le Roux en P. de Villiers Pienaar

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Uitspraakwoordeboek van Afrikaans / T.H. Le Roux en P. de Villiers Pienaar"

Copied!
379
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)
(2)

UITSPRAAKWOORDEBOEK VAN AFRIKAANS

(3)

UITSPRAAKWOORD EB OEK

VAN AFRIKAANS

DEUR

P R 0 F. T. H. L E R 0 U X

EN

PROF. P. DE VILLIERS PIENAAR

VIERDE DRUK

J. L. VAN SCHAlK, BEPERK, PRETORIA

(4)

~Q G B '3 '\ ~ EERSTE DRUK: 1945 TWEEDE DRUK: 1950 DERDE DRUK: 1956 VIERDE DRUK: 1962 VYFDE DRUK: 1967

(5)

VOORWOORD

HrERDIE Uitspraakwoordeboek van Mrikaans is samegestel op versoek van die Transvaalse Departement van Onderwys. Dit is ons 'n groot genoege om by hierdie geleentheid ons erkentlike dank aan die Departe-ment te betuig vir die steun waardeur die werk moontlik gemaak is en waarsonder hy onder die huidige omstandighede nie sou verskyn het nie. Maar ook die publiek is die Departement baie dank verskuldig, want daar bestaan groot behoefto aan 'n sodanige werk. Ons besit 'n erkende spelling van ons taal, maar omtrent die uitspraak bestaan daar dikwels onsekerheid of onvastheid. Met die Woordeboek wil ons hier die nodige leiding gee, maar die gebruiker daarvan moet begin met die ,Inleiding" eers aandagtig deur te lees.

'n Uitspraakwoordeboek bring sy besondere moeilikhede mee. Daar moet na gestreef word om die algemene uitspraak weer te gee soos waar te neem in die lewende taal, uit die mond van beskaafsprekendes. Maar wat is nou algemeen onder toonaangewendes en derhalwe as standaard te beskou 1 By nader ondersoek kom hier meermale aan die lig wat die samesteller of samestellers nooit vermoed het nie. Dan is daar behoefte aan wetenskaplike onpartydigheid, wat bereid is om 'n persoonlike uitspraak te vervang deur een wat meer algemeen blyk te wees, maar ook om leiding te gee waar daar uit verskillende uitsprake 'n keuse moet gedoen word. Van baie woorde is daar moer as een uitspraak in algemene gebruik en in sodanige gevalle moet die ver-skillende uitsprake in 'n uitspraakwoordeboek naas mekaar vermeld word: hulle is gelykwaardig. Daar's ewenwel nog meer woorde waar, ten einde die nodige leiding te gee aan die publiek, die een uitspraak opgeneem word, maar die ander nie; of waar verskil moet gomaak word tussen die uitspraak wat as algemeenbeskaaf en derhalwe as standaard beskou word en die een wat nie daarop aanspraak kan maak nie, maar tog verdien om opgeneem te word. Deur wetenskaplike navraag by 'n aantal sprekers uit verskillende dele van ons land het ons probeer om in aile twyfelagtige gevalle die nodige sekerheid te verkry. Ons is daarby gehelp deur die gelukkige omstandigheid dat die een samesteller van hierdie uitspraakwoordeboek in Transvaal opgegroei het en die ander in die westelike Kaapprovinsie.

Afgesien van kwestieuse uitsprake ten opsigte van die gewone woord, het die beste uitspraak van klassieke en moderne vreemde eiename

(6)

vi

ons veel hoofbrekens besorg. 'n Uitspraakwoordeboek moet rekening hou met die bckendstes onder hierdie name, maar die uitspraak lewer dikwels groot moeilikheid op. Soms kan die landsuitspraak, minder of. meer getrou, as die geskikste vir die doel gegee word; dikwels egter klink die so vreemd dat aileen 'n aanpassing vir die eie volk aanneemlik is. Meermale sal iemand wat hierdie werk raadpleeg, 'n naam soek wat nie opgeneem is nie, terwyl een wat volgens sy mening minder bekend is, tOg vermeld is. So iets Ie by 'n keuse in die aard van die saak: dit kan nie vermy word nie. As basis vir woordopname het ons gebruik die ,Afrikaanse Woordelys," maar dit aangevul uit ver-skillende ander bronne. Ons het ons beperk tot die woord wat uit-spraakmoeilikheid oplewer.

Hierdie uitspraakwoordeboek is in die eerste plek bcdoel nie vir die vakman nie, maar vir die ontwikkelde leser in die algemeen. Die uitspraak word voorgestel deur middel van die fonetiese letter - die enigste manier waarop dit korrek en tewens duidelik weergegee kan word -, maar ongelukkig dink die buitestaander gcwoonlik dat die lees van fonetiese skrif met veel moeilikheid en inspanning gepaard gaan. Dit sal hier volstrek nie die geval wees nic as die leser net die volgende raad opvolg: begin met die ,Inleiding" aandagtig dcur te lees: - die paragrawc oor standaarduitspraak ( §§ 1-16), oor die fonetiese tekens wat gebruik is en hulle klankwaardes ( § 18: ons gebruik die tekcns van die ,Internasionale Fonetiese Vereniging van Parys") en oor die gebruiksaanwysings in verband met die woordeboek

(§ 19). Wie dit vantevore gedoen het, sal geen mocilikheid ondervind by die gebruik van die werk nie.

Pretoria - Johannesburg ; Februarie 1945

DIE SKRYWERS

VOORWOORD BY DIE TWEEDE DRUK

MEER as een het gemeen dat in ons dunbevolkte land 'n werk van hierdie aard beswaarlik 'n afsetgebied sal vind, te meer waar die uitspraak in die fonetiese letter voorgestel word. Die uitkoms het hierdie opvatting cgter geloenstraf: binne vier jaar was die eerste druk uitverkoop; besondere omstandighede het meegebring dat die nuwe druk nou pas verskyn.

Ons het oorweeg of die nuwe druk nie uitgebrei moet word nie, maar weens die betreklike kort tydsverloop tussen hierdie twee drukke, is gevoel dat die tweede druk in hoofsaak gelyk moet bly aan die vorige.

(7)

vii

Mgesien van die nodige korreksies, is die teks self dus gelyk aan die vorige, maar 'n klein aantal noodsaaklike toevoeginge word gegee in die vorm van 'n aanhangsel.

Ons wens Dr. H. J. Terblanche van die Universiteit van Natal, hartlik te bedank vir toegestuurde korreksies.

Andermaal gaan ons dank uit aan die Onderwys-Departement van Transvaal vir die guile steun aan ons werk verleen, maar ook die Onderwysdepartemente van Natal en die Oranje-Vrystaat wil ons hartlik bedank vir die afset wat uns hoek by hulle gevind het.

Die publiek het ons werk mooi gesteun en het hom.kon oortuig dat 'n mens gou met die fonetiese letter oor die weg kom. Ons hartlike dank vir die steun, maar andermaal versoek ons lesers om die Inleiding te lees.

Pretoria - Johannesburg, J anuarie 1950

DIE SKRYWERS

VOORWOORD BY DIE DERDE DRUK

BY DIE VERSKYNING van die vorige druk is die spelling onveranderd gelaat omdat die nuwe druk van die Afrikaanse Woordelys en Spel-reels (1953) toe nog nie verskyn het nie. By hierdie druk van die Uitspraakwoordeboek is die gewysigde spelling toegepas. Dit het mee-gebring dat heelwat woorde van plek verander het; ook dat 'n ander woord soms in die plek daarvan moes kom, of 'n minder belangrike woord geskrap moes word om plek te maak. Afgesien hiervan is die inhoud van hierdie druk gelyk aan die vorige.

Pretoria -Johannesburg, Junie 1956

DIE SKRYWERS

VOORWOORD BY DIE VIERDE DRUK

IN DIE VORIGE drie drukke is - om ruimte uit te spaar - die af-leiding en rlie samestelling onder die hoofwoord gegroepeer. Die ervaring het geleer dat hierdie metode minder wenslik is omdat dit die naslaan bemoeilik: die alfabetiese volgorde word naamlik dikwels ver-steur deur sodanige metode. By daardie metode moes ook gebruik gemaak word van 'n vertikale strepie om aan te dui watter gedeelte van 'n woord herhaal moes word; veral hierdie praktyk het aanleiding

(8)

viii

gegee tot misverstand. Daarom word in hierdie druk van daardie vertikale strepie afgesien. V erder word die woorde oor die algemeen as hoofwoorde beskou, as ,lemmas", soos die vreemde term lui. Deur dit te doen, is die gebruik van hierdie woordeboek aansienlik vergemaklik, veral vir die nie-vakman.

'n Aantal nuwe woorde is opgeneem, maar in hoofsaak is hierdie druk gelyk aan sy voorgangers. In hoofsaak is die woorde opgeneem waarvan die uitspraak, in een of ander opsig, moeilikheid oplewer. Om dieselfde rede word buigingsvorms slegs daar gegee waar die uitspraak dit, om een of ander rede, regverdig.

