• No results found

Die historiese ontwikkeling van skoolgeneeskundige dienste in Transvaalse primêre skole vir Blankes

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Die historiese ontwikkeling van skoolgeneeskundige dienste in Transvaalse primêre skole vir Blankes"

Copied!
228
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

DIE HI STORIESE ONTNIKKELING VAN

SKOOLGENEESKUt.!Dif-E

A

DIENSTE

IN TRANSVAALSE

PRH1ERE SKOLE VIP BLANKES

deur

Gysbertus Johannes Andries Bezuidenhout BA., BEd., TOD.

Verhandeling voorgel@ ter gedeeltelike voldoening aan die vereistes vir die graad MAGISTER EDUCATIONIS in die Fakulteit Opvoedkunde aan die Potchefstroomse

Universiteit vir Christelike Hoer Onderwys

Studieleier

POTCHEFSTROOM Januarie 1980

(2)

D A N K B E T U I G I N G

My dank en ~aardering aan:

Prof. dr. B. C. Schutte, wat as studieleier opgetree het. Sy vriendeZikheid, opbouende kritiek, besieZing en ~aardevoZZe Wenke word baie hoog ~aardeer.

Prof. dr. H. Venter, vir die taaZkundige versorging van hierdie verhandeZing.

Mev. P.

s.

Jacobs vir die bekwame en deeglike wyse waarop sy die tikwerk behartig het.

My huisgesin, vir opoffering en inspirasie in verband met hierdie studie.

My nederige dank aan my Skepper - aan Hom aZ die eer!

Die Skry~er

Potahefetroom Januarie 1980

(3)

I N H 0 U D S 0 P G A W E

1.

INLEIDING

EN

TAAKSTELLING

1.1 INLEIDING 1.2 1. 3 1. 3.1 1. 3. 2 1.3.2.1 1.3.2.2 1.4 2. 2. 1 2. 1.1 2 .1. 2 2. 1. 3

ALGEMENE DOELSTELLINGS MET SKOOL= NEESKUNDIGE DIENSTE FAKTORE NADELIGE HElD VAN HET WAT 'N VERTRAGENDE EN INVLOED OP DIE GESOND=

DIE SKOOLGAANDE KIND

Faktore in die kind self

Die omgewing van die kind

Die ouerhuis

Die skoal

'N KORT SAMEVATTING VAN DIE OPSET VAN HIERDIE STUDIE

DIE ONTSTAAN

EN

SKOOLGENEESKUNDIGE

DIE ONTSTAAN EN SKOOLGENEESKUNDIGE VSA

ONTWIKKELH!G

DIENSTE

ONTWIKKELING DIENSTE IN Historiese agtergrond Gebeure tussen 1900 en 1940 Die gebeure na 1940 VAf'l VAN DIE 3 6 6 8 8 8 11 13 13 14 14 16

(4)

2.2

2.3 2.4 2. 4. 1 2.4.2 2.4.3 2.4.4 3. 3. 1 3.1.1 3.1. 2 3.1. 3 3. 1. 4 3. 1. 5 3. 1. 6

ONT\VIKKELING VAN SKOOLGENEESKUN= DIGE DIENSTE IN NEDERLAND

DIE ONTWIKKELING VAN SKOOLGENEES= KUNDIGE DIENSTE IN ENGELAND

DIE ONTSTAAN EN ONTWIKKELING VAN SKOOLGENEESKUNDIGE DIENSTE IN DIE ANDER PROVINSIES VAN DIE

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA EN SUIDWES-AFRIKA In Natal In die Kaapprovinsie In die Oranje-Vrystaat In Suidwes-Afrika

AANLEIDENDE

OORSAKE

STAAN

EN

INSTELLING

GENEESKUNDIGE

DIENSTE

VAALSE PRmERE

SKOLE

VIR

VAN

HI

VIR

DIE

ONT=

SKOOL=

TRANS=

BLAtiKES

AANLEIDENDE OORSAKE VOOR 1914 Die beginjare voor 1900, tydens die "Zuid-Afrikaansche Republiek" Armoede en werkloosheid onder die Blankes van Transvaal

Swak voeding van Blankeskoolkinders in Transvaal tussen 1900 en 1913 Die Onderwyswet van 1907 (Wet nr. 55 van 1907)

Die Algemene Sensusverslag van 1911 Mediese ondersoek van lede van die burgerkommando's en vrywilligers= korpse deur dr.

c.

L. Leipoldt

17 21 25 25 30 35 42 44 44 44 46 47 48 49 49

(5)

3.2 3.3 4. 4. 1 4. 1 • 1 4. 1.2 4. 1. 3 4.1. 4 4.1.5 4.2 4.2.1

DIE AANBEVELING VIR DIE AANSTEJ..,LING VAN DR.

c.

L. LEIPOLDT AS DIE EERSTE GE~JEESKUNDIGE INSPEKTEUR VAN PRIM£!RE SKOLE VIR BLANKES IN TRANSVAAL

DR.

c.

L. LEIPOLDT SE ROL IN DIE ONTl.YIKKELING

DIE ONTHIKKELING VAN SKOOLGENEES= KUNDlGE DIENSTE IN TRANSVAALSE PRIMERE SKOLE VIR BLAtlKES

DIE STIGTINGSJARE: 1 APRIL 1914 TOT 31 DESEMBER 1922

Uitbreiding van geneeskundige per= son eel

Die stigting van klinieke en behan= delingsentra

Wetgewing rakende die verpligte ge= kundige ondersoek van skoolkinders en die uitsluiting uit die skool in geval van aansteeklike siektes Geneeskundige behandeling en die skoolvoeding van behoeftige kinders

n

Kort samevatting en kritiese be= skouing van die historiese ontwik= keling van geneeskundige dienste in Transvaalse primere skole vir Blankes tydens die ampstermyn van dr.

c.

L. Leipoldt

DIE JARE VAN GROEI EN ONTWIKKE? LING: JANUARIE 1923 TOT 31 MAART 1960 Geneeskundige personeeluitbreiding; tandheelkundige en verplegings= dienste 50 52 56 57 59 62 67 72 78 79 80

(6)

4.2.2 4.2.3 4.2.4 4.2.5 4.2.6 4.2.7 4.2.8 4.2.8.1 4.2.8.2 4.2.8.3 4.2.8.4 4.2.8.5 Opsomming 94

Klinieke en behandeling van diverse 106 afwykings

Kliniese tandheelkundige behande= 108 ling

Die behandeling van leerlinge met 112 liggaamlike en geestesgebreke

Die onderrig van swak begaafde leerlinge

Gedragsafwykende leerlinge Die behandeling van liggaamlike afwykendes

Bilharziagevalle Dowes en hardhorendes Swaksiendes

Kreupeles, serebraalverlamdes en chroniese siek kinders Spraakafwykendes 11 3 11 7 124 124 126 128 130 134 4.3 GENEESKUNDIGE BEHANDELING EN SKOOL= 138

VOEDING VAN BEHOEFTIGE LEERLINGE 4. 3. 1

4.3.2

4.4

4. 4. 1

4.4.2

Geneeskundige behandeling van be= 138 hoeftige leerlinge

Skoolvoeding van behoeftige leer= 140 linge

SAMEVATTING 147

Skoolgeneeskundige dienste vanaf 147

1 April 1914 - 1 April 1960

Redes vir oorname deur die Departe= 150 ment van Hospitaaldienste

(7)

5. 5. 1 5.2

5.3

5.4 5.5

5.6

5.7

5.8

5.9

5.10

5.12

5.13

DIE

DIE

DIGE

MENT

TYDPERK

NA

1

APRIL

1960:

OORNAME

VAN

SKOOLGENEESKUN=

DIENSTE

DEUR

DIE DEPARTE=

VAN

HOSPITAALDIENSTE

INLEIDING

OPDRAG AAN DIE KOMlUSSIE

DIE STANDPUNT VAN DIE KOMMISSIE

PROSEDURE GEVOLG DEUR DIE KOH= MISS IE

BEVINDINGS VAN DIE KOMMISSIE

GEVOLGTREKKINGS

DIE IMPLIKASIES VAN HIERDIE REELINGS

OPSOMMING EN SAMEVATTING VAN AANBEVELINGS DEUR DIE CLARK= KOMMISSIE

DIE OORNAME DEUR DIE DEPARTE= MENT VAN HOSPITAALDIENSTE

DIE NUWE PERSONEELSTRUKTUUR

DIE FUNKSIONERING VAN DIE DIENS NA OORNAME

TRANSVAALSE PROVINSIALE HOSPITAAL= DIENSTE: ORGANISASIE 154 154 154 155

156

158

162

163

165 168 172 178 185

(8)

6. 6. 1 6.2 6.2.1 6.2.2 6.2.3 6.3 7. 7. 1 7.2 7.3 7.4 8.

