• No results found

Die relevansie van katalogiseerreëls soos die AACR2 vir rekenaarmatige katalogisering

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Die relevansie van katalogiseerreëls soos die AACR2 vir rekenaarmatige katalogisering"

Copied!
148
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

Die relevansie van katalogiseerreels soos die

AACR2 vir rekenaarmatige katalogisering

deur

Esme Stella Senekal BA (Komm), NDBI

Verhandeling voorgele ter gedeeltelike vervulling van die vereistes vir die graad

MBibl

in die

Departement Inligtingstudies

aan die

Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoer Onderwys

Studieleier: Mev M A Buys

Potchefstroom Mei 1995

(2)

Opgedra aan daardie Mens wa t

my gemotiveer het as ek moeg was

met sy prettige tipering van sy

omwereld en die kosbaarhede van

sy verhaal wat hy gedeel het.

-

Ek

wens ek kon jou kenT

(3)

DANKBETUIGINGS

Met die onderneming van hierdie verhandeling het ek opnuut tot die besef gekom van my nietigheid en athanklikheid; graag bedank ek diegene wat my sukses met my deel:

Ek weet en erken dat my Hemelse Vader aan my die geleentheid gegee het tot hierdie studie. Dit is ook Hy wat aan my krag en deursettingsvermoe gegee het om dit te kon voltooi. Mag Sy Naam in alles verheerlik word.

My hoogste agting en waardering gaan aan my studieleier, mev M A Buys. Haar aanmoediging en bystand was van uiterste belang. Mev Buys, U is uitmuntend !

Teenoor mev Elsa Brand wat baie tyd aan die taalkundige versorging van hierdie studie afgestaan het, my hartlike dank.

Ek wil graag my waardering uitspreek teenoor mnr Pieter Orsmond, me Elrnien Brits en Magriet Fourie vir die bindwerk van die verhandeling.

Teenoor Zelda Avenant vir haar onvermoeide ywer en presiesheid met die tikwerk van hierdie verhandeling. Dankie vir baie laat nagte, Zelda!

My opregte dank aan Amanda Singleton vir die versorging van die opsomrning in Engels.

Dankie aan alle farnilie, vriende en kollegas wat gereeld gevra het: "Hoe gaan dit met die verhandeling?"

Amanda Singleton: Dankie v1r JOU gebede van onderskraging en JOU onvoorwaardelike vriendskap wat meer gee as neem.

(4)

Prof Daan Wissing, dankie vir die onbewuste wyse waarop u my gemotiveer het.

Prof P J JS Potgieter, baie dankie vir waardevolle tyd en kommentaar.

My ouers, Bartel en Vonda Senekal: U onbaatsugtige opofferings, voorbeeld en emosionele ondersteuning plaas u in 'n kategorie sander gelyke. U het my bestaan, die aanvang van my akademiese loopbaan en daarom oak hierdie studie vir my moontlik gemaak.

Herman Havenga: Ek weet hierdie sou vir jou saam met my 'n trotse oomblik gewees het. Jou liefde, aamoediging, vertroue, vriendskap en bereidwilligheid om altyd van hulp te wees, sowel as die spesiale dinge wat vir ans gegun was om te deel, sal in my hart altyd leef.

(5)

OPSOMMING

Katalogiseerreels is tans midde 'n tyd van verandering en ontwikkeling met betrekking tot die ontsluiting en herwinning van bibliografiese inligting. Hoewel katalogisering 'n biblioteekaktiwiteit is wat oor die jare min verander het, het die koms van die rekenaar en in die laaste jare die onstaan van OP ACs die vraag na vore laat kom of katalogiseerreels soos die AACR2 steeds nuttig en relevant is vir katalogisering.

In hierdie studie word die ontwikkeling en standaardisering van katalogiseerreels ondersoek om beginsels te identifiseer wat steeds by die intydse katalogus geldig is. Die rol van die AACR2 in die katalogiseerproses word ontleed om vas te stel watter reels spesifiek by rekenaarmatige katalogisering relevant is en watter reels behoort aangepas of verander te word. Verder word die nuwe moontlikhede wat OP ACs ten opsigte van inligtingherwinning bied ondersoek om die invloed daarvan op bestaande katalogiseerreels te bepaal.

Soekpunte is 'n aangeleentheid wat met betrekking tot gerekenariseerde katalogi die meeste kritiek uitlok. Rekenaarmatige katalogi bied besonderse nuwe moontlikhede wat ontbreek het by tradisionele handkatalogi. Dit is veral ten opsigte van hierdie moontlikhede wat katalogiseerreels aangepas of verander behoort te word.

In die lig van die nuwe moontlikhede en eise van OP ACs is dit nodig dat bestaande katalogiseerreels hersien behoort te word. Dit blyk uit die studie dat effektiewe herwinning van inligting steeds afhanklik is van volledige en akkurate bibliografiese beskrywing van die dokumente in 'n biblioteek se, versameling. Dus sal die reels vir beskrywende katalogisering geldig bly en behoort ook aangevul te word met reels wat voorsiening maak vir die verryking van die bibliografiese rekord. Reels vir die hoofwoord behoort te verander. Standaardisering bly egter belangrik omdat die bibliografiese funksie van die katalogus steeds belangrik bly.

(6)

SUMMARY

Cataloguing rules are at present within a period of change and development as far as the retrieval of bibliographical information is concerned.

Though cataloguing is a library activity which has shown little change through the years, the corning of the computer and recently also the development of OP ACs, have brought to mind the question whether cataloguing rules such as the AACR2 are still useful and relevant.

In this study, the development and standardization of cataloguing rules are examined to identify principles that are still applicable to the online catalogue. The role of the AACR2 in the cataloguing process is analysed to determine which rules are specifically relevant to computer cataloguing and which should be altered or changed. Furthermore, new possibilities that are opened up by OP ACs as far as the retrieval of information is concerned, are looked into to determine the influence thereof on existing cataloguing rules.

Accesspoints is an issue that, in so far as it concerns computerised cataloguing, evokes a great deal of criticism. Computerised cataloguing offers new possibilities which lacked with tradisional handcatalogues. It is especially concerning these possibilities that cataloguing rules should be altered or changed.

Seen in the light of the new possibilities and demands of OP ACs, it is necessary that cataloguing rules should be revised. Through this study, it becomes evident that effective retrieval of information is still dependent on the complete and accurate bibliographical description of the documents in the library collection. Therefore the rules of descriptive cataloguing will still stay applicable - being supplemented with rules that make provision for the enrichment of the bibliographical record. Rules for the main entry should change. Standardization stays a fundamental point, as the bibliographical function of the catalogue still remains a cardinal factor.

(7)

INHOUDSOPGA WE HOOFSTUK 1: INLEIDING 10 1.1 Agtergrond 10 1.2 Probleemstelling 11 1.3 Aktualiteit 14 1.4 Doelstellings 15 1.5 Terreinafbakening 15 1.6 Begripsomskrywing 16 1.7 Metodologie 19 1.8 Hoofstukoorsig 19

HOOFSTUK 2: DIE BEGINSELS VAN KA TALOGISERING EN DIE

ONTWIKKELING VAN KA TALOGISEERREeLS 21

2.1 Inleiding

2.2 Die beginsels van katalogisering 2.3 Die beginsel van bibliografiese beheer

21 25 30 2. 3.1 Anglo American Cataloguing Rules (AACR2) en bibliografiese beskrywing 33 2.4 Die beginsel van toegang

2.5 Die beginsel van versameling

2. 5.1 Die geykte titel

2.5.2 Gestandaardiseerde, eenvormige, gelykwaardige soekpunte 2.6 Samevatting

HOOFSTUK 3: DIE ROL VAN DIE AACR2 IN DIE KA TALOGISEERPROSES 36 40 44 44 45 47

(8)

3. 1 Inleiding 4 7

3. 2 Die biblioteekkatalogus 4 7

3. 3 Die doelstellings van die biblioteekkatalogus 49 3. 3. 1 Verskillende outeurs se sienings oar die doelstellings van die katalogus 49

3 .4 Katalogiseerreels 54

3.5 Die AACR2 as katalogiseerkode 56

3.5. 1 Die bevordering van die katalogiseerproses deur die struktuur van die AACR2 57 3.5.2 Die funksie van AACR2-katalogiseerreels soos weerspieel in die ISBD-formaat

59 3.6

3.7

Die bruikbaarheid van die elemente van die ISBD-formaat vir 'n OP AC

Samevatting

66

70

HOOFSTUK 4: DIE AACR2 EN DIE KEUSE VAN DIE HOOFWOORD EN ANDERSOEKPUNTE

4.1 Inleiding

4.2 Keuse van soekpunte

4.2.1 Die hoofwoordlhoofinskrywing 4.2.2 Newe-inskrywings en newesoekpunte 4.2.3 Onderwerpsoekpunte

4.3 Gesagswerk

4.3.1 Die vasstelling van die vorm van die soekpunte 4.3.2 Gesagsbeheer

4.3.3 Die belangrikheid van gesagsleers vir die toekoms 4.4 Samevatting

HOOFSTUK 5: VEREISTES WAT DEUR REKENAARMA TIGE KATALOGISERING EN OPACS AAN KATALO-GISEERREeLS GESTEL WORD

72 72 73 73 81 83 84 87 92 93 93 95

(9)

