• No results found

GEVOLGTREKKINGS, SAMEVATTING EN AANBEVELINGS

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "GEVOLGTREKKINGS, SAMEVATTING EN AANBEVELINGS "

Copied!
35
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

HOOFSTUK 8

GEVOLGTREKKINGS, SAMEVATTING EN AANBEVELINGS

8. 1 INLEIDING

Die doel met hierdie studie was om vas te stel met watter veranderlikes en met watter mate van sukses die akademiese prestasie van swart leerlinge voorspel kan word. Om hierdie doel te bereik, is die gesamentlike bydrae van die kognitiewe, nie- kognitiewe en biografiese veranderlikes tot die voorspelling van prestasie in

afsonderlike voorspelling

standerd tien bestudeer. Daar is ook gekyk na die bydraes wat hierdie veranderlikes tot die (met inagneming van die invloed vau kontroleveranderlikes), lewer. In die verskillende analises het die kognitiewe veranderlikes uit aanleg (verbaal en nie-verbaal), en vorige prestasie (standerd 8-totaal) bestaan: die nie- kognitiewe veranderlikes uit belangstelling en persoonlikheid, en die biografiese veranderlikes uit geslag, taalgroep en woonarea.

Die resultate van die analises wat gedoen is om die hipoteses te toets, word in die eerste deel van hierdie hoofstuk bespreek.

Dit word vergelyk met die resultate van die literatuurstudie en gevolgtrekkings word daaruit gemaak.

In die tweede deel van die hoofstuk word 'n samevatting van die hele studie gegee. Enkele implikasies word aangetoon en aanbevelings word gcmaak.

298

(2)

8.2 GEVOLGTREKKINGS

8.2.1 DIE BESTE VOORSPELLERS VAN PRESTASIE IN STANDERD TIEN

Die oorhoofse doelstelling met die ondersoek was om daardi~

veranderlikes te identifiseer wat die akademiese prestasie van swart leerlinge die beste voorspel. Met die oog hierop is analises gedoen om die qroep A-hipoteses te toets. Daar is bevind dat die deelversamelings van beste voorspellers, uit sowel kognitiewe as nie-kognitiewe en biografiese veranderlikes bestaan (vergelyk paragraaf 7.4.4). Oit was die bevinding ten opsigle van al die afhanklike veranderlikes; 'n bevinding wat in lyn m~t

die resultate van navorsers soos Bloom (1976), Schoeman (1981) en Monteith (1983), is. Hierdie navorsers is dit eens dat akademiese prestasie 'n komp1ekse verskynsel is wat deur 'n verskeidenheid veranderlikes voorspe1 word. By hierdie verskeidenheid word inges1uit kognitiewe verander1ikes, sowel as ander verander1ikes soos die biografiese (geslag, woonarea, taa1groep) en die nie-kognitiewe veranderlikes (be1angstelling en persoonlikheid) (vergelyk paragraaf 4.5).

Voorts is daar met die analises b~vind dat die dee1versamelings van beste voorspellers vir die verskil1ende afhanklike veranderlikes nie diese1fde is nie, en dat die verskillende standerd 10-vakke ook verskil in hulle voorspelbaarheid (vergelyk paragraaf 7.4.4.3). Hierdie bevinding bevestig die algemeen aanvaarde feit wat deur Venter (1983), Bloom (1976), Von Mol1endorf (1978) en baie ander ondersteun word, naam1ik dat skoo1vakke uniek is. om vanselfsprekende red~s kan aanvaar word dat vir geen twee skoo1vakke, die dee1verame1ings van beste voorspellers, presies dieselfde sal wees nie.

Die verski1le tussen skoolvakke blyk voorts ook duidelik uit die

mates van voorspelbaarheid. Die resultate van hierdie ondersoek

(3)

dui daarop dat prestasie in Engels die beste op grand van die beskikbare onafhanklike veranderlikes voorspel kan word en prestasie in Mo~dertaal die swakste (vergelyk paragraaf 7.4.4.3).

Hierdie bevinding strook deels met di€ van Von Mollendorf (1978:282), Swanepoel (1975:290) en Schoeman (1981:271) wat almal bevind het dat prestasie in taalvakke (spesifiek Afrikaans en Engels) makliker voorspe1baar is (vergelyk paragraaf 4.5.6).

Vakke soos Biologie en Geskiedenis is byvoorbeeld deur Von Mollendorf (1978:227) en Schoeman (1981:271) as vakke uitgewys wat moeiliker voorsp~lbaar is (vergelyk paragraaf 5.2.3). Dit is in teenstelling met die bevinding hier dat prestasie in die Moedertaal die moeilikste voorspelbaar is. Hierby is ook in hierdie ondersoek gevind dat Geskiedenis minder goed voorspelbaar is, en dat Biologie se voorspelba~rheid verge1yk met die van Afrikaans (vergelyk paragraaf 7.4.4.3). Vir hierdie bevindinge ten opsigte van die verskille in vakke se voorspe1baarheid, kon verder nie bevestiging uit die literatuur verkry word nie.

Verklarings daarvoor is verder gesoek in die besondere veranderlikes wat in die deelversamelings van beste voorspellers van prestasie in die onderskeie standerd 10-v~kke opgeneem is

(vergelyk paragraaf 7.4.4.3).

Die ondersoek na die kombinasie van verander1ikes wat in die beste deelvcrsamelings van voorspellers van prestasie in standard tien opgeneem is, toon dut die kognitiewe veranderlikes deurgaans sterk figureer en in al die gevalle behalwe Geskiedenis en Biologie, die grootste bydrae tot R 2 van die dee1versamelings 1ewer. Die bevinding dat die kognitiewe veranderlikes sterk as

voors~cllers figureer, was te wagte

1

want sowel aanleg (verbaal en nie-verbaal) as vorige prestasie, is as kognitiewe veranderlikes inges1uit. Beide veranderlikes

1

soos ook in die literatuurstudie bevind (vcrgelyk paragraaf 5.4)

1

is kognitiewe veranderlikes wat goeie voorspellers van prestasie is. Dieselfde feit blyk oak uit die resultate van Penny (1982:23)

1

Von

~lollendorf (1978:22), Schoeman (1976:7), Ngobeni (1984:108) en ander (verge1yk paragraaf 5.4.3).

Voorts is bevind dat die be1angstellingsfaktore binne die deelversamelings van beste voorspel1ers, duideliker ten opsigte

300

(4)

van standerd 10-totaal en Geskiedenis as voorspellers die ander

figureer, afhanklike en nie 'n noemenswaardige rol by

veranderlikes speel nie (vergelyk paragraaf 7.4.6). Die feit dat belangstelling binne die deelversamelings van beste voorspellers 'n beperkte rol speel, word toegeskryf aan die beperkings van die meetinstrument (die BBV) wat ni~ spesifiek belangstellings in die skoolvakke meet nie, maar eerder belangstelling in aktiwiteite meet wat indirek met die skoolvakke ter sprake verband hou (vergelyk paragraaf 8.2.3.2). Verder dui die resultate daarop dat die persoonlikheidsfaktore 'n meer prominente rol as voorspellers speel, want dit is in al die deelversamelings van beste voorspellers opgeneem, behalwe by Moedertaal.

Die bevinding dat die nie-kognitiewe veranderlikes en spesifiek die persoonlikheidsfaktore wel binne die deelversamelings van beste voorspellers figureer, strook met die verwagtings soos gemotiveer in paragraaf 5.6.6. Daarvolgens is verwag dat leerlinge se belangstelling en persoonlikheid wel medebepalend vir akademiese prestasie kan wees. Hierdie bevinding is skynbaar in teenstelling met die gevolgtrekking van Von Mollendorf (1978).

Daarvolgens figureer belangstelling en persoonlikheid in sy data- analise& glad nie as voorspellers van die akademiese prestasie van swart leerlinge nie. In hierdie verband is in paragraaf 5.6.4 ook die gevolgtrekking van Sch00man (1976:8) aangehaal waarvolgens daar nie 'n konsekwente patroon van persoonlikheidstrekke is wat met akademiese prestasie verband hou nie. Die verskil tussen hierdie gevolgtrekkings en die bevindinge in die onderhawige studie, kan waarskynlik toegeskryf word aan die feit dat daar in die analises van hierdie studie vir die invloed van kognitiewe en biografiese veranderlik<es gekontroleer is (v~.;rgelyk paragraaf 7. 4. 2) • Anders as wat die geval is by die navorsers na wie verwys is, is hier met faktorveranderlikes gewerk en die data is geanaliseer deur alle moontlike meervoudige regressies te ond·~rsoek (v~rgelyk paragraaf 6.7.2). Daardeur is gepoog om veranderlikes wat ortogonaal is en wat die faktore in die data verteenwoordig, in die meervoudig0 regressieanalises in te sluit. In die anolises is die bydraes van die nie-kognitiewe veranderlikes bepaal naas die van sowel dif~

kognitiewe, as die biografiese veranderlikes; 'n prosedure wat

(5)

die relatiewe b~langrikheid van voorspellers naas al die ander uitwys en wat nie deur navorsers soos Schoeman en Von Mollendorf gebruik is nie.