DIE HUIDIGE

OPSET

EN

FUNKSIO=

NERING

VAN

SKOOLGENEESKUNDIGE

DIENSTE

DIE SKOOLGENEESKUNDIGE BEAMPTE DIE SKOOLSUSTER

Werksaamhede en pligte van die skoolsuster

Werksaamhede van die skoolsuster Onderwerpe wat by gesondheids= praatjies behandel word

AFWYKENDE LEERLINGE

BEVINDHlGE

VERPLIGTE GENEESKUNDIGE BEHM-lDE= LING VAN SKOOLKINDERS

BEHANDELINGSFASILITEITE VIR SKOOL= GENEESKUNDIGE DIENSTE

SKOOLGENEESKUNDIGE DIENSTE: PERSO= NEELVOORSIENING

ASPEKTE VIR VERDERE BESTUDERING EN NAVORSING

SUMMARY

9.

BRONNELYS

186 186 188 189 190 191 192 198 198 202 207 211 213

(9)

1. INLEIDING EN TAAKSTELLING

1.1 INLEIDING

Die hoogste motivering van gesondheid is nie indivi= duele of gemeenskapsvoordeel nie maar wel die reli= gieuse motief om die tempel van die Gees te bewaar: "OF weet julle nie dat julle liggaam 'n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoo;;.}: nie?

WANT julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in

julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort" (1 Kor. 6:19-20).

Gesondheid is dus 'n roeping, of dit nou 'n individu of 'n gemeenskap geld.

Opvoeding van die kind is ook nie 'n pedosentriese nie maar 'n Christosentriese handeling.

As ons dus aanneem dat die opvoedingsgebeure in ver= band met die kind Christosentries is, met Christus in die middelpunt van die onderwyshandeling, dan volg dit dat die onderwys van die kind aangepas moet word by die Christelike etiek soos dit in die Bybel

vervat is.

Met die bestudering van 'n onderwerp soos hierdie kom mens tot die gevolgtrekking dat goeie gesondheid gede=

(10)

finieer of omskryf kan word as 'n toestand van alge= hele fisieke, verstandelike, sosiale en sedelike ge= luk, wat die fondament van 'n gelukkige, vreugdevolle lewe vorm.

Die belangrikste kenmerk van die moderne opvoedkunde is dat dit elke leerling op skool as 'n individuele wese sien, met 'n eie persoonlikheid, karakter, gees= tesvermoe en fisieke gesteldheid. Omdat elke indi= vidu sy eie probleme en behoeftes het, is dit die plig van die skool om te help om sekere van hierdie behoeftes te bevredig en probleme op te los.

Die opvoeder moet dus bese£ dat dit nie net sy plig is om kennis aan die kind mee te deel nie maar ook om die kind te help om sy plek in die lewe vol te staan en sy deel by te dra in die stryd om die voort= bestaan van die Westerse beskawing.

"THIS implies that boys and girls must be helped to develop healthy bodies, educated minds, and sel£= disciplined, selfreliant, and socially minded perso= nalities. They must be helped to adjust to a happy and successful living" (Health in Schools, 1951,

p. 11).

Gesondheid s1uit dus die vermoe in om die uitdagings van die lewe die hoof te hied, sodat vooruitgang vir die individu of die gemeenskap of albei bewerkstellig kan word.

(11)

Gesondheidsopvoeding op skoal sluit gevolglik die aan= bieding en bestendiging van daardie toestande, onder= vindings en geleenthede in wat elke individu in staat stel om op skoal sy beste te lewer en die maksimum genot en voordeel daaruit te put.

As ons dus aanneem dat die opvoedingsgebeure van die kind Christosentries is, met Christus in die middel= punt van die onderwyshandeling dan volg dit dat die beginsels van die onderwys by die kind en by sy spe= siale omstandighede aangepas moet word.

'n Bree dog akkurate interpretasie beklemtoon die feit dat gesondheid baie meer insluit as bloat die fisieke welsyn wat deur die afwesigheid van siekte of defekte vir die uitvoering van liggaamlike en verstandelike

funksies gekenmerk word.

1.2 ALGEMENE DOELSTELLINGS MET SKOOLGENEES= KUNDIGE DIENSTE

Oor die belangrikheid van skoolgeneeskundige dienste en die noodsaaklike funksie wat dit vervul, heers daar die grootste eenstemmigheid onder opvoedkundiges en die opvoeders van die skoolgaande jeug.

Dieselfde doelstellings word deur alle kategoriee opvoedkundiges gehuldig; daar is slegs verskille saver dit die orde van belangrikheid van die verskil= lende doelstellings betref.

(12)

doelstellings ten opsigte van die geneeskundige in= speksie van skoolkinders:

a. "The detection and correction of physical de= fects.

b. The detection and exclusion of cases of para= sitic and contagious disease.

c. The maintenance of good hygienic conditions in the schools.

d. The diagnosis and treatment of cases of mental deficiency.

e. The correlation of medicine and pedagogy in order to produce the maximum of efficiency in the school system consistent with the preser= vation of health".

Wood en andere (1917, p. 10-11) noem die volgende doelstellings:

a. "Detecting early signs of communicable disease among school children, many of which would otherwise be overlooked altogether or until the disease, if severe, would have become more pronouned with much more extensive infec= tion of fellow pupils.

b. Early treatment of disease with frequent les= sening of danger and severity of the disease

(13)

skole behoort in te sluit vind ons in die jaarboek "The twentieth yearbook of the /flnerican Sssociation of School administrators (The Joint Coxrunittee, 1953,

p. 3) • Dit skets in hooftrekke die volgende doel= stellings:

a. Om vas te stel watter kinders mediese of tand= heelkundige hulp nodig het;

b. om vas te stel watter leerlinge probleme ten opsigte van voeding het;

c. om vas te stel watter leerlinge wanaangepas is en dringende hulp van ~f 'n psigiater ~f 'n kinderwelsynskliniek nodig het;

d. om die liggaamlike groei van leerlinge te meet en hulle te help om optimale groei te verkry;

e. om vas te stel watter leerlinge spesiale onderrig en rehabilitasie moet ontvang, soos byvoorbeeld kreupeles, swaksiendes, hardhorendes, verstande= lik vertraagdes asook diegene met spraakgebreke;

f. om vas te stel watter leerlinge 'n deegliker ondersoek as die gewone mediese ondersoek van skoolkinders nodig het, byvoorbeeld X-straal= ondersoek, ondersoek deur 'n spesialis of een of ander laboratoriumtoets;

g. om vas te stel watter leerlinge beter buite die gewone skoal versorg kan word, byvoorbeeld die blindes, dawes, en tuberkuloselyers.

(14)

Uit die voorgaande opmerkings blyk dit baie duidelik dat die prim~re grondslag vir onderwys die handhawing van 'n gesonde liggaamstelsel is. Verder is dit 'n feit dat skoolgeneeskundige dienste verskeie take het om te verrig. Die hoofdoel bly opvoedkundig en die bykomende doel het in 'n groot mate met Eubiotiek

(studie van die kuns om gesond te lewe) en Eugenetiek (studie van rasverbetering) te make.

Die skoolgeneeskundige dienste behoort as uiteindelike doelstelling te h~ die uitbouing van hierdie diens as

'n "essensieel voorbehoedende diens" as 'n integre= rende deel van volksgesondheid.

1. 3 FAKTORE WAT 1 N INVLOED OP DIE SKOOLGAANDE KIND VERTRAGENDE EN GESONDHEID VAN HET NADELIGE DIE

Die eerste doelstelling met skoolgeneeskundige toe= sig is om alle toestande wat 'n vertragende of belem= merende invloed op die onderwys van die kind uitoefen, te bestudeer en dan pogings aan te wend om hierdie toestande te verwyder of hulle nadelige invloed tot

'n minimum te beperk. Hierdie vertragende invloede is veelvuldig van oorsprong en moet op verskillende maniere aangepak word.

Vertragende invloede kan hulle oorsprong h~ in die kind self, die omgewing van die kind.

1.3.1 Faktore in die kind self

(15)

bore of verkree gebreke en misvorminge, asook al die siektes waaraan dit onderhewig kan wees, kan 'n moont= like bran van toestande wees wat 'n nadelige invloed op die kind se skoolloopbaan kan h~.

Die belangrikheid van bogenoemde aspek blyk baie dui= delik uit 'n ondersoek wat deur die "Joint Committee"

( 1953, p. 3) uitgevoer is.

In 'n skoal in die VSA met 'n gemiddelde inskrywing van 700 leerlinge het 10 tot 12 van hulle een of ander vorm van hartkwaal, 20 of meer het gehoorprobleme; 50 tot 60 het gesigsprobleme (ooggebreke); 50% tot 95% het tandgebreke; 30 tot 40 het ernstige emosionele aanpassingsprobleme: baie leerlinge ly aan wanvoe= ding of ondervoeding asook 'n swak liggaamshouding veroorsaak deur chroniese moegheid of uitputting en ongesonde eetgewoontes.

