die uitdagings van
ʼn veranderende omgewing
deur André C de Villiers Tesis ingelewer ter gedeeltelike voldoening aan die vereistes vir die graad van Magister in die teologie aan die Universiteit van Stellenbosch. Studieleier: Prof HJ Hendriks March 2015Verklaring
Deur hierdie tesis elektronies in te lewer, verklaar ek dat die geheel van die werk hierin vervat, my eie, oorspronklike werk is, dat ek die alleen outeur daarvan is (behalwe in die mate uitdruklik anders aangedui), dat reproduksie en publikasie daarvan deur die Gevorderde Grade Universiteit van Stellenbosch nie derdepartyregte sal skend nie en dat ek dit nie vantevore, in die geheel of gedeeltelik, ter verkryging van enige kwalifikasie aangebied het nie. Datum: 25 November 2014 Kopiereg ©2015 Stellenbosch Universiteit Alle regte voorbehouOpsomming
Die gemeente Kathu is die grootste plattelandse gemeente van die NG Kerk in die Noordkaap. Dit is ʼn gemeente met baie potensiaal om te groei en om tekens van die koninkryk te wys spesifiek in die platteland. Dit is ʼn gemeente wat leiding kan neem en ʼn verskil kan maak. Baie plattelanders is besig om vanweë ekonomiese agteruitgang hoop te verloor. Hulle ervaring is dat politici nie hul beloftes nakom nie en dat hulle algaande besig is om net meer te veragter. Die potensiaal van die gemeente hang saam met die volgende: (1) daar is tans baie ontwikkeling en ekonomiese vooruitgang in die omgewing, (2) daar is baie energie in die gemeente aangesien daar baie jongmense is en ook baie ambisieuse mense op die myne. Die geleenthede vir die gemeente om ʼn verskil te maak hang veral saam met die nuwe dorpsontwikkeling. Daar is enorme ruimte vir die kerk om betrokke te raak by gemeenskapsprojekte in die snel veranderende omgewing. Die behoeftes is groot en die geleentheid is groot. Die NG gemeente Kathu het ook geloofwaardigheid in die omgewing en daar is goeie verhoudings en samewerking tussen die gemeente en ander rolspelers in Kathu. Tog is dit asof die gemeente stadig is om betrokke te raak. Die aanvanklike hipotese was dat dit te make het met die kerkbegrip van die lidmate. Aangesien die gemeente in die platteland geleë is, is gemeen dat die gemiddelde lidmaat polities konserwatief van opinie is en daarom nie saamstem dat die kerk in die samelewing betrokke moet wees nie (die kerk moet nie “politiek” bedryf nie). Die studie het dit egter verkeerd bewys. Die waarskynlikheid is groter dat dit te make het met die leierskap wat nie genoeg risiko’s waag in die verband nie, asook ’n gebrek aan goeie sisteme en strukture wat dit vir lidmate moontlik maak om in die gemeenskap in te skakel.Summary
The congregation of Kathu is the largest Dutch Reformed Church congregation in the Northern Cape. It is a congregation with a huge potential to show signs of the kingdom of God, especially in the countryside. The congregation has the ability to be a leader to effect meaningful change in society. Many people living in the countryside are losing hope because of economic regression. It is their experience that politicians do not keep their promises, with the result that everyone experiences declining living standards. The potential of the congregation has to do with the following: (1) there is a lot of economic development and progress in the area, (2) there is a lot of energy in the congregation because of the large number of young people as well as the many ambitious people working on the mines. The opportunities for the congregation to make a difference go hand in hand with the development of a whole new town. The population of Kathu has already doubled in size since 2001 and it is expected to grow even further. There are many opportunities for the congregation to get involved with community projects in a fast changing environment. The needs and the opportunities are endless. The congregation has credibility in our local society and there are good relationships and cooperation between the congregation and other role players. Despite these opportunities the congregation is reluctant to get involved. In the beginning the hypothesis was that it is due to a skewed view of what the church is. Because the congregation is in the countryside it was thought that the members might have a politically conservative opinion about the church getting involved in community matters. This study has proved that it is not the case. It is much more likely that the problem lies with the leadership or even with the systems and structures that are (not) in place. If the leadership would be more willing to take risks, they might find that they have many members waiting to follow them. Or if the systems were in place, it would be much easier for the members to know where and how to get involved.Verklaring deur die NG Kerkraad Kathu
Afkortings AGS Apostoliese Geloofsending van Suid‐Afrika APK Afrikaanse Protestantse Kerk ASK Algemene Sinodale Kommissie CRC Christian Revival Church GKSA Gereformeerde Kerk in Suid‐Afrika Herv Kerk Hervormde Kerk in Afrika NAK Nuwe Apostoliese Kerk NG Kerk Nederduits‐Gereformeerde Kerk OAK Ou Apostoliese Kerk PSR Plaaslike Sending Raad VEK Volle Evangelie Kerk VGKSA Verenigende Gereformeerde Kerk van Suid‐Afrika
Inhoudsopgawe
1 Algemene Inleiding ... 1 1.1 Probleemstelling (navorsingsprobleem en navorsingsvraag) ... 2 1.1.1 Navorsingsingsvraag ... 2 1.1.2 Doel van die navorsing ... 2 1.1.3 Metodologie ... 3 1.1.4 Uitleg van die studie ... 4 1.2 Gevolgtrekking ... 5 2 Geskiedenis en Konteks ... 6 2.1 Inleiding ... 6 2.2 Geografiese ligging ... 6 2.3 Ontstaan ... 8 2.4 Maatskaplike lewe ... 8 2.5 Politieke beleid 1950 – 2014 ... 9 2.6 Rolspelers in Kathu en omgewing ... 9 2.6.1 Myne ... 9 2.6.2 Gemeenskap ... 10 2.6.3 Kerke ... 10 2.6.4 Skole ... 11 2.6.5 Munisipaliteit ... 12 2.7 Kathu in 2014: Nuwe ontwikkelinge ... 12 2.8 Pogings om uitdagings aan te spreek ... 13 2.9 Gevolgtrekking ... 13 3 Reaksie op die veranderende omstandighede ... 153.1 Doel van die hoofstuk ... 15 3.2 Aksies om nuwe intrekkers te bereik ... 15 3.2.1 Kerkraadslede is gebruik ... 16 3.2.2 ʼn Gasvryheidsbediening is op die been gebring ... 16 3.2.3 Die EE3‐bediening het betrokke geraak ... 16 3.2.4 Die bekendstellingsfunksie vir nuwe intrekkers ... 16 3.2.5 Leraars het nuwe intrekkers betrek ... 17 3.3 Het die gemeente genoegsaam gereageer op die missionale uitdaging? ... 17 3.4 Gevolgtrekking ... 18 4 Godsbegrip ... 19 4.1 Doel van die hoofstuk ... 19 4.2 Drie‐eenheid ... 20 4.2.1 Drie‐eenheid: Verhoudings ... 22 4.2.2 Drie‐eenheid: Slotsom ... 25 4.3 Missio Dei ... 25 4.4 “Sturende gemeentes” teenoor “gestuurde gemeentes” ... 28 4.5 Wat is die Godsbegrip van die gemeente en hoe sien ons dit? ... 33 4.5.1 Die samewerking met ander gemeentes en denominasies ... 33 4.5.2 Uitreike na ander lande ... 33 4.6 Strategiese beplanning en visionering: van sturend na gestuur ... 34 4.7 Gesonde verhoudings met mense binne en buite die gemeente ... 35 4.8 Gevolgtrekking ... 35 5 Kerkbegrip ... 37 5.1 Doel van die hoofstuk ... 37
5.2 ʼn Verkenning van sekere begrippe ... 38 5.2.1 Verlossing ... 41 5.2.2 Kerk ... 44 5.2.3 Sending (missio) ... 46 5.2.4 Missionaal ... 48 5.3 Om oor grense te beweeg ... 49 5.4 Die Bybelse weg: geborgenheid in verhoudings ... 51 5.5 In Kathu ... 52 5.6 Vraelys ... 53 5.6.1 Verduidelikende opmerkings rakende die vraelys ... 53 5.6.2 Ander vorme van meting ... 58 5.7 Gevolgtrekking ... 59 6 Leierskap... 61 6.1 Doel van die hoofstuk ... 61 6.2 Inleiding ... 61 6.3 Definisies ... 63 6.4 Leierskap en Bestuur ... 68 6.5 Kerklike leierskap ... 73 6.6 Die kerk het verander ... 78 6.6.1 Post‐modernisme ... 80 6.6.2 Kerkwees in die post‐moderne tyd ... 81 6.6.3 Leiers se rol in die post‐moderne tyd ... 83 6.6.4 Leierskap wat “uit die boks” kan dink/verbeeldingryke leierskap ... 84 6.7 Leierskapstruktuur en leierskapstyl in Kathu ... 87
