• No results found

'n Waarderingsperspektief op ouer persone se belewing van verhoudings in 'n ekonomies minderbevoorregte residensiële sorgfasiliteit

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "'n Waarderingsperspektief op ouer persone se belewing van verhoudings in 'n ekonomies minderbevoorregte residensiële sorgfasiliteit"

Copied!
42
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

minderbevoorregte residensiële sorgfasiliteit.

Skripsie ingehandig in ooreenstemming met die vereistes vir die graad MA Kliniese Psigologie

Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus.

Frans du Toit

Studieleier: Prof. V. Roos

Potchefstroom November 2012

(2)

INHOUDSOPGAWE

Bedankings...4

Opsomming...5

Summary...7

Toestemming vir inhandiging...9

Voorskrifte aan outeurs...10

Literatuuroriëntasie...11

Titel van skripsie, outeurs en kontakbesonderhede...16

Abstrak...17

Manuskrip vir eksaminering... ...18

Navorsingsmetode en -ontwerp...20 Konteks en deelnemers...20 Prosedure...21 Data-insameling...23 Data-analise...23 Vertrouenswaardigheid...24 Etiese aspekte...25 Resultate...25 Bespreking...34 Beperkings en aanbevelings...35 Gevolgtrekking...36 Bronnelys...37 Kritiese refleksie...40

Lys van tabelle en figure Tabel 1: Temas en subtemas van deelnemers se belewing van verhoudings...26

(3)

Figuur 2: Simboliese uitbeelding van inwoners se selgroep...30

Figuur 3: Tekening van verjaarsdagkaartjie...31

Figuur 4: Uitbeelding van sorgfasiliteit as ’n veilige hawe... ...32

Figuur 5: Uitbeelding van sorgfasiliteit as ’n tuiste...32

(4)

BEDANKINGS

Alle eer en lof aan my Heer en Verlosser, Jesus Christus vir al die seën, liefde en oneindige genade wat ek daagliks uit Sy hand ontvang.

Spesiale dank aan my studieleier en mentor, prof. Vera Roos, vir haar tyd, kennis en motivering deur die loop van die afgelope jaar. Haar ongelooflike passie en entoesiasme vir navorsing en ouer persone was inspirerend en aansteeklik. Dit was werklik ʼn groot voorreg om hierdie projek saam met haar te kon aanpak.

Baie hartlik dankie aan die spesifieke sorgfasiliteit en ook elke deelnemer aan hierdie studie. Die navorsing sou nie moontlik gewees het sonder die inwoners se waardevolle insette en hulle bereidwilligheid om persoonlike belewenisse te deel nie.

ʼn Baie besondere dankie aan Mandie Bekker, wat my daagliks vorm, inspireer en lief het. Haar

ondersteuning en motivering tydens hierdie navorsingsproses was van onskatbare waarde. Ek is waarlik geseënd met haar in my lewe.

ʼn Spesiale woord van dank aan my ouers, gesin en vriende vir hulle ondersteuning, bydraes en

belangstelling – en in die besonder aan my suster, Terry Jackson, vir haar besonderse bydrae tot my lewe, en ook tot hierdie spesifieke studie.

Hierdie studie word opgedra aan my ouers, Frans en Elbé du Toit, wie se lewens die ware betekenis van liefde, vasberadenheid en geloof weerspieël en wat my aanmoedig en ondersteun om altyd my drome na te streef.

(5)

OPSOMMING

Eensaamheid en depressie kom algemeen by ouer persone voor, maar veral by mense afhanklik van institusionele versorging. Ouer persone skryf dikwels eensaamheid toe aan meervoudige verliese, soos die verlies aan fisiese en kognitiewe vermoëns en die verlies aan verhoudings met bekende omgewings en betekenisvolle ander persone, asook veranderende kontak met familielede en vriende. Verskeie strategieë, onder andere nadenke oor verlore of veranderde verhoudings, word deur ouer persone gebruik om gevoelens van verlies te verwerk. Hierdie strategie van te bly nadink oor verlies en/of

veranderings, veroorsaak egter dat ouer persone se aandag gefokus bly op die verlede en dat hulle daarom dikwels nie bewus is, of raak, van die potensiaal van verhoudings in hulle onmiddellike omgewing nie.

In hierdie studie is die waarderingsperspektief gebruik om ouer persone bewus te maak van betekenisvolle verhoudings wat alreeds in hul onmiddellike omgewing bestaan asook om bewus te raak van die potensiaal van hierdie verhoudings, sodat meer interpersoonlike kontak meer effektief kan plaasvind. Die waarderingsperspektief, internasionaal bekend as “Appreciative Inquiry”, gebruik vraagstelling as ʼn intervensie, omdat die vrae op só manier geformuleer is dat mense se aandag op die positiewe aspekte van verhoudings in hulle interpersoonlike omgewing fokus. Daar is dus gepoog om vanuit ʼn waarderingsperspektief vas te stel watter verhoudingskwaliteite ouer persone as betekenisvol of effektief beleef.

ʼn Kwalitatiewe en ondersoekende navorsingsmetode is gebruik in ʼn poging om die ouer persone se subjektiewe belewing van verhoudings in ʼn residensiële sorgfasiliteit te ondersoek. Deelnemers aan hierdie studie het bestaan uit vrywilligers wat permanent woonagtig is in ʼn residensiële sorgfasiliteit vir ouer persone in Gauteng, Suid-Afrika.

Tekstuele sowel as visuele data is ingesamel met behulp van die World Café-metode. Hiervolgens is die deelnemers in drie afsonderlike groepe van ongeveer ses persone per groep verdeel, sodat elke groep volgens ʼn rondomtalie-metode by die afsonderlike aktiwiteite betrokke kon wees. Velle A2-papier is as tafeldoeke gebruik, sodat deelnemers gespreknotas daarop kon maak en dit ook kon gebruik vir simboliese uitbeeldings van hulle subjektiewe ervarings. Die data wat in die onderskeie groepe versamel

(6)

is, is daarna visueel voorgestel, sodat ʼn gesamentlike fokusgroepbespreking daaroor kon plaasvind. Kristallisasie is gebruik om die vertrouenswaardigheid van die bevindinge te bevestig.

Kristallisasie is ʼn navorsingsbenadering waar gegronde beskrywings uit verskillende genres as metode gebruik word, waar temas en patrone wat uit die lewenservaringe van die deelnemers na vore kom, geïntegreer word. In hierdie navorsing is van verskeie data-insamelingsmetodes gebruik gemaak, onder andere die gebruik van simbole op plakkate, groepbesprekings en ʼn fokusgroep; terwyl meerdere

analiseringsmetodes ook gebruik is, naamlik tematiese analise, interaktiewe patroon analise en die visuele analise van plakkate. Goedkeuring met betrekking tot die etiese aspekte van die navorsingsprojek, is vooraf verkry van die Noordwes-Universiteit.

Uit die bevindinge het geblyk dat noodsaaklike verhoudingskwaliteite, soos bevestiging, empatie, onvoorwaardelike aanvaarding en die vrymoedigheid om jouself meer sigbaar te maak vir ander, spontaan tussen die inwoners ontwikkel binne die veilige en bemagtigende interpersoonlike omgewing wat deur die bestuur geskep is. Hierdie veilige en bemagtigende interpersoonlike konteks word gekenmerk aan

voorspelbaarheid, interpersoonlike buigsaamheid, bevestiging, kongruensie en empatie.

Op grond van die navorsingsbevindings kan aangevoer word dat inwoners in hierdie spesifieke sorgfasiliteit, ten spyte van meervoudige verliese wat gepaardgaan met die verouderingsproses en hulle spesifieke lewens, steeds verhoudings kon identifiseer en beskryf waarbinne hulle hul behoeftes effektief kon bevredig. Hierdie studie hou dus belangrike implikasies in vir die bestuur, wat ʼn belangrike rol speel in die skep van ʼn interpersoonlike konteks in die residensiële sorgfasiliteit. Die ideaal is om ʼn

interpersoonlike konteks daar te stel wat aanleiding gee tot die bevordering van die verhoudingswelsyn van ouer persone in residensiële sorgfasiliteite.

Sleutelwoorde: Waarderingsperspektief, ouer persone, residensiële sorgfasiliteit, sisteemteorie, World Café-metode, interpersoonlike konteks, verhoudingskwaliteite, behoefte bevrediging

(7)

SUMMARY

Older people often experience loneliness and depression, especially those dependent on institutional care. The loneliness can be attributed to multiple losses such as the loss of physical and cognitive abilities, the loss of relationships with familiar environments, the loss of significant others, as well as changing contact with family members and friends. The strategy commonly used by older people to deal with such feelings of loss, is to reminisce on such losses as well as on the lost or altered

relationships. This strategy might result in a situation where the focus older people have on the past prevents them from recognizing the potential of relationships in their immediate environment.

In order to make older people more aware of meaningful relationships in their immediate

environment, the method of appreciative inquiry was used. Appreciative inquiry uses questioning as an intervention. Questions were formulated in such a way that the positive aspects of possible relationships in interpersonal environments were emphasised. The aim of the appreciative inquiry was to determine what relationship qualities older people experience as meaningful or effective.

A qualitative and investigative research method was used in an attempt to investigate older people's subjective experiences of the relationships they have in the residential care facility. Participants to the study were volunteers who permanently reside in a residential care facility for older people in Gauteng, South Africa.

Textual- and visual data was collected through the use of the World Café method, where the participants were divided into three separate groups of approximately six members each. Group

discussions were facilitated as group leaders alternated with various activities between the groups. Sheets of A2 paper served as tablecloths allowing participants to conveniently jot down notes from the group discussion, and also to draw symbolic representations of their subjective experiences of the relationships they enjoy in their immediate environment. Data gathered in the various groups was then visually displayed so that a focus group discussion could occur.