Benewens die bevinding dat kognitiewe en nie-kognitiewe veranderlikes in die deelversameling van beste voorspellers opgeneem is, is daar ook bevind dat sekere biografiese veranderlikes 'n rol as voorspellers van akademiese prestasie kan speel. Die

taalgroep 2

resultate dui daarop dat geslag, woonarea en (Zoeloe/nie-Zoeloe) die meeste voorkom in die deelversameling van beste voorspellers na

afhanklike veranderlikes (vergelyk paragraaf

die verskillende 7. 4. 4. 2) • Oar hierdie drie veranderlikes kon daar nie in die literatuur eksplisiete aanduidings gekry word van die rol van elk naas ander leerlingveranderlikes as voorspellers van akademiese prestasie nie. Dit wil egter voorkom asof die insluiting van geslag, woonarea en taalgroep in die deelversamelings van beste voorspellers wel korreleer met die bevindinge van navorsers soos Malan (1981) en Chamberlain (1982). Hierdie navorsers het aangetoon dat taalgroep tot verskille

lei. Navorsers soos Kendall, et al.

in akademiese prestasie (1987?) en Von Mollendorf (1978) het daarby oak aangetoon dat woonarea (stad/platteland) en geslag tot verskille in akademiese prestasie kan lei (vergelyk paragraaf 4.3).

Op grand van die voorgaande kan tot die slotsom gekom word dat die deelversameling van beste voorspellers van die akademiese prestasie van swart leerlinge bestaan uit die kognitiewe veranderlikes (met vorige prestasie en verbale aanleg wat sterk figureer), die nie-kognitiewe veranderlikes (met persoonlikheid en in enkele gevalle belangstelling wat minder sterk figureer), en die biografiese verar.derlikes (geslag, woonarea en taalgroep).

Ten opsigte van die mate van sukses waarmee voorspel is, dui die resultate van hierdie ondersoek daarop dat, alhoewel 'n verteenwoordigende spektrum van veranderlikes as voorspellers in die ondersoek il~~sluit is, betreklik lae R~-waardes wat varieer van 0,1521 tot 0,3974, opgelewer is. Dit beteken dat die akademiese prestasie van swart leerlinge in standerd tien met

302

(6)

behulp van die veranderlikes wat in hierdie ondersoek as voorspellers gedien het, met 'n beperkte mate van sukses voorspel kan word. Dit beteken ook dat daar 'n groot hoeveelheid onverklaarde variansie is, wat impliseer dat die bronne van variansie buite die veranderlikes waarop die R 2 -waardes van hierdie ondersoek gebaseer is, 11. Hierdie bevinding staan in teenstelling met die van byvoorbeeld Schoeman (1981), Scott (1984), Monteith (1983) en ander wat spesifiek by blanke leerlinge daarin kon slaag om met vergelykbare veranderlikes tot soveel as 60 persent van die variansie in akademiese prestasie te kon verklaar.

Die bevinding dat betreklik lae R 2 -waardes opgelewer is, kan aan verskeie moontlike oorsake toegeskryf word. Die belangrikste i;.

waarskynlik die keuse van voorspellurveranderlikes wat in die analises ingesluit is. Die analises is tot die beskrewe veranderlikes beperk, aangesien dit al die veranderlikes is wat in die beskikbare datastel, soos beskryf in paragraaf 6.5, gemeet is. Dit word aanvaar dat 'n groter spektrum van veranderlikes beter voorspellings sal oplewer. Veranderlikes hier ter sprake, is milieuveranderlikes (veryelyk paragraaf 4.5.5) en ook die nie- toetsveranderlikes wat swart leerlinge se prestasie in psigometriese toetse medebepaal (vergelyk paragraaf 3.5, 5.5.3.1 en 5.6.4.3). Hierdie faktore is in die literatuurstudie uitgewys as problematies by die voorsp.,lling van akademiese prestasies in ontwikkelende Iande (v&rgelyk paragraaf 3.5). Dit kon wec•ns praktiese beperkings nie vir die ondersoek ingesluit word nie, en 'n aanbeveling vir verdere navorsing in hierdie verband word in paragraaf 8.6.2 gemaak.

Samevattend kan die gevolgtrekking gemaak word dat di&

deelversamelings van beste voorspullers van 10-prestasies van swart luerlinge uit 'n

die standerd kombinasie van kognitiewe, nie-kognitiewe en biografiese veranderlikes bestaan.

Hierdie kombinasies verskil van"skoolvak tot skoolv~k, en hoewel

die kognitiewe veranderlikes in die meeste gevalle konsekwent die

grootste bydrae binne die beste deelversamelings lewer, is elke

kombinasie van beste voorspellers per afhanklike veranderlike

uniek. Ten slotte word die gevolgtrekking gemaak dat die

(7)

bestaand~ meetinstrumente asook die besondere keuse van veranderlikes in die ondersoek, waarskynlik daartoe bydra dat daar slegs met 'n b~perkte mate van sukses na die standerd 10-prestasies van swart leerlinge voorspel kan word.

8.2.2 DIE BYDRAE VAN DIE KOGNITIEWE VERANDERLIKES TOT DIE VOORSPBLLING VAN PRESTASIE IN STANDERD TIEN

In die ondersoek na die rol van kognitiewe veranderlikes as

voorspell~rs, is bevind dat verbale aanleg, nie-verbale aanleg en vorige prestasie afsonderlik en saam 'n beduidende bydrae tot die voorspelling van prestasie in al die standerd 10-vakke lewer (vergelyk paragraaf 7.4.5.6). Hierdie bydraes wat varieer van 0,0507 tot 0,2915, word gelewer naas die bydraes van die kontroleveranderlikes, wat in hierdie

veranderlikes (belangstelling en

geval die nie-kognitiewe persoonlikheid) en die biografiese veranderlikes (geslag, woonarea en taalgroep) was.

Die bevinding wat gemaak is, dui daarop dat die bydrae van die kognitiewe veranderlikes sowel statisties as opvoedkundig van 'n medium tot groot mate, beduidend is. Hierdie resultaat bevestig die feit wat algemeen deur navorsers aanvaar word (v8rgelyk Bloom 1976 en Coleman, et al., 1966), naamlik dat kognitiewe veranderlikes op sigself 'n groot beduidende bydrae tot die variansie in akademiese prestasie lewer. Navorsers verskil egter oor die presiese grootte van die bydrae. Volgens Bloom (1976:521 is die bydrae in die omgewing van 50 persent. Ten opsigte van swart leerlinge as teikengroep rapporteer Von Mollendorf

(1978:276) bydraes in die omgewing van 36 persent en hoer.

Die bydraes van ondersoek, is nog rapporteer. Dit

die kognitiewe laer as die wat

veranderlikes Bloom en Von

in hierdie Mollendorf is tot 'n groat mate 'n teleurstellende resultaat, aangesien die feit dat daar in die analises gekontroleer is vir die invloed van nie-kognitiewe en biografiese veranderlikes, die verwagting geskep het dat die kognitiewe veranderlikes 'n met ander studies vergelykbare bydrae tot die voorspelling van akademiese prestasie behoort te lewer. Die

304

(8)

resultaat strook egter met die bevindings van Drenth (1975) ~at

in paragraaf 4.5.2.1 aangehaal is en waarvolgens die verband tussen kognitiewe veranderlikes en akademiese prestasie in ontwikkelende gemeenskappe verskil van die in ontwikkelde gemeenskappe. Die laer bydraes kan waarskynlik toegeskryf word aan die invloed van nie-toetsfaktore (vergelyk paragraaf 5.2.3), en die verskille in die wyses waarop die kognitiewe veranderlikes geoperasionaliseer is. Bloom se bevinding is gebaseer op sowel die algemene as spesifieke metings van kognitiewe veranderlikes (vergelyk paragraaf 4.5.1), en Von Mollendorf se resultate is gebaseer op aanleg en vorige prestasie soos geoperasionaliseer in hoofkomponenttellings. Die felt dat daar in hierdie ondersoek met 'n ander kleiner seleksie van kognitiewe veranderlikes gewerk is, het waarskynlik die kleiner bydraes tot die voorspelling meegebring.

Hoewel die bydraes van die kognitiewe veranderlikes in hierdie studie relatief kleiner as die in ander studies is, is daar in die geheel gesien wel die ooreenkoms dat die kognitiewe veranderlike die grootste bydrae tot die voorspelling van die prestasie in taalvakke soos in hierdie geval in Afrikaans en Engels, lewer. Dit was dan ook die bevinding van Von Mollendorf (1978:211-217). Uy het bevind dat die kognitiewe veranderlikes aanleg en vorige prestasie, vir sowel seuns as dogters, 'n groter persentasie van die variansie in Afrikaans en Engels verklaar (tussen 34,57 en 51 persent), terwyl 'n relatief kleiner persentasie van die variansie in vakke soos Biologie en Geskiedenis (tussen sestien en 37 persent) verklaar word (Von Mollendorf, 1978:211-217).