6.7.1 Leierskapstruktuur ... 87 6.7.2 Leierskapstyl ... 88 6.8 Probleme wat deur die gemeente aangespreek moet word ... 89 6.8.1 Gebrek aan ʼn kultuur waarin gemeente‐leierskap gevorm word ... 89 6.8.2 Gebrek aan mentorskap/afrigting van gemeentelike leiers ... 89 6.8.3 ʼn Gebrek aan tyd ... 90 6.9 Nuut gedink oor leierskap ... 90 6.10 Wat kan die gemeente doen? ... 92 6.11 Gevolgtrekking ... 94 7 Geloofsonderskeiding ... 95 7.1 Doel van die hoofstuk ... 95 7.2 Inleiding ... 95 7.3 Sienings oor geloofsonderskeiding (“discernment”)? ... 97 7.4 Die proses van geloofsonderskeiding ... 98 7.5 Gesamentlike geloofsonderskeiding ... 100 7.6 Hulp aan leiers rakende geloofsonderskeiding ... 102 7.7 Gevolgtrekking ... 104 8 Geleenthede: Slotsom en Voorstelle ... 106 8.1 Doel van die hoofstuk ... 106 8.2 Lidmaat betrokkenheid ... 106 8.3 Bestaande geleenthede ... 108 8.3.1 Die gemeente in sy makro‐gemeente gestalte ... 108 8.3.2 Die mede‐leraarskap in die gemeente ... 108 8.3.3 Die visie wat by die leiersgroep teenwoordig is ... 108
8.3.4 Die eredienste ... 109 8.3.5 Versoening ... 110 8.3.6 Oorgrens situasies ... 112 8.4 Nuwe geleenthede ... 116 8.4.1 Nuwe “gemeentes” vir nuwe intrekkers? ... 116 8.4.2 Armoede en werkskepping ... 117 8.4.3 Groen projekte ... 118 8.4.4 Samewerking met die owerhede ... 118 8.4.5 Sosiaal‐maatskaplike probleme ... 119 8.4.6 Samewerking met besighede ... 119 8.5 Gevolgtrekking ... 120 9 Bronnelys ... 121
1 Algemene Inleiding
Die navorser is die afgelope 24 jaar predikant in die NG Kerk Kathu. In hierdie tyd het die navorser baie veranderinge beleef. Die grootste hiervan was sedert 2005 toe die dorp in alle rigtings uitgebrei het en in grootte begin verdubbel het. In die beginjare van hierdie uitbreiding is die infrastruktuur geskep (paaie is gebou en elektrisiteit en water is aangelê). Daarna is die eerste huise gebou en stelselmatig kon mense intrek. Sedert 2010 het die lidmaatgetalle stelselmatig gestyg met die grootste styging in die laaste twee jaar (2 052 in 2012 tot 2 606 op 6 November 2014). Kathu Lidmaat Statistiek (soos in Jaarboek van die Kerk aangedui) Jaar LidmateDoop Belydend Totaal
2005 791 1156 1947 2006 808 1149 1957 2007 821 1127 1948 2008 823 1109 1932 2009 813 1100 1913 2010 845 1141 1986 2011 860 1170 2030 2012 864 1188 2052 2013 868 1254 2122 2014 713 1772 2485 Getal op 6 November 2014 = 2606
1.1 Probleemstelling (navorsingsprobleem en navorsingsvraag)
Wat is die reaksie wanneer ʼn dorp binne 10 jaar van 23 202 inwoners groei na 41 617?1 Hoe hanteer ʼn gemeente die invloei van mense en integreer hulle die nuwelinge binne die bestaande geloofsgemeenskap? Hoe hanteer ʼn relatief rustige plattelandse dorp die verandering wanneer die dorp in 10 jaar ʼn stadsatmosfeer aanneem? Hoe ontwikkel ʼn gemeente ʼn kultuur van omgee vir mense wat heeltemal vreemd is vir jou en wat intrek in woonareas wat tot onlangs nog “veld” was? Die veranderinge wat Kathu beleef het sedert 2001 het groot uitdagings aan die leierskap van die gemeente gestel wat betref die implementering van ʼn missionale leefstyl wat die vreemdelinge kon omarm en verwelkom in die bestaande geloofsgemeenskap.1.1.1
Navorsingsvraag
Die navorsingsvraag van hierdie tesis is: Hoe verstaan en leef lidmate hulle geloof? Is lidmate daarop ingestel om ʼn na‐binne‐gekeerde lewe te lei in die gemeente (fokus op instandhouding) of benut hulle geleenthede om buitestaanders en vreemdelinge te verwelkom en te bedien (leef hulle missionaal)?1.1.2
Doel van die navorsing
Die doel van die navorsing is om, aan die hand van literatuurstudie, deelnemende waarneming en empiriese navorsing, te beskryf hoe ʼn plattelandse gemeente gereageer het toe daar grootskaalse uitbreidings in die dorp en omgewing plaasgevind het. Die uitbreidings het groot uitdagings aan die gemeente gestel, veral wat betref die integrasie van nuwe lidmate en nuwe intrekkers in die geloofsgemeenskap, en die navorser is geïnteresseerd daarin om te weet of die gemeente die uitdagings aanvaar en oorwin het, en indien wel wat die faktore was wat tot die sukses gelei het. Aan die ander kant, indien die gemeente nie suksesvol was nie, wil die navorser weet waarom nie. 1 http://beta2.statssa.gov.za/?page_id=993&id=gamagara‐municipalityDie rede vir die vraag “Hoe verstaan lidmate hulle geloof?”, is nie vreemd nie. Dit is eerstens ʼn kernvraag in die missionale teologie. Dit wil vasstel of die lidmate aan geloof dink in terme van wat hulle self daarby kan baat, en of hulle daaraan dink in terme van wat ánder daarby kan baat. Dit is tweedens ʼn baie aktuele vraag binne die gemeente van Kathu vanweë die baie veranderinge wat die dorp en gemeente beleef.
1.1.3
Metodologie
Die navorser het in hierdie studie gebruik gemaak van literatuurstudie, deelnemende waarneming en empiriese navorsing (vraelys). Die literatuurstudie is die vernaamste manier waarop inligting nagevors is om vas te stel wat ander navorsers oor die betrokke vraag onder bespreking, bevind het. Die navorser het met die aanname gewerk dat die gemiddelde NG Kerk lidmaat nie die reikwydte van sy/haar kerklike/Christelike verantwoordelikheid sien as dat dit gasvryheid teenoor die vreemdeling insluit nie. Christelike gasvryheid sal miskien nog die nuwe NG Kerk lidmaat insluit, maar nie maklik persone van ander denominasies nie, en nog moeiliker persone uit ander kulture. Dié aanname is die sentrale vraag wat die navorser wil toets. Volgens Smith (2008:118) is ’n hipotese ’n “calculated guess as to what the answer to a research question will be.” Hy haal ook vir Leedy aan (2008:139) wat ’n hipotese soos volg definieer: “Hypotheses are tentative, intelligent guesses posited for the purpose of directing one’s thinking toward the solution of the problem.” Hy gaan onmiddellik verder en sê dat wanneer ’n navorsingsprobleem geformuleer is, die navorser ’n ingeligte raaiskoot maak oor wat die moontlike oplossing sal wees. Hierdie ingeligte raaiskoot gee rigting aan jou denke. Jy probeer vasstel of jou data jou hipotese kan ondersteun of nie. Die volgende definisie bevestig dat ’n hipotese navorsers help om rigting en fokus te behou in hulle navorsing: It is a focused statement which predicts an answer to your research question. It is based on the findings of previous research (gained from your review of theliterature) and perhaps your previous experience with the subject. The ultimate objective of deductive research is to decide whether to accept or reject the hypothesis as stated. When formulating research methods (subjects, data collection instruments, etc.), wise researchers are guided by their hypothesis. In this way, the hypothesis gives direction and focus to the research. (http://linguistics.byu.edu/faculty/henrichsenl/ResearchMethods/RM_2_13.html) Die navorser stel die hipotese dat die NG Gemeente Kathu traag is om koninkryksgeleenthede raak te sien en te omarm. Die redes hiervoor kan wees ʼn verkeerde Godsbegrip en/of kerkbegrip. Hierdie hipotese sal in die hoofstukke wat volg getoets word. Indien bevind word dat die aanname korrek is, is die uitdaging vir die NG Gemeente Kathu dus om die lidmate se kerkbegrip en Godsbegrip te her‐definieer en om lidmate te help om oor grense te beweeg sodat nuwe gemeenskap gestig kan word. Dit is tegelykertyd ʼn uitdaging aan die leierskap en die lidmaat. Beide moet iets ekstra doen om te verseker dat hierdie kultuurverandering sal slaag.