By die noukeurige beskouing van hierdie reusagtige verskeidenheid van oorsake van vertraging in die skoolloopbaan van die kind is die taak van die skoal= geneeskundige diens nie alleen tot die werklike skoal= loopbaan van die kind beperk nie maar probeer dit oak om aan die kind se loopbaan as volwassene en moont= like latere breadwinner aandag te gee. In hierdie opsig is die skoolgeneeskundige diens 'n faktor in die welvaart van die staat en daarom erken dit geen provinsiale grense nie. Uit hierdie oogpunt beskou kan dit beweer word dat die staat 'n intensiewe be=

(16)

en dit moet ondersteun deur hierdie diens te subsi= dieer.

Die moontlikhede dat die kind se liggaam die oorsaak van vertraging in die skool kan wees, is so groot dat dit byna die hele gebied van die genees- en heelkunde dek.

1 • 3. 2 Die omgewing van die kind

Die omgewing van die kind as 'n moontlike

oorsaak van vertraging in die leerproses op skool kan tweerlei wees:

1.3.2.1 Die ouerhuis

Dit sluit in die ouers, ander lede van die gesin asook familie en vriende met wie die kind in aanraking kern. In die beskouing van die tuiste van die kind kom die skoolgeneeskundige dienste met al die vraagstukke en moeilikhede van die sosiale ekonomie en sy aanver= wante wetenskappe in aanraking.

1.3.2.2 Die skool

Die skool as 'n moontlike bron van vertraging in die opvoedingsgebeure van die kind of van beskadiging van sy gesondheid impliseer dat die skool medeverantwoor= delik is vir die gesondheid van die skoolgaande jeug. Dit is derhalwe die plig van die onderwysowerheid om te sorg vir 'n omvattende gesondheidsprogram in skole, wat ten nouste saamwerk met liggame en instansies wat poog om 'n gesonde omgewing vir sy jeug daar te stel.

(17)

Dit is die verantwoordelikheid van die betrokke onderwysowerheid om by elke skool vir 'n gesonde skoolomgewing te sorg: fisies, sosiaal en geestelik. "If the school is to be an experience in living, as well as to prepare for life in society, and if our aim is a mentally, socially, emotionally, and physi= cally healthy school and national citizency, we must accept the responsibility for providing the school facilities and the school atmosphere conductive to growth and development toward this end ("The Joint Com= mittee, Administrative problems in health education, physical education and recreation, 1953, p. 21). Die gesonde kind wat nie skool toe gaan nie, kan sy hele lewe in die buitelug deurbring. Hy word nie verplig om vyf uur per skooldag in 'n klaskamer te sit waar die verligting, die verlugting en die alge= mene omgewing hoegenaamd nie so voordelig vir sy ge= sondheid is as in die ope lug nie. Hy kom ook nie so gereeld, teen wil en dank, met ander kinders in aanraking wat miskien siek of vuil is of wat aan een of ander aansteeklike siekte ly nie. Die sko.ol= gaande kind se kanse om siektes op te doen is selfs in die beste skole en onder die gunstigste omstandig= hede nog baie groat.

Onder 'n stelsel van gedwonge onderwys word elke kind verplig om skoal toe te gaan vanaf die begin van die skooljaar waarin hy sewe word. Die staat verplig dus sy ouers om hulle kinders skoal toe te stuur en

(18)

daar te laat leer vir ten minste tien jaar, dit wil se tot die einde van die skooljaar waarin die kind sestien word (TOO, 1970, p. 12).

As die staat dus sodanige verpligting op sy burgers

1~, dan is dit oak die plig van die staat om toe te sien dat die nakoming daarvan geen skade of letsels aan die burgers berokken nie.

Om logies te wees moet die staat sorg dra dat elke kind wat skoal toe gaan, in staat moet wees om uit die onderwys wat daar gegee word, die rneeste nut en voordeel te trek. 'n Swak of sieklike kind kan nie op dieselfde manier en met dieselfde nut geleer word as 'n fris, gesonde en normale kind nie. Baie kin= ders kom skoal toe en verslyt hulle nuttigste skoal=

jare ver benede die optimum benutting, omdat hulle aan liggaamsgebreke ly wat hulle onbekwaam maak om uit dit wat aan hulle geleer word, net soveel blywende voordeel te trek as die gesonde kinders.

Enkele kinders word regstreeks deur hulle skoolgaan liggaamlik benadeel, omdat hulle gestel te swak is vir die besondere eise van die skoolwerk of die leer= plan of die leeromstandighede. Kortom, die hoofdoel van die geneeskundige inspeksie van skoolkinders is om vas te stel of die leerlinge bekwaam is om uit hulle skoolwerk nut te trek of nie. In die tweede plek is dit om oar die algemene gesondheidstoestand van die skole te waak en om toe te sien dat die kinders nie in 'n ongesonde en slegte omgewing geleer word nie, voorbehoedende maatreels teen aansteeklike siek= tes te tref en om die higieniese of gesondheidstoe=

(19)

stand in elke skoal te verbeter (Leipoldt, 1923, p.

177-8).

Elke jong kind sien met groot opgewondenheid uit na di~ dag wanneer hy of sy skool toe mag gaan. "He brings with him to the school his personality, his physical status, his intellectual background. He brings with him his potentialities for growth, deve= lopment, and efficiency. Parents in the main, want the schools to offer opportunities for every child to have the essential elements of wholesome, healthful living. Everyone in the home and in the school, whether he lives in an urban or a rural situation has a responsibility for this growth and efficient deve= lopment of the individual child" (Lamkin, 1946, p.

3-4) •

1.4 'N KORT SAMEVATTING VAN DIE OPSET VAN HIERDIE STUDIE

In hierdie studie oor die ontstaan en ontwikkeling van geneeskundige dienste in Transvaalse primere skole vir Blankekinders sal daar oak kortliks verwys word na die ontstaan van skoolgeneeskundige dienste in 'n paar oorsese lande sowel as in die verskillende provinsies van die RSA en in Suidwes-Afrika.

Daar sal ook verwys word na oorsake wat aanleiding gegee het tot die behoefte vir die ontstaan van skool= geneeskundige dienste in Transvaalse primere skole vir Blankes, met spesiale verwysing na dr.

c.

L. Leipoldt as die stigter van hierdie diens. In die

(20)

besonder sal daar verwys word na die voorbereiding wat getref is met die geneeskundige ondersoek en be= handeling van skoolkinders in prim~re skole vir Blankes sedert die instelling van hierdie diens in Transvaal in 1914.

'n Ander baie belangrike aspek wat aandag sal geniet, is die verandering van beleid ten opsigte van skoolge= neeskundige dienste in Transvaal wat sedert 1 April 1961 deur die Departement Hospitaaldienste oorgeneem is (TPA, 1961-62, p. 11).

Met hierdie studie sal daar oak gepoog word om vas te stel of daar sedert die instelling van skoolgenees= kundige dienste in 1914 daarin geslaag is om aan alle aspekte rakende die gesondheid van die skoolgaande kind aandag te gee.

Die liggaamlike gesondheid of ongesteldheid van die kind het baie aandag begin kry, maar oak aangeleent= hede soos reinheid van die kind self sowel as van die huislike omgewing, die skoal, skoolomgewing, die skoolmeubels, watervoorsiening, latrines ens. het ten nouste hiermee saamgegaan. Daar het dus 'n bree belangstelling in die gesondheid van die skoolgaande bevolking ontstaan. Hierdie studie beoog om oak hier= die aspek te belig.

(21)

2.

DIE

ONTSTAAN

EN

ONTWIKKELING

VAN

SKOQL=

GENEESKUNDIGE

DIENSTE

Die vraag wat die doel en betekenis van die geneeskun= dige ondersoek van skoolkinders is, het reeds so vroeg as tydens die Franse Omwenteling, naamlik in 1792, die aandag van die opvoeders van die jeug geniet, en die staat is aangemoedig om vir so 'n diens in skole voorsiening te maak. Toe het die abbe Sieyes, een van die groot voorstanders van die party vir vooruit= gang in Frankryk, 'n mosie deur die Franse parlement aangeneem gekry waarin besluit is om 'n skooldokter vir al die hoerskole in die land aan te stel (Lei= poldt, 1923, p. 177).

Later het Duitsland, Italie, Engeland, Nederland, die VSA en nog ander lande gevolg, en hulle het ook aandag aan hierdie saak geskenk. Vandag bestaan hier= die belangrike diens, naamlik die geneeskundige in= speksie van skoolkinders, skole en skoolkoshuise, in elke beskaafde land, tot groot nut en voordeel, seen en vooruitgang van die skoolgaande jeug en opgroei= ende geslag.

2.1 DIE ONTSTAAN EN ONTWIKKELING VAN SKOOLGE= NEESKUNDIGE DIENSTE IN DIE VSA

'n Kort histories-chronologiese samevatting van die ontstaan en ontwikkeling van skoolgeneeskundige

(22)

dienste in die Verenigde State van Amerika word bier weergegee aan die hand van die gesaghebbende bran

(Kilander, 1952, p. 1-3):

2. 1. 1 Historiese agtergrond

As gevolg van 'n pokke-epidemie in 1872 is daar vir die eerste keer 'n gesondheidsuperintendent by die

'Board of Education' in Elmira, N.Y., aangestel. In 1894 is vyftig mediese skoolbesoekbeamptes in Boston aangestel. Hierdie medici sou daagliks die skole besoek en alle leerlinge ondersoek wat ongesteld is en deur die onderwyspersoneel aanbeveel is.

