• No results found

is aan

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "is aan"

Copied!
31
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

Hoofstuk VIII

ONDERWY$ VAN AFWYKENDE LEERLINGE

In hoofstuk II is reeds oorsigtelik aangetoon dat onder spesiale onderwys inbegrepe is die onderwys van verstandelik-vertraagdes ,_ die gedragsafwykendes, die liggaaml~lc-afwylcendes en sintuiglilce afwylcings soos spraakgebrek1cigheid, hardhorendheid en swaksigtigheid. Di t. is die taak vQ.n ·die Departement van Onderwys om ook

aan hierdie · leeriinge ·n bi ]_like kans te gee om- hulle ver= moens ten valle te ontwilckel; •n kans 'ifat hulle nie

kry in dieselfde klasse as normale kinders nie. In die spesiale kl~~ 6£ skool moet ·hulle hul bekwaam om so= siaal en ekonomies volwaardige burgers van die gemeenskap te word.

A. Skole en klasse vir verstandelik-vertraagdes

·1. Inleiding

Agterlikheid kom in verskillende grade voor en is aan verskillende oorsake te ~te.

sk~i· as volg':

Die Departement onder=

a. vertraagdes- hulle wat_weens siekte, rondtrek1cery, armoede en gebrek aan geleenth~de agtergeraak het by die gemiddelde-groep~ Hulle pas goed in by die gewone skool en 1mlle probleme kan verhelp word; b. ag_terlikes· - _hulle wat ·weens swak verstandelilce

ontwikkeling nie lean byhou by die skolastiese eise wat aan die gemiddelde leerling gestel word nie; c. dom --hulle·I.K. le tussen 80 en 90 en hvlle pres=

teer swakker as kinders in die gemiddelde groep wat twee j_aar· jonger as hulle is;

d. subno;rnaal - hulle I.K. le tussen 60 en 80 en is al= 278

(2)

reeds aangewese op spesiale bystand;

e •. swalcsinnig - hulle word in .twee groepe verdeel nl. (1) hooggradig met I.K. 50-60. Hulle word in spe=

siale lclasse of slcole opgeneem;

(2) laaggradig met I.K. onder 50. Hulle is onop= voedbaar en word uit slcole uitgesluit waar.hulle dan.in spesiale inrigtings soos by Witrand op

Pot~hefstroom

opgeneem word.1)

Die basis vir belcwaamheidsgroepering vir gedifferen= sieerde middelbare 0nderv~s is dan oak as volg:

I .K·. llO en hoer 20%; hulle ·lean die universiteit besoek.

I.K. 100

-

109 30%; hulle kan die Slcooleindsertifi.= lcaat behaal.

r".K.

so -

90 43%; hulle lean st. VI, VII .of VIII slaag. ·

I.K. 50 - 79

-

7%; hulle moet spesiale onder~s ontvang. 2)

a. Faktore wat in aanmerking geneem moet -word By spesiale onder~s van die verstandelik-vertraag= de moet die volgende in aanmerking geneem word:

(1)

<iie

kind s.e ontwil<keling is stadiger as die van die normale kind en die kursus moet dus 1anger duur.

(Die wet laat se1fs· toe dat lcinders tot hu1 2lste jaar op skoal. gehou lean word) 3 );

1) _2) 3)

T.O.D. Handboek van instruksies vir hoofde, 1956/57, p.64.

T.O.'D. Verslag van Oorsese Sending i.vm. gedifferen= sieerde midde1bare onder~s,· p.39.

(3)

·(2) £isies, sosiaal en handvaardig · lean hy net so vin= "nig as sy normale maat ontwikkel;

( 3) hulle moet hoofsaaklilc beroepsond13r-wys ontvang om hulle te bekwaam vir sekere ongeskoolde en half= geskoolde werk. Van die bestes word soms vol=

1) waardige . ambagsmanne

.-b. 'vernaamste doelstellings

Die ui tgangspunt moet: wees dat ofsl~oon die sub= normale kind ve!standelik gekortwiek is, hy nogtans genoegsaam opvoedbaar is om voldoende voordeel te trek ui t •n besondere opvoedingsprogram sodat hy

sedelik-. . 2)

volwasse, .verantwoordbaar en selfonderhoudend lean word. -Die volgende moet as mikpunt dien:_

(l) die regte gesindheid by die kind om aan te pas in die gemee~skap is belangriker as die verkryging van ·n st. VI-sertifilcaat;

(2) beroepsonderrig moet so •n belangrilce rol speel dat hy •n volwaardige selfstandige burger lean word.

Om dit te rereilc, word die' helfte van die tyd aan pralctiese \l,erk bestee· en die ander helfte aan alca= demiese wer~;

(3) hy moet geleer word om emosioneel stabiel te wees en selfstancig te dink en om nugtere besluite te lean neem;

( 4) hy moet mins tens •n sekere minimum bekwaamheid. bereik in lees, skryf en reken; .

(5) hy moet leer om sy vrye tyd nuttig te bestee; l) Koers - Maandblad van Calvinistiese

Vlr C.H.O. Deel XXIX, p.4o.

2) N.A.O. Bylaes by die verslag van die die opleiding van onderwysers, Sept.

Denice. P.U. Onderlcomi tee oor 1967' ·p.40.

(4)

(6) hy moet leer om sindelik op sy persoon en tuis te wees;

(7) met behulp van godsdiensonderrig moet hy gehelp word om koers in sy lewe 'te kry en te hou;

(s)·hy moet homself met selfvertroue.in die gewone om= gang

lc~n

handhaaf. 1 ) . · ·

c. Ontwikkeling van verstand en liggaam

As psigo-fisiese wese ontwikkel die verstand en d.ie liggaam by die normaie kind J29rall':"l. By die agter= like kind bly die verstandelike ontwilclceling egter

agter by die liggaamlike. Die gevolg is dat sy geheue, abstrakte oenk-, rederieer-, oordeels- en diskriminasie= vermoe swak is. Sy belangst~lling dek •n enge veld_en sy ondernemingsgees ·is swak. Omdat ander om hom van I(leins af beter presteer as hy, ontwikkel,hy maklik •n minder;aardigheidsgevoel. 2 ) Dit gebeur dikwels dat hulle in die tale en Rekene op •n • st. II of III peil is, terwyl hulle in die praktiese selfs •n st. VII, VIII of IX-peil bereilc. In die geval word aan hulle ·n ·sLvi,.... sertifikaat .toesreken sodat hulle as vakleerling·e opge=

neem kan word. 3 ) . . .

2. Sertifiseerbaarheid vir spesiale onderwys

Wet nr. 9. van 1948 omskryf die omstandighede waar= onder •n kind vir spesiale onderwys sertifiseerbaar :is

nl.

1) T.O.D.:_omsendbrief nr. 21 van 1962. Vgl. oolc T.O.D. Onderwysburo.' The education of

··the mentally handicapped· pupil in the Transvaal (In Onderwysbulletin, 1,4: p.172).

2) C~eugh, M.F. Teaching the slow learner in the spe=

Clal school, p.26.

