• No results found

'n Kinantropometriese en asimmetriese profiel van internasionale manlike elite-spiesgooiers

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "'n Kinantropometriese en asimmetriese profiel van internasionale manlike elite-spiesgooiers"

Copied!
112
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

'N KINANTROPO

ASIMMETRIESE

P.

INTERNASIONALE MAN

ELITE-SPIESGOOIERS

EN

I

.. I

\

~ ~

\ t.~

Ankebe Kruger

t L

t

j,.

j

B.Comm (B.A. Honns.)"

\

~

Verhandeling voorgele vir die nakoming van

vir die graad Magister Scientiae in die 51:

Biokinetika, Rekreasie en Sportwetensk

Noordwes- Universiteit.

Studieleier: Prof. J.H. De Ridder

Medeleier: Dr. C. Underhay

Hulpleier: Mnr. H.W. Grobbelaar

(2)

Hiermee wil ek graag my opregte dank uitspreek aan:

My Hemelse Vader, vir 8y ongelooflike krag, genade en leiding waarsonder

hierdie studie nie 'n werklikheid sou wees nie.

'''n Mens kan dit net waag om in die wereld vreesloos loshande te loop as jy metjou hand in God se hand loop".

Johan 8mit

Prof Hans De Ridder, my studieleier, vir u hulp, leiding en wetenskaplike

insette.

Colette, my medeleier, vir jou hulp en leiding.

Heinrich, my hulpleier, vir al jou leiding, hulp, geduld, ondersteuning, tyd en

wetenskaplike insette in hierdie studie.

Honneurs-groep van 2003 vir hul hulp tydens die insameling van die data. Me. Cecilia van der Walt vir die taalversorging van hierdie studie

(0182992893).

Duma, vir ouma se volgehoue vertroue in my. Baie dankie vir al ouma se

gebede, ondersteuning en aanmoediging. Ek waardeer dit baie.

Chanre, vir al jou hulp, ondersteuning en geduld, veral in die "moeilike tye".

Dankie sal nooit die dankbaarheid teenoorjou kan beskryf nie.

Pa en Ma, baie dankie vir al die jare se ondersteuning en vertroue in my asook vir al die geleenthede wat pa-hulle my gebied het. Yolande, dankie vir al die middae wat ek daar kon afpak. Die eenvoudige woordjie dankie sal nooit werklik die dankbaarheid in my hart teenoor Pa, Ma en Yolande kan beskryf nie.

(3)

Die mede-outeurs van die twee navorsingsartikels wat deel uitmaak van hierdie verhandeling, Prof. J. Hans de Ridder (Studieleier), Dr. Colette Underhay (Medeleier) en Mnr. Heinrich Grobbelaar (Hulpleier), gee hiermee toestemming aan die kandidaat, Mej. Ankebe Kruger, om die twee navorsingsartikels as deel van haar verhandeling vir haar M.Sc.-graad in te sluit. Die bydrae (adviserend en ondersteunend) van hierdie drie mede-outeurs was binne perke, daarom kan die kandidaat hierdie verhandeling vir eksamineringsdoeleindes indien. Hierdie verhandeling dien dus as gedeeltelike nakoming van die vereistes vir die graad Magister Scientiae in Sportwetenskap in die Skool vir Biokinetika, Rekreasie en Sportwetenskap in die fakulteit Gesondheidswetenskappe aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus).

Prof. J. Hans de Ridder Studieleier en mede-outeur

Dr. Colette Underhay Medeleier en mede-outeur

Mnr. Heinrich Grobbelaar Hulpleier en mede-outeur

(4)

Die belangrikheid van studies met betrekking tot 'n volledige kinantropometriese profiel word beklemtoon vanwee die leemte wat daar in die verband in die literatuur bestaan, asook die feit dat die morfologiese samestelling van sportlui een van diefaktore is wat uiteindelik 'n rol in prestasie speel. Die doel van hierdie studie was gevolglik eerstens om 'n volledige morfologieseprofiel van internasionale manlike elite-spiesgooiers (N=19) saam te stel en ook om die veranderlikes te identifiseer wat die wereld se elite-spiesgooiers (n=6) (Groep A) onderskei van die sub elite-spiesgooiers (n=13) (Groep B) en tot hul prestasies bydra. Die antropometriese veranderlikes is primer die soos beskryf in Norton et al. (1996). Elite-spiesgooiers het 'n gemiddelde liggaamsmassa van 97,0 kg, liggaamslengte van 187,5 em, persentasie liggaamsvet van 11,9% en persentasie spiermassa van 40,4%. Die spiesgooiers het 'n gemiddelde skeletmassa van 11,2 kg. Uitgedruk in persentasie is die gemiddelde persentasie skeletmassa 11,7%. Die gemiddelde akromiale-radiale lengte (humeruslengte) is 35,5 em met die radiale-stillion lengte (voorarmlengte) 28,7 em. Die spiesgooiers het 'n gemiddelde bi-mokristale deursnee van 31,9 em, bi-akromiale deursnee van 45,5 em, A-P borsdiepte van 21,9 em en borsdeursnee van 33,8 em. Die gemiddelde gewrigdeursnee is 6,0 em, enkeldeursnee 8,1 em, femurdeursnee 10,2 en humerusdeursnee 7,4 em. Wat betref die omtrekke het die spiesgooiers 'n gemiddelde gespanne bo-armomtrek van 38,3 em, voorarmomtrek van 30,5 em, dyomtrek van 64,1 em en kuitomtrek van 40,8 em. Die gemiddelde somatotipes van die spiesgooiers was 2,5-5,9-1,4. Die 7 veranderlikes wat die beste tussen die !wee groepe diskrimineer, is ouderdom, liggaamsmassa, mesomorfie, spiermassa, A-P borsdiepte, borsdeursnee en armspan. Na aanleiding van die voorwaartse stapsgewyse diskriminantanalise is ouderdom (F=10,53, P<0,05), liggaamsmassa (F=3,97) en persentasie spiermassa (F=2,33) die veranderlikes wat die beste tussen die !wee groepe diskrimineer. Na aanleiding van die klassifikasiematriks van elite- internasionale spiesgooiers is 100% van die spiesgooiers in Groep A terug geklassifiseer na hul onderskeie oorspronklike groepe en 92% van die spiesgooiers in Groep B is op hul beurt weer terug

(5)

Die voorkoms van asimmetrie onder sportdeelnemers is goed gedokumenteer. Die belangrikheid van studies oor hierdie onderwerp word beklemtoon weens die negatiewe effek daarvan op gesondheid en prestasie. Die tweede doel van hierdie studie was om die graad van asimmetrie in die bolyf van internasionale manlike elite-spiesgooiers te bepaal. Twaalf (12) antropometriese veranderlikes (3 velvoue, 5 omtrekke, 3 segmentlengtes en J deursneemate) is gemeet. Die veranderlikes is gemeet volgens die metode van Norton et al. (1996). Die persentasie asimmetrie is bepaal deur gebruik te maak van Wolanski se Relatiewe Indeks van Asimmetrie (RIA). Die waardes van die ontspanne armomtrek (p<0,05), voorarmomtrek (p<O,OOJ)en halfborsomtrek (p<O,OOJ)aan die dominante kant was betekenisvol groter as die aan die nie-dominante kant. Die akromiale-radiale (humerus) en midstilion-daktilion (hand) lengtes het ook 'n betekenisvol/e (p<0,05) verskil getoon, met die waardes aan die dominante kant groter as die aan die nie-dominante kant. Die grootste mate van asimmetriese ontwikkeling het voorgekom by die trisepsvelvou (5,9%), halweborsomtrek (4,9%), voorarmomtrek (3,9%), subskapulerevelvou (-2,9%), bisepsvelvou (2,5%), som van die 3 velvoue (2,2%) en die ontspanne armomtrek (1,8%). Die gevolgtrekking is dus dat asimmetrie in die bolyf van spiesgooiers voorkom, en dat sommige van hul dominante waardes in vergelyking met die nie-dominante waardes betekenisvol groter was.

(6)

The importance of studies on a complete anthropometric profile is stressed due to the lack of literature and due to the fact that athletes' morphological composition is one of the factors that contribute to performance. The purpose of this study was firstly to describe the body composition and somatotypes of international male elite javelin throwers and to identify which variables distinguish the world's elitejavelin throwers (n=6) (Group A) from the sub elite throwers (n=13) (Group B) and which variables contribute to their performance. The anthropometrical variables are primarily as described in Norton et al. (1996). Elite javelin throwers were found to have an average body mass of 97.0 kg, stature of 187.5 cm, percentage body fat of 11.9% and percentage muscle mass of 40.4%. The javelin throwers had an average value of 11.2 kg for skeletal mass and expressed as a percentage, an average of 11.7%. The average acromial-radial length (humerus) was 35.5 cm with the radial-stilion length (forearm) 28.7 cm. Thejavelin throwers had an average bi-iliocristale breadth of 31.9 cm, bi-acromiae breadth of 45.5 cm, A-P chest depth of 21.9 cm and a chest breadth of 33.8 cm. The average wrist breadth was 6.0 cm, ankle breadth 8.1 cm, femur breadth 10.2 and humerus breadth 7.4 cm. Thejavelin throwers had an average flexed arm girth of 38.3 cm, forearm girth of 30.5 cm, thigh girth of 64.1 cm and calf girth of 40.8 cm. The average somatotypesfor the javelin throwers were 2.5-5.9-1.4. Seven variables that best discriminate between the javelin throwers in Group A and the javelin throwers in Group B were determined by using discriminant analysis. The variables were age, body mass, mesomorph, muscle mass, A-P chest depth, chest breadth and armspan. The forward stepwise discriminant analysisfound the variables that best discriminate between the two groups to be age (F=10.53, P<0.05), body mass (F=3.97) and percentage muscle mass (F=2.33). After the classification matrix was completed, 100% of the javelin throwers in Group A were classified back into their different groups and 92% of the remaining throwers in Group B were classified back to their group. One of the javelin throwers not originally in Group A, was classified back into the A group.

