• No results found

Die effek van vertelling op die herroeping en retensie van inhoud in 'n dokumentêre video

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Die effek van vertelling op die herroeping en retensie van inhoud in 'n dokumentêre video"

Copied!
150
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

Die effek van vertelling op die herroeping

en retensie van inhoud in ‘n dokumentêre

video

JC Henriët

21667616

Verhandeling voorgelê ter nakoming vir die graad

Magister

Artium

in

Kommunikasiestudies

aan die Potchefstroomkampus

van die Noordwes-Universiteit

Studieleier:

Prof AM Gerber

Medestudieleier:

Mei 2014

(2)

ERKENNINGS

Ek wil hiermee die volgende mense opreg bedank vir hulle bydrae tot die voltooiing van hierdie verhandeling:

* Die almagtige Jesus Christus wat my tot hier gebring het * My familie en vriende, vir al hulle ondersteuning

(3)

UITTREKSEL

DIE EFFEK VAN VERTELLING OP DIE HERROEPING EN RETENSIE

VAN INHOUD IN ʼn DOKUMENTÊRE VIDEO

Hierdie studie verteenwoordig 'n ondersoek wat die effek van verskeie produksietegnieke op die herroeping en retensie van inligting navors. Die doel van die studie is om te bepaal watter effek die 'Stem van God’-vertelling het op die herroeping en retensie van informasie in vergelyking met 'n op-kamera-onderhoud.

Die belangrikste doelwit vir die regisseur in dokumentêre video is die oordrag van informasie. In die meeste gevalle is die blote oordrag van die inligting nie voldoende nie; die regisseur poog om die gehoor emosioneel betrokke te kry by die video sodat hulle bewus kan word van die kwessies wat aangeraak word. In hierdie gemedieerde omgewing is die regisseur se pogings om die gehoor te bereik verweef met die regisseur se vermoë om die gehoor se herroeping van inligting te fasiliteer. Deur gebruik te maak van die ‘Stem van God’-vertelling, kan die regisseur die narratief bevorder en die informasie verstaanbaar maak.

Teorie stel voor dat die gebruik van produksietegnieke ʼn positiewe en negatiewe invloed kan hê op inligtingsprosessering. Hierdie stelling is gebaseer op verskillende eksperimente wat deur navorsers gedoen is; die eksperimente toets hoe verskillende produksietegnieke individuele informasieprosessering beïnvloed. Die teoretiese basis van die studie is gewortel in kubernetika, ʼn metateorie. Binne kubernetika verduidelik narratiewe teorie die struktuur van die storie en hoe informasie aan ʼn gehoor oorgedra kan word. Vertelling in dokumentêre video’s is geleë in die narratiewe teorie omdat die struktuur waarin die informasie oorgedra word, van kardinale belang is.

Vanaf bostaande teoretiese raamwerk, gebruik hierdie studie Lang (2000) se

beperkte kapasiteitsmodel van bemiddelde boodskapprosessering om te ondersoek watter effek die

(4)

‘Stem van God’-vertelling het in ʼn dokumentêre video. Dit fokus spesifiek op die regisseur se doel om die herroeping en retensie van informasie te optimaliseer. Die toepassing van Lang se model is uiteengesit in ʼn empiriese ontwerp wat herroeping en retensie van informasie ondersoek op twee verskillende maniere. Eerstens is die herroeping van informasie aangebied deur twee video’s; die een video is ʼn op-kamera-onderhoud, en die tweede video is visuele sekwense met die ‘Stem van God’-vertelling. Twee eksperimente is ontwerp vir die doel van die studie en 37 studente van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus het aan die eksperiment deelgeneem. Die studente is in twee groepe verdeel; groep een het die video gekyk waar die informasie oorgedra word deur die op-kamera-onderhoud en groep twee het die video gekyk met die ‘Stem van God’-vertelling. Twee vraelyste is op twee verskillende tye aan die respondente gegee om te beantwoord.

Die resultate van die eksperimente toon dat daar geen beduidende verskil tussen hierdie twee produksietegnieke is in terme van die herroeping en retensie van informasie nie. Aanbevelings vir toekomstige studies is gemaak gebaseer is op die resultate, en sluit aanbevelings in oor die boodskap en oor die navorsingsontwerp.

SLEUTELTERME: Dokumentêre video, geheue, herroeping, kommentaar, narratiewe vertelling, retensie, vertelling.

(5)

ABSTRACT

THE EFFECT OF VOICE-OVER ON THE RECALL AND RETENTION

OF INFORMATION IN A DOCUMENTARY VIDEO

This study represents an investigation into the effect of multiple production techniques on the recall and retention of information of university students. The purpose of the study was to determine how the ‘Voice of God’ narration affects recall and retention of information compared to an on-camera interview.

In documentary video, conveying information is one of the key goals of the director. In most cases, the conveyance of information in itself is insufficient. The director seeks the emotional participation of the audience so that they can become aware of a specific issue. In this mediated environment, the producer’s attempts at reaching the audience are interwoven with the producer’s capability to facilitate the audience’s recall of information. By using the ‘Voice of God’ narration, a director can enhance the narrative and make the information more understandable. Theory suggests that the use of multiple production techniques can either have a negative or positive impact on the processing of information. This statement is based on different experiments that were done by researchers on how various production techniques affect the information processing of an individual.

The theoretical basis of the study is rooted in the metatheory, cybernetics. Within cybernetics, the narrative theory explains the structure of the story and how it is conveyed to an audience. Voice-over in documentary video is situated in the narrative theory because the structure of the information the voice-over gives to an audience is of utmost importance.

From the theoretical basis, this study uses Lang’s (2000) limited capacity model of mediated message processing to investigate the effect of narration (voice-over) as embedded in documentary video. Specifically, it addresses the mediator’s (in documentary video, the producer’s) goal of maximum information recall by the receiver of the message.

(6)

The application of Lang’s model is outlined in an empirical design that explores recall of message content and the retention of information in two ways; the recall and retention of information presented through an on-camera interview and the recall and retention of information presented by a narrator whilst images are shown that do not include an image of the narrator him/herself (Voice of God narration).

Two experiments were designed for the purpose of this study in which 37 students from the North-West University’s Potchefstroom campus participated. The students were divided into two groups; group one watched the video where the information is presented by an on-camera-interview, and group two watched the video where the information is presented by a ‘Voice of God’ narrator. Two questionnaires were given to the groups at two different times.

The results obtained suggest that there is no significant difference in the production techniques and the recall and retention of information. Based on the results, certain recommendations are made for future research, which include modifying the message and research design.

KEYWORDS: Documentary video, memory, recall, retention, voice-over, narrative, commentary

(7)

i

INHOUDSOPGAWE

HOOFSTUK 1: AGTERGROND, KONTEKSTUALISERING EN

PROBLEEMSTELLING 1

1.1 Agtergrond van studie 1

1.2 Doelstellings 5

1.3 Hipoteses 6

1.4 Situering van die ondersoek binne die kommunikasieterreine 7 1.4.1 Leemtes in die studieterrein 9 1.5 Omskrywing van konsepte 10

1.6 Metode 12 1.6.1 Literatuurstudie 12 1.6.2 Empiriese metode 12 1.7 Hoofstukindeling 13 HOOFSTUK 2: LITERATUURSTUDIE 15 2.1 Inleiding 15 2.2 Kubernetika 16 2.2.1 Inleiding 16

2.2.2 Karaktereienskappe van kubernetika 17 2.2.3 Die verband tussen kubernetika en die informasie teorie 19

2.2.4 Terugvoer 20

2.3 Die narratiewe teorie 21 2.3.1 Visuele narratief 22 2.3.1.1 Letterlike en beskrywende struktuur 23 2.3.1.2 Onsamehangende struktuur 24 2.3.1.3 Narratiewe beeld: sender en ontvanger 24 2.3.1.4 Narratiewe teorie in video 24

(8)

ii

2.4 Vertelling 25

2.4.1 Inleiding 25

2.4.2 Vertelling in dokumentêre video’s 26

2.4.2.1 Wyse van opname 26

2.4.2.2 Die narratiewe agent van vertelling 27

2.4.3 Vorms van vertelling 27

2.4.3.1 Eerstepersoonvertelling 28

2.4.3.2 Derdepersoonvertelling 28

2.4.3.2.1 As waarnemer 28

2.4.3.3 Afwisselende aanwendings 29

2.4.3.4 Vertelling in briefvorm 29

2.4.3.5 Karakterstemme onder wegsnyskote 30

2.4.3.6 Die oorvleuelende stem 30

2.4.3.7 Die subtiele stem 31

2.4.3.8 Die subjektiewe kamerastem 31

2.4.3.9 Die mompelende stem 31

2.4.3.10 Die stem van die media 32

2.4.4 Funksies van vertelling 32

2.4.4.1 Inligtingverskaffing 33

2.4.4.2 Mededeling van abstrakte gedagtes 33

2.4.4.3 Die verteller as ʼn pseudoskrywer 33

2.4.4.4 Vertelling en ironie 34

2.4.4.5 Mededeling van ‘waarheid’ en insig 34

2.4.4.6 Karakterisering 34

2.4.5 Struktuur 35

2.4.6 Die ‘Stem van God’ as narratiewe element in dokumentêre

video’s 36

2.4.6.1 Die relevansie van die ‘Stem van God’ vertelling in dokumentêre

(9)

iii

2.4.7 Samevatting 40

2.5 Die Beperkte Kapasiteitsmodel van Bemiddelde

Boodskapprosessering 42

2.5.1 Inleiding 42

2.5.2 Die Beperkte Kapasiteitsmodel van Informasieprosessering se

benadering tot die kyk van televisie 43

2.5.2.1 Enkodering 44

2.5.2.1.1. Oordrag van die boodskap 45

2.5.2.1.2. Seleksiemetode van informasie 46

2.5.2.1.3. Stoor van informasie in die korttermyngeheue 47

2.5.2.1.4. Enkodeer van ʼn televisieboodskap 48

2.5.2.2 Stoor van informasie 49

2.5.2.2.1 Kognitiewe Strukture 51 2.5.2.2.2 Geheue 53 2.5.2.3 Herroeping 55 2.5.2.3.1 Retensie 59 2.6 Samevatting 61 HOOFSTUK 3: NAVORSINGSONTWERP 63 3.1 Inleiding 63 3.2 Navorsingsontwerp 63

