• No results found

'n Raamwerk vir Suid-Afrikaanse belastingwetgewing met betrekking tot intermediêre beleggingsvoertuie na die res van Afrika

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "'n Raamwerk vir Suid-Afrikaanse belastingwetgewing met betrekking tot intermediêre beleggingsvoertuie na die res van Afrika"

Copied!
228
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

‘n Raamwerk vir Suid-Afrikaanse

belastingwetgewing met betrekking tot

intermediêre beleggingsvoertuie na die res

van Afrika

JJD Swarts

24002186

Verhandeling voorgelê ter nakoming vir die graad Magister

Commercii in

Suid-Afrikaanse en Internasionale Belasting

aan die

Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit

Studieleier:

Prof P van der Zwan

Medestudieleier: Prof DP Schutte

(2)

DANKBETUIGINGS

Met opregte dankbaarheid aan:

• My Hemelse Vader vir die wonderlike voorreg om my drome te verwesenlik. Vir sy genade en seën en vir die krag wat ek ontvang het. Aan God al die eer.

My studieleier, prof Pieter van der Zwan, wat my met soveel insig en geduld bygestaan het.

• Prof Danie Schutte, my medestudieleier, vir al die kommentaar, tyd en ondersteuning.

• Dr Lariza Hoffman vir die uitstekende taal- en tegniese versorging.

• My moeder, Esmé Swarts, vir ’n ouerhuis en ’n geloofsgrondslag gelê waarop voortgebou kon word. Dankie vir die liefde en ondersteuning in alles wat ek aanpak!

• My wonderlike familie, vir julle opregte belangstelling en liefde en al my vriende vir julle volgehoue aanmoediging. Julle is vir my ’n geskenk uit God se hand.

(3)

ABSTRACT

World-renowned countries that are well known by investors to incorporate their intermediary companies include the United Kingdom, Belgium, the Netherlands, Mauritius and Singapore. South Africa also implemented a new holding company tax regime in 2011 to attract foreign investors to invest in Africa by way of an intermediary investment vehicle in South Africa.

The primary objective of this study was to determine whether the design of this South African intermediary company regime meets the fundamental objectives of an intermediary company regime. The secondary objective, which relates and builds on the primary objective, was to determine which aspects of the South African legislation may require further changes to improve its competitiveness for investment in Africa. Harmful tax practices and its impact on the fundamental objectives of an intermediary company regime were also considered.

In order to achieve these goals, the history of and reasons why these regimes originated were investigated as well as the effect it had on harmful tax practices. The goals from the perspective of the ultimate holding company and source company were researched and used as basis to identify the fundamental characteristics of an intermediary company regime. These characteristics were thereafter verified by applying it to the legislation of the United Kingdom, Belgium, the Netherlands, Mauritius and Singapore. Additional characteristics were hereby identified and the fundamental objectives of an intermediary company were proposed.

Thereafter, the history and development of the current South African legislation (more specifically section 9I of the South African Income Tax (58 of 1962)) was discussed, analysed and compared to the fundamental objectives of an intermediary company to determine to what extent the South African legislation comply with these principles. Suggestions for improving this regime was proposed.

The South African regime was also quantitatively compared to the legislation of the United Kingdom, Belgium, the Netherlands, Mauritius and Singapore to determine the competitiveness of the South African regime by using a hypothetical case study approach.

It was concluded that the South African headquarter company regime has overall been well designed to attract foreign investment in Africa. However, areas for improvement that need to be addressed to improve South Africa’s reputation as the gateway to investment in Africa were identified. These recommendations were discussed and areas for future research were identified.

____________

Keywords: Harmful tax practices, headquarter companies, intermediary companies, international tax,

(4)

UITTREKSEL

Wêreldbekende lande wat onder beleggers gewild is om tussengangermaatskappye op te rig, sluit die Verenigde Koninkryk, België, Nederland, Mauritius en Singapoer in. Suid-Afrika het ook in 2011 ’n nuwe belastingregime geïmplementeer om buitelandse beleggers te lok om in Afrika te belê deur middel van ’n intermediêre beleggingsvoertuig in Suid-Afrika.

Die primêre doelwit van hierdie studie was om te bepaal of die ontwerp van hierdie Suid-Afrikaanse tussengangermaatskappyregime aan die fundamentele doelwitte van ’n tussengangermaatskappy-regime voldoen. Die sekondêre doelwit, wat verband hou met en voortbou op die primêre doelwit, was om te bepaal watter aspekte van die Suid-Afrikaanse wetgewing verdere veranderinge vereis om die mededingendheid daarvan vir belegging in Afrika te verbeter. Skadelike belastingpraktyke en die impak daarvan op die fundamentele doelwitte van ’n tussengangermaatskappyregime is ook oorweeg.

Ten einde hierdie doelwitte te bereik is die geskiedenis en redes waarom hierdie regimes ontstaan het, asook die uitwerking wat dit op skadelike belastingpraktyke gehad het, ondersoek. Die doelwitte vanuit die perspektief van die uiteindelike houermaatskappy en bronmaatskappy is nagevors en as basis gebruik om die fundamentele eienskappe van ’n tussengangermaatskappyregime te identifiseer. Hierdie eienskappe is daarna geverifieer deur dit op die wetgewing van die Verenigde Koninkryk, België, Nederland, Mauritius en Singapoer toe te pas. Bykomende kenmerke is hierdeur geïdentifiseer en die fundamentele doelwitte van ’n tussengangermaatskappy is voorgestel.

Daarna is die geskiedenis en ontwikkeling van die huidige Suid-Afrikaanse wetgewing (meer spesifiek artikel 9I van die Suid-Afrikaanse Inkomstebelastingwet (58 van 1962)) bespreek, ontleed en met die fundamentele doelwitte van ’n tussengangermaatskappy vergelyk om te bepaal tot watter mate die Suid-Afrikaanse wetgewing daaraan voldoen. Voorstelle vir verbetering aan hierdie regime is ook gemaak.

Die Suid-Afrikaanse regime is verder kwantitatief met die wetgewing van die Verenigde Koninkryk, België, Nederland, Mauritius en Singapoer vergelyk om die mededingendheid van die Suid-Afrikaanse regime te bepaal, deur gebruik te maak van ’n hipotetiese-gevallestudiebenadering.

Daar is tot die gevolgtrekking gekom dat die Suid-Afrikaanse hoofkwartiermaatskappyregime oor die algemeen goed ontwerp is om buitelandse belegging in Afrika te lok. Tekortkominge is egter geïdentifiseer, wat aangespreek moet word om Suid-Afrika se reputasie as die poort tot belegging in Afrika te verbeter. Hierdie tekortkominge en voorstelle vir verbeteringe is bespreek en voorstelle vir verdere navorsing is geïdentifiseer.

(5)

____________

Sleutelwoorde: Artikel 9I van die Suid-Afrikaanse Inkomstebelastingwet nr. 58 van 1962,

belastingtoevlugsoorde, beleggingsvoertuie, hoofkwartiermaatskappye, internasionale belasting, skadelike belastingpraktyke, tussengangermaatskappye

(6)

INHOUDSOPGAWE

DANKBETUIGINGS ... ii

ABSTRACT ... iii

UITTREKSEL ... iv

LYS VAN TABELLE ... x

LYS VAN FIGURE ... xi

LYS VAN AFKORTINGS ... xi

HOOFSTUK 1: DOEL, OMVANG EN VERLOOP VAN DIE STUDIE ... 1

INLEIDING ... 1 MOTIVERING EN PROBLEEMSTELLING ... 3 NAVORSINGSVRAE ... 4 NAVORSINGSDOELWITTE ... 4 NAVORSINGSBENADERING ... 5 1.5.1 Kwalitatiewe navorsing ... 5 1.5.2 Kwantitatiewe ontleding ... 7

METODE VAN ONDERSOEK ... 7

OMVANG EN VERLOOP VAN DIE STUDIE... 9

HOOFSTUK 2: DIE ONTWIKKELING EN ONTWERP VAN TUSSENGANGERMAAT-SKAPPYREGIMES ... 11

KONTEKS EN AGTERGROND VAN DIE HOOFSTUK ... 11

DIE ONTSTAAN VAN DIE TUSSENGANGERMAATSKAPPYREGIME EN BELASTINGTOEVLUGSOORDE ... 12

DIE VOORDEEL WAT DIE TUSSENGANGERMAATSKAPPYREGIME VIR DIE TUSSENGANGERLAND INHOU ... 16

DOELWIT VAN DIE UITEINDELIKE HOUERMAATSKAPPY (BELEGGER) ... 16

MEGANISMES UIT DIE LITERATUUR OM DIE BELEGGER SE DOELWITTE TE BEREIK ... 17

(7)

2.5.2 ’n Addisionele laag belasting ... 18

2.6 DIE DOELWIT VAN DIE BRONLAND WAARIN DIE BELEGGING OF BEDRYWIGHEDE PLAASVIND ... 20

2.7 SKADELIKE BELASTINGPRAKTYKE ... 21

2.7.1 Belastingtoevlugsoorde ... 22

2.8 SKADELIKE BELASTINGSTRUKTURE WAARBY TUSSENGANGERMAATSKAPPYE ’n ROL KAN SPEEL ... 23

2.8.1 Geleidingsmaatskappye ... 24

2.8.2 Basismaatskappye ... 24

2.9 EIENSKAPPE VAN DIE TUSSENGANGERMAATSKAPPY WAT TOT SKADELIKE BELASTINGPRAKTYKE KAN LEI ... 26

2.9.1 DBO’s ... 27

2.9.2 Hoë vlakke van skuld in vergelyking met ekwiteit ... 28

2.9.3 Winsverskuiwing tussen lande ... 29

2.10 DIE MEGANISMES (TEENVERMYDINGSBEPALINGS) OM DIE REGERING SE DOELWITTE TE BEREIK ... 30

2.10.1 Beperking van voordele (limitation of benefits) ... 30

2.10.2 Voordelige eienaarskap (beneficial ownership) ... 30

2.10.3 Anti-hibriede teenvermydingsbepalings ... 32

2.10.4 Wese of onderliggende bates ... 33

2.10.5 Dun kapitalisasiereëls ... 34

2.10.6 Oordragprysreëls ... 34

2.11 GEVOLGTREKKING ... 37

HOOFSTUK 3: DIE FUNDAMENTELE DOELWITTE VAN ’N TUSSENGANGERMAAT-SKAPPYREGIME ... 43

KONTEKS EN AGTERGROND VAN DIE HOOFSTUK ... 43

LANDE IN DIE WÊRELD WAT BEKEND IS VIR HUL TUSSENGANGERMAATSKAPPY VOORDELE ... 44

BEVESTIGING VAN RAAMWERK VIR DIE EIENSKAPPE EN MEGANISMES VAN ’n TUSSENGANGERMAATSKAPPY ... 45

(8)