(7)

negative effect on health and performance. The second aim of this study was to determine the degree of upperbody asymmetry in elite male international javelin throwers. Twelve (12) anthropometrical variables (3 skin/olds, 5 circumferences, 3 segment lengths and I diameter) were measured according to the methods described in Norton et al. (1996). The percentage of morphological asymmetry was determined by making use of Wolanski's Relative Indices of Assymetry (RIA). Statistically significant differences were found between the dominant and non-dominant sides of the relaxed arm circumference, forearm circumference, half-chest circumference (p<O.05), acromial-radial length and midsti/ion-dacti/ion length (p<O.OOl). The greatest degree of asymmetrical development occurred at the tricep skinfold (5.9%), half-chest circumference (4.9%), forearm circumference (3.9%), subscapular skinfold (-2.9%), biceps skinfold (2.5%), sum of the 3 skinfolds (2.2%) and the relaxed arm circumference (1.8%). Therefore the conclusion is that significant levels of morphological asymmetry occur in the upper body of javelin throwers and that some of their dominant values, compared to their non-dominant values, are significantly greater.

(8)

. --

-

- .-

---

...-

--HOOFSTUK 1

PROBLEEMSTELLING EN DOEL VANDIE ONDERSOEK

1

HOOFSTUK 2

'N KINANTROPOMETRIESE

EN ASIMMETRIESE

PROFIEL

VAN INTERNASIONALE MANLIKE ELITE-SPIESGOOIERS

10

2.1 Inleiding

2.2 Die kinantropometriese benadering 2.3 Historiese oorsig van spiesgooi

11 II 12

.

Voorwoord

.

Verklaring 11

.

Opsomming III

.

Summary V

.

Inhoudsopgawe V11

.

Lysvantabelle x

.

Lysvan figure X11

.

Lys van afkortings Xlll

1.1 Inleiding en probleemstelling 1

1.2 Doelstellings 4

1.3 Hipoteses 5

1.4 Struktuur van verhandeling 5

(9)

2.6. 2.6.1 2.6.2 2.6.3 2.7 2.8 2.8.1 2.8.2 Liggaamsamestelling Vetmassa Spiermassa Beenmassa Somatotipe Morfologiese asimmetrie Inleiding

Die voorkoms van morfologiese asimmetrie by deelnemers aan asimmetriese

17 17 21 23 24 26 26 27 sportsoorte

2.8.2.1 Die voorkoms van morfologiese asimmetrie by tennisspelers 27 2.8.2.2 Die voorkoms van morfologiese asimmetrie by snelboulers in krieket 32 2.8.3 Die oorsake van morfologiese asimmetrie 35 2.8.4 Die gevolge van morfologiese asimmetrie 35

2.9 Samevatting 36

2.10 Bronnelys 37

HOOFSTUK 3

'N KINANTROPOMETRIESE PROFIEL EN MORFOLOGIESE VOORSPELLINGSFUNKSIE VAN INTERNASIONALE

MANLIKE ELITE-SPIESGOOIERS 43 Artike1-en outeurinligting 44 Opsomming 45 Inleiding 46 Metode 47 Proefpersone 47 Metingsprosedure 47 Statistiese analise 48 Resultate 48 Bespreking 56 Samevatting 57 Verwysings 58

(10)

HOOFSTUK 4

DIE VOORKOMS VAN MORFOLOGIESE ASIMMETRIE BY

INTERNASIONALE MANLIKE ELITE-SPIESGOOIERS 60

Artikel- en outeurinligting 61

Opsomming 62

Inleiding 63

Metode 64

Proefpersone 64

Antropometrie en die metingsprosedures 64

Dataverwerking 65 Resultate en bespreking 65 Gevolgtrekking 68 Samevatting 69 Summmy 70 Verwysings 72 HOOFSTUK 5

SAMEVATTING, GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

74

5.1 Samevatting 74

5.2 Gevolgtrekkings 76

5.3 Aanbevelings 77

BYLAE

A Riglyne vir outeurs: Journal of Sports Sciences 79 B Riglyne vir outeurs: SA Tydskrif vir Navorsing in Sport, Liggaamlike 87

Opvoedkunde en Ontspanning C Demografiese inligtingsvraelys D Antropometriese proforma

93 96

(11)

-

--- ---

- - -- -"-- ---

- -"-- -

-

-Hoofsmk 2

Tabel 2.1 Tabel2.2 Tabel 2.3 Tabel 2.4 Tabel 2.5 Tabel 2.6 Tabel 2.7 Tabel 2.8 Tabel 2.9

Die definiering van kinantropometrie .12 Die absolute liggaamsgroottes van spiesgooiers soos deur Carter (1984a)

gerapporteer .15

Die absolute liggaamsgroottes van spiesgooiers soos deur De Garay et al. (1974)

gerapporteer .16

Die gemiddelde waardes vir die liggaamsamestelling-veranderlikes van worpe-atlete in vergelyking met worpe-atlete wat aan spronge deelneem en baanworpe-atlete tydens die Olimpiese Spele in Rome (1960), soos gerapporteer deur Tanner (1964) 19 Die liggaamsamestelling van spiesgooiers tydens die Mexiko Stad en Montreal Olimpiese Spele (n = 11), soos gerapporteer deur Carter en Yuhasz (1984)

...20

Die gemiddelde spiermassa en standaardafwyking van baan- en veldatlete, soos gerapporteer deur Spenst et al. (1993) ...22

Die somatotipes van atlete soos deur verskillende navorsers gerapporteer ... ...24

Beskrywende statistiek met betrekking tot die morfologiese asimmetrie van tennisspelers uit verskillende deelnamevlakke en van verskillende ouderdomme, soos deur verskillende navorsers gerapporteer .28 Beskrywende statistiek van die snelboulers vir die veranderlikes waarvan die dominante en nie-dominante kante statisties betekenisvol verskil, volgens Grobbelaar en De Ridder (2001:67) 33

(12)

Tabe12.10 Beskrywende statistiek van die vergelyking tussen die snelboulers (N

=

27) en sedentere persone (N

=

27) met betrekking tot die relatiewe indekse van

asimmetrie,volgensGrobbelaaren De Ridder(2001:67) 34

Hoofst.k 3

Tabell Beskrywende statistiek vir intemasionale manlike elite-spiesgooiers

(N=19) 51

Tabel 3

'n Voorwaartse stapsgewyse diskriminantanalise vir intemasionale manlike

elite-spiesgooiers (N';19) ... ... ... ... ... ... ... ...55 Die klassitikasiematriks van intemasionale manlike elite-spiesgooiers 56

Tabel 2

Hoofst.k"

Tabell Beskrywende statistiek van die dominante en nie-dominantekantmetings en die

(13)

....

- - -- -

--

-

--Hoofttak 2

Figuur 1 'n Grafiese voorstelling van die somatotipes van baan- en veldatlete volgens

verskillende navorsers 25

_n_

__

Hoofttllk 3

....

i

I

Figuur 1 'n Grafiese voorstelling van die gemiddelde somatotipes, asook individuele

somatotipes van intemasionale manlike elite-spiesgooiers (2.5-5.9-1.4) ..50

Hoofst.k 4

- -- - --

-Iii

- -- --

.

Figuur

1

'n Voor- en agteraansig wat morfologiese asimmetrie demonstreer by een van

(14)

N Aantal proefpersone

n Aantal proefpersone in subgroep

x Rekenkundige gemiddeld SA Standaardaking Ga Gekorrigeerde armomtrek Gv Gekorrigeerde voorarmomtrek Gd Gekorrigeerde dyomtrek Gk Gekorrigeerde kuitomtrek SM Spiermassa

NB Nie betekenisvol nie AP Anterior-posterior

RIA Relatiewe Indeks van Asimmetrie

Min Minimum Maks Maksimum em Sentimeter mm Millimeter kg Kilogram ml Milliliter g Gram

(15)

-

---Hoofstuk J: ProbJeemstelling en doel van die ondersoek

Probleemstelling

en doel viln die ondersoek

1.1 Inleiding en probleemstelling 1.2 Doelstellings

1.3 Hipoteses

1.4 Struktuur van verhandeling 1.5 Bronnelys

.

-- --..

.

1.1 Inleiding en probleemstelling

Die invloed van die liggaamsbou, -vorm en -samestelling (dus die morfologie) van sportlui op hulle sportprestasie word volgens De Ridder (1993:1) reeds sedert die vyfde eeu v.C. nagevors. Dr. James Tanner het in 1964 die volgende opspraakwekkende bewering gemaak:

"Physique is a factor in the sort of succes that may lead to inclusion in an Olympic team or, more negatively that lack of proper physique may make it almost impossiblefor an athlete to reach that degree of success. " (Tanner, 1964:14.) Norton et al. (1996:289) meld voorts dat

komponente van liggaamsbou, waaronder liggaamsvorm, liggaamsamestelling en somatotipe belangrike bepalers van sportprestasie is.

Volgens De Ridder (1993:2) moet die belangrikheid van navorsing waarin die morfologiese eienskappe van elitesportmanne en -vroue ondersoek word en die bydrae daarvan tot prestasie ook beklemtoon word, aangesien dit een van die belangrikste aspekte is met betrekking tot die morfologie (bou en samestelling) van sportmanne en sportvroue wat bestudeer moet word. Volgens Carter (1982; 1984a) kan die inligting wat uit die tipe navorsing verkry word, op twee maniere aangewend word. Eerstens kan fisieke kondisioneringsprogramme voorgeskryf word waarin die sportman of -vrou "gevorm" sal word totdat sy/haar morfologie ooreenstem met die van die elitesportman of -vrou. Tweedens kan voomemende sportlui vir sekere

(16)

Hoofstuk 1: Prob/eemstelling en doe/ van die ondersoek

sportsoorte aanbeveel word op grond van ooreenkomste wat tussen hulle morfologiese profiele en die van elite sportlui in spesifieke sportsoorte voorkom (De Ridder, 1993:2). Dit is belangrik om daarop te let dat 'n persoon se morfologie slegs een van die faktore is wat uiteindelik prestasie bepaal en dat faktore soos die vaardigheidsvlak, biomeganika en ook fisiologiese en psigologiese vaardighede 'n rol kan speel. Dit blyk gevolglik dat kennis van die morfologiese eienskappe van sportlui van onskatbare waarde vir afrigters en sportwetenskaplikes kan wees (De Ridder, 1993:2).