5.1 5.2 5.3 5.4 5.5 Inleiding

'n Kort oorsig oor die opkoms van biblioteekrekenarisering

Die OPAC

Vereistes waaraan 'n OP AC behoort te voldoen

MARC

95 96 99 101 107

5.5.1 Die ontstaan van MARC 107

5. 5. 2 Die struktuur van 'n MARC-formaat 108

5.5.3 MARC en die OPAC 109

5.6 Voordele en nadele van 'n OPAC vanuit 'n gebruikersoogpunt 112

5. 6.1 Voordele 112

5.6.2 Nadele 116

5. 7 Die vereistes wat deur rekenaarmatige katalogisering en OP A Cs aan

katalogiseerreels gestel word 118

5.8 Samevatting 122

HOOFSTUK 6: VOORSTELLE VIR DIE AANPASSING EN VERBETERING VAN KA TALOGISEERREeLS VIR REKENAARMA TIGE

KA TALOGISERING 123

6.1 Inleiding 123

6.2 Die doelstellings van die katalogus binne 'n intydse omgewing 124

6.3 Die funksies en gebruik van die geykte titel 128

6.4 Voorstelle vir aanpassings en verbeteringe van huidige katalogiseerreels 131

6. 4.1 Aanbevelinge random die hoofwoord 6. 4. 2 Ander aanbevelinge 6.5 Samevatting BIBLIOGRAFIE 132 139 141 143

(10)

HOOFSTUK 1: INLEIDING

1.1 Agtergrond

Die eeu-oue gesegde van die Griekse wysgeer Heraclites: There is nothing permanent except change (Rossouw, 1983 :9), bly steeds 'n waarheid in hierdie eeu waarin ons leef en geld veral ook vir biblioteke. Biblioteke word gedwing om aan te pas by veranderende omgewings en omstandighede wat veroorsaak word deur snelle wetenskaplike en tegnologiese ontwikkelings. Hicks en Tillin (1970:xi) merk tereg op: Whatever the type of library . . . our obligation is to continuously up-date our service to reach an ever-widening circle of patrons. We must, therefore, provide resources in all those media that will best establish communication with every potential library patron.

Sedert die uitvinding van die telefoon en die tikrnasjien is van bibliotekarisse verwag om hul bestaande stelsel toenemend by die tegnologiese ontwikkelings van hul tyd aan te pas. Die ontwikkeling van die rekenaar was een van die grootste uitvindings van die twintigste eeu en biblioteekrekenarisering per se het reeds deur drie dekades van ontwikkeling gevorder. Wanneer dit gaan om die rekenarisering van die inhoud van die katalogus, staan biblioteke met die koms van Online Public Access Catalogues (OPACs) weer soos Adam van ouds op die drumpel van 'n nuwe toekoms. Die ontstaan van OP ACs noop die herwaardering van die rol van die katalogus, die inligting wat dit behoort te bevat en dus ook die katalogiseerreels wat gebruik word in die samestelling daarvan. Die kwelvraag wat as gevolg van die ontwikkeling van intydse katalogusse en veral OP ACs na vore kom, is of bestaande katalogiseerreels steeds relevant is vir sulke katalogusse en of die stryd om gestandaardiseerde katalogiseerreels daar te stel, van vooraf gaan begin.

Die Anglo-American Cataloguing Rules, Second edition, (AACR2) is die katalogiseerkode waarop die katalogiseerpraktyk in die Engelssprekende wereld al die afgelope ongeveer sestien jaar berus. Die AACR2 is geskep in 'n gees van internasionale bibliografiese kommunikasie en soos Boll (1990:3) dit raak beskryf: It is

(11)

also well and logically structured. Die kode lewer 'n waardevolle bydrae tot die standaardisering van bibliografiese beskrywing en soekpunte. Voorts het dit 'n standaardterminologie voorsien wat kornmunikasie binne die vakgebied bevorder het. Tog is daar diegen~ wat van mening is dat die reels wat in die AACR2 vervat is, te veel op die hand-/kaartkatalogus toegespits is en dat 'n nuwe kode nodig is om die moontlikhede wat deur OP ACs gebied word, maksimaal te ontgin. Aan die ander kant is daar weer diegene wat se dat die reels in 'n mindere mate nie toepaslik vir 'n rekenaarmatige omgewing is nie. Laasgenoemde skoal betoog vir 'n blote bywerking en aanpassing van bestaande katalogiseerreels.

1.2 Probleemstelling

Katalogisering is 'n biblioteekaktiwiteit wat oar die jare min verander het. Biblioteke het dikwels aan bestaande katalogiseerreels en -praktyke vasgehou en was nie ontvanklik vir vernuwing nie. Ter bevordering van die internasionale uitruiling van bibliografiese inligting het dit met verloop van tyd egter al meer noodsaaklik geword om eenvormige katalogiseerreels te formuleer wat aanvaarbaar sou wees vir die internasionale biblioteekgemeenskap en wat oak bibliografiese beheer kon bevorder.

Die stryd om gestandaardiseerde katalogiseerreels duur al sedert die einde van die negentiende eeu. Met die verskyning van die AACR2 in 1978 is allerwee gedink dat die ideaal van 'n internasionaal aanvaarbare standaard uiteindelik verwesenlik is.

Intussen het rekenaarmatige katalogisering egter ontwikkel en kart na die verskyning van die AACR2, is daar reeds kritiek daarteen uitgespreek. Dit het veral daarom gegaan dat die katalogiseerreels we! voldoende was vir hand-/kaartkatalogusse, maar dat dit glad nie in die behoeftes van rekenaarmatige katalogisering voorsien nie.

In 1988 is 'n hersiene uitgawe van die AACR2 gepubliseer, wat meer geskik was vir die rekenaarmatige omgewing waarin 'n groat aantal akademiese biblioteke vandag funksioneer. Hoofstuk 9 van die AACR2, wat oar rekenaardataleers handel, is byvoorbeeld aansienlik uitgebrei sodat veld 3 wat nie in die 1978-uitgawe gebruik is

(12)

nie, wel in die 1988-uitgawe gebruik word om spesifieke eienskappe van dataleers aan te toon. Verder is vakterrninologie hersien en is nuwe terme gei:nkorporeer. Kritici van die AACR2 meen egter dat daar nog steeds aan tradisionele beginsels vasgehou word wat nie meer relevant is vir intydse katalogusse nie. 'n Voorbeeld van so 'n beginsel is die konsep van die hoofwoord wat belangrik was vir 'n hand-/kaartkatalogus, maar van geen nut meer by 'n intydse katalogus is nie omdat alle bibliografiese elemente ewe geskik is as soekpunte en daar nie meer van 'n hoofwoord as fokuspunt op die bibliografiese rekord gebruik gemaak word nie.

Winke (1993: 54) meen dat die huidige katalogiseerreels bygewerk en hersien moet word, terwyl Boll (1990:6) weer se dat heeltemal nuwe en rekenaar-georienteerde katalogiseerreels nodig is, aangesien die rekenaar 'n totaal nuwe dimensie vir die soek en herwinning van inligting bied. Rowley (1989:7) se siening is dat die hersiening van die AACR2 in 1988 ook die geleentheid geskep het om oor die aard en funksie van katalogiseerreels en die rol wat dit by katalogisering speel, te besin. Ten opsigte hiervan se Ovens ( 1980: 14): AA CR2 is by no means the last and final essay of book description rules ...

Afgesien van die meningsverskille oor die toepaslikheid van die AACR2 by rekenaarmatige katalogisering, is daar ten opsigte van die ontwikkeling van OP ACs in die afgelope twee dekades ook skrywers wat meen dat die rol van die biblioteekkatalogus en die inligting wat dit behoort te bevat, geherevalueer moet word (Boll, 1990:6; Coetzee, 1991:21; Rowley, 1989:7).

Die bruikbaarheid van 'n biblioteek se versameling berus grootliks op die gemak waarmee potensiele gebruikers die inligting kan herwin wat aan hul spesifieke behoeftes beantwoord. Die katalogiseerder se funksie is om die herwinningsproses te bevorder en sodoende die versameling se gebruik te maksimaliseer. Inligting in 'n versameling kan alleen suksesvol opgespoor word as die bibliografiese rekords in die katalogus van hoogstaande gehalte is en die doelstellings van die katalogus nagestreef word.

(13)

Winke ( 1993: 5 3 ), Musiker ( 1962: 104) en and ere se stand punt is dat die doelstellings van 'n biblioteekkatalogus wat in die vorige eeu geformuleer is, vandag nog net so geldig is vir 'n intydse katalogus. Rowley (1989:8) <link egter weer dat, aangesien 'n OP AC nuwe geleenthede en uitdagings bied, die doelstellings en rol van die biblioteekkatalogus ook opnuut geformuleer moet word en dat die rol wat katalogiseerreels by die saamstel van die katalogus speel, duideliker omskryf moet word.

Uit bogenoemde bespreking is dit duidelik dat daar heelwat meningsverskille is oor die plek van bestaande katalogiseerreels in die oorgang van hand-/kaartkatalogusse na intydse katalogusse en OP ACs, asook die rol van die biblioteekkatalogus in die inligtingstelsel van 'n biblioteek.

