• No results found

Mawby, C. 2000. Carols for organists. [Boekbespreking]

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Mawby, C. 2000. Carols for organists. [Boekbespreking]"

Copied!
1
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

56

C

olin Mawby (geb. 1936) is Britse koordirigent en komponis wat lank die musiekdirekteur by Westminster Katedraal in Londen was. Carols for Organists (Kersliedere vir Orreliste) is versameling van 20 van die bekendste Kersliedere in sy verwerkings vir gebruik in die erediens of ander byeenkomste tydens die feesseisoen. Die verwerkings volg deurgaans dieselfde formaat: inleiding, harmonisasie van die lied (met herhalingstekens indien daar meer as een vers is), kort tussenspel wat lei tot tweede harmonisasie vir die laaste vers, asook naspel.

Die inleidings is kort maar effektief en die koraalmelodie is meestal duidelik herkenbaar, wat belangrik is in die konteks van gemeentesangbegeleiding. Enkele inleidings (bv. Angels from

the realms of Glory - Herders op die ope velde) bevat egter nie melodiese materiaal wat na die koraalmelodie verwys nie en is dus meer geskik vir solo- of ensemblesang begeleiding. Dit is opvallend dat die inleidings deurgaans direk in die eerste harmonisasie invloei, wat hoogs waarskynlik problematies sal wees vir gemaklike intrede van die gemeentesang (meeste kerkorreliste sal in die praktyk waarskynlik dit aanpas deur sterk kadenspunt in te bring vir die nodige leiding). Die eerste harmonisasie van elke lied is altyd meer konvensioneel, terwyl die tweede harmonisasie, wat vir die laaste vers bedoel is, gewoonlik meer vindingrykheid toon. Mawby se harmonieë is kleurvol en dikwels ryk aan chromatiek, maar altyd binne gemaklike tonale raamwerk – die harmoniese ritme en vloei ondersteun steeds die tradisionele melodie en teks effektief. Sy kreatiewe omgang met die harmonieë is nooit van so aard dat dit enigsins die tradisionele uitdrukking van die geliefde ou Kersliedere sal versteur nie. Dit skep byderwetse gevoel, maar sal beslis aanklank vind by meeste gemeentelede.

Die verwerkings is besonder bruikbaar vir die hedendaagse kerkorrelis en musiekleier – dit is deurgaans op slegs twee notebalke genoteer, wat daarop dui dat die gebruik van pedale opsioneel is en dit dus ook geskik maak vir klavierbegeleiding. Die inleidings, verskillende harmonisasies en naspele kan ook onafhanklik gebruik word in kombinasie met ander materiaal tot die orrelis se beskikking. Van die verwerkings leen hul daartoe om gemaklik met uitkomende stem gespeel te word en die trapsgewyse stemvoering is ideaal om uitgevoer te word deur instrumentale ensembles. Die grootste pluspunt van hierdie versameling is dus die veelsydigheid van die besettings wat hulle effektief maak as koraalvoorspele, instrumentale-, koor-, solosang- of gemeentesang begeleiding. Dit is uiters handige en vars materiaal vir die kerkorrelis wat afwisseling sal bring en goeie indruk sal skep sonder om ure se oefening en voorbereiding te verg.

BOEKBEsPREKING

CAROLS fOR ORGANS

MaRio nell VeRWeRkinG: colin MaWby uitGeWeR: keVin MayheW publisheRs

isbn: 9781840036183

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Wie ervoor kiest om zich in deze woorden met anderen te verbinden maakt de hele samenleving tot zijn of haar zusters en broeders. Maar om op een goede manier met elkaar om te

Aangezien deze aspecten niet volledig zijn afgerond kan het effect daarvan op het tijdig nemen van de juiste actie bij soortgelijke ziektes moeilijk worden ingeschat.. Het

Geluidlekken bij aansluiting tussen deur – kozijn en tussen deur – vloer dienen bestreden te worden door montage van geluidwerende snoeren (flexibele aanslag- en/of kaderdichtingen)

Te midden van die held’re nacht weerklonk een oud gezang – gezang. Een koor van engelen zong dit lied met harpen in hun hand – in hun hand. Zijn vrede en barmhartigheid - een

In de weinig bebouwde omgeving rondom Kasterlee staat tijdens de Tweede Wereldoorlog Duits afweergeschut opgesteld. De zogenoemde Flakstellungen beschieten overvliegende

My pantoffel voete loop saggies maar my hartjie wil draf Rustig maak Pappa die hoenderhok se hekkie oop Waar ons tot by die dammetjie loop. Ek hang aan Pappa se linkerhand En

Die antwoorde, gegroepeer volgens die verskillende posisies by skole, dui aan dat die mate waarin outentieke leer (58%) en die vervlegting van leer met tegnologie (52%) in

Bernard Tilleman en Alain Verbeke, 2005, tweede herziene uitgave, 2006, derde herziene uitgave; Alain Verbeke, Nicolas Carette, Nele Hoekx en Kristof Vanhove, 2007, vierde