Alhoewel liggaamsvorm, liggaamsamestelling en somatotipe afsonderlik bespreek word, maak elkeen op sigself deel uit van die kinantropometriese profiel van sportlui. Verskeie studies is reeds uitgevoer rakende die liggaamsamestelling van spiesgooiers (Carter, 1970; 1984a; 1984b; De Garay et aI., 1974; Housh et at., 1984; Ross & Ward, 1984). Die resultate van die studies dui daarop dat sekere liggaamlike eienskappe geassosieer word met deelname aan spiesgooi. Sodanige studies op spiesgooiers het egter almal deel uitgemaak van studies op die bree atletiekpopulasie, asook van studies waarin die morfologie van die groep vergelyk is met deelnemers aan ander sportsoorte. Met betrekking tot studies op atlete moet in ag geneem word dat tussen baan- en veldatlete onderskei word. Voorts bestaan veldatlete ook uit diegene wat aan die worpe-items deelneem, (soos gewigstoters, hammergooiers, diskusgooiers en spiesgooiers), asook diegene wat aan spronge deelneem (verspring, hoogspring, paalspring en driesprong). Die implikasie hiervan is dat die groepgroottes van spesifieke items, waaronder spiesgooi, relatief klein is. Dit bring mee dat beperkte navorsingsbevindinge spesifiek ten opsigte van die morfologie van spiesgooiers bestaan. Die een aspek wat dus in hierdie studie nagevors sal word, is die eiesoortige morfologiese profiel wat by elite- manlike spiesgooiers voorkom, maar 'n ander aspek waaraan in hierdie studie ook aandag gegee sal word, is die voorkoms van morfologiese asimmetrie onder bogenoemde spiesgooiers. Wanneer die biomeganika van spiesgooi bestudeer word, blyk dit duidelik dat die twee kante van die liggaam tydens die uitvoering van hierdie aksie op verskillende wyses betrek word as gevolg van die spiesgooiaksie. Sodanige waarneming toon voorts aan dat die gooiarmkant van die liggaam meer prominent en meer intens by hierdie aksie betrek word as die teenoorgestelde kant. Op grond hiervan kan spiesgooi as 'n

(17)

Hoofstuk J: ProbJeemsteJ/ing en doel van die ondersoek

morfologiese en fisiologiese veranderinge van die struktuur en funksie van die spiergroepe sal lei. Die herhaaldelike gebruikmaking van die dominante kant tydens die gooiaksie kan gevolglik aanleiding gee tot 'n ongelyke morfologiese ontwikkeling wat as morfologiese asimmetrie bekend staan.

Ten einde die begrip asimmetrie te verstaan is dit eerstens belangrik om die term simmetrie te definieer. Odendal en Gouws (2000:978) definieer simmetrie as die "herhaling van eenderse

dele wat teenoor mekaar ofteenoor 'n middelstuk staan". Met betrekking tot morfologie dui

dit dus op 'n eenderse voorkoms aan beide kante van die liggaam. Vervolgens kan asimmetrie gedefinieer word as 'n "ongelykheid ofwanverhouding in ooreenstemmende dele" (Lubbe & Eksteen, 1993:49).

Langtermyndeelname aan spiesgooi kan aanleiding gee daartoe dat die dominante kant anders sal ontwikkel as die nie-dominante kant. Hierdie stelling sluit aan by die van Egret et al. (2000) waarin hulle aantoon dat herhaalde intensiewe gebruik van die arm (tydens die gooiaksie) tot morfologiese veranderinge, byvoorbeeld die oorontwikkeling van die interne skouerspiere teenoor die eksterne skouerspiere, kan lei. Ander faktore wat sal bydra tot hierdie asimmetriese ontwikkeling in spiesgooi, is omgewingsfaktore en inherente faktore, waaronder ledemaatdominansie (Gomez, 1994:47), die tegniese vaardigheidsvlak, die aantal jare van deelname aan die sportsoort (Margonato et al., 1994:567) en die geslag van die

deelnemer (Azemar, 1998).

Verskeie studies is in wetenskaplike joernale gevind met betrekking tot die voorkoms van morfologiese asimmetrie onder tennisspelers (Copley, 1980; Green et al., 1996; Groppel & Roetert, 1992; Krawczyk et al., 1998; Pirnay et aI., 1987; Sward et al., 1990; Wyss et al., 1989) en snelboulers in krieket (Grobbelaar & De Ridder, 2001). Geen navorsingsresultate kon egter gevind word waarin pertinent verwys word na morfologiese asimmetrie by spiesgooiers nie. Gesien in die lig van die relatief min literatuur oor die morfologie van spiesgooiers in die algemeen, was hierdie gebrek aan inligting te wagte.

Gesien in die lig van die negatiewe gevolge van morfologiese asimmetrie in sport wat met prestasievermoe verband hou, is studies daaroor van die uiterste belang. Ten opsigte van bogenoemde meld Starosta (1989) dat asimmetriese oefentegnieke en bewegingspatrone volle bewegingsomvang en optimale prestasie kan verhoed, terwyl dit die deelnemer se gesondheid moontlik ook kan benadeel. Een sodanige nadelige effek op die gesondheid van die betrokke

(18)

... . _._On...'. _ ++.

Hoofstuk I: Prob/eemstelling en doe/ van die ondersoek

sportlui is die hoe voorkoms van skoliose (ongeveer 80%) onder deelnemers aan sportsoorte (waaronder spiesgooiers) wat 'n asimmetriese lading op die romp en die skouers ervaar

(Sward, 1992:357).

Die vrae wat derhalwe met hierdie navorsing beantwoord wil word, is eerstens hoe die kinantropometriese profiel van manlike elite-spiesgooiers daar uitsien, tweedens watter morfologiese veranderlike(s) 'n rol speel by die prestasievermoe van manlike elite-spiesgooiers, en laastens of en in watter mate manlike elite-spiesgooiers asimmetriese morfologiese ontwikkeling ten opsigte van hul morfologie toon.

Alhoewel enkele studies met betrekking tot sekere kinantropometriese komponente by spiesgooiers ondemeem is, bestaan daar nog nie werklik 'n volledige kinantropometriese profiel van elite-spiesgooiers nie, en is daar 'n duidelike leemte in die verband in die literatuur. Die resultate van die studie sal voorts ook aandui watter kinantropometriese veranderlikes tot prestasie bydra. Hierdie inligting kan deur oefenkundiges gebruik word om sportspesifieke oefenprogramme te ontwikkel en te implementeer met die doel om prestasie te verbeter. Geen navorsingsresultate kon egter gevind word waarin pertinent verwys word na morfologiese asimmetrie by spiesgooiers nie. Gesien in die lig van die relatief min literatuur oor die morfologie van spiesgooiers in die algemeen, is hierdie gebrek aan inligting te wagte. Wanneer die nadele van morfologiese asimmetrie met betrekking tot prestasie en gesondheid uitgelig word, tree die belangrikheid van studies in die verband duidelik op die voorgrond.

1.2 Doelstellings

Die doel van die studie is om:

.

'n volledige kinantropometriese profiel van manlike elite-spiesgooiers se morfologie saam te stel en bepaalde morfologiese veranderlikes te identifiseer wat 'n rol speel by die prestasievermoe van manlike elite-spiesgooiers; en

.

te bepaal of manlike elite-spiesgooiers asimmetriese ontwikkeling toon ten opsigte van hul morfologie.

(19)

Hoofstuk J: Probleemstelling en doel van die ondersoek

1.3 Hipoteses

Hierdie studie is op die volgende hipoteses gegrond:

.

Manlike elite-spiesgooiers beskik oor spesifieke morfologiese veranderlikes wat 'n kinantropometriese eiesoortigheid meebring wat nodig is ten einde sukses te behaal.

.

Manlike elite-spiesgooiers toon asimmetriese ontwikkeling ten opsigte van hul morfologie.

1.4 Struktuur van die verhandeling

Uit die probleemstelling blyk dit duidelik dat daar 'n leemte in die literatuur bestaan met betrekking tot 'n volledige kinantropometriese profiel van elite-spiesgooiers. Uit die literatuur blyk dit voorts dat morfologiese asimmetrie by deelnemers aan asimmetriese sportsoorte voorkom. Die verhandeling neem dus die kinantropometriese profiel van manlike elite-spiesgooiers asook die voorkoms van morfologiese asimmetrie onder die loep.

Die resultate van hierdie verhandeling word in artikelformaat aangebied, soos goedgekeur deur die Senaat van die Noordwes-Universiteit. Die struktuur van die verhandeling sien daar as volg uit:

1.4.1 Hoofstuk 1 bestaan uit die probleemstelling, doelstellings en hipoteses van die studie. Die bronnelys van Hoofstuk 1 word volgens die Noordwes-Universiteit-voorskrifte (Harvard-voorskrifte) aangebied.

1.4.2 Hoofstuk 2 bied 'n literatuuroorsig, en nie 'n volledige literatuurstudie nie, wat getitel is: 'n Kinantropometriese en asimmetriese profiel van intemasionale manlike elite-spiesgooiers. Dit is 'n bondige samevatting van relevante literatuur wat die basis vorm vir die probleemstelling van die twee artikels (Hoofstukke 3 en 4). Die bronnelys van Hoofstuk 2 word volgens die Noordwes-Universiteit-voorskrifte (Harvard-voorskrifte) aangebied.

1.4.3 Hoofstuk 3 is 'n navorsingsartikel wat handel oor 'n kinantropometriese profiel en morfologiese voorspellingsfunksie van manlike elite-spiesgooiers. Die artikel sal aangebied word vir publikasie in die "Journal of Sports Sciences" Cn Kinantropometriese profiel en morfologiese voorspellingsfunksie van internasionale manlike elite-spiesgooiers. Kruger A., De Ridder, J.H., Underhay, C. & Grobbelaar,

(20)

Hoofstuk I: Probleemstelling en doel van die ondersoek

H.W.). Die artikel word aangebied volgens die joernaal se voorskrifte wat as Bylaag A ingesluit word.