(5)

a. as hy nie genoegsaam voordeel kan trek uit die

normale onderrig.wat aan die gewone skool gegee word nie;

b. as hy gehelp moet word om by die gewone samelewing aan te pas;

c::.

as. hy_ nie •n gewone klas in •n gewone skoal behoort by te·. woon nie omdat di t tot sy eie nadeel of -tot

. 1 . l)

nadeel van dle clas sal strek.

Die prosedure is gewoonlik dat die hoof in same=· werl<ing met die l<lasonderwyser vasstel wie erg vertraag is en dan die kind na die kringinspekteur verwys wat, na hy homself oortuig het dat die oordeel reg is, die naam opstuur na die departementele sielkundige.. Hy neem ·dan ·n indiwiduele· verstandstoets 9.£ en win verder inligting in van •n proefbeampte, •n so~iale werkster, •n landdros en/of •n mediese Q.okter. Hierna word daar dan nag ·n gestandaardiseerde skolastiese toets in ·Afrikaans, Engels en Rekenkunde afgeneem om die skolas=·

tiese ouderdom vas te stel. Eers dan word besluit of

die J~ind ge~ertifiseer moet word vir spesiaie onderwys;

Indien wel, ·word die saal< met die ouers bes·preek en word die naam aan die_Direkteur voorgele om te besluit na watter skoal of klas die kind moet gaan. Nadat die skoal en die ouers kennis gekry het, het die ouer die reg om binne drie .weke by die Administrateur te

appelleer. Ofskoon dwang nog selde nodig was; word deur die wet voorsiening gemaak daarvoor indien die ouer nie wil saamwerk nie. 2 )

1

2) Wet nr. 9 van 1948, art.l. ) Id., art. 6. Vgl. oak Onderwysbulletin, 1,4: p.l73.

(6)

Hierdie -prosedure· ·het gegeld ·tot 1955 toe die Siel=

. .

kundige Diens. nog onder die sorg van die Mediese.In= speksiediens gestaan' het. Toe Sielku~dige ·DiEms ·in 1955 onafhanklik geword het, het dit die sertifisering va-n leerlinge aansienlik vergemaklik.1) .

3. Die ontwikkeling van spesiale onderwys na 1950 In Hoofstuk II· is aangeto.on dat spesiale onderwys vir verstand~lik-vertrapgdes, voor. 19 50, •n s.ukl<elbestaan gevoer het. waar ·daar meer·as 7-

ooo

sertifiseerbaar was, was in 1949 slegs vir 1

':;no

leerlinge· voorsiening gemaak.2) Ofskoon die c;tard van spesiale onderwys verg dat dit die beste onderwysers en fasiliteite moes he, het die. teenoorgestelde i'n die pral<tyk plaasgev;i.nd.

. ... .

.

Pra~~iese_werk het in baie gevalle beperk geb;y tot Vlegwe:d< met raffia en gewone· breiwerk. Daar het •n

~ee~ be~t~~n

· oin

hi~;die leerlin:g~ m~t masji~nerie'

te laat

werk. 3 ) . .

Vanaf 19 52 het daar •n v~randering i;ngetre~. voor= uitgang .. is. gemaak met die stigting van sl<ale, en ·spesiale klasse. Geen ·koste is ontsien om die nodigE; .J;'asili= teite te _skep nie~ Gestandaardiseerde verstands-, sko= las tiese en

diagnostie~e .tci~tse i~ besidl<b·a~~ ~e-stel.

4 ) so'word daar besluit om

v~rstandelik-afwyke~de

leer=

. . ' . ' . ·.· . .

. linge van 13 j aar en oue·r in senior.. spesiale. skol.e saam

' .

..

. . ...

te trek ,en hierdie skole_.te vo~r~:;ien van die. nodige

masjienge~eedskap o~ di~·le~rlinge:

vir.

ve~skiile~de

werksoorte op te lei. 5 ) . , · ' · .

1 • . • ' ' • ' . ' •

i) T.O.D.:...:verslag,. 1955, p.26;

2) T.O~D.-verslag, 1949, p .. l44.

3) Pretoriase Onderwyskollege. Eeu van onderwys in· Pretoria, p.ll3 ..

4) Id. ,' p·.-121. Vgl. 'ool( D. 0.

nr.

2 V?-f!. 19 53:. 5) T.O.D.-versJag, 1953, p.26.

(7)

In 1953 is dr.

A.J.

Groenewald.as inspekteur-psigoloog: aang:estel en saam met hom was daar nog: sewe sielkundig:es verbond~ aan die sielkundige klinieke op Pretoria, Johannesburg, Boksburg en Krug:ersdorp. Hierdie vier klinieke moes Transvaal in sy geheel be=

dlen •. . . 1)

Irr o·pvolging van: art. 17 van Wet rrr. ,9 van 1948 word •n Vaste'Komitee.vir Spesiale Onder~s in 1954 in die lewe geroep. Die Komitee het bestaan uit die Hoo.finspekte.ur, die Inspekteur-psigoloog en •n adminis= tratiewe amptenaar van die Departement.

van die Komitee.was om:

Die opdrag

n-. advies te gee i.v.m. die stig:ting van spesiai·e skole; b. te reel vir die opleiding van die nodige onderwysers;· c. te sorg vir gepaste leergange en di-e groepering van

leerlinge;

d. reels op te stel wat die oorplasing van -l~erlinge .na spesiale onderwys reguleer;

e. te.reel vir die personeel van die skole en-hul sala=

.. kal 2:) riss e._.

Hierdie'versnelde program vir spesiale onderwys het •n ins trulcteurs- en· onderwysersprobleem opg:elewer. Omdat dit gespesialiseerde onderwys . i~, . is dit vansel.f= sprekend dat die onderwisers g:espesialiseerde opleiding moes ontvang. Opleidingskur?usse vir die ·onderwys van verstandelik-afwykende leerlinge is aan drie onderwys= lcolleges· gedurende 1954 en 1955 ingestel. Op Potchef= stroom is •n intensie'!'e vo1tydse kursus van <l;ri·e maande aari= 1) Id., p .•. 120.

2) T.O..D.-omsendbrief rrr. 69 van 1953. VgL· ook D.o. rrr. 1 van 1954.

(8)

gebied en twee--na-uurse kursusse van ses maande te Pretoria en Johannesburg. Al t_esaam sowat 130 onder= wysers het hulle op die wyse_bekwaam vir die onderwys van die

ve~standsafwykende

kind.l)-Die nuwe ontwikkeling het ook nuwe leerplanne vir die verstandelik-agterlikes gebring. Die vakke wat benadrulc word, is Godsdiensonderrig-, Afrikaans, Engels; -- E.ekene en. Algemene Kennis wat Geskiedenis, Aardryks=

kunde en Natuurstudie insiuit. Die senior seuns·neem Houtwerk, Boukunde, Sweiswerk,_ Plaatmetaalwerk, Skil= derwerk terWy-1 die s'enior. meisies Naaldwerk, Kookkuns, Kleremaak en Breiwerk (op breimasjiene) neerri.2)

Waar die leeriing in die ge-wone skoal hom hoofs·aak=

~ik moet aanpas by die leerstof, word die leerstof in die spesiale skool aangepas by die leerling. Die onder= wys is dus in hooftrekke indiwiduele onderwys, waar die kind in elke vale teen sy eie tempo vorder. Die klem ·val hoofsaaklik op meer praktiese werk omdat die_presta=

siedrang op die wyse die maklikste bevredig word. Vaardigheid word_

verk~y

deur geduldige herhaiing. 3)

Die week word-so ingedeel dat die seniors gemid= deld 2! dag per week aan akademiese en 2! dag aan prak= tiese.werk bestee. Vir die juniors val die klem hoof= saaklik op lees, skryf en reken met

+

20% aandag aan

praktiese werk. 4 ) · -

-tn 19-55 word- ses nuwe spesiale skole en 39 nuwe spesia];e klasse qestig se€1:-a-t Eha-a;r .;Hg__~ ~ spssiale

1) -T.O.D. -verslag,- 1955, p.29. Vgl. T.O.D.-omsend= brief nr. 16 van 1955.