Van ronde hakies moes ons 'n besondere gebruik maak en die leser word versoek om veral op die volgende te let :

-(a) Ronde hakies in 'n woord dui 'n wisselvorm aan, bv. fon(t)s beteken dat fonts en fons gelykwaardige uitsprake is; ve(: )r1spre: k gee te kenne dat die voorafgaande e lank of kort

uitgespreek kan word;

(b) Ronde hakies agter 'n woord dui 'n minder gebruiklike vorm aan, bv. 1madox ( 1marox) gee te kenne dat ( 1marox) wei minder bekend is, maar tog genoeg gehoor word om erken te word. Van kollegas en belangstellendes is wenke en korreksies ontvang. Hiervoor ons opregte dank.

Pretoria, Januarie 1961

(9)

lX

l!IERDIE KAART gee die verhouding van die tongstande van die Afrikaanse klinkers tot die van die kardinale klinkers. Die .kardinale klinkers is hipotetiese klanke. Elke kollotjie stel die hoogste tonggedeeltes voor wat by die vorming betrokke is. Lyn 1 tot 8 verteenwoordig die hoogste tongstand voor, middel of agter in die mond waarby klinkervorming nog moontlik is. Lyn 4 tot 5 gee die ooreenkomstige laagste tongstand. Lyne 2-7 en 3-6 is eweredig tussen 1-8 en '4-5 respektiewelik verdeel. Lyn 1-4 verteenwoordig die uiterste voor-vorming met die tong teenoor die hardo verhemelte. Lyn 8-5 verteenwoordig die ooreenkomstige uiterste agter-vorming met die tong teenoor die sagte verhemolto. Die sentrale driehoek vort.eenwoordig die middel-vormingsgebied wat die voor- en agter-vormingsgebiede skei. Wat die kaakwydte en verhouding van tong tot verhemelte betref, verteenwoordig lyn 1-8 die geslote vorming, lyn 2-7 die halfgeslote, lyn 3-6 die halfoop en Iyn 4-5 die oop vorming. Die grenslyne van die kardinale klinkerkaart dui gewoonlik 'n gespanne yorming aan, die gebied binne die driehoek 'n ongespanne vorming, en wat daar tu.ssen val 'n ondergespanne vorming. Vir 'n verdere beskrywing van die kardinale klinkor-kaart word verwys na Afrikaanse Fonetiek van le Roux en Pienaar, §§ 106-112. Die Afrikaanse klinkers wat deur sirkels aangedui word, moet vergelyk word met die kardinale klinkers wat deur swart kolletjies voorgestel.word. Sirkels in plaas van kolletjies word vir die Afrikaanse klinkers gebruik om aan to toon dat daar 'n wisselende vorming is, wat egter binno sekere porke geskied. Die klinkers van Standaard-Afrikaans is dus eintlik roiddelpuntsoekend.

(10)

TABEL VAN KONSONANTE

.S

~ -~

Plek :'an

~

Bilabiaal I Dentaal

a

~

k vormmg

I I

I

I

~ ~

I I I I ~ ~---Eksplosiewe p-b Labio-dentaal Alveolaar t-d

Prepa-lataal Palataal Velaar

I

c - (J) k-g Uvulaar 1

I

Affrikate tf-(d3) Frikatiewe u f-v s- (z)

s

Q-j X Triller r (R) Syklank 1 Nasale m n J1 IJ Halfvokale (w)

I

(j) (w) Glottaal (?) fi

Wat met 'n koppelteken verbind is, vorm 'n paar: stemloos en stemhebbend; die stomhebbende klanke is ,vet" gedruk. Die simbolo tussen () stel minder gewono klanke voor.

(11)

INLEIDING

STANDAARDUITSPRAAK OF ALGEMEEN-BESKAAF

Noodsaaklikheid van 'n uitspraakwoordeboek.

§ l. Toe Ware Afrikaander (S. J. du Toit) en Klaas Waarzegger, Jr. (C. P. Hoogenhout) dit met mekaar eens geword het, in die begin van die sewentiger jare van die vorige eeu, oor 'n voorlopige spelling van Afrikaans, het die laaste gemeen dat deur die mense aan te spoor om te skrywe soos hulle praat, dit nie later noodsaaklik sou blyk om 'n uitspraakwoordeboek van ons taal uit te gee nie. (l) Reeds lank weet ons dat hierdie veronderstelling nie korrek is nie. Natuurli~,

waar uitspraak en spelling nie so ver van mekaar af staan nie, soos byvoorbeeld in die geval van Afrikaans, is die behoefte aan 'n uit-spraakwoordeboek nie so groot nie as waar ortografie en uitspraak

ver van mekaar verwyderd is, soos in die geval van Engels, maar· die behoefte bly tOg altoos bestaan.

Spelling en uitspraak nie dieselfde nie.

§ 2. Om mee te beginne, is dit van die allergrootste belang dat sowel vakman as leek vat dat klank en skrif nie gelykwaardig is nie. Ruim veertig jaar gelede het die beroemde Kopenhaagse professor, wyle Otto Jespersen, die volgende treffende woorde geskrywe (ons vertaal): ,Die fonetikus en die taalondersocker in die algemeen kan beswaarlik 'n groter fout begaan as die volgende: klanke met letters, uitspraak met skrif te verwar en die geskrewe vorm van die taal 'n te groot waarde toe te ken. Tog is dit 'n fout wat ons almal, meer of minder bewus, vanaf ons skooldae aankleef en een wat jy ook dikwels daar aantref waar jy dit nooit sou verwag het nie". (2) Hierdie woorde is nog net so waar en daarom net so waardevol vandag as toe hulle destyds geskrywe is.

En wat veral verontrus, is dat uitspraak en spelling vereenselwig word deur persone wat beter bch66rt te weet: ons bedoel veral diegene wat taal onderwys op skool. Baie uitsprake word die kinders in die taalles van Afrikaans bygebring wat nie in die lewende taal gehoor word nie. Dis maklik om voorbeelde aan te haal. Leerlinge word geleer om die n van woorde soos mens, dans en kans uit te spreek, i.p.v. bloot

(12)

xii

die voorafgaande klinker te nasaleer en die n as sodanig nie te laat hoor nie, dus [mE:s, do:s, ko:s], vgl. § 19, 16°; hulle word geleer om die g van nege as frikatief (soos bv. in goed) uit te spreek in stede van as eksplosief (soos, die gh van bv. ghoen), dus (1ne: gg]; hulle

word geleer om J anuarie en Februarie uit te spreek J an-nu-a-rie,

Fe-bru-a-rie en nie Jan-ne-wa-rie [1jonavo:ri], Fe-ber-wa-rie (1

fe:bgr-vo:ri] nie, soos te hoor uit die mond van die beskaafsprekende Afrikaner.

Maak jy hulle attent op die fout wat hulle begaan, dan kry jy tot antwoord: Maar die letter staan tog daar! Of: So beh66rt die woorde uitgespreek te word! Wat die eerste argument betref: word died van

hand nie as t uitgespreek nie 1 is die g op die end van ding nie stom nie 1

het die u van rus nie glad 'n ander klankwaarde as die van rusie nie? Nee, skrif, m.a.w. spelling, en uitspraak is volstrek nie dieselfde nie. W a& die tweede argument betref waarom moet ewone woorde uitg_esE_reek wor as in die beskaafde yolksmong? G.een ander_ll91:Dl....het

hi~ van bestaan nifl. En onthou moet word dat aileen diegenc wat die lewende taal noukeurig waargeneem het, bevoeg en geregtig is om te oordeel oor korrektheid van uitspraak en van taal. Daar mag geen uitspraak-wetgewing wees sander uitspraak-waarneming nie, ewemin as wat taalreiHs mag neergele word wat nie op taalwaarnemings berus nie, op feite soos te sien in die lewende taal van die volk.

TCE! opsigte van gewone woorde is die uitspraak in die beskaafde volksmond .QllS norm. By kultuurwoorde daarentee kan die saak an~rs

st~an. Ons hoor nogal dikwels woorde soos asp{k, kontrrik en minister uitspreek met die hoofklem op die eerste lettergreep: dit is onder Engelse invloed, dus 'n anglisisme

*

en daarom sterk af te keur. Hier behoort ons die Hollander na te volg en die hoofklem te laat val op die tweede lettergreep, dus [os1p&k, kon1trok, mg1ngstgr]. Dat die Hollander die n uitspreek in alledaagse woorde soos mens en kans is egter volstrek geen rede waarom ons dit sou doen nie; inteendeel, dit sou baie onnatuurlik wees eJL'n verkragting van die taaleie. Wie dit doen, maak hom skuldig aan 'n .neerlandisme: hy offer 'n algemene Mrikaanse taaleigenaardigheid op aan 'n Nederlandse. By die oorname van die Nederlandse hoofklem by die genoemde kultuurwoorde is dit egter volstrek nie die geval nie: dit le voor die hand dat waar ons self nog geen vastigheid besit nie, ons aansluit by die taal wat die naaste aan ons eie staan, nl. N ederlands. Trouens die meerlettergrepige woord van Romaanse afkoms is in Afrikaans, net soos in Nederlands, o.a.

(13)

xiii

daaraan te hlrken dat die hoo~em nie QP die eerste sillabe val nie, vgl. bv. ar1ttkel, fa 1milie, fi 1gtli.tr, for 1t-kin met eng. 1article, 1family, 1figure, 1fortune.