3.3 Populasie en ewekansige selektering 64

3.4 Data-insameling 65 3.5 Geldigheid en betroubaarheid 66 3.6 Materiaal 67 3.6.1 Video 1 68 3.6.1.1 Persoon op kamera 68 3.6.1.2 Videoteks en video-opname 68

(10)

iv 3.6.2 Video 2 69 3.6.2.1 Stemkunstenaar 69 3.6.2.2 Videoteks en video-opname 69 3.7 Meetinstrument 70 3.7.1 Vraelys 70 3.8 Loodstudie 71 3.8.1 Inleiding 71 3.8.2 Doel 71 3.8.3 Metode 71

3.8.4 Resultate van loodstudie 72

3.8.5 Gevolgtrekking van loodstudie 73

3.9 Dataverwerking 74

3.9.1 T-toets 74

3.10 Eksperimente 75

3.10.1 Inleiding 75

3.10.2 Eksperiment een: Op-kamera-onderhoud 75

3.10.2.1 Inleiding 75

3.10.2.2 Populasie 75

3.10.2.3 Prosedure 75

3.10.2.4 Probleme 76

3.10.3 Eksperiment twee: ‘Stem van God’-vertelling 76

3.10.3.1 Inleiding 76

3.10.3.2 Populasie 76

3.10.3.3 Prosedure 76

3.10.3.4 Probleme 77

(11)

v HOOFSTUK 4: RESULTATE 79 4.1 Inleiding 79 4.2 Doelstellings 79 4.2.1 Algemene doelstelling 79 4.2.2 Spesifieke doelstellings 79

4.3 Resultate van eksperiment 80

4.3.1 Toets een: Herroeping 80

4.3.1.1 Eksperiment een: Op-Kamera-Onderhoud (G1=herroeping) 80

4.3.1.1 Eksperiment twee: Vertelling (G2=herroeping) 82

4.3.2 Toets twee: Retensie 85

4.3.2.1 Eksperiment een: Op-Kamera-Onderhoud (G1=retensie) 85

4.3.2.1 Eksperiment twee: Vertelling (G2=retensie) 87

4.4 Uiteensetting van beskrywende statistiek 90

4.4.1 Toets een (herroeping) se statistiese uiteensetting 90

4.4.2 Toets twee (retensie) se statistiese uiteensetting 92

4.4.3 Resultate van die t-toets 93

4.5 Interpretasie van resultate 94

4.5.1 Interpretasie van resultate vir G1=herroeping en G2=herroeping 94

4.5.2 Interpretasie van resultate vir G1=retensie en G2=retensie 95

4.5.3 Vergelyking van G1=herroeping, G2=herroeping en G1=retensie

en G2=retensie 96

4.5.3.1 Groep een: G1=herroeping en G1=retensie 96

4.5.3.2 Groep twee: G2=herroeping en G2=retensie 96

4.5.4 Verduideliking van t-toets bevindinge 97

4.6 Die invloed van vertelling op boodskapherroeping en retensie 98

4.6.1 Hipotese 98

(12)

vi

HOOFSTUK 5: SAMEVATTING, GEVOLGTREKKING EN AANBEVELINGS 100

5.1 Inleiding 100

5.2 Samevatting van studie 100

5.3 Gevolgtrekking van studie 104

5.4 Probleme wat ondervind is in die studie 105

5.4.1 Probleme uit die oogpunt van die navorser 105

5.4.2 Probleme met die navorsingsontwerp 106

5.4.3 Respondentprobleme 106

5.5 Aanbevelings vir toekomstige studies 107

5.5.1 Groter steekproef 107

5.5.2 Ander produksietegnieke 107

5.5.3 Maak die video meer relevant tot die populasie 107

5.6 Slot 108 Bibliografie 109 Bylaag A 119 Bylaag B 123 Bylaag C 126 Bylaag D 131

(13)

vii

LYS VAN TABELLE

Tabel 3.1 Gemiddelde prestasie per vraag uit 6 72

Tabel 3.2 Gemiddelde prestasie per video 73

Tabel 4.1 Groep 1: Op-Kamera-Onderhoud, Vraelys 1 (G1=herroeping) 81

Tabel 4.2 Gemiddeld van Groep 1 vir Vraelys 1 (G1=herroeping) 82

Tabel 4.3 Groep 2: Video met vertelling, Vraelys 1 (G2=herroeping) 83

Tabel 4.4 Gemiddeld van Groep 2 vir Vraelys 1 (G2=herroeping) 84

Tabel 4.5 Groep 1: Op-Kamera-Onderhoud, Vraelys 2 (G1=retensie) 86

Tabel 4.6 Gemiddeld van Groep 1 vir Vraelys 2 (G1=retensie) 87

Tabel 4.7 Groep 2: Video met vertelling, Vraelys 2 (G2=retensie) 88

Tabel 4.8 Gemiddeld van Groep 2 vir Vraelys 2 (G2=retensie) 89

Tabel 4.9 Beskrywende statistiek van toets een (G1=herroeping en G2=herroeping)

(14)

viii

Tabel 4.10 Beskrywende statistiek van toets twee (G1=retensie en G2=retensie)

92

Tabel 4.11 T-toets resultate 94

Tabel 4.12 Vergelyking G1=herroeping, G2=herroeping en G1=retensie en G2=retensie se resultate

(15)

ix

LYS VAN FIGURE

Figuur 2.1 Uiteensetting van teorie 16

Figuur 2.2 Boodskapoordrag 18

Figuur 2.3 Gemiddelde persentasies vir retensie (aangepas vanaf die model van National Training Laboratories, Bethal, Maine)

59

Figuur 2.4 Gemiddelde persentasies van retensie 60

Figuur 3.1 Op-kamera-onderhoud 68

(16)

x

LYS VAN GRAFIEKE

Grafiek 4.1 Vergelyking van groepe en vraelyste 90

Grafiek 4.2 Toets een (herroeping) P waarde 91

Grafiek 4.3 ‘Box and whisker’ grafiek vir toets een (G1=herroeping en G2=herroeping)

91

Grafiek 4.4 Toets twee P-waarde 92

Grafiek 4.5 ‘Box and whisker’ grafiek vir toets twee (G1= retensie en G2=retensie)

(17)

1

Hoofstuk 1

AGTERGROND, KONTEKSTUALISERING EN PROBLEEMSTELLING

1.1 AGTERGROND VAN STUDIE

Dokumentêre rolprente word deur Collins English Dictionary (2012) gedefinieer as rolprente wat op feite gebaseer is. Die rolprent kan, byvoorbeeld, handel oor gebeurtenisse, mense, die natuur en aktuele onderwerpe van ʼn sosio-kulturele en -politieke aard. Dokumentêre video‟s kommunikeer op verskeie maniere inligting aan die kyker deur middel van, byvoorbeeld, onderhoude, titels, grafika, visuele sekwense en ook vertelling. Schmidt (2012) definieer vertelling as ʼn strukturering van filmiese elemente wat ʼn rolprent se verhaal bymekaarvoeg. Vertelling behels ʼn stem van ʼn persoon wat nie op die skerm verskyn nie en daar word vandag in rolprenttaal, benewens vertelling, ook gepraat van „kommentaar‟. Hierdie konsep word in Engels na verwys deur middel van woorde soos “commentary”, “narration” en “voice-over” te gebruik. In hierdie studie word vertelling gebruik ter beskrywing van hierdie begrip.

Vertelling is primêre klank en alle ander klankbronne (byvoorbeeld musiek en natuurlike omgewingsklanke) word in ʼn ondergeskikte hoedanigheid saam met vertelling gebruik. Dit is algemeen in redigeringspraktyk om die luidheid van vertelling die hoogste te maak omdat kykers sonder probleme die vertelling moet volg. Die amplitude van ander klanke word veel sagter aangewend, aangesien dit nie met die amplitude van vertelling mag kompeteer nie.