Die stad New York het in 1897 die voorbeeld van Bos= ton gevolg en 134 geneeskundige inspekteurs aangestel. In 1899 het die staat Connecticut die vereiste gestel dat alle skoolkinders vir ooggebreke ondersoek moes word.

2 .1. 2 Gebeure tussen 1900 en 1940

Sedert die jaar 1900 het die geneeskundige skooldien= ste in vergelyking met die voorafgaande jare, snel ontwikkel.

In 1902 is die eerste personeel van skoolverpleegsters in die stad New York aangestel.

(23)

Omstreeks 1905 was skooldokters nie meer net geln= teresseerd in die opsporing van ooggebreke nie maar ook van ander fisieke tekortkomings.

Die eerste landswye opname van skoolgeneeskundige dienste en skoolgesondheidsdienste het eers in 1922 plaasgevind. Na 1922 het snelle ontwikkeling en be= studering van hierdie aspek gevolg. In dieselfde jaar (1922) het die "Joint Committee on Health Problems in Education" van die Nasionale Onderwysvereniging en die Amerikaanse Mediese Vereniging 'n rapport uit= gereik oor sekere aspekte van die skoolgeneeskundige diensprogram.

In 1923 is deur die Bureau of Education, Department of Interior 'n opname gemaak " ••• to determine pre= sent efforts and ways and means put forth for health in schools" (Kilander, 1952, p. 2}. Hierdie op= name het alle dorpskole ingesluit en het oor gesond= heidsdienste, liggaamlike opvoeding en gesondheids= opvoeding gehandel.

In 1930 is 'n vraelys saamgestel deur die Kantoor van Opvoeding en die Departement van Binnelandse Sake in antwoord op die versoek van die komitee van die "White House Conference on Child Health and Protec= tion".

Hierdie studie sou handel oor die vrae na wat alles gedoen word ten opsigte van die beskerming en bevor= dering van kindergesondheid. Die vraelys is aan alle superintendente van skole in dorpe met

n

bevolking van meer as 2 500 gestuur asook aan superintendente

(24)

van provinsiale skole.

Die "Office of Education" en die "Federal Safety Board" het in 1940 'n opname van skoolgeneeskundige dienste gemaak. Hierdie studie sou net soos die ondersoek van 1930 verskeie aspekte van die gesondheidsdienste be= hels, maar stede met 'n bevolking van minder as 10 000 sou nie ingesluit word nie.

2. 1. 3 Die gebeure na 1940

In 1947 is daar op 'n nasionale grondslag met die ge= neeskundige dienste vir kinders begin. Elkeen van die 3 000 plattelandse distrikte in die VSA was by die skema ingesluit. Verder is daar besluit dat 'n studie van skoolgesondheid, gesondheidsopvoeding en ontspanning voorrang moes geniet.

In 1949 is 'n soortgelyke studie uitqebrei na stede met 'n bevolking van 2 500 of meer inwoners.

In 1950 het die Amerikaanse Mediese Vereniging 'n studie gemaak van die deelname van dokters aan skool= geneeskundige dienste. 'n Vraelys is aan elkeen van die 48 state se mediese verenigings gestuur om vas te stel of hulle in deelname aan skoolgesondheids= dienste belangstel.

In hierdie studie word daar slegs aan die historiese ontwikkelingsaspek van skoolgeneeskundige dienste in die VSA tot in 1950 aandag geskenk. Hierna is die diens ook na hoerskole uitgebrei.

(25)

2.2 ONTWIKKELING VAN SKOOLGENEESKUNDIGE DIENSTE IN NEDERLAND

In die volgende bron: "Facts and figures of the Netherlands from the viewpoint of school health", vind ons 'n kort historiese en algemene oorsig van die ontstaan en ontwikkeling van skoolgeneeskundige dienste in Nederland (McGrath, s.j., p. 7 &

p. 22).

As gevolg van die algehele vryheid van die Nederlandse skoolstelsel voor 1800 tref ons 'n groot verskeiden= heid skole en rnetodes van onderrig aan. In Nederland was daar in daardie jare hoegenaamd geen sprake van

'n sentrale onderwysowerheid nie. Groot vryhede is dus aan plaaslike owerhede en privaatinstansies ge= gee. Die minister van onderwys het alleen oor die besteding van subsidies toesig gehou maar het hom van regstreekse inmenging weerhou, dit wil s! daar was in daardie stadium geen staatsinrnenging in die onder= wys nie. Bostaande impliseer dus dat daar ook op die gebied van skoolgeneeskundige dienste net sulke

uiteenlopende optrede moes wees.

Van 1801 af en weer in 1806 het die Nederlandse rege= ring sekere voorskrifte neergel! ten opsigte van die gebruike van klaskarners in skole met die oog op die gesondheid van die leerlinge.

In 1868 het die munisipaliteit van Haarlemmermeer, 'n polder gelee in die suidelike deel van die provin=

(26)

sie Noord-Holland, die twee plaaslike huisdokters be= noem as skooldokters verantwoordelik vir higieniese skoolgeboue. Hulle moet dus beskou word as die eerste skoolgeneeskundige amptenare in Nederland

(Ibid, p. 22).

Na die bekendmaking van die verpligte onderwyswet van 1901 het die noodsaaklikheid van mediese toesig oor skoolkinders meer as ooit 'n dringende noodsaaklik= heid geword.

Van 1904 af is daar in verskeie groot en klein dorpe skoolgeneeskundige dienste ingestel. Van die eerste dorpe waar sulke dienste georganiseer is, is Zaandam, Schiedam en Arnhem.

In 1905 is mediese beamptes in Amsterdam met die ge= neeskundige toesig oor skoolkinders belas; trouens, in die meeste munisipaliteite is die huisdokter ook as skooldokter benoem. Aileen 'n paar groter stede het 'n deeltydse mediese skoolbeampte vir skoolgenees= kundige dienste aangestel.

Omdat die deeltydse skoolgeneeskundige beamptes so min tyd aan hulle geneeskundige dienste aan skoolkin= ders kon bestee, het die dringende behoefte vir die aanste11ing van voltydse beamptes ontstaan. Sodanige aanstellings was egter nie vir klein munisipaliteite moontlik nie; daarom het hierdie munisipaliteite distrikte gevorm vir die aanstelling van 'n voltydse plattelandse skooldokter. Die eerste sodanige aan= stelling is in 1927 in die provinsie Drenthe gemaak.

(27)

Die eerste wettige skoolgeneeskundige regulasies is eers in 1942 opgestel en is vervat in die goewerment= kennisgewing betreffende die organisasie van skoolge= neeskundige dienste. Dit het voorsiening gemaak vir die uitvoering van skoolgeneeskundige dienste in: 2.2.1 2.2.2 2.2.3 2.2.3.1 2.2.3.2 2.2.3.3 2.2.3.4

munisipale dagskole ter voorbereiding vir gewone, gevorderde, voortgesette en spesiale laer onderwys;

munisipale dagskole vir element~re industriele onderwys, vir sover dit met tegniese of

handelskole, huishoudkunde, naaldwerk, hand= werk en sosiale werk te doen het;

in privaatskole. Hierdie geneeskundige dienste sou die volgende insluit:

om toesig te hou oor die gesondheidstoe= stand van leerlinge in die skole waarna

hierbo verwys is;

om toesig te hou oor die gesondheidstoe= stand van die personeel van hierdie skole;

om toesig te hou oor die higieniese toe= stand van die skoolgeboue en die speel= terreine;

om aan die skoolrade raad te gee by die oprigting van nuwe skoolgeboue of die opknapping van bestaande geboue sowel

(28)

2.2.3.5

2.2.3.6

as by die die aanskaf van skoolameuble= ment en opvoedkundige apparaat~

om raad te gee in verband met leergange, vakansies, lesroosters (moontlike wy= sigings), vrystelling van skoolplig van sub-normale leerlinge asook die vrystel= ling aan sekere leerlinge van sekere vakke asook in verband met ander gesond=

heidsvraagstukke~

om mediese ondersoek van onderwysers voor aanstelling te behartig indien sodanige ondersoek nie reeds gedoen is nie. Geen behandeling van gebreke sou deur skooldokters waargeneem word nie, maar waar nodig sou kinders na die huisdokter verwys word. Voorkoming en genesing was dus twee heeltemal aparte dienste.

In sekere dorpe sluit die skoolgeneeskundige dienste ook die sekondere onderwysinrigtings en die voorbe= reidende skole vir universiteitsopleiding in, wat weer met die universitere gesondheidsorg skakel. Prakties gesproke word die hele Nederland onder die skoolgeneeskundige dienste ingeskake1, sodat a11e skoolgaande kinders (6-15 jaar) en selfs kinders buite die kategorie deur skooldokters ondersoek word. Hierdie diens as geheel word deur 83 skool= dokters uitgevoer, elk in diens van 'n munisipali= teit, en 113 distrikskooldokters, elk in diens van

(29)

'n saamhorige gemeenskap.