1.1.4
Uitleg van die studie
Die navorsing word gedoen aan die hand van die volgende hoofstukke: Hoofstuk 1 Algemene Inleiding Hoofstuk 2 Geskiedenis en Konteks Hoofstuk 3 Reaksie op die veranderende omstandighede Hoofstuk 4 Godsbegrip Hoofstuk 5 Kerkbegrip Hoofstuk 6 Leierskap Hoofstuk 7 Geloofsonderskeiding Hoofstuk 8 Geleenthede: Slotsom en Voorstelle Hoofstuk 9 Bronnelys1.2 Gevolgtrekking
In Hoofstuk 1 het ons die navorsingsprobleem uitgewys, die doel van die studie en die wyse waarop die studie aangepak word, aangetoon.
In Hoofstuk 2 begin ons die probleem ondersoek deur te kyk na die konteks. Deur begrip vir die konteks te kry meen die navorser sal mens die doel van die navorsing beter verstaan.
2 Geskiedenis en Konteks
2.1 Inleiding
Die gemeente van Kathu is in die afgelope paar jaar direk gekonfronteer met die vraagstuk soos uitgespel in Hoofstuk 1, omdat die omgewing en omstandighede drasties aan die verander is. Daarom is die antwoord op hierdie vraag: “Hoe verstaan lidmate hulle geloof?” van kardinale belang vir die gemeente. Dit sal uitwys of die gemeente die missionale teologie reg verstaan of nie. Dit sal uitwys hoe die gemeente die uitdagings wat die veranderinge teweegbring, sal hanteer. Daarom vind die navorser dit belangrik om ʼn beskrywing van die konteks aan die leser te gee. Die navorser is van mening dat dit juis die konteks is wat die vraag aksentueer en daarom moet dit hanteer word. Deur na die konteks te kyk met spesifieke verwysing later in die hoofstuk na die gemeente en haar rol in die gemeenskap, is ons inderdaad besig om die gemeente te bestudeer. Daar is verskillende maniere waarop ons die gemeente kan bestudeer. Hier verwys die navorser na voorstelle van Hendriks (2004:231‐234). Die navorser maak direk en indirek gebruik van direkte waarneming, van ʼn tydlyn, van notules en ander dokumente van die kerkraad, van vraelyste en van sensus data. Daar word ook verwys na ander webblaaie wat feite oor die dorp gee. Deur gebruik te maak hiervan beskryf die navorser die geskiedenis van die gemeente en leer mens iets van die kultuur van die gemeente ken. Die navorser het gekies om in hierdie hoofstuk na die gemeente te kyk deur kortliks die verhaal van die dorp met die leser te deel. Dit sal die leser help om begrip te kry vir die omvang van die veranderinge binne die kort tyd tussen 2000 ‐ 2014.2.2 Geografiese ligging
Kathu is geografies 45 km suid van Kuruman, 85 km noord van Postmasburg en 275km noordwes van Kimberley geleë. Kathu is min of meer in die middel van ʼn aantal dorpe wie se vernaamste ekonomiese aktiwiteit mynbou is (ligblou ovaal areas in figuur). Kathu beskik oor goeie geriewe en is die grootstegroeipunt en daarom kry dit ook die voordeel dat omliggende inwoners na Kathu kom vir inkopies, sport‐beoefening en ontspanning. Kathu val onder die Gamagara Munisipaliteit wat deel uitmaak van die groter John Taolo Gaentswe Distriksmunisipaliteit. Die munisipale gebied sluit die dorpe Kathu, Sesheng, Dingleton, Deben en Olifantshoek in. Munisipale status is in Julie 1979 verkry. Kathu se munisipale gebied het in 2011 ʼn bevolking van 41 617 mense gehad (http://beta2.statssa.gov.za/?page_id=993&id=gamagara‐municipality). Ekonomies is Kathu heeltemal afhanklik van mynbou en in ʼn baie klein mate van landbou. Heelwat algemene en ander ondersteuningsdienste bestaan of is in die proses om hulle hier te vestig. Geleë op die randjie van die Kalahari bied Kathu ook lafenis en verkwikking vir toeriste en moeë stadsbewoners. Die dorp word omring deur jagplase, vakansieplase, lodges en natuurreservate. Ontwikkelings soos die Kalahari Gholf en Jag Landgoed lok meer en meer stedelinge na hierdie oase in die Kalahari. Kathu beskik oor een van die top 30 gholfbane in Suid‐Afrika. Volgens die webblaaie Africa A‐Z (http://africaa‐z.co.za/top‐100‐south‐african‐golf‐courses, 7 November 2014) sowel as Planet Golf (http://www.planetgolf.com/index.php?id=1665, 7 November 2014) word die baan sewe‐en‐twintigste gelys vir onderskeidelik 2012 en 2013. Kathu het ook vele ander topgehalte sport‐ en ontspanningsfasiliteite. Kathu beskik oor goeie infrastruktuur waaronder die volgende: Algemene dienste deur die munisipaliteit gelewer (met hulp van die myne), goeie sportgeriewe, ʼn goed gevestigde sakesektor en ʼn aktiewe lughawe. Daar is elke weeksdag soggens en middae ʼn aantal vlugte na OR Tambo Lughawe en terug, asook na Lanseria Lughawe (Pretoria) en terug.
2.3 Ontstaan
Yskor het in 1928 kragtens wetgewing tot stand gekom, met die doel om aan Suid‐Afrika ʼn eie staalvervaardigingsvermoë te gee (http://af.wikipedia.org/wiki/Yskor en
http://365spore.blogspot.com/2008/06/1928‐junie‐5‐geskiedenis‐spoor‐vandag.html, 9 November 2014). In 1945 het Yskor opsies op ysterdraende eiendomme in die destydse Noord‐Kaapland provinsie verkry. Mynbedrywighede het in 1953 op die plaas Sishen ʼn aanvang geneem, en die myndorp Sishen het suid van die myn tot stand gekom (http://www.mining‐ technology.com/projects/sishen‐mine‐northern‐cape/, 9 November 2014). Gedurende die laat 60’s en vroeë 70’s is planne van stapel gestuur om ʼn nuwe dorp 10km noord van die myn te ontwikkel. In 1972 is die nuwe dorp, Kathu, geproklameer en die ontwikkeling het in 1973 begin (http://www.noordkaapland.co.za/kathu/, 7 November 2014). Munisipale status is in 1979 verkry (http://af.wikipedia.org/wiki/Kathu, 7 November 2014). Vandag is die Sishen Ysterertsmyn van Kumba Iron Ore (onderafdeling van Anglo American) een van die grootste ysterertsmyne ter wêreld. Intussen het daar ook ander myne, waaronder die groter Khumani myn van Assmang, in die onmiddellike omgewing ontstaan en gesamentlik vorm al die myne die ekonomiese spilpunt van hierdie dinamiese dorp.
2.4 Maatskaplike lewe
Kathu was altyd bevoorreg dat werkers goed betaal was en daar derhalwe min armoede was. Die grootste rede vir sosiaal‐maatskaplike probleme was verveeldheid. Hier was baie min aktiwiteite waaraan mense kon deelneem vir ontspanning en veral vermaak. Drankmisbruik het redelik algemeen voorgekom. Met die uitbreiding van die dorp is daar ook ʼn geweldige behuisingstekort. Daar word teen ʼn enorme spoed nuwe huise gebou en kontrakteurs kan nie voorbly om in die aanvraag te voorsien nie. Dit bring ook groot getalle lae geskoolde werkers na die area wat minimum salarisse verdien. Nie alle werkers se eggenotes het werk nie. Dit is duidelik dat daar meer sigbare armoede is teenoor die verlede.Met die groter invloei van mense het die infrastruktuur nie in dieselfde mate gegroei nie. Dit wil sê daar is steeds ʼn tekort aan vermaak en ontspanningsaktiwiteite vir die mense, nou selfs meer as vantevore. Die verveeldheid van veral jongmense is baie groot.
