• No results found

Ontwikkel jouself, ontwikkel ander

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Ontwikkel jouself, ontwikkel ander"

Copied!
2
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

MENSE

MBA-ALUMNUS

16 AGENDA No 2 | 2012 | www.usb.ac.za

Ontwikkel

jouself,

ontwikkel

ander

Gretchen Arangies is ’n kenner van

menslike hulpbronne. Ná sy haar

MBA aan die USB voltooi het, het

haar loopbaan ’n opwindende nuwe

rigting ingeslaan. Sy deel haar

suksesse, passies en belangstellings

met Cherice Smith.

H

aar passie is mense en om mense tot hul volle potensiaal te ontwikkel. En Gretchen Arangies, direkteur: mens-like hulpbronne aan die Universiteit Stellenbosch (US), streef daagliks daarna deur te luister, te evalueer, te fasiliteer, te inspireer en te lei.

Ons gesels by haar kantoor op die Bellvilleparkkampus waar Gretchen sedert Julie 2012 gesekondeer is om posstrukture en die finansiële model vir hierdie kampus aan te pas.

“Ek geniet dit geweldig baie. Die groot keuse in my lewe was nog altyd tussen fi-nansies en mense. Syfers is soms makliker want dit maak sin en dis logies. Mense kan soms kompleks wees om te bestuur. Dis so eenvoudig soos dit,” sê sy laggend.

“Dis ’n nuwe uitdaging, maar my MBA het my geweldig gehelp om dit te kan doen.”

Haar MBA, wat sy in 2008 verwerf het, het onlangs ook vir haar nuwe deure oopgemaak.

Gretchen is aan die begin van 2012 as een van die Association of MBAs (AMBA) se 20 Global Ambassadors aangewys om onder meer ’n wêreldwye MBA-netwerk te skep. (Die USB is ’n AMBA-geak-krediteerde bestuurskool.)

Maar sy is nie net ’n Global Ambassador nie, sy is dié Global Ambassador vir 2012. Dít nadat sy al die ander ambassadeurs oor die wêreld uitgestof het met ’n wenartikel oor volhoubare leierskap. As deel van die prys het Gretchen in Junie vanjaar AMBA en die MBA-gemeenskap by die UN Glob-al Compact se Sustainability Forum in Rio de Janeiro verteenwoordig.

“Dit was ’n totale verrassing en ’n unieke geleentheid. Volhoubare leierskap lê my na-aan die hart en miskien kon ek daarom my inleef om die artikel te skryf.”

Dié plaaskind van Cradock, in die Oos-Kaap, werk sedert 1989 by die US in die afdeling menslike hulpbronne. Dis hier waar sy haar loopbaan gevestig het en ge-mentor is deur die voormalige hoofdirek-teur van menslike hulpbronne, prof Kobus van Wyk.

“Ek het so baie by hom geleer. Hy het vir my die waarde oorgedra van moenie net met jou probleem na my toe kom nie, kom ook met ’n oplossing. Vandag is dit die manier waarop ek bestuur, want só laat jy ’n persoon dink en ontwikkel.”

Hoekom werk sy ná soveel jare steeds by die universiteit?

“Die universiteit gee vir ’n mens die geleentheid om te ontwikkel. Ek het ook ’n passie om te leer. Ek wil graag kennis op-doen en die universiteit skep vir my daardie ruimte – nie net om verder te studeer nie, maar om te ontwikkel.”

En dis met daardie passie wat sy haar MBA voltooi het.

(2)

ken-‘... moenie net met jou

probleem na my toe kom

nie, kom ook met ’n oplossing.’

17

www.usb.ac.za | AGENDA No 2 | 2012

nis en vaardighede. Dit het beslis die manier hoe ek mense bestuur en met mense omgaan, verander. Dit het my geleer om mense beter te verstaan en te hanteer.” Gretchen kan haar man staan en sy laat haar nie onderkry deur ’n werkomgewing wat deur mans oorheers word nie.