Crystallization confirmed the trustworthiness of the findings. Crystallization is an approach where data is combined using two or more genres of representation of socially constructed meanings as

(8)

well as different methods of data analysis. In this study, several different data collection methods were used, including the use of symbols, group discussions and a focus group. The data analysis comprised of a combination of several methods of analysis, being thematic analysis, interactive pattern analysis and the visual analysis of posters. Approval pertaining to the ethical aspects of the research project was obtained from the North-West University.

From the findings it became apparent that essential relationship qualities such as confirmation, empathy, unconditional acceptance and clarity of self-presentation between the residents spontaneously developed out of the safe and enabling interpersonal environment created by the management. This safe and enabling interpersonal environment is characterized by predictability, interpersonal flexibility, confirmation, congruence and empathy.

According to this research, it can be argued that residents in this specific care facility were still able to identify and describe relationships that could effectively satisfy their needs – despite having experienced multiple losses associated with the aging process and/or losses in their particular lives. This study hence holds important implications for the creation of an interpersonal context by management in order to promote wellbeing among older people that reside in residential care facilities.

Keywords: Appreciative Inquiry, older people, residential care facility, systems theory, World Café method, interpersonal context, relationship qualities, satisfing of needs

(9)

TOESTEMMING VIR INDIENING VAN ARTIKEL VIR EKSAMINERINGSDOELEINDES Ek, studieleier van hierdie studie, verklaar hiermee dat die artikel geskryf deur Frans du Toit, die navorsing oor die onderwerp, reflekteer. Hiermee gee ek toestemming dat hy die artikel mag indien vir eksaminering en bevestig daardeur dat dit aan die voorskrifte van die graad MA in Kliniese Psigologie voldoen.

_____________________

(10)

VOORSKRIFTE AAN OUTEURS:

Die artikel is volgens die voorskrifte van die APA 6 (American Psychological Association) aangebied, aangesien die Tydskrif vir Geesteswetenskappe artikels volgens die riglyne van spesifieke vakdissiplines publiseer.

(11)

LITERATUURORIËNTASIE Inleiding

Die meeste navorsing wat oor ouer persone, of omgewings waarin ouer persone hulself bevind, gedoen is, het bevind dat ouer persone depressie en eensaamheid beleef (Kim, Cindy, Sangalang & Kihl, 2012; Roos & Klopper, 2010; Roos & Malan, 2011). Verskeie redes wat hierdie bevinding verklaar, word in die studies aangevoer. Dit wil voorkom asof meervoudige verliese, wat met die

verouderingsproses geassosieer word, verantwoordelik is vir ouer persone se depressie en eensaamheid. Hierdie meervoudige verliese kan verskeie vorme aanneem, onder andere die verlies van fisiese - en intellektuele vermoëns, die verlies van en veranderinge in persoonlike verhoudings, die verlies aan verhoudings met bekende omgewings en ’n verandering in die manier waarop kontak met vriende en familielede gemaak word sodat dit lei tot ’n afname en afplatting van verhoudings.

Dit wil voorkom of die ervaring van meervoudige verliese toeneem wanneer ouer persone afhanklik raak van institusionele versorging (Roos & Klopper, 2010). Navorsing oor verhoudings in residensiële sorgfasiliteite is egter baie beperk en fokus grootliks op die patologie of probleme van ouer persone in hulle spesifieke omgewings. Alhoewel sodanige navorsing belangrik is ten einde ouer persone te kan versorg en verstaan, beskou Hammond (1998) dit as die tradisionele benadering tot verandering, naamlik om die probleem te soek, te diagnoseer en ’n oplossing daarvoor te vind. Volgens só ’n tradisionele benadering val die fokus primêr op dit wat verkeerd is of wat ontbreek.

’n Probleemgerigte fokus lei noodwendig tot die identifisering van probleme. Wanneer aandag net aan die probleem geskenk word, is dit slegs die probleem wat beklemtoon word en daarom dus dikwels ook as groter as wat dit is, beleef word. Tot dusver het weinig navorsing ’n ander benadering gevolg waarvolgens verkieslik vanuit ’n positiewe perspektief op effektiewe en betekenisvolle

interpersoonlike verhoudings gefokus word.

Die doel van hierdie navorsing was om die fokus van die ondersoek te verskuif na positiewe en gevestigde aspekte in mense se lewens en die interpersoonlike omgewings waarin hulle hulself bevind, sowel as die potensiaal van hierdie verhoudings om meer effektiewe interpersoonlike interaksies te hê

(12)

met ander mense. Hierdie doel is bereik deurdat inwoners se subjektiewe belewing van verhoudings in ’n sorgfasiliteit aan die hand van ʼn waarderingsperspektief ondersoek is.

Waarderingsperspektief

ʼn Waarderingsperspektief kan beskryf word as ’n benadering waarin die fokus op mense se potensiaal val. Dit behels die sistematiese ontdekking van dit wat ʼn sisteem “lewe” gee wanneer dit op sy effektiefste is (Moore & Charvat, 2007). ʼn Waarderingsbenadering behels die kuns daarvan om vrae te gebruik wat daarop gemik is om ’n sisteem se potensiaal te versterk. Vrae wat in sodanige benadering gebruik word, is positief van aard en word gerig op die positiewe in die persoon of organisasie

(Cooperrider & Whitney, 1999).

Aangesien perspektief wat die waarderingsbenadering bied op die positiewe aspekte in die lewe van ’n persoon of organisasie fokus, is die gevolg dat daar dus eerder op positiewe aspekte voortgebou word, as wat die fokus slegs op probleme en probleemoplossing val (White, 1996). Die

waarderingsbenadering word dus as die teenoorgestelde van probleemoplossing beskou. Die waarderingsperspektief is aanvanklik ontwikkel om interaksie tussen mense binne ʼn korporatiewe omgewing te ondersoek, en dien daarom as goeie basis vir hierdie studie omdat die verhoudings hier ook binne ’n groepskonteks ondersoek word.

Moore en Charvat (2007) beskryf die aspekte van die waarderingsperspektief. Die

wegspringspunt in hierdie benadering behels onderhoudvoering met al die persone betrokke by die spesifieke organisasie en ook die geleentheid tot storievertelling. Die klem val op daardie tye wanneer die organisasie op sy beste gefunksioneer het, sodat die beste uit die verlede gebruik kan word om ʼn meer effektiewe visualisering van die toekoms te skep. Om die organisasie se ideale staat te kan beskryf, skep deelnemers dan ʼn reeks stellings wat op die beste uit die verlede gebaseer is. Dit word gedoen deur positiewe vrae te vra, waarby al die lede betrek word, sodat hierdie ideale staat wel in die toekoms bereik kan word. In die waarderingsbenadering is die kuns van vraagstelling dus van uiterste belang. Mense is geneig om te reageer op dit waaroor die algemeenste en mees sistematiese vrae gevra word. Cooperrider en Whitney (1999) het ’n voorstelling van ’n tipiese vloei van die waarderingsbenadering gemaak, deur

(13)

vier fases in die proses daarvan te identifiseer. Hulle verwys daarna as die ’4-D’siklus en dui aan dat dit die volgende behels: die ontdekkingsfase, die droomfase, die ontwerpfase en die lewerings- of

volhoubaarheidsfase. Moore en Charvat (2007) se verduideliking van hierdie fases, is soos volg: In die Ontdekkingsfase val die klem op dit wat ‘lewe’ aan die organisasie gee, asook op dit wat die organisasie se ‘beste tye’ veroorsaak het. Voorbeelde van tipiese vrae vir hierdie fase, is: “Beskryf ʼn tyd toe jy gevoel het die organisasie presteer baie goed. Wat was die omstandighede wat toe geheers het?” Of: “Waaraan, in hierdie span (of groep), heg jy die meeste waarde? Hoekom?”

In die Droomfase val die klem op die visualisering van doelwitte in die organisasie en daarom is tipiese vrae: “Hoe kan dit in die toekoms realiseer?” en “Waarop doen die organisasie ʼn beroep vir die toekoms?” Lede van die groep werk dan saam om te ontdek watter drome en verwagtinge hulle koester ten opsigte van hulle werk en organisasie, hulle wêreld en ook hulle professionele verhoudings ten opsigte van mekaar.

In die Ontwerpfase gebruik deelnemers dit wat in die Ontdekkings- en Droomfase gevind is, en ondersoek dan verder hoe dit gerealiseer kan laat word. In hierdie fase word provokatiewe proposisies, wat die ideale organisasie beskryf, geskep. Hierdie proposisies word geformuleer om almal aan die positiewe aspekte van die organisasie te herinner, en ook om daarop te wys hoe elkeen kan bydrae om dit nog beter te maak. Dit skep ’n bewussyn by deelnemers van wat bereik kan word as hierdie positiewe kern van die organisasie deel is van elke strategie, proses en sisteem in die organisasie.

Die finale fase is die Lewerings- of Volhoubaarheidsfase, waar die veranderinge in die organisasie volgehou en, indien nodig, aangepas word. In hierdie fase val die klem op verpligtinge, en ook op

aksieplanne – op sowel individuele - as organisasievlak – ten einde geïdentifiseerde doelwitte te bereik. Die waarderingsperspektief is uniek daarin dat dit die denke van ‘Wat is verkeerd?’, vervang met denke wat fokus op ‘Wat is die moontlikhede?’ Hierdie soort proses word bewerkstellig deur sistematies navraag te doen deur die gebruik van spesifieke vrae om die beste in die hede raak te sien en te waardeer, en ook deur die gebruik van visualisering van hoe dit in die toekoms mag wees. Moore en Charvat (2007) is van mening dat die navorser en die deelnemers in ʼn gesamentlike poging betrokke raak om die

(14)

sterkpunte, die passies, en die lewegewende kragte in mense se lewens, te ontdek. Die doel van die waarderingsperspektief is dat ʼn dialoog tussen die navorser en die deelnemers ontwikkel, sodat stories wat die persone voel werk of wat gewerk het in hul lewe geïdentifiseer kan word en daarop voortgebou kan word.