3.3.1 Buitelandse valuta (Fundamentele eienskap 1 van die belegger) ... 45

3.3.2 ’n Addisionele laag belasting (Fundamentele eienskap 2 van die belegger) ... 46

3.3.3 Skadelike belastingpraktyke (Fundamentele eienskap 1 & 2 van die regering en internasio-nale gemeenskap) ... 60

3.3.4 Algehele belastingbesparing en skadelike belastingpraktyke (Fundamentele eienskap 3 van die belegger en 2 van die regering) ... 68

GEVOLGTREKKING ... 75

HOOFSTUK 4: KRITIESE ONTLEDING VAN DIE SUID-AFRIKAANSE HOOFKWARTIERMAATSKAPPYREGIME ... 79

KONTEKS EN AGTERGROND VAN DIE HOOFSTUK ... 79

DIE ONTSTAAN VAN DIE SUID-AFRIKAANSE HOOFKWARTIERMAATSKAPPY-REGIME ... 80

4.2.1 Die tydperk voor demokrasie in 1994 ... 80

4.2.2 Die oorgangsperiode tussen 1994 en 1999 ... 80

4.2.3 Die millenniumperiode tussen 2000 en 2009 ... 81

4.2.4 Die na-millenniumperiode wat vanaf 2010 tot op hede strek ... 82

VERDUIDELIKENDE MEMORANDUMS EN INDUSTRIE-KOMMENTAAR ... 83

DIE SUID-AFRIKAANSE HOOFKWARTIERMAATSKAPPY ... 86

4.4.1 Buitelandse valuta (Fundamentele eienskap 1 van die belegger) ... 86

4.4.2 ’n Addisionele laag belasting (Fundamentele eienskap 2 van die belegger) ... 88

4.4.3 Skadelike belastingpraktyke (Fundamentele eienskap 1 & 2 van die regering en internasionale gemeenskap) ... 99

4.4.4 Algehele belastingbesparing vir die uiteindelike houermaatskappy (Fundamentele eienskap 3 van die belegger) ... 111

GEVOLGTREKKING ... 118

HOOFSTUK 5: DIE VERGELYKBAARHEID VAN DIE SUID-AFRIKAANSE HOOFKWARTIERMAATSKAPPYREGIME MET DIE WETGEWING EN ANDER FAKTORE VAN ANDER BEKENDE LANDE IN DIE WÊRELD ... 121

(9)

BELEGGING IN AFRIKA ... 123

5.2.1 Bronlande ... 123

5.2.2 Beleggingslande ... 125

AANNAMES VIR DIE DOELEINDES VAN HIERDIE STUDIE ... 127

BEREKENINGE GEBASEER OP BOGENOEMDE AANNAMES... 130

5.4.1 Terughoudingsbelastingkoerse op Tunisië en Angola van toepassing ... 131

5.4.2 Belastingkrediete of -aftrekkings ... 133

5.4.3 Skematiese voorstelling van die effektiewe inkomstebelastingkoerse ... 134

5.4.4 Bevindinge en bespreking ... 135

GEVOLGTREKKING ... 144

HOOFSTUK 6: OPSOMMING VAN BEVINDINGE, GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS ... 146

KONTEKS EN AGTERGROND VAN DIE HOOFSTUK ... 146

NAVORSINGSDOELWITTE ... 146

DIE FUNDAMENTELE DOELWITTE EN KRITIESE EIENSKAPPE VAN ’N TUSSENGANGERMAATSKAPPYREGIME ... 147

DIE HUIDIGE SUID-AFRIKAANSE HOOFKWARTIERMAATSKAPPYREGIME ... 148

KWANTITATIEWE VERGELYKING MET ANDER WÊRELDLANDE ... 149

BEPERKINGE EN TEKORTKOMINGE ... 151

VOORSTELLE VIR VERDERE NAVORSING ... 152

OPSOMMING ... 153

BRONNELYS ... 155

Aanhangsel A: Ontleding van tussengangermaatskappylande ... 179

1. Verenigde Koninkryk ... 179

2. België ... 184

3. Nederland ... 189

(10)

5. Singapoer ... 201

Aanhangsel B: Berekeninge ten opsigte van effektiewe belastingkoers in hoofstuk 5 ... 206

Aanhangsel C: Taalversorging ... 216

LYS VAN TABELLE Tabel 1: Die navorsingsdoelwit en die navorsingsmetodologie wat vir hierdie studie gebruik word ... 8

Tabel 2: Ontwikkeling van tussengangermaatskappyregimes... 14

Tabel 3: Fundamentele eienskappe en meganismes uit die oogpunt van die belegger ... 19

Tabel 4: Teenvermydingsbepalings van toepassing op die tussengangermaatskappy of belegger se inkomstes ... 27

Tabel 5: BEPS-toepassing op tussengangermaatskappye ... 35

Tabel 6: Aanduiding van skadelike belastingpraktyke en teenvermydingsbepalings ... 36

Tabel 7: Fundamentele eienskappe van ’n tussengangermaatskappy ... 42

Tabel 8: Vereistes om vir vrystelling van dividende of KWB te kwalifiseer ... 46

Tabel 9: Kombinasies van meganismes om ’n addisionele laag belasting te hef ... 54

Tabel 10: Kombinasies van meganismes om ’n addisionele laag belasting te hef ... 69

Tabel 11: Belasbaarheid van buitelandse dividende ontvang ... 69

Tabel 12: Inkomstebelastingkoerse wat op tussengangermaatskappye gehef word op inkomste (buiten dividende) ... 73

Tabel 13: Geverifieerde fundamentele eienskappe van ’n tussengangermaatskappy ... 75

Tabel 14: Die ontwikkeling en verandering in die Suid-Afrikaanse hoofkwartiermaatskappy-wetgewing ... 84

Tabel 15: Voldoening aan eerste doelwit van die belegger ... 88

Tabel 16: Die Suid-Afrikaanse dubbelbelastingkortings en -aftrekkings ... 93

Tabel 17: –Kombinasies van meganismes ... 97

Tabel 18: Die toepassing van artikel 23M ... 105

Tabel 19: Suid-Afrikaanse DBO’s met bepalings ten opsigte van die beperking van voordele van toepassing op hoofkwartiermaatskappye ... 111

Tabel 20: Kombinasies van meganismes om ’n addisionele laag belasting te hef ... 115

Tabel 21: Voorstelle vir verbetering aan die Suid-Afrikaanse hoofkwartiermaatskappy regime ... 119

Tabel 22: Top tien Afrikalande vir direkte internasionale belegging ... 124

Tabel 23: Opsomming van lande vir internasionale belegging (bronlande)... 124

Tabel 24: Top tien wêreldlande vir direkte internasionale belegging in Afrika ... 126

Tabel 25: Opsomming van lande vir internasionale belegging (beleggerlande) ... 127

(11)

Tabel 27: Verskillende belastingkoerse wat op die studie van toepassing is ... 131

Tabel 28: Terughoudingsbelastingkoerse van toepassing op Tunisië ... 132

Tabel 29: Terughoudingsbelastingkoerse van toepassing op Angola ... 132

Tabel 30: Opsomming aangaande belastingkrediete en -aftrekkings ... 133

Tabel 31: Fundamentele doelwitte waaraan daar wysigings nodig is en voorstelle vir verbetering ... 145

LYS VAN FIGURE Figuur 1: Verskillende regsnavorsingstyle ... 6

Figuur 2: Voordelige eienaarskap ... 32

Figuur 3: Skematiese voorstelling van tussengangerstruktuur ... 121

Figuur 4: Tunisië ... 135

Figuur 5: Angola ... 135

Figuur 6: Die uitwerking van ’n verlaagde terughoudingsbelastingkoers in die bronland ... 137

Figuur 7: Die uitwerking van die afwesigheid van DBO-voordele ... 139

Figuur 8: Die uitwerking van ’n laer Suid-Afrikaanse inkomstebelastingkoers ... 140

Figuur 9: Die uitwerking van die afwesigheid van artikel 6quin ... 143

LYS VAN AFKORTINGS

BEPS: base erosion and profit shifting

BBP: bruto binnelandse produk

BBM: beheerde buitelandse maatskappy

BFS: buitelandse finansiële sentrums

BTW: belasting op toegevoegde waarde

CIPC: Companies and Intellectual Property Commission

DBO: dubbelbelastingooreenkoms

EMRLA: Explanatory Memorandum on the Revenue Laws Amendment Bill

EU: European Union

EY: Ernst & Young

GBL: Global Business Licence

IBW: Suid-Afrikaanse Inkomstebelastingwet (nr. 58 van 1962)

JEB: Johannesburgse Sekuriteitsbeurs

KWB: kapitaalwinsbelasting

NID: notional interest deduction

(12)

SAID: Suid-Afrikaanse Inkomstediens (South African Revenue Service)

SBM: sekondêre belasting op maatskappye

THB: terughoudingsbelasting

(13)

HOOFSTUK 1: DOEL, OMVANG EN VERLOOP VAN DIE STUDIE

INLEIDING

Gedurende die afgelope aantal jare het belangstelling om in Afrika te belê aansienlik verhoog (Euromoney, 2008:2-5; Houanye & Shen, 2012:104). Sjina toon veral baie belangstelling in Afrika en dit het veroorsaak dat beleggers in Afrika begin belê, alhoewel hierdie kontinent tot dusvêr grootliks onbekend vir die meeste beleggers was. Statistiek toon dat daar ʼn baie groot mark vir mineraalhulpbronne en grondstowwe is, selfs al word ongeveer 10,000 vierkante kilometer buite rekening gelaat vir die Sahara- en Kalahariwoestyne (Euromoney, 2008:2-5). Afrika besit ongeveer 60% van die wêreld se onbewerkte landbougrond en het die meeste potensiaal vir die ontdekking van nuwe mineraalhulpbronne (Houanye & Shen, 2012:106; Siddiqi, 2011:40-41).