En laat ons tog nie sommer dink dat deur volgens die letter, die spelling uit te spreek, ons nader aansluit by Nederlands, m.a.w. die kultuurband nouer toehaal nie - iets wat op sigself baie aan te prys is. Baie van ons verkeer in die waan dat die Hollander uitspreek

Jan-nu-a-rie, Fe-bru-Jan-nu-a-rie, maar hy se Jan-nu- 1wa-rie [jany1va:ri],

Fe-bru-1wa-rie [febry1va:ri], dus betreklik dieselfde as ons beskaafde

!_an-'l}e-wa::!.ie en Fe-ber-wa-rie, wat die onderwyser eg!er in die ban gedaen

het _!~~nne uitsp~, dog ~~t - ongelukkig - sg_.dieil ingang gevind het ""by die j onger geSla .

Letteruitspraak.

§ 3. Ons moet veral waak teen letteruitspraak, d.w.s. 'n uitspraak volgens die spelling, maar in stryd met wat gehoor word uit die mond van beskaaf- en natuurliksprekende sprekers van die moedertaal. Letteruitspraak kan net soveel afkeuring. verdien as 'n gewone foutiewe uitspraak. Ons se ,kan", want letteruitspraak is nie onder alle om-standighede af te keur nie. In die geval van Afrikaans is daar 'n besondere rede waarom baie volgens die letter uitspreek: dis nog maar 'n paar tientalle jare dat ons ons taal op papier sien en daarom is daar 'n begryplike neiging om die uitspraak te laat aansluit by d.ie skrif. Net so handel ons wanneer ons begin met 'n dooi taal, soos Latyn, of met 'n vreemde moderne taal, bv. Engels: bewus of onbewus, en veral in gevalle van twyfel, rig ons die uitspraak na die spelling. By 'n kultuurwoord in ons eie taal doen ons dit dikwels ook. Wie bv.

konsensieus op papier leer ken het, d.w.s. deur middel van die oog,

sal dit volgens die letter (spelling) uitspreek en dus uitrek, lettergreep vir lettergreep : kon-sen-si-eus [kons&nsi 11iJ : s] * ; wie die woord daarentee

langs die weg van die oor leer ken het, spreek moontlik net uit

kon-sen-sjeus [kons&n1f1iJ:s], soos die Hollander.

Lees is praat op papier.

Nou is die gevaar vir letteruitspraak gering in die geval van ou kultuurtale: 'n Hollander of 'n Engelsman sal 'n woord nie sommer sus of so gaan uitspreek omdat die spelling in hierdie of daardie rigting wys nie. Maar in die geval van 'n jong taal is die gevaar groot om * Hier en elders in die ,Inleiding" gee ons nie noodwendig aile uitsprake van 'n woord nie: daarvoor moet die ,Woordeboek" geraadpleeg word.

(14)

xiv

letteruitspraak te pleeg, en dit kan in die geval van 'n gewone woord 'n growwe verkragting wees van die reels van die betrokke taal. En terwyl letteruitspraak sy oorsprong vind by die skrif, moet in die allereerste plaas ontho:u word _Aa.t lees niks anders behoort te wees nie as soos die Hollandse professor De Vooys dit so raak uitdruk -praat QP-pa,pier. (3) Wie dit in gedagte hou, sal hom nie gou daaraan skuldig maak om uitspraak verkeerdelik in ooreenstemming met die letter te wil bring nie.

En hoe ongerymd om die uitspraak sommer te wil plooi na die spelling. As iemand gevra word wat eerste geko.m het, die gesproke of die geskrewe woord, sal selfs die onontwikkelde persoon antwoorcr:cfa't die spreektaal primer is. Goed, maar dan besit die spreektaal, by gewone woorde altans, ook regte wat gaan bo die van die geskrewe woord. Daarom is dit so te betreur dat selfs mense wat op grond van hulle kennis veel beter beh66rt te weet, dikwels handel asof taal uit letters bestaan wat moet uitgespreek word, hoewel sommige weleens nie uitgespreek word nie. Die Holland.se professor De Vooys deel ons 'n paar voorvalle mee wat letteruitspraak op kostelike wyse illustreer. Hy vertel van 'n onderwyseres wat hom op 'n kursusles verbaas gevra het of sy dan in die toekoms kastje mag laat uitspreek ka8-8je [1kafa] - wat die algemene uitspraak in N ederlands is - , aangesien die t

tog mos daar staan (4)! Hy gaan voort met te se dat as 'n Hollandse leerling die r in fr. aller [a1le], of die kin eng. knight wou uitspreek

op grond van die feit dat die betrokke letters daar staan, die onderwyser hom sou uitlag. Daarop vra hy of dit nie heilsaam sou wees om 'n letteruitspraak in die moedertaal te belag totdat die spreker van skaamte natuurlik uitspreek nie. Hierop kan ons amen se wat Afrikaans betref; immers, presies op dieselfde manier as wat die Hollandse onderwyseres dit gedoen het, word ons eie taal deur haar vakgenote dikwels geweld aangedoen.

Die ander staaltjie verdien vermelding in geen mindere mate nie. Hy vertel van 'n onderwyseres wat haar hart daaraan opgehaal het om haar leerlinge die z van ,het zonnetje" en die v in ,het vogeltje"

as z en v te laat uitspreek, i.p.v. hier onderskeidelik as 8 en

f

na die

voorafgaande stemlose konsonant t, totdat die inspekteur daarop afgekom en die plesiertjie stopgesit het. ( 5) Ons Hollandse gesangboek word tans vervang deur die Afrikaanse, maar by die lees hiervan dink ons daaraan hoe dikwels ons 'n predikant ekstra-duidelik die woord

zal met 'n z hoor uitspreek het in die bekende psalmvers ,'k Zal eeuwig zingen van Gods goedertierenheen", terwyl na die voorafgaande k

(15)

Voordele van 'n uitspraakwoordebo k.

§ 4. Ons het lank stilgestaan by ·e dienste wat 'n uitspraakwoorde-boek kan verrig deur die besef te l at posvat ~nie bes~n

uit letters nie, maar uit klanke. ierdie waarheid kan nie

te

veel belilemtoon wordnie.Sodoende gaa 1 ons besef watter klanke in ons taal voorkom, iets wat van baie ljnguistiese waarde is. Daar's egter ook ander vername voordele wat 'n uitspraakwoordeboek oplewer. Dit moet lei ding gee by die uitspraak van die minder bekende woord; dit moet aantoon dat daar meermale meer as een beskaafde uitspraak van 'n woord bestaan, soms met verskil van spelling. Die oningewyde meen maar alte dikwels dat net een vorm, een uitspraak korrek kan wees en wil dan bcslis wect watter een verwerp moet word. W aar 'n uitspraak sonder twyfel minder algemeen is, maar tog voldoende bekend om erkenning te ontvang, moet dit uit die woordcboek blyk en in hierdie gcval word dit tussen ronde hakies geplaas. Twee of meer goeie uitsprake kan egter gelykwaardig wees en dan word hulle naas mekaar vermeld. In die laaste geval is dit 'n fout om die een as korrek te bestempel en die ander te verwerp. Veral in 'n jong taal moet dit nie gedoen word nie: hy het nog nie die vastigheid van 'n ou taal nie, iets wat alleen langsamerhand kom namate die taal hom ontwikkel. Elke kultuurtaal egter, ook die oudste en beskaafste, lewer meermale verskillende uitsprake op (met of sonder verskillende spelling) van een en dieselfde woord. Vir Afrikaans wys ons op gevalle soos

akkedis, akkeldis en akkerdis; drimpel en drumpel; troebel en troewel

en heelwat meer. En mocnie dink dat verskil van U:itspraak net toelaat-baar is by verskil van spelling, soos by genoemde woorde nie. Dit is eerder die uitsondering; meestal is daar in die geval van verskillende beskaafde uitsprake net een erkende spelling.

Standaarduitspraak of Algemeen-Beskaaf: wat daaronder verstaan word en hoe dit ontstaan.

§ 5. Dis gebruiklik om die uitspraak van 'n taal wat oor die algemeen in 'n land geld as die beste, die korrekte, aan te duie as die

S.tandaard-uitsp..:raajp of die Algeme~f, afgekort onderskeidelik tot f$JJ.

en Aj~. Wat gaat nou ons maatstaf wee.a.om vas te stel of iemand se uitspraak beskaaf is, m.a.w. korrek of nie ~ Gaan ons wys na 'n bepaalde stad of streek as die setel van die goeie uitspraak 1 Wie hom in 'n vreemde land bevind, kan dikwels deur die minder-bevoegde vcrseker word dat vir die SU. 'n bepaalde stad as norm aangeneem moet word. In sy oorsprong gaan die SU. van 'n taal terug op 'n bepaalde gebied en daarin weer op 'n bepaaldc klas van sprekers. Om sekere redes

(16)

xvi

het dit dan gebeur dat die uitspraak van daardie bepaalde gebied en klas groter bekendheid verwerf het en langsamerhand as norm vir die hele land erken is. Standaard-Nederlands gaan terug op die taal van die provihsie Holland, wat om geografiese en ekonomiese redes die ander ses provinsies verbygestreef het. Standaard-Engels weer word teruggebring tot die taal van die hoer. klasse in die gebied van Londen, waarop die spraak van die middel- en suidelike gedeeltes van die land op hulle beurt ingewerk het. (6)

/Groot stede en vername opvoedingsentrums lewer die gunstigste

voedings-bodem op vir die standaarduitspraak.