In die lig van bogenoemde kan die volgende vrae gestel word:

*

*

*

*

Watter katalogiseerbeginsels wat relevant is vir rekenaarmatige katalogisering, kan gei:dentifiseer word?

Wat is die doelstellings van die hedendaagse biblioteekkatalogus en in watter mate dra die AACR2 by tot die bereiking daarvan?

Watter nuwe moontlikhede en uitdagings word gebied ten opsigte van die herwinning van inligting in 'n OP AC, en in watter mate beinvloed dit katalogisering?

Moet bestaande katalogiseerreels aangepas word om relevant te wees vlf rekenaarmatige katalogisering, of is nuwe reels nodig?

(14)

1.3 Aktualiteit

Die koms van OP ACs bied nuwe moontlikhede ten opsigte van inligtingherwinning. Die effektiewe herwinning van enige inligting is egter afhanklik van volledige en akkurate bibliografiese beskrywing van die dokumente in 'n biblioteek se versameling. Die bruikbaarheid van 'n biblioteek se versameling berus dus grootliks op die gemak waarmee gebruikers die verlangde dokumente in die biblioteek kan opspoor. Dit is die doelstelling van die biblioteekkatalogus om die herwinningsproses te bevorder. Dus is dit besonder aktueel om in hierdie studie aandag te gee aan die vrae wat rondom katalogisering en katalogiseerreels ontstaan het as gevolg van die koms van OP ACs, aangesien die biblioteekgemeenskap in 'n oorgangsfase is vanaf die gebruik van hand-/kaartkatalogusse na die gebruik van intydse katalogusse en veral OP ACs.

Die tema is verder aktueel omdat dit die dilemma ondersoek ten opsigte van die vraag of katalogiseerreels enigsins nog van nut is, en gevolglik aangepas moet word vir die nuwe moontlikhede wat deur OP ACs gebied word. 'n Bespreking van die eise wat deur OP ACs aan katalogiseerreels gestel word, is ook in die studie ter sprake.

Al meer biblioteke is besig om oor te skakel na die gebruik van OP ACs. Op hul beurt bevorder OPACs die global village van die biblioteek- en inligtingsdomein, die sogenaamde biblioteek sonder grense wat gebruikers in staat behoort te stel om wereldwye bibliografiese soektogte uit te voer. Hierdie studie poog om vas te stel of 'n katalogiseerkode soos die AACR2 in die toekoms, selfs met die klem op OP ACs, steeds relevant sal wees om 'n bydrae te !ewer tot die bevordering van eenvormige standaarde in die katalogiseerpraktyk.

(15)

1.4 Doelstellings

Daar word met hierdie studie beoog om:

Die ontwikkeling en standaardisering van katalogiseerreels te ondersoek, ten einde sekere beginsels van katalogisering wat steeds relevant is vir rekenaarmatige katalogisering, te identifiseer;

die doelstellings van 'n biblioteek:katalogus te omskryf en aan te toon hoe die AACR2 hydra tot die bereiking van daardie doelstellings;

vas te stel watter nuwe moontlikhede en uitdagings 'n OP AC ten opsigte van die herwinning van inligting bied en om aan te toon in watter mate 'n OP AC katalogiseerreels be1nvloed; en

voorstelle en aanbevelings te doen ten opsigte van wat nuwe of aangepaste reels behoort te bereik en in watter mate bestaande reels verander moet word, om relevant te wees vir rekenaarmatige katalogisering.

1.5 Terreinafbakening

Aangesien die AACR2 voorsiening maak vir die katalogisering van bykans enige soort media, word Hoofstuk 1-2 van die kode vir hierdie studie afgebaken aangesien dit te omvangryk sou wees om ook ander tipes media hierby in te sluit. Die studieveld sal dus hoofsaaklik toegespits wees op die toepassing van die Anglo-Amerikaanse katalogiseerreels op monografiee, asook die beginsels en probleme in verband met monografiee in 'n intydse omgewing.

Voorts val die kwessie oor onderwerpsoekpunte buite die omvang in hierdie studie, omdat slegs die toegangspunte wat in die tweede deel van die AACR2 voorkom, onder die loep geneem sal word. Die studie sal dus net aandag gee aan die keuse en vorm

(16)

van die hoofwoord en ander tradisionele soekpunte. Die toepaslikheid van hierdie soekpunte by OP ACs sal ook geevalueer word.

1.6 Begripsomskrywing

Die terme en begrippe wat in die studie gebruik word, word grootliks verkJaar in die teks. Duidelikheidshalwe word die volgende terme tog omskryf.

Bibliografiese elemente

Swigchem en Slot (1990: 107) beskryf die term bibliografiese element as: Formeel element in de beschrijving op te nemen niet inhoudelijk kenmerk van een document, zoals titel en auteur. Dit is daardie eienskappe van die dokument wat uniek is daaraan, dit wil se die eienskappe wat een dokument onderskei van ander waarmee dit verwar kan word. Bibliografiese elemente is daardie onderskeidende kenmerke van 'n dokument waaruit die bibliografiese beskrywing saamgestel word, en sluit kenmerke in waarvan die besonderhede kan varieer, soos outeurskap, plek van publikasie en grootte van die dokument. Ongeag die veranderlikheid van die elemente is hulle tog algemeen genoeg om te differensieer tussen verskillende dokumente wat gekatalogiseer word. Bibliografiese elemente kan dus beskryf word as daardie komponente waaruit 'n basiese katalogusrekord saamgestel is.

Dokument

Die begrip dokument word soos volg deur Prytherch (1987:253) gedefinieer: a record which conveys information; originally an inscribed or written record, but now considered to include any form of information graphic, acoustic, alphanumeric, etc.

Uit die definisie blyk 'n belangrike eienskap van 'n dokument, naamlik dat dit 'n fisiese inligtingdraer is.

(17)

Bykomend omskryf Prytherch (1987:92) 'n boek soos volg: (i) A set of sheets or paper bound along one edge and enclosed within protective covers to form a volume,

especially a written or printed literary composition presented in this way. (ii) A division of a literary work, which is separately published and has an independent physical existence, although its pagination may be continuous with other volumes.

Dit is duidelik uit bogenoemde definisie dat 'n boek 'n onafhanklike fisiese eenheid is, alhoewel hierdie eenheid soms deel kan vorm 'n grater entiteit. Met antler woorde, 'n fisiese eenheid kan deel wees van 'n omvattende bibliografiese eenheid.

Vir die doe! van hierdie studie word die term dokument deurgaans gebruik en sluit dit kenmerke van beide bogenoemde definisies in. Die begrip dokument kan dus binne die konteks van hierdie studie soos volg omskryf word: 'n Dokument is 'n onafhanklike fisiese eenheid, wat die draer is van inligting en unieke onderskeidende kenmerke besit. Dit het gewoonlik ook afsonderlike paginering en is gebind in 'n beskermende omslag. Die dokument is dus die fisiese bron wat gekatalogiseer word.

Bibliografiese rekord

Die bibliografiese rekord is die bibliografiese weergawe van die dokument. Swigchem en Slot (1990:59) omskryf dit soos volg: ... kaart die in een kaartcatalogus een catalogustitel of verwijzing bevat. Vir die doel van die studie is die bibliografiese rekord nie net die kaart in 'n katalogus nie, dit is ook 'n masjienleesbare rekord in 'n databasis. Ongeag of dit 'n kaart in 'n katalogus of 'n rekord in 'n databasis is, <lien die bibliografiese rekord as surrogaat vir die dokument wat gekatalogiseer word. So 'n bibliografiese rekord behoort genoeg inligting te bevat (byvoorbeeld inligting oor die auteur, die titel en die datum van uitgawe) om die dokument te identifiseer en sodoende te onderskei van soortgelyke dokumente.

(18)

Online Public Access Catalogue (OPAC)

Prytherch (1987:565) gee die volgende definisie v1r 'n OPAC: An automated catalogue system. The catalogue is stored in machine-readable form, and accessed online by the library clientele via a visual display unit and employing user-:friendly software.

Op haar beurt beskryf De Jager (1984:32) die OPAC soos volg: ... the most modern and flexible form of catalogue. Such an online system permits instantaneous, sophisticated access to information and direct interaction with a computer . . . An online catalogue may thus be defined as a catalogue which may be accessed through direct interaction between computer and user. [It] provides more extensive physical access, many more access points to information in the catalogue, and is faster and more accurate to use than a card catalogue.

Bykomend tot bogenoemde definisies se Geyser (1990:67) die volgende van 'n OPAC:

'n Rekenaarmatige katalogus wat spesiaal ontwikkel is met die doe! om die

eindgebruiker, sander 'n tussenganger, met gemak van die stelsel gebruik te laat maak.

Samevattend kan 'n OP AC dus vir die doel van die studie omskryf word as 'n intydse inligtingsherwinningstelsel wat by uitstek daarop gemik is om toegang tot bibliografiese inligting in biblioteke en biblioteek-verwante stelsels te verleen. By 'n OP AC is daar direkte interaksie tussen die gebruiker en die stelsel. Dit het tot gevolg dat die stelsel ten opsigte van inhoud en ontwerp bruikbaar moet wees vir die gebruiker en nie net vir die personeelkorps van 'n biblioteek nie. 'n OP AC is met ander woorde meer as net 'n blote intydse katalogus. Dit is die mees gesofistikeerde vorm van 'n katalogus tot op hede. Soektogte vanaf 'n werkstasie buite die grense van 'n biblioteekgebou is met die koms van OP ACs moontlik gemaak.