‘n Data-insamelingsmetode wat so ’n proses van storievertelling en dialoogvorming fasiliteer, is die World Café-metode. Dit is as ’n geskikte metode vir hierdie navorsing geïdentifiseer omdat daar sowel baie ooreenkomste as aanvullende aspekte tussen die waarderingsperspektief en hierdie metode bestaan. Die World Café-metode behels kortliks dat die groter groep deelnemers in kleiner groepe verdeel en ʼn gasheer of gasvrou by elke groep aangewys word. Aan elke groep word ʼn spesifieke vraag gevra wat die fokus rig op aspekte soos betekenisvolle interaksies, verhoudings en gevoelens van

samesyn in die spesifieke sorgfasiliteit, wat binne ’n vasgestelde tydsduur bespreek moet word. Sodra die tyd verstreke is, roteer die groepe. Hierdie proses word herhaal totdat elke groep die geleentheid gehad het om elk van die besprekingspunte te ondersoek. Schieffer, Isaacs en Gyllenpalm (2004) beskryf die World Café-metode as ʼn gebruiker-vriendelike metode vir die skep van betekenisvolle dialoog van samewerking wat met betrekking tot ‘n bepaalde vraag ontstaan.

Kleiner gespreksgroepe en meer intieme gesprekke word met mekaar verbind en bou op mekaar soos wat mense tussen verskillende groepe beweeg. Deur in ’n proses van kruisbestuiwing op mekaar se insette voort te bou, kom nuwe idees na vore en word nuwe verbande geïdentifiseer. ’n Lewendige netwerk van gesprekvoering is gedurig besig om deur ’n proses van evolusie te verander en hierdeur word kennis oorgedra en gedeel. Midde in hierdie proses word die beeld van die spesifieke organisasie of sorgfasiliteit duideliker en word ʼn bewustheid geskep vir nuwe moontlikhede vir meer effektiewe interpersoonlike interaksies. Die unieke struktuur van die ‘kafee’-formaat stel groot groepe mense in staat om op ʼn kreatiewe manier as ʼn eenheid saam te dink en te praat.

Die feit dat sowel die waarderingsperspektief en die World Café-metode die soort vraag wat gestel word baie belangrik ag (Moore & Charvat, 2007; Schieffer et al, 2004) is ’n eerste rede wat dit sinvol en effektief maak om beide gelyktydig in ’n navorsingsprojek te gebruik. Omdat die vraag wat vanuit die

(15)

waarderingsperspektief gestel word ’n positiewe oorsprong het, lei dit tot ’n omgewing van gesamentlike leer en ontdekking wat ’n positiewe aard het en waar die fokus verskuif het na sake of aspekte in die sorgfasiliteit wat reeds funksioneer en gevestig is.

’n Tweede rede lê daarin dat die waarderingsperspektief op die beginsel gebaseer is dat daar in elke groep of gemeenskap reeds funksionerende verhoudingskwaliteite is (Moore & Charvat, 2007). Hierdie beginsel word goed aangevul deur die World Café-metode, aangesien hierdie metode ’n vergelykbare beginsel volg, naamlik dat elke organisasie reeds oor die kennis, wysheid en kreatiwiteit beskik wat nodig is om effektief te kan funksioneer (Schieffer et al., 2004). In die gedeelte van die artikel waarin die prosedure bespreek word, word duidelik uiteengesit hoe daar in elke fase van die

(16)

TITEL VAN SKRIPSIE, OUTEURS EN KONTAKBESONDERHEDE ʼn Waarderingsperspektief op ouer persone se belewings van verhoudings in ’n ekonomies minderbevoorregte residensiële sorgfasiliteit.

F.J. du Toit Posbus 1727 Bethlehem 9700 E-pos: fransjdutoit@gmail.com Prof. V. Roos

Skool vir Psigososiale Gedragswetenskappe Psigologie

Noordwes-Universiteit Potchefstroom

(17)

Abstrak

Ouer persone wat afhanklik is van institusionele versorging, ervaar dikwels eensaamheid en depressie. Meervoudige verliese, in terme van verliese aan betekenisvolle verhoudings wat in die verlede ervaar is, of veranderde kontak met familie en vriende, is as redes hiervoor geïdentifiseer. Reminissensie wat soms deur ouer persone gebruik word in ʼn poging om hierdie eensaamheid te verwerk, kan die persoon daarvan ontneem om hulpbronne, of die potensiaal van verhouding in sy of haar onmiddellike omgewing, raak te sien of te benut. Die doel van hierdie studie is om verhoudings in ʼn residensiële sorgfasiliteit vanuit ʼn waarderingsperspektief te ondersoek. Met ʼn waarderingsperspektief skuif die fokus van die probleem na die bewusmaking van die kwaliteit en belang van verhoudings, asook die potensiaal van betekenisvolle interaksies met mense met wie die ouer persone ʼn versorgingsomgewing deel. Navorsing is uit hierdie perspektief in ʼn residensiële sorgfasiliteit vir ouer persone in Gauteng, Suid-Afrika, gedoen. Deur gebruik te maak van die World Café-metode, is tekstuele- en visuele data ingesamel en tematies en ook visueel geanaliseer. Die bevindinge het getoon dat die bestuur daarin geslaag het om ’n bemagtigende omgewing, gekenmerk deur voorspelbaarheid, interpersoonlike buigsaamheid, bevestiging, kongruensie en empatie, te skep. Dit het aanleiding gegee tot die spontane ontwikkeling van empatie,

onvoorwaardelike aanvaarding, bevestiging, asook die effektiewe uitdrukking en bevrediging van behoeftes onder inwoners – sake wat as noodsaaklike verhoudingskwaliteite vir effektiewe verhoudings beskou word. Die bevindinge hou implikasies in vir die bestuurspanne van residensiële sorgfasiliteite waar ouer persone ten spyte van die verskeie verliese wat hulle ervaar, steeds interpersoonlik versorg kan word.

Sleutelwoorde: Waarderingsperspektief, ouer persone, residensiële sorgfasiliteit, sisteemteorie, World Café-metode, interpersoonlike konteks, verhoudingskwaliteite, behoefte bevrediging

(18)

MANUSKRIP VIR EKSAMINERING

’n Waarderingsperspektief op ouer persone se belewing van verhoudings in ’n ekonomiese minderbevoorregte residensiële sorgfasiliteit.

Mense is sosiale wesens wat afhanklik is van interpersoonlike kontak en interaksie (Wu et al., 2010). Vele ouer persone (60 jaar en ouer) oorleef hul huweliksmaats, portuurgroep en vriende, en ervaar eensaamheid en verminderde ondersteuning van familielede en vriende as gevolg van die afwesigheid van hierdie betekenisvolle verhoudings (Bofill, 2004; Lalive D’epinay, Cavalli & Spini, 2003; Mellor & Edelmann, 1998; Pirkko et al., 2006).

Die verlies aan betekenisvolle verhoudings word dikwels hanteer deurdat die ouer persone nadink oor die positiewe aspekte van daardie verhoudings. Ouer mense rapporteer soms dat hulle eensaamheid verlig word deur die positiewe herinneringe wat hulle put uit bevredigende verhoudings wat hulle in die verlede gehad het (Roos & De Jager, 2010). Om eerder aan vorige bevredigende verhoudings te dink, is egter nie altyd vir alle ouer persone ʼn effektiewe strategie nie, aangesien die positiewe herinneringe aan verhoudings in die verlede, vir sommige die verlies van hierdie verhoudings nog meer beklemtoon en veroorsaak dat hulle opnuut aan die gemis aan hierdie verhoudings, herinner word (Roos & Klopper, 2010). Die natuurlike geneigdheid wat ouer persone mag hê om op die verlede te fokus, kan hulle ook moontlik verhinder om verhoudings in hulle onmiddellike omgewing te waardeer en effektief te benut (Roos & Klopper, 2010).

Verhoudings in die onmiddellike omgewing word deur Victor, Scambler en Bond (2009) as ʼn naby sosiale sisteem waardeur ouer persone ondersteun word, beskryf. Dit is dus belangrik om ondersoek in te stel na die verhoudings van ouer persone binne die kontekste waarbinne hulle hulself bevind,

aangesien effektiewe, gereelde interaksie met ander mense, eensaamheid verminder (Golden et al., 2009). Die beskikbaarheid van verhoudings hang in die geval van ouer persone af van die omgewing waarin hulle hulself bevind. Ouer persone en residensiële sorgfasiliteite is kleiner sisteme wat deel vorm van groter sisteme terwyl daar voortdurend wisselwerking tussen hierdie sisteme plaasvind (Becvar & Becvar, 2002). Die wisselwerking tussen mense en die omgewing verseker die ontwikkeling en oorlewing van

(19)

die sisteme (Norlin, Chess, Dale & Smith, 2003). Inwoners van ʼn residensiële sorgfasiliteit word beskou as subsisteme van die residensiële sorgfasiliteit waarin hulle woon. Op dieselfde manier as wat die residensiële sorgfasiliteit deel van ʼn suprasisteem wat uit onder andere die gemeenskap, provinsie of land bestaan, is elke inwoner ook deel van ’n eie suprasisteem – wat onder andere die persoon se

oorspronklike gesin of familie kan insluit. ʼn Suprasisteem word gedefinieer as die breër sosiale konteks waarbinne ’n sisteem funksioneer (Norlin et al., 2003).