§ 6. AI is die SU. in eerste instansie dan geen abstraksie nie (iets uit hierdie gedeelte en iets uit daardie}, maar gaan dit terug op die taal van 'n bepaalde klas in 'n bepaalde gebied, word die goeie uitspraak langsamerhand tog die eiendom van bepaalde sprekers oor die hele land. Om begryplike redes sal hierdie beskaafde, toonaangewende sprekers in groter getalle aanwesig wees in sommige sentrums as in ander. Die groot verkeersentrums - waaronder die hoofstad gewoonlik die vernaamste is - trek uit die aard van die saak, meer as kleiner stede, sprekers uit aile oorde van die land. Deur omgang met mekaar raak die afwykende, d.w.s. minder algemene uitspraak op die agter-grond en brei die meer algemene sy gebied uit. Groot opvoeding-sentrums dra, om begryplike redes, veral ook hulle deel by. Die mense met innerlike beskawing, die sogenaamde beter klasse, die ontwikkeldes en gegoedes besit nie noodwendig die beste uitspraak nie. Baie van hierdie persone het miskien aanvanklik veel afwykends, onbeskaafs in hulle uitspraak gehad, maar juis op grond van hulle meerdere kennis, ontwikkeling en geldmiddele bevind hulle hulleself in groter aantalle in die groot verkeersentrums, waar deur wisselwerking die minder-beskaafde uitgeskakel en die meerminder-beskaafde verbrei word. Groter stede se bevolking is baie meer wisselend as die van kleineres. Na die hoofstad en die gegoede stand mag dus nie in eerste instansie verwys word as die besitters van die SU. nie, maar wanneer die pas vermelde faktore in aanmerking geneem word, lewer die hoofstad en die omstandighede van die meer welgestelde klasse tog die beste voedingsbodem op vir die AB. Dis bekend dat in 'n hoofstad soos Londen of Berlyn baie dialeksprekers gevind word, maar om bogenoemde redes mag darem ook gese word dat die gebruikers van sgn. beskaafde Engels en Duits hier die talrykste is.

(17)

xvii

Sentrums vanwaar standaarduitspraak in die geval van Afrikaans uit-gestraal word; hy is in sekere mate verskillend gekleur.

§ 7. Pas ons nou hierdie opmerkinge toe op die Afrikaanse spraak-gebied, dan mag ons die volgende se: vir die ontstaan van die SU. insake Afrikaans moet ons teruggaan na die oudste woongebied (nedersettingsgebied) van die Afrikaner, naamlik na die Westelike Kaapprovinsie. Vandaar uit het die SU. hom gaandeweg verbrei oor die lengte en breedte van die land. Vandag vind ons die AB. veral in die groot stede Pretoria en Bloemfontein; in toenemende mate vind ons dit in Kaapstad en Johannesburg, namate die ontwikkelde Afrikaner naamlik tot sy reg kom in hierdie aanvanklik verengelste of Engelsgeorienteerde stede; ons vind dit in sent'rums soos Stellenbosch en Potchefstroom, wat, hoewel baie kleiner, ewenwel hulle deel hydra as synde middelpunte van opvoeding en onderwys. Vanuit kultivering-sentrums soos hierdie word nou die SU. van ons taal uitgestraal oor die land, maar daarby mag die volgende nie vergeet word nie: "Qy die uitstraling word plaaslike clemente ook opgeneem. Hoewel die SU. hom dus rig na 'n sekere middelpunt of sekere middelpunte, dus middelpuntsoekend is, word hy uit die aard van die saak deur die opname van plaaslike clemente aldaar enigsins anders gekleur. Hierdie afwykinge moet binne redelike perke bly, wat natuurlik nie nader aan te duie is nie. Binne redelike grense le daar in algemene afwykinge egter niks ongerymds nie.

W at met ,beskaaf" insake uitspraak bedoel word.

§ 8. Herhaaldelik het ons die term ,beskaaf" gebruik in verband met uitspraak. Waarop berus non die al- of nie-beskaafde van 'n

uitspraak~ Die begrip ,beskaaf" op uitspraak toegepas, vloei nie voort uit inherente eienskappe nie, maar berus uitsluitend op algemene gebruik. Sjee i.p.v. gee word deur ons as baie plat, baie onbeskaaf beskou, hoewel daar beskaafde en ontwikkelde persone is wat die uitspraak besit. Op sigself is die klank wat hier deur sj weergegee word dan ook glad nie minder beskaaf, minder mooi as die van g nie, en, soos bekend is, besit die Engelse en die Duitse taal hope woorde met daardie klank: onderskeidelik voorgestel deur sh ('8he, show, ens.) en sch (schan, schreiben, ens.). Omdat dit ewenwel nie gebruiklik is om by egte Afrikaanse woorde die sj-uitspraak toe te laat nie - by woorde van vreemde oorsprong is dit daarentee gewoon, bv. genie, sjampanje, sjarmant, sjerrie, sjieling naas sieling -, daarom bestempel die algemene waarderingsmaatstaf die betrokke klank in hierdie verband as plat of onbeskaaf.

(18)

xviii

Dis van pas om hier 'n paar woorde te se oor beskaafde en on-beskaafde taalvorme in die algemeen. Wat die vorm betref, is aile taal wat in die volksmond bestaan ewe goed en derhalwc ewe beskaaf as aile ander. Net so is die tennisdrag nie minder goed of beskaaf as die sondagspak nie, maar natuurlik nie vir een en dieselfde geleentheid nie. Die volgende woorde van Prof. Wyld stel die saak in 'n voor-treflike lig: , When we speak of Good English, or Standard English, or Pure English, as distinct from what is known as Provincial English, or Vulgar English, we must remember that there is nothing in the original nature of these other dialects which is in itself inferior, or reprehensible, or contemptible. In a word, the other dialects are in reality, and apart from fashion and custom, quite as good as Standard English, considered simply as forms of language; but they have not the same place in general estimation ... and they have not the same wide currency." (7)

V erswakte naas val vorme in elke taal en die belangrike rol wat hulle speel.

§ 9. In verband met die beskaafde uitspraak van 'n taal is dit van lewende belang om te onthou dat naas vol vorme van 'n woord daar dikwels ook verswaktes voorkom. Hierdie laaste is volstrek nie nood-wendig minder beskaaf as die eerste nie, maar dit kom op die geleent-heid aan. Ons kleed ons verskillend, hoewel volkome korrek, vir verskillende geleenthede; net so kan ons styl, ons woordkeuse en taal-vorm verskil na gelang van die onderwerp waaroor ons handel en die persone tot wie ons ons rig. Ons gebruik vol vorme in gevalle soos: as

ek

[sk] moes gepraat het, sou dit my baie moeilik geval het;

daar

is die man van wie ek gepraat het; dit is die punt waar dit op aankom;

hy het [fist] dit gedoen, al ontken hy dit nou; het die man s6veel

[1so:fe:l] geld gebruik1 - maar verswakte vorme in sinne soos:

as ek [ Gk] dit geweet het [fiGt, Gt ], sou ek nooit gekom het [not, at] nie; daar's [da:r-s] geen moeilikheid in verband met die saak nie; dis [dGs] onnodig om verder oor die geval uit te weie; hy't [fiGi-t] weinig te se gehad; daar's vandag net soveel [1so(: )fGl, 1srofgl] mense as gister.

In 'n uitspraakwoordeboek kan oor die algemeen net die vol vorme opgeneem word, maar die verswaktes speel 'n baie belangrike rol. Net so lagwekkend as wat dit kan wees om by 'n bepaalde geleentheid ongepas, hoewel volkome fatsoenlik, gekleed te gaan, net so'n komiese uitwerking kan dit he om die vol vorm te gebruik waar die lewende taal sy verswakte maat vereis. Ons weet dat 'n mens ook te deftig gekleed kan wees en dan net so ontuis kan voel as in die teenoor-gestelde geval. As iemand hom in 'n vreemde land bevind waarvan

(19)

xix

by die taal taamlik goed praat, bring sy taalvorme by die landsman meermale 'n kwalik onderdrukte glimlag te voorskyn. Hoekom ~

Praat by nie korrek nie~ Jawel, maar eintlik te korrek, en daardeur boekagtig. Hy vat nog nie na bebore die verskil tussen die geskrewe en die gesproke woord nie; daar's nog nie genoeg kadans en ritme in sy taal nie. Dit alles werk eentonigheid en onnatuurlikheid in die hand. En onthou: die gesproke woord bet voor die geskrewene gekom en die laaste moet voortdurend lewe put uit die eerste, wil hy nie stereotiep en lewensloos word nie. (8}

Die groot rol wat assimilasie in elke taal speel.

