• No results found

HOOFSTUK 1: INLEIDING EN DOEL VAN STUDIE

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "HOOFSTUK 1: INLEIDING EN DOEL VAN STUDIE"

Copied!
2
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

HOOFSTUK 1: INLEIDING EN DOEL VAN

STUDIE

1.1

Inleiding

KMR-spektroskopie is een van die kragtigste tegnieke tot beskikking van chemici vir die opklaring van chemiese verbindings. Hierdie tegniek het gegroei vanaf die eenvoudige proton-waarneming van water tot komplekse mediese diagnoses met magnetiese resonans beelding (MRI).(1)(2) Alhoewel hierdie tegniek so ver gevorder het, word Grubbs-tipe prekatalisatore nie ten volle gekarakteriseer nie – veral die voorbeelde in Tabel 1.1. Die maklikste karakteriseringsmetodes soos 1H, 31P en COSY eksperimente word, gebruik en by uitsondering 13C.(3)-(11)

Tabel 1.1 Gepubliseerde karbeen toekennings

Prekatalisator 1H (Ru=CH) 13C (Ru=CH)

1 20.02 294.72 2 19.16 294.24 3 19.16 – 4 19.6 297.66 5 17.77 – 6 18.02 – 7 17.67 – 8 17.39 262.14 9 – – 10 17.32 –

Moontlike verduidelikings hiervoor is dat dit ’n duur en tydsintensiewe karakteriserings-metode is naamlik dat dit ± 17 ure neem om die data opname te doen volgens die eksperimente bepaal in dié studie. Hierdie Grubbs-tipe prekatalisatore het ’n beperkte leeftyd wat veroorsaak dat die KMR-monster gereeld vervang moet word en dat nie al die eksperimente gelyktydig uitgevoer kan word nie.

1.2

Doel

Die doel van die studie was om ses nie-kommersiële Grubbs-tipe prekatalisatore 5-10 te sintetiseer en met behulp van KMR-eksperimente volledig te karakteriseer. Vier kommersiële

(2)

HOOFSTUK 1

prekatalisatore 1-4 is gebruik om die KMR-parameters saam te stel en die resultate te bevestig.

Om hierdie doel te bereik word die volgende doelwitte gestel:

1. ’n Omvattende literatuurstudie te doen oor die karakterisering van Grubbs-tipe prekatalisatore met behulp van KMR.

2. ʼn Sintese te doen van die ligande sowel as die ooreenstemmende Grubbs-tipe prekatalisatorderivate.

3. Te leer hoe om die Bruker 600 MHz KMR selfstandig en optimaal te gebruik. 4. ’n Standaard parameterstel saam te stel.

5. Om die Grubbs-tipe prekatalisatorderivate volledig met behulp van KMR te karakeriseer.

1.3

Verwysings

1) Bloch F., Hansen W.W. en Packard M.E., Phys. Rev. 1946, 69. 127 2) Lauterbur P.C., Nature., 1973, 242, 190.

3) Robitaile P.M.L., Abduljalil A.M., Kangarlu A., Zhang X., Burgess Y.Yu.R., Bair S., Noa. P., Yang L., Zhu H., Palmer B., Jiang Z., Chakeres D.M. en Spigos D., NMR

Biomed., 1998, 11, 263.

4) A complete introduction to modern NMR spectroscopy, Macomber R.S., Wiley 1998. ISBN 0-471-15763-8.

5) Schwab P., Grubbs R.H. en Ziller J.W., J. Am. Chem. Soc., 1996, 118, 100. 6) Gallagher M.M., Rooney A.D. en Rooney J.J., J. Organomet. Chem., 2008, 693,

1252.

7) Louie, J. en Grubbs, R.H., Organometallics, 2002, 21, 2153.

8) Chatterjee A.K., Morgan J.P., Scholl M. en Grubbs R.H., J. Am. Chem., Soc. 2000, 122, 3783.

9) Jordaan, M., Experimental and Theoretical investigation of New Grubbs-type

Catalysts for the Metathesis of Alkenes. PhD-thesis (North-West University), 2007.

10) Huijsmans, C.A.A., Modelling and synthesis of Grubbs-type complexes with

hemilabile ligands. MSc-dissertation (North-West University), 2009.

11) Schachner J.A., Cabrera J., Padilla R., Fischer C., van der Schaaf P.A., Pretot R., Rominger F., en Limbach M., ACS Catal., 2011, 1, 872.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Een factor die bij deze omreke- ning gebruikt wordt, kan per laboratorium standaard aangepast worden zodat de resultaten met de Test-1 goed overeenkomen met de uitslagen van de

Ek, James Andrew Cooks, verklaar hiermee dat hierdie verhandeling vir ʼn Meestersgraad in geskiedenis aan die Noordwes-Universiteit (Vaaldriehoekkampus) my eie werk is en

ʼn Kort uiteensetting van die belangrikste tydgenootlike koerante in Suid-Afrika van die laaste deel van die negentiende eeu tot die eerste kwart van die twintigste eeu, hulle

Die vyfde navorsingsdoelwit stel die voorneme om ‘n loodsmodule spesifiek bedoel vir akademies begaafdes op produktiewe wyse in hierdie mini- onderwysstelsel te

Onderwysers kan gehelp word deur duidelike kriteria en riglyne (byvoorbeeld die gebruik van outentieke tekste en oudiovisuele komponente) vir die seleksie en

Resultate van ’n studie wat in Suid Afrika gedoen is deur Labuschagne (2006:77) oor die motoriese en sensoriese ontwikkeling van 5- tot 6-jarige kinders afkomstig uit

Alhoewel daar deurgaans in hierdie verhandeling slegs gebruik gemaak word van die manlike voornaamwoord wanneer na afstandsleerders verwys word (byvoorbeeld hy, hom

’n Tweede vraag wat beantwoord moet word, is wat die effek van formele stimulasie, gebaseer op ’n individuele stimulasieprogram wat deur die primêre versorger