1.4.4 Hoofstuk 4 is 'n navorsingsartikel wat handel oor die voorkoms van morfologiese asimmetrie by manlike elite-spiesgooiers. Die artikel sa! aangebied word vir publikasie in die "Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Navorsing in Sport, Liggaamlike

Opvoedkunde en Ontspanning" ( Die voorkoms van morfologiese asimmetrie by

internasionale manlike elite-spiesgooiers. Kruger A., De Ridder, J.H., Underhay, C. & Grobbelaar, H.W.). Die artikel word aangebied volgens die joernaal se voorskrifte, wat as Bylaag B ingesluit word.

'n Afrikaanse weergawe van die artikels word vir die doel van die verhandeling ingesluit. Die teks van beide is geblok en die tweede artikel is in een en 'n half, en nie dubbelspasiering nie, aangebied. Kantlyne is soos in die res van die verhandeling aangewend. Die tabelle en figure in die artikels is in die teks gevoeg en nie elkeen op 'n aparte bladsy nie. Bogenoemde wysigings maak die verhandeling makliker leesbaar en sluit by die struktuur van die res van die verhandeling aan.

1.4.5 Hoofstuk 5 bestaan uit 'n kort samevatting, asook die gevolgtrekkings en aanbevelings wat uit hierdie studie gemaak word.

Die demografiese inligtingsvraelys is as Bylaag C aangeheg. Die antropometriese proforma is as Bylaag D aangeheg.

1.5 Bronnelys

AZEMAR, G. 1998. Posture et asymmetries fonctionnelles. [Posture and functional asymmetries.] Revue des sciences et techniques des activites physiques et sportives,

19(46/47):75-84. (Abstract in the Sportdiscus database: reference number S-20946.)

CARTER, J.E.L. 1970. The somatotypes of athletes- a review. Human biology,

42(4):535-569, Dec.

CARTER, J.E.L. 1982. Body composition of Montreal Olympic athletes (In Carter, lE.L.,

(21)

... - ...

Hoofstuk J: Probleemstelling en doel van die ondersoek

CARTER, J.E.L. 1984a. Age and body size of Olympic athletes. (In Carter J.E.L., ed. Physical structure of Olympic athletes. Part ll. Kinanthropometry of Olympic athletes. Basel : Karger Press. p.53-79.)

CARTER, J.E.L. 1984b. Somatotypes of Olympic Athletes from 1948 to 1976. (In Carter J.E.L., ed. Physical structure of Olympic athletes. Part ll. Kinanthropometry of Olympic athletes. Basel: Karger Press. p. 80-109.)

COPLEY, B.B. 1980. An anthropometric, somatotypological and physiological study of tennis players with special reference to the effects of training. Johannesburg: University of

the Witwatersrand.(Thesis- D.Phil.) 355p.

DE GARAY, A.L., LEVINE, L & CARTER, J.E.L. 1974. Genetic and Anthropological studies of Olympic Athletes. New York: Academic Press. 236 p.

DE RIDDER, J.H. 1993. 'n Morfologiese profiel van junior en senior Cravenweek rugbyspelers. Potchefstroom: PU vir CHO (Proefskrif

- Ph.D.)310p.

EGRET, C., TOURNY-CHOLLET, c., LEROY, D. & NORMAND, M. 2000. Effects d'une pratique sportive intensive sur les ratio musculaires agonists/antagonistsde l'epaule. [Effects of intensive sport practicing on the muscle ratio agonist/antagonist of the shoulder].

Cinesiologie, 39(198):11-15. (Abstract in the Sportdiscus database: reference number

S-166531.)

GOMEZ, T.T. 1994. Symmetry oflumbar rotation and lateral flexion range of motion and isometric strength in subjects with and without low back pain. Journal of orthopaedic and

sports physical therapy, 19(1):42-48, Jan.

GREEN, D.J., FOWLER, D.T., O'DRISCILL, G., BLANKSBY, B.A. & TAYLOR, R.R. 1996. Endothelium-derived nitric oxide activity in forearm vessels of tennis players. The

American physiology society, 81(2):943-948, Aug.

GROBBELAAR, H.W. & DE RIDDER, J.H. 2001. Asymmetry in the upper body of high school fast bowlers in cricket in South Africa. African journal for physical, health education,

(22)

-. - . - - - _4_. ... h _h .. . ... _.. ... _.. h _. __

Hoofstuk J: Probleemstelling en doel van die ondersoek

GROPPEL, J.L. & ROETERT, E.P. 1992. Applied physiology oftennis. Sports medicine, 14(4):260-268, Oct.

HOUSH, T.J., THORLAND, W.G., JOHNSON, G.O., THARP, G.D. & CISAR, C.J. 1984. Anthropometric and body build variables as discriminators of event participation in elite adolescent male track and field athletes. Journal of sports sciences, 2(1):3-11, Feb.

KRAWCZYK, B., SKLAD, M., MAJLE, B. & JACKIEWICZ, A. 1998. Lateral asymmetry in upper and lower limb measurements in selected groups of male athletes. Biology of sport,

15(1):33-38. (Abstract in the Sportdiscus database: reference number S-165551.)

LUBBE, F.G. & EKSTEEN, D.K. 1993. Verklarende Afrikaanse Woordeboek. 8steuitg. Pretoria : Van Schaik Uitgewers. 117 p.

MARGONATO, V., ROI, G.S., CERIZZA, C. & GLADABINO, G.L. 1994. Maximal isometric force and muscle cross-sectional area of the forearm in fencers. Journal of sport

sciences, 12(6):567-572.

MERLETTI, R., DE LUCA, C.J. & SATHYAN, D. 1994. Electrically evoked myolectric signals in back muscles: effects of side dominance. Journal of applied physiology,

77(5):2104-2114, Nov.

NORTON, K., OLDS, T., OLIVE, S. & CRAIG, N. 1996. Antrhopometry and sports performance. (In, Norton, K. & Olds, T., eds. Anthropometrica: a textbook of body measurement for sports and health courses. Marrickville, NSW : Southwood Press. p.287-364.)

ODENDAL, F.F. & GOUWS, R.H. 2000. Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse taal. 4deuitg. Midrand: Perskor Uitgewers. 1387 p.

PIRNAY, F., BODEUX, M., BRIELAARD, J.M. & FRANCHIMONT, P. 1987. Bone mineral content and physical activity. Internationaljournal of sports medicine, 8(5):331-335. ROSS, W.D. & WARD, R. 1984. Proportionality of Olympic Athletes. (In Carter, J.E.L.,

(23)

Hoofstuk J: Prob/eemstelling en doe/ van die ondersoek

STAROSTA, w. 1989. Symetria czy asymetria w doskonaleniu techniki sportowej.

[Symmetry or asymmetry in the improvement of sports technique.] Kultura Fizyczna, 43(5-6):14-16, May/Jun. (Abstract in the Sportdiscus database: reference number 261203.)

sw AID, L. 1992. The thoracolumbar spine in young elite athletes: current concepts on the effects of physical training. Sports medicine, 13(5):357-364.

swARD, L., SVENSSON, M. & ZETTERBERG, C. 1990. Isometric muscle strength and quantitative electromyography of back muscles in wrestlers and tennis players. The American

journal of sports medicine, 18(4):382-386.

TANNER, lM. 1964. The physique of the Olympic athlete. London: Allen & Unwin. 126 p.

WYSS, V., GANDINI, G., LEVI, A., ASTEGIANO, P., GANZIT, G.P. & VAUDANO, G. 1989. Influenza dellavoro muscolare intenso e protratto sullo sviluppa di segmenti scheletrici del giovane. [Influence of intensive, prolonged muscular work on the development of skeletal segments in the youth.] Medicina del/o sport, 42(1):25-31. (Abstract in the Sport Discus database: reference number 259402.)

(24)

Hoofstuk 2: 'n Kinantropometriese en asimmetriese profie/ van internasiona/e manlike elite-spiesgooiers

- -

-

--'nKinantropometriese en asimmetrieseprofiel

van intern asionale manlike elite-spiesgooiers

2.1 Inleiding

2.2 Die kinantropometriese benadering 2.3 Historiese oorsig van spiesgooi

2.4 'n Kinantropometriese profiel van spiesgooiers 2.5 Absolute liggaamsgroottes 2.6 Liggaamsamestelling 2.6.1 Vetmassa 2.6.2 Spiermassa 2.6.3 Beenmassa 2.7 Somatotipe 2.8 Morfologiese asimmetrie 2.8.1 Inleiding

2.8.2 Die voorkoms van morfologiese asimmetrie by deelnemers aan asimmetriese sportsoorte

2.8.2.1 Die voorkoms van morfologiese asimmetrie by tennisspelers

2.8.2.2 Die voorkoms van morfologiese asimmetrie by snelboulers in krieket 2.8.3 Die oorsake van morfologiese asimmetrie

2.8.4 Die gevolge van morfologiese asimmetrie 2.9 Samevatting

2.10 Bronnelys

(25)

.. . .. - ...0... _ __ _ _0__

Hoofstuk 2: 'n Kinantropometriese en asimmetriese profiel van internasionale manlike elite-spiesgooiers

2.1 Inleiding

Die invloed van die liggaamsbou, -vonn en -samestelling (dus die morfologie) van sportlui op hulle sportprestasie word volgens De Ridder (1993:1) reeds sedert die vyfde eeu v.C. nagevors. In die verband dui De Ridder (1993:8) ook aan dat, alhoewel die morfologie van elitesportmanne en -vroue etlike eeue reeds nagevors word, hierdie soort ondersoeke eers gedurende die laaste vier dekades werklik tot hulle reg gekom het. Die unieke bydraes deur navorsers soos Carter (1970; 1982; 1984a; 1984b), Carter en Ackland (1994), De Garay et al. (1974), De Ridder en Amusa (1997), Ross et al. (1982) en Tanner (1964) het oor die afgelope 40 jaar bygedra tot vordering met betrekking tot ondersoeke na die morfologie van elitesportlui. Hierdie navorsers het veral bygedra tot beskrywings- en metingstegnieke, asook tot die insameling en ontleding van morfologiese data. As gevolg hiervan is groot hoeveelhede nuwe inligting bekom, veral met betrekking tot die invloed van morfologie op die prestasies van sportlui. 'n Nuwer, meer omvattende benadering met betrekking tot die bestudering van elitesportlui het ook posgevat, naamlik die kinantropometriese benadering (De Ridder, 1993:9). Vervolgens sal hierdie benadering bespreek word, aangesien hierdie studie sy grondslag vind in die kinantropometrie.

