14 April 1979 SA MEDIESE TYDSKRIF
Die
Eft,ek
van Rooibostee op Ysterabsorpsie
631
P. B. HESSELING,
J.
F.
KLOPPER,
P. D. R. VAN HEERDEN
SUMMARY
A study was carried out to determine if rooibos tea (Aspalathus Iinearis) has a deleterious effect on iron ab-sorption similar to that of ordinary tea (Camellia sinen-sis). Three groups of volunteers, each consisting of 10 healthy young men comparable with regard to iron status and body dimensions, were studied. After ingestion of 1 fLCi "Fe and 16 mg of elemental iron, group A drank rooibos tea, group B ordinary tea and group C boiled water. Iron absorption was measured 14 days later with a whole body counter. Mean iron absorption after inges-tion of rooibos tea, ordinary tea, and water was 7,25%, 1,70% and 9,34% respectively. In con:rast to ordinary tea (P
<
0,001), rooibos tea did not affect iron absorp-tion significantly. The ascorbic acid content of rcoibos tea varies between 121,8 and 15'1,9 fLmol/I, depending on the method of preparation. Rooibos tea contains small amounts of iron, magnesium, phosphorus, sodium, chlo-ride and potassium. These findings have practical nu;ri-tional and therapeutic implications.S. Afr. med. J., 55, 631 (1979).
As tee (Camellia sinensis) saam met voedsel of medisinale yster gedrink word, belemmer dit die absorpsie van yster vanuit die voedsel of die ysterpreparaat. Die absorpsie van gaar heemyster word Die deur tee onderdruk nie.' Die
onderdrukte absorpsie berus op die aanwesigheid van
tannien in tee. Tannien vorm onabsorbeerbare komplekse met nie-heemyster in die dermkanaal.'
Rooibostee (Aspalathus linearis) bevat slegs 4,4% tannien in oplossing; maar gewone tee 11,5 - 17,5%.' Rooibostee bevat ook ander flavono"iede tanDienvoorlopers as gewone tee.""
Die doel van hierdie studie was om die etIekte van
Departement Pediatrie, Tygerberg-hospitaal, Parowvallei, KP
P. B. HESSELI G, M.MED. (PAED.), Senior Konsultant
Departement Diagnostiese Radio-isotope, Tygerberg-hospitaaI, Parowvallei, KP
J.
F. KLOPPER, M.MED. (INT.), L.K.I. (S.A.), Senior KonStlltant P. D. R. VAN HEERDEN, M,MED. (11\'"1".), M.D., ProfessorOBtvangsdatum: 27 Desember 1978.
rooibostee en gewone tee op ysterabsorpsie te vergelyk. Die inhoud van askorbiensuur, natrium, kalium, chloried, magnesium, kalsium, koper, fosfor en yster in rooibostee is ook bepaal.
PROEFPERSONE EN METODES
Dertig Blanke mans, ten volJe ingelig, is vrywillig bestudeer. Hul ouderdomme het gewissel tussen 21 en 34 jaar. adat elkeen se Iiggaamsafmetings en ysterstatus bepaal is, is hulJe in drie statisties vergelykbare groepe van 10 elk, hierna bekend as A, B en C, verdeel (Tabel I).
'n Geheelliggaamteller met 'n natriumjodiedkristal van 12,7 cm is gebruik om ysterabsorpsie te bepaal. Om die sogenaamde basale aktiwiteit te bekom, is elke vrywilliger se agtergrondaktiwiteit gemeet nadat hy oornag gevas het. Net na hierdie bepaling het elke vrywilliger 'n mengsel bestaande uit 0,54 fLmol elementele yster as
ystersulfaat-stroop (Fe SO. 7H,O), 9 072fLmol askorbiensuur en
1fLCi "Fe-sitraat in ongeveer 30 ml water gedrink.