§ 10. En behalwe die verswakte vorme is daar die tallose assimilasies, wat deur almal wat natuurlik praat, goed in ag geneem moet word. Sonder assimilasie, die invloed van naburige klanke op mekaar, kan geen enkele taal bestaan nie. Hierdie waarheid kan nie te veel beklem-toon word nie. 'n Woord bestaan deurgaans nie uit een enkele klank nie, maar uit meerdere klanke; net soos 'n sin gewoonlik bestaan nie uit een enkele woord nie, maar uit meerdere. Sodoende kan 'n klank onder invloed van sy buurman 'n in mindere of meerdere mate ander klankwaarde aanneem as wat hy op sigself besit. Weliswaar speel assimilasie 'n groter rol in die een taal as in die ander, maar juis in Afrikaans is die omvang van sy werking groot. Om 'n paar voorbeelde te noem: die n laat ons boor in ondienlik [on1dinlak], ondoelmatig [ondul1ma:tax], ondraaglik [on1dra:xlak], ens., maar hy word as m uitgespreek, onder invloed van die volgende b, in onbedrewe [omba-1dre:va], onbemind [omba1mant], onbeholpe [omba1liolpa], onbetroubaar [omba1trouba:r], ens. [n] word gevorm met die punt van die tong agter die botande, [m] daarentee met die Iippe op mekaar, netsoos [b]; by bogenoemde oorgang van [ n] tot [ m] bet ons dus gedeeltelike assimilasie. Die assimilasie kan ook volledig wees, soos in die geval van onmoontlik [o1mo:ntlak], waar die [n] heeltemal verdwyn. Vir wie natuurlik praat, is die meervoud van perd nie perde [ 1p&: rda] nie, maar pere [1p&:ra]. Die h van die agtervoegsel -heid word, behalwe by besondere nadruk, meestal gelykgemaak aan die slotkonsonant van die grondwoord, bv. aakligheid [ 1a:klax(li)ait], bedruktheid [ba-1drrekt(li)ait], naarheid [1na:r(li)ait], ens. Ons plaas die [li] tussen hakies om aan te toon dat hy onder bepaalde omstandighede kan uitgespreek word. Wie die wegval van [ li] bier as slordigheid bestempel - 'n opmerking wat meermale gehoor kan word - , verraai groot onkunde ten opsigte van die lewe en die wese van taal. (9) Vgl. § 22.

(20)

XX

Waarde van tekste in fonetiese skrif.

§II. Naas 'n uitspraakwoordeboek moet die ontwikkelde persoon dan ook gebruik maak van 'n hoek met stukke in fonetiese skrif. Daar kry hy dan 'n beeld van die lewende taalvorme, in die gedaantes waaronder hulle onder verskillende omstandighede gebruik word. En die fonetiese skrif is glad nie moeilik om te lees nie: met 'n bietjie moeite kom die Ieser tereg met die getranskribeerde tekste. In die begin sal hy meermale aanstoot neem aan vorme soos getranskribeer in fonetiese skrif. Hy sal meen dat sodanige uitsprake nie wez:klik bestaan nie, altans nie in die beskaafde taal nie. Maar moenie te gou oordeel nie; skort u kritiek op en luister noukeurig na wat rondom u gese word. Dan sal u tot glad ander insigte kom. En as u na deeglike waarneming tog rede het om te verskil, wei, dit hoef nie veel te beteken nie: daar's ook eenheid in verskeidenheid. Maar hi.eroor later.

W at met behoorlik-artikuleer bedoel word.

§ 12. Waar ons die groot belangrikheid van verswakte taalvorme bepleit, moet goed verskil gemaak word tussen behoorlik-artikuleer en slordig-praat. Ons verdedig nie slordig- of onduidelik-praat nie; hoegenaamd nie. W anneer iemand praat, moet sorg gedra word dat die spraakorgane behoorlik funksioneer, d.w.s. dat die klanke die voile klankwaarde ontvang wat onder omstandighede in die beskaafde spraak vereis word. Dit is wat bedoel word met , behoorlik-artikuleer". (10} En die volksmond mag nie sommer in alles nagepraat word nie: baie uitsprake wat dikwels gehoor word, is nie daarom noodwendig as standaard te beskou nie. Rekening moet gehou word met die kring van sprekers. Daarteenoor mag algemene uitsprake van beskaaf-sprekendes in geen geval as vulger bestempel word nie. Dis hierteen wat ons ten sterkste opkom, die gewoonte naamlik van mense wat nie waargeneem het nie om, sommer uit die hoogte, algemene en beskaafde uitsprake te bestempel as nie-bestaande nie, of as slordig-hede.

Gewaak moet word teen onnatuurlike uitspraak.

§ 13. En gewaak moet word teen onnatuurlike uitsprake; dit kan net so hinderlik wees as slordige uitsprake. Die klinker u, uu [y] en die tweeklank ui [ooy], bv. onderskeidelik in nuus en ruis, moet gerond word en sodoende behoorlik onderskeie van die betrokke klanke in

nies en rys, reis. Hulle mag egter nie te veel gerond word, soos die Hollander dit doen nie. Dan word dit onnatuurlik en gemaak, en hiermee word die duidelikheid volstrek nie gebaat nie. Ook is ons

(21)

xxi

ui

[cey] nie so oop soos in Nederlands nie. So ook moet die stemlose konsonante [p, t, k] behoorlik onderskeie word van hulle stemhebbende maats [b, d, g], maar die eerste mag nie skerper uitgespreek word as wat die Mrikaanse taaleie toelaat nie, byvoorbeeld nie so skerp soos in N ederlands of veral Engels nie. Heelwat Mrikaners maak hulle skuldig aan hierdie onnatuurlike uitspraak, blykbaar in die waan dat die duidelikheid daardeur bevorder word, maar dit is volstrek nie die geval nie. Daar is geen duidelikheid wat gaan bo die van die beskaafd6 spraak nie, maar nietemin die natuurlike spraak.

W aaraan standaarduitspraak te her ken is.

§ 14. Ons het in die voorafgaande paragrawe gesien hoe die standaard-uitspraak van 'n taal ontstaan en waar hy te vind is. Waaraan is die SU. nou te herken 1 Dit moet ons weet, want ons het behoefte aan 'n norm, 'n maatstaf, ten einde vas te stel wat as beskaaf beskou moet word en wat nie. Standaarduitspraak is deur verskillende outoriteit6 verskillend omskrywe. Jespersen het gese dat hy die SU. besit uit wie se spraak nie kan afgelei word uit watter deel van die spraakgebied hy afkomstig is nie. (II) As die betrokke verhandeling in sy geheel gelees word, blyk duidelik dat hierdie woorde van Jespersen nie te letterlik opgeneem moet word nie; tog het hy die saak bietjie te eng gestel. N atuurlike sprekers - en dis alleen hulle met wie ons rekening hou - is gewoonlik nooit volkome ,dialekvry" nie, d.w.s. daar's gewoonlik een of meer punte in hulle uitspraak wat vir die ingewyde hoorder wys in die rigting van 'n bepaalde lokaliteit.

Die Engelse vakmanne Lloyd en Sweet het die begrip beter om-skrywe. Lloyd se: ,The best English is that which avoids vulgarities of every class and gives the fewest signs of locality". (12) By Sweet weer heet dit: "The best speakers of Standard English are those whose pronunciation, and language generally, least betray their locality". (13) In hierdie woorde van die twee bevoegde vakmanne het ons die begrip besonder saaklik en helder gedefinieer. Standaard-uitspraak is dus nie sonder meer die Standaard-uitspraak van die beskaafdes, die ontwikkeldes, die vooraanstaandes nie; dis ook nie sommer te bestempel as die uitspraak wat jy in hierdie of daardie stad te hore kry nie; nee, dis die uitspraak wat die algemene die meeste nastreef en die afwykende die meeste vermy; dis die uitspraak wat jou die beste laat verstaan word oor die hele spraakgebied. Hierdie standaarduitspraak is nie noodwendig die uitspraak van de meeste sprekers nie - dis nie bloot 'n saak van aantalle nie - , maar dis wel die uitspraak van die meeste toonaangewende sprekers.

(22)

xxii

Standaarduitspraak beteken nie eenvormigheid van uitspraak nie, maar

- da.ar's eenheid in verskeidenheid.

§ 15. Uit die voorgaande blyk duidelik dat die bestaan van 'n standaarduitspraak nie beteken eenvormigheid van uitspraak nie. Volstrekte eenvormigheid van uitspraak bestaan daar nie. Gelukkig nie, want as dit bestaan het, sou dit vir die taal beteken het verstarring en uiteindelik die dood. Taal is 'n lewende verskynsel en tewens 'n sosiale verskynsel, d.w.s. uit die gemeenskap gebore en die uitings-middel van die gemeenskap. So lank as wat 'n taal lewe, so lank sal daar verskille in uitspraak wees, ook tussen natuurliksprekende be-skaafde sprekers. Natuurlik, die verskille wat ons hier op die oog het, is van betreklike aard en kom geleidelik. Die lewe en wese van taal bring dus mee dat daar verskille in uitspraak sal wees, maar ten spyte van hierdie onvermydelike en dus natuurlike verskille bestaan daar wei deeglik eenheid van uitspraak, maar 'n eenheid in verskeidenheid. ( 14)

Leiding gee insake uitspraak is nie gelyk aan doktriner wees nie.