2.2 Die kinantropometriese benadering

Volgens Beunen en Bonns (1990:1) is kinantropometrie nie net 'n nuwe tenn wat vir die bemarking van bestaande en gevestigde kennis geskep is nie, maar inderdaad 'n nuwe en meer moderne benadering vir die bestudering van die morfologie van die sportmanne en -vroue. Die tenn kinantropometrie is 'n neologisme wat ontleen is aan die Griekse woorde Kineo (om te beweeg), Anthropos (mens) en Metrein (om te meet) (Ross, 1978:270). Die mees omvattende definisie van kinantropometrie, word deur Ross (1978:270) gebied. Die definisie word in Tabel 2.1 weergegee.

Volgens Carter (1985:108) is die onderstaande definisie 'n baie omvattende verduideliking van die tenn kinantropometrie. Carter (1985:108) beklemtoon voorts dat 'n morfologiese ondersoek, ten einde as 'n kinantropometriese ondersoek geklassifiseer te word, nie al die genoemde aspekte hoef in te sluit nie. De Ridder (1993:10) dui voorts aan dat die klassifikasie van 'n kinantropometriese ondersoek te make het met die bestudering van die verband tussen morfologiese aspekte en prestasie en/of motoriese funksionering.

(26)

Hoofstuk 2: 'n Kinantropometriese en asimmetriese projiel van internasionale manlike elite-spiesgooiers

Tabel 2.1: Die definiering van kinantropometrie (Ross, 1978:270)

Hierdie ondersoek is dus gegrond op die vakgebied kinantropometrie, aangesien dit handel oor die samestelling van 'n morfologiese profiel van elite, intemasionale manlike spiesgooiers. Hierdie inligting sal gebruik word om 'n verskeidenheid inter- en intragroepvergelykings te tref. Ten einde hierdie doelstelling te bereik sal van 'n verskeidenheid kinantropometriese tegnieke soos absolute liggaamsgroottes (liggaamslengte, liggaamsmassa, lengtemates, breedtemates, omtrekke en velvoue), liggaamsamestelling (vetmassa, spiermassa en beenmassa) en somatotipes gebruik gemaak word. Hierdie hoofstuk sal literatuurbevindinge met betrekking tot hierdie kinantropometriese tegnieke van spiesgooiers rapporteer. Die voorkoms van morfologiese asimmetrie wat by spiesgooiers waameembaar is, sal ook bespreek word. Alvorens dit egter gedoen word, sal die ontwikkeling van die betrokke sportsoort toegelig word.

2.3 Historiese oorsig van spiesgooi

Die primitiewe volkere het vroeg reeds agtergekom dat 'n lang gepunte stok essensieel is vir selfverdediging asook vir jagdoeleindes (Payne & Payne, 1976:29). Spiesgooi, soos diskus, was nie 'n spesialis gooi-item in die Antieke Olimpiese Spele nie, maar het deel uitgemaak van vytkamp (McNab, 1980:162). Sketse uit historiese geskrifte dui aan dat die Griekse

IDENTIFIKASIE SPESIFIKASIE AANWENDING RELEV ANSIE

Kinantropometrie vir die bestudering van om die volgende aspekte te met implikasie vir: BEWEGING die mens se: verstaan: MEDISYNE

MENS GROOTTE GROEI OPVOEDKUNDE METING VORM OEFENING OWERHEDE

PROPORSIE PRESTASIE

met respek vir die SAMESTELLING VOEDING individu se.regte en GESLAGSRYPHEID in diens van die

mensdom MOTORIESE

(27)

Hoofstuk 2: 'n Kinantropometriese en asimmetriese profiel van internasionale manlike elite-spiesgooiers

finale gooiposisie. In 1908, by die Olimpiese Spele in Londen, is vir die eerste keer kompeterend aan spiesgooi deelgeneem.

Die reels vir spiesgooi het tot stand gekom in die tyd van die 1956 Olimpiese Spele toe 'n klubvlak Spaanse atleet ontdek het dat hy die wereldrekord maklik kan verbeter deur van 'n diskus-tipe (rotasie) tegniek gebruik te maak. Dit het duidelik geword dat die gooiers, wat van hierdie Spaanse rotasietegniek gebruik maak, egter nie seker was van waar die spies gaan land nie. Hierdie roteringstegniek is vervolgens verban, aangesien dit gevaar ingehou het vir sowel deelnemers as toeskouers (McNab, 1980:164).

Die tydperk tot en met 1970 het geen groot tegniese veranderinge opgelewer nie. Dit was eerder die verbetering ten opsigte van spesifieke fisieke kondisionering en vloeiende uitvoering van die bestaande tegniek wat verbeterde prestasie tot gevolg gehad het (McNab, 1980:164). Oos-Duitsland se Uwe Hohn se wereldrekord van 104,80 meter het skokgolwe deur die spiesgooiwereld gestuur. Dit het 'n bedreiging ingehou vir die veiligheid van beide die baanatlete en toeskouers. Gevolglik is 'n nuwe spies op 1 April 1986 bekendgestel. Die huidige spies is ontwerp om die sweefafstand tot ongeveer 90 meter te beperk. Tydens hedendaagse byeenkomste is dit nie ongewoon dat afstande van 80+ meter behaal word nie. Die huidige wereldrekord van 98,48 meter staan agter die naam van Jan Zelezny van die Tsjeggiese Republiek (International Association of Athletics, 2002). Hierdie rekord laat mens wonder of die spies nie weer vanwee veiligheidsrisiko' s herontwerp sal moet word nie (Cislunar Aerospace Inc, 1997).

Literatuurbevindinge in verband met die kinantropometriese profiel van spiesgooiers word vervolgens bespreek.

2.4 'n Kinantropometriese profiel van spiesgooiers

Absolute liggaamsgroottes (liggaamslengte, liggaamsmassa, lengtemates, breedtes, omtrekke en velvoue), liggaamsamestelling (vetmassa, spiermassa, beenmassa) en somatotipe vorm elk individuele ondersoekvelde. Alhoewel hierdie aspekte afsonderlik gerapporteer word, vorm dit deel van die totale kinantropometriese (morfologiese) profiel van sportlui.

Daar is reeds verskeie studies uitgevoer rakende die liggaamsamestelling van spiesgooiers (Carter, 1970; 1984a; 1984b; De Garay et al., 1974; Housh et al., 1984; Ross & Ward, 1984).

(28)

Hoofstuk 2: 'n Kinantropometriese en asimmetriese profie/ van internasiona/e manlike elite-spiesgooiers

Die resultate van die studies dui daarop dat sekere liggaamlike eienskappe geassosieer word met deelname aan spiesgooi. Sodanige studies op spiesgooiers het egter almal deel uitgemaak van studies op die bree atletiekpopulasie, asook van studies waarin die morfologie van die groep vergelyk is met deelnemers van ander sportsoorte. Met betrekking tot studies op atlete moet verder in ag geneem word dat onderskei word tussen baan- en veldatlete. Voorts bestaan veldatlete ook uit diegene wat aan worpe-items deelneem, (soos gewigstoters, hammergooiers, diskusgooiers en spiesgooiers) asook diegene wat aan spronge deelneem (verspring, hoogspring, paalspring en driesprong). Die implikasie hiervan is dat die groepgroottes van spesifieke items (waaronder spiesgooi) in die meeste studies relatief klein is. Dit bring mee dat beperkte navorsingsbevindinge bestaan wat betref die morfologie van spiesgooiers. In die besprekingsgedeelte wat volg, word hoofsaaklik gekonsentreer op die morfologie van manlike spiesgooiers, aangesien hierdie studie op die betrokke populasie fokus. Ten eerste sal die absolute liggaamsgroottes by manlike spiesgooiers toegelig word.

2.5 Absolute liggaamsgroottes

Carter (1985:109) wys daarop dat verskille in liggaamsgroottes tussen atlete in verskillende sportsoorte en verskillende items binne 'n sportsoort bestaan. Hierdie verskille word waargeneem ten opsigte van liggaamslengte, liggaamsmassa, lengtes, breedtes, omtrekke sowel as velvoue.

Tabel 2.2 is 'n opsomming van Carter (l984a) se studie waarin die liggaamslengte en liggaamsmassa van deelnemers aan baan- en velditems tydens vyf opeenvolgende Olimpiese Speles (1960-1976) gemeet is. Slegs die spiesgooiers se resultate word in hierdie tabel gerapporteer, alhoewel die bespreking wat daama volg, vergelykings met ander veldatlete insluit.

(29)

---_...

Hoofstuk 2: 'n Kinantropometriese en asimmetriese profie/ van internasiona/e manlike elite-spiesgooiers

Tabel 2.2: Die absolute liggaamsgroottes van spiesgooiers soos deur Carter (1984a) gerapporteer

N = aantal proefpersone x

=

gemiddeld

Vit Tabel 2.2 is dit duidelik dat 'n toename in die gemiddelde liggaamsmassa van die

spiesgooiers voorgekom het vanaf die 1960 tot 1976 Olimpiese Speles, terwyl die liggaamslengtes redelik konstant gebly het. Gedurende hierdie tydperk was spiesgooiers gemiddeld korter as die gewigstoters en diskusgooiers, terwyl hulle liggaamsmassa ook die laagste van die worpe-atlete was. Wanneer die bevindinge van Carter (1984a) se studie in totaliteit in ag geneem word, blyk dit ook dat worpe-atlete neig om ouer te wees as die ander atlete. Binne die groep worpe-atlete is ooreenstemmende ouderdomme gevind.

De Garay et al. (1974) het in hul ondersoek op 399 baan- en veldatlete, 9 absolute liggaamsgrootteveranderlikes bepaal. Hierdie groep atlete het uit 317 mans en 82 dames bestaan, insluitende 8 manlike spiesgooiers met 'n gemiddelde ouderdom van 28,6:f:5,4 jaar.

Die resultate van die spiesgooiers in hierdie studie word in Tabel 2.3 gerapporteer. Die bespreking wat daarna volg, word weereens aan die hand van die bevindinge van die totale studie gedoen.