Onmiddellik hierna het die mans in groep A 'n oplossing van 200 ml vars bereide rooibostee met 40 ml melk en 20 g rietsuiker gedrink. Die in groep B het 200 ml vars bereide gewone tee met 40 ml melk en 20 g rietsuiker gedrink, terwyl die in groep C 200 ml gekookte water met 40 ml melk en 20 g rietsuiker gedrink het.
Almal het hierna gevas totdat 'n radioaktiewe telling 4 uur later gedoen is. Hierdie telling is beskou as die 1OO%-waarde. Die radioaktiewe telling van 14 dae later is gebruik as 'n indeks van die ysterabsorpsie van elke vry-williger.
Keurgraad rooibostee, soos verskaf deur die Rooibostee-beheerraad, is gebruik. Die gewone tee was van dieselfde handelsmerk as die wat deur Disler et al.' gebruik is. Beide soorte tee is berei deur 200 ml kokende water op 5 g teeblare in 'n skoon glashouer te giet. Vyf minute later is die tee deur 'n fyn siffie in 'n ander glashouer oorgegiet, waama die melk en suiker bygevoeg is.
Die hemoglobienwaardes is met 'n Coulter Counter Model S bepaal. 'n Wysiging van die tegniek van Miles
et al: is gebruik vir die ferritienbepaling. Serumyster en totale ysterbindingsvermoe is gemeet met die Ferrochek II Test (Hyland). Radiale immunoditIusie, soos beskryf deur Mancini et al.,'· is gebruik vir transferrienbepalings.
TABElI.YSTERSTATUS VAN VRYWllLlGERS
Groep A Groep B Groep C
Massa (kg) 73,90 -+ 14,31 75,90 -+ 10,80 73,10 -+ 6,0 lengte (cm) 179,4 -+ 8,8 179,8 -+ 6,8 178,0 -+ 6,6 Hemoglobien (g/dl) 15,8 -+ 0,8 15,9 -+ 1,1 15,7 -+ 0,7 Ferritien (fLg/ml) 54,0 -+ 42,6 80,9 -+ 49,7 68,1 -+ 57,9 Serumyster (fl-mol/l) 22,7 -+ 7,6 21,3 -+ 6,2 21,7 -+ 4,2 Ysterbindingsvermoe (fLmol/l) 61,6 -+ 6,5 62,3 -+ 5,9 60,8 -+ 7,0 Transferrien (g/I) 2,82 -+ 0,48 3,01 -+ 0,58 2,91 -+ 0,71 10
632 SA MEDICAL JOURNAL 14 April 1979 Rooibostee vir die askorbiensuur- en mineraalbepalings
is voorberei net soos vir die ysterabsorpsiestudie.
Koper en magnesium is bepaal deur middel van atoom-absorpsiespektrofotometrie met 'n Varion Techtron Model 1200. Yster is as serurnyster bepaal. Natrium, chloried, kalium, kalsium en fosfor is met die 'sequential mu1tiple~
channel analyser' bepaal.
Askorbiensuur is bepaal volgens die tegniek van Roe en Kuether.l l
Om die effek van langdurige verwarming (soos dikwels in die praktyk gedoen) op die askorbiensuurinhoud te bepaal, is vars bereide rooibostee 30 minute lank in 'n vlekvrye staal-potjie verhit tussen 80°C en 9TC.
RESULTATE
Rooibostee belemmer nie ysterabsorpsie nie, maar die nadelige effek van gewone tee op ysterabsorpsie is bevestig (TabelI1).
Hierdie resultate is statisties betekenisvol (Tabel
lID.
Die gemiddelde mineraalinhoud van 10 monsters rooi-bostee was baie laag (Ta belIV).
Die gemiddelde askorbiensuurinhoud van 5 monsters was 121,8 ,p.mol/I (21,4 mg/I). Hierdie syfer het toegeneem tot 154,9 ,p.mol/I na 30 minute se verhitting.
TABEL 11.