Dit is nie altyd binne ʼn persoon se vermoë om die verhoudings met en die betrokkenheid by die persone in sy of haar suprasisteem te verander of te beheer nie. Baie ouer persone het as gevolg van beperkte finansiële bronne nie altyd ʼn keuse oor die soort alternatiewe versorging wat hulle sou verkies nie en moet berus by die dienste van die residensiële sorgfasiliteite wat dikwels net hulle basiese behoeftes bevredig. Ouer persone wat afhanklik is van versorging in ekonomies minderbevoorregte omgewings, het nie altyd toegang tot die luukse om hul eksterne verhoudingsnetwerke in stand te hou deur gereelde besoeke of telefoniese kontak nie. Dit wil dus voorkom asof hulle noodgedwonge aangewese is op die verhoudings wat in hulle onmiddellike omgewing beskikbaar is.

Weinig literatuur is in Suid-Afrika beskikbaar waarin ouer persone se subjektiewe belewing van hierdie verhoudings vanuit ʼn waarderingsperspektief ondersoek word in die sisteem (die residensiële sorgfasiliteit) waarbinne hulle hulself bevind. Binne sodanige konteks het hierdie studie ondersoek ingestel na hoe ouer persone die verhoudings in hul onmiddellike omgewing vanuit ʼn

waarderingsperspektief beleef, en om die positiewe moontlikhede van hierdie verhoudings raak te sien sodat meer effektiewe interpersoonlike kontak gefasiliteer kan word.

Die waarderingsperspektief fokus op die bewusmaking van die kwaliteit, of belang, van

verhoudings en die moontlikheid van betekenisvolle interaksies tussen mense met wie die ouer persone ʼn versorgingsomgewing deel (Moore & Charvat, 2007; Preskill & Catsambas, 2006). Die

waarderingsperspektief is ʼn werkwyse wat sistematiese vraagstelling gebruik om die ouer persone se aandag te laat fokus op bronne in hulle onmiddellike interpersoonlike omgewing en ook op die potensiaal van hierdie bronne; asook om deur middel van visualisering potensiële toekomstige verhoudings te

(20)

suggereer (Cooperrider & Whitney, 1999; Moore & Charvat, 2007).

Die manier waarop die vraagstelling plaasvind word as ʼn intervensie beskou, omdat dit fokus op daardie positiewe aspekte in ouer persone se lewe wat gebruik kan word om verhoudings te bou en mense bewus te maak van die potensiaal in interaksies (White, 1996). Die vraag ontstaan dus wat ouer persone in ʼn residensiële sorgfasiliteit se subjektiewe belewenis van effektiewe verhoudings is. Die doel van hierdie navorsing is om ouer persone in ʼn geïnstitusionaliseerde omgewing se belewing van verhoudings vanuit ʼn waarderingsperspektief te ondersoek, sodat positiewe moontlikhede identifiseer kan word en deelnemers bewus kan word van die potensiaal van effektiewe verhoudings in die spesifieke sorgfasiliteit.

Navorsingsmetode en -ontwerp

ʼn Kwalitatiewe navorsingsmetode is in hierdie studie gebruik, aangesien dit die subjektiewe ervarings van hoe deelnemers hulle verhoudings beleef in die konteks waarbinne dit plaasvind,

ondersoek. ʼn Gevallestudie-navorsingsontwerp is gevolg, aangesien ʼn grondige studie binne ʼn gebonde sisteem uitgevoer is waarby ingesluit is die gebruik van meervoudige inligtingsbronne, waaruit temas wat op spesifieke gevalle van toepassing is, geformuleer is (Creswell, 2007).

Konteks en Deelnemers

Die deelnemers wat by hierdie studie betrek is, is vrywilligers wat permanent woonagtig is in ʼn residensiële sorgfasiliteit vir ouer persone in Gauteng, Suid-Afrika. Die sorgfasiliteit kan beskryf word as ekonomies minderbevoorreg, met beperkte gesondheids- en finansiële hulpbronne aangesien minimale befondsing beskikbaar is waaruit addisionele dienste aan inwoners gebied kan word. Die deelnemers aan hierdie studie het bestaan uit 19 blanke persone (10 dames en 9 mans) tussen die ouderdomme van 65 en 89 jaar. Die deelnemers, lidmate van verskillende kerklike denominasies beskou hulself as Christene wat op ʼn weeklikse basis bymekaar kom vir gesamentlike Bybelstudie. Meeste van die deelnemers was Afrikaanssprekend, en die enkele Engelssprekende deelnemers was Afrikaans ten volle magtig. Aangesien die navorsing van sό ʼn aard was dat dit hoofsaaklik op groepbesprekings en fokusgroepe gesteun het, is deelnemers wat oor die nodige kognitiewe en kommunikasievaardighede beskik, deur die personeel van die sorgfasiliteit geïdentifiseer vir deelname aan die studie.

(21)

Prosedure

Data was ingesamel deur gebruik te maak van die waarderingsperspektief wat internasionaal bekend staan as “Appreciative Inquiry”. Die waarderingsbenadering behels die gebruik van vrae wat daarop gemik is om ʼn sisteem se potensiaal te versterk. Vrae wat in sodanige benadering gebruik word is positief van aard en word gerig op wat positief is in die persoon of organisasie (Cooperrider & Whitney, 1999). Die fokus van die navorsing was dus op die lewegewende faktore van die sisteem, sowel as op die menslike potensiaal wat bydrae tot effektiewe interaksie en verhoudings in die spesifieke sorgfasiliteit.

Tydens die data-insameling is ʼn kort inleiding oor die navorsing gegee, en die rasionaal daarvan is met die groep bespreek. ʼn Ysbreker-aktiwiteit, met positiewe vrae, is gebruik – nie net om die

deelnemers aan die navorsers bekend te stel nie, maar ook om ʼn positiewe atmosfeer te skep vir die res van die data-insamelingsaktiwiteite wat moes volg. Die versoek wat tydens hierdie gedeelte van die navorsing aan die deelnemers gestel is, was: Dink aan ʼn positiewe kwaliteit waaroor u beskik wat tot u voordeel in ʼn verhoudingskonteks kan strek. Noem ʼn betekenisvolle oomblik wat u die afgelope week in terme van verhoudings of interaksie met iemand anders, beleef het.

Hierna is aan deelnemers gevra om in die algemeen aan verhoudings in die sorgfasiliteit te dink en dan hulleself visueel te evalueer deur fisies by ʼn spesifieke nommer op ʼn denkbeeldige lyn te gaan staan, waar 0 baie negatief en 10 baie positief voorstel. Hierdie aktiwiteit aan die begin van die proses, wat ook as ʼn ysbreker gedien het, het ʼn visuele voorstelling aan die navorsers gebied van hoe die deelnemers interpersoonlike verhoudings in die spesifieke sorgfasiliteit beleef. Hierna is die groep in drie

afsonderlike groepe van ongeveer ses persone per groep verdeel, sodat die drie groepe in die rondomtalie-formaat van die Wolrd Café-metode aan die verskillende aktiwiteite kon deelneem (Ritch & Brennan, 2010). Die aktiwiteite wat aan die verskillende groepe opgedra is, het die volgende ingesluit:

Groep 1: Dink aan julle verblyf in hierdie residensiële sorgfasiliteit en vertel van betekenisvolle oomblikke toe julle werklik opgewonde was en betrokke by mense gevoel het. Hierdie aktiwiteit is opgestel as die ontdekkingsfase van die waarderingsperspektief. Die doel van die aktiwiteit was om die deelnemers se aandag te fokus op geleenthede waartydens hulle verhoudings as effektief beleef het, sodat

(22)

daar dan gepoog kon word om dit die norm, eerder as die uitsondering, in die sisteem se funksionering te maak (Watkins & Mohr, 2001).

Groep 2: Stel ʼn metafoor, slagspreuk of beeld voor wat julle spesifieke residensiële sorgfasiliteit as ʼn plek uitbeeld waar positiewe verhoudings bestaan. Hierdie aktiwiteit is opgestel om aan te sluit by die ontdekkingsfase van die waarderingsperspektief en deelnemers het die geleentheid gekry om hulle belewing van verhoudings op ʼn visuele en kreatiewe manier uit te beeld.

Groep 3: Indien julle kleinkinders eendag inwoners van hierdie spesifieke residensiële

sorgfasiliteit word, watter verhoudings hoop julle dat hulle hier sal beleef? Hierdie aktiwiteit is opgestel met die oog op ʼn toekomsfokus. Dit verteenwoordig die droom- en ontwerpfase van die

waarderingsperspektief, en deelnemers moes, wat effektiewe verhoudings betref, die ideale toekoms visualiseer en stappe of metodes ontwikkel om dit te bereik (Watkins & Mohr, 2001).

ʼn Groepleier vir elke aktiwiteit is uit die geledere van die ouer persone aangewys. Alhoewel die literatuur toon dat die groepleier by die spesifieke aktiwiteit bly en die deelnemers roteer om te verseker dat elke groep elk van die afsonderlike vrae bespreek, was dit binne hierdie opset verkies dat die

groepleiers eerder tussen die verskillende groepe roteer, omdat van die ouer persone dit moeilik gevind het om te beweeg. Hierdie data-insamelingsmetode staan as die World Café-metode bekend (Ritch & Brennan, 2010).

Die doel met die gebruik van die World Café-metode was om ʼn ontspanne kuier-atmosfeer te skep waarbinne betekenisvolle dialoog tussen deelnemers kon ontwikkel, sodat data-insameling kon plaasvind. ʼn Tafeldoek, in die vorm van ʼn vel A2-papier sodat die deelnemers notas oor die gesprek daarop kon aanteken, asook eetgoed, is aan die deelnemers voorsien. Die roterende groepleiers het die ouer persone, in die drie afsonderlike groepe, se voorstelle en opmerkings op die ‘tafeldoek’ aangeteken.

Nadat al drie die groepe die geleentheid gehad het om al die vrae te bespreek, is die data wat die groepleiers in die onderskeie groepe versamel het, visueel voorgestel en teen die muur geplak, sodat ʼn fokusgroepbespreking daaroor kon plaasvind. Hierdie gedeelte van die metode wat in die

(23)

navorsingsproses gebruik is, word deur Watkins en Mohr (2001) beskryf as die leweringsfase van die waarderingsperspektief.