Volgens Siddiqi (2011:40-41) word daar verwag dat die gesamentlike bruto binnelandse produk (BBP) van Afrika $1,6 triljoen teen 2020 sal bereik, wat 5% van die wêreldwye BBP sal verteenwoordig. Die BBP van Afrika was slegs 2.4% van die globale BBP in 2010. Afrika se totale uitset is tans gelyk aan dié van Brasilië en Rusland. Ongeveer 100 maatskappye, gelei deur Suid-Afrikaanse groepe soos Anglo American, SAB Miller en Standard Bank, genereer jaarliks ’n inkomste van meer as $1 biljoen. Vanaf 2000 tot Maart 2010 het die Wêreldbank se International Finance Corporation (IFC) ʼn opbrengs van 22% per jaar op sy privaat beleggings in Afrika verdien. Buitelandse direkte belegging in Afrika het meer as $320 biljoen vanaf 2006 tot 2010 beloop. ʼn Studie van die genoteerde maatskappye in Afrika vir die periode 2002 tot 2007, meestal in die dienste- en vervaardigingsektore, het gevind dat die gemiddelde opbrengs op kapitaal in Afrika 66% hoër is as vergelykbare maatskappye in Sjina, Indië, Indonesië en Viëtnam. Een van Afrika se waardevolste bates is sy jong bevolking, met tweederdes van die bevolking wat onder 25 jaar oud is (Siddiqi, 2011:40-41).

Vir voorgenoemde redes belê internasionale beleggers toenemend in Afrika (Houanye & Shen, 2012:108). Dit is egter nie altyd wenslik om direk in ʼn Afrikaland te belê nie, aangesien dit vanuit ʼn belastingoogpunt nie effektief is nie. Nie alle Afrikalande het dubbelbelastingooreenkomste (DBO’s) met lande waar die beleggers inwoners is gesluit nie. Gevolglik kan dubbelbelasting ontstaan wanneer opbrengste aan die belegger uitgekeer word in die vorm van, onder andere, dividende, rente en tantième. Baie beleggers belê as gevolg hiervan in ʼn beleggersvoertuig in ʼn ander land om dan indirek ʼn aandeel in die Afrikabelegging te verkry. Volgens Makola (2003:15) moet Afrikalande hul wette en belastinginisiatiewe vir internasionale tendense aanpas. Dit kan bewerkstellig word deur transaksiekoste te verlaag en om belastingkoerse te rasionaliseer en meer belastinginisiatiewe in werking te stel (Makola, 2003:15). Sedert 2003 is verskeie belastinginisiatiewe deur Afrikalande in werking gestel, wat buitelandse beleggers aanmoedig om in Afrika te belê en om hul land as beleggingsvoertuig te gebruik.

(14)

Aan die ander kant moet elke Afrikaland homself ook beskerm teen kwessies soos belastingbasis erosie (base erosion) en winsverskuiwings, soos in ‘n onlangse verslag van die Organisation for Economic

Co-operation and Development (OECD) uiteengesit (OECD, 2013a).

Tussengangermaatskappye, wat as ‘n tussenganger tussen die belegger en die uiteindelike houermaatskappy dien, is een inisiatief wat gebruik word as beleggingsvoertuig om verder in Afrika te belê (Porter, 2014:2). Hoë terughoudingsbelasting op dividende, rente, tantième, bestuursfooie en dun kapitalisasiereëls kan ook moontlik ʼn negatiewe uitwerking op die opbrengs op die belegging hê (Legwaila, 2010:2-3). Buitelandsevalutabeheermaatreëls kan ook onnodige administratiewe gevolge inhou. Die tussengangermaatskappy sal as houermaatskappy vir filiale geleë in Afrika dien om hierdie probleme te oorkom. Die filiale kan moontlik dividende verklaar en aan die tussengangermaatskappy betaal. Belastingregimes, soos byvoorbeeld tussengangermaatskappyregimes, kan dan moontlik verligting vir hierdie hoë terughoudingsbelasting op dividende, dun kapitalisasiereëls en buitelandsevalutabeheermaatreëls bied. Die tussengangermaatskappy kan dan weer dividende aan sy houer van aandele in die buiteland verklaar, en indien hierdie land ʼn DBO met die Afrikaland het, kan dit ʼn positiewe uitwerking op die algehele belastingposisie van die buitelandse belegger hê (Porter, 2014:22-29).

Volgens Legwaila (2011a:126) en Honiball en Killoran (2011a:29) het ʼn aantal lande hul belastingwetgewing aantreklik vir buitelandse beleggers gemaak om hul tussengangermaatskappye in hul jurisdiksies te vestig, om sodoende voordeel uit die teenwoordigheid van die tussengangermaatskappy te trek. Hierdie lande sluit België, Denemarke, Luxemburg, Nederland, Singapoer, Switserland en die Verenigde Koninkryk (VK) in. Nader aan eie bodem het Mauritius homself as ʼn gunstige jurisdiksie vir hierdie doeleinde gevestig, veral vir belegging in Afrika. Suid-Afrika het homself ook tot hierdie lys bygevoeg deur die aankondiging in die 2010 Nasionale Begrotingsrede dat hy beplan om homself as die poort tot belegging in Afrika te bemark (Nasionale Tesourie, 2010).

Volgens die Nasionale Tesourie (2010) beskik Suid-Afrika oor ekonomiese voordele wat dit ideaal vir multi-nasionale maatskappye maak om tussengangermaatskappye in Suid-Afrika te vestig. Suid-Afrika is ʼn natuurlike houermaatskappy poort tot Afrika, as gevolg van Suid-Afrika se ligging, groot ekonomie, politieke stabiliteit en algehele sterkte in finansiële dienste (Goba & Burger, 2010:6). Suid-Afrika het DBO’s met baie Afrikalande, wat die vestiging van ʼn tussengangermaatskappy in Suid-Afrika aanloklik maak. Suid-Afrika het egter baie streng valutabeheermaatreëls en hoë belastingkoerse wat in die verlede as struikelblokke gedien het vir multi-nasionale maatskappye om ’n tussengangermaatskappy in Suid-Afrika te vestig (Nasionale Tesourie, 2010).

(15)

Vir die jare van aanslag, beginnende op of na 1 Januarie 2011, is die omskrywing van ʼn “hoofkwartiermaatskappy” tot die Suid-Afrikaanse wetgewing gevoeg om hoofsaaklik verligting te bied ten opsigte van die volgende hoofstruikelblokke, soos uiteengesit deur die Nasionale Tesourie:

• die toepassing van artikel 9D en die beheerde buitelandse maatskappy (BBM) wetgewing;

• die toepassing van artikel 64B (wat op daardie stadium sekondêre belasting op maatskappye (SBM) gereguleer het) en inwonermaatskappye se aanspreeklikheid vir dividendbelasting; en

• die toepassing van artikel 31 en die dun kapitalisasiereëls. (Nasionale Tesourie, 2011)

Om die voordeligste jurisdiksie te bepaal waar ʼn tussengangermaatskappy vir ’n spesifieke belegging gevestig moet word, sal van die individuele vereistes van elke multi-nasionale maatskappy afhang. Daar is egter sekere kenmerke waaraan ʼn tussengangermaatskappy-belastingregime moet voldoen, sodat multi-nasionale maatskappye voordeel daaruit kan trek. Passiewe inkomste, soos dividende, rente en tantième, asook ander fooie deur die tussengangermaatskappy ontvang, soos bestuursfooie, behoort van belasting vrygestel te wees (Honiball & Killoran, 2011b:38). Daar behoort ook geen kapitaalwinsbelasting (KWB) te wees op winste wat ontstaan uit die beskikking van ʼn belegging deur

ʼn tussengangermaatskappy nie (Hassam, 2011). ʼn Verskeidenheid van DBO’s met ander lande, die

afwesigheid van ʼn BBM-regime en buitelandsevalutabeheermaatreëls sal ook bydra tot die effektiwiteit van tussengangermaatskappyregime (Hassam, 2011; Honiball & Killoran, 2011b:38). Indien ʼn land aan al hierdie vernaamste eienskappe voldoen, kan dit as ʼn ideale tussengangermaatskappyregime vanuit ʼn belegger se oogpunt beskou word (Hassam, 2011). Indien ʼn land egter al hierdie ideale eienskappe aan

ʼn belegger bied, ontstaan die moontlikheid dat hierdie regime misbruik kan word in die vorm van, onder

andere, belastingbasis erosie en winsverskuiwing (profit shifting), soos deur die OECD verduidelik (OECD, 2013a).

MOTIVERING EN PROBLEEMSTELLING

Terwyl ʼn tussengangermaatskappy nie noodwendig net geïnkorporeer word om belasting te bespaar nie, sal die besluit oor wáár dit geïnkorporeer word, tot ʼn sekere mate, van die belastinggevolge daarvan afhang (Legwaila, 2011a:127-128). Deur dit te doen sal die besluit om die maatskappy in ʼn sekere jurisdiksie op te rig ten minste ʼn poging wees om die wêreldwye belastingaanspreeklikheid te verminder (Legwaila, 2011a:128).

