• No results found

Narratief en perspektief in Sleuteloog deur Hella Haasse

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Narratief en perspektief in Sleuteloog deur Hella Haasse"

Copied!
6
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)Narratief en perspektief in Sleuteloog deur Hella Haasse. Lana Bakkes. Tesis ingelewer ter gedeeltelike voldoening aan die vereistes vir die graad van Magister in die Lettere en Wysbegeerte aan die Universiteit van Stellenbosch. Studieleier: Prof. D.P. van Zyl. April 2006.

(2) Ek, die ondergetekende, verklaar hiermee dat die werk in hierdie tesis vervat, my eie oorspronklike werk is en dat ek dit nie vantevore in die geheel of gedeeltelik by enige universiteit ter verkryging van ’n graad voorgelê het nie.. Handtekening: ........................................... Datum: ......................................................

(3) Opsomming. Hierdie studie ondersoek die wyse waarop die outeur Hella Haasse die onkenbaarheid van ander en die relatiwiteit van die geskiedenis in die roman Sleuteloog as tema vooropstel. Daar word gefokus op die manier waarop Haasse fokalisasie en verskillende perspektiewe op en van die onderskeie karakters aanwend in die uitbou hiervan, asook op hoe dit verband hou met die identiteit van sowel die ‘ander’ as die self wat teen die agtergrond van die ruimte van Nederlands-Indië /Indonesië en Nederland gekonstrueer word.. ’n Verskeidenheid teoretiese uitgangspunte uit ondersoeksterreine soos die narratologie, die postmodernisme, asook die koloniale en postkoloniale diskoers kom ter sprake in die teksanalise, ten einde na te gaan watter rol die volgende sake speel in die tot stand bring van betekenis in die teks: narratiewe representasie; die uitbou van perspektiewe op die ‘ander’ en andere; naamgewing en die konstruksie van identiteit; historiese representasie en perspektiewe op die landskap. Hella Haasse se oeuvre as literêre skrywer en die posisie wat sy inneem binne die Nederlands-Indiese letterkunde word ook hierby betrek.. Die hoofkarakter, Herma, kry deur middel van haar narratief oor die ander karakters se perspektiewe en identiteit juis perspektief op haar eie identiteit. Sy kom in die proses tot die slotsom dat die ‘ander’, die andere, die verlede én die self onkenbaar is. Dié sentrale boodskap word saamgevat in die Persiese sitaat op die sleutel van Herma se ebbehoutkis: “Al wat je ooit zag of hoorde, al wat je dacht te weten, is niet meer dat, maar anders” (191-192). Terwyl Herma se herinneringe op romanvlak weinig standhoudends oplewer, word die leser subtiel bewus gemaak van die ervare ordenende en singewende outeur se hand daaragter. Hella Haasse weef in Sleuteloog, ’n oënskynlik (bedrieglik) eenvoudige roman, uiteindelik ’n digte web wat te make het met die relatiwiteit van sowel menslike herinneringe as van die representasie van die meer algemene en die persoonlike geskiedenis..

(4) Abstract. This study explores the manner in which the incomprehensibility of people’s lives and the relativity of history are portrayed in Sleuteloog by Hella Haasse. The expansion of these two themes focuses on the roles of perspective and focalisation and their connection to the identity of the self and the “other” against the backdrop of Dutch India /Indonesia and the Netherlands.. Fields of research such as narratology, postmodernism and colonial and postcolonial discourse are employed in the text analysis in order to investigate the roles of the following in giving meaning to the text: narrative representation, perspective, naming and the construction of identity, historical representation and perspectives on the landscape. Hella Haasse’s oeuvre as a literature writer and the position which she holds within Dutch-Indian literature are also incorporated.. The protagonist, Herma, attains perspective on her own identity via her narrative about the identity of the “other”. An in-depth study of Sleuteloog reveals that the narrative influences Herma’s perspective in such a way that she gains the understanding that the “other”, other people, the past and the self are unknowable. The central theme can be summarised by the Persian quotation on the key of Herma’s ebony chest: “Everything you ever saw or heard, everything you think you know, is not that, but something else” (191-192). While Herma’s recollections provide little of lasting value on story level, the reader is subtly made aware of the presence of an experienced, well-structured author behind the story who provides meaning to the text. In this deceptively simple novel, Hella Haasse weaves an intricate web which incorporates the relativity of humankind’s memories as well as the relativity of the representation of the past, both individual and collective..