Data-insameling

Tekstuele data. Die oogmerk was om tydens die World Café-aktiwiteite tekstuele data in te samel deurdat die groepleier die response uit elke groep op velle A2-papier neergeskryf het.

Klankopnames van die gesprekke tydens die groepbesprekings, sowel as die gesamentlike fokusgroepbespreking aan die einde van die data-insamelingsproses is opgeneem, sodat dit later getranskribeer en gekodeer kon word.

Visuele data. Deelnemers wat die velle A2-papier gebruik het om gespreknotas op te teken, het ook van simbole gebruik gemaak om hulle subjektiewe belewings van die verhoudings uit te beeld. Hierdie simbole is visueel geanaliseer om die simboliese waarde daarvan vas te stel.

Data-analise

Tematiese analise. Volgens Braun en Clarke (2006) bestaan die proses van tematiese analise uit ses stappe, wat gevolg is. Die eerste stap behels kennismaking met die data – met ander woorde wanneer die data gelees en herlees word met die doel om kernidees te identifiseer. Die tweede stap behels die generering van aanvanklike kodes uit die data. Kodes identifiseer kenmerke van die data wat die navorser interesseer en verwys na die mees basiese elemente wat die rou data kommunikeer. Die derde stap is meer data gedrewe as wat dit deur die teorie bepaal word, en behels die soeke na temas. Tydens hierdie stap moet kodes dus ontleed word om vas te stel hoe dit tot temas gekombineer kan word. Tydens die vierde stap word die temas hersien en verfyn. Die temas moet sinvolle verbande toon, sodat hulle geïdentifiseer, maar ook van mekaar onderskei kan word. Die vyfde stap behels die benoeming van die temas. Dit is belangrik dat die spesifieke aspek wat elke tema bepaal, geïdentifiseer word. Tydens die sesde en finale stap word die bevindinge dan weergegee en die data bespreek. Braun en Clarke (2006) se metode word in hierdie navorsing só gebruik dat die weergawe van die bevindinge en die bespreking van data as ’n artikel aangebied word.

(24)

Verdere tematiese analise het plaasgevind deur ’n interaktiewe patroonanalise waar

verhoudingskwaliteite uit die getranskribeerde data geïdentifiseer is. Beukes, Roos en Vorster (2012) beskryf interaktiewe patroon analise (IPA), wat sestien verhoudingskwaliteite voorstel, as ʼn manier waardeur interaksie tussen mense in enige hier en nou moment binne ʼn spesifieke konteks beskryf kan word.

Die verhoudingskwaliteite bestaan uit die konteks waarin interaksie plaasvind, die definisie van die spesifieke verhouding, hetsy dit ʼn parallelle verhouding tussen gelykes, of ʼn komplementere verhouding wat tussen ʼn leier en ʼn volger gevind word, is. Ander verhoudingskwaliteite wat deur die IPA geïdentifiseer word, is die emosionele afstand, akkurate empatie, kongruensie en onvoorwaardelike aanvaarding tussen mense. Interaktiewe patroon analise, het ook gevind dat die vrymoedigheid om behoeftes uit te druk, die ontvang van bevestiging vanaf iemand anders of vanaf ʼn groep, asook die mate van interpersoonlike buigsaamheid of rigiditeit waaroor ʼn persoon beskik, as belangrike

verhoudingskwaliteite dien wanneer dit by effektiewe en betekenisvolle verhoudings en interaksie kom (Beukes et al., 2012).

Visuele analise. Die velle A2-papier waarop die deelnemers gespreknotas kon aanteken, is ingeneem en die navorsers het dit visueel geanaliseer. Die visuele analise is gedoen op grond van die simboliese waarde wat inwoners aan die spesifieke tekening of simbool heg, asook die verband wat dit met die navorsingsvraag het. Roos (2008) dui immers aan dat die bewuste betekenis wat deelnemers oor ʼn spesifieke fenomeen projekteer, uit visuele voorstellings blyk.

Vertrouenswaardigheid

Ten einde die vertrouenswaardigheid van sowel die data as die navorsingsproses te verhoog, is gebruik gemaak van kristallisasie. Ellingson (2009) verduidelik dat kristallisasie ʼn raamwerk bied waarbinne ʼn vermenging van begronde teorieë en ander sosiaal-wetenskaplike ontledings met ʼn kreatiewe voorstelling van data, plaasvind. Kristallisasie is dus ʼn postmoderne, kwalitatiewe

navorsingsbenadering wat gekenmerk word deur die gebruik van begronde beskrywings van verskillende genres as ʼn metode waardeur temas en patrone wat uit die lewenservarings van die deelnemers blyk,

(25)

integreer word. Tydens die uitvoer van hierdie studie, is van meerdere data-insamelingsmetodes gebruik gemaak – onder andere die gebruik van simbole op plakkate, groepbesprekings en ʼn fokusgroep. Om die vertrouenswaardigheid van die studie verder te verhoog, is ook van meerdere analiseringsmetodes gebruik gemaak, naamlik tematiese analise, interaktiewe patroonanalise en die visuele analise van plakkate . Etiese aspekte

Etiese goedkeuring is deur die Etiekkomitee van die Noordwes-Universiteit,

Potchefstroomkampus, etiese nommer (NWU-00053-10-S1), verskaf. Tydens die navorsing is die riglyne, soos verskaf deur die Health Professions Council of South Africa vir sielkundiges (Health Professions Act 56 van 1974) gevolg. Toestemming vir die navorsing is van die bestuur van die

spesifieke residensiële sorgfasiliteit waar die data-insameling plaasvind het, verkry. Deelnemers is ook ingelig dat hulle deelname vrywillig is en dat hulle geregtig is om te enige tyd tydens die verloop van die navorsing te onttrek; asook dat ingesamelde data met die nodige vertroulikheid hanteer sal word. Voordat enige data ingesamel is, is deelnemers oor die volle omvang van die navorsingsprojek ingelig en het alle deelnemers vrywillig ʼn ingeligte toestemmingsvorm onderteken.

Resultate

In hierdie studie is daar op die subjektiewe belewenisse van inwoners gefokus om ʼn aanduiding te kry oor die patrone van interaksie wat in die spesifieke sorgfasiliteit voorkom. Subjektiewe belewenisse en die interaksies tussen mense is ʼn sikliese proses wat in stand gehou word deur die wisselwerking wat daartussen bestaan. ʼn Beskrywing van die interaksies wat geïdentifiseer is deur verhoudingskwaliteite (Beukes et al., 2012) soos vroeër uiteengesit, word vervolgens bespreek. Hierdie verhoudingskwaliteite word afgelei uit die subjektiewe ervarings van die deelnemers.

(26)

Tabel 1.

Temas en Subtemas van Deelnemers se Belewing van Verhoudings

Hooftema Subtema

1. Inwoners se subjektiewe gevoelens 1.1 Gevoelens teenoor die bestuur 1.2 Gevoelens teenoor mede-inwoners 2. Wederkerige verhoudings tussen

bestuur en inwoners

2.1 Bestuur in verhouding tot die inwoners 2.2 Inwoners in verhouding tot die bestuur 3. Onderlinge verhoudings tussen

inwoners

3.1 Onderlinge verhoudingskwaliteite tussen inwoners:

 Empatie

 Onvoorwaardelike aanvaarding  Bevestiging

 Effektiewe uitdrukking en bevrediging van behoeftes  Sigbaarheid

4. Interpersoonlike norm 4.1 Norm van omgee 5. Omgewing waarbinne verhoudings

plaasvind

5 .1 Stimulerende omgewing (aktiwiteite)

Inwoners se Subjektiewe Gevoelens

Gevoelens teenoor die bestuur. Inwoners druk gevoelens van waardering teenoor bestuurslede uit, omdat hulle bestuur as toeganklik en sigbaar beleef. “Toeganklik” is as “vriendelik” beskryf en “sigbaar” is as “vertroue” uitgedruk, soos wat die volgende aanhalings illustreer: “...die vriendelikheid wat ons van hulle (die bestuur) ontvang, die vertroulikheid en omgee vir die inwoners,” en: “We’ve got the best manageress one could ask for.” (Ons het die beste bestuurderes waarvoor ʼn mens kon vra). ’n Ander persoon het weer waardering teenoor die bestuur uitgedruk deur te fokus op die bestuur se vermoë om hulself in die leefwêreld van die ouer persone in te leef. Een van die inwoners beskryf die bestuur soos volg: “Baie behulpsaam, baie verdraagsaam en hulle gee baie om en hulle is lief vir ons.”

(27)

ʼn gevoel van omgee, wat uitgedruk word wanneer die inwoners fisiese en emosionele bystand aan mekaar gee en van mekaar ontvang. Een van die deelnemers het dit soos volg uitgedruk: “As die een die ander kan help, dan doen ons dit. As ons voel iemand het ons nodig, dan is die bystand daar.” ʼn Dame het hierdie gevoel van omgee verder geïllustreer deur die volgende te deel: “Ek was vir 5 weke in die

hospitaal en hierdie mense het my gedra, hulle het my gebel, hulle was by my, ag dis so lekker om by julle te wees.”

Wederkerige Verhouding Tussen Bestuur en Inwoners. Die wederkerige verhouding tussen die bestuur en die inwoners kan nie gelyktydig beskryf word nie, derhalwe word eers gefokus op die verhouding wat die bestuur met die inwoners het, waarna die verhouding van inwoners met die bestuur beskryf sal word.

Bestuur in verhouding tot die inwoners. ʼn Bemagtigende interpersoonlike omgewing is deur die bestuur geskep deur effektiewe verhoudingskwaliteite aan inwoners te openbaar. ‘n Mate van

bevestiging is aan die inwoners gekommunikeer deur die bestuur wat inwoners se insette as belangrik ag. Die inwoners het dit soos volg verduidelik: “Ja, die bestuur luister en het insae deur gewone mense: wat hulle probleme is, waarmee hulle sukkel – en dan word daaraan aandag aan gegee.” En: “Die groot ding van die bestuur, hy betrek die mense, dis nie van bo af nie, hul luister wat mense wil hê, hulle is op die grond.”