As gevolg van, onder andere, die gunstige belastingregime, is Mauritius tans die land wat die meeste gebruik word om die houermaatskappy te vestig vir belegging in Afrika deur multi-nasionale maatskappye (Goba & Burger, 2010:7). Mauritius bied ʼn gunstige platform vir multi-nasionale maatskappye om in veral Afrika te belê (Hassam, 2011). Die nuwe Suid-Afrikaanse

(16)

tussengangermaatskappy-wetgewing poog om multi-nasionale maatskappye na die Suid-Afrikaanse bodem te lok (Legwaila, 2011b:1).

Indien meer multi-nasionale beleggers hul tussengangermaatskappye in Suid-Afrika vestig, kan dit moontlik daartoe lei dat Suid-Afrikaanse dienste benut word wat die Suid-Afrikaanse finansiële dienste-industrie sal bevorder. Dit kan ook die ekonomie ʼn verdere hupstoot gee, deurdat die tussengangermaatskappy self bedrywighede in Suid-Afrika kan uitvoer, met sekere beperkinge, en ʼn belastingaanspreeklikheid, ten opsigte van hierdie bedrywighede, teenoor die Suid-Afrikaanse regering kan opdoen.

Volgens Goba en Burger (2010:7) is die voorgestelde Suid-Afrikaanse tussengangermaatskappy-regime in werking gestel om nie-inwonerbeleggers wat ʼn tussengangermaatskappy vir belegging in die res van Afrika wil vestig, te lok. Die pertinente vraag is of Suid-Afrika ʼn kompeterende regime bied wanneer dit met ander wêreldlande vergelyk word.

NAVORSINGSVRAE

Die doel van hierdie studie, is om die ontwerp van die Suid-Afrikaanse hoofkwartiermaatskappy-wetgewing krities te evalueer, asook tekortkominge te identifiseer. Die studie poog verder om, op grond van hierdie evaluering, areas waar die Suid-Afrikaanse regime verbeter kan word, voor te stel. Beide hierdie doelwitte moet deur die Afrikaanse regering en die belegger oorweeg word. Die Suid-Afrikaanse regering moet bepaal of die regime nie ʼn geleentheid vir misbruik skep wat skadelike belastingpraktyke tot gevolg kan hê nie. Multi-nasionale beleggers sal baie aspekte oorweeg indien hulle

ʼn tussengangermaatskappy wil vestig, en enige tekortkominge in die huidige

hoofkwartiermaatskappy-wetgewing kan hierdie beleggers moontlik ontmoedig om Suid-Afrika as tussenganger te gebruik.

Uit die probleemstellings kan die volgende navorsingsvrae geformuleer word:

1.3.1 Voldoen die ontwerp van die Suid-Afrikaanse tussengangermaatskappyregime aan die fundamentele doelwitte van ʼn tussengangermaatskappyregime?

1.3.2 Aan watter aspekte van die Suid-Afrikaanse belastingwetgewing is daar moontlik verdere wysigings noodsaaklik om die mededingendheid daarvan vir belegging in Afrika te verbeter?

NAVORSINGSDOELWITTE

Ten einde in staat te wees om die navorsingsvrae hierbo te beantwoord, moet die volgende navorsingsdoelwitte bereik word:

(17)

1.4.2 Om die huidige stand van Suid-Afrika se belastingwetgewing ten opsigte van tussengangermaatskappye te bepaal deur die volgende doelwitte te bereik (hoofstuk 4):

1.4.2.1 Om die huidige Suid-Afrikaanse tussengangermaatskappyregime aan die fundamentele doelwitte, soos geïdentifiseer in 1.4.1, te meet om te bepaal tot watter mate die Suid-Afrikaanse wetgewing daaraan voldoen of daarvan verskil.

1.4.2.2 Om die moontlike tekortkominge van die huidige Suid-Afrikaanse

tussengangermaatskappyregime te identifiseer.

1.4.2.3 Om toepaslike voorstelle ter oplossing van die tekortkomingete maak.

1.4.3 Om vas te stel watter faktore die mededingendheid van die Suid-Afrikaanse tussengangermaatskappyregime sal beïnvloed (hoofstuk 5).

NAVORSINGSBENADERING

Kwalitatiewe navorsing, sowel as ‘n kwantitatiewe ontleding, word in hierdie studie gebruik om die doelwitte te bereik. Bestaande wetgewing en beleide van verskeie lande word ontleed om die fundamentele doelwitte van ʼn tussengangermaatskappy te bepaal. Hierdie studie sluit die nasien en verwysing na Suid-Afrikaanse sowel as internasionale handboeke, opinies, joernale, hofsake, wetgewings sowel as DBO’s in. Verder word kwantitatiewe berekeninge, gegrond op die hipotetiese-gevallestudiebenadering, gebruik word om te bepaal of die Suid-Afrikaanse tussengangermaatskappy-wetgewing kompeterend met ander lande is.

1.5.1 Kwalitatiewe navorsing

ʼn Aantal teoretiese raamwerke bestaan in die kwalitatiewe navorsingsparadigma, onder andere die

gegronde-teorie-metodologie en die leerstellige regsnavorsing (McKerchar, 2008:14-15).

In die gegronde-teorie-metodologie poog die navorser om ʼn algemene, abstrakte teorie van ʼn proses, aksie of interaksie, wat op die siening van deelnemers in ʼn studie gegrond is, af te lei. Die gegronde-teoriemetodologie-studies word in die eerste persoon geskryf en sluit gewoonlik omvattende sienings van die deelnemers in deur ‘n seleksie van verteenwoordigende aanhalings (Ponterotto, 2005:133-134). Die deelnemers wat in hierdie studie gebruik word, is die navorsers wat die tussengangermaatskappy-wetgewing van die verskillende lande nagevors het. Hierdie deelnemers het hul eie opinie en bevindinge rakende die wetgewing van die lande weergegee. Die gegronde-teorie-metodologie is een van die mees gevestigde en gerespekteerde kwalitatiewe metodes (Ponterotto, 2005:133). Die gegronde-teorie-metode word gesien as die markleier in kwalitatiewe navorsing (McLeod, 2001:118) en as aan die voorpunt van die kwalitatiewe revolusie beskou (Charmaz in Ponteretto, 2005:133). ʼn Nadeel van die gegronde-teorie-metodologie is dat die metode soms tydrowend is en ʼn baie presiese proses van data-analise verg (Allan, 2003:8).

(18)

Leerstellige regsnavorsing hou verband met die formulering van ʼn regsleer deur die ontleding van regsreëls. Hierdie regsreëls word in die wetgewing van lande, asook in hofsake gevind. Die metode van leerstellige regsnavorsing word deur die studie van regstekste gekenmerk en om hierdie rede word daar dikwels hierna as “swart-letter-reg” verwys (Knight & Ruddock, 2008:29). Die wetgewing van die verskillende lande sal nagevors word deur gebruik te maak van die leerstellige regsnavorsing.

TOEGEPAS (Professionele seleksie-afdeling) In te rd is si p li n êr e m et o d o lo g ie (N a v o rs in g o o r re g te ) Regshervormingsnavorsing (Sosio-regsnavorsing/die wet in konteks) Betogende navorsing (Konvensionele verhandelings en regsartikels/“swart-letter-reg”) L ee rs te lli g e m et o d o lo g ie (N a v o rs in g in r eg te ) Fundamentele navorsing

(Sosiologie van die wet, kritiese regstudies, regte en ekonomie, ens.)

Regsteoretiese navorsing

(Regsfilosofie, ens.)

SUIWER

(Akademiese seleksie-afdeling) Figuur 1: Verskillende regsnavorsingstyle

(Arthurs in Knight & Ruddock, 2008:29)

Betogende navorsing was nog altyd die dominante vorm van akademiese navorsing en het ʼn belangrike rol in die ontwikkeling van die regsleer gespeel deur die publikasie van konvensionele regsartikels en handboeke (Card in Knight & Ruddock, 2008:31). Uit figuur 1 is dit duidelik dat regsnavorsing tussen die leerstellige regsnavorsingsmetodologie en die interdissiplinêre metodologie verdeel word. Die studie poog nie om fundamentele navorsing op die Inkomstebelastingwet te doen nie, maar eerder om die belastingwetgewing van ander lande daarmee te vergelyk; daarom sal die fundamentele navorsingsmetodologie nie vir hierdie studie gebruik word nie. Die studie poog ook nie om die wetgewing in die toekoms aan te pas nie, maar eerder om die huidige stand daarvan te evalueer; daarom is die regshervormingsnavorsing ook nie van toepassing nie.

ʼn Kombinasie van betogende sowel as regsteoretiese navorsing word in hierdie studie gebruik. Die

(19)

tussengangermaatskappy-wetgewing te bepaal. Werklike wetgewing word as bronne gebruik (regsteoretiese navorsing), sowel as bestaande literatuur en artikels wat verband hou met hierdie wetgewing wat dan met die betrokke wetgewing vergelyk word (betogende navorsing). Die kritiese eienskappe sowel as die fundamentele doelwitte van die tussengangermaatskappy-wetgewing word ondersoek deur primêre karaktereienskappe van verskeie lande te ontleed om sodoende ʼn raamwerk te skep van die ideale tussengangermaatskappy-wetgewing. Deur hierdie twee metodologieë te kombineer komplementeer die voordele van elke metodologie die ander se voordele, wat ʼn sterker navorsingsontwerp en ook resultate wat meer geloofwaardig en geldig is, tot gevolg het (Laws & McLeod, 2004:3). Die tekortkominge van die individuele metodologieë word geminimaliseer en meer bedreigings tot interne geldigheid word ondersoek.

1.5.2 Kwantitatiewe ontleding

ʼn Kwantitatiewe navorsingsbenadering sal gevolg word om te bepaal of die Suid-Afrikaanse

tussengangermaatskappy-wetgewing kompeterend met ander lande in die wêreld is. ʼn Aantal teoretiese

raamwerke bestaan in die kwantitatiewe navorsingsparagdigma, onder andere die

gevallestudiemetodologie, wat in hierdie studie gebruik word (McKerchar, 2008:14).

