• No results found

Ken ons veldblomme: die Vrystaat se provinsiale blom

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Ken ons veldblomme: die Vrystaat se provinsiale blom"

Copied!
1
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

KEN ONS VELDBLOMME

DIE VRYSTAAT SE

PROVINSIALE BLOM

L. Zietsman

Mense wat deur die Vrystaat reis slaak soms 'n sug van verligting . sodra hulle die vaal mielievlaktes agterlaat en in 'n ander provinsie aanland.

Tog word die rustige en meer oplettende toeris asook die geswore Vrystcuer, keer op keer verstom deur die blommeprag watdieVrystaatse vlaktes kort-kort in 'n oorvloed optooi. Dit is veral die lelie-agtige blomme w at sommer net opeen goeiesomersdag na 'ngoeiereenbuisoregonder jou voete opslaan en jou dan oorweldig met hul eenvoud en skoonheid.

In hierdie reeks word gekyk na die veldblomme w at in die Vrystaat aangetref word en wat met groot sukses in tuine aangeplant kan word. Dalk inspireer dit mense om rond te kyk en ander plante wat selde genoem word ook raak te sien. Dit is dus van pas om die reeks met die blomembleem van die Vrystaat te begin: Crinum

bulbispermum. Hierdie pragtige bolplant is algemeen as die Oranjerivierlelie bekend omdat dit die eerste keer op die oewers van die O ra n je riv ie r vers a m e l is. Tog kom C.

bulbispermum in die Vrystaat, Transvaal, Natal,

Noord-Oos Kaap, Swaziland en Lesotho voor. Die genus Crinum behoort aan die familie Amaryllidaceae. Daar is 21 Crinum spesies vyat wyd verspreid in Suid-Afrika, uitgesonderd die Kaapse Skiereiland, voorkom. Crinum s of vleilelies groei meestal in sand of swart klejgrond

in laagliggende gebiede w a a r reenwater

saamloop, langs rivieroewers en selfs in damme en panne.

Die bol van die Oranjerivierlelie word taamlik groot, tot meer as 13 cm in deursnit. Die blare is donkergroen, gevou, tot 11 cm breed en 60 cm lank. Die blare oorvleuel aan die basis by die bol om 'n vals stingel te vorm. Die blaarrande is

gegolf met baie fyn tandjies. Die blare sterf in die winter af en groei in die somer weer uit.

Die bloeisteel verskyn aan die kant van die blare en word 50 cm tot 1 m lank. Die bloeiwyse is 'n skerm waarop 6 tot 16 trompetvormige blomme gedra word. Die blomkleur wissel van wit, ligpienk tot donkerpienk. In die middel van elke kroonblaar verloop 'n donkerder pienk streep. Die Oranjerivierlelie blom van Oktober tot Desember. Naby Glen Landboukollege kan hulle na 'n goeie bui reen in die somer as 'n pienk plaat op die oewer van die Modderrivier gesien word. Die naam Crinum bulbispermum is afgelei van

krinon — lelie, bulbus - bol, sperma = saad. Bulbispermum verwys dus na die sade wat 1 -2

cm in deursnit is en soos klein bolletjies lyk. Die plante groei maklik van saad maar dit neem 3 tot 4 jaar voor hulle blom. Om die sade te ontkiem kan hulle netsodroog in 'n donker houergeplaas word. Na sowat 'n maand het die saadjie 'n worteltjie gevorm en die saad kan dandirek indie grond geplant word.

Crinum bulbispermum is gehard. Die plant

floreer indien dit baie water in die groeiseisoen kry en kan selfs in water groei maar die bolle moet in die winter redelik droog gehou word. Hierdie pragtige plant is enige tyd 'n groot aanwins in 'n tuin en hopelik is daareersdaags heelwat meer Vrystaters wat met hierdie blomembleem van die Vrystaat in hul tuine kan spog.

B IB U O G R A FIE

ELIOVSON, S. 1980. {6th ed.) W ild flow ers o f southern A frica M o r\§ Kong: Dai Nippon Printing Co. Ltd.

LETTY, C. 1 96 2. W ild flo w e rs o f the Transvaal. Johannesburg: Central News Agency.

V E R D O O R N , I.C . 1 9 7 3 . T h e g e n u s C r i n u m in S o u th e r n A f r ic a .

B o thalia 11: 27-52.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Daar behoort ook gewys te word op gemaskeerde depressie (Me Knew et al., 1983: 43) wat gekenmerk word deur anti-sosiale gedrag soos diefstal, brandstigting,

Me- de door de media-aandacht voor de stichting en de uitnodigingen die vooral bij dierenartsen en dieren- winkels in Uithoorn en omgeving waren verspreid, hebben veel men- sen

Want hoe rijmen, mooie woorden over duurzame wijken, en energieneutrale praktijken, met straten waarin stenen prijken, en waarin groen niet zal verrijken. Toekomstige buren

Met dit formulier kan u zich als inrichtende macht aanmelden om in aanmerking te komen voor een tegemoetkoming in het beschrijvend bodemonderzoek en de eventuele bodemsanering voor

Chantal speelde al jaren met het idee om in deze regio een centrum op te zetten ter ondersteuning van mensen die in hun leven te maken krijgen met autisme en op zoek zijn

In deze basistraining ontdek je wat autisme inhoudt, krijg je inzicht in hoe het werkt in het hoofd van iemand met autisme en weet je hoe je het beste kunt aansluiten.. Tijdens de

Lees de zinnen aandachtig door en beantwoord met ja of nee:?. Word

Het resultaat is deze thesis, die niet alleen de historie van de Nederlandstalige hiphop behandelt, maar die ook kijkt naar representaties die Nederlandse hiphopbands uit zowel