2

3) T.O.D. Onderwysbulletin, 1,4-: ) Loc.cit. · p.l79. 4) Loc.cit.

(9)

J~asse gestig sodat-daar in die ~ege spesiale skole en in die· 61 spesiale klasse 3 450 leerJ,inge was. 1) Om in die behoeftes van die platteland te voor= sien, is die.Happy Rest Skoolplaas se geboue gebruik vir.die .stigting van die Schoemansdalse Spesiale Skool op 12 Augustus 1953. Dit sou die skoolraadsdistrikte .Pietersburg en Waterberg bedien. 2 ) Omdat die skool

'

so v.er van die nywerheidsgebied gelee was, was dit ·nie •n sukses nie ·en in 196.1 is di t na Nylstroom oorgeplaas· waar dit voortaan as die Susan Strydomskool sou be= kend s taan. 3 ).

Leerlinge mbet ·op skool bly'tot.aan die einde van die jaar waarin hulle 16 jaar word maar die wet laat toe dat hulletot hulle 19de jaar en in buitengewone gevalle tot op hulle 2lste jaar gehou mag word. 4 ) Van die Sielkundige Diens word dus verwag om in die vierde kwartaal in samewerking met die skoolhoof lys_te van afwykende leerlinge wat in die volgende jaar 16 jaar sal word~voor te 1~. Hulle word in drie groepe ver= deel nl. :.

a. leerlinge ·wat so geyorder het dat hulle aan die einde van die volgende jacir •n st. VI-sertifikaat kan kry; b. leerlinge wat nie ·n st. VI-sert.ifik_aat kan kry ~ie,

maar wel met langer verblyf in die spesiale skool een kan verwerf;

c.·.leerlinge wat ·selfs nie na langer verblyf ·n.st. VI-serti£ikaat sal kan ve~werf nie.

1

2) T.O.D.-verslag, 1955, pp.27 en 205. ) Id., 1953,. p.27. . 4

3) T.O.D.-omsendbrief nr. 95 van 1959. ) Wet nr. 9 van 1948; art. 11(3) •.

(10)

Die eerste en derde groep moet die skool die vol= gende jaar verlaat. Groep twee se ouers kry kennis-dat hulle kinders langer in die skoal kan of moet bly. Gebrek aan akkommodasie het die Departement egter ge= noop om leerlinge ouer as 16 jaar te ontmoedig om langer as n jaar verder in die spesiale skole te bly.l) .

Die leerlinge verwerf •n st. VI-sertifikaat as hul= le ·n vasgestelde peil - taamlik laag - in Afrikaans, Engels, Rekenkunde en Algemene Kennis behaal en •n hoe peil in Handwerk. Dit help hulle om halfgeskoolde werk in fabrieke te bekom. Die stigma wat moontlik aan die spesiale skooi mag kleef, word omseil deurdat

. '

die naam van skyn nie. 2 )

die skoal nie op die sertifikate mag ver=

In Suid-Afrika moet die verstandelik-vertraagde ongelukkig met die Bantoe en Kleurling op die halfge= skoolde en ongeskoolde arbeidsmark meeding. Dit is die taak van die skoolhoofde, die besoekende onderwysers en die Arbeidsburo van die Departement van Arbeid om ge= skikte werk ·vir hierdie leerlinge te vind. Daarna is

nog steeds georganiseerde nasorg deur proefbeamptes van die Departement Volkswelsyn noodsaaklik.3 )

Ten einde- die werklil<e gro'ei van spesiale onderwys in die tydperk 1950-1963 te beoordeel, word die getal leerlinge in die skole in die volgende tabel teenoor die groei in die skoolbevolking gestel. Die gegewens vir

2

1

3

~ T.O.D.-omsendbrief nr. 95 van 1959. D.O. nr. 2 van 1953.

(11)

die aanpassingsklasse word oak verstrek omdat dit oak vertraagde kinders b~vat wat nie gesertifiseer is vir spesiale onderwys nie.

Tabel 191 )

Leerlin~e in spesiale skole en klasse en in aanpassings= klasse ln Transvaal, 19 50--19 3 ' 1950 1951 1953 1955 1957 1959 1961 1963 Skole vir verstandsaf= wyl<endes 2 3 4 10 11 11 14 15 Skole vir liggaamlik afwykendes 5 5 5 3 3 3 4 4

skole vir ge= dragsafwy= ken des

-

-

1 1 1 1 1 1

-Aantal leer= linge 1094 1097 1526 3450 3923 4426 5901 6710 Skoolbevol= king (1 oooe) 210 234 254 274 289 304 319 334 % van skoal= bevoll<ing 0,5'2 0,47 0,.60 1,2 1,4 1,5 1,8 2,0 Aanta.i ln aanpassings= klasse

-

-

3284 2252 3160 2684 2642 2441

Uit tabel 19 kan die volgende afleidings gemaak word:

a. die 1 094 leerlinge in 1950 verteenwoordig 0,52% van die totale skoolbevolking. Die getal het ge= 1) T.O.D.-:verslae, 19.50-1963 (algemene statistiek en

verslae van Hoof-psigo·loog) •

(12)

styg tot 6 710 leerlinge in 1963 wat 2,0% van die skoolbevolking beteken. Vanaf 1950 tot 1963 was daar dus ·n j aarlikse toename van 0, 6%;

b •. daar was ·n merkbare vermindering in die aantal leer= linge in die aanpassingsklasse tussen 1953 en 1963. Hierdie afname dui op •n verskerpte proses van.ser= tifisering uit die aanpassingsklasse;

c. teen die berekende 4,5% van die skoolbevolking1) toon die 2,0% nog meer as' ;n 100% agterstand t.o.v. ·leer= linge wat werklik spesiale. onderwys ontvang. Die Oorsese Sending,· onder voorsi tterskap van dr. A.H. du P. van Wyk, het beraam vir 7% agterlikes in •n ge= wone skoolbevolking2) en daarvolgens moes daar d.an in 1963 reeds 23 000 leerlinge spesiale onderwys ontvang het. Di t blyk egter eens te ·n morbiede siening van die verstandelike vermoens van die suid-Afrikaanse jeug te wees aangesien ·daar in werklikheid slegs yir ·n kwart voorsiening gemaak is en die res na •n gewone skoolloopbaan g-ewoonweg ·in die arbeids=

mark opgeneem is. , ... .