(19)

1. 7 Metodologie

Vir hierdie studie is hoofsaaklik beslaywende navorsing gedoen. Dit hou in dat die basiese beginsels waarop die katalogiseerproses geskoei is, gei:dentifiseer en beskryf is om te bepaal of hierdie beginsels steeds relevant is vir katalogisering in die intydse omgewmg.

'n Literatuurstudie is gedoen om die aard en doelstellings van 'n katalogus vas te stel en hoe katalogiseerreels bydra tot die bereiking van sodanige doelstellings. Verder is die eienskappe van 'n OP AC bestudeer, sowel as die vereistes waaraan dit moet voldoen sodat daar bepaal kan word of dit nuwe eise aan katalogiseerreels gaan stel.

Op grond van die inligting wat met die Iiteratuurstudie ingewin is, word daar in die Iaaste hoofstuk kort aanbevelings gedoen ten opsigte van aanpassings wat die huidige katalogiseerreels behoort te ondergaan.

'n Voordeel by die navorsing wat vir hierdie studie gedoen is, was die daaglikse betrokkenheid van die slaywer by die oorskakeling vanaf 'n handkatalogus na 'n gerekenariseerde katalogus. Sodoende kon die literatuur beter gei:nterpreteer word en spesifieke probleme gei:dentifiseer word.

1.8 Hoofstukoorsig

Ten einde die probleem wat in hierdie studie nagevors word logies te benader en tot 'n sinvolle gevolgtrekking/slotsom te kan kom, word die studie in vyf hoofstukke verdeel. Die inhoud van elk van hierdie hoofstukke lewer 'n bydrae tot die bepaling van die relevansie van katalogiseerreels vir rekenaarmatige katalogisering.

Afgesien van die inleidende hoofstuk, bied Hoofstuk 2 'n bree oors1g oor die geskiedenis en ontwikkeling van katalogiseerreels. Daar word spesiale aandag geskenk aan die beginsels van katalogisering wat ingebed is in ( en ontstaan) het uit die stryd

(20)

om gestandaardiseerde reels daar te stel. Die ondersoek poog om te bepaal of hierdie beginsels steeds toepaslik is vir rekenaarmatige katalogisering.

In Hoofstuk 3 word daar ondersoek ingestel na die rol wat die katalogus speel in die vind en verskaffing van inligting in die biblioteek, met die uitsluitlike oogmerk om die doel en funksies van die katalogus in konteks te plaas waaruit ook die doel en funksies van katalogiseerreels spruit. Daar word in die hoofstuk verder ingegaan op die AACR2 as katalogiseerkode om sodoende die beginsel van bibliografiese beskrywing,

soos wat dit weerspieel word in die ISBD-formaat, te bespreek. Die beginsel van toegang en versameling soos dit omvat is in die tweede dee! van die AACR2 wat handel oor die keuse en vorm van die hoofwoord en antler soekpunte, word in Hoofstuk 4 bespreek.

Hoofstuk 5 dek die vereistes waaraan OP ACs behoort te voldoen om suksesvol te wees met betrekking tot inligtingontsluiting en -herwinning. Die vereistes word ondersoek ten einde verder te kan bepaal watter invloed dit gaan he op katalogiseerreels en watter nuwe eise dit gaan stel aan 'n katalogiseerkode soos die AACR2.

In Hoofstuk 6 word daar ten slotte aandag gegee aan die verskillende aanpassings wat gedoen kan word ten opsigte van die huidige katalogiseerreels. Sodanige aanpassings behoort nie alleen die proses van katalogisering meer vaartbelyn te maak nie, maar dit ook moontlik maak om nuwe moontlikhede wat deur OP ACs daargestel word, ten voile te benut.

(21)

HOOFSTUK 2: DIE BEGINSELS VAN KATALOGISERING EN DIE

ONTWIKKELING VAN KATALOGISEERREeLS

2.1 Inleiding

Biblioteekkatalogusse bestaan al van die vroegste tye af. Die heel eerste katalogusse was niks meer as blote inventarisse nie. Dit was slegs lyste van die biblioteke se besittings. Die oudste katalogusse wat gevind is, was die op kleitablette wat opgegrawe is in Mesopotarnie en Nineve (tussen 2000-1000 v.C.). Op hierdie katalogusse is die openingsreels van die teks van 'n geskrif gesk:ryf omdat 'boeke' (geskrifte) in daardie tyd nog nie titels gehad het nie. Eers in die veertiende eeu is die name van outeurs op die inventarisse bygevoeg.

Die eerste poging om 'n gemeenskaplike katalogus daar te stel was in die dertiende eeu toe die biblioteek van die Universiteit van Parys probeer het om 'n katalogus van omvattende versamelings saam te stel. Hierdie katalogusse het ook die boeke in bree onderwerpe gegroepeer en selfs die stand van die boeke aangedui. Die uitvinding van die boekdrukkuns gedurende die vyftiende eeu het 'n nuwe behoefte aan die organisering van bibliografiese inligting meegebring omdat die aantal boeke so vinnig toegeneem het. Die konsep van 'n 'hoofwoord' met newe-inskrywings is ook in hierdie eeu opgemerk. Sedert die sestiende eeu is inventarisse of bibliografiee voorsien met heelwat meer soekpunte en bibliografiese data as vantevore en vir die eerste keer het die inskrywings in die katalogus begin lyk na bibliografiese rekords. Die katalogus het so ontwikkel tot meer as net 'n vindlys en het stadig maar seker begin om ook aan herwinningsfunksies uitvoer te gee.

Die twis oor die ordening en rangskikking van katalogusrekords het in die sewentiende eeu sterk na vore gekom omdat verskeie mense verskillende menings gehad het oor die doe! van so 'n katalogus. 'n Positiewe ontwikkeling in hierdie tyd was dat kataloguskaarte begin gebruik is en dat standaardisering van sodanige kaarte ter sprake

(22)

gekom het. Voorts is daar heelwat aandag gegee aan die vorm van die hoofinskrywing. In die agtiende eeu het die twis met betrekking tot die ordening en rangskikking van die katalogus voortgeduur. Tog meld Hanson en Daily (1970:297) die volgende omtrent die agtiende eeu: The eighteenth century found a national cataloging project in France using cards as a basis of the catalog as well as a national cataloging code. Bibliographical description slowly increased and was assuming more of its modern aspects.

Die negentiende eeu was 1n bloeitydperk vir katalogisering. Gedurende hierdie tyd het 'n aantal belangrike katalogiseerkodes die lig gesien. Die eerste hiervan was die katalogiseerreels van die British Museum. Die ontwikkeling van katalogiseerkodes het 'n hoogtepunt bereik met die verskyning van Cutter se reels in 1876 (Hanson en Daily,

1970:297). Die kaartkatalogus het na 1860 meer algemeen geword. Die kaarte in die katalogus is egter op 'n verskeidenheid maniere gerangskik wat 'n weerspieeling was van die verskillende uiteenlopende menings oor die doelstellings van 'n katalogus. Die onderwerpskatalogus was die grootste bydra van die era. Charles Coffin Jewett ('n bibliotekaris by die Smithsonian Institution) het die katalogus die eerste keer in die Verenigde State van Amerika gebruik. Charles A Cutter het met die verskyning van sy Rules in 1876 die beslissende werk voorsien. Dit was vir jare daarna die gesaghebbende reels vir die katalogiseerpraktyk. In die middel van die l 950's het Seymour Lubetzky begin werk aan sy Code of cataloguing rules (Yee, 1994:14-15). Lubetzky het nie net Cutter se doelstellings van die katalogus laat herleef nie, maar dit ook vereenvoudig tot net twee doelstellings (vergelyk 3.3).

Die stryd om gestandaardiseerde katalogiseerreels duur dus al vir amper 'n eeu. Jeng ( 1991: 97) se standaardisering van die katalogiseerpraktyk en die behoefte aan samewerking tussen biblioteke sowel as internasionale samewerking met betrekking tot katalogisering was die primere dryfveer sedert die tyd wat Anthonius Panizzi pogings aangewend het om katalogiseerreels te formuleer. De Jager (1984:34) meld dat katalogiseerders al sedert die dae van Charles Ami Cutter en Charles Coffin Jewett gepoog het om die beginsels waarvolgens die biblioteekkatalogus funksioneer, te definieer in terme van wat hulle beskou het as die belangrikste funksies daarvan. Daar

(23)

was nie in daardie tye eenstemrnigheid oor die funk:sie nie. Somrnige katalogiseerders, ender andere Jewett, het die katalogus as 'n blote vindlys beskou, terwyl Cutter en Panizzi 'n bibliografiese funk:sie daaraan toegeskryf het. Dit het die stryd om gestandaardiseerde katalogiseerreels te ontwikkel, net verder bemoeilik.