In die vroeë ontwikkeling van die dokumentêre genre het regisseurs al begin om vertelling te gebruik om die storiestruktuur en -ontplooiing van rolprente te verduidelik en meer verstaanbaar te maak. Volgens Skylar (2002:233) het hierdie produksietegniek veral in die dertigerjare van die vorige eeu met die Amerikaanse March of Time-reeks gewild begin raak. Dit is in hierdie periode wat die konsep Voice of God ook beslag gekry het, met ander woorde, ʼn stem van êrens wat op gesaghebbende en geloofwaardige wyse die kyker die “ware” toedrag van sake meedeel (Skylar, 2002:233). Die Voice of God is mettertyd in ʼn meer neerhalende

(18)

2

sin (beterweterig, alwetend) gebruik soos dokumentêre formate en style verbreed het. In ʼn genre soos cinema verité is die gebruik van vertelling gewoonlik taboe. Die primêre funksie van vertelling is om inligting oor te dra waarsonder visuele sekwense nie vir die kyker verstaanbaar sal wees nie; met ander woorde, wanneer die samestelling van ʼn visuele sekwens van so ʼn aard is dat die kyker nie binne die tydsduur van die sekwens die boodskap kan verstaan of begryp nie, moet addisionele produksietegnieke (soos vertelling) gebruik word om begrip te fasiliteer. Oor die algemeen versterk vertelling die begrip van visuele sekwense waarvan die boodskap as voor-die-handliggend beskou kan word.

Vertelling kan in die eerste persoon wees, byvoorbeeld ʼn biografie oor iemand wat deurentyd in die “ek-styl” praat (Cohan & Shires, 1988:83). Om die indruk van gesaghebbendheid, onpartydigheid en geloofwaardigheid te wek, word vertelling merendeels in die derde persoon geskryf. In sulke gevalle beskou die kyker gewoonlik die verteller (wat bloot ʼn professionele stemkunstenaar mag wees) as die skrywer of skepper van die vertelling (Skylar, 2002:233).

Benewens vertelling in die eerste of derde persone, kan dit ook ander vorme aanneem, soos vertelling in briefvorm en karakter- of onderhoudstemme onder wegsnyskote. Dick (1977: 60-68) onderskei ook subvorme soos die oorvleuelende stem, die subtiele stem, die subjektiewe kamerastem, die mompelende stem en die stem van die media.

Deur die funksies van narratiewe storie-elemente in ag te neem, word die funksies van die vertelling verduidelik.

Die funksie van vertelling strek oor ʼn wye spektrum, aangesien daar soveel verskillende vorme van vertelling voorkom. Afhangende van wat die regisseur wil bereik met die narratiewe struktuur en vertelling, kan dit op so ʼn wyse gemanipuleer word om daardie funksie te verrig.

Die belangrikste funksie van vertelling is om inligting aan die gehoor te gee wat nie visueel oorgedra kan word nie of moeilik visueel oorgedra kan word. Dit kan ook

(19)

3

bloot die beeld ondersteun en die boodskap versterk of beklemtoon sowel as om agtergrondinligting, datums, plekke en alle ander inligting aan die gehoor oor te dra.

Vertelling dra die gedagtes en emosies van mense in dokumentêre rolprente oor. Dit dien, byvoorbeeld, as verduideliking van die inhoud wat in die onderhoude voorkom. Die verteller word soms voorgehou as die skrywer, wat reggekry word deur die verteller se standpunt ten opsigte van die storie te bevraagteken (Wichlacz, 2006). In dokumentêre rolprente neem die gehoor meestal aan dat die persoon wat die vertelling doen, betrokke is by die skryf van die dokumentêr of moontlik daarin sal verskyn.

Soos met al bogenoemde funksies, kan die regisseur vertelling gebruik om die gehoor ʼn sekere indruk van die tema en rolspelers te gee. Of dit die regte of verkeerde indruk is, hang af van hoe vertelling toegepas word in die video; byvoorbeeld, as die regisseur ʼn persoon wil uitbeeld as ʼn kenner, sal hy gebruik maak van derdepersoonvertelling. Die feite en inligting sal deur ʼn professionele stemkunstenaar vertel word, wat help om die gehoor se aandag te hou en informasie geloofwaardig te maak (Nichols, 2010:43).

Vertelling beskik oor ʼn narratiewe agent (Kozloff, 1988:2). Die narratiewe agent is die persoon wat die verhaal vertel. Die narratiewe agent van vertelling kan verder uitgebrei word volgens geskiedenis en diskoers. Diskoers word deur die HAT (2005:168) gedefinieer as ʼn gesprek, geselsery of redevoering tussen persone. Cohan & Shires (1988:113) stel dat geskiedenis en diskoers behels hoe werklik en geloofwaardig die vertelling is, teenoor hoe subjektief dit is. Dokumentêre video regisseurs poog altyd om die vertelling geloofwaardig te maak en gebruik verskillende produksie-elemente saam met vertelling om ʼn geheelbeeld van die rolprent te skep.

Die verskeidenheid produksie-elemente word aangewend om die kyker in te lig en die gehoor se aandag te hou. Hierdie produksietegnieke sluit in onderhoude op kamera, aanbieder na kamera, visuele sekwense, titels, grafika, animasie en ook vertelling wat deur ʼn stemkunstenaar gedoen word.

(20)

4

Herroeping en retensie van informasie hou verband met die kognitiewe vermoëns van ʼn persoon. Garner (2007:2) definieer die kognitiewe struktuur as die basiese verstandelike prosesse wat mense gebruik om informasie te verstaan. Die inligting wat ingeneem word, word in die kognitiewe geheue gestoor; as die inligting nie daar gestoor word nie, kan dit nie oorgedra word na die langtermyngeheue nie (Angus, 1993:87). Herroeping en retensie word, onder meer, bepaal deur ʼn persoon se vermoë om informasie te verwerk en sy/haar vermoëns om reeds verworwe (bestaande) inligting met nuwe inligting te integreer (Graig & Muller, 2007:291).

Navorsing oor die verband tussen verskillende produksietegnieke en –formate en die kyker se herroeping en retensie van informasie, is onder meer deur Brosius (1989, 1991), Welch & Watt (1982), Cavanaugh (2000), Lang & Lanfear (1990) en Bernard & Coldevin (2009) gedoen. Die resultate is nie eenstemmig nie.

Volgens Cavanaugh (2000:383) is daar geen verskil in die retensie van informasie in programme van verskillende formate nie. Volgens die bevindings van Bernard & Coldevin (2009:417), verbeter formaat nie retensie nie. Daarteenoor bevind Brosius (1991:400) dat formaat en produksietegnieke wel die basiese herroeping en retensie van informasie beïnvloed. Lang & Lanfear (1990:157) meen ook dat bepaalde produksietegnieke in rolprente die aandag van die kyker verhoog, wat op sy beurt retensie en herroeping verbeter.

Welch en Watt (1982:142) het nietemin bevind dat hoe meer produksie-elemente gekombineer word, hoe moeiliker dit is vir die gehoor (met inagneming van intellektuele vermoëns) om die boodskap te verstaan en te onthou. Dit stem ooreen met Metallinois (1989:102) se bevindings dat die gelyktydige gebruik van verskillende produksie-elemente die herroeping en retensie van informasie kan verlaag omdat die gehoor nie weet waar om te fokus nie. Só ʼn toestand kan as sensoriese oorlading bestempel word (vgl. Angus, 1993:87).

Die probleem wat in hierdie studie ondersoek word, is of vertelling in ʼn mindere of meerdere mate in vergelyking met ʼn ander produksie-element (onderhoude op kamera), bydra tot die herroeping en retensie van inhoud in ʼn dokumentêre video. Die algemene navorsingsvraag kan dus soos volg geformuleer word:

(21)

5

In watter mate bevorder die „Stem van God‟-vertelling die herroeping en retensie van inhoud in ʼn dokumentêre video?

Bogenoemde vraag lei tot die volgende spesifieke navorsingsvrae:

a. In watter mate kan kubernetika as metateorie ʼn verklaring vir mediërende boodskapprosessering bied?

b. In watter mate bevorder die „Stem van God‟-vertelling herroeping van inhoud in ʼn dokumentêre video?

c. In watter mate bevorder die „Stem van God‟-vertelling retensie van inhoud in ʼn dokumentêre video?

1.2 DOELSTELLINGS

Die algemene doelstelling van hierdie navorsingstuk is soos volg:

Hierdie navorsing wil eksperimenteel aantoon dat die „Stem van God‟-vertelling bydra tot ʼn individu se vermoë om die inhoud van ʼn dokumentêre video beter te herroep, asook langer te onthou.

Aan die hand van die bogenoemde doelstelling is die volgende spesifieke doelstellings geïdentifiseer:

a. Met hierdie navorsing wil aangetoon word dat, wat mediërende boodskapprosessering betref, herroeping en retensie van media-inhoud deur ʼn metateorie soos kubernetika onderlê kan word.

b. Hierdie navorsing wil eksperimenteel aantoon dat die „Stem van God‟-vertelling bydra tot die vermoë van ʼn individu om die inhoud van ʼn dokumentêre video beter te herroep.

c. Hierdie navorsing wil eksperimenteel aantoon dat die „Stem van God‟-vertelling bydra tot ʼn individu se vermoë om die inhoud van ʼn dokumentêre video beter te onthou.