In 1963 v.ras daar al 20 volwaardige ~Pe-?-ia~e skole in Transvaal teenoor slegs 2 in 1949. ~5_van hierdie skole maak voorsiening vir verstandelik-afwykende -

.

,.-. , ~ .

leerlinge, · 4 vir liggaamlik.:..afwykendes _en .slegs een vir gedragsafwykendes ;3 ). .. . . ·. ·. .. . , : d. die 5 sko1e wat i_n die tabe1 vir 1950-1953 as sko1e

vir 1iggaam1ik-afwykendes aangegee is, was ·op ·daar= die stadium nie vo1waardige sko1e nie. Die·te· 1) Du Preez, dr.

N.J.

Toespraak by Konferensie van Spesiaie Onderwys, 4 Okt. 1948. Die Vo1kstem, 4 Okt. 19_48. Vgl. ooJ< T.O.D;-vers1ag 1951, p.l87. 2

3

) Van Wyk-verslag, p.39. ) T.O.D.-vers1ag, 1963, p.12.

(13)

Pretoria en Johannesburg, wat aan die hospitale verbonde was, was.ingeskakel by ander.skole en die ander drie is d·eu~ die T.O.D. gesubsidieer~ Meer besonderhede word onder die spesifieke hoofde later in die hoofstuk verskaf.

Volgens··•n opname van· die Onderwysburo in 1963 i·s slegs een instrukteur uit 63 opgelei en van die gewone

~ I ••

personeel· is 60,9% van die permanente en slegs 13,4% van die tydelik~ personeel opgelei vir die werk aan die spe= siaie skole en klasse. 1 ) .

Spesiale onderwys bly die duurste onderwys waarvoor die Provinsie moet instaan. Waar die koste per leer= ling in die laerskool en hoerskool onderskeidelrk in 1962 R90 en Rl40 bedra het; het spesiah: onderwys Rl86 per _leer ling per j aar gekos. Dit is-hoofsaaklik te wyte aan die duur masjinerie en die klein klassies van

12-'I5 leerlinge. 2 ) · .

B. •n Spesiale skool vir gedragsafwykendes L Inleid,ing

Gedragsafwykende kinders is, soos hulle naam aan= dui, nie noodwendig mi·nder'hegaafd nie maar vorder swak op skool as gevolg van emosionele wils- of temperamen= tele g~breke. Bulle maak hulle skuldig aan jeugmis= daad, onbeheerbaarheid en pligsversuim as gevolg van wanaanpassing. ·onderwys vir die gedragsafwykende kind bestaan noodsaaklikerwys meer bepaald uit emosionele en sosiale herorientering waar kliniese en sielkundige 1) T.O.D. Onderwysburo, Werkstuk nr. 84. Ondersoek na

die behoefte aan onderWysers in spesiale skole en klasse, Apr. 1963, p.9.

2) T.O.D. Spesiale onderwys in Transvaal, 1962, p.4.

(14)

behandeli~) die grondslag van hierdie spesiale onder= wys vorm.

2. Onderwysdoelstellings vir gedragsafwykende leerllnge

Kortliks kom die doelstellings op die volgende neer:

a. die wysiging en herorientering van die afwykende ge= dragspatroon van die leerling;

b. die karalctervorming, persoonlilcheids- en sosiaie rehabilitasie van die leerling deur middel van op= voeding en sielkundige terapie en behandeling sodat hy so gou as moontlik weer teruggeplaas_kan word; c. die voorlcoming van moontlike jeugmisdadigheid

en-verdere afwylcings;

d-. ui tskalceling van alle faktore wat sy gedragsafwyking stimuleer;

e. remediele behandeling via arbeidsterapie;

f. rehabilitasie, indien nodig, van ouers en huislilce omstandighede deur middel van kontak met die skool= hoof en die besoekende onderwyser en

g. die nodige nasorg en opvolgingswerlc. 2 ) 3. Die Loopspruitse Spesiale Skoal

a. Die ontstaan van die skool

Weens gebrek aan •n _ spesiale skool vir gedragsaf= wylcende kinders, het die gebruik bestaan dan wanaange= paste kinders na plattelandse skole gestuur word waar hulle in koshuise geplaas·word en dus altyd·onder·toe= 1) T.O.D. Kom.itee van Ondersoek na Genl.

Pienaar-slcoolplaas- Voorsitter mnr •. J.P. Mqlan, 1951, p.l62. 2) N .A. 0 •. Bylaes by die verslag van die Onderlcomi tee

(15)

sig leon staan. Di t was •n ui ters onbevredigende reeling en he't stremmend ingewerlc op die betrokke sleole en leos== hui'se wat die leerlinge moes huisves en ernstige ge== valle van gedragsafwyleinge leon daar oole nie die nodige kliniese.sorg ohtvang nie.

Op aanbeveling van die Malankommissie 1 ) het die · Departement beslui t om ·n sl<aol vir gedragsa,fwylcende lcin== ders in die Genl. Pienaar Skoolpl.aas te stig. Die probleem van.wat om met die ontruimde skoolgeboue en koshuise van die sleoolplaas te doen, leon dan op die. wy== · se opgelos word. Op aanbeveling van die Potchef==

stroomse Skoolraad het die skool die naam van 11Loop==

sprui t S.pesiale Skool" gekry toe di t in 19 52 met. 86

. b . . 2)

leerllnge en ·n personeel van 12 egln ls.

Die onderwys aan die skool is daa-rop ingestel om kinders oor hulle gedragsprobleme te help. Skolastie== se werk vorm nog deel van die leerplan maar baie tyd word.afgestaan aan praktiese werk met die oog op tera== pie. In 1954 word ·n voltydse sielkundige by Loop== sprui t aanges·tel terwille van die sielleundige behan== de ling van die l.eer{inge. 3 ) ·

Anders as met die verstandelik agterlikes, is hier== die kinders nie noodwendig onintelligent nie. Volgens •n opname van Eksteen4 )·

i~

die I.K. verspreiding as volg: 1) T.O.D. Komitee van Ondersoek na die Genl.

Pienaar-Sleoolplaas, 1951, p.77. 2) T.O.D.-verslag, 1952, p.23. 3) Id., .1954, p.l9. .

4) Elesteen, A.J. Die persoonlikheidstruletuur en die orto== pedagogiese rehabilitasie van leerlinge by die

Klinieksleool Loopspruit. Ongepubliseerde M.Ed.-verhandeling, Unisa, 1967.

(16)

Onder 70 o,6% 7l 80 5,2% 81 90 38,4% 91 100 31,4% 101 110 19,2% 111 en hoer 5,2%.1)

Fisies is 96,7% van die 1eer1inge hee1tema1 nor= maal. 52% het reeds eenmaa1 gedruip en 22% tweekeer. 41% was a1reeds in vyf en meer sko1e en dit stem ooreen met die fin~nsie1e posisie van die ouers waar 42,2% swak daaraan toe was. By •n rede1ike hoe persentasie n1. 34,7 se ouers bestaan daar •n onstabie1e verhouding en 58,2% van die kinders kom uit groot gesinne met vyf .en meer kinders.2)

Vo1gens •n opname van die slco1astiese pei1 van hier= die 1eer1inge, het die Onderwysburo vasgeste1 dat 62,7% op pei1 is teenoor 22,9% agter1ikes en 8,8%·vertraag= des. 5,6% is bokant pei1. 3 ) Hierdie syfers bek1em= toon te meer die noodsaak1ikheid van so •n spesia1e skoo1 waar betydse en toegespitste aandag verseker dat 60-65% van die 1eer1inge hu11e prob1eme in so •n mate oorkom dat hu11e suksesvo1 in die same1ewing lean op= tree. 4 )

1). Id., p.200. 2) Id., pp.206-215.