Ten opsigte van die bydrae van aanleg in vergelyking met vorige

prestasie, is in hierdie studie bevind dat laasgenoemde in die

geval van al die standerd 10-vakke behalwe Engels en Geskiedenis,

'n grater bydrae as aanleg lewer. Die felt dat vorige prestasie

nie konsekwent die grootste bydrae lewer nie en dat aanleg in

twee gevalle 'n grater bydrae as vorige prestasie lewer, dien in

'n bepaalde sin as empiriese bevestiging vir die kontroversie in

die literatuur oor die aanleg/prestasie-onderskeid. In paragraaf

5.4.2 is hierna verwys. Dit blyk dat die resultate van hierdie

(9)

ondersoek wel ondersteuning bied vir die standpunt van onder andere Jencks, et al. (1983) en Slack en Porter (1980) dat aanlegtoetse ook as metings van vorige kennis en prestasie dien

(verge1yk paragraaf 5.4.2.2).

Die resu1tate van hierdie ondersoek strook voorts ook met die resultate van Von Mollendorf (1978:273) wat oak aangetoon het dat vorige prestasie in die meeste gevalle 'n beter voorspe1ler, behalwe in die geval van Afrikaans, is. Hierdie resultate is egter nie heeltemal vergelykbaar nie, aangesien Von Mollendorf met 'n ander seleksie van aanleg- en vorige prestasieveranderlikes gewerk het en ook nie vir die invloed van biografiese en nie-kognitiewe veranderlikes gekontroleer het nie

(vergelyk paragraaf 5.4.3).

Die bevindinge van hierdie ondersoek lei tot die gevolgtrekking dat die kognitiewe veranderlikes, naas die nie-kognitiewe en biografiese veranderlikes, 'n beduidende bydrae tot die voorspelling van die prestasie van swart leerlinge in standerd tien lewer. Hierdie afsonderlike en gesamentlike bydraes is deurgaans van groot opvoedkundige beduidendheid in die geval van stand8rd 10-tctaal, Afrikaans en Engels. In die geval van Moedertaal, Geskiedenis en Biologie is die bydraes van 'n medium tot klein mate opvoedkundig-beduidend. In die geheel gesien is hierdie bydraes kleiner as die in ander studies, waarskynlik vanwee die invloed van faktore wat, soos in ander ontwikkelende lande, die akkuraatheid van akademiese prestasievoorspelling be!nvloed (vergelyk die werk van Drenth, et al., 1979 en paragraaf 4. 5. 6).

8.2.3 DIE BYDRAE VAN DIE NIE-KOGNITIEWE VERANDERLIKES TOT DIE VOORSPELLING VAN STANDERD 10-PRESTASIE

8.2.3.1 Inleiding

Uit die literatuurstudie het dit geblyk dat sowel belangstelling as persoonlikheid, betreklik lae verbande met akademiese

306

(10)

prestasie toon. Daar bestaan beperkte navorsingsresultatP ten opsigte van swart leerlinge as teikengroep, maar die verwagting is gestel dat belangst~lling en persoonlikheid sowel onafhanklik as saam 'n bydrae sal lewer tot die voorspelling van die standerd 10-prestasie van swart leerlinge (vergelyk paragraaf 5.7.5).

In die paragrawe verder aan word die besondere resultate wat in hierdie verband verkry is, bespreek.

8.2.3.2 Die bydrae van belangstelling tot die voorspelling van swart leerlinge se akademiese prestasie

In die data-analises is die bydrae van belangstelling onafhanklik en naas die bydrae van die kognitiewe en biografiese veranderlikes bepaal. Die resultate dui daarop dat belangstelling 'n beduidende bydrae tot die voorspelling van slegs die afhanklike veranderlikes standerd 10-totaal en Engels lewer. Hierdie bydrae is in elke geval volgens die statistiese en opvoedkundige kriteria vir beduidendheid, klein.

In die vergelykbare studie van Von Mollendorf (1978) is bevind dat belangstelling nie 'n noemenswaardige bydrae tot voorspelling lewer nie, en dat die grootste verbande by die vak Engels voorkom. Verder dui die resultate

~n

die literatuurstudie daarop dat daar in die algemeen voldoende

(en empiriese bewyse) vir die aanname

teoretiese oorwegings dat belangstelling 'n bydrae tot die voorspelling van akademiese prestasie kan lewer, bestaan (vergelyk paragraaf 5.5.3).

Die feit dat belangstelling in hierdie ondersoek 'n klein maar

beduidende bydrae tot die voorsp~lling van standerd 10-totaal en

Engels lewer en nie 'n beduidende bydrae ten opsigte van die

ander afhanklike veranderlikes nie, kan waarskynlik toegeskryf

word aan die kriteriumgeldgheid van die'meetinstrument. Die

bydrae van belangstelling tot die voorspelling van standerd

10-totaal en Engels, kan enersyds toegeskryf word daaraan dat die

BBV wel belangstelling in tale meet, maar andersyds ook

belangstelling in aktiwiteite wat met akademiese prestasie in die

(11)

algemeen geassosieer word (vergelyk paragraaf 6.6.2). Die gebrek aan bydrae tot die voorspelling by die ander standerd 10-vakke, dui op 'n klc>iner mate van kriteriumgeldigheid van die BBV as wat aanvanklik vermoed is.

Voorts kan die gebrekkige bydrae van die genoemde voorspellers tot die voorspelling van akademiese prestasie, ook gelee wees in die nie-toetsfaktore wat die prestasies van swart leerlinge in psigometriese toetse in die algemeen en belangstellingsvraelyste in die besonder, beinvloed (vergelyk paragraaf 5.5.3.1 en 5.6.4.3). Van hierdie faktore wat nie in hierdie ondersoek gekontroleer kon word nie, is byvoorbeeld ouderdom en milieu wat 'n invloed op die ontwikkeling van belangstelling kan uitoefen.

Hierdie faktore kon in hierdie ondersoek nie in berekening gebring word nie, aangesien die analises met 'n beskikbare datastel gedoen is wat nie metings van sodanige veranderlikes

ingesluit het nie.

Uit hierdie ondersoek kan moeilik tot 'n finale gevolgtrekking ten opsigte van die rol van belangstelling as voorspeller van swart leerlinge se akademiese prestasie, gekom word. Dit blyk wel dat belangstelling 'n bydrae tot die voorspelling kan lewer en dat hierdie bydrae waarskynlik groter kan wees indien met 'n alternatiewe meetinstrument geeksperimenteer kan word.

Aanbeveling in hierdie verband word in paragraaf 0.6.2 gemaak.

8.2.3.3 Die bydrae van persoonlikheid tot die voorspelling van swart leerlinge se akademiese prestasie

'n

Die resultate van die statistiese analises dui op 'n beduidende bydrae van persoonlikheid (naas die bydrae van die kognitiewe en biografiese kontroleveranderlikes) tot die voorspelling van swart leerlinge se prestasie in standerd 10-totaal, Afrikaans, Engels en Biologit<.

In vergelyking met di~ resultate van navorsers soos Schoeman (1981), Scott (1984), Monteith (1983), Verhage (1977) en ander, is die bydrae wat persoonlikheid tot die voorspelling van

308

(12)

akademiese prestasie lewer, egter heelwat kleiner. Waar hierdie navorsers aanvaar dat persoonlikheid in die omgewing van tussen tien en twintig persent van die variansie in akademiese prestasie kan verklaar (vergelyk paragraaf 5.6.4.2), dui die resultate in hierdie studie daarop dat persoonlikheid 'n bydrae tussen een en twee persent tot die voorspelling lewer (vergelyk tabel 7.5).

Hierdie bevinding dat persoonlikheid ten opsigte van vic1 afhanklike veranderlikes 'n klein maar beduidende bydra8 tot die voorspelling van die akademiese prestasie van swart leerlinge lewer, staan teenoor die bevinding wat Von Mollendorf (1978:278) in sy ondersoek gemaak het. Die genoemde skrywer kon naamlik geen noemenswaardige meervoudige korrelasie tussen persoonlikhoid (oak soos gemeet deur die HSPV) en akad~miese prestasie vind nie.

Hierdie verskille in resultate kan waarskynlik toegeskryf word aan die feit dat Von Mollendorf (1978) in sy ondersoek persoonlikheid saam met ander veranderlikes in hoofkomponente as voorspellcrs gebruik. In die onderhawige ondersoek is persoonlikheid as voorspeller egter afsonderlik bestudeer, terwyl vir die invloed van kognitiewe en biografiese veranderlikes gekontroleer is (vergelyk paragraaf 7.4.6.3).