ʼn Gevallestudiemetodologie ondersoek ʼn aktiwiteit of situasie breedvoerig (McKerchar, 2008:14).

Creswell in McKerchar (2008:14) beskryf ʼn gevallestudie as ʼn studie wat aan tyd en aktiwiteit gekoppel

is, waar navorsers gedetailleerde inligting versamel deur van ʼn verskeidenheid

datawaarnemingsprosedures oor ʼn tydperk gebruik te maak. Die gevallestudiemetodologie kan gebruik word om nuwe kennis oor ʼn bestaande onderwerp in te win, soos in hierdie studie vervat (McLeod, 2008). Een van die grootste nadele van die gevallestudiemetodologie is dat so ’n studie normaalweg slegs met sekere veranderlikes nagevors word en daarom moontlik nie van toepassing sal wees op ’n groter of wyer populasie nie (McLeod, 2008).

In afdeling 1.6 word ’n bespreking aangebied van die kwantitatiewe ontleding wat gedoen word om die navorsingsdoelwit wat in afdeling 1.4.3 aangedui word te bereik.

METODE VAN ONDERSOEK

Die navorsingsdoelwitte, soos uiteengesit in afdeling 1.4 hierbo, sal bereik word deur die volgende navorsingsmetodes, wat in tabel 1 uiteengesit word, te gebruik:

(20)

Tabel 1: Die navorsingsdoelwit en die navorsingsmetodologie wat vir hierdie studie gebruik word Navorsings-

doelwit

Navorsingsmetodologie

Afdeling 1.4.1

ʼn Kombinasie van betogende sowel as regsteoretiese navorsing sal gebruik word om die

fundamentele doelwitte van ʼn tussengangermaatskappy te identifiseer. Die literatuurstudie, gegrond op bogenoemde navorsingsmetodes, sal ook ʼn ontleding van die ontstaan van tussengangermaatskappye, wat die fundamentele doelwitte daarvan duideliker sal maak, insluit. Die doelwitte, vanuit die oogpunt van beide die belegger en die regering, sal ontleed en bespreek word, asook die meganismes om elkeen se doel te bereik. Hieruit sal die fundamentele eienskappe van ’n tussengangermaatskappy aangedui word.

Hierdie fundamentele eienskappe sal gevolglik geverifieer en bevestig word deur dit te vergelyk met lande in die wêreld, wat bekend is onder beleggers om hulle tussengangermaatskappye te stig, naamlik die Verenigde Koninkryk, België, Nederland, Mauritius en Singapoer. Hierdie lande se wetgewing sal ontleed word met verwysing na die fundamentele eienskappe, soos hierbo genoem, om te bepaal of die fundamentele eienskappe akkuraat is vanuit die oogpunt van beide die belegger en die regering. Die ontleding sal ook ’n bespreking insluit oor watter voordeel elkeen van hierdie lande wat bekend is om tussengangermaatskappy te stig, vir die belegger inhou, nadat die regering se teenvermydingsbepalings in werking getree het.

Die rede hoekom hierdie lande gebruik is, is omdat dit deur Legwaila (2011a:126) gesien word as die lande wat hulself wêreldwyd bewys het as jurisdiksies vir houermaatskappye en/of tussengangermaatskappy vir beleggings in die buiteland. Gevolglik sal hierdie lande die fundamentele doelwitte van ʼn tussengangermaatskappy instel en kan Suid-Afrika met hulle vergelyk word om te bepaal of Suid-Suid-Afrika aan die fundamentele doelwitte van ʼn tussengangermaatskappy voldoen.

Verwys na 1.4.2

Hierdie navorsingsdoelwit sal bereik word deur die fundamentele doelwitte, soos in navorsingsdoelwit 1.4.1 geïdentifiseer, krities met die huidige stand van Suid-Afrika se belastingwetgewing ten opsigte van tussengangermaatskappye te vergelyk. Die betogende navorsingsmetode sal gebruik word, asook regsteoretiese navorsing om die tekortkominge van die Suid-Afrikaanse tussengangermaatskappyregime te identifiseer. Verwys na

1.4.3

Die Suid-Afrikaanse belastingwetgewing sal vergelyk word met die belastingwetgewing van die Verenigde Koninkryk, België, Nederland, Mauritius en Singapoer om te bepaal of die Suid-Afrikaanse tussengangermaatskappyregime kompeterend is met

(21)

mededingers vir belegging in Afrika. Die hipotetiese-gevallestudiebenadering sal gebruik word om te bepaal of die Suid-Afrikaanse tussengangermaatskappy-wetgewing kompeterend met ander lande is deur die effektiewe belastingaanspreeklikheid te bepaal, gebaseer op die wetgewing van die verskillende lande hierbo genoem. Die resultate verkry in 1.4.2 sal ook gebruik word om te bepaal of Suid-Afrika kompeterend met ander Afrikalande vir belegging in Afrika is.

OMVANG EN VERLOOP VAN DIE STUDIE Hoofstuk 1: Doel, omvang en verloop van die studie

• Die doel van hierdie hoofstuk is om die probleemstelling te motiveer.

• Die probleemstellings word gemaak, waaruit die navorsingsvrae en

-doelwitte geformuleer word.

• Die metode van navorsing vir die studie word uitgeklaar, synde die literatuurstudie, empiriese navorsing en beoogde wyse(s) van dataverwerking.

Hoofstuk 2: Die ontwikkeling en ontwerp van tussengangermaatskappyregimes (Spreek navorsingsdoelwit 1.4.1 gedeeltelik aan)

• Die geskiedenis en ontwikkeling van ‘n tussengangermaatskappyregime word bespreek en verduidelik.

• In hierdie hoofstuk word relevante literatuur aangehaal ten einde die fundamentele eienskappe van ʼn tussengangermaatskappy te bepaal.

• Die doelwitte van elke deelnemer in die tussengangermaatskappy en hoe hierdie doelwitte deur middel van meganismes bereik kan word, word bespreek.

• Skadelike belastingpraktyke, hoe tussengangermaatskappye hiertoe kan bydra en die teenvermydingsbepalings hiervoor word bespreek en verduidelik.

• Die kriteria en eienskappe van ʼn effektiewe tussengangermaatskappyregime word bespreek.

Hoofstuk 3: Die fundamentele doelwitte van ’n tussengangermaatskappyregime (Spreek navorsingsdoelwit 1.4.1 aan)

• Die belastingwetgewing en ander faktore van die volgende lande word krities ontleed om te bepaal wat die addisionele fundamentele doelwitte van ʼn tussengangermaatskappy is:

die Verenigde Koninkryk, België, Nederland, Mauritius, en Singapoer.

• Die addisionele eienskappe wat elke land bydra, word ontleed en bespreek.

• Die kriteria en eienskappe van ’n effektiewe tussengangermaatskappyregime, soos in hoofstuk 2 geïdentifiseer, word geverifieer.

(22)

Hoofstuk 4: Kritiese ontleding van die Suid-Afrikaanse hoofkwartiermaatskappyregime (Spreek navorsingsdoelwit 1.4.2 aan)

• Die ontwikkeling van elke aspek van die Suid-Afrikaanse tussengangermaatskappyregime word bespreek.

• ’n Omskrywing van artikel 9I van die IBW, wat die vereistes van ʼn tussengangermaatskappy weergee, word bespreek.

• Die gevolgtrekking aangaande die vraag of die Suid-Afrikaanse tussengangermaatskappy-regime aan die fundamentele doelwitte voldoen, al dan nie, word weergegee. (ʼn Kritiese ontleding aan die hand van die eienskappe wat in hoofstuk 3 geïdentifiseer is.)

• Tekortkominge ten opsigte van die huidige tussengangermaatskappy-wetgewing in Suid-Afrika word geïdentifiseer.

• Aanbevelings oor hoe om die tussengangermaatskappywetgewing-regime te verbeter word bespreek.

Hoofstuk 5: Die vergelykbaarheid van die Suid-Afrikaanse hoofkwartiermaatskappyregime met die wetgewing en ander faktore van ander bekende lande in die wêreld

(Spreek navorsingsdoelwit 1.4.3 aan)

• Die metode van ondersoek van die empiriese studie in hierdie hoofstuk word kortliks uiteengesit en gemotiveer.

• Die resultate van die empiriese studie aangaande die doeltreffendheid van die Suid-Afrikaanse tussengangermaatskappy, wanneer dit kwantitatief vergelyk word met die wetgewing van die Verenigde Koninkryk, België, Nederland, Mauritius en Singapoer, word weergegee.

• Enige addisionele aanbevelings oor hoe die Suid-Afrikaanse tussengangermaatskappyregime verbeter kan word, word bespreek.

Hoofstuk 6: Opsomming van bevindinge, gevolgtrekkings en aanbevelings

• In hierdie hoofstuk word die studie saamgevat deur die hoofbevindinge weer te gee, gevolgtrekkings te bespreek en aanbevelings te maak.

(23)

HOOFSTUK 2: DIE ONTWIKKELING EN ONTWERP VAN TUSSENGANGERMAATSKAPPYREGIMES

KONTEKS EN AGTERGROND VAN DIE HOOFSTUK

Daar word beraam dat daar jaarliks ongeveer $10 biljoen se inkomste uit die Verenigde State van Amerika na lae-belaste gebiede geskuif word, om sodoende hoë inkomstebelasting in die Verenigde State te vermy (Klassen & Laplante, 2012:1248). Tussengangermaatskappye kan vir hierdie doel gebruik word om inkomste na die buiteland te skuif, omdat hulle ’n maatskappy posisioneer om wêreldwye inkomstebelasting meer effektief te verlaag (Finnerty in Legwaila, 2010:27).