Weens die hoe geboortesyfer na die oorlogsjare het die getal leerlinge per skooldokter van 7 000 tot oor die 10 000 in somrnige distrikte uitgebrei. Dis spreek dus vanself dat baie nuwe skooldokters aange= stel moes word.

Voor die oorlog was alle koste aan skoolgeneeskundige dienste deur munisipale owerhede betaal. Na die oor= log is die koste gelyk verdeel tussen die staat, die provinsie en die gesamentelike besture. Hierdie toe= drag van sake het skoolgeneeskundige dienste in Neder= land gedurende die vyftigerjare en later gekenmerk.

2.3 DIE ONTWIKKELING VAN SKOOLGENEESKUNDIGE DIENSTE IN ENGELAND

In hooftrekke kan die ontstaan en ontwikkeling van skoolgeneeskundige dienste in Engeland soos volg aan= gestip word.

Omgewingshigiene het tussen die jare 1875 en 1900 in Engeland besondere aandag gekry, en 'n hele reeks progressiewe hervormings teweeggebring deur plaaslike owerhede wat bulle hoofsaaklik op die verbetering van sanit~re geriewe, skoon watervoorrade, skoon voedsel, afsonderingshospitale ens., toegespits het. Hierdie maatreels het die volksgesondheid baie verbeter.

Op 'n internasionale kongres in verband met higiene

(30)

en volksgesondheid in 1891 het dr. Malcolm Morris voorgestel dat 'n groep spesiaal opgeleide verpleeg= sters aangestel word om laerskole te besoek en kinders te ondersoek. Dit was die eerste belangstelling in hierdie rigting (Van Tender, 1949, p. 17).

In Engeland het die aangeleentheid van geneeskundige dienste aan skole dus eers die aandag van die verple= gingsdiens geniet voordat daar tot die aanstelling van skooldokters oorgegaan is.

In 1894 het die bestuur van 'n skool in 'n baie arm buurt van Landen besluit om 'n distriksverpleegster te vra om met die behandeling van minder ernstige siektes by die kinders te help. Hierdie waardevolle werk is onder die aandag gebring van een van die lede van die Skoolraad van Landen, mej. Honnor Morton, wat self 'n verpleegster was.

Eers in 1898 is daar op vrywillige grondslag 'n skool= verpleegstersvereniging gestig met die uitsluitlike doel om verpleegsters na skole in arm gebiede te stuur, elkeen met vier skole onder haar toesig. Die opdragte van sodanige verpleegster het die vol= gende behels: "They treated the children sent to them by the teachers, followed the worst cases to their homes, secured medical attention for those who required i t , and everywhere taught and demonstrated the principles of cleanliness and simple higiene"

(31)

Tot in hierdie stadium is hierdie verpleegsters uit vrywillige bydraes besoldig. Pogings is egter aan= gewend om die owerhede in die aangeleentheid van skoolgeneeskundige dienste geinteresseerd te kry. Die uitbreek van 'n kwaadaardige tipe omloop onder die skoolkinders van Landen in 1900 het daartoe aan= leiding gegee dat die skoolraad een skoolverpleegster voltyds aangestel het teen 'n salaris van sewentig pond

eenhonderd en veertig rand) per jaar, om die kinders se koppe te ondersoek. Selfs hierdie toe= gewing, hoe goed oak al bedoel, was maar uiters ge= ring, aangesien drie-en-'n-halfmiljoen kinders hier= die skole besoek het.

Na die aanstelling van dr. Kerr as lid van die Lon= dense Skoolraad het hy daarin geslaag om die haglike gesondheidstoestand van die skoolkinders onder die aandag van die publiek te bring.

In 1904 is die Skoolraad van Landen onder munisipa= le beheer geplaas. Nou het die skoolverpleegsters= vereniging gevoel dat dit die aangewese tydstip was om by die Raad aansoek te doen om die oorname van hierdie diens en ook om finansiele steun te vra. Die gevolg hiervan was die aanstelling van twaalf skool= verpleegsters, wat later tot vyftig uitgebrei is. Die voorbeeld wat deur die Stadsraad van Landen gestel

is, is spoedig deur groot stede soos Liverpool, Bir= mingham en andere gevolg. Voorbehoedende genesing het sedert die reeling en instelling van skoolgenees=

(32)

kundige dienste in 1907 geweldig in omvang toegeneem.

In 1911 is die "National Health Insurance Medical Service" ingestel. Daar het omtrent 17 000 genees= here aan die skema meegewerk, wat deur die Ministerie van Gesondheid en plaaslike gesondheidskomitees gead= ministreer is.

In 1912 is die tuberkulosedienste ingestel, wat ook deur die Ministerie van Gesondheid beheer is (Van Tonder, 1949, p. 18).

In 1919 is die "Central Council for the Care of Cripples" gestig.

Teen 1936 was daar veertig ortopediese hospitale, twintig tehuise vir kreupeles, vierhonderd ortope= diese klinieke en vyf-en-twintig inrigtings waar vakopleiding aangebied is (Badenhorst, 1952, p. 88).

Verder was daar een-en-tagtig skole wat vir 5 226 liggaamlik gestremde seus en dogters onder sestien jaar voorsiening gemaak het (Ibid., p. 91).

Die mediese rapporte oor die gesondheid van skool= kinders in Brittanje tydens die oorlogsjare van 1939 tot 1945 verklaar onomwonde dat die voedingstoestand van die kinders nie versleg het nie; daar was eerder

'n verbetering te konstateer. Hierdie verbetering kan toegeskryf word aan "bekwame beheer oor voedsel en vermeerdering van lone gedurende die oorlog".

(33)

Die belangrikheid van skoolmaaltye is egter deur skooloutoriteite besef: "The school dinner is plan= ned on a high nutritional standard so as to be the child's main meal of the day" (Ibid., p. 91).

Die voorgaande is slegs 'n kort samevatting van die verloop van skoolgeneeskundige dienste in Engeland tot die jaar 1945.

2.4 DIE ONTSTAAN EN ONTWIKKELING VAN SKOOL= GENEESKUNDIGE DIENSTE IN DIE ANDER PRO= VINSIES VAN DIE REPUBLIEK VAN SUID--AFRIKA EN SUIDWES-AFRIKA

2.4.1 In Natal

In Augustus 1916 is dr. A. B. M. Thompson tot eerste geneeskundige skoolinspekteur van Natal benoem (Hollo= way, 1927, p. 189).

Skoolgeneeskundige dienste in Natal het in die jaar 1917 begin, toe dr. Thompson sy eerste jaarverslag

voorgel~ het (Departement van Hospitaaldienste, 1964, Bylae D, p. 1).

Geneeskundige inspeksie is as 'n vrywillige diens uitgevoer totdat "De Geneeskundige onderzoek van Scholen Ordonnantie, No. 4" van 1918 deur die Pro= vinsiale Raad aangeneem is (Stoker, 1960, p. 257). Die noodsaaklikheid van hierdie ordonnansie is al heel vroeg aangevoel, aangesien verlof om vuil kinders

(34)

te ondersoek (o.a. kinders wat aan veneriese en be= smetlike siektes ens. gely het; dit wil s~ daardie kinders wat uit

n

oogpunt van volksgesondheid die in= speksie die meeste nodig het) dikwels geweier is.

TWee skoolklinieke is ingerig, een in die onderwys= kantoor in Pieter.maritzburg en een in die Durbanse stadsaal. Een verpleegster het toe die skoolkliniek in Durban bygewoon en 'n ander is met die skoolkli= niek in Pietermaritzburg belas.

Nog 'n skoolverpleegster is vir die noordelike distrik= te benoem, met hoofkwartier te Dundee, terwyl 'n ge= sertifiseerde masseuse met die kliniek aan die ope= lugskool in Durban belas is.

In sy eerste jaarverslag verklaar dr. Thompson dat hy 7 680 myl per trein, 201 myl per motor en 144 myl per poskoets afgel~ het1 nogtans het hy daarin ge= slaag om 3 505 kinders geneeskundig te ondersoek.

Die volgende voorwaartse stap in hierdie rigting was in 1918, toe daar distriksgeneeshere aangestel is om oor goewermentskoshuise toesig te hou. 'n Assistent-geneeskundige inspekteur is ook in 1918 benoem, dog hy het sy betrekking kort daarna laat vaar.

Dr. A. B. M. Thompson het in 1920 as geneeskundige skoolinspekteur afgetree, en hy is deur dr.

c.

G. Kay Sharp opgevolg. Terselfdertyd is daar weer 'n

assistent-geneeskundige inspekteur van skole benoem, maar hierdie amptenaar het in 1922 bedank.

(35)

Dr. Kay Sharp het aan die begin van 1925 afgetree en is opgevolg deur dr. J. H. Jones, wat toe die enigste geneeskundige inspekteur van skole in Natal was.