Verskeie fakton: kan die oorsaak wees van die feit dat persoonlikheid in hierdie studie 'n beduidende maar heelwat klein bydrae gelewer het tot die voorspelling van die akademiese prestasies van swart leerlinge, en nie soos verwag is 'n grater bydrae gelewer het nie. Die belangrikste is waarskynlik die nie- toetsfaktore wat die prestasies van swart leerlinge in psigometriese toetse in die algemeen

persoonlikheidsvraelyste in die besonder, beinvloed.

en in

Die mate

waarin hierdie faktore 'n rol kan speel, is in paragraaf 5.6.4.3

beredeneer, waarskynlik in 'n mindere of meerdere mate ook in

hierdie ondersoek verantwoordelik vir die beperkte bydrae wat

persoonlikheid tot die voorspelling lewer. Onder hierdie faktore

word ingesluit: omgewingsfaktore, ouderdom, verwerwing van

psigometriese toetsskryfvaardighede en ander faktore wat nie in

hierdie studie in berekening gebring is nie, en wat volgens

Kendall, et al. (198 7?: 8) die psigometriese toetsprestas ies vau

(13)

swart leerlinge b~invloed. In paragraaf 8.6.2 word aanbevelings in hierdie verband gemaak.

e.2.3.4 Die bydrae van belangstelling en persoonlikheid saam en in vergelyking met mekaar tot die voorspelling van aka- demiese prestasie

Soos verwag kon word na aanleiding van die klein bydraes van belangstelling en persoonlikheid afsonderlik, toon die r~sultate

van hierdie ondersoek dat die bydraes van hierdie twee veranderlikes saam steeds klein is. Beduidende bydraes van minder as t• . .;"'e persent word ten opsigte van die voorspelling na standard 10-totaal, Afrikaans, Engels en Biologie, gelewer.

Hierdie bydraes is ook van klein tot baie klein opvoedkundige beduidendheid.

Uit die literatuurstudie het dit geblyk dat daar voldoende grande vir die insluiting van beide. veranderlikes in 'n ondersoek oor die voorspelling van akademiese prestasies is (VL,rgelyk Von Mollendorf, 1978:279). Dit is verwag dat beide veranderlikes as nie-kognitiewe veranderlikes l:iaam 'n betreklik groot bydrae tot die voorsp<clling van pre>~tasie sal lewer. Die feit dat dit nie die geval was nie, kan in 'n mindl!re of meerd.•n, mate te wyte wees aan die faktore wat enersyds die prestasie van leerlinge in die mectinstrumente bepaal, on andersyds 'n modererende effek op die verbande kan hi. Die moontlike eff~k van hierdio faktore is reeds in paragrawe 8.2.3.2 en 8.2.3.3 genoom.

Dit blyk rlus dat belangstelling en persoonlikheid saam wel 'n beduidende maar klein bydrae tot die voorsp~lling van akademiese prestasie kan lewer. Ten opsigte hiervan het Von Mollendorf ( 1978) (alle tendense in sy tc!ie navorsing in ag genome), egter tot die gevolgtrekking gekom dat beide veranderlikes weinig

waard~ vir voorcpelling hat. Volgens hom bly die waard~ van beide beperk tot die praktiese voorligtingsituasie. Die resultate van hierdie studie wys dit daarenteen duldelik uit dat uelde veranderlikes saam ten minste 'n klein en statisties- beduidende bydrae tot d~e voorspelling van prestasie in

310

(14)

versk.illende vak.ke lewer. Hierdi.., bydraes is in elke gc·val opvoedk.undig beduidend wat tog op die moontlikheid dui dat Von Mollendorf (1978) se uitspraak b<2vraagteken kan word, en dat dit.

nie-kognitiewe veranderlik.es ter sprak.e tog wel 'n noemenswaardig<2 rol in die voorspelling van swart leerlinge se prestasies, soos blyk. uit paragraaf 7.4.6.4, in veral die taalvak.k.e Afrikaans en Engels speel.

In hierdie ondersoek is voorts ook vasgestel dat persoonlikheid in die geval van vier van d1e ses afhanklike veranderlikes (almal behalwe Engels en Biologie) 'n groter bydrae tot die voorspell1ng as belangstelling lewer. Ten opsigte van die relatiewe verskill~

in die bydraes van belangstelling en persoonlikheid kon daar nie uit die literatuurstudie besliste afleidings gemaak word nie.

Die verwagting dat persoonlikheid 'n groter bydrae as belangstelling sal lewer, is wel gestel op grond van die aanname dat persoonlikheid basies is en vir belangstelling medebepalend is. Met die bevinding van hierdie studie word daarrnee volstaan, en dit is dat persoonlikheid 'n groter bydrae tot die voorspelling van standerd 10-prestasies as belangstelling lewer.

8.2.4 GESLAG, WOONAREA EN TAALGROEP AS VOORSPELLERS VAN PRESTA- SIB

In die ernpiriese ondersoek is voorts op die rol van drie biografiese veranderlik.es as voorspellers gefokus. Daar is bevind dat geslag 'n beduidende bydrae tot die voorspelling van prestasie in 10.tanderd 10-totaal, Afrikaans, Mo"dertaa 1 en Biologie, lewer. Hierdie bydraes is deurgaans in 'n klein mate opvoedkundig-beduidend, en word gelewer met die kognitiewe en nie-kognitiewe

berekening.

veranderlik.es as kontroleveranderlikes, in

Die resultate ten opsigte van die rol van geslag as voorspeller, bevestig grootliks die bevinding wat in hierdie verband uit die literatuurstudie gemaak is (v~rgelyk paragrawe 4.3.1 en 4.5.3).

Daarvolgens blyk. di t da t daar wel geslagsversk.i lle in di.,

akademiese prestasie van swart leerlinge is. Hierdi~ verskill<· 1s

(15)

in studies uitgc=wys wat nie hoofsaaklik onderneem is om geslagsverskille in akademiese prustasie te bestudeer

Voorts bestaan daar as gevolg van navorsingsresultate onduidelikheid oor die geslag in die meting van byvoorbeeld belangstelling (vergelyk paragrawe 5.5 en

'n gebrek pr.,siese rol persoonlikhoid 5. 6) • Vanwee

nie.

a an van en die onduidelikheid van die tendense in die literatuur, is die analises met die oog op voorspelling van meet af nie vir die verskillende geslagte apart gedoen nie. Daar is eerder besluit om geslag as voorspellerveranderlike in die studic in te sluit en dan indien dit wel as voorspeller uitkristaliseer, dit in die

mod~ratorondersoek in te sluit.

Die bevindinq dat g.~slag 'n kl•·!.n maar beduid<:nde bydrae tot di<"

voorspulling van prestasie in sekere vakke lewer, dui op die moontlike rol van geslag as moderatorveranderlike. Die r~sultate

van die ondersoek wat in hierdie verband gcdoen is, word in paragraaf 8.2.5 bespreek.

'l'en opsigte van dit: verandc•rlike woonarea is in die onderhawig,, ondersoek bevind dat dit in die geval van standerd 10-totaal,

Mo~dertaal, Geskiedenis en Biologic 'n beduidende bydrae tot die voorspelling lewer (vergelyk paragaraaf 7.4.7.3). Hierdie bevinding wat dt:urgaans van kl,in opvoedkundige beduidendheid is, bevestig die gevolgtr0kking uit die literatuurstudie, naamlik dat die stedelikf• en plattelandsg laerlinge verskillend presteer, dat leerlinge in sted~like gebiede beter presteer (vergelyk paragr~af

4.3.1), en dut stedelike le~rlinge in die geheel gesiun relatief minder milieugestremd is (vurgulyk paragr~uf 4.4.3, 4.4.5 en ook Kendall, , 1987?).

Vir die btvinding dat woonarea 'n groter bydrae tot die voorspulling van prestasie in Geskiedenis en Biologie lewer, kon uit die literatuur nie bevestiging gekry word nie. Beide is keusevakke, en dit mag wees dat verskille tussen die metropolitaans.o en nie-metropolitaanse gebiede ten opsigte van prestasies in di& vakke bestaan.

312

(16)

Uit die literatuurstudie is di<: bevinding gvmaak dat tli•

tradisionele plattelandse milieu ii! 'n qroter mate beperkend vir die akademiese prestasie van swart le~rlinge kon wees (v~rgelyk

paraqrawe 4.2.5.2 en 4.2.6), terwyl die teenoorgestelde waar kan wees ten opsigte van die studelike ontwikkelende milieu. Di~

gevolgtrekking kan dus hier gemaak word dat woonarea wel 'n bydrae tot die voorspc!llillg van die akademies~: prestasi<~ van swart leerlinge lewer. Dit bring ook mee dat woonarea waarskynlik 'n rol as moderatorveranderlike !"f . .,1, Die gevolgtrekkings van die ondersoek in hierdie verband, volg in paragraaf B.2.5.