(22)

6

1.3 HIPOTESES

ʼn Hipotese word deur die HAT (2005:405) beskryf as ʼn “onbewuste stelling wat moet dien as ʼn grondslag vir redenering. ʼn Voorlopige veronderstelling wat gebruik word om iets anders te bewys.” ʼn Hipotese is dus ʼn antwoord vir die algemene navorsingsvraag en sluit aan by die algemene doelstelling. Twee spesifieke navorsingshipoteses en nulhipoteses word op grond van die spesifieke navorsingsvrae en - doelstellings gestel.

H1 Navorsingshipotese 1

Kykers van ʼn dokumentêre video sal in die geval van die „Stem van God‟-vertelling beduidend beter inhoud herroep in vergelyking met kykers vir wie dieselfde inhoud slegs deur middel van onderhoude op kamera aangebied word.

H0 Nulhipotese

Daar is geen verskil in die herroeping van inhoud tussen kykers wat die inhoud deur die „Stem van God‟-vertelling ontvang, en kykers wat dieselfde inhoud deur middel van onderhoude op kamera kry nie.

H2 Navorsingshipotese 2

Kykers van ʼn dokumentêre video sal in die geval van die „Stem van God‟-vertelling beduidend beter die inhoud oor ʼn tydperk onthou in vergelyking met dieselfde inhoud wat slegs deur onderhoude op kamera aangebied word.

H0 Nulhipotese

Daar is geen verskil in retensie van inhoud tussen kykers wat die inhoud deur

middel van die „Stem van God‟-vertelling ontvang, en kykers wat dieselfde inhoud deur middel van onderhoude op kamera kry nie.

(23)

7

Vervolgens word die studie gesitueer binne die bepaalde studieterreine van kommunikasieteorie en oudiovisuele kommunikasie.

1.4 SITUERING VAN DIE ONDERSOEK BINNE DIE KOMMUNIKASIETERREINE

Die kernkonsepte in hierdie studie is herroeping (recall) en retensie (retention) van informasie. Albei hierdie konsepte is onlosmaaklik verbind met die menslike

geheue, dit wil sê die vermoë van ʼn mens om onmiddellik en na verloop van ʼn tydperk informasie uit sy/haar geheue te onttrek. Op metateoretiese vlak, kan kubernetika die grondslag vorm, maar daar word spesifiek gekyk na die Beperkte Kapasiteitsmodel van Bemiddelde Boodskapprosessering, waarbinne die narratiewe teorie en die kognitiewe strukture val.

Kubernetika, volgens Graig & Muller (2007:277), behels die studie van informasieprosessering, terugvoer en beheer in kommunikasiesisteme. Saul (2001) stel dat die kubernetiese sisteem komplekse strukture is wat verskeie interaktiewe komponente bevat. Hierdie komponente se wisselwerking vind parallel plaas en ontwikkel verskeie, gelyktydige interaksies met subsisteme. Dié teorie bestaan uit interne en eksterne terugvoer, beide positief en negatief.

Binne kubernetika is die narratiewe teorie van toepassing. Narratief kan gedefinieer word as ʼn ketting van gebeurtenisse in oorsaak-gevolg-verhouding wat met verloop van tyd gebeur (Bordwell & Thompson, 2004). Dit behels watter inligting gebruik gaan word en met watter kanaal of medium dit aan die kyker oorgedra word.

Vanuit die narratiewe teorie word vertelling verduidelik; daar word spesifiek gefokus op die „Stem van God‟-vertelling in dokumentêre video‟s. Die funksies en verskillende vorme word uiteengesit en die relevansie daarvan in dokumentêre video‟s word verduidelik.

Vanuit die drie bogenoemde teoretiese grondslae ontwikkel die beperkte

kapasiteitsmodel van bemiddelde boodskapprosessering. Die beperkte

kapasiteitsmodel van informasieprosessering se benadering tot die kyk van televisie is binne hierdie model gesitueer. Beide modelle is ontwikkel deur Annie Lang, ʼn

(24)

8

professor by die Indiana University in die VSA. Die beperkte kapasiteitsmodel van bemiddelde boodskapprosessering is gewortel in die prosessering van informasie se tradisie van kognitiewe sielkunde en in sosiale wetenskap navorsing van massakommunikasie (Graig & Muller, 2007:289).

Deur gebruik te maak van hierdie model, sal die navorser die inhoud kan meet en

volg watter inligting in, deur en terug kom uit die ontvanger se

informasieprosesseringsisteem. Die model verskaf ʼn konseptuele, teoretiese raamwerk om vrae te vra oor die kognitiewe prosessering en die effek wat media op die oordrag van ʼn boodskap het. Volgens Lang (2000:47) is daar drie oorhoofse prosesse in die verwerking van informasie, naamlik:

a. Enkodering: Enkodering behels om die boodskap uit die omgewing in ʼn persoon se kognitiewe strukture of geheue te kry (Graig & Muller, 2007:290). Hierdie stap behels watter informasie vanaf die bron deur die kanaal gaan en die ontvanger bereik.

b. Stoor van informasie: Wanneer ʼn individu se geheue gebruik word, word dit geaktiveer. Die aktivering word deur assosiasies van konsepte in die geheue teweeggebring. Die proses skei dit wat relevant en irrelevant is tot die boodskap (Lang, 2006:49), met ander woorde die verskillende vorms van visuele- en klankinformasie wat in die korttermyn- en langtermyngeheue gestoor word. Die stap het te doen met ʼn persoon se kognitiewe strukture. Kognisie word deur die HAT (2005:594) gedefinieer as die funksie van waarneem, ken en weet. Volgens Garner (2007:2) kan die kognitiewe teorie verduidelik word as ʼn teorie wat poog om menslike optrede te verduidelik deur die denkprosesse te verstaan. Die aanname is dat mense logiese wesens is wat informasie inneem en kan stoor in die geheue net om dit later weer te herroep (Herman, 2003:14; Scott et al., 1979:1).

c. Herroeping: Herroeping behels die proses om die gestoorde inligting te heraktiveer. Dit is die proses wat fokus op die assosiasies in die geheuenetwerk en op die herroeping en reaktivering van bepaalde boodskapdele (Graig & Muller, 2007:292).

(25)

9

Retensie van informasie en boodskapherroeping is nodig vir die gehoor om voldoende terugvoer te gee oor die informasie terwyl projeksietegnieke die manier is om die inligting oor te dra. Indien die gehoor nie informasie verstaan of inneem nie, sal daar nie voldoende terugvoer en kommunikasie plaasvind nie.

Die Collins English Dictionary (2012) definieer retensie as “the ability to remember things, the act of recalling or state of being recalled.” Dit stel dat herroeping die vermoë is om inligting na ʼn tydperk weer te kan herhaal of na vore bring.

Deur die bogenoemde definisies en teorie in ag te neem, kan dit afgelei word dat retensie bepaal hoe lank informasie in die individu se geheue bly en herroeping behels of die individu na ʼn sekere tydperk steeds die informasie kan herroep.

1.4.1 Leemtes in die studieterrein

Verskeie navorsers (Brosius, 1998; Brosius,1991; Watt en Welch, 1982; Cavanaugh, 2000; Lang & Lanfear,1990 en Bernard & Coldevin, 2009) het al die effek van produksietegnieke ondersoek. Daar is ook baie ander navorsing gedoen oor retensie en herroeping van boodskappe wat deur massamedia oorgedra word (Sharma, 1987; Snyder & Thorson, 1984; Comisky & Bryant, 1978; Juliet, van der Molen & Klijn, 2004; Facorro & Defleur ens). Daar is wel nie veel navorsing gedoen oor die effek wat vertelling as produksie-element het op die herroeping en retensie van informasie nie.

Die bevindinge van hierdie ondersoek kan dus aanvullend wees tot bestaande navorsing oor produksietegnieke, herroeping en retensie. Die relevansie van hierdie navorsing is om te bepaal watter produksietegniek die beste werk om informasie aan ʼn gehoor oor te dra. Opvoedkundige programme kan gebruik maak van hierdie navorsing en dit kan ook van toepassing wees vir dokumentêre video regisseurs wat inligtingsryke video‟s maak en wat wil hê die gehoor moet die inligting onthou. Suid-Afrikaanse programme wat dokumentêre rolprente uitsaai soos, byvoorbeeld, 50/50, E-tv, Carte Blanche op M-net, Special Assignment op SABC 3, ens., kan veral baat vind by hierdie studie. Vervolgens word die kernkonsepte wat in die studie gebruik word, kortliks verduidelik.

(26)

10

1.5 OMSKRYWING VAN KONSEPTE

Studente

Die HAT (2005:1134) definieer ʼn student as iemand wat studeer, hom op ʼn studie toelê of iemand wat ingeskryf is aan ʼn tersiêre inrigting soos ʼn universiteit. Vir die doel van hierdie studie word daar met die term „studente‟ verwys na die derdejaarstudente wat Video (KCOM 317 en KCOM 327) as vak het.