'n Span spesialiste, waarin die geneeskundige prakti= syns van Pietermaritzburg en Durban benoem is, wat uitsluitlik in siel-, oog-, neus- en keelsiektes ge= praktiseer het, moes weens finansiele oorwegings hulle werk in 1926 staak, en die skoolkinders moes toe na goewermentshospitale gestuur word.

In hierdie skema van geneeskundige inspeksie van skole in Natal is periodieke besoeke aan alle goewer= ments- en gesubsidieerde skole van die provinsie in= gesluit. Met die ondersoek van nuwe toelatings is ook kinders van 14 jaar oud en verder ook spesiale gevalle wat deur ouers of onderwysers aanbeveel is, ingesluit. Alle ouers van genoemde kinders word vooraf in kennis gestel en daarvan verwittig dat hulle die geneeskundige inspekteur by die skool kosteloos betreffende die gesondheidstoestand van hulle kinders kan raadpleeg. Verder word 'n kennisgewing aan di~ ouers gestuur wie se kinders sieklik is of waar aan= dag dringend nodig is; daar word selfs 'n rapport aan die huisdokter ingesluit.

Kinders wat behandeling nodig het, word na hulle eie huisdokter of na 'n skoolkliniek of hospitaal ver= wys.

'n Rekord word van elke kind met gebreke gehou, en sodanige kinders word deur die skoolverpleegster in

(36)

die oog gehou vir verdere aandag tydens die volgende inspeksie.

Behalwe advies aan ouers wat met die inspeksie van bulle kinders teenwoordig was, word die hoof van die skool ook gewys op hierdie uitsonderings ens. wat gedurende skooltyd dopgehou moet word. Geestelik versteurde kinders word waar moontlik na 'n psigiater verwys. Psigiatriese ondersoeke word twee keer per maand in die Durbanse skoolkl~iek en een keer per maand te Pietermaritzburg gehou, waar dr. Egerton Brown of een van sy kollegas van die sielsieke-inrig= ting in Pietermaritzburg teenwoordig is.

Skoolgeboue en skoolkoshuise word ook by elke onder= soek uit die oogpunt van volksgesondheid geinspek= teer.

Weens die groot afstande wat afgel~ word om die skole in die provinsie vir geneeskundige ondersoeke te besoek, kan nie altyd op die teenwoordigheid van die geneeskundige inspekteur staatgemaak word nie, dog die skoolverpleegsters bewys goeie dienste by skool= klinieke. Advies met betrekking tot die gesondheid van die skoolkind word in alle gevalle gegee. Slegs arm en behoeftige kinders word kosteloos behandel.

Statistiese geneeskundige aantekeninge met inbegrip van besonderhede van elke kind wat liggaamlik of ver= standelik gebrekkig is, word gehou.

(37)

moet aan die Onderwysdepartement gerapporteer word, en na ontvangs van so 'n kennisgewing word die siek kind of kinders so gou moontlik deur die geneeskun= dige inspekteur of 'n skoolverpleegster besoek, en die hoof van die skool word ook daarvan in kennis ge= stel.

In 1929 het die geneeskundige inspekteurs gesubsidi= eerde motorvoertuie ontvang, waardeur vervoer baie vergemaklik is.

In 1932 is 'n verbeterde tandheelkundige skema vir plattelandse distrikte ingestel. In Durban en Pieter= maritzburg is die kinders by die provinsiale hospi= tale behandel.

In 1948 is 'n betrekking vir 'n tandarts goedgekeur en gevul. In 1949 is 'n tweede pos goedgekeur maar nooit gevul nie. In 1951 het die eerste tandarts bedank, en aangesien die pos nie meer voltyds gevul kon word nie, het dit mettertyd verval.

In 1953 het geneeskundige dienste in Natal nog 'n stap vorentoe gevorder toe provinsiale motorvoertuie aan skoolverpleegsters toegestaan is.

Sedert 1956 is poste vir rondreisende onderwysers ingestel om hardhorende kinders te ondersoek.

As gevolg van die toename van die skoolbevolking is daar sedert 1959 in Natal tot die groepstelsel van inspeksie oorgegaan. Hierdie groepstelsel behels

(38)

die geneeskundige ondersoek van bepaalde groepe kin= ders. Voorheen is alle kinders van 'n skool onder= soek en dit kon slegs om die drie jaar geskied. Gedurende 1961 is polioslukstof gedurende skoolure aan alle Natalse skoolkinders toegedien.

'n Opname wat in 1962 uitgevoer is, bet getoon dat 91,2% van alle skoolkinders in Natal teen pokke

in=

geent was.

Uit die voorgaande blyk dit dat skoolgeneeskundige dienste in Natal sedert 1916 gevorder het van 'n klein en moeilike begin, tot 'n goed georganiseerde diens aan alle Blankelaerskoolkinders van hierdie provin= sie.

2.4.2 In die Kaapprovinsie

In die jaar 1917 is daar besluit om 'n geneeskundige inspeksie van skoolkinders in die Kaapprovinsie in te stel (Leipoldt, 1934, p. 221).

In 1918 is daar 'n begin gemaak met geneeskundige inspeksie in hierdie provinsie deur die benoeming van dr. Karl Bremer as die eerste hoof van skoo1ge= neeskundige dienste (Departement van Hospitaaldien= ste, 1964, By1ae M, p. 1). Dr. Bremer het heel aan die begin reeds die saak opgesom en tot die gevolg= trekking gekom dat die toestand baie swak is. Hy bet dit benadruk dat elke kind wat op skool is, be=

(39)

hoorlike mediese versorging moet ontvang.

Kort nadat dr. Bremer die pos aanvaar het, het hy dr. Leipoldt in Transvaal besoek en samesprekings met hom gevoer om meer van sy ervaring te wete te kom, omdat dr. Leipoldt reeds 'n paar jaar ondervinding van skoolgeneeskundige dienste in Transvaal en ook in Engeland gehad het. Met hierdie inligting tot sy beskikking en op eie inisiatief het dr. Bremer dan ook spoedig die regulasies opgestel asook die genees= kundige inspeksiedienste wat by skole uitgevoer moes word, in orde gekry. Dit het hy binne die bestek van nege maande alles agtermekaar gekry.

Verder het hy wel deegllk besef dat dit nie moontlik. was om binne 'n redelike tyd al die kinders onder ob= servasie te plaas nie en dat·daar dus baie van pro= paganda gebruik gemaak moet word om die publiek gesondheidsbewus te rnaak. Dr. Bremer het toe reeds

ges~ dat alle kinders op skool medies en tandheelkun= dige versorging moet ontvang; dat hulle behoorlik . gevoed en gereinig rnoet word; dat hulle in behoor=

lik geventileerde klaskarners moet skoolgaan en dat hulle behoorlik ingelig rnoet word oor die higieniese versorging van die eie liggaam. In hierdie uiteen= setting het dr. Bremer duidelik emlyn wat vandag nog steeds die doelstelling is van en wat nagestreef moet word by die geneeskundige inspeksie van skool= kinders.

Dr. Bremer het reeds in die beginjare 'n kaartjie laat druk wat gebruik is om ouers na die inspeksie

(40)

uit te nooi, en hulle is persoonlik gespreek terwyl hulle kinders ondersoek word. Die doel hiermee was om soveel moontlik inligting van die ouer omtrent die gesondheid van 'n kind te bekom en om die ouer oak oar die gesondheid van die kind in te lig asook oar wat daar gedoen kan word om dit te verbeter of om hom beter gesondheidsgewoontes aan te leer. Verder moes dit tot 'n beter verstandhouding tussen ouers en geneeskundige skoolinspekteurs bydra, en dit sou vir laasgenoemde 'n beter insae in die kind se gesinslewe gee.

Dr. Bremer het die geneeskundige inspeksiediens tot 1919 alleen behartig, en na sy aftrede het dr.

c.

L. Leipoldt van die Transvaalse geneeskundige skoolin= speksiediens sewe maande lank hierdie diens in die Kaapprovinsie waargeneem (Holloway, 1926-1927, p. 188).

As eerste stap het dr. Leipoldt die benoeming van twee geneeskundige inspekteurs en vier skoolverpleeg= sters aanbeveel: dr. Maugham Brown en dr. L.

c.

Chubb is as geneeskundige inspekteurs benoem en mev. Davies as hoof van die skoolverplegingsdiens (Lei= poldt, Verslag 1919, p. 29).

Gebreke by skoolkinders was, net soos in die ander provinsies, oak talryk. Wat die meeste voorgekom het, was tandgebreke, waaraan ongeveer 90% van die skoolbevolking gely het.

(41)

siektes betref, is daar reeds so vroeq as 1918, tydens die qriepepidemie, deur Goewermentskennisqewinq no. 1358 van 1918 spesiaal voorsieninq qemaak. Laasqe= noemde het aan plaaslike owerhede in stedelike qe= biede en in plattelandse distrikte die bevoeqdheid qeqee om skole te sluit, maar aan die Administrateur ook die maq qeqee om sodaniqe sluitinq te verbied waar hy dit wenslik aq. Voor hierdie kennisqewinq kon skoolkomitees en plaaslike owerhede skole op mediese advies sluit.