3) T.O.D. Onderwysburo, Werkstuk 89. i.v.m. 1eer1inge wat. vir spesia1e tifiseer is, Aug. 1963, p.9.

4) T.O.D~-vers1ae, 1950-1963.

Besonderhede onderwys geser=

(17)

Uit die aard van die saak wissel die skoal se leerlingtal gedurig van kwartaal tot kwartaal na gelang daar gedesertifiseer word. Vir die eerste drie jaar van sy bestaan, was die gemiddelde tydperk wat leer= linge daar vertoe£ het 5,1 kwartale en die meeste van die leerlinge was in st. V en VI met •n gemiddelde ouder= -dam van 13,7 jaar. 1 ) Waar dit met 86 leerlinge begin

het in 1952,-het dit in Junie 1963 aangegroei tot 179 leerlinge maar dan het dit oak al gebeur dat daar reeds 240 ingeskryf was. 2 )

b. Fasili tei te

Die terrein is 12 myl van Potchefstroom gelee en beslaan 74,4 morg waarvan ~4 besproeibaar is. ·Die nodige groente vir die koshuise en voer vir die vee kan dus self verbou word. 3) _

Loopspruitskool kon dadelik van al die gerieflike geboue van die Genl. Pienaar Skoolplaas gebruik maak. Daar was ·n ruim ad.ministratiewe blok, 9 klaslokale, twee laboratoriums, ·n kunskamer, •n handwerklokaal, •n kookkunslokaal en •n doeltreffende biblioteeklokaal.

Di~ twee koshuise kon.l20 seuns en 25 dogters her= berg. Die dogters s 'n is vergroot om 72 te neem; ·n totaal dus van 192. Die koshuise beskik oar •n sieke= boeg met 8 beddens onder toesig van ~ gekwalifiseerde verpleegster. 4 )

In sy verslag van 1962 het die skoal se Advies= raad aanbeveel dat die vo.lgende geboue nag dringend 1

2) Id., 1954, p.l9. ) T.G.D. Prospektus van die Loopspruitskool, p.6. 3) Id., p.2.

4) Id., p.6. 294

(18)

nodig is: •n goedtoegeruste siellcundige klinielc, •n lolcaal vir die beoefening van liefhebberye en stole= perdjies·; •n snoepwinkel, •n klerekamer, •n woonstel aan die huishoudkundesentrum, twee wonings vir die siel= lcundiges en •n ontspanningsaal. Die Adviesraad noem oolc die behoefte aan •n skoolbus en goeie sportsvelde en bene. Omdat Loopspruit nie oor die voorreg· beskik .van ouers wat •n skoolfonds in stand kan hou nie, was

die gevoel daar dat guller finansiele bystand van die kant van die Departement nood?aaklik was.1)

c. Algemeen

Loopsprui tskool is ·n suiwer departementele inrig= ting wat in noue samewerking met die Sielkundige Diens ·funksioneer. voorsiening word vir beide taalgroepe

gemaak vanaf graad (i) tot en met st. VIII. Normaal= weg is+ een vyfde van die leerlingtal Engelssprekend.2)

Weens die aard van die werk, word dit as noodsaaklilc beskou dat die personeel spesiale toelae moet ontvang·. Die werlc is .moeisaam en meer verantwoordelilc as in ·n skoal vir normale kinders en die werksure sovee1 1anger. Die hoof moet behoorlik sie1kundig onder1e wees en.die vise-hoof moet in staat wees om verantwoordelikheid te aanvaar vir die skolastiese remedierende werk. Per so= neelvoorsiening is oak vee1 ruimer as in die gewone skool en kom neer op ·n leer1ing-per-onderwyser verhou"" ding van 1:15. Een van die assistente moet bes1is ·n 1) T.O.D. Leers 1091/2 en 1091/12. Memoranda van

Ad=-viesraad, 1962 ~n 1963.

2) Elcsteen, op.citr, p.l92. Vgl. ook T.O.D. Prospektus van die Loopspruitskoo1, p.2.

(19)

landboulcundige agtergrond he. •n sielkundige word

.

l)

vir elke 100 leerlinge aan die skoal toegestaan. Omdat Loopsprui t •n kliniekskool is en die leer= linge emosioneel-versteurde pasiente is, moet die per= soneel baie simpatiel< en ryklil< bedeel wees met wysheid. Die skoal moet gesien word as •n herstellingsoord en nie as •n 11strafkolonie11 of •n 11ver.betersl<oo}" nie. So

•n veranderde siening ·sal dan ·n beter gesindheid by die ouers en by _die leerlinge wat daarheen verwys word, meebring.

c.

Skole vir Liggaamlik-afwykendes

1. Onderwysdoelstelling met liggaamlik-afwyl<endes Die liggaamlik-afwyl<ende kind is d_il<wels die ver= standelike en geestelike gelyl<e, en soms selfs die meer= dere,van die normale kind en kan op gelyke peil met die normale l<ind ontwikl<el, met die voorbehoud natuurlik dat doeltreffende fasiliteite, wat hom oor die belem= merende liggaamlike hindernis heen skolasties normaal lean laat vor.der, besl<ikbaar is. Hierdie fasiliteit~

beh.els mediese 'diagnose, spesiale apparaat vir fisio= terapie, arbeidsterapie en ·l<liniese behandeling.

In besonder kom die onderwysdoel dan neer op: a. die fisiese en psigiese rehabilitasie en orientasie

van die leerling om sy plek as •n normale en nuttige landsburger te kan volstaan~

b. die beskikbaarstelling van die nodige mediese sorg en behandeling ten einde die gebrek te herstel, of ongemak en lyding te verlig;

1) T.O.D. Komitee van ondersoel< na die Genl. Pienaar Skoolplaas, p.6l.

(20)

c. die voorsiening van die maksimum skolastiese onder= rig aangesien hierdie leerlinge op die normale in= tellektuele vlak kan meeding;

d. die voorsiening van arbeidsterapie beide vir sy voorberoeps- en terapeutiese waarde;

e. die einddoel bly om by die leerling ·n gesindheid te skep van aanvaarding na sy belemmering, maar ter= selfdertyd die uiterste benutting van sy fisiese en intellektuele potensiaal om hom •n gevoel van ei ewa=1r-· de en sekuriteit te gee.1)

2. Hospitaalskole

voor 1950 het daar reeds die Hospitaa1skoo] in JO= hannesburg, die Hope Herstellingstehuise en die -;koo·l.

yir spastiese kinders te Forest Town bestaan. Die Hospitaalskool te Pretoria is die enigste toevoeglng in die onderhawige tydperk.

a. Die Hospitaalskoo1 Pretoria

In April 1949 is die bal aan die roJ ges.i t deur ·n brief wat mev. H. du Toit, Senior Beroepsterapist·e by ct·ie Pretoriase Algemene Hospi taal, aan die Super in tenden t·

gerig het,· waarin sy wys op die noodsaai<likheid ddt ·u dagsl<oolonderwyseres ter wille van die leerl inge wat lank in die hospitaal·moet vertoef, aangestel behoort te word. Die Uitvoerende Komitee was instemmend en op 27 Februarie 1950 het mej. M.E. Maaka1 met ·n kla...s van

24 leerlinge diens aanvaar.2)

1) N.A.O. Bylaes by die verslag van die Onderkomitee oor die op1ei ding van onderwysers, Sept. 1967, p. 43. 2) Pretoriase Onderwyskollege. ·n Eeu van Onderwys, p.