Dokumentêre rolprent

Dokumentêre rolprente word deur die Collins English Dictionary (2012) gedefinieer as materiaal wat feitelik is. Dit behels die weergee van gebeure soos dit plaasvind of reeds gebeur het. Hierdie inligting word in die vorm van ʼn rolprent aan die gehoor deurgegee. Die rolprent kan handel oor gebeurtenisse, persone, natuurlewe en baie ander onderwerpe.

Vertelling (Voice-over)

Die Concise Oxford Dictionary (2008) definieer vertelling as “ʼn deel van vertelling in rolprente waar die stem gehoor word maar nie gesien word nie”. Dit behels die verbale deel van die narratief. Die term verwys dus na enige anonieme en onsigbare stem wat aan die gehoor ʼn storie vertel of inligting oordra.

Onderhoud op kamera

Die HAT (2005:784) definieer ʼn onderhoud as ʼn gesprek wat gereël is om iemand se standpunt of kennis te verneem. ʼn Onderhoud op kamera as produksietegniek beteken dan dat die persoon waarmee ʼn onderhoud gevoer is deur ʼn videokamera afgeneem word en op die skerm verskyn.

(27)

11

Narratief

Die Collins English Dictionary (2012) stel dat narratief ʼn verslagdoening of storie van ʼn gebeurtenis of ervarings is. HAT (2005:747) sluit daarby aan deur te sê dat narratologie die wetenskap van die bestudering van die struktuur en funksie van verhale is. In die konteks van die studie behels narratief die volgorde van feite wat deurgegee word.

Geheue

Geheue is die vermoë om iets te onthou (HAT, 2005:271). Daar kom verskillende tipes geheue voor naamlik die korttermyngeheue en langtermyngeheue wat later in die studie behandel sal word.

Boodskapherroeping

Herroeping (recall) word deur die Collins English Dictionary (2012) gedefinieer as die vermoë om inligting na ʼn tydperk weer te kan herhaal of te herroep. Volgens Angus (1993:73) is boodskapherroeping ʼn doelbewuste poging om inligting te herroep wat in die kognitiewe strukture gestoor is.

Boodskapretensie

Retensie is ʼn persoon se vermoë om inligting in die kognitiewe strukture te stoor en dit daar te hou sodat dit op ʼn sekere tyd weer herroep kan word.

(28)

12

1.6 METODE

1.6.1 Literatuurstudie

Om die effek wat vertelling in dokumentêre rolprente op die retensie en herroeping van informasie het te ondersoek, word vertelling, retensie en herroeping met mekaar in verband gebring. Dit word gedoen deur te kyk na die metateorie kubernetika, waarbinne die narratiewe teorie en vertelling as produksie-element val. Die beperkte kapasiteitsmodel van informasieprosessering se benadering tot die kyk van televisie word gebruik, waarna die kognitiewe strukture en geheue behandel word.

1.6.2. Empiriese metode

Die populasie waarop hierdie studie fokus, is twee groepe kommunikasiestudente in ʼn derdejaarsmodule wat die vak Video: Voorproduksie (KCOM 317 en KCOM 327) neem. ʼn Gestratifiseerde steekproef van 37 studente gaan aan die studie deelneem. Die studente is in twee groepe verdeel en veranderlikes wat konstant gehou (gestratifiseer) word vir albei groepe is, akademiese vlak en akademiese prestasie. Wat die akademiese prestasie betref, word gestratifiseerde ewekansige steekproewe in die tweede semester na die bekendmaking van die eerste semester se resultate geneem.

Twee dokumentêre video‟s van ongeveer 4 minute elk wat handel oor die Vredefortkoepel, is vervaardig. Die video‟s handel oor dieselfde inligting maar die manier van die inligtingoordrag verskil. In die eerste video is dit ʼn kenner wat dieselfde inligting oordra terwyl hy op kamera gesien word. In die tweede video is ʼn visuele sekwens waaronder die kenner se stem die rol van verteller vertolk. Die konstante veranderlike is die inligting wat deurgegee word oor die Vredefortkoepel. Die video‟s verskil dus net in die manier van oordra van informasie.

Groep een is die kontrolegroep en kyk na ʼn video oor die Vredefortkoepel in Afrikaans wat net uit ʼn op-kamera-onderhoud bestaan, met ander woorde, ʼn kenner kyk na ʼn onderhoudvoerder wat nie op kamera is nie en vertel dan van die Vredefortkoepel.

(29)

13

Groep twee is die eksperimentele groep en kyk afsonderlik na ʼn video oor die Vredefortkoepel in Afrikaans. Die video handel oor dieselfde inhoud maar word deur middel van visuele sekwense en ʼn gepaardgaande vertelling deur ʼn „Stem van God‟- tipe vertelling oorgedra.

Onmiddellik na die vertoning van die video vul die groepe dieselfde vraelys in wat hul herroeping van die inhoud sal toets. Dieselfde groepe sal 18 dae later weer dieselfde vraelys invul om hulle retensie van die inhoud te toets.

ʼn Loodstudie is onderneem om te verseker dat die studente die vraelyste verstaan en konsekwent beantwoord. Om interne geldigheid te verseker, is relevante literatuur en deskundiges in verskeie velde geraadpleeg.

Na afloop van die vervaardiging van die video‟s, die ontwerp van vraelyste en die loodstudie sal die twee afsonderlike eksperimente uitgevoer word. Die beduidendheid van verskille sal bepaal word deur middel van ʼn t-toets en hieruit kan die navorser bepaalde gevolgtrekkings maak.

1.7 HOOFSTUKINDELING

Hoofstuk 1: Inleiding

In hoofstuk een word die agtergrond, probleemstelling, navorsingsvrae, navorsingsdoelstellings, hipotese, teorieë wat geraadpleeg word en die oorsig van metode uiteengesit.

Hoofstuk 2: Literatuurstudie

In die literatuurstudie word hierdie studie gekoppel aan verskeie teorieë en modelle. Kubernetika word as metateorie behandel. Die narratiewe teorie sal vervolgens behandel word. Binne die narratiewe teorie sal vertelling as produksie-element verduidelik word. Vandaar sal die beperkte kapasiteitsmodel van bemiddelde boodskapprosessering en die beperkte kapasiteitsmodel van informasieprosessering se benadering tot die kyk van televisie behandel en toegepas word. Tydens die

(30)

14

prosesse van die modelle, sal geheue en die kognitiewe strukture in die studie geïnkorporeer word tesame met retensie, herroeping en die oordrag van informasie.

Hoofstuk 3: Navorsingsontwerp

Die navorsingsontwerp behels ʼn beskrywing van die samestelling van die eksperimentele groepe, die opstel van die eksperimente, vervaardiging van video‟s, die navorsing- en nulhipotese, die samestelling van die vraelys, die loodstudie en hoe daar vir beduidendheid getoets kan word.

Hoofstuk 4: Resultate en Ontleding

Hoofstuk vier bestaan uit ʼn bespreking van die bevindinge sowel as die bespreking van die uiteensetting van die resultate aan die hand van die hipotese. Hierdie hoofstuk sal ook bepaal watter hipoteses aanvaar moet word.

Hoofstuk 5: Gevolgtrekking en Aanbevelings

In hierdie hoofstuk word die bevindinge en resultate gekoppel aan die literatuurstudie. Daar sal ook voorstelle gemaak word om die navorsing uit te brei. Die hoofstuk sluit ook die finale bevindings in oor die navorsingsvrae en bepaal ook of die doelstellings bereik is.

(31)

15

Hoofstuk 2 LITERATUURSTUDIE

2.1 INLEIDING

Die gebruik van die „Stem van God‟-vertelling is ʼn groot besprekingspunt onder regisseurs. Kozlof (1984:50), Youdelman (1982), Nichols (1991) en Chandler (2010:1) redeneer dat die „Stem van God‟-vertelling in ʼn dokumentêre video gebruik word om die narratief te bevorder en die inligting meer verstaanbaar te maak. Schmidt (2012), Kozlof (1984:51), Rossi (2010:1) en Wolfe (1997:162) sê dat baie regisseurs net sulke vertelling gebruik om ʼn swak storie of swak klank weg te steek. Hulle redeneer dat die manier waarop die „Stem van God‟-vertelling aangewend word, bepaal of dit effektief is of nie.

Die algemene funksie van vertelling is om inligting aan die gehoor oor te dra. Die informasie wat oorgedra word deur vertelling moet dan deur die kyker geprosesseer word. Informasieprosessering vind plaas as gevolg van ʼn reeks prosesseringsisteme soos aandag, persepsie motivering en geheue (McLeod, 2008). Hierdie sisteme verander die informasie in ʼn verstaanbare voorstelling.

Kubernetika verduidelik hierdie proses van informasie inneem en verwerk deur te verwys na die beheer van sisteme wat inligting oordra. Binne kubernetika verduidelik die narratiewe teorie die basiese struktuur van ʼn boodskap aan die hand van ʼn oorsaak-gevolg proses (Bordwell & Thompson, 2004).

Die oorsaak-gevolg proses word uitgebrei deur Lang (2000) se model van informasieprosessering se benadering tot bemiddelde kommunikasie. Die model fokus op hoe mense informasie prosesseer deur gebruik te maak van drie subprosesse, naamlik: enkodering, stoor van informasie en herroeping.