Ten opsigte van die verskille tusr;en taalgroepe en di·~ rol va"

taalgroep as voorspeller van akademiese prestasie, is in hierdie ondersoek besondere b0vindings g~maak. Die Gevindings wat weens 'n gebrek aan resultate nie met ander studies vergelyk kan word nie, toon duidelik die rol wal sowel taalgroep 1 (Noord-Sotho/

nie-Noord-Sotho) as taalgroep 2 (Zoeloe/nie-Zo•"loe::!) as voorspeller speel. Dit is veral die statisties- (en groot opvoedkundig-) beduidende bydraes tot die voorspelling van prestasie in die keusevakke Geskiedenis en Biologic wat opvallend is (vergelyk paragraaf 7.4.7.4). Hierdie resultate betaken dat die lidmaatskap van leerlinge aan 'n bepaalde taalgroep (byvoorbeeld Zoeloe of nie-Zoelo~) 'n verskil maak aan die akkuraatheid van voorspelling. Die mate waarin hierdie verskillc bestaan, blyk uit die resultate van die moderatorondersoek waar afsonderlike regressievergelykings vir die taalgroepe bereken is

(vergelyk paragraaf 8.2.5).

Ten slotte dui die resultate van hierdie ondersoek daarop dat die biografiese veranderlikes saam in die geval van al die afhanklike veranderlikes 'n beduidende bydrae tot die voorspelling lewer.

Hierdie bevinding stem ooreen met wat Latti (1971), Chamberlain

(1977) en ander aangetoon het, naamlik dat akademiese

prestasievoorspellings ook gebaseer moat wees op kennis aangaande

die biografiese veranderlikes (vergelyk paragraaf 4.5).

(17)

b.2.5 DIE ROL VAN DIE BIOGRAFIESE VERANDERLIKES AS MODERATORVER- ANDERLIKES

D1e result~te van die analises wat in paragraaf 7.5 gerapporteer is, dui in die geheel gesien daarop dat die biografiese veranderlikes slegs in enkele gevalle 'n modererende effek op die voorspelling van akademiese prestasie het. Die verdeling van die proefpersone volgens geslag en taalgroep 1 (Noord-Sotho/nie- Noard-Satha) lewer statisties-beduidende verskille in die

r~gressielyne by Maedertaal en Geskiedenis, terwyl woonarea in die geval van geen een van die afhanklike veranderlikes 'n beduidende r<Jl as maderatarveranderlike speel nie.

In di.e geval van s<Jw.el geslag as woanarea, dui die resultate op 'n meer beperkte modererende rol van hierdie veranderlikes as wat op grand van die literatuurstudie en die resultate van die rneervoudige regressieanalise (wat in paragraaf 7.4.7 gerapparteer is), verwag is. Op grand van die resultate van die literatuurondersoek, is verwag dat beide tot 'n grater mate 'n modererende effek op die voorspelling van prestasies sal he.

llierdie verwagting was gebaseer op die resultate van onder andere Chamberlain (1977), Von Mollendorf (1978) en Ngobeni (1984) wat aangetaon het dat geslag en taalgroep die akademiese prestasie vail swart leerlinge beinvloed. Die feit dat geslag en taalgroep 1 net in die geval van Moedertaal en Geskiedenis 'n modererende effek op die voorspelling het, kan moontlik toegeskryf word aan die wyse \.Jaarop die proefpersone in die groepe metropolitaans/nie-metropolitaans verdeel is. Die rnadererende effek wat woonarea op die voorspelling van akademiese prestasie het, sal waarskynlik duideliker word indien 'n fyner onderskeiding tussen stad en plattelond gemaak word. 'n

;>.anbevel i L<J in hierdie verband word in paragraaf 8. 6. 2 gemaak.

Voorts dui die resultate daarop dat die veranderlike taalgroep 2 (Zoeloe/nie-Zoeloe) in die rneeste gevalle 'n statisties- en opvoedkundig-beduidende rol as moderatorveranderlike speel. Dit

314

(18)

beteken dat die twee taalgroepe akademies verskillend presteer, en dat daar ook verskille in die veranderlikes wat sodanige prestasie voorspel, is. Dieselfde veranderlikes het beter voorspellings vir die Zoeloegroep na Engels en Biologie, en vir die nie-Zoeloegroep na standerd 10-totaal, Afrikaans en Geskiedenis gelewer. Vir

resultaat dat taalgroep 2

hierdie resultaat, en ook vir die ten opsigte van Geskiedenis die grootste verskil in die voorspelling gelewer het (vergelyk paragraaf 7.5.4), kon uit die literatuurstudie nie bevestiging verkry word nie. Daar is ook nie voldoende inl~gting voor hande om hierdie resulti.lte as sodanig te verklaar nie, en daurom word volstaan met die gevolgtrekking dat taalgroep 2 wel 'n modererende effek op die voorspelling van swart leerlinge se akademiese prestasie het.

Die resultate van die moderatorondersoek dui in die geheel gesien daarop dat die biografiese verant.t·t·likes Hie konsekwent ten opsigte van al clie afh<>nklike veranderlikes 'n modererende effek op die voorspelling van akademiese prestasie het nie. Die feit dat die effek in enkele gevalle beduidend was, kan in verband gebring word met die

paragraaf 4.3.1) dat die verskillend presteer.

aanduidings taalgroepe

in die literatuur (vergelyk swart leerlinge akademies Die gevolgtrekking waartoe hier, met die gegewens uit die literatuur- en empiriese studie voor hande geraak kan word, is dat die biografiese veranderlikes, soos gebruik in hierdie ondersoek, wel tot 'n beperkte mate as moderatorveranderlike bruikbaar is.

In die geheel gesien blyk dit dus dat taalgroep 2 (Zoeloe/nie-

Zoeloe) die sterkste as moderatorveranderlike figureer en geslag

en taalgroep 1 (Noord-Sotho/nie-Noord-Sotho) minder sterk.

(19)

8.3 SAMEVATTING VAN DIE ONDERSOEK

8.3.1 INLEIDING

Die onderwerp van hi8rdie navorsing is die voorspelling van die akademiese prestasie van SW3rt leerlinge. Die navorsing is onderneem op grond van die behoefte aan kennis oor die verar.derlikes wat met die akademiese prestasie van swart leerlinge verband hou.

In hoofstuk een is aangetoon dat verskeie navorsers omvattende projekte onderneem het om te bepaal watter veranderlikes met akademiese prestas~e verband hou. Sodanige projekte wat ook in Suid-Afrika onderneem is, het ondersoek na die verband tussen beskikbare en meetbare veranderlikes en die akademiese prestasie van leerlinge, ingestel. Ten opsigte van swart leerlinge is daar reeds enkele studies onderneem; studies wat beperk is tot bepaalde groepe onafhanklike veranderlikes en bepaalde skoolvakke en wat hoofsaaklik konsentreer op die voorspellingsgeldigheid van meetinstrumente. Daar bestaan steeds

die mate

waar~n

'n omvattende

'n gebrek aan kennis is oor hoeveelheid veranderlikes akademiese prestasie voorspel. Daar is ook onduidelikheid oor ole relatiewe belangrikheid van verskillende veranderlikes in die voorspelling van die akademiese prestasie van swart leerlinge.

8.3.2 DOEL MET EN PROGRAM VAN DIE ONDERSOEK

Die doel met die ondersoek was om aan te toon met watter veranderlikes en met watter mate van sukses die akademiese prestasie van swart leerlinge in verskillende skoolvakke voorspel kan word.

Om die doel te bereik, is 'n teoretiese studie van die verskynsel akademiese prestasievoorspelling gemaak, soos wat dit binne

316

(20)

opvoedingskontcks manifesteer (hoofstuk twee) . Kennis is daarby ook geneem van die metodologie van voorspelling (hoofstuk drie).

Verder is 'n beeld van die opvoedingsmilieu waarbinne swart leerlinge akademies presteer, verkry (hoofstuk vier). Laastenn is ook kennis geneem van die veranderlikes wat met akademiese prestasie in die algemeen en met die van swart leerlinge in die besonder verband hou (hoofstuk vyf).

Benewens die teoretiese ondersoek is daar ook om die doel met die navorsing te bereik, 'n empiriese studie onderneem. Die metode en resultate hiervan is in hoofstukke ses en sewe gerapportcer.

8.3.3 DIE VOORSPELLING VAN AKADEMIESE PRESTASIE

In die literatuurstudie oor die aard en kenmerke van, asook die doel met akademiese prestasievoorspelling, is tot 'n aantal bevindinge gekom wat die basis vir hierdie studie vorm.

Daar is aangetoon dat die handeling om te voorspcl vir opvoeding van ondersteunende belang is. Dit is so omdat akademiese prestasie in wese 'n aanduiding van die sukses van leer en onderrig is en dus die mate v1aarin die doel met skoolopvoeding en -onderwys bereik is. Om akademiese prestasie dan te kan voorspel, maak dit vir die onderwyser/opvoeder moontlik om vooraf 'n beeld van indiwiduele behoeftes te kry. Op grand daarvan kan hy dan die veranderlikes wat prestasie beinvloed, manipuleer. So beskou speel akademiese prestasievoorspelling 'n ondersteunende rol in die opvoedende onderwyssituasie, en dit is van wesenlike belang dat die onderwyser sal poog om akkuraat te probeer voorspel.