Die Kaapprovinsie het in die jare 1926-27

n

oppervlak= te van~ 300 000 vk. myl (480 000 vk.

km),

met

n

Blankeskoolbevolkinq van meer as 135 000 qehad. Baie van hierdie leerlinqe het in verafqele~ en dun bevolkte distrikte qewoon, ver verwyder van hoofwe~

en spoorwe~. In die vroe~ twintiqerjare was dit onmoontlik om met die destydse personeel al die skole onder beheer van die Departement qereeld te besoek, en op

n

paar uitsonderinqs na moes die besoeke beperk word tot skole met

n

inskrywinq van plus-minus 100 leerlinqe en meer. Dit is nie omdat die kleiner skole qeen besoek nodiq qehad het nie: inteendeel, inspeksie was vir hulle net so noodsaaklik, dog met die ontoereikende personeel moes daar gepooq word om in die geqewe tyd soveel moontlik kinders te inspek• teer vandaar die konsentrasie op groter skole. Die tyd wat met reis na klein en afqele~ skole ver= kwis word, maak natuurlik die aantal kinders wat in

n

jaar geinspekteer word, baie kleiner.

Die metode wat tot dusver gevolg is, was om elke jaar 33

(42)

kinders in sekere leeftydsgroepe te inspekteer, dit wil s@ alle kinders wat in sekere jare gebore is, word by elke besoek geinspekteer. Hierdie jare is so gekies dat kinders van sewe tot agt jaar en kinders van veertien tot vyftien jaar tydens een besoek gein= spekteer word: dit is kinders wat reeds hulle skoal= jare begin het, en die wat naby die end daarvan is. Die stelsel van inspeksie sou verseker dat elke kind gedurende sy skoolloopbaan twee maal ondersoek word. Behalwe hierdie leeftydsgroepe word gevalle wat spe= siaal deur die onderwysers uitgesoek is, ook gein= spekteer, en daardie kinders wat by die vorige besoek geneeskundige behandeling nodig gehad het, word weer ondersoek om te sien of hulle herstel het.

Ouers word genooi om by die ondersoeke teenwoordig te wees, aangesien dit moontlik is om heelwat opvoed= kundige en voorbehoedende werk te doen as die genees= kundige inspekteur die kind met die ouer kan bespreek. Die behandeling van tandgebreke, neus- en keelkwale asook gesigs- en minder ernstige aandoenings word deur verskillende dienste uitgevoer, dit wil s@ ef in provinsiale hospitale en klinieke ef deur departe= mentele tandheelkundige beamptes en deeltydse oog= artse ef deur plaaslike geneeshere en tandartse. Geld is deur die adrninistrasie beskikbaar gestel sowel vir die behandeling van behoeftige kinders dwarsdeur die provinsie as vir gratis vervoer na plekke van behandeling {Stoker, 1960, p. 257).

(43)

Klasse vir hardhorende en spraakgebrekkige kinders is onder spesiaal opgeleide leerkragte georganiseer, terwyl die sielkundige afdeling van die Departernent die onderrig van verstandelik vertraagde kinders behartig het.

Die liggaarnlike opvoeding van kinders staan onder die toesig van twee inspekteurs en twee inspektrises vir liggaarnlike opvoeding. Liggaarnlike Opvoeding en Gesondheidsopvoeding was albei verpligte vakke in die

prirn~re skool.

Skoolgeboue en skoolkoshuise word ook gereeld ten opsigte van.higi~niese toestande ge!nspekteer. Ten slotte dien dit verrneld te word dat aan rnunisi= paliteite wat oor klinieke beskik waar skoolkinders behandel word,

n

jaarlikse subsidie vir hulle werk betaal word.

2.4.3 In die Oranje-Vrystaat

In die eerste onderwysordonnansie, naarnlik die van 1903, is bepaal dat die skoolkornrnissie oor die skool= gclxm toesig rnoes hou. Die hoof rnoes horn ook hou aan die gesondheidsrnaatreels soos voorgeskryf deur die

"Publieke Gesondheids Departernent".

n

Bearnpte daar= toe gernagtig, het die reg "om soodanige school gedurende schooluren te bezoeken ten einde den ge= zondheids toestand der localiteit te inspecteren"

(44)

nie nalaat om hier daarop te wys dat dr. Targett Adams in 1903 op

n

konferensie van skoolhoofde in Bloemfontein op

n

stelsel van gesondheidstoesig en gesondheidsdiens in skole aangedring het nie. Ons lees in die verslag van die konferensie: "Dr. Targett Adams asked teachers, by instilling into their pupils a knowledge of the laws of hygiene to help in preparing the way for a Public Health Ordi= nance" (soos aangehaal in Coetzee, 1937, p. 76). In 1906 is bepaal dat die hoof van

n

skoal jaarliks binne die eerste week in April

n

opgawe moes lewer van al die leerlinge in sy skoal wat teen pokkies ingeent moes word.

Bostaande was dus een van die eerste bepalings waar= volgens die onderwysers in die saak ter bevordering van volksgesondheid moes meehelp.

In 1908 is die aandag deur inspekteur J. B. Brady pertinenter op die noodsaaklikheid van

n

stelsel van geneeskundige inspeksie gevestig. As redes vir die instelling van so

n

mediese diens in die ORK, noem hy:

2.4.3.1 Deur stofstorms en skerp sonlig gedurende die grootste deel van die jaar kom oogaandoenings dikwels voor, en verwaarlosing hiervan lei tot bly= wende beskadiging.

(45)

skarlakenkoors, masels of ander besmetlike (aansteek= like) siektes ly, skoal toe gestuur word, met die gevolg dat besmetting dikwels soos

n

veldbrand ver= sprei.

Die destydse finansi~le toestand van die ORK het dit egter nie toegelaat dat daar tot die instelling van so

n

skoolgeneeskundige diens vir skoolkinders oorgegaan kon word nie. Die Onderwysdepartement het egter gevoel dat iets, hoe gering ook al, aan die saak gedoen moet word. Dr. P. Targett Adams word dus gevra om

n

memorandum met betrekking tot die kon= trole van aansteeklike siektes in openbare laerskole op te stel. Dit het hy dan ook gedoen.

In 1912 is ook regulasies met betrekking tot die sluiting van skole as epidemies uitbreek, uitgevaar= dig.

In 1917 word daar weer ernstig nagedink oor die nood= saaklikheid van die instelling van

n

geneeskundige diens vir skole. Die Onderwysdepartement het dan ook so

n

aanbeveling by die Provinsiale Raad gemaak, maar andermaal was dit onmoontlik om n mediese inspek= teur vir skole aan te stel. Vordering is egter in die jaar 1917 gemaak deur die aanstelling van dr. P. Targett Adams as "Adviserende Geneesheer

o.v.s.

Onderwysdepartement". Aan die einde van 1917 ver= skyn daar van sy hand

n

kort verslag oor die gesond= heidstoestand van skoolkinders.

(46)

Die OVS sou egter nog drie jaar moes wag op

n

stel= sel van geneeskundige inspeksie van skole. Nadat die geldelike probleme wat deur die oorlog in Europa veroorsaak is,

n

bietjie verminder bet, dr.

c. s.

A. Oberl8nder in Julie 1920 as die eerste geneeskun= dige skoolinspekteur aangestel (Holloway, 1926-27, p. 191).

Personeelvoorsiening het tot 1926 onveranderd gebly. Toe is

n

assistentgeneeskundige inspekteur benoem dog geen verpleegsters of ander hulp nie.

Daar is op die geneeskundige inspeksiekaart voorsien= ing gemaak vir drie roetine-inspeksies gedurende die skoolloopbaan van die kind, naamlik die eerste gedu= rende die eerste skooljaar, kort na toelating tot die skool; die tweede tussen die leeftyd tien en twaalf jaar en die derde op die leeftyd van sestien jaar, wanneer die kind die skool verlaat.

Behalwe hierdie inspeksies word daar nog tussentydse (spesiale) inspeksies gehou ten opsigte van kinders wat aan een of ander gebrek ly en waarop die aandag van die geneeskundige inspekteur deur onderwysers en ouers gevestig word.

Die inspeksie word gewoonlik in

n

klaskamer gehou. Nadat die hoof van die skool die kinders van

n

'be= paalde leeftydsgroep vir daardie jaar sowel as die spesiale gevalle vir ondersoek genoteer het, stel hy die ouers in kennis omtrent die dag en uur van die skooldokter se besoek, sodat die betrokke ouers of

(47)

voogde by die inspeksie teenwoordig kan wees.

Elke kind word persoonlik in die teenwoordigheid van die ouer ondersoek, die seuns en die meisies afsonderlik, en die resultate word op die rekordkaarte aangeteken, wat vir raadpleging bewaar word.

Indien enige gebrek ontdek word, word die ouer se aandag daarop gevestig, en

n

gedrukte kaartjie waarop die gebrek vermeld word, word ingevul, met die versoek aan die ouer om sy huisdokter daaroor te raadpleeg. Advies word ten tye van die inspeksie gegee, dog geen verdere behandeling word voorgeskryf nie.