2.5 Politieke beleid 1950 – 2014
Onder die apartheidsbeleid het elke rasgroep sy eie woongebied gehad. Met die totstandkoming van Kathu is ook ʼn eie woongebied vir swart werkers gebou, te wete Sesheng. Dit is sowat 6km wes van Kathu geleë. Sesheng het voorsiening gemaak vir huisvesting vir getroude werknemers, sowel as hostelle vir ongetroude en getroude trekarbeiders. Die eertydse dorp Sishen is intussen herdoop tot Dingleton en huisves kleurlinge. In die apartheidsera was daar dus drie onderskeie dorpsgebiede, almal redelik vêr uit mekaar. Na 1994 het Kumba Iron Ore, grootste werkgewer en besitter van huise, begin om alle nuwe intrekkers (wit, bruin en swart) in Kathu te huisves. Dit het dus stadig maar seker ʼn heeltemal gemengde woongebied geword. Dit maak van Kathu ook ʼn unieke gemeenskap. Die inwoners van Kathu word baie direk gekonfronteer met integrasie van kulture en daarmee gepaardgaande die skep van nuwe gemeenskap onderling. Nuwe gedeelde waardes en praktyke moet raakgesien en ontwikkel word. Dit vra ʼn soort leierskap wat gereed is vir aanpassing en wat kan uitstyg bo die kleiner prentjies van individuele behoeftes en wat visionêr die nuwe toekoms kan “sien” en “nader bring” aan al die inwoners van die gebied.22.6 Rolspelers in Kathu en omgewing
2.6.1 Myne
Dit spreek vanself dat Yskor ʼn enorme aandeel gehad het in die vorming van die kultuur in die dorp. Verhoudinge tussen die verskillende kultuurgroepe was nooit besonder gespanne nie. Die myn het baie moeite gedoen om te verseker dat verskillende kultuurgroepe mekaar beter 2 Hierdie paragraaf skets die milieu waarin die kerk opereer. Die skep van nuwe gemeenskap is waarskynlik die eerste geleentheid wat deur die kerk aangegryp kan word om ‘n missionale getuienis uit te leef.verstaan. Verskillende spanbou‐aktiwiteite en kursusse is gehou om mense oor kultuurgrense te laat inskakel met mekaar. Kathu het nooit dieselfde spanning in die arbeidsveld beleef soos ander myne in Suid‐Afrika nie.
Sedert 2005 het Assmang, ʼn ander groot myngroep, die Khumani myn in Kathu ontwikkel. Produksie is begin in 2007 (http://www.assmang.co.za/iron_ore_khumani.asp, 9 November 2014 ). Hiermee saam het Kumba Iron Ore ook sy produksieteikens verhoog en neem hulle nuwe mense in diens. Saam met hierdie soort ontwikkeling gaan die koms van nuwe en meer kontrakteurs wat dienste aan myne verskaf gepaard. Dit het ʼn baie groot invloei van mense na Kathu veroorsaak. Nuwe dorpsontwikkeling het gevolg. Die eindresultaat is dat Kathu se inwonertal teen ʼn groot tempo gegroei het, van 23 202 in 2001 tot 41 617 in 2011 (http://beta2.statssa.gov.za/?page_id=993&id=gamagara‐municipality, 7 November 2014).
2.6.2 Gemeenskap
Die gemeenskap van Kathu bestaan volgens Adrian Frith, ʼn programmatuur ontwikkelaar met die fokus op geografiese en statistiese data, hoofsaaklik uit die volgende groepe (http://census2011.adrianfrith.com/place/362, 7 November 2014): Swart mense, meestal Tswanasprekend, 55.01% (22 894) Kleurlinge, 28.72% (11 951) Blankes, 13.95% (5 807) Die verspreiding van taal is volgens dieselfde webblad soos volg: Afrikaans eerste taal: 53.91% Tswana eerste taal: 33.74% Engels eerste taal: 3.62%2.6.3 Kerke
Kathu word bedien deur vyf hoofstroom denominasies, te wete die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NG Kerk), die Gereformeerde Kerk in Suid‐Afrika (GKSA), die Hervormde Kerk in Afrika (Herv Kerk), die Apostoliese Geloofsending van Suid‐Afrika (AGS) en die Afrikaanse Protestantse Kerk (APK). Hier is kleiner gemeentes van die Volle Evangelie Kerk vanGod (VEK), die Nuwe Apostoliese Kerk (NAK) en die Ou Apostoliese Kerk (OAK). Die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suid‐Afrika (VGKSA) het ʼn wyk in Kathu en word deur die leraar wat in Dingleton woon, bedien. Hier was voorheen geen Engelse kerk nie, maar die Christian Revival Church (CRC) het in 2012 ʼn gemeente begin. Verder is daar baie tradisioneel Afrika Kerke. Die navorser fokus hoofsaaklik op die NG Kerk. Die NG Gemeente Kathu het in 1975 ontstaan, kort nadat Kathu as dorp ontstaan het (http://www.noordkaapland.co.za/kathu/, 7 November 2014). Die gemeente se bedieningsveld was blanke lidmate. Hoewel Kathu vinnig gegroei het, het die gemeente op ʼn vroeë stadium besluit om een gemeente te bly en nie af te stig in kleiner gemeentes soos die groei toegeneem het nie. Op 6 November 2014 was die lidmaattal op die gemeente se data‐stelsel 2 606. Sedert die tagtigerjare word die gemeente konstant deur drie leraars bedien. Sedert die middel 90’s is daar genoem dat die gemeente sy grense wyer moet maak, dit wil sê ook mense van ander kulture en ander gemeenskappe moet betrek. Die navorser was self sedert 1990 ʼn leraar in die gemeente. Met verloop van jare is daar verskeie kere ook genoem dat die gemeente ʼn kleurling leraar moes beroep om kleurling inwoners te bedien. Dit was selfs een van die opsies in 2004 toe daar ʼn vakature in die gemeente was. Die VGK Olifantshoek, wat die dorpe Olifantshoek, Dingleton, Kathu en Deben bedien, was in die tyd vakant en dit het gelyk asof hulle, vanweë finansiële tekorte, nie weer sou beroep nie. Hulle het egter weer beroep en die gesprek het toe geskuif na moontlike eenwording van die twee gemeentes, veral as die lidmate in Dingleton na Kathu sou verskuif. Die gesprekke het egter tot vandag niks konstruktief opgelewer nie.
2.6.4 Skole
Kathu het tans een Laerskool en een Hoërskool wat deur die staat bestuur word. Beide skole het meer as ʼn 1 000 leerders. Daar is reeds probleme om sulke groot skole te bestuur en daarom lyk dit logies om nuwe skole te stig. Die onderwysdepartement het ook ingestem dat ʼn nuwe skool gestig kan word wanneer Dingleton se inwoners na Kathu verhuis. Die skool is reeds in aanbou. ʼn Curro privaat skool is tans ook in aanbou. Nog ʼn nuwe uitbreiding, Bestwood Eco Estate, maak voorsiening vir 5 500 wooneenhede (http://www.sahra.org.za/sites/default/files/additionaldocs/Kathu%20Bestwood%20Desktop%20PIA%20Jan%202014%20FINAL.pdf, 7 November 2014) en daar is reeds met die onderwysdepartement ooreengekom dat daar ook ʼn Hoërskool en ʼn Laerskool in die area gebou sal word.
2.6.5 Munisipaliteit
Die Munisipaliteit sukkel om so ʼn snelgroeiende omgewing te bestuur. Om die infrastruktuur daar te stel, vra baie kundigheid. Die myne help hiermee omdat dit in hulle belang is dat die dorp goed bestuur word. Die Bestwood Eco Estate het ʼn ooreenkoms met die Munisipaliteit dat die ontwikkelaars self die area bestuur, dit wil sê volledig ontwikkel en in stand hou, totdat 85% van die huise bewoon is. Daarna sal dit die verantwoordelikheid van die plaaslike Munisipaliteit word om die gebied ook by die bestaande gebied in te skakel (vanuit persoonlike gesprekke met die ontwikkelaars).2.7 Kathu in 2014: Nuwe ontwikkelinge
Verduideliking: Areas in geel (Sesheng, Kathu) = Oorspronklike areas
Die foto hierbo wys die nuwe uitbreidings in die dorp.3 Sowat 50% van bogenoemde ontwikkeling is reeds voltooi. Die meeste areas het nou dienste (water, elektrisiteit en paaie). Kathu is vandag die snelgroeiendste dorp in die Noord‐Kaap en groei teen 5.84% volgens Statistiek SA (http://beta2.statssa.gov.za/?page_id=993&id=gamagara‐municipality, 7 November 2014). Volgens dieselfde webblad is die vergelykende syfers vir 2001 en 2011 soos volg: 23 202 teenoor 41 617 inwoners.