Absolute Demografiese inligting

liggaamsgrootteveranderlikes Olimpiese Spele en Ouderdom Liggaamslengte Liggaamsmassa

N

jaartal (x ) (x) (x)

Rome (1960) 28 25,8 jaar 182,9 em 84,4 kg Tokio (1964) 25 28,0 jaar 183,0 em 83,4 kg Mexiko Stad (1968) 8 28,4 jaar 179,5 em 76,7 kg Mlinehen (1972) 24 26,5 jaar 181,4 em 87,5 kg Montreal (1976) 27 27,2 jaar 183,0 em 91,0 kg

(30)

Hoofstuk 2: 'n Kinantropometriese en asimmetriese profiel van internasionale manlike elite-spiesgooiers

Tabel 2.3: Die absolute liggaamsgroottes van spiesgooiers soos deur De Garay et al. (1974) gerapporteer

N = aantalproefpesone

x = gemiddeld

SA = standaardafwyking

Vergeleke met die ander worpe-atlete (gewigstoters, hamer- en diskusgooiers) het spiesgooiers kleiner skouerbreedtes en bolyflengtes, terwyl armlengte nie betekenisvol tussen die groepe verskil nie. Die liggaamslengte en veral die liggaamsmassa van die spiesgooiers in De Garay et al. (1974) se studie blyk kleiner te wees as die gevind deur Carter (1985:109) in die ooreenstemmende tyd (1972 en 1976), met inbegrip van 'n ooreenstemmende gemiddelde ouderdom van die spiesgooiers. Soos waargeneem kan word, bestaan relatief min navorsingsbevindinge met betrekking tot die absolute liggaamsgroottes van spiesgooiers. Daarmee saam laat die inkonsekwente resultate met betrekking tot die liggaamslengte en liggaamsmassa die vraag ontstaan oor die mate waarin hierdie absolute liggaamsgrootteveranderlikes determinante van spiesgooisukses is. Hopelik sal hierdie ondersoek antwoorde op die vraag verskaf.

VeranderIikes II N X en8A

Ouderdom (jare) 8 28,4:I::5,4jaar

Liggaamslengte (em) 8 179,5:1::4,7 em

Liggaamsmassa (em) 8 76,7:1::7,3 kg

Bolyflengte (em) 7 53,8:I::2,8em

Biakromiale deursnee (em) 7 42,0:1::1,7 em Bii1iokristale deursnee (em) 7 29,7:1::0,5 em Boonste en onderste ekstremiteitlengte (regs) (em) 7 60,7:1::2,0 em Totale beenlengte (regs) (em) 7 82,6:1::3,3 em 80m van die 3 velvoue (mm) 8 21,3:1::7,9 mm

(31)

Hoofttuk 2: 'n Kinantropometriese en asimmetriese profiel van internasionale manlike elite-spiesgooiers

Die mate waarin 'n atleet in 'n sportsoort suksesvol is word ook bepaal deur die hoeveelheid vetmassa relatieftot liggaamsmassa en, in 'n mate, van die hoeveelheid spiermassa relatieftot die skeletale massa (Drinkwater & Mazza, 1994:103). Vervolgens word aandag aan hierdie liggaamsamestellingveranderlikes (vetmassa, spiermassa en beenmassa) geskenk.

2.6 Liggaamsamestelling

Liggaamsamestelling verwys na die evaluering van liggaamsvorm met betrekking tot vetheid (vetmassa), muskulariteit (spiermassa) en die skeletale struktuur (skeletmassa) van die atleet (Drinkwater & Mazza, 1994:102). Liggaamsamestellingsprofiele dui daarop dat die liggaamsamestelling van sportlui grootliks tussen verskillende sportsoorte kan varieer en selfs tussen verskillende posisies of items binne 'n bepaalde sportsoort. Die bevindinge van studies met betrekking tot die vetmassa, spiermassa en beenmassa van spiesgooiers en die effek daarvan op spiesgooiprestasie word vervolgens bespreek.

2.6.1 Vetmassa

Vetmassa kan beskou word as aIle aftrekbare lipiedes vanaf adiposietweefsel en ander weefsel in die liggaam (Heyward & Stolarczyk, 1996:4). Liggaamsamestellingresultate met betrekking tot vetmassa en vetpersentasie (vetmassa relatief tot liggaamsmassa) word dikwels aangewend om optimale liggaamsamestelling van sportlui, hetsy vir verskillende sportsoorte of selfs posisies of items binne 'n bepaalde sportsoort, aan te dui. Optimale vetpersentasies kan gevolglik saamgestel word vir prestasie binne 'n spesifieke sportsoort, posisie of item. Daar bestaan twee onderliggende redes waarom relatiewe liggaamsvet oftewel persentasie liggaamsvet 'n belangrike komponent is van elitesportlui se morfologiese profiel. Eerstens impliseer Newton se tweede wet dat 'n verhoging in vetmassa sonder 'n gepaardgaande verhoging in die krag van muskulere kontraksie versnelling (wat 'n belangrike prestasiebepaler in die meeste sportsoorte is), sal verminder (Heyward & Stolarczyk, 1996). Withers et al. (1987:191) dui tweedens aan dat die horisontale of vertikale verplasing van addisionele vetmassa bykomstige energie vereis. In die verband wys Carter et al. (1982) daarop dat die meeste van die baan- en veldatlete hul liggame teen gravitasie moet versnel. Gevolglik sal atlete beter presteer indien hulle oor minder oortollige vetmassa beskik. Daar bestaan egter 'n minimum persentasie liggaamsvet wat nodig is vir normale fisiologiese en metaboliese funksies. Heyward en Stolarczyk (1996:143) bereken hierdie waarde op 5%.

(32)

. _ _ u .. _ ._... ... ++--- ---

---Hoofstuk 2: 'n Kinantropometriese en asimmetriese profiel van internasionale manlike elite-spiesgooiers

Tanner (1964) het in sy studie op 138 manlike baan- en veldatlete tydens vier Olimpiese Speles gerapporteer dat die worpe-atlete, (gewigstoters en diskus-, spies- en hammergooiers) grootliks verskil van die ander atlete ten opsigte van die fisieke liggaamsamestelling. Hierdie resultate word in Tabel2A gerapporteer.

As 'n groep was die worpe-atlete langer en swaarder, met groter spiere in verhouding tot hul ledemaatlengtes en langer arms in verhouding tot hul bene. Die worpe-atlete het breer skouers en heupe asook 'n groter bolyf. Die verhouding van die bene tot die bolyf is soortgelyk aan die van middelafstandatlete. Die hoeveelheid liggaamsvet is as deel van die bepaling van liggaamsamestelling gerapporteer. Hierdie resultate toon soortgelyke waardes vir baanatlete en die wat aan spronge deelneem. Hierdie gemiddelde waardes was laer as die van die spiesgooiers, wat op hul beurt weer laer waardes getoon het as die gewigstoters en diskus- en hammergooiers.

(33)

Hoofstuk 2: 'n Kinantropometriese en asimmetriese profiel van internasionale manlike elite-spiesgooiers

Tabel 2.4: Die gemiddelde waardes vir die liggaamsamestelling-veranderlikes van worpe-atlete in vergelyking met atlete wat aan spronge deelneem en baanatlete tydens die Olimpiese Spele in Rome (1960), soos gerapporteer deur Tanner (1964)

Lengte Sit- Been- Arm- Skouer- Heup- Humerus- Femur- Boarm- Dy- Som van Item N (em) hoogte lengte lengte breedte breedte breedte breedte omtrek omtrek velvoue

(em) (em) (em) (em) (em) (em) (em) (em) (em) (em) Spiesgooi 2 186,50 98,10 88,40 83,60 45,30 31,30 7,50 10,30 35,00 62,10 70,00 100/200 m 12 176,60 93,50 83,10 76,70 41,00 28,50 7,11 9,75 29,10 57,20 58,10 400m 11 185,40 96,60 88,80 80,50 41,40 29,50 7,30 9,92 28,60 57,00 57,80 800/1500 m 16 180,50 92,80 87,70 79,80 41,40 29,30 7,01 9,58 27,00 53,00 56,80 5000/10000 m 19 174,40 91,20 83,20 77,00 39,20 28,10 6,95 9,49 25,20 50,50 53,10 110m hekkies 3 182,80 95,10 87,70 81,30 42,10 28,60 7,43 10,03 30,30 58,70 56,70 400 m hekkies 5 180,60 94,00 86,60 79,30 41,50 28,50 7,02 9,72 28,00 55,60 57,50 Hoogspring 8 188,70 97,70 91,00 82,80 41,80 29,80 7,48 10,23 28,40 55,70 60,4 Verspring 2 181,50 93,70 87,80 79,40 41,40 30,30 7,30 10,05 28,30 55,80 54,80 Paalspring 2 186,60 98,70 87,30 80,10 43,40 30,00 7,60 10,15 31,10 58,30 61,30 Driesprong 3 183,10 96,40 86,70 79,70 41,40 28,70 6,90 9,70 26,90 55,80 58,60 Diskus 2 192,40 101,60 90,80 88,00 46,00 33,00 8,00 10,85 37,40 67,60 71,30 Gewigstoot 6 190,80 100,90 89,80 84,20 46,00 32,10 8,10 11,05 37,60 67,00 71,60 Hammergooi 2 188,80 96,90 97,90 84,20 44,40 31,60 8,05 11,15 34,90 67,00 70,70

(34)

Hoofstuk 2: 'n Kinantropometriese en asimmetriese profiel van internasionale manlike elite-spiesgooiers

Morrow et ai. (1982:73) het laasgenoemde bevindinge met betrekking tot gewigstoters en diskus- en hammergooiers bevestig deur dieselfde resultate met betrekking tot vetmassa en persentasie liggaamsvet onder spiesgooiers te rapporteer. Die spiesgooiers se vetmassa (7,7 :I::

2,92kg) en vetpersentasie(8,48 :I:: 3,23%) was laer as die van gewigstoters,diskus- en

hammergooiers. Hierdie navorsers het egter aangedui dat die drie veranderlikes nie verwant is aan spiesgooiprestasie nie.