’n Tussengangermaatskappy kan ook gestig word om as deurvloei van fondse te dien om sodoende belasting vir die belegger te bespaar. ’n Belegger kan eerstens in die afwesigheid van ’n tussenganger direk in ’n bronland belê en sal dan normaalweg as ’n minimum en maksimum teen die laagste of hoogste van die bronland of die beleggerland se belastingkoers belas word, indien ’n DBO in werking tree om dubbelbelasting te voorkom. Hierdie DBO kan terughoudingsbelasting ook verminder en die reg om inkomste te belas aan een van die twee lande gee. Dit kan egter gebeur dat daar geen DBO tussen die beleggerland en die bronland bestaan nie en hierdie voordele, soos hierbo bespreek, moontlik wegval. Dit is wanneer ’n tussengangermaatskappy voordele kan bied indien die land waarin dit geleë is DBO’s met die bronland en beleggerland gesluit het. Die tussengangermaatskappy kan ook aan laer inkomstebelastingkoers onderhewig wees wat die algehele belasting vir die struktuur kan verminder, asook ander voordele wat in hierdie hoofstuk ondersoek word.

Suid-Afrika het in 2010 sy belastingwetgewing aangepas om voorsiening te maak vir so ’n tussengangermaatskappyregime, wat as die hoofkwartiermaatskappyregime bekend staan. Die doel van hierdie hoofstuk is om te bepaal of hierdie regime internasionaal aanvaarbaar is deur ’n oplossing te bied vir die volgende navorsingsvraag, soos geïdentifiseer in die doel, omvang en verloop van die studie in hoofstuk 1: Voldoen die ontwerp van die Suid-Afrikaanse tussengangermaatskappyregime aan die

fundamentele doelwitte van ʼn tussengangermaatskappyregime? Hierdie navorsingsvraag sal gedeeltelik

beantwoord word deur die volgende navorsingsdoelwit gedeeltelik te ondersoek: Om die fundamentele

doelwitte en kritiese eienskappe van ʼn tussengangermaatskappyregime te ontleed en te identifiseer.

Eerstens word die ontstaan van die tussengangermaatskappyregime en belastingtoevlugsoorde in afdeling 2.2 bespreek om te bepaal waarom hierdie tipe maatskappye ontwikkel het en watter eienskappe hulle oorspronklik gehad het. Die voordeel wat die tussengangermaatskappyregime vir die tussengangerland kan bied, word vervolgens in afdeling 2.3 bespreek, om te bepaal waarom ’n tussengangerland se regering so ’n regime in werking sou wou stel. Daarna word die doelwitte wat die

(24)

tussengangermaatskappy kan bied uit die oogpunt van die belegger in afdeling 2.4 bespreek en in afdeling 2.5 watter meganismes die belegger kan gebruik om hierdie doelwitte te bereik. Hierdie regimes moet egter ook voordele vir die regering inhou en daarom word die doelwit van die bronland (regering) in afdeling 2.6 bespreek, wat aanleiding gee tot die bespreking van skadelike belastingpraktyke in afdelings 2.7 en 2.8. Die meganismes (teenvermydingsbepalings) wat teenwoordig is om hierdie skadelike belastingpraktyke te voorkom word in afdeling 2.9 bespreek. Hierdie bespreking word daarna gebruik om die fundamentele eienskappe van ’n tussengangermaatskappy te identifiseer. Die bespreking word in hoofstuk 3 verder geneem deurdat hierdie fundamentele eienskappe wat geïdentifiseer is, met lande wat bekend is onder beleggers om hul tussengangermaatskappye op te rig, vergelyk word om te bepaal of hierdie eienskappe in praktyk geldig is en of daar enige addisionele eienskappe teenwoordig moet wees vir die Suid-Afrikaanse regime om suksesvol te wees.

DIE ONTSTAAN VAN DIE TUSSENGANGERMAATSKAPPYREGIME EN BELASTINGTOEVLUGSOORDE

Die tussengangermaatskappyregime het stuk-stuk en in verskillende gebiede ontwikkel om die hedendaagse tipe wetgewing te vorm. Waarskynlik een van die vroegste gevalle van ʼn tussengangermaatskappy was in die Verenigde State van Amerika, New Jersey en Delaware, in die laat negentiende eeu (Palan, 2009). Die hoofsaaklike doel hiervan was om fondse vir die regering van New Jersey te verkry en besigheid van die ander welvarende state te lok (Palan, 2009; Shah, 2013). Dit is bewerkstellig deur houermaatskappye in hierdie state te vestig om voordeel te trek uit hierdie tussengangermaatskappye se vinnige-inkorporasie-reëls en lae korporatiewe belastingkoerse, wat vandag kenmerke van byna alle moderne belastingtoevlugsoorde is (Packer, 2012; Palan, 2009). Dit kan dus gesien word as een van die vernaamste redes vir die inkorporasie van tussengangermaatskappye – om kapitaal en buitelandse valuta deur die land te laat vloei (Palan, 2009).

Terwyl die Amerikaanse State met die tegniek om maatskappye te lok deur maklike-inkorporasie-reëls vorendag gekom het, het die Britse howe die konsep van ’n virtuele inwoner begin (Palan, 2009). Hierdie Britse wetgewing het maatskappye toegelaat om in Brittanje geïnkorporeer te word, sonder om belasting te betaal (Packer, 2012). Dit kon moontlik die fondasie geskep het vir die moderne tipe tussengangermaatskappyregime wat verskeie lande in hul inkomstebelastingwetgewing toepas (Palan, 2009). Die beduidendste van die hofsake wat handel met die vroeë vorme van tussengangermaatskappyregime is waarskynlik die 1929-hofsaak van The Egyptian Delta Land and

Investment Co. Ltd. v Todd (Packer, 2012). Volgens Padia en Maroun (2011:127) is ’n maatskappy in

Brittanje geïnkorporeer met die doel om handel te dryf en ook om grond in Egipte te ontwikkel (The Egyptian Delta Land and Investment Co. Ltd. v Todd, 1929). Alhoewel die akte van oprigting bepaal het dat beheer in Egipte setel, moes daar bepaal word waar die maatskappy ’n inwoner was. Die plek van inkorporasie was nie die enigste aanduiding van inwonerskap nie omdat die plek waar die

(25)

maatskappy bestuur en beheer is, ook in ag geneem moes word. Indien ’n maatskappy dus nie in Brittanje ‘n bedryf beoefen het nie, en ook geen aktiwiteite (behalwe die minimum formaliteite) by die hoofkantoor uitgevoer het nie, kon dit nie as ’n inwoner van Brittanje beskou word nie. Die maatskappy was gevolglik ’n inwoner van Egipte (The Egyptian Delta Land and Investment Co. Ltd. v Todd in Padia & Maroun, 2011:127; PKF, 2013a:1). Die saak het verder bepaal dat, alhoewel die maatskappy in Londen geregistreer is, dit ook nie aanspreeklik vir belasting volgens die Britse belastingwetgewing was nie (Packer, 2012; Palan, 2009). Hierdie saak het dus, volgens Picciotto, “a loophole which, in a sense, made Britain a tax haven” geskep, sodat maatskappye in Brittanje geïnkorporeer kon word, maar Britse belasting kon vermy (Palan, 2009). Die beginsels van hierdie hofsaak is daarna deur belastingpligtiges gebruik om winste te verskuif en belasting te vermy omdat hulle bloot die bestuur en beheer van die maatskappy kon skuif na waar hulle dit vir belastingdoeleindes wou hê (Sikka, 2014:10).

In 1929 het Luxemburg sy eerste stappe geneem met die skep van ʼn nuwe regime vir tussengangermaatskappye, waaronder multi-nasionale beleggers hul tussengangermaatskappye kon inkorporeer. Hierdie maatskappye sou vrygestel wees van inkomstebelasting sowel as KWB, indien dit ’n suiwer houermaatskappy was sonder enige kommersiële, industriële of diensaktiwiteite van sy eie (EP Services SA, 2014). Die bedoeling van hierdie regime was om multi-nasionale maatskappye te help om nie dubbel belas (met ander woorde in hul tuisland, sowel as die land waarin hulle belê) te word nie. In realiteit is hierdie maatskappye egter gebruik om belasting te vermy deur nie in een van die twee lande belasting te betaal nie (EP Services SA, 2014). Hierdie regime het nie net vir die belegger ’n voordeel ingehou nie, maar ook vir die regering aangesien die regering gebaat het uit ’n jaarlikse registrasiefooi van 0.2% van die ekwiteit van die maatskappy (EP Services SA, 2014).

Volgens Palan (2009) het ’n klein hoeveelheid lande, gelei deur Switserland, gedurende die 1920’s en 1930’s begin om naam vir hulself as belastingtoevlugsoorde te maak. Liechtenstein het in 1924 die Switserse frank as geldeenheid aangeneem en het ook sy landswette begin proklameer. Liechtenstein het ’n maatskappy aangebied wat geen vereistes of beperkinge gehad het rakende die nasionaliteite van die houers van aandele nie. Hierdie maatskappye was ook van inkomstebelasting vrygestel indien dit slegs as ’n finansiële houermaatskappy besigheid gedoen het (Lawandtax-news, s.a.). Buitelandse inwoners kon dus vrylik maatskappye in Liechtenstein stig sonder om belasting te betaal. In 1934 is die Switserse Bankwet in werking gestel om die Switserse bankstelsel te beskerm. Hierdie wet het vereis dat daar geheimhouding van alle banksake moet plaasvind, met spesifieke verwysing na artikel 47 van hierdie wet (Banking Act, 1934 in Packer, 2012). Hierdie geheimsinnige bankstelsel was veral gewild onder nie-inwoners aangesien hulle geld in Switserland kon belê sonder dat die regering van die land waarvan hulle belastinginwoners was daarvan bewus was (Packer, 2012). Switserland kon dus moontlik weens hierdie rede as ’n belastingtoevlugsoord beskou word (Palan, 2009). Die geheimhouding van die

(26)

Switserse bankstelsel in die verlede is een van die vroeë kenmerke van belastingtoevlugsoorde, aangesien dit veroorsaak het dat lande nie effektief inligting met Switserland kon uitruil nie.