Ander verhoudingskwaliteite wat ʼn bemagtigende interpersoonlike konteks geskep het was die vermoë van die bestuur om ʼn voorspelbare omgewing te skep, maar om ook buigsaam te wees daarin om ouer persone se behoeftes te akkommodeer. Hulle kan dus hulself in die leefwêreld van die ouer persone indink en hul behoeftes aanspreek. Die bestuur toon in hierdie opsig empatie en interpersoonlike

buigsaamheid. Dit word bevestig deur die volgende aanhalings: “Ja, ons weet as ons ʼn probleem het, kan hulle (die bestuur) dit vir ons oplos, nogal as jy dit nie self kan oplos nie.” Twee persone wat eers by ʼn vorige sorgfasiliteit woonagtig was, het genoem: “Ek het aan ʼn selgroep behoort, maar het dit gestop, want 8 uur maak hulle alles toe, dit voel net soos ʼn tronk daarso, maar nie hier nie.” En: “Die mense is meer morbied daar, hier is meer vryheid, jy kan meer kom en gaan soos jy wil.”

(28)

Dit wil ook voorkom of inwoners die optrede en bestuurstyl van die bestuur as opreg en kongruent ervaar, soos wat uit die volgende aanhaling blyk: “Wat vir my werklik uitstaan is die omgee, die ware omgee wat die bestuur, diensbestuur en die mense gee.”

Inwoners in verhouding tot die bestuur. Dit wil voorkom asof die bevestigende omgewing waarin die inwoners hulself hier bevind, in hierdie geval ’n wederkerige bevestiging vanaf die inwoners na die bestuur ontlok. Een van die deelnemers het die sorgfasiliteit as besonders beskryf, en toe hy gevra is om op sy stelling uit te brei, het hy die gesê: “Wel, ek kan nie ander as om te begin by die bestuur nie. Knap, knap bestuur wat mens op kan trots wees...” Ander inwoners het dit bevestig toe hulle die

volgende gesê het: “But it all depends on the manager you’ve got” (Maar dit hang alles af van die bestuurder wat jy het). En: “All of us got troubles, but we carry it over, because we’ve got a person like Lanel* (manageress) here, that takes us out, all over, other places don’t got that.” [Almal van ons het probleme, maar ons dra dit oor, want ons het ʼn persoon soos Lanel* (skuilnaam vir die bestuurderes) hier, wat ons oral heen neem, ander plekke het nie dit nie].

In figuur 1 het die inwoners die sorgfasiliteit as ʼn hart voorgestel. Daar is na die figuur as die “Hart van die spesifieke sorgfasiliteit” verwys, wat ook ʼn simboliese betekenis van liefde uitbeeld. Die hart is onderverdeel in verdere gedeeltes, onder andere ʼn gedeelte wat inwoners “Die bestuur” genoem het. Woorde wat in hierdie gedeelte geskryf is, dui op die subjektiewe gevoelens wat inwoners teenoor die bestuur ervaar. Hierdie gedeelte is ook doelbewus in die middel van die hart geteken – wat

(29)

Figuur 1. Tekening wat die sorgfasiliteit as ʼn hart voorstel Onderlinge Verhoudings Tussen Inwoners

Definisie van verhoudings. Die verhoudings wat tussen die inwoners bestaan, word gedefinieer as parallelle verhoudings aangesien dit gesien word as ʼn verhouding tussen gelykes. Volgens Beukes et al. (2012) word parallelle verhoudings gedefinieer as verhoudings waar partye wat in verhouding tot mekaar staan, gemaklik kan wissel tussen die posisies van volgelinge of ook as leiers. ʼn Doelbewuste strewe na gelykheid is opmerklik tussen die inwoners -- tot só ’n mate dat inwoners daarna streef dat selfs die ouderdomsverskil tussen hulle nie ’n invloed op hulle interaksie met mekaar moet hê nie. Dit blyk uit die volgende stelling wat een van die inwoners gemaak het: “Hier by ons, jongste 65, oudste, 89. Geen ouderdomsverskil.”

Gee en ontvang van empatie. Dit wil voorkom asof ʼn konteks geskep is waar inwoners empatie aan mekaar gee en van mekaar ontvang. Een van die inwoners het in hierdie opsig die inwoners van die spesifieke sorgfasiliteit vergelyk met inwoners van ʼn vorige konteks waar sy woonagtig was: “Jy weet, ek was eers in ʼn ander plek. My kind het dood verongeluk en hul het nie eers vir my gesê dat hulle jammer is nie. Hier het die mense simpatie met mekaar.” ʼn Ander persoon het die inwoners soos volg beskryf: “(Ons) luister (na) mekaar se probleme en deel mekaar se laste.” Binne hierdie interpersoonlike konteks waar mense empatie ontvang, gee hulle ook empatie en word wederkerigheid in stand gehou. Een

(30)

understand what is worrying them and then I also like to pray for people.” (Ek hou ook daarvan om te luister as mense met my praat, asook om te verstaan wat hulle kwel en vir hulle ook te bid). Iemand anders, weer, het gesê: “Ek dink my sterk punt was, of is, dat ek goed kan luister, dat ek waarneem, dat ek sensitief is vir behoeftes van ander mense en dat ek ook die lyftaal kan interpreteer.”

Onvoorwaardelike aanvaarding ten spyte van diversiteit. Ten spyte van die realiteit dat die groep baie divers is, veral in terme van hulle godsdienstige denominasies, wil dit voorkom asof die inwoners daarin slaag om mekaar se afsonderlike sienings te respekteer en dat daar dus nie ʼn negatiewe impak op interaksies is nie. Een van die respondente het byvoorbeeld gesê: “Ons respekteer mekaar se denominasies, soos hierdie mense is omtrent almal in ʼn ander kerk.” ʼn Ander persoon het dit beaam deur te sê: “Ja, ons aanvaar mekaar, al is ons verskillend.” Die inwoners het ook daarin geslaag om, ten spyte van die diversiteit, ʼn selgroep te vorm wat weekliks ontmoet.

Figuur 2 bied ’n voorstelling van die selgroep wat in die sorgfasiliteit gevorm is. Die selgroep, wat gebaseer is op en funksioneer volgens die beginsel van onvoorwaardelike aanvaarding, het aanleiding gegee tot die groei van deernis en liefde onder mekaar, asook ’n toename in gesamentlike aktiwiteite.

Figuur 2. Simboliese uitbeelding van inwoners se selgroep

Bevestiging van mekaar. Onder die inwoners van hierdie residensiële sorgfasiliteit word bevestiging van mekaar op ʼn verbale- sowel as ʼn nie-verbale vlak gesien. Een dame het die volgende

(31)

genoem: “Ek sê altyd, ‘I’m an outsider’ (buitestaander), dan sê hulle nee, jy is nie ’n ‘outsider’

(buitestaander) nie.” Dit toon iets van die herhaalde bevestiging teenoor mekaar wat in die sorgfasiliteit gevind word. ʼn Ander persoon weer het verduidelik hoe verjaarsdae in die sorgfasiliteit hanteer word: “Vir elkeen wat verjaar is daar ʼn kaartjie wat onderteken is, en dan word dit op sy tafel gesit as hy verjaar.”

Op ʼn vraag aan een van die inwoners oor waarom hulle hierdie verjaarsdaginstelling het, het hy geantwoord: “Omdat meermale is dit vir hulle belangrik daai dag, en dis hulle dag.” En: “Ja, hulle is belangrik, iemand dink aan hulle.” Dit word ook gesien in die mate waartoe die inwoners mekaar direk prys en aan mekaar erkenning gee, soos wat blyk uit die volgende voorbeeld waar een inwoner aan ʼn ander erkenning gegee het: “Magda*(skuilnaam vir een van die inwoners) hanteer alles as hier ʼn

verjaarsdag is. Ons verskaf aan haar die kaartjie en dis op daardie persoon se tafel daardie oggend met ʼn sjokolade. Magda* hanteer alles.” Terwyl ʼn ander inwoner haarself voorgestel het, het die res van die inwoners haar daaraan herinner om ook te sê dat sy die tee maak. Iets wat aan daardie persoon

gekommunikeer het dat haar optrede en dade nie ongesiens verby gaan nie.

Figuur 3 toon ’n uitbeelding van ’n verjaarsdagkaartjie wat iemand sou ontvang op sy verjaarsdag. Dit is ’n simboliese uitbeelding van die bevestiging aan mekaar in die spesifieke sorgfasiliteit.

Figuur 3. Tekening van verjaarsdagkaartjie

Effektiewe uitdrukking en bevrediging van behoeftes. Inwoners kan hulself indink in die wêreld van hul mede-inwoners en die behoeftes wat hulle ervaar en aanpasbaar wees om dit te akkommodeer. Behoeftes wat uitgespreek word, kan dus effektief bevredig word. ʼn Dame het die volgende genoem: “Nee, maar as jy nie wil gesels nie, dan maak jy jou deur toe; maar as jy wil praat

(32)

dan kom die mense na jou toe.” Dit bevestig dat individuele behoeftes soms kan verander, maar dat dit steeds uitgedruk kan word met die wete dat daaraan voldoen sal word. ʼn Ander dame het die volgende gesê: “(Hierdie is) ʼn huis vir eensames. Kyk, ek was baie alleen .... Ná my man dood is, het ek hierna toe gekom, en dit is nou my huis hierdie.”

Figure 4 en 5 bied ’n simboliese uitbeelding van inwoners se subjektiewe persepsie van die sorgfasiliteit. Die woorde “Veilige hawe vir seniors en eensames,” en: “Lekker tuiste vir ons,” dui op behoeftes wat die ouer persone mag hê en wat effektief aangespreek en bevredig word deur die

sorgfasiliteit.