2.8 Pogings om uitdagings aan te spreek
In 2009 het die nuut aangestelde Algemene Bestuurder van Kumba Iron Ore ʼn reeks konferensies belê waarheen belangrike rolspelers in Kathu genooi is. Die doel daarvan was om saam te droom oor Kathu en om van die dorp ʼn model‐dorp te maak. Verskillende sake wat vir die gemeenskap belangrik is om aandag te kry is gelys en taakgroepe is aangestel om daaroor te gaan droom en om met voorstelle en planne vorendag te kom. Die myn was bereid om die totale koste van hierdie projekte dra. Van al die planne het egter niks gekom nie. Tydens die konferensies is die volgende sake gelys as prioriteite om aangespreek te word: 1. Jeug 2. Veiligheid en sekuriteit 3. Omgewing 4. Sport 5. Sosiale‐maatskaplike probleme2.9 Gevolgtrekking
Deur te kyk na die verhaal van Kathu word dit duidelik dat daar vir ʼn gemeente met ʼn missionale gerigtheid baie geleenthede is om tekens van die koninkryk in die gemeenskap op te 3 https://maps.google.com/, 27 Oktober 2012rig. Hoewel dit nie noodwendig ʼn volledige lys is nie, is die volgende moontlike geleenthede in hierdie hoofstuk geïdentifiseer: 1. Die skep van nuwe gemeenskap. 2. Die versterking van gesinsbande. 3. Die aanleer van respek vir ander. 4. Die verantwoordelikheid van die mens ten opsigte van die ekologie. 5. Kerk‐hereniging. 6. ʼn Bediening aan mense wat in armoede leef. 7. Gefokusde jeugbediening. Die feit dat die NG gemeente Kathu stadig reageer op die uitdagings om missional te wees, laat die navorser vra na die rede(s) daarvoor en hoe dit moontlik reggestel kan word. Soos reeds genoem, maak die navorser die aanname dat die gemeente nie gereed is om die geleenthede aan te gryp nie, vanweë ʼn verkeerde kerkbegrip en Godsbegrip. Hierdie aanname sal veral in hoofstukke 4 en 5 getoets word om seker te maak of dit inderdaad die redes is waarom die gemeente oënskynlik nie opgewonde is om die geleenthede aan te gryp nie. In die volgende hoofstuk sal gekyk word na die reaksie van die lidmate op die veranderende dorp en omgewing, spesifiek met verwysing na die invloei van nuwe intrekkers in die dorp.
3 Reaksie op die veranderende omstandighede
3.1 Doel van die hoofstuk
In die vorige hoofstuk is gekyk na die dorp Kathu en die veranderinge wat in die afgelope paar jaar plaasgevind het. Dit was duidelik dat daar heelwat geleenthede is vir die gemeente om uit te reik en ʼn verskil in die gemeenskap te maak en sodoende die koninkryk van God te dien. In hierdie hoofstuk word die gemeente se reaksie op die veranderende omstandighede tot op hede onder die loep geneem. Die doel is gewoon om vas te stel of die gemeente hoegenaamd gepoog het om gasvryheid teenoor die nuwe intrekkers te toon of nie, of die gemeente gepoog het om nuwe gemeenskap te stig al dan nie. Indien daar wel pogings aangewend was, wil die navorser weet wat presies gedoen is. In hierdie hoofstuk word nie geëvalueer hoe korrek die gemeente opgetree het in terme van haar missionale gerigtheid nie. Daar word met ander woorde nie gevra of dit wat gedoen is reg of verkeerd was nie. Die navorser wil net uitvind of die gemeente gepoog het om aan te pas in die veranderende omstandighede en of daar pogings was om verandering te omhels al dan nie. Indien ontdek sou word dat die gemeente traag is om die verandering te omhels en geleenthede raak te sien en te benut, sal die navorser wil uitvind waarom dit gebeur. Die redes kan uiteenlopend wees byvoorbeeld: besige programme van mense, ʼn verkeerde persepsie oor wat God van die gemeente verwag, gebrekkige bedieningsmetodes, gebrekkige leierskap, of dalk gebrekkige kommunikasie. In hoofstukke 4, 5 en 6 sal die moontlike redes wat agter die gemeente se reaksie lê in meer diepte nagevors word.3.2 Aksies om nuwe intrekkers te bereik
ʼn Eerste antwoord op die vraag wat die gemeente se reaksie op die veranderinge in Kathu is, is dat die lidmate redelik apaties is. Die ervaring is dat die lidmate nie moeite doen om nuwe intrekkers te verwelkom en omarm nie. Vanuit die gemeente word min spesifieke aksies geloods en verder hoor mens min van spontane aksies deur lidmate. Die ervaring is eerder dat nuwe intrekkers self inisiatief neem om uit te vind wat in die gemeente en gemeenskap gebeur en kom aanmeld vir diens waar hulle dink hulle kan inpas. Ongelukkig is hierdie groep nie baiegroot in vergelyking met die totale aantal nuwe intrekkers nie. Dit beteken gewoon dat daar baie meer nuwe intrekkers is wat nie raakgesien en gehelp word om in te skakel nie. Wat het die gemeente gedoen om nuwe intrekkers te help om in te skakel? Die gemeente het vir geruime tyd probeer om groepe te organiseer wat nuwe intrekkers kan besoek en verwelkom. Die metodes was soos volg:
3.2.1 Kerkraadslede is gebruik
In wyke waar daar ouderlinge en diakens is, is hulle gevra om oplettend te wees en enige nuwe intrekkers te verwelkom en te help om in te skakel. Dit het goed gewerk, waarskynlik omdat daar ʼn stelsel in plek is met mense wat die werk kan doen.3.2.2 ʼn Gasvryheidsbediening is op die been gebring
Individue is gevra om hulleself te organiseer in ʼn “gasvryheidsbediening” wat die adresse van nuwe intrekkers gekry het en hulle tuis besoek het. Dit het nie goed gewerk nie, omdat daar heeltemal te min mense hiervoor aangemeld het. Dit was ook die mense wat op baie ander plekke in die gemeente reeds help. Hulle programme was gewoon te vol om vir ʼn lang tydperk met hierdie bediening vol te hou.3.2.3 Die EE3‐bediening het betrokke geraak
Die EE3 bediening in die gemeente het ook die taak op hulle geneem om nuwe intrekkers te besoek. Die idee was dat die nuwe lidmate moes ervaar dat die gemeente ernstig is oor hulle geestelike behoeftes en nie eerstens met hulle wou kom praat oor geld of ander “oppervlakkige” sake nie. Die bediening gaan steeds voort hiermee, maar dit is, vanweë die klein getal lidmate in die EE3‐bediening, ʼn baie stadige proses. Dit is ook so dat baie mense die EE3‐metodiek as konfronterend ervaar daarom is dit nie ʼn goeie manier om nuwe intrekkers mee te verwelkom nie.3.2.4 Die bekendstellingsfunksie vir nuwe intrekkers
Die gemeente hou ook tred met nuwe intrekkers deur minstens twee keer per jaar diegene wat lidmaatskapsbewyse ingehandig het, uit te nooi na ʼn spesiale erediens waar die werksaamhedevan die gemeente uitgestippel word en waar bedieningsleiers aan die hele gemeente voorgestel word. Na afloop van die erediens word dan sosiaal saam verkeer met koek en tee. Die probleem hier is weer dat dit net diegene betrek wat eintlik self kerk toe kom, dit wil sê diegene wat dit maklik vind om hulleself te kom aanmeld. Dit betrek nie diegene wat hulleself as ietwat “buite” beskou nie.