Omdat verskillende outeurs verskillende funk:sies aan die katalogus toegeskryf het, het hulle ook verskil in hul benadering met betrekking tot katalogisering. Jewett het die klem op die bibliografiese beskrywing van 'n dokument geplaas, terwyl Cutter en Panizzi soekpunte beklemtoon het. Jewett het geargumenteer dat die volledige bibliografiese beskrywing van 'n dokument eers voltooi moes word alvorens relevante opskrifte daaraan toegeken word. Daarteenoor het Cutter en Panizzi, en later die opstellers van die AACRl, eerste die hoofwoord gekies en dan die bibliografiese beskrywing daarby aangepas. Dit het tot gevolg gehad dat die bibliografiese beskrywing nie altyd eenvormig was nie, byvoorbeeld as die outeur se naam in die stelling van verantwoordelikheid presies dieselfde sou wees as die vorm van die hoofwoord, is die stellling van verantwoordelikheid weggelaat, terwyl dit in ander gevalle weer gegee is. Die bibliografiese beskrywing is dus rondom die hoofwoord aangepas. Volgens De Jager ( 1984: 3 7) het Jewett 'n logiese struktuur aan katalogiseerreels gegee deur te se dat beskrywing van die dokument eerste kom, waama soekpunte en kruisverwysings bygevoeg word. Daar is, soos reeds opgemerk, weggedoen met hierdie natuurlike en logiese volgorde in die vroee Anglo-Amerikaanse katalogiseerkodes. Gorman (1978:211-212) se die rede hiervoor was dat vroee katalogiseerkodes 'n ander benadering tot katalogisering gevolg het as later in die rekenaargeorienteerde era.

Met die verskyning van die Anglo American cataloguing rules, 2nd ed. (AACR2) in 1978, is allerwee gedink: die ideaal van 'n intemasionaal aanvaarbare standaard is uiteindelik verwesenlik. Die AACR2 het, anders as sy voorgangers, gebruik gemaak van Jewett se benadering vir die saamstel van 'n bibliografiese rekord, naamlik dat die bibliografiese beskrywing eers voltooi moet word. Die eerste gedeelte van die AACR2 handel dus oor die bibliografiese beskrywing van 'n dokument, terwyl dee! twee aandag gee aan die keuse en vorm van soekpunte. In 1988 is 'n hersiene uitgawe van die

(24)

AACR2 gepubliseer, wat steeds bydra tot die bevordering van eenvormige bibliografiese beskrywing van dokumente. Vir die afgelope ongeveer sestien jaar is die AACR2 die basis waarop die katalogiseerpraktyk in die Engelssprekende wereld berus en is dit reeds as 'n intemasionaal aanvaarbare en aanvaarde katalogiseerkode bewys.

Na baie jare het daar dus met die AACR2 'n kode ontwikkel wat katalogiseerders in staat gestel het om eenvorrnige rekords te skep met behulp van gestandaardiseerde reels. Die AACR2 het nie net konsekwentheid van bibliografiese beskrywing sowel as soekpunte moontlik gemaak nie, maar het ook 'n standaardterrninologie vir katalogisering voors1en, wat bydra tot effektiewe komrnunikasie m die katalogiseringsveld. Dit is egter ook so dat die AACR2 in die era van die kaart- en gedrukte katalogus ontwikkel het en daarom is somrnige kritici van mening dat die AACR2 steeds vashou aan tradisionele beginsels wat nie meer relevant is vir intydse katalogusse nie. De Jager (1984:32) beskryf die intydse katalogus as die mees moderne en buigsame vorm van die katalogus omdat dit onmiddellike en gesofistikeerde toegang tot inligting bied. 'n OP AC is 'n verdere ontwikkeling en uitbreiding van 'n intydse katalogus en maak nog meer voorsiening vir uitgebreide toegangsmoontlikhede en baie meer soekpunte. Die ontwikkeling van intydse katalogusse en veral OP ACs laat die vraag ontstaan of bestaande katalogiseerreels steeds relevant is vir sulke katalogusse en of die stryd om gestandaardiseerde katalogiseerreels daar te stel, van vooraf gaan begin.

Tog kan die bewering gemaak word dat daar bepaalde beginsels is wat by hand- sowel as intydse stelsels geldig is en wat nie aan veranderinge onderworpe is nie. 'n Katalogiseerkode soos die AACR2 bevat met antler woorde reels vir katalogisering, wat hul ontstaan te wyte het aan sekere beginsels. Hierdie beginsels bly onveranderd, ongeag die formaat van die katalogus. Daar gaan dus in hierdie hoofstuk gepoog word om die beginsels van katalogisering soos dit ontwikkel het sedert die helfte van die vorige eeu en soos dit in verskillende katalogiseerkodes vervat is, te identifiseer. Verder sal gepoog word om aan te toon watter van hierdie beginsels nog net so relevant is vir die intydse katalogus as wat dit was vir 'n hand-/kaartkatalogus.

(25)

2.2 Die beginsels van katalogisering

Uit die voorafgaande uiteensettings is dit duidelik dat verskeie outeurs deur die loop van die jare verskillende menings gehuldig het oor die funksies van die katalogus. Dit het tot gevolg gehad dat hulle verskillende katalogiseerbeginsels as belangrik geidentifiseer het. Ten spyte van die verskillende beginsels wat geidentifiseer is, het daar tog jare verloop voordat katalogiseerreels uiteindelik op algemeen aanvaarbare beginsels gebaseer is. Die beginsels van katalogisering kan gevolglik nie bespreek word sander om ook na die funksies van die biblioteekkatalogus te kyk nie, omdat dit ten nouste met mekaar vervleg is. Roewe! die doelstellings van die biblioteekkatalogus in 3 .2 volledig bespreek word, word hier net kortliks daarvan melding gemaak om aan te toon hoe verskillende outeurs dit in die verlede beskou het.

Anthonius Panizzi het so vroeg as 1850 aangedring op 'n konsekwente en samehangende stel reels vir die British Museum Catalogues en gese dat een van die belangrikste beginsels vir die opstel van die katalogus, volledigheid en akkuraatheid. Panizzi was onder diegene wat gese het die katalogus is meer as net 'n saamgestelde vindlys. Van Houten (1981:363) verduidelik Panizzi se standpunt as volg: The larger

the library is, the more you must distinguish the books from each other, and

consequently the more fully and more accurately you must catalogue them . . . A reader may know all the work he requires, he cannot be expected to know all the peculiarities of different editions; and this information he has a right to expect from catalogues. Panizzi beklemtoon dus die beginsel van volledige bibliografiese beskrywing en die feit dat 'n katalogus ook 'n bibliografiese funksie het.

Charles A Cutter was die eerste persoon wat duidelik geformuleerde doelstellings vir die katalogus daargestel het, naarnlik dat dit moet dien as 'n vindlys en terselfdertyd ook die intellektuele inhoud van 'n auteur se werk moet versamel, ongeag die uitgawe of vertalings van die individuele dokumente. Uit hierdie twee soms teenstrydige doelstellings van die katalogus (vergelyk 3.2) het hy tot die gevolgtrekking gekom dat

(26)

die beginsel van outeurskap, die gepaste een was om hierdie funksies te vervul (De Jager, 1984:35; Wynar, 1980:14).

Op sy beurt het Charles Coffin Jewett weer ander doelstellings vir die katalogus in gedagte gehad. Hoewel Jewett deur Panizzi be1nvloed is, was dit sy ideaal om 'n gesamentlike katalogus daar te stel. Deelnemende biblioteke sou bibliografiese bydraes lewer tot die katalogus, wat eerstens sou bestaan uit titelbeskrywings, waarby soekpunte later afsonderlik gevoeg sou word. Jewett het dus vereis dat die bibliografiese beskrywing eerste voorberei moes word, daarna moes die hoofwoord geformuleer en bo-aan geskryf word. Hy het die katalogus as 'n blote vindlys beskou en was van mening dat as gebruikers meer inligting nodig gehad het as wat die katalogus voorsien het, hulle dit op 'n antler plek moes gaan soek. In teenstelling hiermee het Cutter die katalogus as 'n vindlys sowel as 'n bibliografiese hulprniddel beskou. De Jager (1984:35) wys daarop dat Jewett sy katalogus uit 'n antler oogpunt as Cutter en Panizzi beskou het. Gevolglik sou sy metode vir die samestelling van 'n katalogus ook verskillend wees. Jewett het die klem laat val op titelbeskrywing, terwyl Cutter primer ge1nteresseerd was in die keuse en formulering van soekpunte vir outeurs, titels, onderwerpe en literere eenhede. Volgens De Jager kan Jewett beskou word as die stigter van die titeleenheid-inskrywingsbeginsel.