Carter en Yuhasz (1984:165) het ook aangetoon dat die spiesgooiers se gemiddelde velvouwaardes laer as die van gewigstoters en diskus- en hammergooiers was. Hierdie resultate word in Tabel2.5 gerapporteer.

Tabel 2.5: Die liggaamsamestelling van spiesgooiers tydens die Mexiko Stad en Montreal Olimpiese Spele (n

=

11), soos gerapporteer deur Carter en Yuhasz (1984)

x

=

gemiddeld

SA

=

standaardafwyking

L

van die 4 velvoue = triseps, subskapuler, supraspinaal en mediale kuit

Ten slotte dui die ondersoek van De Garay et ai. (1974:32) aan dat spiesgooiers gemiddeld lae velvouwaardes toon. Benewens vetmassa, is die bepaling van sportlui se muskuloskeletale komponent (spiermassa) ook 'n belangrike prestasiebepaler (Hawes & Martin, 1996:21).

Liggaamsamestelling-veranderlikes X en SA

Ouderdom (jare) 27,6:1::5,2jaar

Liggaamsmassa (kg) 82,0 :I::6,4 kg

Trisepsvelvou (mm) 7,2:1::2,1 mm

Subskapulere velvou (mm) 8,9:1::2,9 mm

Supraspinale velvou (mm) 6,4 :I::2,5 mm

Mediale kuit velvou (mm) 5,9:1::1,9 mm

(35)

Hoofstuk 2: 'n Kinantropometriese en asimmetriese profiel van internasionale manlike elite-spiesgooiers

2.6.2 Sp;ermassa

Die ontwikkeling van sportspesifieke krag is in enige sportitem belangrik. Sportspesifieke krag is krag wat gegenereer word deur die werklike bewegingsomvang by die spesifieke gewrigshoeke en die spoed waarteen die uitvoering van die item geskied (Young, 2003). Dit is dus die krag wat tydens 'n bepaalde item deur die atleet toegepas word. Sportspesifieke krag vir die spiesgooier moet fokus op 'n basis van algemene krag, ontwikkeling van eksplosiewe krag in die bene en bolyf, soepelheid in die bolyf en elastiese krag in die bene en bolyf, spoed van beweging en die tempo van kraggenerering (Komi, 2003:236). Krag is dus onomwonde 'n belangrike fisieke vereiste tydens die uitvoering van die spiesgooiaksie. Aangesien spierkrag bepaal word deur die interaksie van krag en snelheid van kontraksie, sal aspekte wat een van die twee faktore verander, aanleiding gee tot die verandering in krag (Komi, 2003:236). Komi (2003:236) dui ook aan dat die vergroting van 'n spiervesel aanleiding sal gee tot die vergroting van die spier se dwarsdeursnitarea, wat gevolglik sal aanleiding gee tot verhoogde kraguitset in die spier aangesien spierkrag nouliks verwant is aan die spier se dwarsdeursnitarea. 'n Vergroting van die spiervesel sal egter ook bydra tot 'n verhoging in die spiermassa. Dit is dus duidelik dat 'n verhoging in die spiesgooier se spiermassa (tot 'n optimale hoeveelheid) sal bydra tot 'n verhoogde kraguitset en gevolglik verbeterde prestasie.

Beperkte inligting met betrekking tot die spiermassa van sportlui kon gevind word. In die verband het Spenst et al. (1993:3) die spiermassa van 62 manlike atlete tussen die ouderdomme 17 en 38 jaar bereken volgens die formule wat deur Martin et al. (1990) ontwikkel is. Hierdie atlete het bestaan uit gimnaste, basketbalspelers, liggaamsbouers, baan-en veldatlete baan-en middelafstand- baan-en langafstandatlete. Die resultate word in Tabel 2.6 gerapporteer.

(36)

Hoofstuk 2: 'n Kinantropometriese en asimmetriese profiel van internasionale manlike elite-spiesgooiers

Tabel 2.6: Die gemiddelde spiermassa en standaardafwyking van baan- en veldatlete, soos gerapporteer deur 8penst et ale (1993)

x ::I:8A

Atlete N Ouderdom Lengte Massa 80m van Ga Gv Gd Gk 8M 8M

(jare) (em) (kg) 9 velvoue (em) (em) (em) (em) (kg) (%)

(mm)

Baan- en veldatlete 12 24,9 180,9 78,6 65,2 28,8 28,0 54,3 37,1 49,3 62,7

(kragatlete) (::1:0,6) (::I:6,2) (::I:5,7) (::I:17,6) (::I:1,7) (::I:1,2) (::I:2,3) (::1:2,2) (::1:4,9) (::I:3,3)

Baan- en veldatlete 10 23,2 176,4 65,4 48,2 26,3 25,9 49,6 34,7 40,4 61,7

(naelatlete) (::I:1,1) (::I:3,1) (::1:4,5) (::I:7,0) (::I:2,1) (::I:1,1) (::1:2,7) (::1:2,2) (::I:4,2) (::I:2,7)

Baan- en veldatlete 10 24,1 174,7 65,4 60,6 25,2 25,6 48,3 34,4 38,4 58,6

(afstandatlete) (::I:1,1) (::I:3,1) (::1:4,5) (::I:7,0) (::1:2,1) (::I:1,1) (::1:2,7) (::1:2,2) (::1:4,2) (::I:3,2)

N = aantal proefpersone X = gemiddeld SA = standaardafwyking Ga = Gekorrigeerdearmomtrek Gv = Gekorrigeerde voorarmomtrek Gd = Gekorrigeerde dyomtrek Gk = Gekorrigeerde kuitomtrek SM = Spiermassa

(37)

Hoofstuk 2: 'n Kinantropometriese en asimmetriese profie/ van internasiona/e manlike elite-spiesgooiers

Geen literatuur kon gevind word met betrekking tot die spiermassa van spiesgooiers en die effek daarvan op prestasie me. Dit dui op 'n leemte in die literatuur met betrekking tot die spiermassa van spiesgooiers, veral as die belangrikheid daarvan in ag geneem word. Hierdie leemte word dan ook onder andere deur hierdie studie onder die loep geneem.

Die bepaling van beenmassa kan voorts ook inligting voorsien met betrekking tot die strukturele faktore wat atlete se sukses bepaal, aldus Hawes en Martin (1996:147). Vervolgens word bevindinge met betrekking tot beenmassa bespreek.

2.6.3 Beenmassa

Die skelet is 'n dinamiese weefsel wat reageer op omgewings- en endokriene veranderinge deur 'n verandering van die vorm en digtheid daarvan. Die funksionele stres wat op 'n been geplaas word, is 'n belangrike bepaler van die been se strukturele eienskappe. Fisieke aktiwiteit lei tot groter beendigtheid by kinders en adolessente en, in 'n mindere mate by volwassenes (Branca, 1999). Branca (1999) wys ook daarop dat gewigdraende oefeninge, soos draf, 'n groter effek het as nie-gewigdraende oefeninge soos tietsry en swem. 'n Dwarsdeursnitstudie wat deur Heyward en Stolarczyk (1996:147) ondemeem is, het verder aangedui dat tisiek aktiewe individue en atlete 'n groter beenmineraalinhoud en beendigtheid het as tisiek onaktiewe individue. Die digtheid van die vetvrye liggaam is volgens hierdie navorsers ook groter by atletiese mans en dames as by sedentere individue.

In die gerapporteerde literatuur word meestal melding gemaak van verskeie ledemaatlengtes van sportlui, maar geen inligting met betrekking tot die totale beenmassa van spiesgooiers kon in die literatuur gevind word nie. Daar is dus 'n duidelike leemte in die literatuur met betrekking tot die beenmassa van spiesgooiers en dit beklemtoon die belangrikheid van die studie.

Die gevaar bestaan egter dat die reeds gerapporteerde morfologiese veranderlikes (absolute liggaamsgroottes en liggaamsamestelling) as losstaande en gerssoleerde identiteite beskou word. Ten einde die menslike ligaam as geheel te beskryf en te kategoriseer wys De Ridder (1993:23) daarop dat somatotipes vir hierdie doel gebruik kan word. Vervolgens word die somatotipes van spiesgooiers bespreek.

(38)

. -. ... .. .. .. ...-.

Hoofstuk 2: 'n Kinantropometriese en asimmetriese profiel van internasionale manlike elite-spiesgooiers

2.7 Somatot;pe

Somatotipe verwys na die kwantifisering van die vorm en samestelling van die menslike liggaam en die uitdrukking daarvan in terme van 'n driegetalwaarde (Carter, 1996:148). Hierdie driegetalwaarde verwys na die relatiewe vetheid (endomorfie), die relatiewe muskulariteit (mesomorfie) en relatiewe liniariteit of skraalheid (ektomorfie) van die liggaam. Hierdie driegetalwaarde is aldus Carter (1996:148) 'n opsomming van die morfologiese samestelling van die liggaam, onafhanklik van liggaamslengte, en word gevolglik wereldwyd gebruik in die bepaling van 'n persoon se liggaamsbou as geheel.

Volgens Carter en Heath (1990) kan somatotipes gebruik word om tussen verskillende sportsoorte, items en spelposisies binne bepaalde sportsoorte te differensieer. So ook kan verskillende vlakke van deelname hierdeur bepaal word. Carter en Marfell-Jones (1994:56) wys daarop dat hoe prestasies in sekere sportsoorte met bepaalde somatotipes geassosieer word. Hierdie navorsers dui egter aan dat in sommige sportsoorte 'n beduidende variasie en oorvleueling van die somatotipeverspreiding voorkom.

Vervolgens word die somatotipes van verskillende atlete, soos in verskillende navorsingstudies gerapporteer, in Tabel 2.7 saamgevat, en grafies op 'n somatokaart (Figuur 2.1) voorgestel. Die resultate sal afsonderlik in Tabe12.7 en Figuur 2.1 weergegee word. TabeI2.7: Die somatotipes van atlete soos deur verskillende navorsers gerapporteer

Endomorfie Mesomorfie Ektomorfie

Item N Bron

(x en SA) (x en SA) (x en SA)

Spiesgooiers 8 2,0:i:0,92 5,6:i: 0,78 2,3 :i:2,3 De Garay et al. (1974) Baan- en veld- 40 1,7:i:0,64 5,0:i: 1,33 2,9 :i:1,04 Carter et al. (1982) atlete

Worpe-atlete 14 3,5 6,0 2,5 Sharma en Dixit (1985) Worpe-atlete 3 3,9:i: 1,5 7,2 :i:1,2 1,1:i: 1,6 Withers et al. (1986) Baan- en veld- 29 2,0:i: 1,2 4,7:i: 1,3 3,4:i:4,7 Withers et al. (1986) atlete

(39)

Hoofstuk 2: 'n Kinantropometriese en asimmetriese profiel van internasionale manlike elite-spiesgooiers

1 - Spiesgooiers (2,0-5,6-2,3) (De Garay et al., 1974). 2 - Baan- en veld atlete (1,7-5,0-2,9) (Carter et al., 1982).

