• No results found

Voorwoord

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Voorwoord"

Copied!
1
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

4 5

VOORWOORD

VOORWOORD

MATILDIE THOM WIUM

MEDE-REDAKTEUR

Die huidige uitgawe van Vir die Musiekleier bevat, behalwe die gereelde rubrieke, vyf substantiewe navorsingsartikels wat almal op die een of ander manier wil uitdrukking gee aan ’n historiese bewussyn, wil verantwoordelikheid neem vir bestekopname, vir besinning oor die eie plek in die geskiedenis, vir die interpretasie van die hede in die lig van die verlede. In meer as een van die artikels lei sulke nadenke tot ’n aansporing om ou inhoude in nuwe gedaantes te ontdek en in te klee, om verandering met omsigtigheid én blydskap te omarm.

In die Gawie Cillié-gedenklesing deur Nelus Niemandt gaan dit om die rol van musiek in die missionale erediens – self die uitvloeisel van ’n hedendaagse herontdekking van ’n Sendingopdrag wat twintig eeue oud is – waar die musiek ervaring, deelneming, verbeelding en verbintenis in die hand kan werk. Niemandt verduidelik die balans tussen die oue en die nuwe wat ek meen dat sy bydrae in gemeen het met die ander in ons huidige uitgawe soos volg: “ ’n Lewe in die kragveld van die Gees beteken dus trou aan die tradisie en verlede, om dit wat in die hede ontvang word relevant en toepaslik te maak as ’n uitdrukking van verwagting oor die toekoms.”

Gerhard Swart en Inette Swart belig die konsep van “beliggaamdheid” (embodiment) as ’n eienskap wat aanbidding toenemend kenmerk en ’n nuwe begrip verteenwoordig van “onderskeie rolle van die geestelike/spirituele teenoor die liggaamlike in die godsdiens”. Volgens die outeurs tree musiek na vore as “waarskynlik dié medium wat die oorbrugging die beste kan bewerkstellig”, en hulle spreek die hoop uit dat musiekleiers sal meewerk met “veranderinge in die liturgiese belewenis” wat deur die gedagte van beliggaming geïnspireer word.

In ’n derde artikel oor musiek in die erediens voer Daleen Kruger en Isabeau Swanepoel aan dat die orrel kan voldoen aan die behoeftes van postmoderne aanbiddingstyle ten spyte daarvan dat kerkmusiek ’n punt van konflik in talle gemeentes bly. Die mees effektiewe orrelspel wat in gemeentes as die mees positiewe ervaar word, is volgens die skrywers aanpasbare orrelspel, wat soms alleen en soms in kombinasie met ander instrumente uitdrukking kan gee aan ’n verskeidenheid liturgiese stemmingsmomente.

Winfried Lüdemann se bydrae bied ’n oorsig oor die resepsiegeskiedenis van die musiek van Heinrich Schütz, en meen dat hoewel hierdie komponis se musiek ’n lewendige uitvoerpraktyk onder Suid-Afrikaanse kore geniet, komponiste nog nie meegedoen het aan die Suid-Afrikaanse resepsiegeskiedenis van sy musiek nie. Sy artikel eindig met ’n implisiete oproep dat komponiste wat veral Afrikaanse tekste toonset, Schütz se idioom sou kon herontdek en herinterpreteer in nuwe bydraes tot geestelike musiek.

Martina Viljoen se artikel oor gospelmusiek argumenteer dat hoewel die gekommersialiseerde aard van hedendaagse gospelmusiek dit onderskei van die oorspronklike (swart) gospel-himnodie, dit steeds as outentieke uitdrukkings van geloof gesien kan word. Op grond van ’n

reeks insiggewende metaforiese lesings van gospel-liedere bevind sy dat hoewel die hedendaagse voorbeelde nie meer die sosiale en kommunale appèl van die vroeëre voorbeelde uitdruk nie, hulle tog kortstondige visies bied van die “geskiedenis, teologie, sosiologie en etos van hul tye soos ‘verpak’ in ’n verskeidenheid van steeds-verskuiwende musiekpraktyke”.

Ons hoop dat u die 2014-uitgawe van Vir die Musiekleier sal geniet. Miskien vind u ook daarin perspektiewe wat hedendaagse praktyke en dié van die verlede in ’n sinvolle verband kan bring met dié van die toekoms.

Ons is veel dank verskuldig aan elke bydraer tot hierdie uitgawe, en veral aan Hetta Potgieter wat die leeue-aandeel van die versorging behartig het.

Matildie Thom Wium Mede-redakteur

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Het gebruikswaardeonderzoek glasgroenten wil de teler steunen in de keuze van zijn rassen door het vergaren en presenteren van resultaten, verkregen uit objectief en

Daarnaast moet nog opgemerkt worden dat soorten zoals Bastaardsatijnvlinder en Eikenprocessierups niet in bossen maar bijna alleen in laanbeplantingen optreden en in bossen dus

(i) Die reform-pedagoe, met hulle subjektiev/e metode, staan lynrec teenoor die ou peda~ogiek. TI Mens moot by die kind se1fstandigheid en vrye heerskappy oor

Met onze partners in de zorg en andere autoriteiten goed en verantwoord gebruik van (innovatieve) digitale zorg als integraal onderdeel van goede (verzekerde) zorg

Terence, by contrast, freely makes his opinions known, and according to Marcus, is a member of the group of men in the novel who “are made angry and uneasy by the sense that the

In this paper, we propose a flow time series model of SSH brute-force attacks based on Hidden Markov Models.. Our results show that the model successfully emulates an attacker

Layers of KYW:Yb 3+ with a thickness in excess of 10 μm were grown by liquid phase epitaxy (LPE) on undoped KYW substrates, and planar waveguide lasers were demonstrated with

In contrast, other research efforts (e.g., sampling based systems [8] and approximate lineage based sys- tems [7]) advocate advocate for producing results with approximate prob-