• No results found

Inheemse bome en struike: diospyros

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Inheemse bome en struike: diospyros"

Copied!
1
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

Inheemse bome en

struike

DIOSPYROS

Jakkalsbessie, Bloubos, V u u rm aakb o ssie, Kraaibossie en Bostolbos is almal populere name vir 'n groep van ons mooiste bome, dieDiospyros soorte. Die woord Diospyros is uit die Grieks afgelei en dit verwys na die eetbare vrugte wat sommige van die uitheemse bome dra.

In die Republiek kom daar nagenoeg 20 verskillende spesies voor waarvan slegs drie redelik algemeen in die O.V.S. voorkom. Al drie die soorte leen hulle uitstekend daartoe om indie tuin aangeplant te word.

K ritik o m , F ire -s tic k s (D iospyros a u s tra -

africana)

Die struik kom algemeen teen kliprantjies in die O.V.S voor en wissel van 1 -3 m in hoogte. In uitsonderlike gevalle kan die struike selfs tot 10 m hoog word. Klein blomme waarvan die kleur wissel van room tot ligrooi word in groot hoeveelhede van Augustus tot September gedra. Donkerrooi vrugte w at deur baie voels geeet word, word van Januarie tot Junie gedra. Die struik met sy klein kompakte groeivorm is bestand teen droogte en ryp en is ook immergroen.

Bloubos, Bluebush (Diospyros lycioides)

Die Bloubos het 'n struikagtige groeivorm en wissel oor die algemeen van 2-3 m in hoogte. Enkele individue mag selfs so hoog as 7 m word. In die O.V.S. kom die bome in 'n groot verskeidenheid van habitatte voor. Die bome is bladwisselend en blom van September tot Desember. Die klein roomkleurige blomme w at in groot getalle gedra word gee veral saans 'n baie soet reuk af. Vrugte word van Januarie tot Mei gedra en is 'n groot aantrekkingskrag vir vrugtevretende voels.

Die bome is bestand teen ryp en droogte en groei vinnig indien hulle goed versorg word. Die struikagtige groeivorm asook die feit dat die bome nie baie groot word nie, maak die boom baie geskik vir die stadstuin.

Bostolbos, Bladder-nut (Diospyros whyteana) Di6 boom het 'n struikagtige groeivorm en word 5-7 m hoog. Die bome kom algemeen in

P.C. Zietsman

Bostolbos, Bladder-nut.

b e rg w o u d e te e n b e rg h a n g e en la n g s dreineringslyne in gedeeltes van die oostelike O.V.S. voor. Die bome is immergroen met 'n glansende donkergroen loof. Die roomkleurige blomme word van Augustus tot November gedra. Die helderrooi vrugte word van Januarie tot Mei gedra. Die saad ontkiem redelik maklik. Ofskoon die bome sowat 3 0 0 jaar gelede skynbaar baie algemeen in Europese tuine aangeplant was, word hulle vandag skaars in tuine in ons land aangetref. Die bome kan in die vol son of skadu geplant word, is redelik gehard teen ryp en droogte en groei vinnig. Die bome aard in 'n groot verskeidenheid grondsoorte en maak uitstekende heiningplante.

Alhoewel dit meestal moeilik is om inheemse bome by kwekerye te kry, het meeste van die Botaniese tuine ’n groot verskeidenheid plante van hul omgewing w at te koop aangebied word. Indien u belangstel in ons inheemse plante of da Ik net bome w il plant om voels te lok is enige van die genoemde Diospyros spesies aan te

beveel. [jEnl

BIBLIO G R AFIE

PALGRAVE, K.C. 1977. Trees o f So uthe rn Africa. Kaapstad: Struik.

PALMER, E. & PITMAN, N. 1973. Trees o f S o uthe rn A fric a III. Kaapstad; A.A. Balkema.

VENTER, H .J.T & JO UB ERT A .M . 19B 4. K lim p la n te , B o m e e n S tr u ik e

van die O ranje-Vrystaat. Bloemfontein: P.J. de Vi/liers.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Naast de hiervoor besproken maatregelen, onder- zoekt de Europese Commissie ook nog – onder meer – de mogelijkheid om de controleplicht voor middel- grote ondernemingen af te

Inzake relaties met andere christelijke Kerken is de Ethiopi- sche katholieke Kerk een brug- genbouwer, dankzij haar unieke structuur met twee liturgische tradities.. „In het

De belangrijkste reden voor dit gebrek aan gegevens over microscopische zwaartekracht is, dat deze wisselwerking tussen subatomaire deeltjes tientallen orden van grootte

The objective of this study consequently is to modify and elaborate De Goede‟s (2007) proposed learning potential model by elaborating the network of learning competency

dominante plantsoorte asook minder belangrike plantsoorte wat deur kameelperde in die sentrale Vrystaat gedurende die tydperk 2003/04 benut is... Gemiddelde

Die afleiding kan gemaak word dat die beginsel ‘billikheid’ in die opstel van ’n kontrak nodig is en kan derhalwe as ’n beginsel vir effektiewe kontraktuele kommunikasie

27 Maar het dwaze der wereld heeft God uitverkoren, opdat Hij de wijzen beschamen zou; en het zwakke der wereld heeft God uitverkoren, opdat Hij het sterke zou beschamen; 28 En