3- Worpe-atlete (3,5-6,0-2,5) (Shanna en Dixit, 1985). 4 - Worpe-atlete (3,9-7,2-1,1) (Withers et al., 1986). 5 - Baan- en veld atlete (2,0-4,7-3,4) (Withers et al., 1986).

Figuur 2.1: 'n Grafiese voorstelling van die somatotipes van baan- en veldatlete volgens verskillende navorsers

Vit Figuur 2.1 blyk dit duidelik dat die somatotipes van die worpe-atlete hoofsaaklik in die

mesomorfiese kategorie val. Die baan- en veldatlete (Carter et al., 1982) en die baan- en veldatlete (Withers et al., 1986) in bogenoemde studies kan as ektomorfiese mesomorwe geklassifiseer word. Die atlete kan gevolglik beskryf word as atlete met 'n groot spiermassa en bree deursneemates by die bene van die skelet relatief tot hulliggaamslengte. Die worpe-atlete in die studies van Shanna en Dixit (1985) en Withers et al. (1986) kan geklassifiseer word as endomorfiese mesomorwe. Die spiesgooiers in die studie van De Garay et al. (1974) kan as gebalanseerde mesomorwe geklassifiseer word.

(40)

>. ----...---.---. -- - _. ...-.-.

Hoofstuk 2: 'n Kinantropometriese en asimmetriese projie/ van internasiona/e manlike elite-spiesgooiers

Vit bogenoemde navorsingsresultate is dit duidelik dat die mesomorfiese komponent (gespierdheid) by al die atlete in die onderskeie studies dominant is. Slegs een studie kon gevind word waarin spesifiek na spiesgooiers verwys word (De Garay et al., 1974). Volgens hierdie navorsers kan spiesgooiers as gebalanseerde mesomorwe geklassifiseer word.

Die belangrikheid van die bestudering van die morfologie van spiesgooiers is aangetoon, veral met betrekking tot die effek daarvan op prestasie. In die verband is daar in die literatuurstudie spesifiek toegespits op die absolute liggaamsgroottes, liggaamsamestelling en somatotipes van spiesgooiers. Vit die bestudeerde literatuur blyk dit egter dat relatief min inligting aangaande die morfologie van spiesgooiers bestaan. Hierdie terkortkoming beklemtoon die noodsaaklikheid van hierdie ondersoek.

'n Verdere morfologiese aspek wat dikwels by spiesgooiers waarneembaar is, is morfologiese asimmetrie. Die volgende gedeelte sal fokus op die voorkoms daarvan (onder deelnemers aan verskillende sportsoorte), asook die oorsake en gevolge daarvan.

2.8 Morfolog;ese as;mmetr;e 2.8.1 Inle;d;ng

Dit is duidelik dat die twee kante van die liggaam tydens die uitvoering van die spiesgooiaksie op verskillende wyses betrek word. Dit blyk ook duidelik uit waarneming dat die gooi-armkant meer prominent en meer intens by hierdie aksie betrek word. Op grond hiervan kan spiesgooi as 'n asimmetriese sportsoort geklassifiseer word, met die gooi-armkant wat as die dominante kant bekend staan, en die teenoorgestelde kant as die nie-dominante kant. Merletti et al. (1994:2104) dui in die verband aan dat volgehoue &ebruikmakingvan sekere spiergroepe tot morfologiese en fisiologiese veranderinge van die struktuur en funksie van die spiergroepe sallei. Die herhaaldelike gebruikmaking van die dominante kant tydens die gooi-aksie kan gevolglik aanleiding gee tot 'n ongelyke morfologiese ontwikkeling, wat as morfologiese asimmetrie bekend staan. Vervolgens sal hierdie verskynsel gedefinieer word alvorens literatuurbevindinge in die verband gerapporteer word.

(41)

Hoofstuk 2: 'n Kinantropometriese en asimmetriese projie/ van internasiona/e manlike elite-spiesgooiers

asimmetrie gedefinieer word as 'n "ongelykheid ofwanverhouding in ooreenstemmende dele" (Lubbe & Eksteen, 1993:49).

Volgens Dangerfield (1994:7) is die voorkoms van geringe morfologiese asimmetrie by die mens die norm, alhoewel meer prominente asimmetrie (waarneembaar met die blote oog) by sommige individue bespeur kan word. Dit is beslis die geval by spiesgooiers, aangesien morfologiese asimmetrie dikwels by hierdie populasie waargeneem word.

Geen navorsingsresultate kon egter gevind word waarin pertinent verwys word na morfologiese asimmetrie by spiesgooiers nie. Gesien in die lig van die relatief min literatuur oor die morfologie van spiesgooiers in die algemeen, was hierdie gebrek aan inligting te wagte. Die belangrikheid van studies aangaande die morfologiese asimmetrie word benadruk aangesien die nadele daarvan met betrekking tot prestasie en gesondheid daardeur uitgewys word. In die lig hiervan word 'n oorsig gegee van die voorkoms van morfologiese asimmetrie by deelnemers aan ander asimmetriese sportsoorte, asook die oorsake en gevolge daarvan.

2.8.2 Die voorkoms van morfologiese asimmetrie by deelnemers aan asimmetriese sportsoorte.

Soos reeds gemeld, kon geen studies gevind word waarin die voorkoms van morfologiese asimmetrie onder spiesgooiers gerapporteer word nie. Verskeie studies is wel in wetenskaplike joemale gevind met betrekking tot die voorkoms van morfologiese asimmetrie onder tennisspelers (Copley, 1980; Green et al., 1996; Groppel & Roetert, 1992; Krawczyk et

al., 1998; Pimay et al., 1987; Sward et al., 1990; Wyss et al., 1989) en snelboulers in krieket

(Grobbelaar & De Ridder, 2001). Vervolgens sal die voorkoms (aard en mate) van morfologiese asimmetrie by elk van hierdie groepe kortliks bespreek word.

2.8.2.1

Die voorkoms van morfologiese asimmetrie by tennisspelers.

Die meeste van die beskikbare navorsing aangaande morfologiese asimmetrie in sport fokus op tennisspelers. Die resultate van die studies van Copley (1980), Green et at. (1996), Groppel en Roetert (1992), Krawczyk et al. (1998), Pimay et al. (1987), Sward et al. (1990) en Wyss et at. (1989) dui almal op die voorkoms van morfologiese asimmetrie by tennisspelers. Tabel2.8 is 'n samevatting van die bevindinge in die verband.

(42)

Hoofstuk 2: 'n Kinantropometriese en asimmetriese profiel van internasionale manlike elite-spiesgooiers

TabeI2.8: Beskrywende statistiek met betrekking tot die morfologiese asimmetrie van tennisspelers uit verskillende deelnamevlakke en van verskillende ouderdomme, soos deur verskillende navorsers gerapporteer

Morfologiese Proefpersooninligting Dominante kant Nie-dominante kant Relatiewe indeks Bronne

veranderlikes X :I:SA X :I:SA van asimmetrie

Ontspanne 10 professionele spelers 31,4:1:1,20 em 28,1 :I:1,00 em 11,09% .... Pimay et al. (1987:332) boarmomtrek (20,3:1:2,10jaar)

Morfologiese asimmetrie is onder tennisspelers vir verskeie veranderlikes gerapporteer, Krawczyk et al. (1998) waarvan die ontspanne boramomtrek een sodanige veranderlike is. Vit 'n groep van 134

sportlui (bestaande uit deelnemers van nege verskillende sportsoorte) was tennisspelers die groep met die hoogste voorkoms van morfologiese asimmetrie vir die betrokke veranderlike.

Boarm Sigbare spier- en beenhipertrofie van die dominante boarm. Copley (1980:312) Voorarmomtrek 10 professionele spelers 28,6:I: 1,20 em 25,3 :I:0,90 em 12,25% .... Pimay et al. (1987:332)

(20,3:1:2,10 jaar)

8 manlike spelers 28,0:I:0,60 em 26,2 :I:0,70 em 6,64% .... Green et al. (1996:945)

(27,5:1:2,10 jaar)

Voorarmomtrek Morfologiese asimmetrie onder tennisspelers is vir verskeie veranderlikes gerapporteer, Krawczyk et al. (1998) waarvan die ontspanne voorarmomtrek een sodanige veranderlike is. Vit 'n groep van 134

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Stakeholder-determinant diagrammen Jongeren 12-18 media sport en recreatie maatschappij kantine school ouders overheid en semi-overheid peer group cateraar docenten groenten

Met die ondersoek van perspektiewe op die geskiedenis in die eietydse Afrikaanse literêre kritiek en die eietydse Afrikaanse historiese roman word daar egter in hierdie studie

The negative correlation found were probably due to a host response, which also explains the maximum levels reached in older hosts where parasite infection levels increased with

21 Brazil’s National Defence Strategy, Defence Diplomacy and Management of Strategic Resources The lack of military campaigns between South American nations since the 20th century has

We have recently identified and reported 41 individuals with homo- zygous C6 deficiency, 39 of whom reside in the western Cape.3.4 All but 1 of these

voor dat geneesmiddel een niet-geregistreerde medische indicatie heeft en lijdt aan een ziekte die in Nederland niet vaker voorkomt dan bij 1 op de 150.000 inwoners, de

The direct incen- tive to the present study was the demand to model Coriolis mass-flow rate meters, in which a flexible fluid-conveying pipe is excited in a particular eigenmode for

seen in the Response Control quotient, No learner failed to show particularly the auditory component; the improvement in at least one Attention quotient,