In die besinning oor die aard van voorspelling, is tot die

gevolgtrekking gekom dat 'n besliste onderskeid tussen die

handeling om te voorspel en die handeliug om t•~ verklaar, getref

word. Verklaar is beskryf as die ingewikkelder handeling wat

keunis van die aard, rigting en oorsaaklikheid van die verbande

tussen veranderlikes vereis. Daarteenoor vereis die handeling om

te voorspel kennis van die veranderlikes wat verband hou met dit

(21)

w~arna voorspel word, en ook van die situasie waarbinne voorspel word.

Laastens is met die literatuurstudie bevind dat dit 'n komplekse opgawe is om akademiese prestasie te voorspel. Dit kan nooit met absolute sek~rheid gedoen word nie, aangesien die mens in tweerlei sin betrokke is; dit is die mens wat voorspel, en dit ls menslike handelinge wat voorspel word, en omdat die mens 'n komplekse, unieke wese met 'n eie roeping en wilslewe is, bly dit onmoontlik om menslike handelinge soos akademiese prestasie met absolute sekerheid te kan voorspel.

8.3.4 DIE METODOLOGIE VAN AKADEMIESE PRESTASIEVOORSPELLING

In die ondersoek na die metodologie van voorspelling, is bevind dat daar 'n aantal basiese metodes en 'n verskeidenheid statistiese tegnieke is wat aangewend kan word.

Die eerste metodologiese kwessie wat bespreek is, is die wyse waarop die aanvanklike seleksie van voorspellerveranderlikes gedoen word. Dit is om ekonomiese redes en ook om die probleem van multikolinearite1• uit te skakel, nodig dat 'n aanvanklike seleksie gemaak moet word wanneer met groot groepe veranderlikes, gewerk word. Faktoranalise en hoofkomponentanalise is twee tegnieke wat hiervoor geskik is.

Die tweede kwessie wat aan die orde gestel is, is die groepering van leerlinge in homogene groepe. Daar is bevind dat sodanige groepering wenslik is aangesien dit die akkuraatheid en gcldighcid van voorspelling kan verhoog. 'n Beskrywing is gegee van moderatortegnieke en die wyse waarop moderatorveranderlikes geidentifiseer kan word. Dcw.r is bevind dat studies oor die voorspelling van akademiese prestasie nie anders kan as om, ter wille van akkurate voorspelling, ook gebruik te maak van moderatorver<.tnderlikes nie.

Laastens is 'n oorsig verkry van die metodes en tegnieke vir die identifisering van beste voorspellers van 'n kriterium. Die

318

(22)

basiese statistiese tegniek is meervoudige regressieanalise, en die beste stel veranderlikes kan met behulp van onder meer die alle-moontlike- deelversamelingsmetode geselekteer word.

8.3.5 DIE AKADEMIESE PRESTASIES VAN SWART LEERLINGE EN DIE VER- ANDERLIKES WAT DAARMEE VERBANO HOU

In die studie van die akademiese prestasies van swart leerlinge, is 'n aantal tendense uitgewys. Daar is onder meer aangetoon dat die standerd 10-slaagsyfer betreklik laag is, en dat daar geslagsverskille, taalgroepverskille en ook woonareaverskille in leerlinge se prestasies bestaan. Voorts is gewys op die oorsake van swak akademiese prestasies wat onder meer gelee is in skoolveranderlikes en gesinsveranderlikes.

Naas die beeld wat verkry is van die tendense in die akademiese prestasies van swart leerlinge, is ook 'n beeld verkry van die milieu waarbinne swart leerlinge opgevoed word. Dit blyk dat daar sprake van 'n tradisionele en 'n veranderende gesins- en kultuurmilieu is, en dat spesifiek die gesinsmilieu gekenmerk word deur 'n leefwereld wat nie altyd bevorderlik vir akademiese prestasie op skool is nie. In hierdie verband is die moontlikheid ondersoek dat daar sprake kan wees van rnilieugestremdheid by swart leerlinge. Die gevolgtrekking word na 'n teoretiese beredenering en verwysing na empiriese studies in hierdie verband gemaak dat daar wel sprake van 'n mate van milieugestremdheid by swart leerlinge is. Dit hang ook onder rneer saam met die

verstedeliking.

problematiek van industrialisasie en

Met die oog daarop om 'n beeld te kry van die veranderlikes wat

die akademiese prestasie van swart leerlinge beinvloed, is voorts

'n oorsig van die veranderlikes wat algerneen met akademiese

pretasie geassosieer word, verkry. Dit blyk daaruit dat daar deur

middel van hoofsaaklik korrelasieondersoeke verskeie

leerlingveranderlikes en milieuveranderlikes geidentifiseer is

wat met akademiese prestasie in die algemeen verband hou. Onder

die leerlingveranderlikes word verskeie kognitiewe veranderlikes

(23)

(soos a an leg, vorige prestasie, intelligensie en ander) ingesluit, asook nie-kognitiewe veranderlikes (soos motivering, belangstelling en ander). Onder die milieuveranderlikes word veral gesins- en skoolveranderlikes ingesluit.

Ten opsigte van die veranderlikes wat spesifiek met die akademiese prestasie van swart leerlinge verband hou, is 'n beperkte hoeveelheid navorsingsresultate beskikbaar. Ten spyte hiervan is daar aanduidings dat die leerling- en milieuveranderlikes tot dieselfde mate met die akademiese prestasies van swart leerlinge verband hou as wat die algemene tenclense in n.Jvorsingsresultate uitwys. Hierclie uitspraak word egter met 'n mate van voorbehoud gemaak, aangesien daar wel aanduidings van verskille in die relatiewe gewig van veranderlikes wat met prestasie verband hou, is. Daarmee word onder andere bedoel dat, anders as by ander groepe proefpersone, skoolveranderlikes waarskynlik 'n sterker verband toon met prestasie as gesinsveranderlikes. In elk geval blyk dit ook dat daar rede is om te vermoed dat daar, soos dit gestel is, wel nie- toetsfaktore is wat die prestasies van swart leerling in psigometriese toetse medebepaal (vergelyk byvoorbeeld paragraaf 4.5.6). Daarby is dit ook so dat verdere navorsing ten opsigte van die bronne van die onverklaarde variansie in swart leerlinge se akademiese prestasie, nodig is.

8.3.6 DIE VOORSPELLING VAN DIE AKADEMIESE PRESTASIE VAN SWART- LEERLINGE MET BEHULP VAN 'N SELEKSIE VAN KOGNITIEWE EN NIE-KOGNITIEWE VERANDERLIKES

In hoofstuk vyf is verder op die rol van 'n spesifieke seleksie van veranderlikes in die voorspelling van die akademiese prestasie van swart leerlinge gefokus. Die doel was om 'n beter beeld van die mate waarin die kognitiewe veranderlikes (aanleg en vorige prestasie) ,

(belangstelling en

sowel as die nie-kognitiewe veranderlikes persoonlikheid) met die akademiese prestasie van swart leerlinge verband hou, te kry.

320

(24)

Ten opsigte van aanleg blyk dit uit die lileratuurstudie dat navorsers eensgesind is oar die feit dat aanlegmetings as geldige voorspellers van akademiese prestasie kan dien. Ook ten opsigte van swart leerlinge dui resultate op duidelike verbande tussen metings van aanleg en akademiese prestasie. Dit wil ook voorkom of hierdie verbande varieer volgens faktore soos skoolvak, geslag en woonarea (vergelyk paragraaf 5.2).

Ten opsigte van vorige prestasie is daar voldoende teoretiese oorwegings en empiriese b•~wyse vir die verband met akademiese prestasie. Hierdie verband word ook beinvloed deur faktore soos die betroubaarheid van meting, ouderdom en geslag (vergelyk paragraaf 5.3).

Verder is daar ondersoek ingestel na die rol van aanleg en vorige prestasie saam as voorspellers van akademiese ~restasie (vergelyk paragraaf 5.4). Daaruit blyk dat daar op teoretiese grande onduidelikheid oor die onderskeid tussen hierdie twee veranderlikes is. Hierdie onduidelikheid is veral ter sprake wanneer die waarde van beide veranderlikes as voorspellers van akademiese prestasie vergelyk word. Die gevolgtrekking waartoe daar in hierdie literatuurstudie gekorn is, is dat aanleg en vorige prestasie begripsrnatig van mekaar verskil, en dat beide op verskillende wyses geoperasionaliseer word. Die tendense in die resultate dui daarby ook daarop dat vorige prestasie 'n beter voorspeller van akaderniese prestasie as aanleg is.

Die nie-kognitiewe veranderlikes waarop daar verder in hierdie hoofstuk gekonsentreer is, is belangstelling en persoonlikheid.

Ten opsigte van belangstelling is aangetoon dat dit 'n affektiewe

faktor is wat wel met akademiese prestasie verband hou. Dit blyk

dat hierdie verband klein is, kleiner as wat die geval by die

kognitiewe veranderlikes is. Dit wil egter voorkorn asof 'n

aantal faktore soos die stabiliteit van belangstellings, vermoe,

geslag, doel met die meetinstrument en ander, wel die prestasie

van leerlinge in belangstellingsvraelyste kan beinvloed, en

daarom moontlik die rol van belangstelling as voorspeller kan

bepaal.