Teen die vroee twintigste eeu het Anglo-Arnerikaanse samewerking op die gebied van · katalogisering toenemend ontwikkel. Biblioteekverenigings in beide die Verenigde State van Arnerika en Brittanje was betrokke by die hersiening van bestaande katalogiseerreels en die produk daarvan was die publikasie van Catalog rules: author and title entries, 1908. Hierdie kode was 'n weerspieeling van die eerste poging tot samewerking tussen die Library Association en die American Library Assosiciation (ALA) (Maxwell, 1977:240). Hierdie twee instansies het egter nie totale eenstemrnigheid bereik ten opsigte van katalogiseerreels nie en het twee verskillende uitgawes uitgegee. Cutter se invloed was in albei uitgawes duidelik te bespeur, naamlik dat die reels vir die formulering van soekpunte, voor die van bibliografiese beskrywing gekom het (De Jager, 1984: 19). In 1941 is 'n voorlopige uitgebreide hersiening van die reels uitgegee. Kritici het egter gemeen hierdie reels is te volledig

(27)

en tegnies (Chan, 1981:6; Hufford, 1991:3). Volgens Hufford het wye teenstand teen die 1941-reels daartoe gelei dat 'n deel een van die reels hersien is en afsonderlik uitgegee is as die ALA cataloguing rules for author and title entries, 1949. Dit was die kulminasie van die vooroordeel (preoccupation) van katalogiseerders met die spesifieke probleme en vrae in verband met die keuse en vorm van outeur en titelhoofwoorde. Lubetzky het tydens 'n latere studie aangedui het dat daar by hierdie kodes geen poging was om katalogisering op beginsels te baseer nie (De Jager, 1984:20; Lubetzky, 1953:1). In 1949 het die Library of Congress die Rules for descriptive cataloging in the Library of Congress, uitgegee. Hierdie reels is deur die American Library Association (ALA) aanvaar as 'n plaasvervanger vir 'n hersiening van dee! twee van die 1941-reels. Die laasgenoemde twee kodes het bekend gestaan as die sogenaamde twin-codes, maar is op hul beurt gekritiseer dat hulle daarin gefaal het om terug te gaan na die eerste beginsels van katalogisering. Verder het hulle daarin misluk om die probleem van toenemende kompleksiteit in biblioteekkatalogisering op te los (Hufford, 1991:31; Maxwell, 1977:245). Bogenoemde kodes het dus geen beginsels van katalogisering daargestel nie. Daar is eerder gepoog om reels vir elke denkbare katalogiseerprobleem te voorsien. Dit het daartoe aanleiding gegee dat die twee kodes as te tegnies gekritiseer is.

Hierdie ontevredenheid het tot gevolg gehad dat die ALA vir Seymour Lubetzky in 1951 genooi het om 'n kritiese studie van die bestaande katalogiseerpraktyke te onderneem. Sy bevindinge is in 1953 gepubliseer in Cataloging rules and principles: a critique of the ALA rules for entry and a proposed design for their revision (Hufford, 1991:33).

In sy werk het Lubetzky (1953:36) Cutter se doelstellings vir die katalogus herbevestig en twee duidelike doelstellings vir 'n biblioteekkatalogus uitgelig. Die eerste was om die gebruiker te help om maklik vas te stel of 'n biblioteek 'n gegewe boek besit of nie. Die tweede was om vir 'n gebruiker aan te dui, onder 'n vasgestelde vorm van die outeur se naam, watter werke van die gegewe outeur in die biblioteek se besit is, asook watter uitgawes en vertalings van 'n gegewe werk in besit is. Met hierdie doelstellings

(28)

as grondslag, het Lubetszky die basiese beginsels neergele waaraan katalogiseerreels behoort te voldoen, naamlik:

Boeke waarvan die outeurs bekend 1s, moet onder die auteur ingeskryf word; en

boeke waarvan outeurs onbekend is, moet onder die titel ingeskryf word.

In 1960 het Lubetzky sy eie reels, naamlik die Code of cataloging rules, author and title entry: an unfinished draft, uitgegee. Dit het bevestig dat katalogiseerreels gebaseer moet wees op beginsels en nie op spesifieke gevalle nie. Die werk is met entoesiasme in die Anglo-Amerikaanse katalogiseerwereld ontvang en het tot gevolg gehad dat daar algemeen aanvaar is dat 'n nuwe kode nodig was (Hufford, 1991:33).

In Oktober 1961 is die International Conference on Cataloguing Principles in Parys gehou. Die doelstelling was om internasionale ooreenstemming te bereik aangaande reels vir auteur- en titelinskrywing in 'n alfabetiese katalogus, sodat die katalogisering in die land waar die boek oorspronklik uitgegee is, op so 'n wyse gedoen kon word, dat biblioteke wereldwyd die inskrywings kon gebruik (Musiker, 1962:101).

Die sogenaamde twaalfpunt Statement of Principles ( ook genoem die Paris Principles) wat uit die konferensie na vore gekom het, is in 'n groat mate deur Lubetzky se konsepvoorstelle bei:nvloed. Die Paris Principles het bestaan uit 'n stel reels vir die keuse en vorm van hoof- en newesoekpunte in katalogusse. Die reels het dus die hoofwoordbeginsel en die beginsel van outeurskap stewig gevestig as hoekstene vir moderne katalogisering, en dit is op hierdie beginsels dat die AACR2 gegrond is.

Opsommend kan gese word dat Jewett die eerste persoon was wat besef het hoe belangrik die beginsel van 'n duidelike, eenvorrnige bibliografiese beskrywing van 'n dokument is. Hierdie beskrywing moes elke dokument se unieke eienskappe identifiseer en onderskei. Hy was ook die persoon wat gese het die beskrywing van dokumente en die toekenning van die nodige soekpunte is twee afsonderlike prosesse,

(29)

in genoemde volgorde. Cutter het egter die volgorde omgekeer en meer klem geplaas op die soekpunte van 'n dokument. In die pre-rekenaarera van katalogisering, is die reels vir soekpunte en die hoofwoord duidelik beklemtoon ten koste van reels oor beskrywende katalogisering. Ten opsigte hiervan se De Jager (1984:37): ... [the} most important and authorative meeting ever held by cataloguing specialists in Paris in 1961, limited its published Statement to 'the choice and form of headings and entry words'. Deur verskeie individuele reels, sonder 'n logiese onderliggende raamwerk, is gepoog om aandag te gee aan bibliografiese beskrywing, omdat die Paris Principles glad nie die kwessie van bibliografiese beskrywing aangespreek het nie. Daar was met antler woorde nie 'n eenvorrnige stel reels vir bibliografiese beskrywing nie. Die katalogiseerders wat op daardie stadium hoofsaaklik ge1nteresseerd in die rangskik en organiseer van katalogusinskrywings en op die konferensie is 'n stel aanvaarbare beginsels vir die algemene standaardisering van soekpunte daargestel, terwyl geen beginsels vir bibliografiese beskrywing geformuleer is nie.

Vervolgens sal daar in die hoofstuk gepoog word om aan te dui dat al die katalogiseerbeginsels wat na vore gekom het sedert Panizzi, Jewett en Cutter, bloat 'n uitbreiding of 'n verfyning is van die beginsels wat deur hulle gestel of ge1mpliseer is.

De Jager (1984:36) maak die stelling dat die oorspronklike beginsels van katalogisering gedefinieer is in terme van volledigheid/omvattendheid en akkuraatheid. Dit is die eerste vereistes vir 'n betroubare katalogus, ongeag die formaat daarvan. Meer spesifiek en altyd ondergeskik hieraan, word die beginsels van katalogisering gesien in terme van bibliografiese beskrywing en outeurskap.

Laasgenoemde kan uitgebrei word tot die beginsel van toegang, omdat toegang tot die katalogus nie net deur die auteur van 'n dokument alleen verkry word nie. Die beginsel van bibliografiese beheer wat hieronder bespreek sal word, is 'n uitvloeisel van die beginsel van bibliografiese beskrywing. Dit omvat beide die beginsel van bibliografiese beskrywing en die funksie daarvan, naamlik om 'n dokument te identifiseer en te beskryf, sodat 'n biblioteek beheer kan uitoefen oor sy versameling en die versameling sodoende vir die gebruiker nuttig kan wees.

(30)

2.3 Die beginsel van bibliografiese beheer

Bibliografiese beheer is die skep, organiseer, ontwikkeling, bestuur en ontginning van rekords wat ten eerste voorberei is om dokumente in 'n biblioteek se versameling te beslayf en tweedens om gebruikerstoegang tot die dokumente te vergemaklik. Voorts is dit van nut vir 'n biblioteek om beheer uit te oefen oar sy versameling.

Bibliografiese beheer van 'n biblioteek se versameling vind plaas deur die bibliografiese beskrywing van die dokumente in die versameling. Hierdie beskrywing word dan 'n inskrywing of rekord in die biblioteekkatalogus, en laasgenoemde is weer die instrument waardeur 'n biblioteek poog om beheer oar sy versameling uit te oefen.