Hierdie hoofstuk bespreek hoe informasie vanaf ʼn televisieboodskap geprosesseer word en watter kognitiewe strukture ʼn rol speel in die suksesvolle herroeping van die inligting (Sien Figuur 2.1).

(32)

16

Figuur 2.1: Uiteensetting van teorie

2.2 KUBERNETIKA

2.2.1 Inleiding

Kubernetika, in die geesteswetenskappe, is begin deur Norbert Wiener in 1947 en verwys na beheer in kommunikasie. Die woord is afkomstig van die Griekse woord „steersman‟ en die Latynse woord „governor‟ (Griffin, 2009:43-44). In eenvoudige taal, beteken kubernetika die studie van informasieprosessering, terugvoer en beheer in kommunikasiesisteme (Rosko, 2011).

Volgens Duffy (1984:33) behels kubernetika inligtingprosessering. Daar is ʼn direkte verband tussen kubernetika, die beheer van sisteme en die informasieteorie. Kubernetika dek verskeie areas soos sisteem en informasiewetenskap, kognitiewewetenskap, asook kunsmatige intelligensie. Met betrekking tot kommunikasie behels kubernetika die verwerking van inligting (Duffy,1984:34).

(33)

17

2.2.2 Karaktereienskappe van kubernetika

Kubernetika is ʼn breë teorie maar fokus op spesifieke eienskappe en die beheer van kommunikasie. Duffy (1984:374) stel dat kubernetika twee deugde bied.

Eerstens bied dit ʼn woordeskat en ʼn stel konsepte wat diverse sisteme voorstel. Daarom is dit moontlik vir dié wetenskap om ooreenkomste tussen mense en masjinerie te ontbloot en ʼn eenvormige taal te verskaf wat in beide areas aanvaar word.

Tweedens gee kubernetika ʼn metode om komplekse sisteme wetenskaplik te ontleed. Dit bied ʼn effektiewe manier om die beheer van sisteme te ondersoek in so mate dat een faktor ʼn verandering in al die ander faktore kan bring. Saul (2001) sluit daarby aan deur te sê dat die kubernetiese sisteem komplekse strukture is en vele interaktiewe komponente bevat. Hierdie komponente se wisselwerking vind parallel plaas en ontwikkel verskeie, gelyktydige interaksies met subsisteme. Dié teorie bestaan uit interne en eksterne terugvoer wat positief en/of negatief kan wees.

Graig & Muller (2007:276) skryf dat “The observer must be included in the system rendering it indeterminate”. Dit beteken dat die ontvanger se identiteit, brein en verstand, sowel as die waarde van informasie en logika, alles ʼn rol in die sisteem speel.

McCann (2009) redeneer dat kommunikasie ʼn kubernetiese proses is. Dit is dinamies en deurentyd besig om te verander. Wanneer persoon A ʼn boodskap stuur, vorder dit na persoon B, wat dan reageer en die terugvoer word deur persoon A weer ontvang. Terugvoer behels verbale en nie-verbale kommunikasie, en beïnvloed wat persoon A weer uitstuur (Sien Figuur 2.2). Die sukses van kommunikasie lê in die betekenis van die terugvoer. Die boodskap word herformuleer in ʼn nuwe kommunikasieboog om die gesprek in die regte rigting te stuur. In kubernetika word hierdie proses „aanpasbare beheer‟ genoem

(34)

18

Figuur 2.2 Boodskapoordrag (McCann, 2009)

Volgens McCann (2009) word die kubernetiese proses beheer deur die wet van vereiste verskeidenheid, wat stel dat alle prosesse sistematies funksioneer, terwyl die elemente in die sisteem is aanpasbaar.

Rosko, (2011) stel voor dat daar drie oorhoofse komponente van kubernetika in kommunikasie is:

a. Die doel van die boodskap

b. Die verskil tussen die doel en wat die boodskap werklik oordra.

c. Terugvoer. Dit dui aan wat die ontvanger van ʼn boodskap verstaan van die inligting.

Claude E. Shannon (1963) se model, The cybernetic tradition and mathematical theory of communication, stel dat die doel is om die hoeveelheid informasie wat suksesvol oorgedra word, te vermeerder. Die model verduidelik ook dat elke manier van kommunikasie ʼn limiet het wat gelykstaande is aan die informasie wat oorgedra word, plus die mate ruis of versteurings wat daar is (Grappmair,1999:102).

(35)

19

2.2.3 Die verband tussen kubernetika en die informasieteorie

Alle manier van kommunikasie het ʼn doel en ʼn manier om te bepaal tot watter mate die doel bereik is.

Volgens Duffy (1984:37) is die informasieteorie een van die hoekstene van kubernetika. Kubernetika is funksioneel en het te doen met optredes. Die informasieteorie word gekarakteriseer deur die gebruik van ʼn stel moontlikhede. Daar bestaan ʼn ontvanger wat die inligting ontvang; na ontvangs en interpretasie van die seine (inligting), is daar ʼn spesifieke moontlikheid dat die informasie wat ontvang is, die boodskap is wat uitgestuur word. Benewens dit, volg kubernetika ʼn epistemologiese benadering tot die studie van informasie (Duffy, 1984:37).

Von Glaserfeld (2002:7) argumenteer dat ʼn boodskap net van punt A na punt B gestuur kan word indien daar ʼn medium is wat die boodskap oordra. Die medium moet ʼn kanaal wees in een of ander vorm van energie. Radio en televisie bestaan, byvoorbeeld, uit elektriese golwe en die modulering van hulle frekwensie en amplitude; in spraak is dit die klankgolwe en regulering daarvan. Hy gaan verder deur te sê dat die golwe wel niks beteken as daar nie ʼn boodskap geënkodeer is in die seine nie. Vir dit om te gebeur, moet die sender ʼn kode, oftewel ʼn lys, hê wat aandui watter tipe kombinasie van golwe korrespondeer met die elemente van die boodskap wat gestuur moet word. Die ontvanger van die boodskap moet ook die kodes of lys besit om die golwe te dekodeer. Dus, vir die kommunikasie om suksesvol te wees, moet die sender en ontvanger se kodes dieselfde wees (Von Glaserfeld, 2002:7).

Die kodes waarvan gepraat word kan verskeie vorms behels; in die geval van televisie, is dit die golwe se frekwensie en amplitude wat van die uitsaaier tot die televisiestel gestuur word. Die lyste, of kodes, van beide is dieselfde en daarom kan die kyker die program op televisie sien.

(36)

20

2.2.4 Terugvoer

Duffy (1984:35) redeneer dat een van die belangrikste konsepte van kubernetika terugvoer is. Terugvoer behels enige tipe sein of boodskap (informasie) wat die bron of sender inlig van wat die ontvanger gehoor het.

Terugvoer is iets wat vervaardig is deur ʼn organisme en word teruggestuur na die sender om die proses van produksie te verander. As dit die uitsette verhoog van daardie sisteem, word dit positiewe terugvoer genoem en as dit die proses beperk of reguleer word dit negatiewe terugvoer genoem (Von Glaserfeld, 2002:4).

Die terugvoerproses het drie eienskappe (Duffy,1984:35).

a. ʼn Doel: Alle kubernetiese prosesse word beheer deur ʼn spesifieke doel.

b. ʼn Manier om die doel te vergelyk met die werklike prestasie; dit kan wees dat twee aparte elemente verskillend is, of een element het verander met tyd en is anders as wat dit oorspronklik was.

c. Terugvoer: interaksie behels terugvoer waar die resultate van enige optrede terug gekommunikeer word. Daar is ʼn uitruil van informasie of energie tussen die sisteem en die omgewing.

Von Glaserfeld (2002:4) sluit daarby aan deur te sê dat die individuele persepsies, spesifiek gerig op die kognitiewe struktuur van „n individu (wat die doel insluit), in berekening gebring moet word om die idee van terugvoer te verstaan. Von Glaserfeld (2002:4) haal Johannes Meuller aan waar hy die kognitiewe struktuur van ʼn individu beskryf as neurale seine wat gestuur word van ʼn organisme of individu se sensoriese „ontvangers‟ in die brein.

Die narratiewe teorie verduidelik die bogenoemde kommunikasieproses aan die hand van ʼn oorsaak-gevolg-verhouding.

(37)

21

2.3 DIE NARRATIEWE TEORIE

Narratief kan gedefinieer word as “ʼn ketting van gebeurtenisse in oorsaak-gevolg-verhouding wat oor tyd gebeur” (Bordwell & Thompson, 2004). Hierdie soort kousaliteit sluit aan by Bal (1985) se definisie van narratologie. Hy stel dat die samevloei van narratiewe verhale, narratiewe teks, beelde, gebeurtenisse en vertelling die storie vertel (Bal, 1985:3).

Pramaggiore & Wallis (2008:67) verduidelik narratief as ʼn reeks gebeurtenisse wat oor tyd en ruimte plaasvind. Dit is ʼn reeks gebeurtenisse wat op mekaar volg; die gebeurtenisse word aan mekaar verbind deur ʼn oorsaak, wat die verhaal aan die gang sit, en ʼn gevolg, wat ontstaan uit die reeks gebeurtenisse. Hierdie oorsaak en gevolg moet só geformuleer word dat dit ʼn sistematiese geheel vorm en sodoende die verhaal verstaanbaar maak.