(21)

142-Vir organisasiedoeleindes is die klasse by die hospi taal aan die Laersl<aol Robert Hicks gekoppel. Di t sou net vir •n proeftydperl< van 6 maande bestaan. Die uitwerking was egter so heilsaam vir die pasiente dat die hospitaalowerhede die Departement versoek het om voort te· gaan daarmee. Aan die einde van 1950 was · daar al 37 kinders met •n personeel van vier.

Op aandrang van.die hoof van die Laerskool Robert Hicks het die Sl<aolraad by die Departement aanbeveel dat die skoal liefs onafhanklik moet wees. Dit is goed= gekeur en die selfstandigwording tree in Julie 1952 in

werlci~)·

hoof.

Mej. M.E •. Maal<al was die eerste waarnemende

Deur die jare het die getalle in dte skoal gewis= sel tussen 50 en 75 en sluit kinders uit alle lae van die skoollewe in. Die primere leeriinge ontvang o"n= derrig in Afrikaans, Engels en Rekene. Die middelbare leerlinge kry in die reel les in vier vakke of in hul drie swaks~e vakke. Indien van hulle naby die eksamen is, word hulle in aldie vakl<e gehelp.2)

Die kinder.S onder 12 jaar bevind hulie·in die kin= dersale dog die ander is oor die hele hospitaalkompleks versprei en die onderwyseresse moet elke dag lang af= stande afle om hulle te bereik.

Omdat die omstandig'J.ede van byna elke langtermyn= sieke so anders is, moet die onderwys indiwidueel ·ge= sl<ied en ontstaan daar •n baie intieme onderwyser-:-kind verhouding. Daar is begaafdes, vertraagdes, spastiese 1) Loc.cit.

2) Id., p.l43. Vgl. oak Onderwysbulletin, 4,3: p.l40.

(22)

gevalle, dowes en hardhorendes, verlamdes en leerlinge met optiese moeilikhede. Elke geval verg •n a parte benadering van die kant van die onderwyseres. Die skool moet hom aanpas by die leerling. Spesiale ge= ·valle word van spesiale toerusting voorsien.1)

Besonderhede word van elke kind se slcoolhoof ge= kry om die werk te laat aanpas by wat hy in sy skool gedoen het. As hy die hospi taal verlaat, word •n ver= slag aan sy skool gestuur.

Die skool beskik oor allerlei onderwyshu1pmiddels om die taak te vergemaklik. Daar is ·n goedtoegeruste biblioteek wat in ·n groot behoefte voorsien. Die De= partement het aan die slcool •n projektor geslcenk en van die Stadsraad van Pretoria het hulle ·n strokiesprojek= tor gekry. Uitstappies word vir die gesonder lcinders gereE:H.

Die skoolure duur van 9 vm. tot 12 en weer van 2 tot 4 nm. In die sale duur die lesse van 2 tot 2~ uur. Indiwiduele lesse duur van 15 na 20 minute. Di t verhoed dat die lcind te ver agterraak in sy skool= werk, maar het ook die besondere waarde dat dit sy aan= dag aftrek van homself en sy siektetoestand. Daar is selfs ·n spesiaalaangestelde onderwyseres wat hulle ge= durende skoolvakansies besoelc· en hulle besig hou met lcunsvlyt en sang, bioslcoopprente en strokiesfi lms . 2)

Die salarisse van hierdie onderwyseresse is op ·n spesiale skaal omdat die aard van die werk so baie van

l) T.O.D. Onderwysbulletin, 4,3: p.l40. 2) Loc.ci t.

(23)

hulle verg. Bulle doen prysenswaardige werk wat deur. die hospitaalowerhede, die Departement en die ouers hoog op prys gestel word. l)

b. Die Hospitaalskool - Johannesburg

Hierdie skool het sy oorsprong aan die Johannes= tiurgse Kindergedenkhospit'aal waar in 1943 met klasse begin is.· Die klasse is vir langtermyn s~ekes inge= s tel en is ingeskalcel by die Spes Bona Primere Sl<aol. In 1950 was.daar reeds 60 leerlinge met ·4 onderwysers. Omdat die Gedenkhospitaal net kinders onder 13 jaar in= neem, het die lesse slegs van graad (i) tot st. V ge=

strek.

Toe die Spes Bonaskool in Maart 1961 gesluit is, is •n onafhanklike hospi taalslcool gestig. Behalwe dat die .skoal net tot st. V gaan, is die strekking en bena= dering van die werk feitlik dieselfde ':s in Pretoria. Die vernaamste verskil is dat die skool ·n veel hoer persent'asie Engelssprekende kinders as in Pre tori a

het~)

3. "Hope Convalescent and Hope Training Homes", Johannesburg

Hierdie inrigtings onder die sorg van die Transvaal= se Kreupelsorgvereniging, dateer reeds sedert 1928 en maak voorsiening vir volledige opleiding vanaf graad (i) tot st. X. Die eerste st. X -leerlinge is reeds in 1957 opgelei en in 1963 leon daar reeds gespog word met 14 matrilculante.

1 2

) Id., p.l4l.

) T.O~D. Onderwysburo, Werkstuk nr. 66. ·n Ondersoek

na die moontlikheid van die uitbreiding van spesiale opvoedkundige fasiliteite vir die onderrig van

liggaamlik-gestremde leerlinge in Transvaal, Febr. 1961', p.4.

(24)

Die opleiding aan die skool is ui:tsonderlik ontdat dit vi~ leerlinge geld met gebreke.a.g.v. polio,

heupsiekte, ongelukke, hartkwale·ens . . Die leerlinge moet feitlik.almal terapeutiese behandeling kry en daa_i,om word die malcsimum vir hierdi.e tipe spesic:qe · skoal op 200 1eerlinge gestel. In 1950 was die in= skrywing reeds l65.terwyl die perk in .1961 reeds ver oorskry is met .13·5 riie-bedlE~ende en 189 · bedl@ende .leerlinge. 1 ) ·

Leerlinge wqrd deur sjirurge na die. inrigtin~ ge= stuur en ook aileen leerlinge wat sjirurgies be~andel lean word, word opgeneem; hulle is dus nie noodwendig almal gesertifiseer vir spesiale onderwys nie. Chro= niese gevalle word nie ·toegelaat nie. 2 ) . · ·

Teenoor •n nederige begin. in 19_28, . het die , sk'?ol in 1953 reeds beskik oor ·n sier1ike klip~yebou met 10 klaskamer s en ·n go.ed toegerus te handwer k- en·. hui s= vlytsentrum. Di t het ·n p;agtige .ui tsi

g iraa,;

di t teen •n rantjie in Westcliffe, Johannesburg, ·g-elee is.· ·Teen 1961 was daar reeds 17 ·onderwysers. werl<saam. 3

)-Aan toerus ting, f asi li tei te en die siinpa.ti eke

steun van openbare liggame ontbreek dit by-die skoal nie.. Die strewe is om ·die leerlinge onder gelukldge omstandighede te belcwaam om so na as moontl:ik volwaar= dig~ lede _van_ dJe SaJ'!!elewing te word.