(25)

Die rol wat persoonlikheid as voorspeller speel, is hoofsaaklik aan die hand van Cattell se beskouing ondersoek. Daarvolgens word bepaalde grand- en oppervlaktetrekke onderskei wat deur middel van meetinstrumente soos die HSPV in eerste-orde- en

tweede-ordefaktore beskryf word.

Literatuur oor die verband tussen persoonlikheid en akademiese prestasie dui daarop dat aanvaar kan word dat persoonlikheid onafhanklik 'n bydrae tot die voorspelling van prestasie lewer.

Soos in die geval van die ander veranderlikes wat in hoofstuk vyf bespreek is, is hier ook sprake van 'n aantal faktore wat die verband van persooialikheid met akademiese prestasie beinvloed.

8.4 OORSIG OOR DIE EMPIRIESE ONDERSOEK

8.4.1 DOEL MET DIE ONDERSOEK

Die doel met die empiriese ondersoek was om vas te stel met watter mate van sukses die standerd 10-prestasies van swart 1eerlinge met behulp van bepaalde veranderlikes voorspel kan word. Meer spesifiek was die doel om beste voorspellers uit die gegewe beskikbare veranderlikes te identifiseer en ook om vas te stol watter bydrae elk tot die voorspelling van prestasie in standerd tien 1ewer.

8.4.2 METODE VAN ONDERSOEK

In die ondersoek is gebruik gemaak van die data van 871 proefpersone uit die studiepopulasie van 19 179 leerlinge wat in 1980 in standerd tien was en aan die Departement Onderwys en Ontwikkelingshulp se Voorligtingsprojek deelgeneem het. Hierdie ondersoekgroep vmrd met voorbehoud, as verteenwoordigend van die studiepopulasie van swart leerlinge waarin die meeste streke in Suid-Afrika verteenwoordig is, beskou.

322

(26)

As afhanklike veranderlikes het die volgende gedicn: standerd 10-totaal, Afrikaans, Engels, Moedertaal, Geskiedenis en Biologie standerd tien.

Drie groepe veranderlikes het as onafhanklike veranderl1kes gedien, naamlik die beskikbare biografiese veranderlikes (geslag, woonarea en taalgroep), en die kognitiewe en nie-kognitiewe veranderlikes. Drie kognitiewe veranderlikes is in die analises ingesluit: vorige prestasie (standard B-totaal) en verbale en nie-verbale aanleg (gebaseer op metings van die Akademiese Aanlegtoets) Ses nie-kognitiewe veranderlikes is ingesluit:

drie metings van belangstelling (soos gemeet deur die Beroepbelangstellingsvraelys) , en vier metings van persoonlikheid

(soos gemeet deur die Hoerskoolpersoonlikheidsvraelys).

Die onafhanklike veranderlikes wat in terme van die drie genoemde psigometriese toetse geoperasionaliseer is, is aan 'n faktoranalise onderwerp en een veranderlike is gekies om elk van die nege geidentifiseerde faktore te verteenwoordig. Sodoende is die verlangde mate van ortogonaliteit in die data verseker.

Vier groepe hipoteses is gestel en getoets. Die groep A-hipoteses was op die identifisering van deelversamelings van beste voorspellers van die verskillende afhanklike veranderlikes gemik;

die groep B-hipoteses op die berekening van die bydrae van die kognitiewe veranderlikes tot voorspelling; die groep C-hipoteses om die bydrae van die nie-kognitiewe veranderlikes te bepaal, en die groep D-hipoteses om die bydrae van die biografiese veranderlikes tot die voorspelling van standard 10-prestasie te bepaal.

Om die hipoteses te toets, is die tegnick van mcervoudige

regressieanalise op twee wyses aangewend. Eerstens is die alle-

moontlike-meervoudige regressiemetode gebruik om op grond van die

Cp-kriterium die deelversameling van beste voorspellers per

afhanklike veranderlike te identifiseer. Op grand daarvan is die

groep A-hipoteses getoets.

(27)

Tweedens is die oorblywende hipoteses getoets deur verskille in R 2 te bereken en te toets vir beduidendheid. In die geval van elke afhanklike veranderlike is R 2 1 bereken vir 'n basiese stel van kontroleveranderlikes wat per groep hipoteses gevarieer het.

By hierdie stel kontroleveranderlikes is dan die kognitiewe of nie-kognitiewe voorspellerveranderlikes gevoeg en R 2 2 bereken.

Die verskil tussen R 2 2 e~ R 2 1 gee dan 'n aanduiding van die bydrae wat veranderlikes tot die voorspelling lewer. In elke geval is die opvoedkundige beduidendheid van die bydraes tot R 2 bereken.

Op grand van die resultate van die meervoudige regressieanalises is uit die biografiese veranderlikes potensHHe moderatorveranderlikes gekies en die modererende effek daarvan op die voorspelling van die afhanklike veranderlikes, is verder ondersoek.

Laastens is ook 'n kruisgeldigheidsondersoek gedoen.

8.4.3 RESULTATE VAN DIE STATISTIESE ANALISES

Die resultate van die statistiese analises dui in die eerste plek daarop dat die deelversamelings van beste voorspellers van standerd 10-prestasie uit kognitiewe, nie-kognitiewe asook biografiese veranderlikes bestaan. Die kombinasies van voorspellers verskil van skoolvak tot skoolvak, hoewel daar sekere tendense is soos byvoorbeeld dat die kognitiewe veranderlikes binne elke deelversameling telkens die grootste bydrae van al die voorspellers le\Jer. Verder is ook gevind dat die baste

dc::elversamelings van voorspellers beter voorspellings na standard 10-totaal, Engels, Afrikaans en Biologie lewer, en swakker na Geskiedenis en Moedertaal.

In die tweede plek dui die resultate daarop dat die kognitiewe veranderlikes aanleg en vorige prestasie afsonderlik en gesamentlik 'n statisties- en opvoedkundig-beduidende bydrae tot die voorspelling van prestasie in die verskillende afhanklike

324

(28)

veranderlikes lewer. Hierdie bydraes word gelewer naas die bydrae van die nie-kognitiewe en biografiese veranderlikes wat as kontroleveranderlikes gedien het. Die bydraes van die ko~nitiewe

veranderlikes is groter in die geval van standerd 10-totaal, Afrikaans en Engels, en kleiner in die geval van Moedertaal, Geskiedenis en Biologie. Daar is ook bevind dat vorige prestasie deurgaans 'n groter bydrae tot die voorspelling lewer, behalwe by Engels en Geskiedenis.

In die derde plek is gevind dat die nie-kognitiewe veranderlikes belangstelling en persoonlikheid net in enkele gevalle afsonderlik en saam, beduidende bydraes tot die voorspelling van die afhanklike veranderlikes lewer. Hierdie bydraes tot die voorspelling van die afhanklike veranderlikes word gelewer naas di€ van die kontroleveranderlikes (die kognitiewe en biografiese veranderlikes), en is deurgaans klein. Die bydraes is ook van klein opvoedkundige beduidendheid.

In die vierde plek is gevind dat geslag in vier gevalle, woonarea in vier, taalgroep 2 in vier, en taalgroep 1 in vyf gevalle beduidende bydraes (naas

kontroleveranderlikes) tot die die

kognitiewe en voorspelling

nie-kognitiewe van standerd 10-prestasie lewer. Hierdie bydraes varieer van 'n klein tot groot mate van opvoedkundige beduid€ndheid. Die veranderlikes saarn lewer by al die afhanklike veranderlikes 'n beduidende bydrae, en dit blyk dat die bydraes van die biografiese veranderlikes ten opsigte van Geskiedenis en Biologie die grootste is.

Laastens dui die resultate van die rnoderatorondersoek daarop dal geslag slegs in die geval van Moedertaal 'n modererende effek op die voorspelling het. Woonarea bet volgens die resultate geen rnodererende effek nie en taalgroep 1 se effek is tot Geskiederns beperk. Taalgroep 2 is die veranderlilu wat ten opsigte van die rneeste afhanklike veranderlikes 'n modererende effek op die voorspelling het, en wel ten opsigte van al die afhanklike veranderlikes behalwe Moedertaal.

325

(29)

In die geldigheidsondersoek is bevind dat die resultate oar 'n bevredigende mate van geldigheid beskik, met die uitsondering van die resultate wat in die geval van Geskiedenis verkry is.