“Die hoëronderwyssektor in Suid-Afri-ka is grotendeels steeds ’n omgewing wat deur mans gedomineer word, veral op senior vlak. Dis jammer, want diversiteit stimuleer kreatiewe denke. Ek kan in ’n manlike omgewing regkom deur bloot myself te wees en om te fokus op wat bespreek word. My raad aan vroue is: Wees jouself en glo in jouself want jy kan dit doen. Moenie jou vroulikheid prysgee deur soos ’n man te probeer optree nie.”

Sy het hoë energievlakke en dryf haar-self gedurig. “Ek stel doelwitte en pas pro-jekbestuur in my eie lewe toe. Ek bereik my doelwitte omdat ek op die einddoel fokus – by die werk en in my persoonlike lewe.”

As ma van twee seuns en haar man se twee dogters is haar grootste uitdaging om balans te kry tussen haar werk en persoon-like lewe.

“Dis baie moeilik – soms georgani-seerde chaos – maar ek behou my sanity deur te oefen en saam met my man, Henk, op ons Harley-Davidson te ry. Ek is ook verslaaf aan lees en ek vrek oor atletiek. Om atletiek by ’n Olimpiese Spele te gaan kyk, is nog op my bucket list.”

Sy het ook nog groot toekomsplanne. “Ek wil graag ’n PhD doen oor hoe om verskillende generasies in een werkomge-wing te bestuur, en watter vaardighede bestuurders vandag nodig het om dit te kan doen. Ek wil ook ’n werklike verskil in mense se lewensomstandighede maak, nie net deur iets soos geld vir hulle te gee nie, maar deur hulle te ontwikkel en tyd in hulle te investeer. Leer iemand om ’n vis te vang eerder as om vir hom of haar ’n vis te gee. Dís my filosofie.”

Vinnige Vrae

• Watter leierseienskappe is vir jou belangrik? ’n Goeie leier het visie en integriteit, is moedig, inspirerend en geloofwaardig, en kan goed kommunikeer. • Wie inspireer jou? Enigiemand wat bo sy omstandighede uitstyg en ’n verskil maak. • Wat is jou beste raad aan ander? Moenie dit waarin jy glo, prysgee nie. • Watter iPad-apps gebruik jy die graagste? Dropbox: Om doku-mente te stoor en maklik weer te kry, soos in vergaderings. Ook om dokumente met perso-neel te deel. Adobe Reader: Om “groener” te leef deur op PDF-dokumente te werk en notas daarop te maak, in plaas van om die inligting uit te druk. www.usb.ac.za/agenda ENG

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

[r]

Die kennis en die studie van Nederlands sal dus altyd die basis moet vorm vir 'n histories-juiste begrip van Afrikaans; ook sal 'n kennis van die Nedcrlandse

First finding of the parasitic fungus Hesperomyces virescens (Laboulbeniales) on native and invasive ladybirds (Coleoptera, Coccinellidae) in South Africa.. Danny Haelewaters 1,*

- Hof Leeuwarden 16 mei 1973 (FED Rechtsverkeer: Artikel 15:5): Op een afstand van drie km gelegen landerijen, welke onderling goed bereikbaar zijn over een verharde open- bare

Waar deze kenmerken niet aanwezig zijn, kunnen de V85 snelheden tot boven de 80 km/uur stijgen. Zoals verwacht nemen de snelheden tússen snelheidsremmende voorzieningen toe en

Om de relatie tussen de binnendijkse grondwaterstand en de buitendijkse grond- en oppervlaktewaterstand te bepalen, zijn op twee locaties peilbuizen in de bodem van het

In a second step, HKV added potential flood areas behind dikes into this Model Maxau – Andernach (1) using information from the federal states of Baden-Württemberg (LUBW, 2011,

Johannes 17:20 gaan voort met die plot van verhoudings wanneer Jesus bid: ‘Ek bid egter nie net vir hulle nie, maar ook vir dié wat deur hulle (= dissipels se) woorde in My