Die ontwikkeling van die moderne tipe tussengangermaatskappyregimes hou grootliks verband met die styging van belasting in die 1960’s (Palan, 2009). Volgens Palan (2009) het die Caymaneilande in 1966 ’n stel wette, insluitend die Banks and Trust Companies Regulation Law, Trusts Law en Exchange

Control Regulations Law, in werking gestel, asook die Companies Law in 1960. Hierdie wetgewing het,

onder andere, belastingvoordele, soos lae inkomstebelastingkoerse, aan beleggers gebied; gevolglik het direkte belegging in hierdie land gegroei weens die styging van belasting in ander wêreldlande. Die Caymaneilande het dus merkwaardige groei getoon en is vandag nog een van die grootste finansiële sentrums in die wêreld (Palan, 2009). Sedert die 1960’s het ’n aantal vooruitstrewende tussengangermaatskappylande ook sogenaamde buitelandse finansiële sentrums (BFS’s) (offshore

financial centres) ontwikkel (Palan, 2012). Hierdie sentrums ontvang ongeveer 30% van die wêreld se

totale direkte buitelandse beleggings (Palan et al., 2010:5). BFS’s word oor die algemeen omskryf as die markte waarin finansiële deelnemers toegelaat word om fondse in te samel van nie-inwoners om dit te belê waar hierdie fondse onder andere aan ander nie-inwoners geleen kan word, sonder enige ingewikkelde regulasies en belastingimplikasies (Palan, 2012). Sommige van hierdie moderne

tussengangermaatskappylande, soos die Caymaneilande, het bekend begin raak as

belastingtoevlugsoorde as gevolg van die belastingbesparings wat dit tot gevolg gehad het (Palan, 2012). Volgens Booijink en Weyzig (2007:1) is BFS’s en belastingtoevlugsoorde nouverwant aan mekaar, alhoewel elke jurisdiksie nie noodwendig in altwee die kategorieë sal val nie. Dit is ook soortgelyk aan mekaar indien oorweeg word dat die meeste jurisdiksies wel, tot ’n sekere mate, oor eienskappe van ’n belastingtoevlugsoord of BFS beskik, maar nie noodwendig as ’n suiwer belastingtoevlugsoord of BFS geklassifiseer sal word nie. Die beduidendste eienskap van belastingtoevlugsoorde is dat die wette gebruik kan word om belasting van ander jurisdiksies te vermy of te ontduik, terwyl BFS’s wette het wat spesifiek ontwerp is vir die doel om beleggers te lok om daar te belê; dit vorm ’n integrale deel van die jurisdiksie se ekonomie (Booijink & Weyzig, 2007:1).

Tabel 2 dien as opsomming om te verduidelik hoe elke regime verskil van en ontwikkel het uit die vorige regime, in die geskiedenis van die ontstaan van die belastingtoevlugsoorde en tussengangermaatskappy-regimes:

Tabel 2: Ontwikkeling van tussengangermaatskappyregimes

Naam van regime Hoe dit van die vorige regime verskil en daaruit ontwikkel het

New Jersey en Delaware belastingtoevlugsoorde

Hierdie regime is gekenmerk deur maklike-inkorporasie-reëls en lae korporatiewe belastingkoerse (Packer, 2012; Palan, 2009).

(27)

Britse virtuele-inwoner-regime

Hierdie regime het die virtuele-inwoner-konsep voorgestel, wat geen korporatiewe belasting tot gevolg gehad het (Palan, 2009).

1929 Luxemburg tussengangermaatskappy -regime

Hierdie maatskappye is van inkomstebelasting sowel as KWB vrygestel, indien dit ʼn suiwer houermaatskappy was sonder enige kommersiële, industriële of diensaktiwiteite van sy eie (EP Services SA, 2014). Dit het spesifieke vereistes gehad, waaraan die maatskappy moes voldoen voordat dit in werking kon tree.

1930 Liechtenstein-regime

Liechtenstein het ʼn maatskappy aangebied wat geen vereistes of beperkings rakende die nasionaliteite van die houers van aandele gehad het nie en buitelandse inwoners kon dus vrylik maatskappye in Liechtenstein stig om belasting te bespaar (Palan, 2009).

1934 Switserland-regime Hierdie ontwikkeling in die geskiedenis van die

tussengangermaatskappyregime het een van die belangrikste eienskappe van

ʼn belastingtoevlugsoord tot gevolg gehad, naamlik dat die lande nie effektief

inligting met ander lande oor die voordele wat belastingpligtiges ontvang kan uitruil nie (Legwaila, 2010:120).

1966 Caymaneilande Die Caymaneilande het die ontstaan van die BFS’s in die 1960’s tot gevolg gehad (Palan, 2012). Hierdie BFS’s en belastingtoevlugsoorde is nouverwant aan mekaar en het moontlik bygedra tot die ontstaan van skadelike belastingpraktyke, wat ’n fundamentele aspek van die hedendaagse tipe tussengangermaatskappye geword het. Dit het ook finansiële stelsels tot gevolg gehad wat die verspreiding van fondse moontlik gemaak het.

(Bron: Outeur)

Die belangrike eienskappe van ’n tussengangermaatskappy wat in hierdie onderafdeling geïdentifiseer is, is dat die tussengangermaatskappy tot ’n belastingbesparing vir die belegger behoort te lei – hierdie is een van die oorspronklike redes waarom tussengangermaatskappye ontstaan het. ’n Tussengangermaatskappy moet ook effektiewe internasionale uitruil van inligting met lande in verband met belastingaspekte hê, sodat dit nie as ’n belastingtoevlugsoord gesien word nie, in teenstelling met Switserland se ontoelaatbare, geheime banksake wat in die verlede gehandhaaf is. Die tussengangermaatskappy moet ook maklik geïnkorporeer kan word. Verder moet die tussengangermaatskappy ook voordele vir beide die regering en die belegger inhou, aangesien dit nie suksesvol sou wees indien een van die partye benadeel word nie.

(28)

Die land waarin die tussengangermaatskappy geleë is, moet uiteraard ook ’n voordeel vir die aanbied van so ’n regime ontvang, bo en behalwe die voordele wat dit vir die belegger moet inhou. Die volgende gedeelte bespreek hierdie voordele wat ’n tussengangermaatskappy vir die land waarin dit geleë is, bied. Die voordele wat die tussengangermaatskappy vir die belegger inhou, word daarna in afdeling 2.4 bespreek, terwyl die teenvermydingsbepalings van die regering in die afdelings daarna bespreek word.

DIE VOORDEEL WAT DIE TUSSENGANGERMAATSKAPPYREGIME VIR DIE TUSSENGANGERLAND INHOU

Die regerings van die lande wat hierbo in afdeling 2.2 bespreek is, het die regimes ontwikkel omdat so ’n tussengangermaatskappyregime buitelandse direkte belegging na die land lok, wat, op sy beurt, die ekonomie bevorder (Weigel et al. in Legwaila, 2010:4). Volgens Legwaila (2010:4-6) het ’n ekonomie tussengangermaatskappye nodig om dit te stimuleer en om konstante ekonomiese aktiwiteite in daardie land te laat plaasvind. Die tussengangermaatskappy het nie noodwendig ’n direkte belastinginkomste vir die land waarin dit geleë is tot gevolg nie, maar kan indirek voordele vir die land inhou. Die tussengangermaatskappye is baie tegnies en het hooggeskoolde werknemers nodig om dit te bestuur. Hierdie persone verdien ’n bogemiddelde salaris, wat dan aan luukse items soos privaatskole en duur restaurante, huise en motors spandeer word. Hierdie verhoogde salarisse sal dan op hul beurt weer ’n toename in werknemersbelasting tot gevolg hê, asook ’n toename in belasting op toegevoegde waarde (BTW) wanneer die werknemers hul geld op goedere spandeer. Die teenwoordigheid van die tussengangermaatskappy kan ook die reputasie van die land verbeter, wat ’n toename in toerisme en ander direkte belegging kan veroorsaak. Die voordele wat die tussengangermaatskappy dus inhou, is hoofsaaklike indirek as gevolg van die ekonomiese stimulasie wat dit in die land kan veroorsaak (Legwaila, 2010:4-6). Die tussengangermaatskappy moet egter ook, soos in die vorige afdeling bespreek, voordele vir die belegger inhou om suksesvol te kan wees en belegging te lok tot voordeel van die regering. Dit is dus noodsaaklik om die doelwitte uit die oogpunt van die belegger te bespreek om te bepaal watter eienskappe ’n tussengangermaatskappy moet hê ten einde dit met die doelwitte van die belegger te belyn.

DOELWIT VAN DIE UITEINDELIKE HOUERMAATSKAPPY (BELEGGER)

Indien buitelandse beleggers direk in ’n land belê, kan dit tot negatiewe belastinggevolge vir die beleggers lei. Afhangende van die land waarin die buitelandse belegger wil belê, en die land waarvan die buitelandse belegger ʼn inwoner is, kan daar moontlik dubbelbelasting op dieselfde inkomste gehef word. Dit kan byvoorbeeld plaasvind wanneer een land se regering broninkomste belas en die ander land se regering die wêreldwye inkomste (Ali, 1995). Beleggers moet gevolglik die verskillende maniere vir belegging in ander lande oorweeg om ’n kleiner belastingaanspreeklikheid tot gevolg te hê. Daar is hoofsaaklik twee maniere vir ’n belegger om in ’n ander land te belê, naamlik deur middel van ’n tak of deur ’n aparte regsentiteit in daardie land te stig. Ongeag van watter beleggingskeuse gemaak word, kan

(29)

beleggers van ’n tussengangermaatskappy-struktuur gebruik maak omdat dit ’n belastingvoordeel kan inhou. Om hierdie doelwit te bereik moet die tussengangermaatskappy nie ’n addisionele laag belasting vir die groep van maatskappye tot gevolg hê nie. Verder moet die stuktuur dan ook tot ’n algehele belastingvoordeel vir die belegger lei. Hierdie is fundamentele eienskappe van ’n tussengangermaatskappyregime, uit die oogpunt van die uiteindelike houermaatskappy of belegger.