Hierdie definisies beteken dat narratiewe stories ʼn begin, middel en einde het en dat hierdie verhale karakters het wat deurentyd ontwikkel. Hierdie karakterontwikkeling word deur ʼn sekere narratiewe struktuur oorgedra. Vervolgens kan ʼn sekwens van gebeure ʼn herhalende motief hê. Die herhalende motief sal waarneembaar wees omdat die verhaal so gestruktureer is dat ʼn bepaalde struktuur volg (Smith et al., 2005:329).

Narratief word deur Smith et al. (2005:331) beskou as ʼn manier om sin te maak van die wêreld waarin ons lewe. Volgens Fisher (1984) word hierdie wyse van verstaan „narratiewe logika‟ genoem.

Volgens Smith et al. (2005:333) ervaar mense lewe as ʼn reeks deurlopende narratiewe met konflik, hoofstukke, ʼn begin, middel en einde. Fisher (1984) sluit hierby aan deur te sê dat mense hierdie deurlopende narratiewe gebruik om hul ervarings van realiteit en fiksie te toets. Dit beteken dat mense hulself vereenselwig met stories en só bepaal of iets geloofwaardig is. Hierdie geloofwaardigheid of betroubaarheid word deur Fisher (1984) „narratiewe getrouheid‟ genoem, wat na die waarheid van elke storie verwys. Narratiewe getrouheid word binne die raamwerk van die samelewing se algemene kennis en ervaring geskep.

(38)

22

Hoewel narratiewe getrouheid te doen het met die geloofwaardigheid en die egtheid van ʼn verhaal, het narratiewe waarskynlikheid te doen met die integriteit en samehangendheid van die storie (Smith et al., 2005:333). Dit behels die vraag of ʼn storie samehangend is met betrekking tot al die narratiewe elemente, en of die storie teenstrydighede bevat.

Die storiestruktuur kan, volgens Smith et al. (2005:336), in twee onderafdelings verdeel word, naamlik: die storie, wat die inhoud van die verhaal is; en die diskoers, wat die uitdrukking is. Die storie behels die gebeure en aksies, sowel as die karakters en die opstel van die verhaal. Die diskoers, daarenteen, behels die struktuur van die manier waarop die narratief oorgedra word; die visuele, verbale, nie-verbale en musikale manifestasie van die verhaal. Die struktuur van ʼn verhaal is van kardinale belang omdat dit die verhaal samehangend maak en die skrywer, sowel as die gehoor, se gedagtes struktureer.

Omdat mense se verwysingsraamwerke, waardes en geloofsoortuigings verskil, verskil die wyse waarop hulle stories vertel en prosesseer. Wanneer verhale vertel word, kan individuele subjektiwiteit, sowel as sosiale en institusionele denkwyses, waargeneem word. Wat hiermee bedoel word, is dat dieselfde verhale verskillend oorgedra word namate die verteller verander.

Om stories beter verstaanbaar te maak, gebruik skrywers visuele middele om die narratief te bevorder. Verskillende vorme van visuele materiaal kan gebruik word, byvoorbeeld, ʼn persoon se verbeelding, foto‟s, prente en rolprente.

2.3.1 Visuele narratief

Fisher (1984) verduidelik dat mense se manier van dink oor ʼn narratief deur al vyf sintuie beïnvloed word. Dit word ook deur emosies, intellek en die verbeelding bepaal; deur beelde en woorde te kombineer, word die ervaring van die gehoor meer betekenisvol. Die betekenis van die narratief kan makliker en vinniger afgelei word. Die storie kan ook met minder moeite gevolg word omdat die verhaal gehoor en gesien word. Smith et al. (2005:334) stel dat geïllustreerde narratief belangrik is

(39)

23

omdat enige persoon met oënskynlik onsamehangende beelde ʼn verhaal kan vertel

wat logies en geloofwaardig is.

Die visuele narratiewe sintaksis kan, volgens Smith et al. (2005:334), geïdentifiseer word as die oogpunt van die verteller met die wyse waarop die beelde ervaar word, sowel as die organisasie van beeld-elemente met die bedoeling van hoe die beelde aanskou behoort te word.

Die visuele, of geïllustreerde narratief word in ʼn twee strukture verdeel, naamlik: die letterlike of beskrywende struktuur; en die onsamehangende struktuur.

2.3.1.1 Letterlike en beskrywende struktuur

Die beskrywende struktuur word deur Frye (1957:73) verduidelik as die deel van ʼn verhaal wat die realiteit voorstel. Dit behels die wêreld van die karakters, die aksies wat die gehoor deur die beelde waarneem, en die toneelskikking, naamlik die tyd en plek waar die verhaal plaasvind. Volgens Smith et al. (2005:337) gee visuele beelde voor asof dit realiteit is in hul omskrywende struktuur. Omdat visuele beelde so aanskoulik en beskrywend is, word die bedoeling van die beelde makliker verstaan. Daarom is die strukturering van die beelde baie belangrik om die regte boodskap oor te dra.

ʼn Narratief se letterlike struktuur is sintakties en kan nie visueel waargeneem word nie (Frye, 1957:74). Volgens die HAT (2005:1003) kan sintaksis beskryf word as “die leer van sinsbou of woordgroepering in ʼn sin”. Dit is hoe woorde bymekaargesit word om ʼn sin te vorm, en hoe sinne bymekaargesit word om ʼn konsep te vorm.

Beide die letterlike en beskrywende struktuur word geïntegreer om ʼn narratief te vorm; die beskrywende struktuur fokus die gehoor se aandag op die waarneming van die verhaal om dit te kan verstaan, die letterlike struktuur fokus die gehoor se aandag op die algemene ervaring van die storie (Frye, 1957:73).

(40)

24

2.3.1.2 Onsamehangende struktuur

Onsamehangende struktuur behels abstrakte eienskappe van die onderliggende sintaksis van die narratiewe struktuur. Onsamehangende struktuur verwys na die perspektief waarmee die verhaal vertel word in beide teks en visuele beelde. Smith et al. (2005:340) stel dat elke verhaal beskik oor drie persone, waarvan die belangrikste die persoon is wat die storie vertel. Die struktuur van die verhaal word bepaal deur die wyse waarop dit vertel word, byvoorbeeld, deur dit persoonlik oor te vertel, met beelde of met teks en woorde. Indien dit deur middel van teks oorgedra word, kan die gehoor net kommunikeer met die geïmpliseerde verteller, en die verteller kan net kommunikeer met die geïmpliseerde gehoor.

2.3.1.3 Narratiewe beeld: sender en ontvanger

In visuele beelde, vertel die sekwens van beelde die verhaal, byvoorbeeld, deur skote soos ʼn nabyskoot, ʼn wye skoot, ʼn skoot van bo, hoëkontrasbeligting en velddiepte. Om te verseker dat die regte boodskap deur hierdie strukture oorgedra word, moet daar ʼn verhouding tussen die sender en ontvanger van die verhaal wees. In ʼn geïllustreerde storiestruktuur, is ʼn narratief aanwesig in die wyse waarop die beelde en sekwense deur die sender gestruktureer is. Hierdie sender word deur Smith et al. (2005:342) beskryf as die narratiewe oog. Die sender, of narratiewe oog, stuur die boodskap in die vorm van beelde op so ʼn manier dat die ontvanger die boodskap sal kan verstaan, byvoorbeeld, beelde sal gestruktureer wees in hul regte tyd en ruimte, en nie net bestaan uit ʼn kompilasie van verkillende skote nie. Die narratiewe oog kan ʼn nabyskoot wys wat in ʼn letterlike sin nabyheid aandui, maar dit kan as ʼn metafoor gebruik word om intimiteit voor te stel (Smith et al., 2005:342).

2.3.1.4 Narratiewe teorie in video

Narratiewe in rolprente word bepaal deur die estetiese konsepte en die tegnologie wat op die betrokke tydstip beskikbaar is. Vanaf 1895 tot die gebruik van klank in 1926, was daar nie dialoog wat die narratief kon aanhelp nie. Die narratiewe is slegs

(41)

25

deur beelde en effekte oorgedra. Die gehoor het vinnig verveeld geraak met rolprente wat nie ʼn narratiewe struktuur gehad nie (Schmidt, 2012:6).

Regisseurs het begin om sekwense en beelde in so ʼn volgorde te plaas dat dit ʼn verhaal vertel. Dit behels basies om die rolprent samehangend te maak sonder enige spronge in die tyd of ruimte; die verhaal moet dus chronologies verloop. Schmidt (2012:7) argumenteer dat die diskoers van narratief in rolprent ontwikkel is om die narratief te vertel sonder groot spronge in tyd en ruimte of steurende elemente.

Een van die produksie-elemente in video, wat die narratief bevorder en versterk, is vertelling, spesifiek die „Stem van God‟ -vertelling.