Die belangrikste gevolgtrekking wat op grand van die empiriese ondersoek gemaak word, is dat die akademiese prestasie van swart leerlinge met die beskikbare veranderlikes, slegs tot 'n beperkte mate van sukses voorspel kan word. Skoolvakke verskil baie in hulle voorspelbaarheid, en in elke geval is daar 'n groat hoeveelheid onverklaarde variansie waarvan die bran buite die seleksie van veranderlikes in hierdie ond~rsoek 1a. Verder word oak to~ die slotsom gekom dat die verandcrlikes wat saam met ander (en oak indiwidueel) die grootste bydrae tot die voorspelling lewer, die kognitiewe veranderlikes is. Die bydrae van die nie-kognitiewe veranderlikes, belangstelling en persoonlikheid is baie klein en selfs kleiner as wat die aanduidings in die literatuur voorgee. Dit is in die geheel gesien in lyn met resultate van ander ondersoeke in ontwikkelende lande. Ten slotte word uit die moderatorondersoek die afleiding gemaak dat biogratiese veranderlikes wel potensieel bruikbaar as moderuLorveranderlikes is, en dat taalgroep2 (Zoeloe/nie-Zoeloe) waarskynlik die meeste potensiaal as moderatorveranderlike het.

8.5 BEPERKINGS VAN DIE ONDERSOEK

Daar is waarskynlik twee oorsake vir die feit dat daar in hierdie ondersoek geslaag is om die akademiese prestasie van swart leerlinge net tot 'n beperkte mate van sukses te voorspel.

Die eerste beperking is in die keuse en operasionalisering van veranaerlikes gelel. Die besondere keuse van veranderlikes vir hierdie ondersoek, is bepaal deur die beskikbare datastel waarmee gewerk is. Hierdie datastel, wat deur die Departement Onderwys en Ontwikkelingshulp vir voorligtingsdoeleindes ingesamel is en vir die doel van hierdie navorsing beskikbaar gestel is, het wel uit 'n verteenwoordigende aanLal veranderlikes bestaan (vergelyk paragraaf 6.5). Dit blyk egter dat die keuse van veranderlikes beperkend was, soos afgelei kan word uit die resultate dat die

326

(30)

akademiese prestasie van swart leerlinge met behulp daarvan net tot 'n beperkte mate van sukses voorspel kan \>Ord en dat daar 'n groot hoeveelheid van die variansie in akademiese prestasie steeds onverklaard bly. Die akademiese prestasie van swart leerlinge kan, so word in paragraaf 8.6 aanbeveel, met 'n groter mate van sukses voorspel word indien 'n grater seleksie van voorspellers ingesluit kan word. Hier word byvoorbeeld gedink aan skoolveranderlikes wat onder meer ook volgens die aanduidings uit die literatuursudie, 'n bydrae tot die voorspelling van swart leerlinge se akademiese prestasie kan lewer.

Voorts blyk dit dat die gebruik van psigometriese toetse om veral belangstelling en persoonlikheid te operasionaliseer, enigsins problematies is. Behalwe dat daar probleme met betrekking tot byvoorbeeld die kriteriumgeldigheid kan bestaan (soos beredeneer in paragrawe 8.2.3.2 en 8.2.3.3), wil dit voorkom (soos hlyk uit die literatuurstudie) asof daar verskeie I•ie-toetsfaktore is wat die prestasie van swart ~eerlinge in psigometriese toetse bepaal.

In hierdie ondersoek kon faktore soos verstedeliking, ouderdom en kwaliteit van onderwys, nie in berekening gebring word nie. Dit word aanvaar dat navorsing waarin sodanige faktore in berekening gebring word, wel akkurater voorspellings behoort op te lewer.

'n Verdere beperking is gel~e in die prosedure van steekproefneming en die feit dat daar weens onvolledigheid in die data heelwat verlies aan proefpersone was. Dit het implikasies vir die veralgemeenbaarheid van die resultate. Uit tabelle 6.2 tot 6.4 in hoofstuk ses, blyk dat die samestelling van die ondersoekgroep wel verskil van die samestelling van die studiepopulasie. llierdie beperking impliseer dat die resultate vir die ondersoekgroep kan geld en wel met die nodige mate van omsigtigheid vir die studiepopulasie.

327

(31)

8.6 AANBEVELINGS

8.6.1 AANBEVELINGS VIR DIE OPVOEDENDE ONDERWYSPRAKTYK

Hoewel daar met die resultate van hierdie ondersoek slegs veralgemeen kan word na die ondersoekgroep en met 'n mate van omsigtigheid na die studiepopulasie, het die resultate van die data-analises tot gevolgtrekkings gelei wat ook implikasies vir die opvoedende onderwyspraktyk het.

Die gevolgtrekkings ten opsigte van die voorspelbaarheid van

~koolvakke en die bydraes van verskillende veranderlikes tot die voorspelling, het implikasies vir situasies waar voorligting gegee word, en ook vir situasies waar veranderlikes gemanipuleer kan word met die oog op beter akademiese prestasies by swart leerlinge.

Die resultate van die ondersoek kan 'n bydrae daartoe lewcr dat voorligting aan swart leerlinge veral met betrekking tot die keuse van vakke soos Geskiedenis en Biologie op meer wetenskaplike grande gebaseer kan word. Wanneer daar byvoorbeeld vir indiwiduele leerlinge voorspel word, kan gebruik gemaak word van die inligting oor die beste voorspellers van prestasie in Geskiedenis en Biologie. Daar kan ook gebruik gemaak word van die inligting ocr die bydraes wat kognitiewe, nie-kognitiewe en biografiese veranderlikes tot die voorspelling lewer. Sodoende kan voorspellings meer akkuraat wees, en kan voorligting met meer sekerheid gegee word.

Benewens situasies waar voorligting gegee word, het die gevolgtrekkings van die ondersoek ook implikasies vir die opvoedende onderwyspraktyk. Die inligting aangaande die bydrae wat vorige prestasie, aanleg, belangstelling, persoonlikheid en biografiese besonderhede tot die voorspelling kan lewer, is vir die onderwyser ook van nut. In die praktyk kan hierdie inligting

328

(32)

gebruik word om die vlak van indiwiduele lecrlinge se prestasies te peil. In gevalle waar swak akademiese prestasie byvoorbeeld geantisipeer word, kan veranderlikes soos vorige prestasie en belangstelling byvoorbeeld gemanipuleer word. Dit kan gedoen word met inagneming van die feit dat vorige prestasie soos uitgewys in hierdie studie, 'n groot opvoedkundig-beduidende bydrae en belangstelling 'n klein opvoedkundig-beduidende bydrae tot die voorspelling lewer. In ag genome die betreklik groot mate van onverklaarde variansie, behoort sodanige manipulering wel 'n uitwerking op die vlak van leerlinge se prestasie te kan

he.

By die gebruik van die resultate van hierdie studie met die oog op die manipulering van veranderlikes in die opvoedende onderwyspraktyk, moet die mate van opvoedkundige beduidendheid ook in berekening gebring word. Die resultate toun ten opsigte daarvan dat die bydrae van sommige veranderlikes van groot en ander van klein opvoedkundige beduidendheid is. Dit spreek vanself dat meer waarde in die praktyk aan die veranderlikes waarvan die bydrae van groot opvoedkundige beduidendheid is, geheg behoort te word.

By die gebruik van die resultate 1n die opvoedende onderwyspraktyk moet ten slotte in·gedagte gehou word dat geslag in 'n mindere en taalgroep in 'n meerdere mate vereis dat prestasie in spesifieke vakke met verskillende veranderlikes voorspel moet word.

Ten slotte het die gevolgtrekking dat die akademiese rrestasie van swart leerlinge met 'n beperkte mate van sukses voorspel kan word, ook implikasies vir die opvoedende onderwyspraktyk. Dit dui daarop dat die prestasies van leerlinge in die verskillende skoolvakke met omsigtigheid voorspel moet word, en dat voorsiening gemaak moet word vir die feit dat daar ook ander faktore is wat die vlak van leerlinge se prestasies kan medebepaal.

329

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

uitoefen. Korrekte en gelukkige verhoudings of aan die anderkant ook wanver- houdings het gevolglik 'n bepalende invloed op die opvoeding en sosiale ontwikkeling

In hoofstukke 1 tot 5 is met die literatuurstudie gepoog om die rasionaal wat aanleiding tot hierdie navorsing gegee het, te regverdig. In hoofstuk is kortliks

Die oudi ti ewe perseptuele tekorte wat bestaan het, is na die toepassing van .die hulpverleningsprogram oorko~ In heelparty van die ouditiewe funksies het die

• Die onderwyser verrig sy taak in die openbaar; daarom word die gehalte van sy werk, sy persoonlike optrede en persoonlike leefwyse voortdurend deur die

In paragraaf 4.6.4 word gepleit dat die Afrikaanse ouervereniging kundige persone moet vra (en selfs vergoed) om studiestukke en inligting oor aktuele sake

Die ouers het dus op mikro- onderwysvlak betrokke geraak by hulle kinders se opvoedende onderwys omdat hulle deur die doopbelofte die bindende verantwoordelikhede vir die

Hierdie klein aantalleerders het meegebring dat daar nie 'n sinvolle faktoranalise op die onafhanklike veranderlikes (n = 32) uitgevoer kon word nie. lndien die

Hipotese 1 stel dat 3 – 9 maande oue babas wat ‟n formele stimulasieprogram volg, hetsy in groepsverband in ‟n dagsorgsentrum, of deur middel van individuele stimulasie wat