• No results found

Inheemse bome en struike: die blinkblaar-wag-'n-bietjie

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Inheemse bome en struike: die blinkblaar-wag-'n-bietjie"

Copied!
2
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

Inheemse bome en struike

DIE BLINKBLAAR-WAG-'N-BIETJIE

P.C. Zietsman

Die wetenskaplike naam van die Blinkblaar-w ag- 'n-bietjie (Buffalo-thorn), Ziziphus m ucronata, is van die arabiese woord 'zizouf' afgelei w at die populere naam vir die lotusvrug, Ziziphus lotus, is, terwyl m ucronata in Latyn 'gepunt' betekenen na die skerp dorings verwys.

Die boom behoort tot 'n baie groot groep w at wyd verspreid in Afrika, Australie, Eurasie, die Am erika's en in die Meditireense gebiede voorkom. W aarskynlik een van die bekendste bome van die soort is Ziziphus spina-cristi w aarvan volgens oorlewering jong takke gebruik was om, soos mens van die naam kan aflei, 'n doringkroon vir Christus te vleg.

Die Blinkblaar-w ag-'n-bietjie kom wyd verspreid in Suid-Afrika voor behalwe in groot dele van die Karoo, die Kaapse fynbos, Kalahari en Namib. Die bome groei in grasveld, op rotskoppies, langs riviere en in bykans enige habitat binne sy verspreidingsgebied. Die bome se assosiasie met dreineringslyne het daartoe gelei dat mense in sommige gebiede glo dat die bome ondergrondse w ater aandui.

Oor die algemeen word die bome nie hoer as 9 m nie, alhoewel hulle heelwat groter in Natal en KwaZulu kan word. Die blare van die boom is donkergroen van kleur en blink. Die be-aring van die blare is baie tiperend deurdat die hoofaar vanaf die blaarbasis in drie verdeel. Die blaarrande is getand. In groot dele van sy verspreidingsgebied word die bome baie swaar deur voelent besmet.

Die bome blom gedurende die grootste gedeelte van die somer. Die blomme is baie klein en geelgroen van kleur. Alhoewel die blomme nektar het, is dit so min dat dit te betwyfel is of dit enige ekonomiese waarde t.o.v. byeboerdery het. Die blomme lok 'n verskeidenheid insekte. Vliee, o.a. die huisvlieg, is van die bestuiwers.

Die vrugte word in die laat somer ryp en bly in

Blomme, blare en vrugte van die Blinkblaar-wag-'n-bietjie.

sommige gevalle aan die bome tot na die winter. Die ronde vrugte is rooibruin van kleur en ongeveer so groot soos 'n ertjiekorrel. Verskeie voels, w aaronder rooioogtiptolle en lelspreeus, eet die ryp vrugte.

Enige persoon w at al 'n keer of w at indie boom se skerp, sterk dorings vasgeloop het, sal kan verstaan w aar die populere naam vandaan kom. Meestal kom daar op die knopevian die jong takke 'n krom en 'n reguit doring voor. In sommige gevalle mag een of albei egter afwesig wees.

Die boom het geen besondere ekonomiese waarde nie, m aar skynbaar is die vrugte tydens die Anglo-Boereoorlog fyngemaal om koffie van te maak. Die hout is geel van kleur en sogedraai dat dit moeilik bewerkbaar is. Dit is wel in die verlede gebruik om onderdele vir w aens te maak en hedendaags word dit soms vir hoekpale

(2)

Die blinkblaar-wag-'n-bietjie, Zi z i p h u s m u c r o n a t a, by Leeubron naby Okaukuejo, Suidwes-Afrika.

gebruik.

Die boom het baie medisinaie gebruike. Dit is veronderstel om o.a. klierkoors, enige pyn, disentrie en masels te genees. Zoeloes gebruik o.a. 'n tak van die boom om voorvadergeeste van 'n ou blyplek na 'n nuwe te lok. In ander gebiede word 'n tak om die kraal gesleep in die geloof dat die dorings oor die mag beskik om die bose af te weer. Daar word ook geglo datenige persoon w at tydens 'n donderstorm onder die boom staan nie deur die weerlig raakgeslaan kan word nie.

As tuinplant is die boom uitnemend geskik vir droe gebiede w aar sw aar ryp voorkom. Die bome groei baie vinnigen vorm in 'n kort rukkie 'ndigte, letterlik ondeurdringbare bos. Indien mens gelukkig genoeg is om saad in die hande te kry van die doringlose vorm w at in die omgewings van Parys, Pretoria en Hazy V iew groei, kan so 'n

boom in 'n kort rukkie een van die mooi bome in enige tuin wees. Die saad kiem baie maklik. Dit moet eers uit die vrug verwyder word w aarna die testa of harde doppie om die saad versigtig gekraak moet word om w ater deur te laat. Die saailinge het alm al baie prominente dorings w at gelukkig verdwyn as die boompie groter begin

word. gjffll

BIB LIO G R A FIE

CAOTES PALGRAVE, K. 1977. Trees o f Southern A frica. Kaapstad: Struik.

PALMER, E & PITMAN, N. 1973. Trees o f S outhern A fric a III. Kaapstad: A .A. Balkema.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Toe dit in Augustus 1877 blyk dat daar 'n groot tekort op die Patriot is en die voorsitter, ds Du Toit, moedeloos wou word, het Hoogenhout die G.R.A. moed ingepraat, want van

Druk niet op de knop voor het uitwerpen van het opzetstuk terwijl het apparaat in werking is..

die vakansie mag drie maande per jaar nie te ho gaan nie, en biervan moet twee derde in die myne deurgebring word. Deur die Eerste Volksraad was <lit saam

1) Die kleuterskool in Suid-Afrika verkeer in n eksperi- mentele stadium, die terrein is nog nie helder om- lyn en beskryf nie; daarom behoort eerste

Table 2: Median total expected waiting time from referral by GP to treatment, by specialty, 2020 (in weeks) Table 3: Median patient wait to see a specialist after referral from a GP,

Dit blyk dus dat die apostel wil veroorsaak dat die lesers die dinge wat hy in die opsomming van sy leer uiteengesit het, weer uit die geheue oproep en opnuut

Di t blyk reeds u:.i... groepe uit Bantoe- en Blanke mens tussen die ouderdomme negen- tien- tot vyf-en-dertig jaar sal best9.an. dat die tipe arbeid wat n persoon

In die onderstaande tabel word leierskap op skool aangetoon asook die aantal leiersposisies wat die studente beklee het en hierteenoor hulle akademiese prestasies