Parallelmedium-onderrig word toegepas tot en met st .. VI. Vanaf st. VII word nog noodgedwon~e_van

1 2

) Id.,

p.s.

) Id., p. 7 •. 3) Id .. , p.6.

(25)

dubbelmedium gebruik gemaalc weens die klein getalle. Gedurende die namiddag word ·n groot aantal praktiese valcke vir senior leerlinge aangebied. Met •n grater . inslcrywing in die middelbare afdeling, sou di t moontlil<

gewees _het· om·oolc vir •n breer vakkeuse voorsiening te maak •. l)

4. Die Meerhofslcool vir chroniese siek kinders· Hierdie .slcool {s verbonde aan die Meerhofhospitaal by Hartebeespoortdam. Die pasiente wat daar toegelaat word, val buite die beheer van die Transvaalse Onder= wysdepartement en is gevolglil< nie almal gesertifiseer vir spesiale onderwys nie.

Die slcool het vanaf 1950 tot 1963 steeds •n ins1cry= wing van

±

50 leer1inge gehandhaaf wat onder die sorg van· vier en later vyf onderwysers gestaan het.2)

Die sl<oo1gebou is aan die hospitaa1 en bestaan ui t 5 klaskamers, •n bibliotee1<saa1, 'll lcunsviytl<:amer,

lcantoor, personee1lcamer en twee voorraadlcamers. Die gebou is die uitsluit1ike eiendom van die DepartemenL 3 )

s.

A1gemeen

Die stand van spesiale onderwys vir liggaam1ilc afwykende 1eer1inge was in 1963 as vo1g:

1) Id., p.8.

2) T.O.D.-vers1ae, 1950-1963. 3) Werlcstulc nr. 66, p.8.

(26)

Hospitaalskool Pretoria -77 leerlinge Hospitaalskool Johannesburg 68 leerlinge

Hope Homes 222 leerlinge

Meerhof _21 leerlinge

0 1)

Totaal

.

.

. .

. . .

420 leerllnge.

-Di t· toon •n vermeerdering van 118 leerlinge vanaf 19 50 toe daar · + · 302 leerlinge in. die vier inrigtings spesiale

onder~s

ontvang het.2)

D. Klasse vir swaksigtiges, hardhorendes en spastici

i.

Swaksigtiges

Blindes en byna blindes sorteer onder die sentra=-le regering terwyl die provinsies verantwoordelikheid vir die sw~ksigtiges aanvaar het.

Waar daar tekens is dat •n ki.nd l').ie goed in die · · klas kan sien nie, moet die geval na die Geneeskundige Inspekteur van Skole verwys word. Hy verwys dan die kind na •n oogarts volgens die ouers se keuse·en hy be= paal of di t ·n geval· is vir spesiale onderwys of nie~ In die geval van behoeftige leerlinge dra die Adminis= trasie die koste van briile en

b~hande1ing·.

3) .

. . .

In Augustus 1952 is met •n spesiale klas vir swak== sigtiges aan. die

Braamfo~teinse _·lae~-'?ko~l

begin. 4 ) . Die aanvanklike klas van 10 leerlinge.het in 1954 aangegroei tot 25 leerlinge met t;e~ ~nderwysers~ Die skoal het eintlik net die wat naby woon, begunstig. Indien daar '11. ~oshuis aan _:yerbonde kon gewees het, sou leerlinge uit die hele Transvaal daar v~ordeei~it kon

trek. 5 ) ' · . ;

ll

T.O.D.-verslag, 1963, p.12. Id., 1950, pp.24-25.

T.O.D. Handboek van instruksies, T.O.D.-verslag, 1952, p.23.

(27)

Swaksigtigheid sorteer onder die Mediese Diens en uit die vers1ae in die onderhawige tydperk, b1yk dat daar nie vee1 ingrypends gedoen is in die rigting van spesia1e onderwys nie. In 1957 word ~e1ding gemaak

J9

van soveel as 771 geva1le van swaksig~heid wat onder die aandag van die Mediese Diens gekom het1 ) en dit alleen dui op •n bestaansreg vir •n spesiale skoo1.

2. Hardhorendheid

Ook hier ressorteer dowes en byna dowes onder die sentra1e regering en moet die provinsies verantwoorde= 1il<heid aanvaar vir hardhorendes. Slegs •n oorarts kan. hier bepaal of die doofheid permanent is en of •n ope= rasie dit kan verhe1p. Nes by swaksigtigheid, word die geval aan die ouer gerapporteer vir die nodige op= trede. In die geval van behoeftiges tree die Adminis= trasie op.2}

In 1942 is •n begin gemaak met •n rondreisende diens wat egter nie doe1treffend was nie. Dit is in 1950 gestaak en in 1951 word ·n spesia1e k1as van vier leer= linge by die Spes Bonaskool

begin~

3

)

In Februarie 1952 het die Departement die skoo1 voorsien van doe1= treffende uitrusting:en het die getal1e aangegroei tot 16 met twee onderwysers. 4

f .

Ook hier geld die kritiek dat weens gebrek aan koshu~sfasiliteite hierdie diens nie beskikbaar was vir a11e Transvaa1se kinders nie. 5) .

~~

3} 4) 5) 304 T.O.D.-verslag, 1~57, p.27. T.Q-.D. Handboek van instruksies, T.O.D.-vers1ag, 1951, p.31. Id., 1952, p.23.

Id., 1953, p.11~.

(28)

Hier dien geme1d te word dat die Skoo1geneeskun= dige Diens in sy gehee1 op 1 April 1961 deur die De= partement Hospitaaldienste oorgeneem is. Met die oorname is die behandelingsentrums van die diens aan spesifieke hospitale toegese en is die verantwo.orde= 1ikheid van die Onderwysdepartement daarmee a£.1)

3. Spastiese kinders

Die eerste klasse vir spastiese kinders is in 1949 onder-·beskerming van die Transvaa1se Vereniging vir die versorging van Serebraalverlamdes in die ou Forest Town-skool begin. Daar was 22 1eer1inge en die Ad= ministrasie het Rl 000 bygedra.2) In 1950 is die toelae verhoog na R3 000. 3)

In 1951 is met soortgelyke k1asse in Pretoria on= der beskerming van die Noord-Transvaalse Kreupe1sorg= vereniging begin. ·n Toelaag van R6 000 en R3 000 is onderskeidelik aan Johannesburg en Pretoria

toegestaan~)

Die twee inrigtings het hei1same diens in verband met die versorging en ontwikke1ing van spastici ver= rig. Op 1 April 1955 het die Departement van Onder= wys, Kuns en Wetenskap hierdie verantwoordelikheid oorgeneem. 5 )

E. Behandeling van kinders met spraakgebreke

Die eerste spraakl<liniek is in 1936 aan die Uni= versiteit van die Witwatersrand gestig en die Departe= ment net R500 p.j. daartoe bygedra. As teenprestasie

~~

Id., 19§1, p.25. Id., 1949, p.47. 3) Id., l950, p.5o. 4) Id., 1951, p.32. 5) Id., 1955, p.29.