3.2.5 Leraars het nuwe intrekkers betrek
ʼn Ander feit waarmee rekening gehou moes word, is dat die nuwe intrekkers in totaal nuwe woonbuurte ingetrek het. Dit wil sê daar was nooit voorheen enige lidmate nie en geen stelsels in daardie areas in plek nie. Derhalwe moes daar deur die leraars besoeke gebring word aan nuwe intrekkers en wanneer dan mense geïdentifiseer is, moes hulle die rol opneem van “gasvryheidsbediening”. Dit het aanvanklik stadig gegaan, maar ironies genoeg het dit goed gewerk. Miskien het dit juis gewerk omdat die nuwe intrekkers uit eie ervaring deeglik bewus was van die behoeftes van die ander nuwe intrekkers.3.3 Het die gemeente genoegsaam gereageer op die missionale
uitdaging?
Het die gemeente te min erns gemaak met die inskakeling van nuwe intrekkers? Die navorser meen dat dit nie die geval is nie. Wat wel ʼn probleem is, is dat die gemeente nie stelsels in plek het wat haar help om uit te reik na mense wat effens “buite” die tradisionele kring is nie. Waar die gemeente poog om baie te maak van die begrip “gestuurd” en haarself beskou as ʼn gestuurde gemeente, slaag die gemeente nie heeltemal daarin om die randfigure te betrek nie. Die gemeente slaag ook nie daarin om nuut te dink en grense oor te steek na persone wat nie tradisioneel soos die gemeente dink en funksioneer nie. Die gemiddelde lidmaat se manier van leef is steeds om te verwag dat die nuweling moet inpas by hoe dit in die gemeente gedoen word. Dit wil sê die lidmaat se bereidheid om self oor ʼn grens te gaan en iets nuuts aan te leer, ontbreek. Die siening van die leierskap rakende hierdie probleem was om dit toe te skryf aan die gemiddelde lidmaat se siening van die kerk of van God (kerkbegrip en Godsbegrip). Dit beteken dus dat die leierskap oortuig was dat die lidmate se kerk‐ en Godsbegrip aangespreek moesword. In prediking en op ander maniere is gepoog om dit “reg te stel”. Die oortuiging is dat as die kerk‐ en Godsbegrip reg is, sal die lidmate baie makliker uit hulle gemaksones beweeg en oor hierdie grense gaan. Sedert 2006 word daar reeds in die prediking en veral met reekse (soos Pinkster) gepoog om hierdie begrippe op die tafel te sit vir bespreking en verheldering. Baie besoekende predikers wat hierheen genooi is, is onder andere gekies omdat hulle juis in pas is met die siening van die leierskap en daarom was die verwagting dat wanneer lidmate ook predikers van buite sou hoor wat dieselfde sê as hulle eie leraars, hulle makliker van standpunt sou verander. Hoewel bogenoemde nie waardeloos is om die gemeente se reaksie mee saam te vat nie, het die navorser dit tog nodig gevind om die kerk‐ en Godsbegrip op ʼn eenvoudige manier te toets. ʼn Vraelys is ontwerp en ingevul deur lidmate wat gereeld die erediens bywoon. Die resultaat hiervan het baie lig gewerp op die saak. Ons ondersoek dit in hoofstuk 5 wanneer ons die kerkbegrip bespreek.
3.4 Gevolgtrekking
In hoofstuk 3 is vasgestel wat die reaksie van die gemeente was op die uitdagings wat die veranderinge in Kathu stel. Daar is spesifiek gekyk na die verwelkoming van nuwe intrekkers as een van die uitdagings. Die navorser bevind dat daar wel pogings was om nuwe gemeenskap te stig, maar dat dit weens verskeie redes nie almal suksesvol was nie. Die vraag is dan waarom dit nie suksesvol was nie? Kan dit wees dat daar dieperliggende redes is, byvoorbeeld ʼn verkeerde Godsbegrip of kerkbegrip? Die navorser vind dit nodig om hierdie dieper vrae te ondersoek om seker te maak of die gemeente nie dalk hulle fokus moet verskuif van meer praktiese aanpassings na fundamentele veranderings nie. Anders gestel daar moet vasgestel word of die aanpassings wat in die gemeente nodig is net in die manier van doen lê, en of dit ʼn verandering in denkraamwerk benodig. Daarom sal in die volgende hoofstukke aandag gegee word aan die Godsbegrip en kerkbegrip. Dit is ʼn poging om seker te maak dat almal op dieselfde bladsy is wanneer daar oor God en die kerk gepraat word. Ons begin met die Godsbegrip.4 Godsbegrip
4.1 Doel van die hoofstuk
In hierdie hoofstuk gaan gekyk word na verskillende maniere hoe mense God verstaan (Godsbegrip). Die gelowige se Godsbegrip is bepalend hoe hy/sy optree in die wêreld. Dit sal dus ook ʼn invloed hê op sy/haar gemeentepraktyk, met ander woorde hoe die kerk van dag tot dag “leef”4. In terme van die navorsingstema is dit belangrik om vas te stel wat die Godsbegrip wat in die gemeente heers is, omdat dit kan help om die gemeentepraktyk te verstaan. Dit kan uiteindelik help om veranderinge te fasiliteer as mens verstaan wat ten diepste in die denke van lidmate leef wanneer hulle uitgedaag word om koninkryksgeleenthede raak te sien en aan te spreek. Daar is veral twee sake wat aandag gaan kry, naamlik (1) die Drie‐eenheid en daarmee gepaardgaande die rol wat verhoudings speel, en (2) die begrip missio Dei. Die verstaan van God as Drie‐eenheid deur Christene was oor alle eeue uniek en die kerk moes haarself voortdurend verdedig betreffende wat presies bedoel word met die Drie‐eenheid. Die verhouding tussen die drie persone van die Drie‐eenheid (Vader, Seun en Heilige Gees) moes verduidelik word sodat daar met sekerheid verstaan word dat almal God self is, maar tog ook onderskeibaar is. Die geloofsbelydenis van Nicea was juis ʼn poging om hierdie eenheid en ook onderskeid in woorde uit te druk. Dit is asof daar in die jongste tyd opnuut en met groot erns gekyk word na hoe die Drie‐eenheid verstaan moet word en hoe dit die mens kan help om waarlik sy/haar roeping uit te leef. God 4 In ‘n kort artikel “Godsbegrip bepaal kerkbegrip” in Kruisgewys 8/1 (Februarie 2008) skryf Ds André van Niekerk oor wat die missio Dei aan mens kan doen. Hy gee twee praktiese voorbeelde. Die navorser noem dit om aan te toon hoe die stelling prakties in gemeentes neerslag vind: a. Die beskouing van die mens as maker roep die beeld van God as Vrymaker na vore. Vanuit só 'n Godsbegrip is allerlei bevrydingsaspekte, die toekoms en groei as gemeentelike doelstellings belangrik. b. Waar die beskouing van die mens as burger beklemtoon word, word God as 'n soort Wetgewer beskou. Gemeentelike orde en skemas van reg en verkeerd word in so 'n geval belangrik.leef in verhoudings en daarom sal gekyk word na die rol van verhoudings binne die kerk en samelewing. Aansluitend by die Godsbegrip sal ons ook kyk na die begrip “missio Dei”. Die vraag sal gevra word of die gemeente verstaan wat dit beteken dat God ʼn sturende God is wat die kerk na die wêreld “stuur”?
