• No results found

InfoForum: Vol. 5(1), Augustus 2005 (Afrikaans)

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "InfoForum: Vol. 5(1), Augustus 2005 (Afrikaans)"

Copied!
4
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

FPB: Nuusbrief

Tuisblad English Vol 5(1), Aug 2005

Die Biblioteek het een taak en dis om tot u diens te wees. Soos ander afdelings op die kampus moet ons gehalte diens lewer om personeel en studente in staat te stel om hulle werk beter te doen. Daarom wil ons baie graag weet wat u van ons diens dink.

Ons implementeer hierdie jaar saam met UCT, Stellenbosch, Rhodes en UP 'n stelsel genaamd LibQUAL+™. Dis 'n op en top stelsel wat deur die Association of Research Libraries en voorste akademiese biblioteke in die VSA ontwerp is en wyd gebruik word. Dis 'n web-vraelys waarop jy slegs kan kliek en net hoef te tik as u rêrig wil. Wanneer die opname-tydperk afgeloop is, hoop ons om u terugvoer te gebruik om krities na onsself te kyk en nog beter te probeer doen wat ons moet doen.

Kan ek vriendelik vra dat u 'n klompie minute afstaan en die vraelys invul? As jy sommer direk wil begin, gaan na http://survey.libqual.org/index.cfm?ID=262243

As u meer inligting oor LibQUAL+™ en die opname verlang, gaan na http://www.puk.ac.za/biblioteek/libqual_a.html (Daar sal 'n knoop wees om op te kliek om die vraelys te gaan voltooi.)

(Terloops: daar is 'n paar trekpryse vir dié wat deelneem.)

Met hartlike dank,

Tom Larney

Direkteur Biblioteekdienste

HeinOnline het tans 4 elektroniese biblioteek versamelings: die "Law Journal Library", die "Federal Register Library", die "Treaties and Agreements Library" en die "U.S. Supreme Court Library". Al hierdie biblioteke is ten volle soekbaar en gee volteks inligting. Dit

konsentreer op hoofsaaklik die Amerikaanse reg, maar handel ook oor baie ander lande. Daar is tans 3 Suid Afrikaanse regstydskrifte op HeinOnline geindekseer nl. Acta Juridica, Cape Law Journal, South African Law Journal.

(2)

FPB: Nuusbrief

SAePublications stel Suid-Afrikaanse wetenskaplike tydskrifte elektronies beskikbaar.

Aanvanklik was daar slegs 40 titels, maar die databasis sluit nou 192 titels in. Dit is nuttig vir die navorser want:

Die tydskriftitellys dui aan of die titels geakkretiteer is in ISI of IBSS.

By elke tydskriftitel word 'n direkte weblink gegee na die toepaslike Riglyne vir outeurs.

Op dietydskriflys word 'n skakel na die inhoudsopgawes van die nuutste 4 jaar gegee.

Soektogte kan afgebaken word na slegs geakkrediteerde titels.

International Index to Music Periodicals maak dit moontlik om 'n wye spektrum van inligting oor onderwerpe soos, spel, teorie, komposisie, musiek opvoedkunde, jazz en etnomusikologie in

honderde musiektydskrifte te soek. Die databasis

indekseer artikels, verskaf uittreksels en selektiewe volteks van die belangrikste tydskrifte - alles op een plek. Vir enige navrae kontak Janie Lampbrect by (018) 299 2908.

ResearchResearch is die wêreld se voorste verskaffer van nuus en inligting vir die internasionale navorsingsgemeenskap. Die inligting word in 3 aaneengeskakelde databasisse verskaf, nl.

1. Befondsingsgeleenthede 2. Borge

3. Nuus

Die Biblioteek kyk gereeld na nuwe databasisse in verskillende velde. Ons vra gewoonlik 'n toetstydperk aan vir elk van die databasisse.

Aan die einde van die toetstydperk word 'n evalueringsverslag aangeheg as verwysing. Gaan kyk gerus na die databasisse. Personeel is ook welkom om databasisse aan te beveel vir evaluering. Kontak Louise Vos by

(018) 299 2788.

Die Biblioteek stel Reference Manager beskikbaar as 'n handige hulpmiddel met die opstelling jou bibliografie. Reference Manager maak die volgende moontlik:

Soek aanlyn op bibliografiese databasisse (bv. Web of Knowledge) en stoor verwysings direk in Reference Manager.

Stoor, bestuur en organiseer verwysings maklik in jou peroonlike verwysingsdatabasis.

Kyk hoe die bibliografie verskyn terwyl jy skryf!

Kontak Corrie Breitenbach by (018) 299 2803 vir meer inligting.

Die Biblioteek het twee opleidingslokale nl. Besembos en Tarentaal wat deur personeel en studente by die Inligtingstoonbank in die biblioteek, of by 299 2802, bespreek kan word.

I am always doing that which I can not do, in order that I may learn how to do it.

Pablo Picasso, Spanish Cubist painter (1881 - 1973)

Vorige uitgawes

© 2004 Noordwes-Universiteit. Alle regte voorbehou Voorwaardes en Bepalings 1 Augustus 2005. FPBWEB

(3)

http://www.puk.ac.za/opencms/export/system/galleries/pics/puk-bib-nuusbrief/tarentaal.jpg

(4)

http://www.puk.ac.za/opencms/export/system/galleries/pics/puk-bib-nuusbrief/besembos.jpg

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Lastly, the dummy variable effect is similar to the equation number 2, therefore the regression coefficient is expected to be positive, since technology companies

Expansionary monetary policy occurs when a central bank expands the money supply by buying government bonds in order to reduce the real interest rate and induce economic

The industries consumer discretionary, energy, financials, health care, industrials, information technology and materials all have a positive significant coefficient at the 1%

On a final note, it is important to mention that revenue recycling policies in the form of lower social security contributions for employers combined with cuts in income tax

Finally, perceived health status of both mental health and physical health status may have influence on health expenditures as people who feel healthier are less likely to

In this article some classic literatures about the empirical study of CAPM are introduced, and then the multivariate test is selected to be the most appropriate method to solve

Verder kwam er eigenlijk bij veel mensen naar voren dat ze dat soms doen omdat het hoort maar niet omdat ze nu vinden dat iemand door een andere status echt een andere

Vervolgens dient voor de tweede rechtvaardigingsvoorwaarde te worden onderzocht of de uitstoot van minderheidsaandeelhouders het algemeen belang dient. In deze paragraaf wordt