Daar is reeds vroeer genoem dat Jewett die eerste persoon was wat die belangrikheid van hierdie beginsel van duidelike, eenvorrnige bibliografiese beskrywing van dokumente besef het. Bibliografiese beskrywing is die proses waardeur kenmerke van 'n dokument geidentifiseer en beskryf word. Hierdie inligting word op 'n katalogusrekord versamel met die doe! om alle inligting te voorsien wat nodig is om 'n dokument, fisies sowel as intellektueel, akkuraat te beskryf en om dit te onderskei van elke ander dokument in die versameling (Wynar, 1980:2). So 'n volledige en akkurate beskrywing van 'n dokument is onontbeerlik vir die herwinning van enige dokument in 'n versameling. Die stelling is veral by OP ACs geldig. Sulke katalogusse maak dit vir gebruikers moontlik om op enige woord in enige veld te soek en 'n dokument te herwin. Sou die gebruiker die moontlikheid benut om 'n dokument met behulp van sy uitgewer te herwin en laasgenoemde ontbreek, sou die gebruiker daardeur benadeel word. Soos aangetoon, het Jewett se reels duidelik gestel dat daar besluit moet word op die hoofwoord nadat die bibliografiese beskrywing voltooi is, terwyl Cutter die volgorde omgeruil het. Dit was ook die geval in die vroee Anglo-Amerikaanse katalogiseerreels van 1908 sowel as die AACRl van 1967, omdat die volgorde van die hoofkomponente, die pre-gerekenariseerde benadering tot die katalogus weerspieel het. Die katalogiseerder het met antler woorde eers die hoofwoord met relevante newe-inskrywings bepaal, en daarna is die bibliografiese beskrywing voorberei (De Jager, 1984:37).

(31)

Uit bogenoemde uiteensetting is dit duidelik dat tot en met die AACRl ( I 967) die bibliografiese beskrywing bepaal is deur die keuse en vorm van die hoofwoord. Die bibliografiese beskrywing is rondom die hoofwoord aangepas. Volgens die AACRl sou die titelveld van die volgende dokumente, soos volg gelyk het:

Voorbeeld 1

Morkelvan Tonder

Die Dertiende

Dissipel

Human & Rousseau Kaapstad Pretoria

VAN TONDER, Markel Die dertiende dissipel.

Voorbeeld 2

MENETEKEL

LETTERKUNDIGE STUDIES

EN KRITIEKE

P.D.VAN DER WALT

(32)

Omdat Van Tonder (die auteur) as hoofwoord gekies is in voorbeeld 1, is dit nie weer herhaal in die stelling van verantwoordelikheid nie. Dit het met antler woorde nie deel uitgemaak van die bibliografiese beskrywing van die dokument nie, omdat die vorm van die hoofwoord presies ooreengestem het met die vorm van die auteur se naam op die titelpagina. Indien die vorm van die hoofwoord egter nie dieselfde sou wees as op die titelpagina nie, sou dit in die stelling van verantwoordelikheid herhaal word. Die vorm van die hoofwoord in die geval van voorbeeld 2 is: Van der Walt, PD (Petrus Duvenage), 1928-. Omdat dit verskil van die vorm van die auteur se naam op die titelpagina, sal die bibliografiese rekord dus soos volg daaruit sien:

VAN DER WALT, P D (Petrus Duvenage ),

1928-Mene tekel: letterkundige studies en kritieke / P D van der Walt.

Eers na die Paryse konferensie het daar 'n klemverskuiwing plaasgevind met betrekking tot bibliografiese beskrywing, omdat daar 'n groeiende behoefte was aan grater internasionale eenvorrnigheid en standaardisasie van bibliografiese beskrywing. Dit het tot gevolg gehad dat die International Standard Bibliographic Description (General) ofISBD(G) in 1977 aanvaar is. Dit is gegrond op die beginsel om 'n internasionale en gestandaardiseerde formaat vir bibliografiese beskrywing daar te stel. Hierdie internasionaal aanvaarbare raamwerk vir bibliografiese beskrywing het oak die uitruil van inligting bevorder omdat die volgorde van die elemente konstant moes bly, en gestandaardiseerde interpunksie gebruik is (Maxwell, 1977:256).

Die funksie van die ISBD was dus om 'n eenvormige, beskrywende raamwerk vir alle tipes biblioteekmateriaal te voorsien. Kerr en Clarke (1977:210) meld dat die ISBD die kommunikasie van bibliografiese inligting sou bevorder:

Deur verskillende instansies in staat te stel om bibliografiese rekords uit te ruil;

deurdat dit die omskakeling van bibliografiese data m masjienleesbare vorm sou vergemaklik; en

(33)

deur die identifikasie van die bibliografiese data, ongeag die taal van die rekord.

Die ISBD(G) is ook die raamwerk waarop die AACR2 sy bibliografiese beskrywing baseer.

Vervolgens sal daar meer spesifiek gekyk word na die struktuur van die AACR2, veral met betrekking tot bibliografiese beskrywing.

2. 3. I Anglo American Cataloguing Rules (AACR2) en bibliografiese beskrywing

In die loop van 1970 het dit duidelik geword dat 1n behoorlike hersiening van die AACRl nodig was. Die verloop van elf jaar tussen die twee uitgawes van die AACR het belangrike veranderinge meegebring in die wyse waarop katalogisering deur die hele biblioteekwereld beskou is. Met die publikasie van die AACRl in 1967 was die kaartkatalogus gevestig as die beste en betroubaarste vorm van 1n biblioteekkatalogus. Teen 1978 het daar 1n klemverskuiwing plaasgevind om ook vir ontwikkeling op die gebied van rekenaarmatige katalogisering te probeer voorsiening maak. Die impak van rekenaartegnologie het die afgebakende siening van die hand/kaart-katalogus as die alfa en omega, omver gewerp. Dit het duidelik geword dat nuwe tegnologie die tradisionele vorm van die katalogus sou bei:nvloed, maar die omvang van hierdie tegnologie was egter nog in daardie stadium nie duidelik nie (De Jager, 1984:24).

In teenstelling met sy voorganger, het die klem in die AACR2 verskuif na bibliografiese beskrywing in plaas van soekpunte. Die struktuur van die AACR2 kom ooreen met die benadering wat Jewett 1n honderd jaar vroeer gevolg het, naamlik dat die beskrywing eers voltooi moet word voordat 1n hoofwoord daaraan toegeken word. Deel I van die AACR2 gee dus eers aandag aan die bibliografiese beskrywing van 'n dokument. Hoofstuk 1 is die algemene hoofstuk met reels vir die beskrywing van alle tipes biblioteekmateriaal. Hoofstuk 2 tot 12 handel oor die beskrywing van spesifieke tipes biblioteekmateriaal (byvoorbeeld vervolgpublikasies en video1s). Elke hoofstuk in deel I is uiteengesit in dieselfde volgorde waarin die bibliografiese elemente van 1n

(34)

katalogusrekord gerangskik is, naamlik die /SBD-formaat. Elke dokument wat gekatalogiseer word, moet volgens die formaat beskryf word. Alie rekords moet dus dieselfde basiese komponente bevat wat in dieselfde volgorde genoem is en dit word geensins bei:nvloed deur die keuse van die hoofwoord nie. Voorts moet die interpunksie ten alle tye konsekwent en gestandaardiseerd wees.

Anders as by die voorbeelde op p. 30, sal die stelling van verantwoordelikheid altyd herhaal word, ongeag of die vorm dieselfde is as in die hoofwoord of nie. Die benadering is dus hier om 'n volledige bibliografiese beskrywing van die dokument te gee, wat konsekwent is vir alle tipes dokumente; waaraan enige hoofwoord of soekpunt geheg kan word en wat nie aangepas word na aanleiding van laasgenoemde rue.

Veld 1 van voorbeeld 1 opp. 30 sal volgens die AACR2 dan soos volg daar uitsien.

VAN TONDER, Markel.

Die dertiende dissipel / Markel van Tonder.

Die bydrae van die AACR2 tot bibliografiese beskrywing word deur De Jager (1984:39) as volg saamgevat: AACR2 has since its inception proved a vita/force in the international standardization of bibliographic description which, based as it is on ISBD, produces comprehensible and interchangeable records for use in catalogues and bibliographies throughout the world.

Die beginsel van bibliografiese beheer deur middel van bibliografiese beskrywing is vandag nog net so geldig vir OP ACs as wat dit vir die hand-/kaartkatalogus was. Daar is reeds genoem dat die herwinning van enige dokument in 'n versameling afhanklik is van 'n volledige en akkurate beskrywing van die dokument. Sommige outeurs, soos Coetzee (1991 :220), is van mening dat die gehalte van 'n rekord afhang van die hoeveelheid inligting wat in 'n rekord vervat is (volledigheid) en ook hoe korrek die inligting is (akkuraatheid). Goeie gehalte rekords lei weer tot verbeterde toegang, optimale benutting van die voorraad en beter <liens aan gebruikers. Die rekenaarmatige

(35)

katalogus maak <lit voorts moontlik <lat verskeie biblioteekfunksies, soos aanskaf en uitleen, van dieselfde databasis as die katalogiseerders gebruik kan maak. Dit vereis

ook volledige bibliografiese rekords. Gestandaardiseerde bibliografiese beskrywing

help die katalogiseerders om korrekte en bruikbare rekords te skep wat vir die onderskeie funksies van 'n biblioteek nuttig sal wees.

Die stelling kan hier gemaak word <lat hoewel bibliografiese beskrywing in terme van die ISBD-formaat steeds van toepassing is by die OPAC (vergelyk 3.6) die nuwe moontlikhede wat deur OP ACs gebied word, <lit wenslik maak <lat bibliografiese beskrywing uitgebrei moet word. Dit behoort behalwe die agt velde van die ISBD ook voorsiening te maak vir uitgebreide inhoudsaantekeninge of uittreksels. Die rede hiervoor is <lat OP ACs sleutelwoordsoektogte moontlik maak, <lit wil se elke woord in die bibliografiese beskrywing is 'n potensiele soekpunt, wat tot gevolg het <lat

soektogte oor 'n grater aantal velde gedoen kan word. Rowley (1989:13) is van

mening dat herwinning in hierdie verband <lit nog belangriker maak dat bibliografiese rekords konsekwent moet wees ten opsigte van inhoud sowel as vorm.