4.2 Drie‐eenheid
ʼn Mens se siening van God bepaal jou leefstyl. ʼn Voorbeeld van hoe ʼn mens se lees van die Bybel jou gedrag kan beïnvloed, word vervolgens gebruik. Die navorser is van mening dat die Skrifgeleerdes en Fariseërs God gesien het as Een wat besorg was oor reg en verkeerd en dat Hy die verkeerde straf en die goeie beloon. Met baie goeie bedoelinge wou hulle die volk op die regte pad hou om te verseker dat hulle nie deur God verwerp sou word nie. Hulle klem was op die oordeel van God en derhalwe het hulle die verkeerde daad uitgewys en self ʼn voorbeeld probeer stel van hoe die regte leefwyse moet wees. Ongelukkig het dit maklik die gevolg dat jy hovaardig kan raak as jy “beter” begin presteer as die mense rondom jou. Jesus daarenteen het in sy lering aan die mense die klem laat val op die liefde van God en Sy genade vir die mense (vgl Joh 3:17: God het nie gekom om die wêreld te veroordeel nie, maar om dit te red.). Jesus wou hê dat mense moes sien hoe God hulle wil herstel om weer nuut en “lig” te leef.5 Sy aanslag was dus vol deernis, met sagtheid, met begrip, met positiewe aanmoediging. Ons sien dus twee beelde of sieninge van God met twee uiteenlopende leefwyses. Mens kan dit ook anders stel: As ons in Genesis lees dat die mens na die beeld van God geskep is, beteken dit nie noodwendig dat ons iets “het” van God nie, maar eerder dat ons moet 5 Eugene Peterson se vertaling van Matt 11:28‐30 in The Message is aangrypend: “28Are you tired? Worn out? Burned out on religion? Come to me. Get away with me and you'll recover your life. I'll show you how to take a real rest. 29Walk with me and work with me – watch how I do it. Learn the unforced rhythms of grace. I won't lay anything heavy or ill‐fitting on you. 30Keep company with me and you'll learn to live freely and lightly.”“wees” soos God. In Engels gestel: “We don’t have the image of God, rather we have to image God.” (http://www.fulcrum‐anglican.org.uk/articles/perichoretic‐parenting/, 6 November 2014) Hoe ons God sien gaan dus bepaal hoe ons nastreef om soos Hy te leef. Hoe móét ons oor God dink? Wat is aanvaarbare maniere om oor God te dink? Dit wil voorkom asof die kerk in die breë die begrip Drie‐eenheid en die betekenis daarvan tans herwaardeer. Die post‐modernisme met sy inherente weersin teen vaste formules en ewig‐geldige definisies en wat meer klem lê op persoonlike ervaring as abstrakte beginsels vind makliker aansluiting by ʼn verduideliking wat redelik ruimte laat vir interpretasie6. Om God te verstaan vanuit die Drie‐ eenheid is ʼn poging om ons verhouding met Hom en mekaar onderling beter te plaas. As die volgende aanhalings in gedagte gehou word, is dit relatief maklik om te verstaan waarom die mens met God aansluiting kan vind. God is immers ten nouste verweef met verhoudings, eerstens in Homself en daarna met die mensdom en die heelal. Living Trinitarian faith means living God’s life: living from and for God, from and for other – Catherine LaCugna, soos aangehaal deur Mark S Medley (Medley, 2001:1) ... the experience of relation is fundamental and constitutive of human being – Heyward, soos aangehaal deur Mark S Medley (Medley, 2001:1) Motho, ke motho ka batho! ’n Mens is ’n mens deur ander mense! I am because you are. – Afrika spreuk Mark Medley (2001:4) propageer ʼn reïnterpretasie van imago Dei as imago Trinitatis. Enersyds is dit ʼn ikoniese metafoor om God se bevrydende gemeenskap in Homself voor te hou wat die geskiedenis en menslike verhoudings transformeer, verlos en versoen. Andersyds is dit ʼn sosiale metafoor wat ʼn gemeenskap van insluiting, gelykheid, vryheid, solidariteit en liefde in die oog het. Imago Trinitatis as beeld is dus eskatologies en wil ons wys op die toekoms van menswees soos God dit bedoel het. “Imago Trinitatis is thus a metaphor of not what we have but what we do and who we are in the intricate web of connections with God, self, others and the planet.” 6 http://en.wikipedia.org/wiki/Postmodernism, 12 November 2012
Medley (2001:22,23) word geïnspireer deur Catherine LaCugna en haar verstaan van die Drie‐ eenheid. Haar vraag was waarom die leer van die Drie‐eenheid gemarginaliseerd geraak het? Sy reken dat dit gebeur het toe daar by Nicea ʼn onderskeid gekom het tussen theologia en oikonomia, tussen die sogenaamde immanente Drie‐eenheid en die ekonomiese Drie‐eenheid. Die term oikonomia verwys na die verlossingswerk van God in Jesus en in die Heilige Gees oor die eeue. Alles wat ons van God weet is die resultaat van hierdie werk van Hom. Ons het geen toegang tot ʼn immanente God buite om wat geopenbaar is nie. Volgens haar is die fout wat teoloë maak dat hulle God net in ontologiese terme verstaan en nie sy verlossingswerk konstant deel maak van wie Hy as Drie‐eenheid is nie, soos wat dit was tot en met die vierde eeu. Ted Peters verstaan ook dat dit vir LaCugna gaan om die oikonomia wanneer hy in sy oorsig oor haar boek, God for us, (http://www.religion‐online.org/showarticle.asp?title=67, 27 Oktober 2012) die volgende skryf: The aim of the Christian life is ‘to participate in the life of God through Jesus Christ in the Spirit.’ This means that Trinitarian theology is best described as par excellence a theology of relationship, which explores the mysteries of love, relationship, personhood and communion within the framework of God’s self‐ revelation in the person of Christ and the activity of the Spirit. Die navorser is van mening dat dit vir post‐moderne mense makliker is om verbind te voel aan Jesus soos Hy in die Bybel as God en mens voorgehou word, eerder as ʼn ontologiese verstaan van God. Anders gestel, mense kan aansluit by die Jesus van die Bybel en die verhale rondom sy lewe en sy dood, dit wil sê sy verlossingswerk. Jesus vorm op ʼn manier ’n “vertrekpunt”. Van Hom af kan mens dan terugkyk en die uitsprake van die Ou Testament verstaan, sowel as vorentoe kyk en die gevolge van sy lewe en dood sien uitrol in die lewens van mense wat deur die Heilige Gees geïnspireer en gelei word.
4.2.1 Drie‐eenheid: Verhoudings
Die feit dat God Drie‐enig is, beklemtoon dat Hy verhoudinge hoog ag. God is in verhouding met Homself en hy trek ook die individu by hierdie verhouding in.Miroslav Volf (1998:208) sê dat die persone in die Drie‐eenheid nie net inter‐afhanklik is nie, maar ook “in mekaar” is (“mutually internal”). Op verskeie plekke in die Johannes‐evangelie verwys Jesus hierna, byvoorbeeld Joh 10:38 – “... sodat julle kan insien en weet dat die Vader in My en Ek in die Vader is” (ook Joh 14:10‐11 en 17:21.) Hierdie wedersydse inwoning en heen‐en‐weer‐beweging van die drie persone is deur Pseudo‐ Cyril (6de eeu nC) perichoresis (περιχώρησις) genoem (Volf, 1998:208). Dit bepaal die karakter van die goddelike persone en hulle eenheid. Perichoresis verwys na die wederkerige inwoning (“interiority”) van die persone in die Drie‐eenheid. In elke persoon van die Goddelike Drie‐ eenheid is die ander ook teenwoordig. Hoewel hulle in die ander is, hou hulle nie op om hulleself te wees nie. Volf haal vir JL Prestige aan wat sê: “Perichoresis is ‘co‐inherence in one another without any coalescence or commixture’” (Volf, 1998:209). ʼn Besonder insiggewende artikel van John Piippo (http://www.johnpiippo.com/2009/10/john‐ 1411‐perichoresis.html, 13 November 2012) bring meer helderheid oor die begrip en die verstaan daarvan. Volgens Piippo beteken perichoresis, direk vertaal, “om in die rondte te dans”. God as Drie‐eenheid is die verklaring vir Jesus se woorde en dade. Die wonderlike nuus is dat God ons “innooi” om deel te hê aan hierdie gemeenskap en verhouding. Jesus doen dit by verskeie geleenthede: Joh 14:11 Glo in My omdat Ek in die Vader is en die Vader in My; of anders, glo op grond van die werke self. Joh 14:17 Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. Joh 14:23 “As iemand My liefhet, sal hy my woorde ter harte neem; en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon. Joh 15:4 Julle moet in My bly en Ek in julle. Joh 15:9 Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Julle moet in my liefde bly.