(5) Erkennings My opregte dank aan die volgende instellings vir die finansiële bystand waarsonder my studie in Nederland en die voltooiing van hierdie tesis nie sou kon plaasvind nie: •. Die Harry Crossley-Stigting. •. Die Nederlandse Taalunie en Suider-Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek. •. Die Stichting Studiefonds voor Zuidafrikaanse Studenten, Amsterdam. •. Die Universiteit van Stellenbosch. •. Die Van Ewijck-Stichting. Die menings uitgespreek en gevolgtrekkings gemaak in hierdie verhandeling is dié van die outeur en kan nie noodwendig aan enige van bogenoemde instellings toegeskryf word nie..

(6) Baie dankie aan:. Almal sonder wie se ondersteuning ek dit nie sou gemaak het nie. •. My studieleier, prof. Dorothea van Zyl – dankie vir u ongelooflike leiding, bystand, moeite en die gedeelde liefde vir Nederland.. •. Mamma en Pappa – hoe kan ek dankie sê vir alles wat julle vir my beteken? Julle ondersteuning en aanmoediging elke treetjie van die pad het my deurgedra.. •. Al my vriende – ek dank die Here vir vriende soos julle.. •. Mirjam van Amelsvoort – dankie dat jy my bekendgestel het aan Sleuteloog en dat jou ma-hulle die boek al die pad van Nederland af gebring het.. •. Resl Rive von Bonninghausen – dankie vir die voorreg om in Nieuwegracht 36G te kon bly tydens my studie in Utrecht.. •. Die interne en eksterne eksaminatore – dankie vir waardevolle kommentaar en insette.. •. My Hemelse Vader – dankie vir elke keer se optel as ek val.. Opgedra aan: Oom Gerhard Schoonees 10/04/1939 – 31/12/2003 en Rudolf Langner 30/04/1980 – 24/03/2005 Julle wat soveel belang gestel en onderskraag het. Ek sal nooit ophou om julle te mis nie..

(7)

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Tussen de dertienjarige Natasja, ‘een zwartogig meisje, onknap met haar grote mond, maar levendig, met haar kinderlijke blote schoudertjes die op en neer gingen in haar corsage van

The segregation of land use refers to a regulation implemented by the Apartheid government in which certain areas were allocated to Black people, in which they may lived

CARTE GÉOLOGIQUE DE LA BELGIQUE 1950 Schaal 1:1 000 000, Uitgave Institut Géographique Militair,.. Bruxelles. Uitgave

Net als bij Mulisch, Reve, Wolkers en Haasse het geval is wordt ook de invalshoek van het interview bij Hermans, naarmate hij meer symbolisch kapitaal opgebouwd heeft, bepaald

Nabyheid (proximity) word toegepas wanneer dit voorkom asof eenderse voorwerpe naby mekaar voorkom. Hierdie vermoe word sluiting genoem. Sluitingsvermoe en visuele

Tog, uit die vergelykende werkwoordparadigmas (vergelyk Tabel 5 en Tabel 6 in afdeling 2.5) vir beide ʼn sterk en ʼn swak werkwoord in Engels, Nederlands en Afrikaans, blyk dit dat

Volgens Theweleit zijn de verslagen die hij las “ziekte- verslagen”, niet omdat hij zich als een analyticus over de fascistische teksten heeft gebogen, maar omdat alle

Hier een openlijke, daar een verzwegen maar daarom niet minder als spanning voelbare preoccupatie met de actualiteit, hier gewichtig doen zonder een zweem van rechtvaardiging, daar