Die toepaslikheid van die beginsel van bibliografiese beskrywing by 'n OP AC word ook deur (Downing en Downing, 1992:2) onderskryf: The physical medium of the catalog

is now in the process of changing from cards to online displays, but the function of

the bibliographic description is still to provide users with information about the

collection (Downing en Downing, 1992:2).

Samevattend kan dus gese word <lat die beginsel van bibliografiese beheer en die behoefte aan standardisasie, eenvorrnigheid en kwaliteitbeheer van bibliografiese rekords, deur die hele stelsel van katalogisering behou moet word, ongeag die formaat van die bibliografiese rekord.

(36)

2.4 Die beginsel van toegang

Om 'n dokument te herwin, is dit noodsaaklik dat hulle vindbaar moet wees. Toegang

tot 'n dokument word gewoonlik verkry deur 'n aantal soekpunte wat aan die dokument gekoppel word. 'n Soekpunt is enige bibliografiese ( 6f onderwerps-) eienskap van 'n dokument waardeur gebruikers die dokument kan opspoor.

In die vroee dae van die kaartkatalogus toe individuele inskrywings nag met die hand geskryf of getik is, het die hoofwoord met bykomende newe-inskrywing, toegang tot elke dokument in 'n gegewe versameling moontlik gemaak. Verskillende dokumente

wat aan mekaar verwant was, byvoorbeeld verskillende uitgawes van dieselfde titel, is deur rniddel van die hoof- en newe-inskrywings in die katalogus byeengebring. Die bibliografiese rekord by die sogenaamde hoofinskrywing met die hoofwoord as

soekpunt, het die volledigste inligting oar 'n dokument bevat. Die newe-inskrywings (by handgeskrewe rekords) het vir praktiese redes die inligting in 'n aansienlik verkorte vorm weergegee. Volgens De Jager (1984:45) was die konsep van die hoofinskrywing

oorspronklik niks meer as die plek in die katalogus waar die volledigste inligting van 'n gegewe dokument verkry kon word nie.

Met die verbetering van tegnologie het die reproduksie van kataloguskaarte makliker geword. Tegnologiese vemuwing het oak aanleiding gegee tot die praktyk van eenheidskaarte. Dit het beteken dat die hoofinskrywing meganies gereproduseer kon word soveel keer as wat nodig was. Die newe-inskrywings se soekpunte is dan net eenvoudig bokant die hoofwoord ingetik en die rekords is dan op hul toepaslike plekke

in die katalogus geliasseer.

Met verloop van tyd het die hoofwoord verander vanaf die volledigste toegangspunt na die beste toegangspunt. Dit het gebeur as gevolg van die tradisie dat die naam van 'n persoonlike auteur die soekpunt is wat meestal gebruik is om 'n dokument op te spoor. Die hoofwoord het met ander woorde sinoniem geword met die konsep van toegang

(37)

(1961) sowel as die AACRl (1967) het die uitgangspunt gehad dat 'n dokument ingeskryf moes word onder die naam van die outeur. Op hierdie manier het die hoofwoord verskans geraak (entrenched) as 'n beginsel van katalogisering: This

principle is, however, so frequently confused with the concept of access by principal

author, that discussion of the main entry principle easily became clouded by the issue

of whether to enter a work under author or title (De Jager, 1984:46).

Die hoofwoord as die naam van 'n intellektuele skepping wat geidentifiseer word deur die skepper ( outeur), is met ander woorde onafuanklik van enige manifestasie waarin die werk mag verskyn. Die beginsel word duidelik deur die volgende voorbeeld geillustreer. William Shakespeare is die outeur (skepper) van die werk Julius Caesar, ongeag van die werk se fisiese manifestasie, met ander woorde, dit kan 'n boek, video of 'n plaat wees. Al drie die fisiese mediums se bibliografiese rekords sal die naam van die outeur as hoofwoord/soekpunt he. Die hoofwoord het tot gevolg dat verskillende uitgawes en manifestasies van 'n werk op een plek in die katalogus versamel word. Dit voorkom die verspreiding van dieselfde werk dwarsdeur die katalogus. Die katalogus moet met ander woorde so saamgestel word, dat dit gebruikers nie net inlig of 'n biblioteek 'n gegewe dokument besit al dan nie, dit moet ook die verband tussen die verskillende dokumente van 'n werk aandui, sodat 'n werk in geheel ook maklik vindbaar en toeganklik is.

Uit bostaande bespreking blyk dit dat die hoofwoord gebruik is om toegang tot die intellektuele inhoud van verskillende bibliografiese entiteite (met ander woorde verskillende dokumente wat verskillende manifestasies van dieselfde werk was), te bevorder. Sodoende is die bibliografiese funksie van die katalogus, naamlik om aan te dui watter werke deur 'n gegewe outeur en watter uitgawes van 'n spesifieke werk in 'n biblioteek is, vervul. Verskeie outeurs soos Jeffreys (1986:5) en Vellucci (1991:56) is van mening dat hierdie funksie vir die hoofwoord nie meer by 'n OP AC van toepassing is nie. Die versamelfunksie (vergelyk 2.5) sal wel by 'n OPAC bereik word met behulp van die gestandaardiseerde soekpunte en die gebruik van die geykte titel. Laasgenoemde sal meer volledig bespreek word in Hoofstuk 6. Hoewel die versamelfunksie nie meer deur die hoofwoord verrig word nie, word die katalogus nie

(38)

daardeur tot 'n blote vindlys gereduseer nie. Sy bibliografiese doelstellings word steeds bereik. In OP ACs sal daar nie voorkeur gegee word aan 'n dokument as 'n bibliografiese entiteit en ook nie as 'n intellektuele entiteit nie. Sowel die vindlys en bibliografiese funksie van die katalogus sal ewe veel aandag geniet. Vellucci (1991 :57) stel verder dat die funksie van die hoofwoord, naamlik om die volledigste inligting vir 'n dokument te voorsien, ook irrelevant is. Hieruit kan afgelei word dat die konsep van die hoofwoord onnodig is by OP ACs omdat dit geen funksie meer het nie.

The distinction between 'main' and 'added' entries is irrelevant in automated catalogues ... AACR2 argued (par 0.5) that all libraries need to make this distinction when making a single entry listing or a single citation for a work. But could not this problem be solved by using the title as 'main entry', following the JSBD practice? Chapter 21 of AACR2, choice of access points, is surely responsible for the expenditure of most time and effort [and so hard cash] in the whole process of author/title cataloguing (Jeffreys, 1986:5).

Gorman (1978:218) sluit by Jeffreys aan met die opmerking dat die moderne gerekenariseerde katalogusstelsels dit moontlik maak om 'n netwerk verbindings tussen die verskillende inskrywings in 'n katalogus te konstrueer sodat the main entry ceases

to exist as such. Die stelling kan hier gemaak word dat dit heelwat vinniger en makliker is om 'n dokument konsekwent onder die titel in te skryf en dan voorsiening te maak vir 'n aantal gelykwaardige toegangspunte/soekpunte. So 'n verandering sal verminderde koste tot gevolg he en verder kan dokumente vinniger op die rakke kom vir gebruik, omdat tydrowende besluitnemingsprosesse sodoende uitgeskakel kan word.

Die konsep van die hoofwoord as soekpunt sowel as die volledigste inskrywing vir 'n dokument, is nie meer van toepassing by OP ACs nie, maar die beginsel van toegang deur rniddel van soekpunte bly geldig. Hierdie soekpunte sal alma! gelykwaardig wees, met ander woorde daar sal nie meer newe-inskrywings bestaan nie. Die konsep van 'n newe-inskrywing sal saam met die konsep van 'n hoofwoord tot niet gaan en die term soekpunt sal deurgaans gebruik word (vergelyk 4.2.2).

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Het rapport “Minder verliezen door betere benutting” (nr. 13) geeft een overzicht van de stikstof- en fosfaatbemesting op de Koeien &amp; Kansen-bedrijven van 1999 tot en met 2001.

De innovaties in Biofruitteelt zijn mede gebaseerd op de resultaten van het onderzoek op het biologische perceel met de schurftresistente appelrassen Santana en Topaz van het PPO in

Figuur 8 geeft de ligging van de monsters uit de Biesbosch van de analyse waarbij de gegevens van de macrofauna zijn geanalyseerd met de contaminanten als covariabelen. In

Door het schelpdierwater op 12 locaties met regelmaat (één maal per kwartaal) te controleren en te toetsen aan de EU norm van 300 fecale coliformen per 100 gram schelpdiervlees en

inconsistency may be related to the time frames that were used: in our pilot study, adolescents with MBID seemed to be able to delay a reward when waiting times were on average 7

However it was possible to use a keytab file, converted to the Shishi format using keytab2shishi utility, to retrieve a service ticket which implies that once GSSAPI support

In view of this, and the fact that HIV/aids presents enormous challenges to schools in governing schools effectively to provide quality education to all learners, the need for