’n Belastingbesparing alleen kan egter moontlik nie vir ’n belegger voldoende wees indien die buitelandse valuta (winste) wat gemaak is, in die buiteland vasgekeer bly nie. Dit sal meer voordelig vir die belegger wees indien dit vrylik buitelandse valuta vanaf die bronland na die land van uiteindelike belegging kan neem. Indien daar sekere beperkings op die beweging van buitelandse valuta uit ‘n land is, wat deur die tussengangerland gebruik word om die stabiliteit van sy eie geldeenheid te behou (Douglas, 2014), behoort die tussengangermaatskappyregime bepalings te bevat wat hierdie beweging van geld vergemaklik. Hierdie is ’n verdere eienskap wat teenwoordig moet wees uit die oogpunt van die belegger sodat die buitelandse valuta wat die belegger ontvang nie vasgevang word in die bronland nie.

Die fundamentele eienskappe van ’n tussengangermaatskappy wat in hierdie onderafdeling bespreek is, is dat daar nie onnodige beperkings op die vloei van buitelandse valuta op die tussengangermaatskappy van toepassing moet wees nie. Tweedens moet ’n addisionele laag belasting nie gehef word nie, sodat die tussengangermaatskappyregime-struktuur tot ’n belastingbesparing vir die belegger kan lei.

Daar is verskillende maniere waarop die regering van die land waar ’n tussengangermaatskappy aan belasting onderhewig is, hierdie addisionele belasting kan hef wat in teenstelling met die fundamentele eienskap van belastingbesparing is. Hierdie verskillende maniere of meganismes om inkomstebelasting te bespaar en ’n addisionele laag belasting te vermy word in die volgende afdeling bespreek.

MEGANISMES UIT DIE LITERATUUR OM DIE BELEGGER SE DOELWITTE TE BEREIK

2.5.1 Belastingbesparing

Soos in afdeling 2.4 beskryf, is een van die primêre eienskappe van ‘n tussengangermaatskappy, uit die oogpunt van die belegger, om ‘n inkomstebelasting besparing tot gevolg te hê. Beleggers gebruik daarom dikwels tussengangermaatskappye vir belegging in ander lande, aangesien hierdie tussengangerlande tot belastingvoordele kan lei omdat hulle, onder andere, onderhewig is aan DBO’s (OECD, 2012). Hierdie tussengangermaatskappye kan byvoorbeeld voordeel trek uit ’n DBO met die oorspronklike land van die belegger en die bronland, wanneer daar byvoorbeeld geen DBO tussen die oorspronklike land van die belegger en die bronland is nie. Die DBO’s kan ook verlaagde terughoudingsbelastingkoerse op inkomste tot gevolg hê.

(30)

Hierdie tussengangers kan inkomste ontvang in die vorm van onder andere dividende, rente, tantième en/of bestuursfooie vanaf die bronland, en kan dit aan die land van uiteindelike belegging uitkeer (Joosub, 2012:24). Die tussengangermaatskappy word gebruik om as deurvloei van fondse vanaf die bronland na die belegger te dien, en het normaalweg nie wesenlike aktiwiteite van sy eie, behalwe die verskaffing van lenings, intellektuele eiendom en dienste, wat hierdie tipe inkomste tot gevolg het nie. Die tussengangermaatskappye kan die aard van hierdie inkomste verander (byvoorbeeld van rente na dividende) en kan gevolglik ’n laer belastingkoers tot gevolg hê. Indien rente, byvoorbeeld, in ’n tussengangerland betaal word, en aftrekbaar vir inkomstebelasting is, maar dit as dividende ontvang en belas word in uiteindelike houermaatskappy (vrygestel), kan geen belasting op hierdie rente of dividende in die groep betaal word nie. Die belegger sal dus ’n situasie wil hê waar die aard van die inkomste so gemanipuleer of verander word dat dit tot die laagste belastingkoers sal lei. Die belegger sal verder ook wil hê dat daar geen wese-vereistes aangaande die onderliggende bates moet wees wat sal verhoed dat sekere tipe inkomste verklaar moet word nie, aangesien die teenwoordigheid van sulke vereistes tot hoër inkomstebelasting kan lei.

2.5.2 ’n Addisionele laag belasting1

Die tussengangermaatskappy self moet ook nie ’n addisionele laag belasting vir die belegger tot gevolg hê nie, soos in afdeling 2.4 genoem, bo en behalwe die belastingbesparing wat dit moet inhou. Daar is verskeie meganismes om hierdie addisionele laag belasting te verhoed. Die belasbaarheid van die inkomste wat die tussengangermaatskappy ontvang, kan ’n groot invloed op die inkomstebelastingkoers hê en daarom moet hierdie belasting tot ’n minimum beperk word. Die terughoudingsbelasting wat gehef word, moet ook so min as moontlik wees, aangesien die hoofdoel van ’n tussengangermaatskappyland se regering nie is om belasting te hef nie, maar eerder om belegging na die land te lok vir die indirekte voordele wat dit kan ontvang (Legwaila, 2010:4-6). Hieronder is ’n uiteensetting van die moontlike meganismes wat die land waarin die tussengangermaatskappyregime geleë kan gebruik ten einde hierdie addisionele laag belasting te verhoed:

• Vrystelling van dividende ontvang

• Vrystelling van ander passiewe inkomste

• Vrystelling van kapitaalwins (KWB)

• Vrystelling van terughoudingsbelasting op dividende

• Vrystelling van terughoudingsbelasting op ander passiewe inkomste (Honiball & Killoran, 2011b:38)

(31)

’n Volgende addisionele laag belasting kan moontlik deur BBM-wetgewing tot die tussengangermaatskappystruktuuk bygevoeg word. BBM-wetgewing word deur verskeie lande gebruik om te voorkom dat inkomste na lande wat lae of geen belasting hef nie, geskuif word, en voorkom gevolglik die verkleining van ’n land se belastingbasis. Verskillende lande het verskillende reëls aangaande BBM’e, maar die meeste reëls kom daarop neer dat beleggers op hul proporsionele deel van die passiewe inkomste2 in die bronland belas moet word (Lyons, 2014:1). Indien ’n bronmaatskappy,

wat byvoorbeeld ’n belastingtoevlugsoord kan wees, nie enige inkomste aan die

tussengangermaatskappy verklaar nie, sal die tussengangermaatskappy op die totale passiewe inkomste van die maatskappy in die belastingtoevlugsoord belas word, beperk tot die tussengangermaatskappy se proporsionele persentasie belang in daardie maatskappy indien BBM-wetgewing van toepassing is. Indien die tussengangermaatskappy byvoorbeeld 60% van aandele in die belastingtoevlugsoordland besit, sal dit op 60% van die buitelandse maatskappy se passiewe inkomste belas word (Legwaila, 2010:97). Die afwesigheid van BBM-wetgewing is dus ’n meganisme wat in ’n tussengangermaatskappyregime teenwoordig moet wees, aangesien die afwesigheid van so ’n meganisme die regime omvêr sal werp en ’n addisionele laag belasting tot gevolg sal hê.

Indien die tussengangermaatskappy egter wel aan ’n addisionele laag belasting, soos hierbo in afdeling 2.4 bespreek, onderhewig is, sal dit die voordeligste vir die belegger wees indien daar aan die tussengangermaatskappy ’n belastingkrediet of -korting toestaan word wanneer daar dubbelbelasting op buitelandse inkomste gehef word, aangesien hierdie korting of krediet die wêreldwye inkomstebelasting kan verminder.

Gebaseer op die voorgenoemde bespreking, is die volgende fundamentele eienskappe uit die oogpunt van die belegger, asook die meganismes om aan bogenoemde fundamentele eienskappe te voldoen geïdentifiseer, soos in tabel 3 uiteengesit.

Tabel 3: Fundamentele eienskappe en meganismes uit die oogpunt van die belegger

Fundamentele eienskappe geïdentifiseer (afdeling 2.4)

Meganismes om aan fundamentele eienskappe te voldoen (afdeling 2.5)

1. Die vloei van buitelandse valuta moet nie beperk word nie.

1.1 Daar behoort geen of minimale buitelandse-valutabeheermaatreëls op die tussenganger-maatskappy van toepassing te wees nie. 2. Die

tussengangermaatskappy-regime moet tot ’n algehele

2.1 Hoe meer DBO’s gesluit is deur die land waarin die tussengangermaatskappy ʼn inwoner is, hoe

2 Indien daar egter nie kommersiële redes vir die bestaan van die BBM in die betrokke land is nie, kan die

aktiewe besigheidsinkomste (soos byvoorbeeld die verkoop van handelsvoorraad) ook moontlik deur BBM-wetgewing beïnvloed word.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

In order to gain further insight into this mixed magnetic state, temperature dependence of the magnetization M(T) in the form of field cooling (FC) and zero

Paediatricians, general practitioners, youth health care and welfare professionals, pathologists, forensic physicians, social workers and others with an interest in child

For the feature ranking and selection procedures, it is not surprising that CAD score is the most relevant fea- ture for the combined strategy, as it is a complete screening strategy

An overall conclusion as to the moderation effects found in this master thesis might be that intensive leadership, whether it is transformational or transactional, will not work for

The aim of this study is to identify any major factors and their interrelationship that could affect HCWs’ adoption of a website for communicating infection control guidelines, and

Therefore, the MsAMS approach comprises: (i) a formal representation of the solution which allows its automatic computation, in our case, the representation of an attack step in

Mapping that application onto a hierarchical tiled architecture requires partitioning and clustering, such that each basic operations can be executed on one tile in the system..

The aim is to provide a view based approach on access- ing and processing data supporting a more generic infras- tructure to integrate processing steps from different orga-