Figuur 4. Uitbeelding van sorgfasiliteit as ’n veilige hawe

Figuur 5. Uitbeelding van sorgfasiliteit as ’n tuiste

Sigbaarheid. Die ouer persone in hierdie sorgfasiliteit kan hulself aan die bestuur sigbaar maak deur hulle behoeftes te formuleer. “As ons ongelukkig is, dan vra jy. (Ons) hoef nie terug te hou nie, ons kan net sê.” En: “Ook die vrymoedigheid wat ons het om met mekaar te praat, of met die bestuur te praat.”

(33)

Interpersoonlike Norm

Norm van omgee vir mekaar. Die interpersoonlike norm van omgee wat onder die inwoners gevind word, word gekenmerk deur onvoorwaardelike aanvaarding, empatie, vriendelikheid en ʼn besorgdheid oor mekaar – soos wat deur die volgende aanhalings aangedui word: “(Daar is) liefde vir mekaar, omgee vir mekaar, luister na mekaar se probleme en deel mekaar se laste.” “Almal reik uit na mekaar en almal is vriendelik met mekaar, almal maak grappies.” En: “As iemand lank wegbly dan begin ons vra waar daardie persoon is, hoekom is sy so lank weg?” Hierdie norm van omgee word ook

uitgedruk deur die fisiese hulp wat inwoners aan mekaar bied: “I like to help people, I get pleasure out by helping people, especially in (this residential care facility), if you see people batteling like this.” [Ek hou daarvan om mense te help, ek put vreugde daaruit, veral in (hierdie spesifieke sorgfasiliteit) as jy mense sien sukkel]. En: “As hulle nie iets kan doen nie, help hulle, wys hulle dat jy omgee oor hulle.” Omgewing Waarbinne Verhoudings Plaasvind

Stimulerende omgewing (aktiwiteite). Dit wil voorkom asof die omgewing waarbinne die interaksie plaasvind, as stimulerend en aktief gedefinieer kan word. Die volgende stellings is deur

deelnemers gemaak: “We’ve got a lot of activities here, we are not bored.” (Ons het baie aktiwiteite hier, ons is nie verveeld nie). En: “You can be 24 hours a day busy, people can play darts.” (Jy kan 24 uur op ’n dag besig bly. Mense kan veerpyltjies speel.). Die gemeenskap se betrokkenheid by die spesifieke sorgfasiliteit dra ook by tot die stimulerende omgewing waarin die ouer mense hulself bevind, soos wat die volgende aanhalings illustreer: “Wednesday we are going to Springday at their church, you know they invite us.” (Woensdag gaan ons na die lentedag by hulle kerk, jy weet, hulle nooi ons). En: “Fridays are our rest day, but everyone always invite us to go out somewhere.” (Vrydag is ons rusdag, maar almal nooi ons altyd uit om iewers heen te gaan). Verskeie persone het ook na die kersonthaal verwys wat jaarliks in die sorgfasiliteit gehou word. Op ʼn vraag oor wat hierdie geleentheid vir die persoon beteken, is die volgende geantwoord: “Oe, almal is lekker gesellig en ons gaan dik vriende uitmekaar uit.”

(34)

Bespreking

Verhoudingskwaliteite word geobserveer en afgelei van die subjektiewe gevoelens wat mense in verskillende interpersoonlike kontekste in die residensiële sorgfasiliteit beskryf. In die wederkerige verhouding wat tussen inwoners en bestuur bestaan, het beide groepe deelnemers aan die verhouding subjektiewe gevoelens van waardering en omgee beskryf. Die bestuur van hierdie residensiële

sorgfasiliteit het dus daarin geslaag om ʼn bemagtigende interpersoonlike konteks te skep wat gekenmerk word deur voorspelbaarheid, kongruensie, bevestiging, empatie en interpersoonlike buigsaamheid. Watzlawick, Bavelas en Jackson (2011) lê klem op die belangrike rol wat konteks speel in die vorming en instandhouding van verhoudings.

Die verhoudingskwaliteite van die bestuur teenoor inwoners, wat deur ʼn norm van omgee onderlê word, wat in hierdie studie na vore gekom het is dat inwoners die komplimentere verhouding met die bestuur as toeganklik en buigsaam gedefinieer het (Beukes et al., 2012). Die bestuur kommunikeer onvoorwaardelike aanvaarding, empatie, kongruensie, asook die vermoë om hulself in die leefwêreld van ouer persone in te leef, in hulle verhouding met die inwoners. Hierdie verhoudingskwaliteite is subjektief beleef as ʼn bemagtigende en veilige interpersoonlike konteks waarbinne inwoners hulself meer sigbaar kan aanbied in terme van die spesifieke behoeftes wat hulle mag hê.

Die wederkerigheid tussen sisteme in die sorgfasiliteit het ook ʼn impak op die interpersoonlike konteks van die interaksies tussen inwoners. Inwoners gee en ontvang empatie, onvoorwaardelike

aanvaarding en bevestiging van mekaar. In hierdie verhoudings druk hulle behoeftes effektief uit en word hierdie behoeftes bevredig. ʼn Interpersoonlike konteks wat as bemagtigend en veilig beleef word,

fasiliteer effektiewe interaksie en kommunikasie tussen sowel die bestuur en die inwoners, as tussen die inwoners onder mekaar. Sosiale ondersteuning vind spontaan plaas – wat die risiko van depressie by ouer persone verminder (Hsu, 2012).

Die inwoners van hierdie sorgfasiliteit het kwaliteite gedemonstreer van effektiewe

groepsinteraksie – soos beskryf deur Vinogradov en Yalom (1989). Hiervolgens ontwikkel verhoudings wanneer onvoorwaardelike aanvaarding tussen groepslede uitgedruk word, sodat dit lei tot altruïsme en

(35)

groepskohesie waartydens groepslede fisies en emosioneel uitreik na mekaar en waar die groepsnorm is dat die groepslede se psigologiese en fisiese welstand as belangrik geag word.

Die ondersteunende groepdinamika wat binne hierdie interpersoonlike konteks ontwikkel het, is gefasiliteer deur die bestuur wat ’n veilige en bemagtigende klimaat geskep het deur die

verhoudingskwaliteite van bevestiging, interpersoonlike buigsaamheid, empatie en kongruensie. In reaksie hierop het inwoners weer die bestuur bevestig en kon hulle effektief uitdrukking gee aan hulle behoeftes van empatie en onvoorwaardelike aanvaarding. Die interpersoonlike konteks wat hier ter sprake is, is ingebed in ’n stimulerende omgewing waaraan die inwoners aktief deelneem. Chiao, Weng en Botticello (2011) het gevind dat ouer persone se betrokkenheid by interaktiewe en stimulerende sosiale aktiwiteite, psigologiese welstand bevorder en simptome van depressie by ouer persone kan verminder. Duidelike bewyse van ʼn effektiewe interpersoonlike konteks was ooglopend te vinde in hierdie spesifieke residensiële sorgfasiliteit. As gevolg van die meervoudige faktore wat dit kan beïnvloed, en ook op grond daarvan dat die onderliggende struktuur daarvan nie altyd ewe maklik sigbaar is nie, word die term

interpersoonlike konteks soms as ʼn abstrakte konsep beskou. In hierdie studie is daar egter, en met behulp van die vertrekpunte van die waarderingsperspektief, geslaag om hierdie moontlik abstrakte konsep duidelik te definieer – aangesien verskeie verhoudingskwaliteite wat tussen sowel die bestuur en inwoners as tussen die inwoners onderling bestaan, geïdentifiseer kon word, terwyl redes waarom dit bestaan en beleef word, ook aangevoer kon word.

Beperkings en Aanbevelings

Hierdie studie is gedoen onder ʼn groep blanke ouer persone wat woonagtig is in ʼn sorgfasiliteit in Gauteng, Suid-Afrika. Die bevindinge kan nie veralgemeen word tot ander ouer persone of sorgfasiliteite nie. Daar kan wel gespekuleer word dat hierdie bevindinge te danke is aan die manier waarop vrae vanuit die waarderingsperspektief gevra is, en dat die moontlikheid bestaan dat inwoners deur die positiewe aard van die vrae gelei is om ’n geïdealiseerde prentjie voor te hou. Aangesien mens egter slegs oor ʼn realiteit waarmee jy bekend is, kan reflekteer, word dus aanvaar dat hierdie perspektief wel ’n aanduiding gee van hoe verhoudings binne ’n spesifieke konteks beleef is.

(36)

Dit word aanbeveel dat dieselfde benadering en metodes gebruik word in ʼn omgewing wat nie as veilig beskou word nie. Sodoende sal die effektiwiteit en buigsaamheid van die waarderingsperspektief binne ander kontekste bepaal kan word.

Gevolgtrekking

Die ouer persone in hierdie spesifieke residensiële sorgfasiliteit het verhoudings geïdentifiseer waarin hulle hul behoeftes effektief kan bevredig. Die waarderingsperspektief het die fokus verskuif na die positiewe interpersoonlike interaksies in die deelnemers se lewens en die onmiddellike

interpersoonlike omgewings waarin hulle hulself bevind. Die gebruike en rituele wat reeds aanwesig was in die bevordering van effektiewe verhoudings is bevestig tydens die droom en ontwerpfases van die waarderingsperspektief.