(29)

het die Departement Logopedilca van die Uni versi.tei t •n aansien1ike dee1 van die k1iniese werk in die inspek= siekring van die Witwatersrand-sentraa1_gedoen. Be= newens die werk van die Universiteit in.die genoemde area, was daar in 1949 oo}c a1 vyf gekwalifiseerde be= soelcende spraakterapeute in diens van die Onderwys= departement. 1 )

Daar was •n groot behoefte aan spraalcterapie in Transvaal. Die Nico1-vers1ag ste1 die 1eer1inge wat aan spraakgebrelce 1y op 3 ,, 5%. 2 ) Na aanleiding van navorsing wat in ander 1ande gedoen is, word dit op 2, 5% gestel. 3) Op hierdie basis sou daar in 1955 reeds 9 536 1eer1inge in ~rransvaa1 wees terw:{1 di t vir 1961 reeds beraam is op 11 000. 4 )

Met s1egs die Witwatersrandse Universiteit as bron vir op1eiding, het dit moei1ik gegaan om tweeta1ige spraakterapeute te bekom en ofskoon·daar vanaf 1947 reeds 9 poste goedgekeur is, leon in 1950 nog s1egs ses gevul word en meeste van die tyd met tydelike be= k1eers. Dit het veroorsaak dat slegs dele van die Rand en Pretoria bevoorreg gewees het om van hu11e

dienste gebruik te maak terwy1 die res van die Provinsie dit moes ontbeer. 5 )

1) T.O.D. Vers1ag van die Komitee oor betaling van sub= sidie aan spraaklClinieke aan universiteite, 1956. voorsitter mnr. W.J. Snyman, p.2. (Snyman-vers1ag). 2 3 ) Nico1-vers1ag, par.347. ) D.O. nr. 3 van 1951. 4) Snyman-vers1ag, p.4. 5) T.O.D.-:-vers1ag, 1950, p.23; 306

(30)

Dit skyn aso£ die Departement nie duide1ikheid gehad het oor waar die Spraakterapeutiese Diens tuis gehoort het nie. In Augustus 1954 word dit ingeska= ke1 by die Sie1kundige Diens nadag 1g. ona£hank1ik ge= word het van die Geneeskundige Diens. Terse1£dertyd is die pos van Hoo£spraakterapeut sowe1 as twee addisio= ne1e paste te Pretoria ingeste1 d·og leon nie gevu1 word nie omdat daar net

ni~

terapeute was nie.1)

Hierdie inskake1ing by baar nie ·n sul<ses nie' want teruggeplaas onder die sorg

Sie1kundige Diens was b1yk= in 1956 word dit weer

van die l<ringinspekteur·s. 2 ) Hierna word die he1e aange1eentheid onderwerp ·aan •n

ondersoek deur ·n spesia1e komi tee onder voorsi tterskap van Hoo£inspekteur W.J. Snyman. Die Komitee moes veral ingaan op die kwessie van toe1aes aan die uni= versiteite nadat die Universiteit van Pretoria dit ook oorweeg het om •n lmrsus in Logopedika in te ste1. 3 )

Die Komitee kom met die voorste1 dat die univer= siteite die werk in die stede moet behartig sodat die besleilebare terapeute, aan wie daar ·n chroniese tekort was, op die p1atte1and leon ctiens doen. 4 ) Hiervan het niles tereggeleom nie en die hoop is daarop gevestig dat die teleorte aangevu1 sou word indien studente aan die ·universiteit van Pretoria a£studeer. Die Departement

het •n ruim bydrae aan toe1ae en beurse gemaak. Hier= die hoop het nie beskaam nie, want in 1960 was die 12 bestaande paste vir die eerste keer a1ma1 gev-ul. 5 )

2

1) T.O.D.-vers1ag, 1954, p.20.

) Id., 1956, p.14. Vg1. oole T.O.D. Onderwysburo. Spraakterapeutiese werk in die Transvaalse onderwys= stelse1 (In Onderwysbu11etin, ~,3: pp.120-126). 3) T.O.D. Snyman-vers1ag, p.2.

4) Id., p.12.

(31)

Uit verdere verslae blyk egter dat hierdie 12 terapeu= te nie naastenby die werk in die Provinsie l<an behar= tig nie. Voorsiening kon slegs in 5 inspekteurs= kringe gemaak word nl. Pretoria, Rand S~ntraal, Oos-Rand, Wes-Rand en Klerksdorp en daarin self moes slegs die ernstigste gevalle uitgesoek word.l)

Die spraakterapeute het •n baie vol program. Hulle besoek die skole in die oggend om die minder ernstige gevalle te behandel. Iri die ~iddae en Sa= terdagoggende moet hulle die ernstige gevalle in same= werking met die sielkundiges in die kliniek behandel. Gevalle waar sjirurgie die probleem kan verhelp soos bv. gesplete verhemelte, moet na die Hoof Mediese In= spekteur verwys word. Hulle moet ook onderwysers inlig i.v.m. die beste behandeling van kinders in hulle klasse en moet ook nasorg by die wat geheel of gedeel= telik gerehabiliteer is;doen.2)

1 2

) Id., 1961, p.27; ook 1963, p.36. ·

) T.O.D. Handboel< van instrul<sies, 1956/57, p.66.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

The findings by Hosu and Mushunje (2013) on livelihood diversification showed that on-farm diversification can increase income and also reduce risks, whereas the study by Carter

• Er wordt gewerkt op de schaal van minimaal de 10 politieregio’s • Er zijn in de 10 regio’s regionaal coördinatoren voor de forensisch. medische expertise bij

First finding of the parasitic fungus Hesperomyces virescens (Laboulbeniales) on native and invasive ladybirds (Coleoptera, Coccinellidae) in South Africa.. Danny Haelewaters 1,*

FIGDUR 6.25 DKHDROGR!H VAH BKTKKKNISVOLLE VERDKLERS TEH OPSIGTK YAH DIE BKLAMGRIKHEID YAK DIE BEHOEFTK AAH SK&amp;URITKIT {bv. sekuriteit oor per1anente pos). 25

toekomsplanne van die Mandaatregering met betrekking tot die Duitse skole uiteengesit. Op l April 1920 sou al1e Duitse skole en koshuise deur die Regering

Js die grote meerderheid teen, soos dit nou lijk, Jan die Uitvoerende en Volksraad oproep, en bij monde van die· wettige gesag an die Engelse vertegenwoordiger

Postma A, Zuidhoek S, Noordzij ML, Kappers AML (2007) Differences between early blind, late blind and blindfolded sighted people in haptic spatial configuration learning and

Die vyf vlakke soos Elliott (1995:70-71) daarna verwys, is novice, advanced beginner, competency, proficiency en expert. Hy beskryf die ontwikkeling op hierdie vlakke slegs