%
YSTERABSORPSIE NA 14 DAEGroep A Groep B Groep C
Proefpersone (rooibostee) (gewone tee) (water)
1 1,68 0,82 2,98 2 2,22 0,87 3,17 3 2,96 1,00 6,67 4 4,95 1,02 7,27 5 7,54 1,15 7,33 6 7,70 1,52 8,05 7 9,14 1,56 11,44 8 9,64 1,58 12,30 9 12,03 1,86 15,30 10 14,60 5,64 18,91 Gemiddeld 7,25 1,70 9,34 Standaard-afwyking -+- 4,30 -+- 1,43 -+- 5,12
TABELIll.STATISTIESE ONTLEDING VAN YSTERABSORPSIE
t
x%
y%
pRooibostee teenoor
tee 3,87 7,25 1,70 <0,005
Rooibostee teenoor
water 0,99 7,25 9,34 0,4>P>0,3
Water teenoor tee 4,55 9,34 1,70 <0,001
TABEL IV. MINERAALlNHOUD VAN ROOIBOSTEE Gekookte
Rooibostee water Werklike inhoud
Koper (p.mol/I) 0 0 0 Yster (p.mol/I) 2,92 0 2,92 Magnesium (mmol/I) 0,49 0,24 0,25 Fosfor (mmol/I) 0,43 0,34 0,09 Kalsium (mmol/l) 0,30 0,30 0 Natrium (mmol/I) 3,3 0 3,3 Chloried (m mol/I) 2,5 0 2,5 Kalium (m mol/I) 1,4 0 1,4
BESPREKING
Hierdie bevindings is van belang by voeding. By kinders onder 2 jaar is daar 'n hoe voorkomssyfer van ystergebrek." Tee met of sonder melk word dikwels aan hierdie kinders as 'n aanvullende drank gegee, wat ystergebrek kan presipi-teer. Rooibostee het nie hierdie ongewenste effek nie.
Die askorbiensuurinhoud is aansienlik (drie maal) hoer as die oorspronklik deur Reynekeet al." aangedui. Gewone
tee bevat geen askorbiensuur nie. Gewone tee kan by be-jaardes en vegetariers, wat 'n laer benutbare ysterinname het, ystergebrek in die hand werk. Swanger vrouens het 'n groter behoefte aan yster. Gewone tee kan ook hier ystergebrek potensieer. Bogenoemde faktore, en die feit dat rooibostee geen kafeien bevat nie,3 maak dit 'n gesonde altematief vir gewone tee.
Ons wil graag die Mediese Superintendent van Tygerberg-hospitaal, die Rooibosteebeheerraad, en mm. P. Dwyer vir hul hulp bedank.
VERWYSINGS
1. ~~i3Ier, P. B., Lynch, S. R., Charlton, R. W. et al. (1975): Gut, 16,
2. Disler, P. B., Lynch, S. R., Torrance, J. D. et al. (1975): S. Afr. J. med. Sci, 40, 109.
3. Blommaert, K. L. J. en Steenkamp, J. (1978): Agroplantae, 10, 49. 4. Stagg, G. V. en Millin, D. J. (1975): J. Sci. Food Agric., 26, 1439.
5. ~~~~pen, B. H. en Roux, D. G. (1975): Tetrahedron Letters, 39,
6. Idem (1965): Biochem.J.,97, 444.
7. Idem (1966): Ibid.,99.604.
8. Koeppen, B. H. (1970): Food Industries of South Africa, 22, 49. 9. Miles, L. E. M., Lipscmtz, D. A, Bieber, C P. et al. (1974):
Analyt. Biochem., 61, 209.
10. Mancini, G., Carbonara, O. en Heremans, J. F. (1965): Immuno-chemistry, 2,23~.
11. Roe, J. H. en Kuether, C. A. (1943): J. bioI. Chem., 147, 399. 12. Smith, N. J. en Rios, E. (1974): Advanc. Pediat., 21, 239. 13. Reyneke, J., Coetzee. W. H. K. en Bester, J. A. A. (1949): Farming