2.4 VERTELLING

2.4.1 Inleiding

Vertelling in rolprente ontstaan as gevolg van die narratiewe elemente in tekste, boeke en teateroptredes. Om die funksie van die „Stem van God‟-tegniek te verstaan, is dit belangrik om die oorhoofse struktuur van narratiewe storie-elemente in ag te neem. Die wyse van opname, vorm, funksie en struktuur word deur die storielyn en geskrewe teks beïnvloed, en sluit alle tipes vertelling in.

Soos klank in rolprente ontwikkel het, het regisseurs begin om vertelling en die „Stem van God‟-tegniek aan te wend. Dick (1977:56) stel dat enigiemand of enigiets die „Stem van God‟ kan verteenwoordig in rolprent. Aangesien vertelling deesdae so ʼn populêre narratiewe tegniek is, word dit vereis dat dit aansluit by die ander narratiewe elemente in ʼn rolprent.

Volgens Dick (1977:57) is daar nie ʼn handleiding wat regisseurs het om te weet wanneer om die „Stem van God‟-tegniek te gebruik nie. Dit word baie keer bo titels op skerm verkies, maar gewoonlik het dié vertelling steeds ondersteuning nodig in die vorm van agtergrondklanke, musiek, subtitels, of gewone skermtitels.

(42)

26

Die wyse waarop vertelling opgeneem word, en die struktuur van die narratief as geheel, kan help om ʼn spesifieke gevoel of atmosfeer in die dokumentêr te skep. 2.4.2 Vertelling in dokumentêre video’s

2.4.2.1 Wyse van opname

Vertelling kan opgeneem word in ʼn professionele opname-ateljee, of by die plek waar die video‟s verfilm word.

Die eerste manier is om klank met die beeld te sinchroniseer. Die vertelling word opgeneem as lewendige kommentaar oor visuele beelde. Hierdie tegniek behels dat die klank en die beeld op dieselfde tyd opgeneem word. Die opneem van vertelling kan vanaf ʼn gedrukte teks gelees word, of heeltemal geïmproviseer wees. Dit word meestal gebruik tydens regstreekse uitsendings, soos sport en ontwikkelende nuus. Doelbewuste manipulasie van die vertelling word beperk omdat blote inligtingoordrag die hoofdoel is.

Die „wild track‟-benadering tot vertelling behels die opname van die vertelling vanaf ʼn teks sonder om die beeld te sien. Die woorde word vir die verteller op papier gegee en die verteller lees bloot net die woorde terwyl dit deur die klanksisteem opgeneem word. Beeld beïnvloed dus nie die vertelling nie. Die regisseur redigeer dan die vertelling só dat dit by die beeld pas. Die klank word na die tyd met die beeld gesinchroniseer. Hierdie manier van opname word veral vir dokumentêre rolprente gebruik. Die „wild track‟-benadering gee die regisseur volle kreatiewe beheer om die vertelling so te manipuleer dat dit ʼn bepaalde gevoel tesame met die beeld skep (Ginsburg, 2011). Dit kan later verander word. In die praktyk verkies baie stemkunstenaars om in gekontroleerde toestande soos ʼn opname-ateljee die beeld te sien terwyl hulle lees. In hierdie soort vertellingstyl word die stemkunstenaar deurlopend gebruik as die onderliggende klank van skote en sekwense.

Volgens Ginsburg (2011) is dit beter om ʼn geïsoleerde opname-ateljee te gebruik as die verteller anoniem en gesaghebbend moet wees. Vertelling word opgeneem sonder agtergrondklanke of eggo‟s, en dit word opgeneem as ʼn „wild track‟ as die

(43)

27

vertelling ʼn verduideliking of aaneenlopende dialoog moet wees. Die klankkwaliteit moet wel van dieselfde gehalte wees as die rolprent se klank (Ginsburg, 2011). ʼn Verskynsel wat algemeen na vore kom is dat regisseurs beide maniere van opname gebruik in een rolprent.

2.4.2.2 Die narratiewe agent van vertelling

Vertelling, of die „Stem van God‟, maak deel uit van die narratiewe agent (Kozloff, 1988:2). Die narratiewe agent is die persoon wat die verhaal vertel. Die narratiewe agent van die „Stem van God‟-vertelling kan verder ontleed word op grond van geskiedenis en diskoers. Cohan & Shires (1988:113) stel dat die geskiedenis en diskoers die mate van werklikheid en geloofwaardigheid van die vertelling behels, teenoor die mate van subjektiwiteit daarvan. As die verteller, byvoorbeeld, objektief die gebeurtenisse in die verhaal opsom, word die storie as geskiedenis vertel.

Geskiedenis kan beskryf word as waarheid, maar as dit deur lewens- en wêreldbeskouing gekleur word, word dit diskoers, byvoorbeeld, as die verhaal subjektief is, of deur een van die karakters vertel word. Diskoers word deur die HAT (2005:168) gedefinieer as ʼn gesprek, geselsery of redevoering tussen persone. Diskoers gaan gewoonlik gepaard met eerstepersoonvertelling. Die persone het elkeen hul eie, subjektiewe opinie oor die onderwerp. Selfs derdepersoonvertelling kan met diskoers weergegee word. Dit hoef nie noodwendig ʼn karakter te wees wat ʼn subjektiewe mening aan die gehoor oordra nie (Wichlacz, 2006). Soos, byvoorbeeld, in Naked City (1948) is die regisseur die verteller; hy is subjektief en gee sy eie mening sonder om ʼn karakter in die verhaal te wees.

2.4.3 Vorms van vertelling

Die wyse waarop vertelling gebruik word, word bepaal deur die funksie wat regisseurs wil hê hierdie vorm van inligtingsoordrag moet verrig.

(44)

28

2.4.3.1 Eerstepersoonvertelling

Volgens die American Heritage Dictionary of the English Language (2011) manifesteer eerstepersoonvertelling wanneer ʼn spreker of skrywer na homself of haarself verwys. Dit kan, byvoorbeeld, wees, “Ek het grootgeword in Johannesburg”.

Die eerstepersoonverteller is karaktergebonde, met ander woorde, dit is wanneer die verteller wat dien as die „Stem van God‟ ʼn karakter in die rolprent is (Cohan & Shires, 1988:83). Eerstepersoonvertelling word grootliks beskou as ʼn interne monoloog, waar die verteller meer met homself praat. Die verteller gee inligting aan die gehoor wat nie deur die rolprent self oorgedra kan word nie. Dié vertelling is ook meestal uit ʼn subjektiewe oogpunt van een van die karakters, maar word as geloofwaardig voorgehou omdat die verteller ʼn karakter is in die rolprent (Wichlacz, 2006). Hierdie manier van vertelling word in verskeie dokumentêre rolprente gebruik soos In Our Own Words (1995) en The Lady in the Lake (1947).

Hierdie tipe vertelling kan die verskillende sekwense van die rolprent oorbrug en koppel soos die narratief na verskillende tye vorder. Dit kan ook gebruik word om verwydering te skep tussen die gehoor en die karakters (Dick, 1977:60). Die gehoor kan hulself vereenselwig met die karakters, maar die „Stem van God‟ kan die skeiding oordra tussen die karakters se persepsies, die gehoor en die karakters self.

2.4.3.2 Derdepersoonvertelling

2.4.3.2.1 As waarnemer

Vertelling in die derdepersoon (oftewel die liggaamlose stem) word volgens die American Heritage Dictionary of the English Language (2011) gedoen deur iemand wat nie ʼn spesifieke karakter verteenwoordig nie, maar eerder die rol van ʼn objektiewe kommentator verteenwoordig.

Die derdepersoonverteller gee nie drome, gedagtes of herinneringe van karakters weer nie, maar vertel bloot die storie. Die tipe vertelling word as objektief, neutraal, of onpartydig beskou. Die verteller kan daarom hom- of haarself in die karakters se

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

terugzenden van de goederen voor uw rekening te nemen, en de goederen door hun aard niet op normale wijze via de post teruggezonden kunnen worden: „De directe kosten van het

Om hierdie eise suksesvol te kan hanteer, behoort onderwyskandidate wat oor die gewenste persoonseienskappe vir doeltreffende onderwys beskik, tot die onderwys toe te

IDOFSTUK VI GIDND:SEELDE VIR 'N. Die Ch:ristel:ik-nasi0n:a.le opvoeder en opvoedkundige moet tn duidel:ike Godsbeeld he, Om God te ken, is elkeen se primere

Met betrekking tot die terapeut-kindverhouding, dui literatuur die volgende moontlike terapeutiese uitkomste aan wat deur middel van KGS en SKS deur kinders met AS bereik kan word:

in die Ho8rskole.tans dieselfde leerplan volg as die·.. Blanke·seuns in

Hierdie werkstuk spruit voort nie alleen uit die skrywer se eie-praktiese kunsondervinding nie, maar veral ook uit die ondervinding ~n die kunsonderwys, en die

uitoefen. Korrekte en gelukkige verhoudings of aan die anderkant ook wanver- houdings het gevolglik 'n bepalende invloed op die opvoeding en sosiale ontwikkeling

FIGDUR 6.25 DKHDROGR!H VAH BKTKKKNISVOLLE VERDKLERS TEH OPSIGTK YAH DIE BKLAMGRIKHEID YAK DIE BEHOEFTK AAH SK&URITKIT {bv. sekuriteit oor per1anente pos). 25