Joh 16:13‐15 Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei. Wat Hy sal sê, sal nie van Homself kom nie: Hy sal net sê wat Hy hoor, en Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle verkondig. Joh 16:14 Hy sal My verheerlik, want wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle verkondig. Joh 16:15 Alles wat aan die Vader behoort, behoort ook aan My; daarom dat Ek gesê het: Wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle verkondig. Joh 17:5 Verheerlik U My nou ook by U, Vader, met die heerlikheid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld bestaan het. Joh 17:20‐23 Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soos U, Vader, in My is en Ek in U, dat hulle ook in Ons mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het. Die heerlikheid wat U My gegee het, het Ek ook aan hulle gegee, sodat hulle een kan wees net soos Ons een is: Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees, sodat die wêreld kan weet dat U My gestuur het en hulle liefhet net soos U My liefhet. Jesus se woorde in Joh 14:11 is betekenisvol: Dit is in ʼn sekere sin sy “geheim” – wat Hy sê, wat hy doen, hoe Hy lewe. Hy is Immanuel, God met ons. Die verhouding wat Jesus die Seun met God die Vader het, is dieselfde verhouding wat Hy met elke persoon wil hê. Net soos wat Jesus deur die Vader wat in hom werk, lewe, net so kan elke persoon lewe deur Jesus wat aan die werk is in hom/haar. God Drie‐enig wil in elke persoon kom en in en deur en saam met hom/haar lewe (http://www.johnpiippo.com/2009/10/john‐1411‐perichoresis.html, 13 November 2012). Bogenoemde het implikasies vir die plaaslike gemeente. Volf (1998:211) skryf dat wanneer mense met mekaar in interaksie kom, daar onwillekeurig iets van die ander in die individu inkom en ook andersom. Ons gee vir mekaar iets van onsself en ons neem iets van ander in ons. Volf (1998:211‐212) skryf: This is the process of the mutual internalization of personal characteristics occurring in the church through the Holy Spirit indwelling Christians. The Spirit opens them to one another and allows them to become catholic persons in their uniqueness. It is
here that they, in a creaturely way, correspond to the catholicity of the divine persons. Ons verstaan van God het implikasies vir die manier waarop ons met ander mense omgaan. Wanneer na die gemeente van Kathu gekyk word sal mens dus ook kyk na die onderlinge verhoudings en die verhoudings met persone buite die gemeente.
4.2.2 Drie‐eenheid: Slotsom
Die navorser vind aansluiting by ʼn verstaan van die Drie‐eenheid wat in gemeenskap is en wat mense intrek en deel maak van gemeenskap, eerstens met God self, maar tweedens ook met sy/haar medemens en derdens met die skepping. Hierdie gemeenskap maak van jou ʼn aktiewe persoon, ʼn mens wat deelneem aan die skepping in sy geheel. Dit klink gewoon nie reg dat mens kan sê dat God eenmaal lank gelede vir hom/haar gesterf het, verlos het van sonde en nou kan hy/sy gaan “rus” nie. Nee, hierdie verlossing van God wat deur Jesus en die Heilige Gees bewerk is en voortgaan, trek elkeen in om ook verlossend te leef, met ander woorde om ander ook te laat ontdek dat daar heling en vernuwing is. Die leer oor die Triniteit maak jou aktief eerder as passief, laat jou optree omdat jy ingesluit word, eerder as wat dit jou passief maak omdat iemand vêr van jou iets vir jou gedoen het. Om hierdie rede is die begrip missio Dei van besondere betekenis en is dit noodsaaklik om daarna te kyk.4.3 Missio Dei
Die navorser verstaan dat missio Dei daarna verwys dat God sélf uitreik na die wêreld. God is in sy wese ʼn God wat só liefhet dat Hy uitreik na mense. Guder (2000:32) skryf: “The compassion of God is the motivating power of God’s mission.” Mense is welkom by God. By die International Missionary Conference (IMC) in Brandenberg in 1932 het Karl Barth van die eerste teoloë geword wat sending beskryf het as ʼn aktiwiteit van God self (Bosch, 1991:389). Barth is volgens Bosch (1991:390) die eerste duidelike verteenwoordiger van ʼn nuwe teologiese paradigma wat radikaal gebreek het met die Verligting se benadering tot teologie. Sy invloed het ʼn hoogtepunt bereik by die Willingen Konferensie van die IMC in 1952. Hier is die term missio Dei as sodanig nog nie gebruik nie, maar het die idéé duidelik na vore gekom. Willingense beeld van sending was sending as deelnemend in die sending van God. Die baie noue verbintenis tussen missio Dei en sending as solidêr met die mensgeworde en gekruisigde Christus is by Willingen raakgesien. Bosch (1991:390) gee ʼn bondige verduideliking van die begrip missio Dei: In attempting to flesh out the missio Dei concept, the following could be said: In the new image mission is not primarily an activity of the church, but an attribute of God. God is a missionary God. “It is not the church that has a mission of salvation to fulfill in the world; it is the mission of the Son and the Spirit through the Father that includes the church.” Mission is thereby seen as movement from God to the world; the church is viewed as an instrument for that mission. There is church because there is mission, not vice versa. To participate in mission is to participate in the movement of God’s love toward people, since God is a fountain of sending love. Bosch (1991:392) skryf verder: Mission is, primarily and ultimately, the work of the Triune God, Creator, Redeemer, and Sanctifier, for the sake of the world, a ministry in which the church is privileged to participate. Mission has its origin in the heart of God. God is the fountain of sending love. This is the deepest source of mission. It is impossible to penetrate deeper still; there is mission because God loves people. In die Vennootskap van Gestuurde Gemeentes7, ʼn netwerk van gemeentes wat die visie deel dat God gemeentes wil gebruik in Sy uitreik na die wêreld, word die begrip “gestuur” juis in hierdie sin gebruik. Patrick Keifert skryf hieroor in sy boek, Ons is nou hier (2006:30): Dit is God se roeping, nie net die kerk s’n nie. God se heerskappy strek veel verder as die kerk, hoewel die kerk natuurlik gedurig ervaar hoe God se heerskappy deurbreek in wat hulle doen. Stel jou byvoorbeeld God se heerskappy voor as die plek en tyd, die wil en beweging van God wat op hande is (hoewel nie ín ons hande 7 http://academic.sun.ac.za/buvton/Vennote/Partnership.htm, 11 November 2012
nie), wat teenwoordig en gedurig besig is om die kerk te skep en te herskep – maar God se werk is altyd meer en groter, en soms gaan dit selfs in téén die kerk en die kultuur. In die nuwe era van kerkwees – van gestuurdekerk‐wees – sal gemeentes wat getrou en doeltreffend funksioneer, deel word van God se transformerende missie met die mensdom. Hulleself sal deur die missie verander word – geroep, versamel, gefokus op die Woord en sakramente, en uitgestuur om deel te neem aan God se werk in die wêreld. Een van die duidelikste gedeeltes in die Bybel om dit te beskryf, is 2 Kor 5:14‐21. 2 Kor 5:14 Die liefde van Christus dring ons, omdat ons tot die insig gekom het dat een vir almal gesterwe het, en dit beteken dat almal gesterwe het. 15 En Hy het vir almal gesterwe, sodat dié wat lewe, nie meer vir hulleself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en uit die dood opgewek is. 16 Ons beoordeel dus van nou af niemand meer volgens menslike maatstaf nie. Al het ons Christus vroeër volgens menslike maatstaf beoordeel, nou beoordeel ons Hom nie meer so nie. 17 Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. 18 Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou. 19 Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toereken nie. Die boodskap van versoening het Hy aan ons toevertrou. 20 Ons tree dus op as gesante van Christus, en dit is God wat deur ons 'n beroep op julle doen. Ons smeek julle namens Christus: Aanvaar die versoening met God wat Hy bewerk het! 21 Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees. Die gedeelte beklemtoon dat mense in dieselfde verhouding moet leef as die verhouding waarin God tot die mens leef. In sy kommentaar op die Korintebrief skryf McCant (1999, 53):
Persons who come to authentic existence by appropriating the merits of Christ’s death should no longer live for themselves because they do not belong to themselves. Paul no longer lives for himself but for the one ‘who died and was raised for them’ (v 15). To live for Christ is to live for others, as verse 18 makes explicit. Die navorser verstaan dat bogenoemde die volgende beteken: Mense wat leef in die teenwoordigheid van ʼn liefdevolle God moet elke oomblik so lewe dat hulle ook aan ander liefde gee. Die hart van God is om om te gee vir mense en Hy vra dat mense moet lewe en optree soos Hy sou optree. Ons moet dus ook lewe met die hart van God. Die leefstyl van volgelinge van God is een waar liefde ontvang en gegee word, waar ruimte geskep word vir ander, waar vergifnis gegee word en waar nuwe lewensmoontlikhede daagliks ervaar word. Hierdie leefstyl word ʼn kenmerk binne die geloofsgemeenskap. Wanneer mense buite die geloofsgemeenskap dít opmerk, moet hulle as’t ware daardeur aangegryp word en moet hulle ʼn begeerte kry om ook binne daardie gemeenskap ingeneem te word. ʼn Ou Testamentiese teks om dit te verwoord sou wees Gen 12:2,4 – God seën Abraham en hy sal ʼn seën vir die volkere wees. In die African Bible Commentary (Adeyemo, 2006:29) word die seën wat Abraham ontvang en die doel daarvan, soos volg beskryf: The two predictions, you will be a blessing (12:2d) and all peoples on the earth will be blessed through you (12:3c), make it clear that God’s blessings are not for keeping to himself, but are to be used to bless others.