§ 16. Diegene van ons wat die Mrikaanse taal doseer op skool en aan die universiteit moet natuurlik Ieiding gee insake uitspraak, maar daarby moet ons veral oppas dat ons nie doktriner of gekunsteld word nie. Ons moenie sommer klaar staan met die opmerking: Hierdie uitspraak kom nie voor nie! Of: Geen mens se dit nie, altans geen beskaafde spreker nie! Leiding gee beteken nie domineer nie: ons moet weet waar ons moet afkeur, waar ons moet aanbeveel en wat ons as gelykwaardig moet erken. Gekunsteld mag ons nie wees nie, maar veral diegene van ons wat in die openbaar optree: die onderwysmens, die uitsaaier, die predikant, die openbare spreker, ons moet let op ons uitspraak, wantons word nagevolg deur ons hoorders. Navolging is hier iets natuurliks, dis geen na-aping nie; maar omdat ons nagevolg word, moet ons versigtig wees, want ons kan goed doen, maar ook kwaad.

M eer as een uitspraak kan korrek wees.

Ons sluit hierdie afdeling af met die raak woorde van wyle die twee Hollandse professore Zwaardemaker en Eijkman in hulle bekende ,Leerboek der Phonetiek": ,Wij stellen ons tot taak, den student de middelen aan de hand te doen om te leeren opmerken, hoe hij zelf en zijn landgenooten hun moedertaal spreken. Hij zal daarbij ervaren, hoe voorzichtig men moet zijn met de uitspraak van een ander af te keuren; hoe gevaarlijk het is te beweren, dat ,iedereen

(23)

xxiii

zoo spreekt", of dat ,geen beschaafd mensch zoo uitspreekt"; hij zal leeren inzien, dat het niet aangaat, op gezag van een zoogenaamd correct of zorgvuldig spreker te verklaren, dat een bepaalde uitspraak verkeerd of juist is; hij zal leeren begrijpen, dat een afwijking in het uitspreken van een klank, of woord niet altijd onbeschaafd behoeft te zijn". ( 15)

Dus nie dekreteer .nie, nie domineer nie, maar allereers waarneem en langs die weg van sorgvuldige waarneming geraak tot die algemene.

§ 17. In verb and met standaarduitspraak verwys ons die belangstellende leser na die volgende werke en artikels:

-1 Otto Jespersen, Phonetische Grundfiagen (Teubner, 1904): die hoofstukke ,Laut und Schrift"; ,Lautschrift" en ,Die beste Aussprache." 2 Hermann Paul, Prinzipien der Sprachgeschichte (Niemeyer, Halle, 1909):

die hoofstukke ,Sprache und Schrift (XXI)" en ,Die Gemeinsprache (XXIII)."

3 De Nieuwe Taalgids (Wolters, Holland), jaargang VIII, bl. 1-14 en 65-81:

,Ret gezag van eon Algemeen Beschaafd," dour C. G. N. de Vooy!J; ook te vind in sy Verz. Taalk. Opst. (kyk nr. 4), afdeling I, V.

4 C. G. N. de Vooys, Verzamelde Taalkundige Opstellenl (Wolters, Holland, 1924): afdeling I, III: ,,De verwarring-st~chtende termon ,schrijftaal' en ,spreektaal' ;" IV: ,Spreken en schrijven in Noord- en Zuid-Nederland." 5 Taal en Letteren (Breijer, Utrecht, Holland), jaargang XII, bl. 449-471: ,De boste Uitspraak," en jaargang XIII, bl. 210-226: ,De beste uitspraak in vreomde talon." Albei van Logeman; feitlik 'n bewerking van Jespersen se ,Die beste Aussprache", kyk nr. 1 bo, maar tog orienterend.

6 Modern Language Teaching (London), Dec. 1913: ,Standard English and

its Varieties", dour H. C. Wyld; Febr. 1914: ,Standard English and its Varieties," deur Montgomery, en June 1914: ,Standard English and its Varieties," dour H. C. Wyld.

7 H. C. Wyld, The Growth of English (John Murray, London,1938), hfst. IV. 8 T. H. le Roux en P. de Villiers Pienaar, Afrikaanse Fonetiek (Juta, 1927),

§§ 23-41. Die werk bevat ook tekste in fonetiese ski-if.

9 P. do Villiers Pienaar, Praat U Beskaaf? (Voortrekkerpers, 1939). 10 T. H. le Roux, Afrikaanse Taalstudies8 (Van Schaik, 1960): hfst. II en

VIII-X. Die work bevat baie tekste in fonetiese skrif.

11 A. Lloyd James, Broadcast English (Broadcasting House, London, 1937). 12 M. Cohen: Sur le Frant;ais

a

la radio en France,

13 E. Selmer: Sprechnormierung im Rundfunk (beide in ,Proceedings 3rd International Congress of Phonetic Sciences", Ghent, 1939).

Geskiedenis van die Afrikaanse Taalbeweging, bl. 35 (P~arl Drukpers Maat-schappij beperkt, 1909).

2 Otto Jerpcrsen, Phonetische Grundfragen, bl. 1 (Teubner, 1904). Die woorde lui as volg: ,Koin Irrtum kann einem Phonetiker wie einem Sprach-forscher i.iborhaupt mohr zum Nachteile gereichen als der: Laute mit Buchstabon, Aussprache mit Schrift zu verwechselen und der geschrie-benen Form der Sprache eine zu grosse Bedeutung beizumessen; und dennoch ist dies ein Irrtum, in dem wir allo, mehr odor weniger unbewusst, von der Schule her erzogen worden sind; und der sich oft 'lelbst da. wiederholt, wo man es gar nicht vermuten sollte".

(24)

xxiv

Sowat dieselfde gedagte kry ons in die bekende werk van die Duitser wyle Prof. Hermann Paul, nl. Prinzipien der Sprachgeschichte, bl. 373-374 (Max Niemeyer, 1909): ,Es ist wichtig fiir jeden Sprachforscher niemals aus den Augen zu verlieren, dass das Geschriebene nicht die Sprache selbst ist, dass die in Schrift umgesetzte Sprache immer erst einer Riickumsetzung bedarf, ehe man mit ihr rechnen kann ... Die Schrift ist nicht nur nicht die Sprache selbst, sondern sie ist derselben auch in keiner Weise adaquat".

3 Vgl. C. G. N. de Vooys, Verzamelde Taalkundige Opstellen I, bl. 65-66

(Wolters, 1924). 4 Ald., bl. 46.

5 Nieuwe Taalgids (Wolters, Groningen), bl. 72-78.

6 Prof. H. C. Wyld se in Modern Language Teaching, Dec. 1913, bl. 250, 2: ,As to the origin of Standard English, it is now pretty generally accepted that it is the product of the Metropolis, modified to some extent, on the one hand, by tho type of English in use in the University of Oxford, and on the other, by the East Midland type of Essex, Suffolk, and Norfolk". Die Londense oorsprong is eerste aangetoon deur Morsbach in Ueber den U rsprung der- N euenglischen Schriftsprache, 1888 ; op die aandeel van Oxford, Norfolk en Suffolk is eerste gewys deur Dibelius in Anglia, jaar.

gang XXIII en XXIV. Vgl. Modern Language Teaching, Dec. 1913, bl. 251. Vgl. ook Wyld in Growth of English, bl. 48 (John Murray, London, 1938).

7 H. C. Wyld, The Growth of English, bl. 49 (John Murray, London, 1938). 8 Meer besonderhede omtrent die rol v.d. verswakte vorm is te vind in Afr.

Fon., hfst. XXVI.

9 Vir 'n volledige behandeling van assimilasie word die leser verwys na Afr. Fon., hfst. XX.

10 Vgl. Ajr. Fon., hfst. VIII.

11 Die letterlike woorde van Jespersen lui as volg: ,sie (d.w.s. die algemene taal) wird am besten von denjenigen gesprochen, deren Heimat man nicht an der Sprache erkennen kann"; Phonetische Grund/ragen, bl. 39. 12 Die Neueren Sprachen, jaargang III, bl. 245 (by Jespersen, ald. bl. 48). 13 Henry Sweet, The Sounds of English, bl. 7 (Clarendon Press, 1908). 14 Daar kan meer as een standaarduitspraak wees in 'n land, vgl. Ajr. Fon.

§ 36.

15 Leerboek der Phonetiek, bl. 3-4 (De Erven Bohn, Haarlem, 1928).

DIE FONETIESE LETTERS WAARDEUR DIE UITSPRAAK VOORGESTEL WORD

§ 18. Daar is maar een manier om die uitspraak duidelik en korrek voor te stel en dit is deur gebruik te maak van wat genoem word 'n fonetiese alfabet. Gewoonlik word gedink dat dit moeilik is om fonetiese skrif te lees, maar dit is glad nie die geval nie. Die rede hiervoor is dat by fonetiese skrif in hoofsaak van geen nuwe letter-tekens gebruik gemaak word nie, maar die gewone volgens vaste beginsels aangewend word. Hierdie beginsels is in hoofsaak twee in getal: eerstens, 'n klank word net deur een letter voorgestel (in die

(25)

XXV

gewone spelling is dit meermale nie die geval nie: die ng van bv. ding

en die oe van boek stel onderskeidelik slegs een klank voor); tweedens, dieselfde letter word nie gebruik ~ir meer as een klank nie (in die gewone spelling gebeur dit dikwels: die eerste e in rede stel glad 'n ander klank voor as die tweede; die eerste d in daad besit 'n heeltemal ander klankwaarde as die tweede). 'n Enkele keer word twee letters tot een gekombineer, ten einde so min as moontlik 'n vreemde teken in tc voer. Met 'n klein bietjie moeite kom die ontwikkelde leser baie gou oor die weg met die fonetiese letter.