Effektiewe verhoudingskwaliteite in residensiële sorgfasiliteite ontwikkel binne ʼn veilig- en bemagtigende omgewing. Die inwoners se subjektiewe belewing van die omgewing as veilig en bemagtigend, is moontlik gemaak deur ʼn bestuur wat die belang van verhoudings in die residensiële sorgfasiliteit erken het, deur sekere verhoudingskwaliteite aan inwoners te kommunikeer. ʼn

Wederkerigheid is in hierdie verhoudings gevind, waar inwoners nie net verhoudingskwaliteite aan mekaar openbaar het nie, maar ook teenoor die bestuur. ʼn Onderliggende norm van omgee, tesame met ʼn aktiewe en stimulerende residensiële sorgomgewing waarin die interpersoonlike konteks ingebed is, kan as belangrike faktore van instandhouding gesien word met betrekking tot die subjektiewe belewenis van die interpersoonlike konteks as veilig en bemagtigend.

(37)

Bronnelys

Becvar, D. S., & Becvar, R. J. (2002). Family therapy: A systemic integration (5th ed). Boston, MA: Allyn and Bacon.

Beukes, M., Roos, V., & Vorster, C. (2012). Directions for the future training of psychotherapists: an interpersonal approach. Journal of Psychology in Africa, submitted.

Bofill, S. (2004). Aging and loneliness in Catalonia: The social dimension of food behaviour. Ageing

International, 29(4), 385-398.

Braun, V., & Clarke, V. (2006). Using thematic analysis in psychology. Qualitative Research in Psychology, 3, 77-101.

Chiao, C., Weng, L., & Botticello, A. L. (2011). Social participation reduces depressive symptoms among older adults: An 18-year longitudinal analysis in Taiwan. BMC Public Health, 11(1), 292-300.

Cooperrider, D., & Whitney, D. (1999). A Positive Revolution in Change: Appreciative Inquiry. Retrieved from http://appreciativeinquiry.case.edu/practice/toolsPackDetail.cfm?coid=2159

Creswell, J. W. (2007). Qualitative inquiry & research design. Choosing among Five approaches. (2nd ed.). Thousand Oaks, CA: SAGE Publications, Inc.

Ellingson, L. L. (2009). Engaging crystallization in qualitative research: An introduction. Thousand Oaks, CA: Sage.

Golden, J., Conroy, R. M., Bruce, I., Denihan, A., Greene, E., Kirby, M., & Lawlor, B. A. (2009). Loneliness, social support networks, mood and wellbeing in community-dwelling elderly. International Journal of Geriatric Psychiatry, 24(7), 694-700.

Hammond, S. (1998). The thin book of appreciative inquiry. Plano, TX: Thin Book Publishing Company. Health Professions Council of South Africa (1974). Health professions Act 56. Retrieve from

http://www.hpcsa.co.za/downloads/health_act/health_act_56_1974.pdf

Hsu, H. (2012). Group-based trajectories of depressive symtoms and the predictors in the older population. International Journal of Geriatric Psychiatry, 27, 854-862.

(38)

Kim, B. J., Cindy C. Sangalang, C. C., & Kihl, T. (2012). Effects of acculturation and social network support on depression among elderly Korean immigrants. Aging & Mental Health, 16(6), 787-794. Lalive D’epinay, C., Cavalli, S., & Spini, D. (2003). The Death of a Loved One: Impact on Health And

Relationships In Very Old Age. Omega. Journal of Death and Dying, 47(3), 265-284.

Mellor, K. G., & Edelmann, R. J. (1998). Mobility, social support,

loneliness, and well-being amongst two groups of older adults. Personality and Individual

Differences, 9(1), 1-5.

Moore, S., & Charvat, M. (2007). Promoting Health Behavior Change Using Appreciative Inquiry: Moving from Deficit Models to Affirmation Models of Care. Fam Community Health 30(18), 564-574.

Norlin, J. M., Chess, W. A., Dale, O., & Smith, R. (2003). Human Behavior and the Social Enviroment. Social Systems Theory. Boston, MA: Pearson Education, Inc.

Pirkko, E., Routasalo, A. B., Savikko, N. B., Reijo, S., Tilvis, R. S., Timo, E., Strandberg, T. E., & Pitkala, K. H. (2006). Social contacts and their relationship to loneliness among aged people. Gerontology, 52(3), 181-187.

Preskill, H., & Catsambas, T. (2006). Reframing Evaluation Through Appreciative Inquiry. Thousand Oaks, CA: Sage Publications, Inc.

Ritch, E. L., & Brennan, C. (2010). Using World Café and drama to explore older people’s experience of financial products and services: International Journal of Consumer Studies, 34(4), 405-411.

Roos, V. (2008). The Mmogo-Method™: An exploration of experiences through visual projections. Qualitative Research in Pshychology, 9(3), 1-3.

Roos, V., & De Jager, L. (2010). Die subjektiewe ervaring van eensaamheid by ouer dames - toepassing van die Mmogo-metode. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 50 (1), 15-30.

Roos, V., & Klopper, H. (2010). Older Persons' Experiences of Loneliness: A South African Perspective. Journal of Psychology in Africa, 20(2), 281-292.

(39)

Roos, V., & Malan, L. (2011). An exploration of the interpersonal experiences of loneliness by older people in a residential care facility (Master’s thesis). North-West University, Potchefstroom. Schieffer, A., Isaacs, D., & Gyllenpalm, B. (2004). The World Cafe: Part one. World Business

Academy, 18(8), 1-16.

Victor, C. R., Scambler, S. J., & Bond, J. (2009). A. Walker (Ed.) Growing older series: The social world of older people: Understanding loneliness and social Isolation in later life. New York, NY: Open University Press.

Vinogradov, S., & Yalom, I. D. (1989). Group psychotherapy. Washington, DC: American Psychiatric Press, Inc.

Watkins, J. M., Mohr, B. J. (2001). Appreciative Inquiry: Change at the speed of imagination. San Francisco, CA: Pfeiffer Publishers.

Watzlawick, P., Bavelas, J. B., & Jackson, D. D. (2011). A study of interactional patterns, pathologies and paradoxes: Pragmatics of human communication. New York, NY: Norton & Company. White, T. H. (1996). Working in Interesting Times: Employee morale and business success in the

information age. Vital Speeches of the Day, 62(15), 472-474.

Wu, Z., Sun, L., Sun, Y., Zhang, X., Tao, F., & Cui, G. (2010). Correlation between loneliness and social relationship among empty nest elderly in Anhui rural area, Chinay. Aging & Mental Health, 14 (1), 108-112.

(40)

KRITIESE REFLEKSIE

Literatuur oor ouer persone in residensiële sorgfasiliteite beklemtoon tipies die voorkoms van depressie en eensaamheid. Voorts toon navorsing dat ouer mense meer geneig is om te fokus op

verhoudings uit die verlede en met mense wat nie meer leef nie, of dat hulle hunker na verhoudings met geliefdes waarmee hulle ongereelde kontak het, en dat hulle dan daarom eensaamheid en depressie ervaar. Hierdie tendens dat ouers persone se fokus nie op die potensiaal van verhoudings in hulle onmiddellike omgewing val nie, het tot gevolg dat beskikbare interpersoonlike verhoudings nie as potensiële

verhoudings vir ondersteuning of bevestiging beskou, of geaktiveer, word nie.

In ’n poging om hierdie algemene hanteringstrategieë, waardeur eensaamheid potensieel kan vererger, te oorkom, is besluit om verhoudings in ʼn residensiële sorgfasiliteit vanuit ʼn

waarderingsperspektief te ondersoek. ʼn Waarderingsperspektief impliseer dat die fokus gerig word op positiewe aspekte in die interpersoonlike konteks waarbinne ouer persone hulself bevind. Die positiewe aard van vrae wat in die waarderingsperspektief geformuleer word, rig die navorsingsproses in ʼn

positiewe rigting sodat effektiewe aspekte van die sorgfasiliteit en verhoudings herontdek en ondersoek kan word.

Ten spyte daarvan dat ’n oorwig literatuur depressie en eensaamheid as algemeen beskryf onder ouer persone, en veral diegene afhanklik van residensiële sorgfasiliteite, is daar in hierdie sorgfasiliteit waardering vir mekaar en effektiewe verhoudingskwaliteite geïdentifiseer. Effektiewe interaksie tussen die inwoners, asook tussen die inwoners en bestuur, is gevind. In hierdie bepaalde geval word die effektiewe interaksie toegeskryf aan die bestuur wat daarin geslaag het om ʼn veilig en bemagtigende omgewing te skep, gekenmerk aan empatie, kongruensie en bevestiging, asook aan die bestuur se vermoë om wel ʼn voorspelbare omgewing te skep, maar steeds interpersoonlike buigbaarheid te toon. Hierdie empatie, kongruensie, bevestiging en interpersoonlike buigbaarheid wat by die bestuur gevind is, word beskou as krities belangrike verhoudingskwaliteite wat nodig is in die effektiewe bestuur van residensiële sorgfasiliteite. Vanuit hierdie veilig en bemagtigende omgewing is daar ook effektiewe behoefte

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Samenvattend kan er gesteld worden dat er een wederkerig verband bestaat tussen insomnia en stress waarbij werd gevonden dat angst een mediërende rol speelt in de relatie

    reference id bibcode title catnames catid name ref types id code description cattypes catid typ ref catrefs catid ref catalogedsource id ra decl pos_err zone x y z Name types

In order to research the question why the international community did not intervene with military forces in Syria this research focused on the political interests of states,

Op de scholen Het Vierkant en De Vijfsprong gebruiken de schoolleiders alle kenmerken van gespreid leiderschap (het doel hebben het kernproces te veranderen, het betrekken

More specifically, this study strived to define whether this relationship is mediated by fairness perceptions and if this is moderated by type of work

between true bile peritonitis and biliou ascites, a transudate which occurs secondary to ob tructive jaundice. The ages of the reported children ranged from 5 days to 18 weeks;

That is, each type of mental state or process is numerically identical with (is one and the same thing as) some type of physical state or process within the brain or central

In hoofstuk 1 (Die Oos- Transvaalse Hoeveld) word die ligging, bou en klimaat van die landstreek bekend as die Hoeveld in oenskou geneem en Ermelo se geografiese ligging