In die afwesigheid van

n

skoolverpleegster het daar destyds (1926) geen re~ling bestaan om die verloop van kinders met gebreke se gevalle na te gaan nie; daar is ook nog geen voorsiening gemaak vir die be= handeling van behoeftige kinders nie, behalwe in plaaslike hospitale. In buitedistrikte was die enigste beskikbare moontlikhede vir die behandeling van sodanige kinders deur middel van die distriks= geneesheer, totdat skoolklinieke of ander behande= lingsentra daar opgerig kon word.

Die statistiek van behandeling was derhalwe gebaseer op die aantekeninge wat deur die hoofde van skole gehou word.

Van die uitbreek van aansteeklike siektes in

n

skool moes die hoof aan die Onderwysdepartement, die sek=

(48)

retaris van die skoolraad, die plaaslike landdros en die hoof~geneeskundige inspekteur asook aan die in= spekteur van skole vir die distrik kennis gee.

Redes vir uitsluiting uit die skoal was _die volgende: 2.4.3.3 om die verspreiding van aansteeklike siektes te voorkom;

2.4.3.4 om te voorkom dat sodanige kinders se onsindelike of vuil toestand vir ander kinders skade= lik word;

2.4.3.5 wanneer hulle weens hulle verstanqJike L of liggaamlike toestand nie in staat is om behoorlik voordeel uit die skoolonderrig te trek nie.

Die eerste volledige statistiek van geneeskundige personeel vir skole vind ons in

n

opgawe wat in 1958 verstrek is. Die personeel het in genoemde jaar bestaan uit:

n

hoofgeneeskundige inspekteur, twee assistent-inspekteurs, een hoofskoolverpleegster en vyf skoolverpleegsters.

In die jare voor 1958 het die geneeskundige personeel alleen die grade A en B, standerds 1, 5, 6, 9 en 10 asook verstandlik vertraagde kinders ondersoek. Ook is kinders medies ondersoek wat spesiaal deur die hoof, die klasonderwysers, skoolverpleegsters of die ouers onder die aandag van die mediese inspekteur gebring is. Gewoonlik was dit leerlinge uit klasse wat by die mediese inspeksie van die skoal oorgeslaan is.

(49)

Na 1958 was dit die strewe van die skoolgeneeskundige inspeksiediens om elke skoal in die provinsie minstens een maal per jaar te besoek en dan elke kind deur die geneeskundige inspekteur persoonlik of deur skoolverpleegsters tydens hulle gewone besoeke met die oog op skoolhigiene te laat ondersoek (Stoker,

1960, p. 258) •.'

Om dit moontlik te maak is

n

stelsel van uitsifting ingestel waardeur elke leerling in

n

skoal eers hi= gienies ondersoek en

n

geneeskundige geskiedenis deur die skoolverpleegsters en/of die mediese inspekteur opgestel word om leerlinge wat sander kwale is, van die volgende geneeskundige inspeksie uit te sluit. Slegs leerlinge met bepaalde kwale of diegene sander kwale maar met gebreke wat by die voorlopige genees= kundige inspeksie deur die verpleegsters vasgestel is, word na die geneeskundige inspekteur vir onder= soek verwys. Op hierdie wyse is alle onnodige ge= valle by die roetine-ondersoeke uitgeskakel.

Volgens die bevindings van die geneeskundige inspek= teur word die dowe, hardhorende en blinde kinders na die regte inrigtings verwys.

na die skoal vir liggaamlik ley.

Kreupel kinders gaan afwykendes op Kimber=

Kinders wat tandheelkundige behandeling nodig het, word na private tandartse verwys of na die tandheel= kundige eenheid wat in hulle bepaalde gebied werk. Ongeveer een maand nadat daar

n

geneeskundige inspek=

(50)

sie by

n

skool uitgevoer is, doen die skoolverpleeg= sters nasorgwerk en besoek huise om toe te sien dat die behandeling wat die geneeskundige inspekteur aaa= beveel het, uitgevoer word.

Tydens geneeskundige inspeksies word daar spesiale aandag gegee aan skoolgeboue, skoolkoshuise, latrines en skoolvoeding sover dit op die gesondheid van die leerlinge betrekking het.

2.4.4 In Suidwes-Afrika

Skoolgeneeskundige dienste is eers betreklik laat in Suidwes-Afrika ingestel, naamlik eers in 1944, en wel as

n

onderafdeling van die afdeling Gesondheidsdien= ste van die Administrasie van Suidwes-Afrika.

Die eerste persoon wat die pas van Hoof-geneeskundige Inspekteur van skole beklee het, was dr. Fischer

(Dept. van hospitaaldienste, Transvaal Konferensie van skoolgesondheidsamptenare 14 en 15 April, 1964, Bylae H). Na hom was daar nag verskeie ander persone wat hierdie pos beklee het.

Verder dien daarop gelet te word dat alle gesondheids= dienste in Suidwes-Afrika saam in een departement gegroepeer was selfs oak die distriksgeneeshere en alle gesondheidsbeamptes. In die Republiek het hulle onder verskillende departemente geressorteer.

(51)

die stremmendste probleme was dat daar altyd groot afstande gereis moes word om vir inspeksie by

n

skool te kom.

n

Verdere probleem (selfs vandag nog) is die feit dat die bevolking baie yl verspreid is.

In 1964 was die aantal Blankeskoolkinders slegs 17 500, en hierdie leerlinqe was oor die hele Suid= wes-Afrika versprei. Genoeg personeel om die

skoolgeneeskundige dienste te behartig was daar glad nie.

Daar word, net soos in die Republiek,

n

groot persen= tasie defekte by skoolkinders gevind, waarvan die belangrikste en algemeenste tandkarsies is. Vir be= handeling is die kinders na 14 tandartse verwys, wat elkeen ook sy privaatpraktyk gehad het.

Die hoofkwartier van die geneeskundige beamptes was in Windhoek, en hierdie beamptes was dus verplig om lang afstande te reis om by skole te kom.

Hoewel die skoolgeneeskundige dienste onder die ge= sondheidsdepartement ressorteer, is daar

n

baie noue skakeling met die onderwysdepartement, en die same= werking is baie goed.

(52)

3.

AANLEIDENDE

OORSAKE

VIR DIE ONTSTAAN

EN

INSTELLING VAN

SKOOLGENEESKUNDIGE

DIENSTE

-IN

TRANSVAALSE

PRIMERE

SKOLE

VIR

BLANKES

3.1 AANLEIDENDE OORSAKE VOOR 1914

3. 1 • 1 Die beginjare voor 1900, tydens die "Zuid-Afrikaansche Republiek"

Reeds in die onderwyswet van N. Mansvelt is daar blykens artikel 74 besluit om

n

instituut vir doof~

stommes en blindes onder die bestuur van die Kurato= rium van die Gimnasium op te rig sodra 10 of meer

applikante hulle daarvoor aanmeld. As daar minder was, sou die bestaande klasse vir doofstommes

n

deel van die Modelskool uitmaak (Hoon, 1956, p. 212).

In 1890 was daar twee doofstom leerlinge wat deur

n

onderwyser, ene E. Kalt, onderrig is, maar omdat hierdie inrigting blykbaar nie baie gewild was nie en dit

n

te duur onderneming was om een onderwyser vir slegs twee leerlinge aan te stel, is daar besluit om hierdie leerlinge na die inrigting op Worcester te stuur. Die regering sou die onderwys- en losies= gelde betaal.

Van 1895 af was daar twaalf leerlinge wat regering= steun ontvang het, naamlik agt doofstommes en vier blindes. Die feit dat daar dadelik twaalf leerlinge was om na Worcester te gaan en die aantal in die

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

First finding of the parasitic fungus Hesperomyces virescens (Laboulbeniales) on native and invasive ladybirds (Coleoptera, Coccinellidae) in South Africa.. Danny Haelewaters 1,*

De rustige, groepsgewijze vrijlating van otters in één gebied leek een aantal voordelen te hebben, hoewel geen vergelijking mogelijk is met andere methoden: a de otters kennen

Cor die Smuts-figuur is daar deur die jare baie geskryf en sal daar in die toekoms DOg baie geskryf word, juis omdat hy Die net in die Suid-Mrikaanse geskiedenis Die, maar

A holistic approach is feasible by applying mediation in the classroom when the educator motivates learners to give their own opinions on matters arising,

Een V erschoning dienen we hier te maken wegens de ruimte en tijd gewijd aan de topografie (plaatsbeschrij- ving van Britstown) een pl ekje dat meer dan een heel

For the direct matching algorithm, SML received better results if the minutiae are with high quality (MCYT manual minutiae case).. When using automatically extracted minutiae sets

Whereas ceramics and DBMs have different mechanical drawbacks, the hybrid composite of these two bone graft substitutes with polymeric matrix has variable stiffness depending on

This research will add value to the recent literature, besides looking at the feeling of employees about the outsourcing it measures the effect of the outsourcing process and