Daar is meer as cen fonetiese alfabet, maar hulle verskil nie baie van mekaar nie. Die bekendste is die van die ,Internasionale Fonetiese Vereniging van Parys" en dit is wat deur ons gebruik word. Ons laat hicr 'n lys volg van die gebruikte tekens en daarnaas 'n woord in die gewone spelling waarin die klank gehoor word. Gevind sal word dat daar nog geen dosyn tekens is wat nie in ons spelling van Afrikaans voorkom nie en dan nog is dit meestal bloot die gewone letter met 'n toevoegseltjie daarby, of die gewone letter onderstebo.

I.

Klinkers

(Die fonetiese letter staan in hierdie lys tussen vierkantige hakies.)

l. [a] soos die a in vat,

[a:] (lank)

"

"

a 1n vate, [a:] (helder a

"

"

a in ndl. later, kyk § 19, nr. 9), 2. [e)

"

"

e in melaats, [e :] (lank)

"

"

e in mening,

3. [e] (die Griekse kort, oop e)

"

"

e in les, [E:) (lank) "

"

e in se, 4. [9] ( omgekeerde e)

"

"

~ In wig, [g:] (lank) " " £ in wte (mv. v. wig), 5. [i] " " ie in vlieg, [i:] (lank)

"

" ie in vliee, 6. [I) (kyk §19, nr. 17)

"

"

i in eng. with, 7. [o]

"

"

o in orals, [o:] (lank)

"

"

o in bode,

8. [0:] ( o met 'n streep daardeur; 'n Skandinawiese letter)

"

"

eu in neus, 9. [re] (kom binasie van o en e)

"

"

uin brug,

[re:] (lank)

(26)

xxvi

10. [u] soos die oe in ploeg,

[u:] (lank)

"

"

oe in ploee, 11. [y]

"

"

u in rusie,

I:Yi: ]

(lank)

"

" uu in uur, 12. [o] ( omgekeerde c)

"

"

o in 08, [o:] (lank)

"

"

o in more, 13. [o] ( omgekeerde a;

"

"

o in eng. not, kyk § 19, nr. 17), 14. [.a] (omgekeerde v)

"

" u in eng. but,

Soos uit hierdie lys blyk, word lengte by 'n klinker (insluitende 'n tweeklank) voorgestel deur 'n daaropvolgende dubbelpunt. Van praktiese standpunt beskou, is dit nie nodig om meer as twee kwanti-teite te erken nie, nl. kort en lank, hoewel daar meer bestaan. Egte lang klinkers, soos bv. die ea [i: ] van eng. ease [i : z] of die e [ e: ] van du. beten ['be:ron], besit Afrikaans, afgesien van 'n paar woorde, net voor r.

II. Genasaleerde Klinkers

Wanneer 'n klinker genasaleer word, beteken dit dat die n :wat daarop volg nie uitgespreek word nie, maar sy nasale element oordra op die voorafgaande vokaal. 'n Genasaleerde klinker word voorgestel deur 'n ,slangetjie" bo die teken vir die betrokke vokaal. Hy is lank (word dus in fonetiese skrif vergesel van 'n volgende dubbelpunt) wanneer hy die hoofklem dra, maar kan by verswakte nadruk soms sy lengte behou. Die gewoonste posisie vir nasalering in Afrikaans is die voor 'n frikatief, kyk § 19, nr. 16. Nasalering van klinkers is 'n ken-merkende eienskap van Afrikaans en elke Mrikaanse klinker kan dan ook genasaleer word, maar dis veral die [a, &, a, o], m.a.w. die meer

oop klinkers, wat so voorkom, bv.:

l. [fi] (kort en met byklem), BOOS die aan in aanstaande, [fi:] (lank en met hoofkl.em),

"

"

an in kans,

2. [&] (kort en lnet byklem)

"

" en in sensuur,

[&c] (lank en met hoofklem)

"

"

en in mens,

3.

[aJ

(kort en met byklem)

"

"

in in inwendig,

[a: J

(lank en met hoofkl.em)

"

"

in in in val,

4. [5] (kort en met byklem)

"

"

on in onstuimig,

[5~] (lank en met hoofklem)

(27)

xxvii I II. Tweeklanke

(Kyk Afr. Fon. §§ 139-148.) Die gewone tweeklanke is die volgende:

-1. [ai] BOOS die ai in aitsa,

[ad] (lank)

"

"

aai in raai,

2. [e:u] (lank)

"

"

eeu in leeu,

., [ai]

ei, y in lei, ly,

,),

"

" 4. [o.:i] (lank) "

"

ooi in mooi, 5. [ou]

"

"

ou in koud, 6. [ooy]

"

"

ui in muis, 7. [Q :i] (lank)

"

"

oi in noi, 8. [ui]

"

" oei in groei.

Ons plaas die lengteteken na die eerste gedeelte van die tweeklarrk, aangesien dit hy is wat lank is. Sommige skrywers plaas dit egter op die end, met die oog daarop dat die diftong eintlik 'n eenheid vorm. Tweeklanke kan ook genasaleer word, net soos klinkers en ·in dieselfde posisies, maar die verskynsel is hier baie meer beperk.

IV. M edeklinkers

l. [b] BOOS die b in bak,

2. [c]

"

, dj, tj in paadjie, maatjie,

3. [9] (c met 'n komma daar-onder, die bekende Franse letter: vgl. § 19, nr. 21),

"

"

g in geld, 4. [d]

"

"

din ·doen, 5. [f)

"

"

f, v in feit, vis, 6. [g]

"

"

g, gh in terge, ghoen, 7. [D.] (stemheb bend)

"

"

h in hand, 8. [h] (stemloos; bestaan nie in

Afrikaans nie),

" , h in ndl., eng., du. hand,

9. [j]

"

"

j in ja, 10. [k]

"

"

kin kat, ll. [l]

"

"

l in lam, 12. [m]

"

"

min mond, 13. [n] "

"

n in nag,

(28)

xxviii

14. [Jl] (j met die tweede gedeelte van n daaragter; kyk § 19,

nr. 24) soos die n in kantjie,

15. [IJ] (n met 'n beentjie)

"

"

n, ng in di·nlc, ding, 16. [p]

"

"

pin pad, 17. [r] (kyk § 19, nr. 25)

"

"

r in rooi, 18. [s]

"

"

s in son,

19. [f] (kyk Afr. Fon. §§ 629-640)

"

"

g, sj in sjarmant, genie,

20. [3] (stemhebbende maat van vorige; kyk § 19, nr. 26)

"

"

g in fr. genre,

21. [t]

"

"

t in tien,

22. [tf] (hier as twee letters ge-druk, maar eintl. 'n kom-binasie v .d. twee, nl. 'n stemlose affrikaat; kyk

Afr. Fon. §§ 537-549)

"

"

tj in tjek, 23. [d3] (stemhebbende maat v.d. vorige; kyk § 19, nr. 27)

"

"

j in eng. just, 24. [v]

"

"

will water, twee,

25. [u] (kyk § 19, nr. 28),

"

"

win twee, 26. [x] (stemloos)

"

"

g ·in goed,

27. [y] (stemhebbende maat v.d. vorige; bestaan nie in Mr. nie)

"

"

gin ndl. leugen,

28. [z]

"

"

z in Zoeloe,

29. [5] (stemhebbende dentale fri-katief; kyk § 19, nr. 31) ,

"

tk in eng. father,

30. [0] (stemlose maat v.d. vorige) ,

"

tk in eng. think,

31. [w] (kyk § 19, nr. 31)

"

" win eng. wall.

Lengte kom nie net by klinkers voor nie, maar ook by medeklinkers: dis maklik om te hoor dat die dd van biddag !anger van duur is as die van middag. Dis gebruiklik om lengte by medeklinkers voor te stel deur die betrokke letter dubbel te skrywe (dus nie deur 'n volgende dubbelpunt, soos by klinkers nie), bv. biddag ['beddax]teenoormiddag ['medax]. Vgl. Afr. Fon. §§ 377-385. In fonetiese skrif word geen hoofletters gebruik nie, net klein letters.

(29)

xxix

V. Sillabiese Konson.ante

Onder sillabiese konson.ante word verstaan medeklinkers wat in bepaalde gevalle die werk van 'n klinker doen, d.w.s. die kern van 'n lettergreep vorm, m.a.w. sillabies ( =lettergreepvormend) is. Kyk

Afr. Fon. §§ 386-387. Die medeklinkers wat sillabies voorkom, is die

l, m, n, en r. Om die besondere karakter (funksie) van die klank in hierdie geval aan te duie, word 'n klein loodregte strepie onder die betrokke letter geplaas, aldus:

-u.

rp..

!!-·

rJ

Dis moontlik om die e in buiten uit te stoot en as dit gebeur, neem die n die plek van die klinker in, word dus sillabies. Die woord word dan getranskribeer [1breytl)-], nie [1breytan] nie: hy bly dus twee-lettergrepig. Sommige Afrikaners spreek die naam Liebenberg uit

[1libmb&rx], nie [1libanb&rx, 1libamb&rx] nie.

Sillabiese konsonante is nie gewoon in Afrikaans nie, maar wel in Engels en Duits; vgl. eng. little [1lrtD. button [ 1bAt!!-] en du. haben [1ha:bm].

I

Gebruiksaanwysings en nadere besonderhede omtrent bepaalde klanke § 19. 1. Van die gebruik van 'n loodregte strepie, aldus:

I,

in 'n woord, beide gewone en fonetiese skrif, om te kenne te gee dat w:at daaraan voorafgaan, herhaal moet word, is in hierdie druk afgesien. Dit het misverstand veroorsaak.

2. Die gebruik van ronde hakies, aldus: (), in 'n woord, sowel gewone as fonetiese skrif, beteken dat die vorm of uitspraak met en sonder die ingeslote gedeeltes gelykwaardig is; mees(t )al [1me: s(t)al],

aandagtig [a(: )n1daxtax] beteken dat by die eerste woord die [t]

uitgestoot of behou kan word, by die tweede die eerste [a] kort of lank uitgespreek kan word.

W anneer 'n woord of gedeeltes daarvan egter agteraan tussen () geplaas word, gee dit te kenne dat sodanige uitspraak minder gewoon is: kallf, -wers [1kallf, -vars (-ars)] beteken dat die uitspraak ['kalars]

genoeg vourkom om vermeld te word, maar dat dit darem nie as standaard erken word nie.

3. Waar verskillende spellings, vorme of uitsprake gelykwaardig is, word hulle eenvoudig naasmekaar geplaas, sonder ,of" te gebruik, bv. drempel, drum- [1drempal, 1dram-, 1drrem- ].

(30)

XXX

4. Dis gebruiklik om fonetiese skrif tussen vierkantige hakies, aldus: [ ], te plaas. Ons maak hiervan net gebruik versover die duide-likheid dit vereis.

5. By woorde in fonetiese skrif word die hoofklem deur 'n loodregte strepie bo die lyn aangeduie by meerlettergrepige woorde, maar nie by eenlettergrepiges nie. Gewoonlik staan die hoofklem voor die betrokke lettergreep, nie voor die betrokke klinker nie, bv. kaneel [ka1ne:l]. By afl.eidinge en samestellinge staan dit soms voor die betrokke klinker, om ruimte uit te spaar, bv. onderwyser; -es

[onar-1vaisar; -1&s], om nie die [r], wat die lettergreep open, te herhaal nie. 6. Buigingsuitgange word net gegee versover duidelikheid aan-gaande uitspraak dit vereis, bv. aanhalingsteken, -s [1 a: nlia: laiJste: kan, -s ], om te verduidelik dat die [a] van die slotlettergreep nie nasaleer nie, hoewel voor die frikatief s (kyk nr. 16); afstand, -e [1afstanlt,_ -da ], om te laat sien dat [ nd] nie assimileer tot [ n] nie.

7. Die -ge- van die voltooide deelwoord word net ingevoeg waar sommige sprekers die voorafgaande klinker van die voorvoegsel nasa-leer (onder invloed v.d. frikatief g van -ge-, kyk nr. 16), ander weer nie, bv. aanbrand, aange- [1a:mbrant, 1o:xa-, 1a(:)nxa-, 1a(:)IJxa-].

8. Samestellinge en afl.eidinge word oor die algemeen onder die hoofwoord gevoeg, onverskillig watter woordsoort dit is, dog slegs versover die alfabetiese volgorde nie versteur word nie. Dit spaar baie ruimte uit.

9. Die kort en lang a verskil in Mrikaans oor die algemeen 'n bietjie in kwaliteit: die eerste [a] is enigsins helder, die tweede [a':] enigsins dof: vergelyk maar die a van dag met die van dae. In fonetiese skrif word die helder a deur [a] voorgestel, die dowwe deur [a]. Ons gebruik in albei gevalle, kort sowel as lank, net die teken [a], omdat die verskil in kwaliteit betreklik gering en altwee klanke aan die dowwe kant is.

In N ederlands is die verskil in kwaliteit groot en, net andersom as in Afrikaans, is die kort a dof en die lange helder, bv. in dag [dax] teenoor dagen (1da:ya] (die n op die end word nie uitgespreek nie). Sommige Afrikaners probeer om die Nederlandse ana te aap, maar hierdie onnatuurlikheid is baie steurend en sterk af te keur. Vgl. Afr.

Taalst. bl. 197, 2.

10. In die Westelike Kaapprovinsie is daar 'n neiging om die [ e: ], mits nie deur r gevolg nie, baie te laat oorhel na [i: ], terwyl buite genoemde gebied die klinker weer dikwels oorgaan tot [ea, ia].

(31)

xxxi

Weet [ve:t] word dan ongeveer [vi(: )t], of ['veat, 'viat]. Let op dat die [ e] in die tweede geval kort is.

In dieselfde streke hel die [ o: ] dan onderskeidelik oor tot [ u: ], mits nie voor r nie, of gaan oor tot [oa, ua]. Koop [ko:p] word dan ongeveer [ku(:)p, of ['koap, 'kuap]. In die tweede geval is die [o] eweneens kort.

Die afwykinge is nie as standaard te beskou nie.

11. Voor 'n verbinding van [1], [n] of [r] met een of meer konso-nante, veral [p], [t] of [k], word 'n kort klinker, meestal [s] of [o] deur sommige beskaafde sprekers verleng, maar nie aile woorde word hierdeur aangetas nie, en daar kan nogal verskil bestaan van streek tot streek ten opsigte van watter woorde die verlenging besit en watter nie. By 'n paar woorde is die verlenging algemeen, o.a. by

bord [bo:rt], pond [po:nt] en stert [sts:rt].

12. Sommige beskaafde sprekers spreek die eerste van twee [a]'s in opmekaarvolgende lettergrepe uit as [i]: belediging [ba'le: daxaiJ) en ontmoedigend [ont'mudax~mt] word dan onderskeidelik uitgespreek

[ba'le:dixaiJ, ont'mudixant].

13. Afrikaanse klinkers wat nie die hoofklem dra nie het 'n neiging om oor te gaan tot die middelmond-klinker [a], veral by woorde in alledaagse gebruik: gordyn [xar1dain], patrys [pa'trais], rosyntjie

[ra'saiJlci].

Dis 'n verbreide en volkome natuurlike en verklaarbare oorgang, wat derhalwe in die geval van algemene uitsprake nie moet teegewerk word nie. Dit sou letteruitspraak wees; kyk § 3.

14. Lang klinkers wat nie die hoofklem dra nie vertoon die neiging om verkort te word: eergierig [e·:r'xirax] naas [er'xirax].

15. By woorde van vreemde (Romaanse) oorsprong erken ons ten opsigte van die klankwaarde vane en o in 'n lettergreep met byklem twee taallae :

a) Ingeburgerde woorde: hier het die e twee uitsprake, nl. die van [c] of [e], en die o drie, nl. die van [u], [o] of [o], bv. telefoon [tsla'fo:n, tela-]; kosyn [ku1sain, ko-]; prospekteer [prospsk1te:r, pro-]. [u] kom gewoonlik net voor in die lettergreep onmiddellik voor die hoofklem. b) Woorde wat nog in mindere of meerdere mate as vreemd gevoel word: hier word die twee betrokke klanke onderskeidelik net ge-transkribeer deur [e] en [o], bv. telepatie [telapa'ti], solider [sola'ds:r]. Hier word die ander klankwaardes van e en o oor die algemeen nie as gelykwaardig beskou nie, maar uit die aard van die saak sal sommige

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

General rights Copyright and moral rights for the publications made accessible in the public portal are retained by the authors and/or other copyright owners and it is a condition

Keywords: Offender, adjustment, private maximum-security correctional centre, predictors, coping strategies, aggression levels, perceived social support, age, offender

‘In het begin werd ik niet echt serieus genomen, maar naarmate je meer verschijnt in de media willen mensen wel naar je luisteren.. Dat geeft je een bepaalde status, dat heb ik me

Daarnaast moet nog opgemerkt worden dat soorten zoals Bastaardsatijnvlinder en Eikenprocessierups niet in bossen maar bijna alleen in laanbeplantingen optreden en in bossen dus

Onderwysers en skole kan dus volhoubare ontwikkeling (as ’n denkraamwerk) aanmoedig deur leerders bloot te stel aan gereelde ontmoetings met die natuur wat gevolglik die nodige ruimte

This paper informs about the way in which gatekeepers conceive of acquisition practices, differentiate when assessing literary quality and imagine their audiences, which shapes

The key elements that were distilled from the findings of the action research intervention for improved decision-making in the organisational context using coaching

Aardaker is tegenwoordig een betrekkelijk zeldzame plant van bermen en rivierdijken, maar in voorbije eeuwen wer- den de hazelnootgrote knolletjes geoogst en gegeten.. Al in de